Du Toit v Du Plessis en Ander (364/2012) [2013] ZANCHC 10 (3 May 2013)

45 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Costs — Wasted costs — Respondents failing to provide requested documentation before a hearing — Applicant unable to proceed with the application due to lack of necessary documents — Court refusing to hear the matter and postponing it — Respondents held liable for wasted costs incurred on the day of the hearing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2013
>>
[2013] ZANCHC 10
|

|

Du Toit v Du Plessis en Ander (364/2012) [2013] ZANCHC 10 (3 May 2013)

VERSLAGWAARDIG
JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK NO.: 364/2012
DATUM:03-05-2013
In die saak tussen:
JACOB CASPER
KRUGER DU TOIT
......................................................
APPLIKANT
teen
DEON DU PLESSIS
............................................
EERSTE
RESPONDENT
MIDDELERF PLAAS (EDMS) BPK
....................
TWEEDE
RESPONDENT
(Registrasie Nr: 2001/009523/07)
CORAM: C.C WILLIAMS R:
U I T S P R A A K
WILLIAMS R:
1. Uitspraak in hierdie
aansoek is reeds gelewer op 29 Junie 2012. Dit het egter later aan
die lig gekom dat die regsverteenwoordigers
nagelaat het om my toe te
spreek ten opsigte van die koste van die verrigtinge van 23 Maart
2012 wat oorgestaan het vir latere
beregting. Hierdie laasgenoemde
verrigtinge
het gedien voor die Regter President, en aangesien ek nie persoonlik
kennis dra van die verloop van sake daardie dag
nie, het die
regsverteenwoordigers besluit om ‘n gesamentlike voorlegging in
verband met die verrigtinge van 23 Maart 2012
in te dien wat opgevolg
is met hoofde van betoog sodat hierdie uitstaande dispuut bereg kan
word.
2. Die tersaaklike feite
kan as volg opgesom word:
2.1. Die applikant het op
27 Februarie 2012 op ‘n dringende en
ex
parte
basis
die aansoek gebring waarin ‘n
bevel
nisi
verleen is met keerdatum 20 April 2012.
2.2. Op 14 Maart 2012 het
die respondente hulle opponerende eedsverklaring geliasseer.
2.3. Die volgende dag, 15
Maaart 2012, het die respondente, in terme van Reël 6(8) kennis
gegee van die vervroeging van die
keerdatum na 23 Maart 2012.
2.4. Op 16 Maart 2012 het
die applikant ‘n kennisgewing in terme van Reëls 35(12) en
35(14) geliasseer waarin hy sekere
dokumentasie na verwys in die
opponerende eedsverklaring aanvra vir voorbereiding van die
repliserende eedsverklaring.
2.5. Op 20 Maart 2012 is
die dokumente versoek, soos hierbo na verwys, nog nie deur die
respondente voorsien nie en het die applikant
se prokureurs in die
lig van onder andere die beperkte tyd oorgelaat (met inagneming
daarvan dat 21 Maart 2012 ‘n openbare
vakansiedag was), ‘n
skrywe gerig aan die respondente se prokureurs met die volgende
voorstelle:

(a) Dat die
aansoek Vrydag uitgestel word tot die eerste beskikbare datum wat die
Hof en die partye pas.
(b) Dat u kliënt
met in agneming van die hofdatum ons tydiglik van die Reël 35
dokumentasie voorsien.
(c ) Dat ons kliënt
genoegsame tyd het om sy Repliek te liasseer.
(d) Dat die koste van
Vrydag koste in die aansoek is.
2.6. Op bogenoemde skrywe
is daar dieselfde dag as volg geantwoord deur die respondente se
prokureurs:
1. Ons kliënte
neem kennis van die inhoud van u telefaks. U kliënt het verkies
om die Hof ex parte op ‘n dringende
basis te nader sonder om
enige kennis hoegenaamd aan ons kliënte te gee
2. Ons kliënte se
kennisgewing van vervroeging in terme van Reël 6(8) is met baie
meer as die vereiste 24 uur kennisgewing
aan u gegee.
3. Die dokumente soos
deur u versoek in terme van Reël 35(12) en (14) is nie
onontbeerlik vir die opstel van u kliënt
se Repliek hierin nie.
4. Indien u kliënt
sou toestem tot die opheffing van die bevele nisi soos toegestaan op
27 Februarie 2012 met onmiddellike
werking en die perseel bekend as
Central Garage, Upington onverwyld ontruim en verlaat, sal u versoek
om uitstel van die aansoek
op 23 Maart 2012 heroorweeg word.
5. Indien paragraaf 4
hierbo nie vir u kliënt aanvaarbaar is nie, sal die aansoek soos
geplaas vir aanhoring op 23 Maart 2012
voortgaan,”
2.7. Op 23 Maart 2012 het
die applikant, in die afwesigheid van die dokumentasie aangevra in
die Reël 35(12) en 35(14) Kennisgewing,
‘n voorlopinge
repliserinde eedsverklaring gelewer.
2.8. Die Regter President
was egter nie bereid om die aansoek aan te hoor nie en is die saak
uitgestel na die oorspronklike keerdatum
van 20 April 2012 met die
koste van 23 Maart 2012 oor te staan vir latere beregting.
3. Daar is aan my geen
redes verskaf waarom die Regter President nie bereid was om die
aansoek aan te hoor nie. In die applikant
se betoogshoofde word dit
gemeld dat die Regter
President nie redes gegee
het nie en dat daar ook nie redes aangevra is deur enige van die
partye nie.
4. Ek meen egter ek kan
aanvaar, na aanleiding van die feite voorgelê, dat die Reger
President van oordeel was dat die aansoek
nie ryp was vir verhoor
nie. Daar was nog geen antwoord op die applikant se Reël 35(12)
en 35(14) versoek nie, met die gevolg
dat die applikant nog nie
finaal gerepliseer het nie.
5. Ek meen nie die skuld
vir hierdie stand van sake kan voor die applikant se deur gelê
word nie. Binne twee dae na ontvangs
van die opponerende
eedsverklaring is die Reël 35(12) en 35(14) kennisgewing
geliasseer, terwyl die respondente ‘n week
daarna op 23 Maart
nog nie daarop geantwoord het nie.
6. Die respondente het
natuurlik die reg gehad om die keerdatum te vervroeg, maar in ‘n
geval soos die huidige waar die dringendheid
toe al afgewater is soos
blyk selfs uit die respondente se houding (dit het hulle twee weke
geneem om die opponerende eedsverklaring
te liaseer waarna daar nog
‘n week verloop het voor die vervroegde keerdatum) kan die
responente nie bloot aanvaar dat die
hof die aangeleentheid sal
aanhoor sonder volledige stukke nie.
7. Die respondente het
die keerdatum vervroeg, hulle het versuim om die aangevraagde
dokumentasie te verskaf voor die vervroegde
keerdatum, hulle het
geweier om gehoor te gee aan die uitstelvoorstelle van die applikant,
wat in die omstandighede nie onredelik
was nie, en met die risiko dat
die saak nie aangehoor sou word nie, die applikant op 23 Maart 2012
hof toe gebring. Na my mening
is dit net reg dat die respondente
verantwoordelik gehou word vir die verspilde koste van die dag.
Die volgende bevel
word gemaak.
Die respondente word
gelas om die verspilde koste van 23 Maart 2012 te betaal.
___________________
C.C WILLIAMS
REGTER
Nms. Applikant
: Haarhoffs Ing
Nms. Respondent
:
Duncan & Rothman