About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2013
>>
[2013] ZANCHC 21
|
|
van der Walt v S (CA&R 3/13) [2013] ZANCHC 21 (1 January 2013)
Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA
NOORD-KAAP HOë HOF, KIMBERLEY
SAAKNO: CA&R 3/13
In die appèl van:
JOZEF VAN DER WALT
..........................................................
APPELLANT
teen
DIE STAAT
............................................................................
RESPONDENT
Coram: Phatshoane R et Erasmus WnR
UITSPRAAK
ERASMUS WnR
1. Hierdie is ‘n uitspraak
op appèl teen die vonnisse wat die appellant opgelê is
in die Streekhof te Petrusville.
Die appellant is skuldig bevind aan
drie aanklagte van diefstal, met inagneming van die bepalings van Wet
57 van 1959 (veediefstal),
nadathy skuldig gepleit het. Eerstens is
dit hom ten laste gelê dat hy gedurende die periode 27 Januarie
tot 26 Februarie
2010, 87 dorper ooie ter waarde van R106 800.00
gesteel het. Tweedens is dit hom ten laste gelê dathy gedurende
die
periode 12 Februarie en 11 Maart 2010, 5 kruisras beeste ter
waarde van R20 000.00 gesteel het. Derdens is dit hom ten laste
gelê dat hy gedurende die periode 1 Mei 2009 en 11 Maart 2010,
100 dorper skape ter waarde van R100 000.00 gesteel het.
2. Die beskuldigde het skuldig
gepleit. Die feitebasis, soos uiteengesit in die verklaring wat in
terme van artikel 112(2) van Wet
51 van 1977 opgestel en ingehandig
is, is deur die Staat aanvaar.
3. Verskeie getuies het ter
versagting en verswaring van vonnis getuig. Die appellant is
uiteindelik op 18 November 2011 op die
drie aanklagte onderskeidelik
gevonnis tot 6, 2 en 8 jaar gevangenisstraf, waarvan 4 jaar
gevangenisstraf opgeskort is vir 5 jaar
in aanklag 3.
4. Na vonnisoplegging het die
appellant aansoek gedoen om verlof om te appelleer teen die vonnisse
wat hom opgelê is, welke
aansoek deur die verhoorhof toegestaan
is. Die agbare verhoorlanddros hetdie aansoek toegestaan omdat sy van
oordeel was dat die
hof van appèl moontlik tot ‘n ander
bevinding kan kom wanneer daar gehandel word met die kumulatiewe
effek van die
vonnisse. Aansoek om borg hangende appèl is, na
die aanhoor van getuienis, geweier. Die appellantisdus sedert 18
November
2011 in hegtenis, besig om sy vonnis uit te dien.
5. Dit is
geykte reg dat straftoemeting primêr behels die uitoefening van
‘n diskresie van die verhoorhof.Die vraag
wat die hof van appèl
moet beantwoord is bloot of die verhoorhof die diskresie wat aan hom
toevertrou is redelikerwys uitgeoefen
het. Slegs wanneer die
verhoorhof misgetas het, homself wanvoorgelig het, ‘n
onreëlmatigheid begaan het of waar die
vonnis buitensporig swaar
of skokkend onvanpas sal die hof van appèl geregtig wees om in
te meng met die opgelegde vonnis
1
.(
2
)
6. Meneer Van
Heerden, namens die appellant, het aangevoer dat die individuele
vonnisse skokkend onvanpas is, dat die verhoorhof
fouteer het deur
nie die kumulatiewe effek van die vonnisse te temper nie en dat die
vonnis wat die appellant opgelê is,
vernietigend is. Hy het
verder aangevoer dat die verhoorhof fouteer het deur die mening te
huldig dat gevangenisstraf vir veediefstal
opgelê moet word en
dat sy uit die oog verloor het dat vonnisse geïndividualiseer
moet word. Verder het hy aangevoer
dat die verhoorhof te min gewig
verleen het aan die feit dat die klaers vergoed is vir hul verliese.
Hy voer aan dat, waar oortuigende
versagtende omstandighede
teenwoordig is, direkte gevangenisstraf nie noodwendig opgelê
hoef te word nie. In hierdie verband
het hy verwys na sake waar
opgeskorte vonnisse of gevangenisstraf in terme van artikel 276(1)(i)
van Wet van 51 van 1977 opgelê
is vir veediefstal.(
3
)
7. Mev
Jansen, namens die respondent, het toegegee dat individuele vonnisse
op elke aanklag swaar is en dat die kumulatiewe effek
van die
vonnisse moontlik as skokkend swaar en onvanpas beskou kan word,
gegewe die persoonlike omstandighede van die beskuldigde.
Sy doen
egter, met verwysing na relevante gesag, aan die hand dat ‘n
redelike termyn van direkte gevangenisstraf die enigste
gepaste straf
is.(
4
)
8.
Veediefstal word in hierdie afdeling van die Hoë Hof beskou as
‘n ernstiger vorm van diefstal, veral aangesien die
gebied ‘n
groot vleisproduserende gebied is.(
5
)
9. In die
onderhawige saak is hier verskeie verswarende faktore teenwoordig.
Uit die getuienis van die ondersoekbeampte wat voor
vonnisoplegging
getuig het, blyk dit ook dat veediefstal toegeneem het en dat die
oplossingsyfer van veediefstalklagtes baie laag
is, weens ‘n
verskeidenheid van redes. Die klaers in die drie sake is almal boere
wat grond by die appellant gehuur het en
hulle het nie direkte beheer
oor die vee gehad het nie. Die appellant het in ‘n
vertrouensverhouding met die klaers gestaan.
Groot hoeveelhede vee is
gesteel is oor verskeie maande.Die vee is helder oordag verwyder met
die hulp van die appellant se werkers.
Die vee is deur die appellant
verkoop asof dit sy eiendom was. Die appellant moes ook die misdrywe
vooraf beplan het deurdat hy
sy vee-identifikasiemerk aangebring op
van die skape en die vee weggery het na Colesberg en Bloemfontein, om
dit daar te gaan verkoop.
Dit is gedoen om aan die appellant en sy
gewese vrou se behoeftes te voldoen, wat ingesluit het ‘n baie
duur troue. Gierigheid
het dus ook ‘n rol gespeel. Die misdrywe
is eers ontdek deur die oplettendheid van een van die klaers en die
ondersoekwerk
van die Suid-Afrikaanse polisie, wat ingesluit het die
werwing van ‘n beriggewer.
10. Die persoonlike
omstandighede van die appellant en ander versagtende faktore is deur
die verhoorhof in ag geneem by vonnisoplegging.
Die appellant is ‘n
32-jarige eerste oortreder. Hy het skuldig gepleit en het
daadwerklike berou. Die appellant ly aan depressie.
Hy het ‘n
afhanklike persoonlikheidstyl en sal tot die uiterste gaan om
goedkeuring te verdien en ‘n gevoel van eie-waarde
te beleef.
Hy is kwesbaar vir manipulasie deur andere. Sy motiewe om die misdade
te pleeg is, onder andere, aangedryf om die goedkeuring
van sy nuwe
eggenoot te verkry. Die misdade is gepleeg as gevolg van finansiële
druk wat deur sy eggenote op hom geplaas is.
Die appellant is
intussen geskei. Sy gewese eggenoot het hul baba met haar saam geneem
toe sy die plaas verlaat het. Die appellant
moes ook die familieplaas
waarop hy geboer het verkoop en het ‘n aansienlike gedeelte van
hierdie opbrengs betaal aan sy
gewese eggenoot, met wie hy
kortstondig getroud was.Die klaers is ten volle vergoed vir die
finansiële verliese wat hulle
gely het.
11. Ek is van
oordeel dat die verhoorlanddros die versagtende en verswarende
faktore in hierdie saak op ‘n gebalanseerde wyse
oorweeg het en
geen mistastings in hierdie verband begaan het nie. In
S
v Brand
(
6
)op
bladsy 306 a-d
spreek
Van
Reenen R
homself
soos uit oor die opweging van die belange van die gemeenskap teenoor
die persoonlike omstandighede van die beskuldigde:
“
By
die opweging van die belang van die gemeenskap moet dit in gedagte
gehou word dat die howe gemeenskapsinstellings is wie se beslissings
die lede van die gemeenskap raak. Die howe moet deur die vonnisse wat
hulle oplê respek vir die regsproses afdwing deur strawwe
wat
nie slegs die erns van die misdaad pas nie, maar ook die persoonlike
omstandighede van die beskuldigde in aanmerking neem.
Daar is
omstandighede waar die belange van die gemeenskap die oplegging van
onopgeskorte gevangenisstraf verg, soos byvoorbeeld
waar die
beskerming teen die beskuldigde nodig is of waar die orde en
vreedsaamheid van die gemeenskap bedreig word. Ook die aard
van die
misdryf mag sodanig wees dat onopgeskorte gevangenisstraf die enigste
gepaste vonnis is. Daar moet egter daarteen gewaak
word om nie die
belange van die gemeenskap ten koste van ‘n beskuldigde se
persoonlike omstandighede te oorbeklemtoon nie.”
12. Die feit
dat die appellant die klaers vergoed het beteken nie dat hy
noodwendig ‘n ligter vonnis moet kry nie. In
S
v Oosthuizen
supra
het die
appellant oor ‘n tydperk van 1 en ‘n halwe maande 3 keer
by dieselfde klaer, altesaam 16 skaap gesteel. Die
appellant is
gevonnis tot 4 jaar effektiewe gevangenisstraf, met ‘n verdere
2 jaar gevangenisstraf opgeskort.
Kriegler
AJA
som
die regsposisiesoos volg op, op bladsy11 e – g:
“
The sentences are no
doubt robust, particularly in their cumulative effect, but they do
not manifest any impropriety in the exercise
of the trial court’s
sentencing discretion…The crimes are inherently serious, they
were carefully planned and were
committed for greed not need. The
magistrate took into account the prevalence of stock theft in her
district and that three thefts
were committed over a period of one
and a half months. The fact that the complainant ultimately suffered
no loss can in the circumstances
have but little ameliorating effect
on sentence.”
13. Beide
die advokate, vir die appellant en die respondent, het ons verwys na
die beslissing van
S v Truyens
supra.
In daardie saak het die appellant oor
‘n tydperk van 2 maande op 3 geleenthede, altesaam 48 bees
gesteel by sy werkgewer
om hoofsaaklik mediese onkostes te dek van
sy terminale siek kinders. Die appellant is slegs op een aanklag
aangekla. Hy het
vorige oortredings gehad van oneerlikheidsmisdrywe,
wat meer as 30 jaar vantevore plaasgevind het. Hy is in die
streekhof gevonnis
tot 4 jaar gevangenisstraf in terme van artikel
276(1)(i) van Wet 51 van 1977. Die vonnis is op appèl verhoog
na 12 jaar
gevangenisstraf, waarvan 4 jaar gevangenisstraf opgeskort
is. In die verdere appèl is die verhoorhof se vonnis
heringestel.
Die omstandighede waaronder die misdrywe plaasgevind
het is oorweeg,veral die siekte van sy kinders. Die feit dat die
appellant
sy pleit na skuldig verander het, ook ‘n gedeelte
van die skade terug betaal het en die feit dat die klaer nie
afhanklik
was van die veeboerdery as sy primêre bron van
inkomste nie, is ook in ag geneem. Die appellant het ook reeds 2
jaar van
sy vonnis uitgedien, nadat die Hoë Hof sy vonnis
verswaar het en hy borg geweier is, hangende verdere appèl.
Cachalia
AR
som op bladsy85E – Fdie
regsposisie soos volg op:
“
Stock
theft is a sensitive issue in many farming communities. This is
because it is difficult for farmers to prevent the crime
and equally
difficult for perpetrators to be apprehended and prosecuted. Cattle
farmers are therefore particularly vulnerable
to this type of crime.
The courts have reflected these concerns by progressively imposing
tougher sentences – usually direct
imprisonment – on
offenders.”
14. Die vonnisse wat deur die
verhoorhof opgelê is, is sonder twyfel swaar vonnisse. Die
vonnisse op aanklagte 1 en 2 kan
egter nie beskou word as onredelik
of skokkend onvanpas nie. Ek is egter van oordeel dat die vonnisse
op aanklag 3 so swaar is
dat bevind kan word dat dieverhoorlanddros
haar diskresie nie op ‘n redelike wyse uitgeoefen het nie.
Verder is die kumulatiewe
effek van die vonnisse nie in aanmerking
geneem of voldoende in aanmerking geneem nie. In die lig hiervan is
ek geregtig om in
te meng met die opgelegde vonnis en opnuut vonnis
te oorweeg.
15. Na oorweging van die feite
en die relevante gesag, asook die argumente wat aan ons voorgehou
is, is ek van oordeel dat direkte
gevangenisstraf die enigste
gepaste straf in die omstandighede is, maar dat die vonnis op
aanklag 3 verander moet word en dat
ook gelas moet word dat die
vonnisse gesamentlik uitgedien moet word.
16. Ek maak die volgende bevel:
Die appèl slaag;
Die vonnis op aanklag 3
word ter syde gestel en vervang met een van 6 (ses) jaar
gevangenisstraf waarvan 2 jaar opgeskort word
vir 5 jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan
diefstal, hetsy gemeenregtelik of soos na verwys in
wet 57 van
1959, gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie en waarvoor
direkte onopgeskorte gevangenisstraf van ten
minste 12 (twaalf)
maande, sonder die keuse van ‘n boete opgelê word;
Dit word verder gelas dat
die vonnis op aanklagte 2 en 3 uitgedien word saam met die vonnis
op aanklag 1.
________________________
SL ERASMUS
WAARNEMENDE REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
Ek stem saam.
________________________
V M PHATSHOANE
REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
Namens die Appellant: Adv J F
van Heerden
In opdrag van: Van Der Wall &
Vnnote, Kimberley
Namens die Respondent: Adv C G
Jansen
Namens: Direkteur van Openbare
Vervolgens, Kimberley
1
2
S
v Pillay
1977 (4) SA 531
(A) op 535 E-F,
S v M
1982 (1)
SA 589
(A) op 592G,
S v Pieters
1987 (3) SA 717
(A) op 728
B-C en
S v De Jager and Another
1965 (2) SA 616
(A) op 628
3
S
v Radebe
1992(2) SASV 303 (O),
S v Patrick Leboko
,
Saakno. CA & R 44/2010, NK (ongerapporteer);
S v Truyens
2012(1) SASV 79 (HHA)
4
S
v Tyers
1997(1) SASV 261 (NK) op 267 h – j,
S v
Oosthuizen
1993(1) SASV 10 (A) op 11 e – g,
S v Truyens
2012(1) SASV 79 (HHA)
5
S
v Seiphoro
1996(2) SASV 513 (NK)
6
1998(1)
SASV 296 (K); Sien ook S v V 1972(3) SA (A) op 620 F-G en
S v
Lotter
1991(2) SASV 588 (NK)
5