Smits v ABSA Bank Bpk (1194/2012) [2013] ZANCHC 16 (7 June 2013)

45 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Execution — Setting aside of default judgment — Applicant sought to set aside a default judgment and execution order, claiming lack of awareness of the proceedings due to incorrect domicilium address — Court found that the applicant failed to provide a satisfactory explanation for the delay in bringing the application, as well as insufficient evidence of the change of address — Application for condonation denied due to gross non-compliance with the Uniform Rules and lack of good cause shown.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2013
>>
[2013] ZANCHC 16
|

|

Smits v ABSA Bank Bpk (1194/2012) [2013] ZANCHC 16 (7 June 2013)

Verslagwaardig:
Sirkuleer Aan Regters:
Sirkuleer na
Streeklanddroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA / NEE
JA / NEE
IN
DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY
Saakno:
/ Case number:
1194 / 2012
Datum verhoor: / Date heard:
24 / 05 / 2013
Datum gelewer: / Date delivered:
07 / 06 / 2013
In die
aansoek van:
KARST GERRIT SMITS
...............................
APPLIKANT
/ VERWEERDER
teen
ABSA BANK
...........................................
BEPERK
RESPONDENT / EISER
Coram
: Erasmus WnR
UITSPRAAK
ERASMUS WnR
1. Die applikant het op 12 April 2012 ‘n dringende
aansoek geloods vir
1.1. die tersydestelling van ‘n
verstekvonnis en lasbrief vir eksekusie, en
1.2. kondonasie vir die laat bring
van hierdie aansoek indien die hof bevind dat die applikant voor 21
Oktober 2011 bewus moes wees
van die vonnis.
2. Die applikant vra dat koste koste in die geding sal
wees, behalwe indien die respondent die aansoek sou opponeer en in
welke
geval gevra sal word dat die respondent die koste van die
aansoek betaal.
3. Dit blyk nie duidelik uit die
stukke wat die regsbasis is waarop die aansoek om tersydestelling
geloods is nie. Gegewe die feit
dat die vonnis by verstek verleen is
deur die griffier van hierdie hof waar geen kennis gegee is van
voorneme om te verdedig nie,
aanvaar ek dat die aansoek in terme van
reël 31(2)(b) van die Eenvormige Hofreëls gebring word. Die
aansoek moes dus
gebring gewees het binne 20 dae nadat die applikant
bewus geraak het van die vonnis. Dit beteken dat die aansoek
uitgereik en beteken
moes gewees het binne die 20 dae tydperk.
1
4. Die vonnis en lasbrief vir eksekusie is deur die
griffier van toegestaan op 19 September 2011. Die aansoek van die
applikant
is uitgereik en beteken op 12 April 2012.
5. Hierdie hof beskik oor ‘n
wye diskresie om enige nie-nakoming van die Eenvormige Hofreëls
te kondoneer.
2
Die verlening van kondonasie is
onderhewig daaraan dat die applikant goeie rede (‘good cause’)
aantoon vir die nie-nakoming
van die betrokke reël en dat die
ander party nie benadeel sal word indien kondonasie verleen word
nie.
3
Om sodanige goeie rede aan te toon
moet die applikant ‘n bevredigende verduideliking vir die
vertraging/nie-nakoming verskaf,
sy aansoek
bona
fide
wees en nie
daarop gerig is om die verrigtinge te vertraag nie en verder, dat hy
‘n
bona fide
verweer, gebaseer
op feite wat as dit tydens die verhoor bewys word, ‘n verweer
op die respondent/eiser se eis daarstel. Verder
moet die applikant
aantoon dat die respondent nie benadeel sal word in so ‘n mate
wat nie vergoed kan word deur ‘n
gepaste kostebevel nie.
4
6. Ter ondersteuning van die aansoek om kondonasie voer
die applikant aan dat hy op 21 Oktober 2011 verneem het van die
lasbrief
vir eksekusie. Die applikant se prokureur het op 9 November
2011 afskrifte van die inhoud van die hoflêer ontvang en dus,

op die beste vir die applikant, is toe vasgestel dat vonnis reeds
verleen is. Die funderende eedsverklaring van die applikant is
beëdig
op 20 November 2011, maar die aansoek is eers uitgereik op 12 April
2012. Die rede waarom die applikant slegs vra vir
kondonasie indien
bevind word dat hy voor 21 Oktober 2011 bewus was van die vonnis blyk
nie uit die stukke nie. Selfs al sou aanvaar
word dat die applikant
op 21 Oktober 2011 bewus geraak het van die vonnis, is sy aansoek om
tersydestelling bykans 6 maande later
geloods.
7. Die respondent voer aan dat die applikant nie ‘n
bevredigende verduideliking verskaf het vir sy versuim om binne 20
dae
aansoek te doen het vir die tersydestelling van die vonnis nie en
dat kondonasie nie verleen behoort te word nie.
8. Die applikant verskaf geen verduideliking vir die
vertraging tussen November 2011 tot en met 12 April 2012, synde die
datum waarop
die aansoek geloods is. Ek bevind gevolglik dat die
applikant nie ‘n aanvaarbare verduideliking verskaf het waarom
daar nie
aan die tydperke, voorgeskryf in reël 31(2)(b), voldoen
is nie.
9. Waar daar ‘n growwe
verontagsaming van die reëls is, behoort ‘n hof onwillig
te wees om kondonasie te verleen,
ongeag die vooruitsigte op sukses
in die aksie.
5

n Goeie verweer op die
eis kan egter in sekere omstandighede vergoed vir ‘n swak
verduideliking
.
6
Dit is derhalwe ook nodig om die
applikant se vooruitsigte op sukses in die aansoek om tersydestelling
te oorweeg.
10. Ten einde te slaag met ‘n
aansoek om tersydestelling van ‘n vonnis in terme van reël
31(2)(b) moet die applikant
ook goeie gronde (‘good cause’)
aantoon vir sy versuim om die aksie te verdedig. Dit sluit in dat hy
moet aantoon dat
hy nie doelbewus die hofproses verontagsaam het nie.
Die ander vereistes is soortgelyk aan wat vereis word by ‘n
aansoek
om kondonasie.
7
11. Die applikant voer aan dat hy nie die aksie verdedig
het nie omdat hy nie bewus was van die dagvaarding nie. Na ontvangs
van
die hoflêer het hy vasgestel dat die dagvaarding beteken is
by ‘n adres wat sy woonadres was ten tye van die aangaan
van
die kredietooreenkoms met die respondent. Hy en sy eggenote is egter
reeds vir meer as vier jaar by ‘n ander adres woonagtig.
12. Die applikant beweer dat die respondent bewus was
van sy nuwe adres aangesien sy eggenote by vyf geleenthede die adres
by die
respondent gaan verander het omdat die respondent telkens die
state na die ou adres gestuur het. Sy eggenote bevestig sy verklaring

in hierdie verband. Die respondent het ook ‘n staat na sy nuwe
adres gestuur. Die respondent beweer egter dat hierdie staat
in 2009
afgestuur is en dit betrekking het op ‘n ander ooreenkoms. Die
respondent wys daarop dat die applikant se eggenote
nie verklaar
wanneer en hoe sy die respondent in kennis gestel het van die
verandering van die gekose
domicilium-
adres nie.
13. In terme van die ooreenkoms moes die adres
skriftelik, by wyse van versending per geregistreerde pos, verander
gewees het. Daar
is geen sodanige bewys in die applikant se stukke
nie. Die adres is dus nooit verander ooreenkomstig die terme van die
ooreenkoms
tussen die partye nie. Die respondent voer verder aan dat
alle korrespondensie na die gekose
domicilium citandi et
executandi
gestuur is en dat die dagvaarding daar beteken is,
soos wat die respondent uit hoofde van die ooreenkoms geregtig was om
te doen.
14. As dit in die guns van die
applikant aanvaar word dat hy nie die dagvaarding ontvang het nie en
dus nie doelbewus die dagvaarding
verontagsaam het en nie die aksie
verdedig het nie, moet die applikant steeds aantoon dat sy aansoek om
tersydestelling
bona
fide
gebring word
en nie net om die eiser se eis te vertraag nie en dat hy ‘n
bona fide
verweer
op die respondent/eiser se eis het.
8
15. Onder die opskrif ‘VERWEER’ handel die
applikant met sy finansiële probleme en meld dat hy sedert begin
2010
nie die normale maandelikse paaiemente kon bekostig nie. Hy het
sy prokureur en skuldberader, Jean-Pierre Jordaan, van Jordaan Debt

Counselling en Jordaan Prokureurs gaan sien. Die aansoek om
skuldberading is aanvaar en die applikant se skuldeisers is in kennis

gestel. Die respondent het aan hierdie proses deelgeneem deur ‘n
sertifikaat van balans aan Jordaan te stuur. Die aangeleentheid
kon
nie geskik word nie en ‘n aansoek om skuldhersiening is op 4
November 2010 in terme van artikel 86(7), 86(8) en gelees
met 87 van
die Nasionale Kredietwet, No 34 van 2005 (hierna ‘die Wet’)
by die Landdros Kuruman geloods onder saaknommer
1421/2010. Volgens
die applikant se funderende eedsverklaring is hierdie aansoek steeds
hangend.
16. Die applikant voer verder aan dat sy paaiement wat
vasgestel is in terme van die herstruktureringsproses op datum is en
dat
hy nog nooit deur die respondent in kennis gestel is van
agterstallige bedrae nie.
17. Die respondent beweer die skuldhersieningsproses is
beëindig in terme van artikel 86(10) van die Wet, deur middel
van ‘n
skrywe gedateer 1 Oktober 2010 wat per geregistreerde
pos gestuur is aan die applikant se gekose
domicilium citandi et
executandi,
aan die skuldberadingsagentskap en aan die Nasionale
Kredietreguleerder. Die applikant was toe reeds ongeveer R15 000.00
agterstallig
en vir meer as 60 dae in versuim, na datum van verwysing
van die aangeleentheid vir skuldberading. Die respondent voer aan dat
hy dus geregtig was om die skuldberadingsproses te kanselleer. Die
respondent beweer ook dat die aansoek om skuldhersiening aan
die
Landdros, Kuruman gestuur is in November 2010, nadat die respondent
in terme van artikel 86(10) die skuldberadingsproses getermineer
het.
18. Die applikant beweer die kansellasie was nie
regsgeldiglik gedoen nie en ontken ook dat hy sodanige skrywe ontvang
het. Hy voer
aan dat geen geregistreerde posstroke aangeheg is tot
die dagvaarding ter bewys daarvan dat die kennisgewing aan die
skuldberader
of die Nasionale Kredietreguleerder gestuur is nie.
Jean-Pierre Jordaan bevestig die applikant se bewerings vir sover dit
op hom
betrekking het. Hy bevestig ook dat hy geen kennisgewing in
terme van artikel 86(10) ontvang het nie en dat die
skuldhersieningsproses
nie regsgeldiglik getermineer is nie. Hierdie
stawende eedsverklaring is beëdig op 5 Desember 2011.
19. Die applikant beweer verder ook dat die skrywe in
terme van artikel 129(1) van die Wet en wat aangeheg is tot die
dagvaarding,
nie geldig is nie aangesien die ooreenkoms tussen hom en
die respondent onderhewig is aan ‘n geldige
herstruktureringsproses.
Hy voer ook aan dat gemelde kennisgewing nie
na sy regte adres gestuur is nie. Hy beweer dat, indien hy behoorlik
aangemaan was
met die korrekte agterstallige bedrag, hy dadelik
reëlings sou getref het aangesien hy dit nie kan bekostig om sy
voertuig
te verloor nie.
20. Dit is die respondent se saak dat die kennisgewing
in terme van artikel 129(1) van die Wet op 6 Julie 2011 per
geregistreerde
pos gestuur is na die applikant se gekose
domicilium
citandi et executandi
gestuur, voordat aksie ingestel is. Die
respondent se prokureurs het toe vir die eerste keer op rekord gekom.
Die applikant het
op 18 Julie 2011 gemelde prokureurs gekontak en
aangedui dat hy die agterstallige bedrag voor einde Julie 2011 sou
betaal. Die
respondent voer aan dat dit daarop dui dat die applikant
wel die kennisgewing in terme van artikel 129 van die Wet ontvang
het.
As dit nie die geval was nie, sou hy nie geweet het wie die
prokureurs was en hulle gekontak het nie.
21. Die applikant het nie die agterstallige bedrag
betaal nie en die respondent het voortgegaan om dagvaarding uit te
reik. Applikant
het weer die respondent se prokureur geskakel op 14
September 2011 en aangedui dat hy die volle uitstaande bedrag sou
betaal. Die
respondent voer aan dat dit ook aanduidend was van die
feit dat die applikant bewus was van die aksie. Die belofte om die
agterstallige
bedrag te betaal is weereensnie nagekom nie en vonnis
is geneem op 19 September 2011.
22. Op 17 Oktober 2011, nadat vonnis geneem is, het die
applikant weer die kantore van die respondent se prokureur geskakel.
Applikant
het hulle meegedeel dat hy onder skuldberading en hy het sy
nuwe adres verskaf.
23. In sy repliserende eedsverklaring, wat op 23
Januarie 2013 geliasseer is, voer die applikant aan dat daar nie met
die hofaansoek
onder saaknommer 1421/2011 (in funderende
eedsverklaring na verwys as saaknommer 1421/2010) voortgegaan is in
die landdroshof te
Kuruman nie aangesien die oorspronklike stukke
verlore geraak het. Die aansoek is weer uitgereik onder saaknommer
366/2012 en op
die respondent beteken op 2 November 2011. Uit die
aanhangsel waarna verwys word in die repliserende eedsverklaring blyk
dit dat
die aansoek onder saaknommer 366/2012 eers uitgereik is deur
die klerk van die hof te Kuruman op 5 April 2012. Volgens die
applikant
het die respondent nie die aansoek opponeer nie. Die
beweerde bewys van betekening op die respondent, na verwys as
aanhangsel ‘KGS14’
in die verklaring, is nie aangeheg tot
die eedsverklaring nie. Geen nuwe verwysing ten aansien van ‘n
nuwe skuldberadingsproses
is aan die respondent gestuur nie. Die
hofbevel is eers toegestaan op 26 April 2012, lank nadat die vonnis
deur griffier verleen
is.
24. Die applikant volstaan in sy repliserende
eedsverklaring met sy ontkenning dat hy nie kennisgewing in terme van
artikel 129
van die Wet ontvang het nie. Hy verwys na ‘n
dokument, aanhangsel ‘KGS17’, wat sou aantoon dat die
posstuk teruggestuur
is aan die respondent se prokureurs. Hierdie
dokument is onleesbaar. Wat wel sigbaar is, is dat ‘n
pakkie/dokument afgestuur
is uit Kimberley op 9 Julie 2011 en by
Kuruman poskantoor ontvang is op 24 Augustus 2012. Dit blyk asof dit
weer teruggestuur is
na Kimberley en daar ontvang is op 29 Augustus
2011. Die applikant het nie hiermee gehandel het in sy funderende
stukke nie.
25. Die applikant het nie erken of ontken dat hy die
geëiste bedrag of mindere bedrag aan die respondent verskuldig
is nie.
Sy verweer dat die beëindiging van die
skuldberadingsproses in terme van artikel 86(10) nie regsgeldiglik
gedoen is nie en
dat daar nie voldoen is aan die Wet ten aansien van
die artikel 129(1)-kennisgewing nie, word weerspreek deur die
respondent, asook
die aanhangsels tot die besonderhede van vordering
in die aksie.
26. Die respondent was geregtig om
kennis te gee van die beëindiging van die skuldberadingsproses,
selfs al was dit nadat die
aansoek in reeds by die landdros geloods
is.
9
Die versending van die kennisgewings
in terme van artikels 86(10) en 129 van die Wet per geregistreerde
pos voldoende was ooreenkomstig
artikel 65 van die Wet.
10
Die applikant se gedrag nadat die
onderskeie dokumente gestuur is na sy gekose
domicilium­-
adres
en die dagvaarding daar beteken is, dui ook daarop dat hy inderdaad
hierdie kennisgewings ontvang het. Na versending van die
kennisgewing
in terme van artikel 86(10) van die Wet op 1 Oktober 2010, is die
eerste aansoek in die landdroshof Kuruman geloods
in November 2010.
Na versending van die kennisgewing in terme van artikel 129(1) van
die Wet op 6 Julie 2011, het die applikant
die respondent se
prokureurs wat die kennisgewing uitgestuur het, gekontak. Na
betekening van die dagvaarding het hy ook die respondent
se
prokureurs gekontak.
27. Die applikant versoek dat die respondent, in terme
van artikel 130 van die Wet, verhoed word om met verdere regstappe
teen hom
voort te gaan en versoek dat die vonnis ter syde gestel
word. Vonnis is reeds verleen in September 2011. Die vertraging in
die
afhandeling van hierdie aansoek is deur die respondent en/of sy
regsverteenwoordigers veroorsaak, daar hulle nie gereed was om met

die aansoek voort te gaan op 7 Desember 2012 nie en die repliserende
eedsverklaring eers geliasseer is op 23 Januarie 2013, bykans
7
maande nadat die respondent se opponerende stukke geliasseer is. Die
applikant het nie ‘n verweer openbaar ten aansien
van die
agterstallige bedrag nie.
28. Die applikant het nie ‘n bevredigende
verduideliking gegee het vir sy versuim om die aansoek te loods binne
20 dae nadat
hy van die vonnis bewus geraak het nie. Hy het nie
aangetoon dat sy aansoek
bona fide
is nie. Die getuienis dui
daarop dat dit juis gebring is om die volvoering van die
respondent/eiser se saak te vertraag. Die applikant
het ook nie ‘n
bona fide
verweer openbaar nie.
29. Wat die koste betref, voer die
applikant aan dat hy toegestem het tot die jurisdiksie van die
landdroshof, maar dat die respondent
aksie ingestel het in die Hoë
Hof wat die kostes aansienlik verhoog het. ‘n Eiser is geregtig
om die forum te kies.
Waar ‘n eis ingestel kon gewees het in ‘n
goedkoper forum, kan koste op die skaal van die goedkoper forum
verleen word
.
11
Dit val egter binne die
diskresie van die verhoorhof op welke skaal koste toegestaan word.
12
Die waarde van die
respondent/eiser se eis oorskry die jurisdiksie van die landdroshof.
Die koste wat gepaard gegaan het met die
verstekvonnis was minimaal.
Die respondent het nie onredelik opgetree deur die aksie in die Hoë
Hof in te stel nie en is geregtig
op party en party kostes op Hoë
Hof skaal.
30. Ek maak die volgende bevel:
DIE AANSOEK OM KONDONASIE EN AANSOEK OM
TERSYDESTELLING VAN DIE VONNIS ONDER SAAKNOMMER 1194/2012 WORD VAN
DIE HAND GEWYS MET KOSTE.
________________________
S L ERASMUS
WAARNEMENDE REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
Namens Appellant:
Adv.
L van NiekerHeerden i.o.v. Du Toit Prokureurs, Kimberley
Namens Respondent:
Adv. A.G. van Tonder i.o.v Van de Wall & Vennote, Kimberley
1
Tladi
v Guardian National Insurance Co Ltd 1992(1) SA 76 (T) op 80B
2
Mynhardt
v Mynhardt 1986(1) SA 456 (T) op 463G
3
Federated
Employers Fire and General Insurance Co Ltd v McKenzie 1969(3) SA
360 (A) op 362-363
4
Smith
NO v Brummer NO 1954(3) SA 352 (O) op 357H-358C
5
Darries
v Sheriff, Magistrate's Court, Wynberg
1998
(3) SA 34
(SCA)
op 41D;
Tshivhase
Royal Council v Tshivhase; Tshivhase v Tshivhase
1992
(4) SA 852 (A)
op 859E–F
6
Carolus
and Another v Saambou Bank Ltd 2002(6) SA
34
6
(SE) op
34
9D
-F
7
Molehane
v Tuzi Trade CC and Another (59/2008)
[2008] ZANCHC 49
(6 June 2008)
;
Silber v Ozen Wholesalers (Pty) Ltd 1954(2) SA 345
(A) op 352; Kouligas & Spanoudis Prop (Pty) Ltd v Boland Bank
Bpk 198
7
(2) SA 414
(O)
;
8
Brangus
Ranching (Pty) Ltd v Plaaskem (Pty) Ltd 2011(3) SA 477 (KZP);
Standard Bank of SA Ltd V El-Naddaf 1999(4) SA 779 (W) op
784
9
Collett
v Firstrand Bank Ltd 2011(4) SA 508 (SCA); Wesbank v Martin 2012(3)
SA 600 (WCC) op 605
10
Rossouw
and Another v Firstrand Bank Ltd 2010(6) SA 439 (ECA) op 450C-D;
Andrews v Nedbank Ltd 2012(3) SA 82 (ECG) op 84-85. Sien
ook Sebola
and another v Standard Bank of South Africa Ltd and another 2012(5)
SA 142 (CC) wat gelewer is nadat hierdie kennisgewings
uitgestuur
is.
11
Jeftha
v Williams
1981 (3) SA
678
(C)
op
685
12
Norwich
Union Fire Insurance Society Ltd v Tutt
1960
(4) SA 851
(A)
op
954
11