Malete v S (A314/2012) [2013] ZAFSHC 212 (21 November 2013)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Conviction based on testimony of child witness — Appellant convicted of rape and sexual assault of a ten-year-old girl — Appellant's appeal against conviction and sentence — Legal principles regarding the reliability of single child witness testimony — Court upheld conviction based on consistent and corroborated evidence presented by the complainant and medical expert, despite the appellant's denial of the allegations.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2013
>>
[2013] ZAFSHC 212
|

|

Malete v S (A314/2012) [2013] ZAFSHC 212 (21 November 2013)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN
DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Appélnommer
: A314/2012
In
die appél tussen:-
APRIL
THABO MALETE
.............................................
Appellant
en
DIE
STAAT
...............................................................
Respondent
CORAM:
VAN
ZYL, R
et
VAN ROOYEN, WNDR
AANGEHOOR
OP:
22
APRIL 2013
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL, R
GELEWER
OP:
21
NOVEMBER 2013
[1]
Appellant het tereggestaan op aanklag 1, verkragting en aanklag 2,
seksuele aanranding.  Ten opsigte van aanklag 1 is dit
beweer
dat hy op 24 Desember 2010 die tienjarige klaagster meer as een keer
verkrag het deur penale vaginale penetrasie.
Ten opsigte van
aanklag 2 is dit beweer dat appellant op 25 Januarie 2011 dieselfde
klaagster seksueel aangerand het deur sy hand
onder haar damesbroekie
te plaas en haar vaginaal te betas.  Appellant is op beide
aanklagte skuldig bevind en ten opsigte
van aanklag 1 gevonnis tot 25
jaar gevangenisstraf en ten opsigte van aanklag 2 gevonnis tot 5 jaar
gevangenisstraf.
Dit is gelas dat die vonnisse samelopend
uitgedien moet word sodat appellant effektief 25 jaar gevangenisstraf
moet uitdien.
[2]
Appellant het by die Hof
a
quo
aansoek gedoen om verlof om te appelleer teen beide die
skuldigbevindings en beide die opgelegde vonnisse.  Verlof is
egter
slegs toegestaan om teen die opgelegde vonnisse te appelleer.
Daarop het appellant ‘n petisie gerig vir verlof om teen
die
twee skuldigbevindings ook te appelleer, welke petisie toegestaan is
ten opsigte van die skuldigbevinding op aanklag 1, maar
geweier is
ten opsigte van die skuldigbevinding op aanklag 2.
[3]
Appellant kom derhalwe nou met die vereiste verlof daartoe in hoër
beroep teen die skuldigbevinding ten opsigte van aanklag
1 en die
vonnisse hom opgelê ten opsigte van beide aanklagte 1 en 2.
[4]
Appellant se kennisgewing van appèl ten opsigte van die
opgelegde vonnisse was nie tydig geliasseer nie.  Mnr Dreyer,

namens appellant, het by die aanvang van die aanhoor van die appèl
aansoek gedoen vir kondonasie ten opsigte hiervan, welke
aansoek nie
deur die Staat geopponeer is nie.  Gevolglik het ons by die
aanvang van die verhoor ‘n bevel verleen in
terme waarvan
kondonasie verleen is vir die laat liassering van die kennisgewing
van appèl ten opsigte van die opgelegde
vonnisse.
OPSOMMING
VAN GETUIENIS:
[5]
Die Staat het die getuienis van vier getuies aangebied.  Dit was
eerstens die getuienis van die tienjarige klaagster, R[....]
M[...],
wie se getuienis deur middel van ‘n tussenganger aangebied is.
Verdermeer is die tannie van die klaagster,
synde die suster van die
klaagster se moeder, M[...] E[...] N[...], se getuienis aangebied,
sowel as die getuienis van Dr J M Kotze,
wie die klaagster ondersoek
het nadat ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak is en
laastens die getuienis van Konstabel
Kotoane, die ondersoekbeampte.
Die Staat se weergawe van die beweerde gebeure wat aanleiding gegee
het tot appellant se arres,
kom opsommenderwys op die volgende neer.
Die aand van 24 Desember 2011 het die klaagster en drie ander
kinders, wie almal
jonger as sy was, in die huis van haar tannie, Mev
N[...], geslaap.  Op daardie stadium was daar ‘n
verhouding tussen
appellant en Mev N[...].  Die kinders het
hulself in die huis toegesluit en daar geslaap nadat Mev N[...] en
appellant ‘n
taverne gaan besoek het.  Daar was slegs een
bed in hierdie huis en het die vier kinders op die bed geslaap.
Op ‘n
stadium gedurende die aand het appellant teruggekeer, aan
die deur geklop en het die klaagster vir hom oopgesluit.  Hy het

haar aangesê om na buite die huis te gaan, waarop sy en die
vierjarige K[...] na buite  die huis is.  Daarop het

appellant haar aangesê dat sy en K[...] weer moes teruggaan in
die huis en op die vloer moes slaap.  Sy het toe ‘n
bed
vir haarself en K[...] op die vloer gemaak, waarna appellant weer
vertrek het.  Later het appellant weer teruggekeer,
vir K[...]
by haar weggeneem en hom op die bed geplaas en toe sy eie klere en
ook haar klere uitgetrek.  Hy het toe bo-op
haar gaan lê
en haar penaal vaginaal penetreer en haar gesoen.  Daarna het
appellant weer die huis verlaat.  Hy
het later ‘n derde
keer teruggekeer en weer homself en ook die klaagster ontklee.
Hy het haar weer penaal vaginaal
penetreer en nadat hy klaar was met
die klaagster, het hy haar aangesê om vir niemand omtrent dit
te vertel nie, aangesien
hy haar dan sou doodmaak.  Daarna het
hy weer die huis verlaat.  Volgens haar het appellant later weer
teruggekeer na
die huis saam met Mev N[...] en het die klaagster vir
hulle die huis oopgesluit.  Volgens die klaagster het Mev N[...]
haar
aangesê om op die bed te gaan slaap, waarop Mev N[...] en
appellant toe op die vloer geslaap het.  Volgens gedeeltes
van
die klaagster se getuienis blyk dit dat sy op daardie stadium vir
niemand van hierdie voorval vertel het nie, hoewel ek later
na
hierdie aspek van haar getuienis sal terugkeer.
Daaropvolgend
op ‘n dag in Januarie 2012, die spesifieke datum ten opsigte
waarvan daar onsekerheid bestaan en waarna ek later
sal terugkeer,
het die beweerde seksuele aanranding plaasgevind.  Volgens die
klaagster se getuienis was appellant en Mev
N[...] op daardie stadium
nie meer in ‘n verhouding betrokke nie.  Die getuienis
hieromtrent verskil egter met die getuienis
van Mev N[...] en sal ek
ook na hierdie aspek terugkeer.  Volgens die klaagster was sy op
daardie dag by haar moeder se huis.
Dit blyk dat die klaagster
se moeder, haar mansvriend, Mev N[...] en appellant buite die
klaagster se moeder se huis gesit het.
Die klaagster was alleen
in die huis waar sy op ‘n bed met haar poppe gespeel het.
Appellant het toe die huis binnegegaan
om die radio sagter te sit en
toe die klaagster daar aangetref. Hy het sy hand voor by haar
damesbroekie ingedruk en haar vaginaal
betas.  Mev N[...] het
toe die vertrek binnegestap en vir appellant betrap.  Mev N[...]
het gevra wat aan die gang was,
waarop die klaagster, aldus die
klaagster se getuienis, geantwoord het dat appellant haar verkrag
het.  Mev N[...] het toe
die  klaagster na haar (Mev N[...]
se) huis geneem, waar die klaagster vir Mev N[...] vertel het van die
voorval op 24 Desember
2010.  Daarop het Mev N[...] en ene
L[...] die klaagster na Batho Polisiestasie geneem.
Die
klaagster is toe deur Konstabel Kotoane na Nasionale Hospitaal
geneem, waar sy deur Dr Kotze ondersoek is.  Die J88-vorm
ten
opsigte van hierdie ondersoek, sowel as die klaagster se
toelatingsvorm tot Nasionale Hospitaal en Dr Kotze se kliniese notas

aldaar gemaak, is ingehandig as bewysstuk “B”.
Volgens Dr Kotze se kliniese notas, soos ook bevestig deur haar

getuienis, het sy die volgende mededeling deur die klaagster aan haar
genotuleer:

She was
asleep, Thabo came into the house.  Ask her to sleep on the
floor.  He undressed himself and her.  He was
on her.
He put his sausage (his thing) into her.”
Op
die J88 het sy die volgende verdere nota gemaak:

He
told her not to tell, he will beat her”.
Tydens
haar kliniese ondersoek het sy gevind dat daar

complete
anal dilatation”
was,
welke sy as ‘n

suspicious
sign”
beskryf
het.  Met die genitale ondersoek het sy genotuleer

redness
vestibule 1 – 2, 4 – 5, 9 – 10 and 7 – 8”
.
Laasgenoemde het sy beskryf as ‘n

non-specific
sign”
,
welke sy verduidelik het as sodanig beskryf is omdat die rooiheid ook
deur iets anders veroorsaak kon gewees het en nie noodwendig
relevant
is tot die beweerde insidente nie.  Dr Kotze het voorts
genotuleer “
clear,
detailed and consistent history of sexual acts” en
verdermeer

probable
child sexual abuse

.
[6]
Appellant het onskuldig gepleit op beide aanklagte.  Hy het ‘n
pleitverduideliking verskaf tot dien effekte dat hoewel
hy op 24
Desember 2010 saam met Mev N[...] geslaap het te die huis van Mev
N[...], het hy nie die klaagster verkrag nie.
Wat betref die
voorval van Januarie 2011 was sy pleitverduideliking dat hy op
daardie stadium nie meer in ‘n verhouding met
Mev N[...] was
nie, dat hy nie meer by haar gebly het nie, dat hy by sy nuwe meisie
woonagtig was en dat hy gevolglik geensins
teenwoordig was by die
huis van die klaagster op die dag van die beweerde voorval nie.
Ten tyde van die klaagster se getuienis
was dit deur appellant se
regsverteenwoordiger aan die klaagster gestel dat hoewel hy die aand
van 24 Desember 2010 by Mev N[...]
geslaap het by die woning van Mev
N[...], waar die kinders teenwoordig was, hy en Mev N[...] geensins
daardie aand die huis verlaat
het en dus nie ‘n taverne besoek
het nie.  Die klaagster het dit ontken.  Dit was ook aan
die klaagster gestel
dat die klaagster voorgesê is deur Mev
N[...] om appellant valslik te inkrimineer aangesien appellant die
verhouding met
Mev N[...] verbreek het en Mev N[...] daarna
voortdurend vir appellant gedreig het dat sy sou toesien dat hy in
die moeilikheid
beland.  Die klaagster het hierdie weergawe ook
ontken.  Soortgelyke stellings was ook aan Mev N[...] gemaak,
welke sy
ontken het en het sy beweer dat op die stadium wat die
voorval van beweerde onsedelike aanranding plaasgevind het, sy en
appellant
inderdaad nog ‘n verhouding gehad het, hoewel sy
alreeds ten tyde van die voorval op 24 Desember 2010 bewus was
daarvan dat
appellant ook by ‘n ander meisie woonagtig was.
Gedurende sy eie getuienis het appellant bogemelde weergawes
herhaal.
Hy het verduidelik dat hy reeds gedurende Desember
2010 begin het om sy verhouding met Mev N[...] te verbreek en dat die
verhouding
gedurende Januarie 2011 reeds in totaliteit verbreek was.
Hy was op daardie stadium herenig met ‘n vorige meisie, ene

Mamie.  Hy het voorts getuig dat Mev N[...] voortdurend na Mamie
se huis gekom het en met hom argumenteer het.  Sy het
hom ook
gedreig dat sy sal toesien dat hy sy werk verloor en in die tronk
beland.  Dit het ook uit sy getuienis geblyk dat
die polisie
voorheen reeds betrokke was by die slegte verhouding tussen hom en
Mev N[...] en blyk dit dat hy verbied was om Mev
N[...] se huis te
besoek, maar dat Mev N[...], aldus appellant se getuienis,
voortdurend na Mamie se huis gekom het en met hom
kom argumenteer
het.
Verdermeer
het dit uit sy getuienis geblyk dat op 16 Desember 2010 daar ook ‘n
voorval tussen hom en Mev N[...] plaasgevind
het waartydens sy hom
beskuldig het dat hy ‘n verhouding het met haar jonger suster
L[...], aangesien hy sy een selfoon vir
L[...] geleen het.  Mev
N[...] het hom verneder voor ander persone, waarop haar vader haar
gekeer het om voort te gaan daarmee.
Haar vader het toe aan
appellant voorgestel dat hy na die polisiestasie moes gaan om die
voorval te rapporteer.  Aangesien
hy daardie aand by die ander
meisie se huis gaan slaap het, wou Mev N[...] nie sy klere aan hom
gee nie.  Hy is op 17 Desember
2010 na die polisiestasie en het
hy saam met die polisie teruggekeer na Mev N[...] se woning.  Sy
het toe aangedring dat sy
R300-00 verlang alvorens hy sy klere kon
ontvang.  Haar vader het toe aan hom die geld geleen ten einde
daardie R300-00 te
betaal.  Die probleem was op daardie stadium
voorlopig uitsorteer en hoewel hy steeds na sy ander meisie se woning
gegaan
het, het hy wel die aand van 24 Desember 2010 by Mev N[...]
geslaap en ook seksueel met haar verkeer.  Daarna het hy egter

die verhouding met Mev N[...] verbreek.
REGSBEGINSELS:
[7]
Soos tereg deur Mnr Dreyer ten tyde van sy betoog uitgewys, was die
klaagster nie net ‘n kindergetuie nie, maar ook ‘n

enkelgetuie met betrekking tot die beweerde voorval van verkragting.
Daar is dus meerdere versigtigheidsreëls ter sprake.
Die
benadering en werkswyse wat in sodanige geval gevolg moet word, is as
volg verwoord in
S
v JONES
2004 (1) SASV 420 op 427 F – H:

Die
versigtigheidsreël vereis dat ‘n Hof bedag moet wees op
faktore wat die onkritiese aanvaarding van getuienis riskant
maak,
byvoorbeeld, die verbeeldingrykheid en die beïnvloedbaarheid van
kinders en dat dit deurentyd voor oë gehou moet
word. (Sien
S
v M
1992 (2) SASV 188 (W) te 193 C – E).  Die
versigtigheidsreël vereis egter nie dat getuienis kritiekloos
moet wees
nie, maar slegs dat dit substansieel bevredigend ten
opsigte van wesenlike aspekte moet wees of gekorroboreer word.
(Sien
S
v Ganie and Others
1967 (4) SA 203
(N) te 206 H).  Verder moet daar nie slegs
lippediens aan die reël getoon word nie.  Dit moet uit die
hantering
van die getuienis blyk dat dit inderdaad deur die Hof
toegepas is.  (Sien
S
v F
1989 (3) SA 847
(A) te 852 H – 853 C).”
[8]
Daar is ook reeds verskeie riglyne neergelê wat hulp verleen in
gevalle waar enkelgetuies wat ook kinders is, se getuienis
beoordeel
moet word.  Sien
S
v DYRA
2010 (1) SASV 78 (ECG) op 85 F – J.
[9]
Hoewel daar nie meer ‘n algemene versigtigheidsreël ten
aansien van die getuienis van slagoffers van seksuele misdrywe

bestaan nie, moet dit steeds met die nodige versigtigheid benader
word indien dit egter sou blyk dat daar eienaardighede of
onbetroubaarhede
in sodanige klaagster se getuienis bestaan. Sien
S
v JACKSON
1998 (1) SASV 470 (SCA) op 476 E – 477 D.
[10]
Mnr Dreyer het aan die hand gedoen dat daar wesenlike weersprekings
in die klaagster se eie getuienis bestaan, sowel as tussen
haar
getuienis en dié van Mev N[...] en in die getuienis van Mev
N[...] self.  Hy het submiteer dat die weersprekings
afbreek
doen aan die waarde en betroubaarheid van die klaagster se
getuienis.  Daarteenoor het Me Moroka, namens die Staat,
gesteun
op die volgende passasie in
S v MKHOHLE
1990 (1) SASV 95 (A)
op 98 F en aan die hand gedoen dat die verhoorlanddros inderdaad
hierdie benadering in haar evaluering van
die getuienis gevolg het en
geen mistasting hieromtrent begaan het nie:

Contradictions
per
se
do not lead to the rejection of the witness’ evidence.
They may simply be indicative of an error.  Not every error
made
by a witness affects his credibility; in each and every case the
trier of fact has to make an evaluation; taking into account
such
matters as the nature of the contradictions, their number and
importance and their bearing on other parts of the witness’

evidence.”
WEERSPREKINGS:
[11]
Dit is inderdaad so dat daar wel weersprekings in die klaagster se
getuienis bestaan, ook tussen haar getuienis en dié
van Mev
N[...] en in die van Mev N[...] self ook.  Ek gaan vervolgens
eers met sommige van hierdie weersprekings handel.
Vir redes
wat hierin later sal blyk, gaan ek ook handel met sodanige
weersprekings wat betref die aanklag van seksuele aanranding.
11.1
Op bladsy 35 van die oorkonde, reëls 6 tot 7, word die indruk
geskep dat die klaagster wel onmiddellik na die beweerde
verkragting
‘n rapport aan iemand daaromtrent gemaak het.  Uit die res
van haar getuienis en uit die getuienis van Mev
N[...] blyk dit egter
dat vanweë die beweerde dreigement wat deur appellant teenoor
haar geuiter was, sy nie op daardie stadium
‘n rapport aan
iemand daaromtrent gemaak het nie en dit eers gedoen het na die
voorval van beweerde seksuele aanranding.
11.2
In haar getuienis het die klaagster getuig dat appellant haar sou
gedreig het dat hy haar sou doodmaak indien sy iemand sou
vertel van
die verkragting.  Geen bewering is egter in haar
getuieverklaring gemaak tot dien effekte dat sy op enige wyse
deur
appellant gedreig was nie.  Daarteenoor het sy teenoor Dr Kotze
die bewering gemaak dat appellant haar gedreig het deur
te sê
dat hy haar sou slaan indien sy iemand van die voorval sou vertel.
11.3
Uit vrae deur die verhoorhof aan Mev N[...] gevra, blyk dit dat die
klaagster nie die detail van die verloop van die aand se
gebeure met
betrekking tot die verskeie kere wat appellant na die huis sou
teruggekeer het die aand van die verkragting, aan haar
oorgedra het
nie.  In gedeeltes van Mev N[...] se getuienis word die indruk
ook verwek dat die klaagster Mev N[...] slegs
van ‘n enkele
verkragting wat die aand van 24 Desember 2010 sou plaasgevind het,
vertel het. In ander gedeltes van haar getuienis
het sy weer getuig
dat die klaagster haar vertel dat sy sedert Desember twee keer deur
appellant verkrag was.
11.4
Volgens die klaagster het appellant saam met Mev N[...] daardie nag
vanaf die taverne tuisgekom.  Volgens Mev N[...] het
sy egter
alleen van die taverne teruggekeer en appellant op die vloer
aangetref waar hy gelê en slaap het, terwyl die kinders
op die
bed gelê en slaap het.  Dit moet ook vermeld word dat dit
enkele vrae voor dit  Mteo se getuienis was het
dat sy nie die
appellant daardie aand tuis gevind het nie.
11.5 Volgens die
klaagster het Mev N[...] haar daardie nag toe Mev N[...] tuiskom
aangesê om op die bed te gaan slaap, terwyl
Mev N[...] getuig
dat toe sy tuisgekom het, die klaagster reeds op die bed gelê
en slaap het.
11.6
Volgens die klaagster se getuienis het Mev N[...], toe sy die
appellant betrap het met sy hand voor in die damesbroekie van
die
klaagster, gevra wat aan die gang is, waarop sy (die klaagster)
geantwoord het dat appellant haar verkrag het.  Volgens
Mev
N[...] se getuienis het nie die klaagster of appellant enige iets op
daardie stadium gesê nie – die klaagster het
net begin
huil.  Daarteenoor het Mev N[...] in haar getuieverklaring gesê
dat appellant geantwoord het dat dit die eerste
keer is wat hy dit
gedoen het en dat dit ook die laaste keer sal wees.
11.7
Volgens die klaagster het sy op haar rug gelê op die stadium
wat appellant haar betas het.  Volgens die getuienis
van Mev
N[...] het die klaagster op die bed gesit met beide haar bene oop
terwyl appellant haar tussen haar bene betas het, met
appellant in ‘n
staande posisie.
11.8
Dit is ook opmerklik dat die klaagster niks in haar getuie verklaring
van die beweerde onsedelike aanranding vermeld het nie
en
klaarblyklik ook nie aan Dr Kotze enige rapport hieromtrent gemaak
het nie.
11.9
Volgens Mev N[...] se getuienis in hoof het sy en die klaagster
teruggegaan na die klaagster se huis nadat die klaagster by
Mev
N[...] se huis vertel het wat appellant aan haar gedoen het en het
hulle die klaagster se moeder op daardie stadium daaromtrent
vertel,
voordat Mev N[...]-hulle na die polisiestasie is.  Sy het
hierdie weergawe ook aanvanklik in kruisverhoor herhaal.
Toe
dit kort daarna in verdere kruisverhoor aan haar gestel is dat dit
vreemd opval dat die klaagster se moeder nie ook saam met
hulle na
die polisiestasie is nie, het Mev N[...] getuig dat die klaagster se
moeder besope was en dat sy daarom besluit het om
haar nie van die
voorval te vertel nie en om dit eers te doen nadat hulle van die
polisiestasie teruggekom het.
11.9 Volgens die
klaagster het dit net by een geleentheid gebeur dat appellant die
spot met haar gedryf het omdat sy voorheen verkrag
was, terwyl Mev
N[...] getuig het dat dit veelvuldige kere gebeur het.
OPINIE VAN DIE
DOKTER:
[12]
‘n Aspek wat na my mening ook aangespreek moet word, is die
opinie wat Dr Kotze uitgespreek het dat daar

probable
child sexual abuse”
is
vanweë, onder andere, die

clear,
detailed and consistent history of sexual acts”.
Sy
het hierdie opinie, onder andere, as volg gesubstansieer op p. 115,
reëls 2 tot 10 van die oorkonde:

Of
course everything is possible but a child of ten does not know how to
lie about a person undressing her, undressing himself,
laying on top
of her, putting his sausage into her and told her not to tell he will
beat her. When children get older and they
go into adolescence then
they are developed enough to lie. But a child of ten, children of ten
do not lie or it is highly unlikely
that they will lie or exaggerate
sexual activity because they simply, they do not know about it.
They also do not know about
inside and outside
.”
Sy
het dan voorts as volg op p. 116, reël 17 tot 19 van die
oorkonde getuig:

Now
I can just say, the probable which I did here, only a clear
consistent and detailed history of a sexual act with no other
findings
already is probable abuse because children very, very seldom
lie about things like this.”
[13]
Hoewel bogemelde die opinie van ‘n mediese dokter is, is dit
direk teenstrydig met die neergelegde en geykte regsbeginsels,
waarna
ek reeds hierbo verwys het, dat daar juis met versigtigheid na ‘n
kind se getuienis gekyk moet word en in sommige
gevalle ook des te
meer wanneer dit handel oor getuienis ten opsigte van seksuele
misdrywe.  Kinders is verbeeldingryk en
beïnvloedbaar.
Soos tereg deur Mnr Dreyer uitgewys, blyk ‘n sprekende
voorbeeld van sodanige beïnvloedbaarheid
op p. 63 van die
oorkonde.  Toe die Hof aan die klaagster gevra het of sy die dag
na die beweerde verkragting, met ander woorde
op Kersdag, gelukkig en
vrolik was, het sy bevestigend geantwoord. Toe daar egter op leidende
wyse weer vir haar gevra was of sy
nie hartseer was nie, het sy
getuig dat sy skaam was en inderdaad hartseer was.  Hierdie
teenstrydige antwoorde het duidelik
voortgespruit uit twee
verskillende leidende vrae tot daardie effek.
[14]
Nog ‘n aspek wat Mnr Dreyer ook betoog het wat in hierdie
spesifieke geval deurentyd in ag geneem moet word, is dat dit

duidelik uit die totaliteit van die getuienis blyk dat die klaagster
ongelukkig voor die onderhawige voorvalle reeds by ten minste
een
maar moontlik selfs by twee geleenthede deur ander persone verkrag
was.  Die konsep van verkragting en die terminologie
wat ten
opsigte daarvan van toepassing is, is dus nie iets wat hierdie
klaagster se pad die eerste keer gekruis het met die onderhawige

beweerde voorvalle nie.  Dit is ‘n verdere rede waarom die
opinie van Dr Kotze veral nie in die onderhawige geval korrek
kan
wees nie.
DIE
DATUM VAN DIE BEWEERDE ONSEDELIKE AANRANDING:
[15]
Gegewe appellant se weergawe dat Mev N[...] die klaagster voorgesê
het om valse bewerings teen appellant te maak vanweë
die feit
dat appellant die verhouding met Mev N[...] verbreek het, is
hier na my mening ‘n baie belangrike aspek van
hierdie saak wat
nie na behore deur die Hof
a
quo
in ag geneem is nie en ongelukkig ook nie behoorlik deur die Staat
opgeklaar was ten tyde van die verhoor nie.  Dit is die
kwessie
oor die datum van die beweerde voorval van onsedelike aanranding.
Hierdie voorval is op die Staat se weergawe wesenlik
van aard, omdat
dit dan daartoe aanleiding sou gegee het dat die klaagster die
rapport aan Mev N[...] sou gemaak het ten opsigte
van die beweerde
verkragting op 24 Desember 2010.
[16]
Soos ter aanvang vermeld, is dit in die klagstaat beweer dat die
beweerde seksuele aanranding plaasgevind het op 25 Januarie
2011.
Volgens Mev N[...] se getuienis, soos dit voorkom in die oorkonde op
p. 97, reëls 10 tot 12, is die aangeleentheid
by die polisie
gerapporteer op dieselfde dag as wat die beweerde seksuele aanranding
plaasgevind het.  Uit Dr Kotze se kliniese
notas, saamgelees met
die hospitaal toelatingsdokument en die J88, Bewysstuk “B”,
het sy die klaagster ondersoek op
25 Januarie 2011.  Wat egter
nie strook met die Staat se weergawe dat die saak aanhangig gemaak is
na aanleiding van die onsedelike
aanranding en die voorval van
beweerde verkragting toe ook tot Mev N[...] se kennis gekom het, is
die volgende.  Dit blyk
uit die kruisverhoor van die klaagster
dat sy ‘n getuieverklaring afgelê het op 17 Januarie 2011
waarin daar nie melding
gemaak was van die beweerde onsedelike
aanranding nie.  Sien O
ORKONDE
,
p. 46, reël 20 tot p. 48, reël 15.  Saamgelees hiermee
blyk dit dat in Mev N[...] se getuieverklaring, die datum
waarvan
ongelukkig nie uit die getuienis blyk nie, sy die bewering gemaak het
dat die voorval van onsedelike aanranding plaasgevind
het op 13
Januarie 2011.  Dit alles moet dan, na my mening, saamgelees
word met die getuienis van appellant waar hy, onder
andere, as volg
getuig het op p. 136, reël 7 en verder:

The
child,
you
have given the reason why is Modiehi implicating you, now what can
you say about the child.  I just want to understand
how did this
thing happen…..  Your worship, Modiehi is the one who
must have schooled this child with this.  Your
worship because
she said that she was staying with the child and she was not staying
with the child.
How
did she school the child to say that she was raped?  ….Your
worship, she laid the charge against me your worship,
because on the
14
th
the police arrived at my place, your worship looking for me and I was
not there, I went to buy airtime.  Then when I returned
my
girlfriend informed me that the police were there, they were looking
for me, they said they said I must come on my own.
Then on the
15
th
of January, your worship on Saturday I went to the police station,
your worship and then the police said that there were three
girls who
were there your worship and opened a case and then the police asked
where is the mother of the child and he said that
he wanted to talk
to the mother of the child, your worship.  They even made a half
statement there, your worship.  On
that statement Modiehi said
that I am having children with her, your worship, I wasted her time
and the police decided to cancel
that statement your worship and make
another statement.


What
was the statement saying that Modiehi has made?  …She
said I am having two children with her, I wasted her time.
Then
the police said that they have to come and change the statement and
they even informed me that that child was already having
a case of
rape, your worship.  So I have myself by bringing myself forward
and report the matter, your worship.”
[17]
My redelike
afleiding
uit bogemelde feite en omstandighede en (ongelukkig) in afwesigheid
van enige poging om die feite op te klaar, is dat
daar voor 25
Januarie 2011 ‘n poging was om ‘n klag van verkragting
teen appellant te lê, vandaar die verklaring
van die klaagster
gedateer 17 Januarie 2011.  As dit saamgelees word met die
getuienis van die appellant, blyk dit dat daardie
poging nie
suksesvol was nie.  Daarna is daar op 25 Januarie 2011 weer ‘n
aanklag van verkragting teen appellant gelê,
na bewering
voortspruitend uit die voorval van onsedelike aanranding wat op 25
Januarie 2011sou plaasgevind het en op grond waarvan
die beweerde
verkragting toe tot Mev N[...] se kennis gekom het.  Daarom dat
die klaagster toe inderdaad deur die dokter ondersoek
was op 25
Januarie 2011.  Die ongemaklike vermoede word op grond van
bogemelde feite geskep dat nadat die aanvanklike poging
om ‘n
klag van verkragting teen appellant te lê nie suksesvol was
nie, daar met ‘n hernude aanslag gekom is deur
die addisionele
bewerings oor die beweerde seksuele aanranding te maak.
[18]
Die ongemak wat hierdie feite en omstandighede by my veroorsaak, word
vererger deur die feit dat dit uit Konstabel Kotoane
se getuienis
blyk dat die J88 ‘n foutiewe MAS-nommer reflekteer.  Die
verduideliking wat Konstabel Kotoane hieromtrent
gee, saamgelees met
die huidige MAS-nommer van die saak, laat die verdere ongemak en
vermoede ontstaan  dat die meerdere MAS-nommers
moontlik juis
voortspruit uit die feit dat daar by meer as een geleentheid gepoog
is om ‘n aanklag van verkragting teen appellant
aanhangig te
maak.
[19]
Hoewel die verhoorlanddros na die aspek van die datum verwys het, het
sy dit afgemaak met die volgende gevolgtrekking op p.
185, reëls
12 tot 19 van die oorkonde:

It
is so that in relation to count 2 the dates seems to be an issue
because your attorney cross-examined the witnesses about the
date of
25th January.  Unfortunately I do not have evidence of such
statements that he referred to on record.  He gave
reasons why
but the date is not important at all.  I find that during the
month January 2011 here in Bloemfontein you did
sexually assault R[…]
as it is alleged in the charge sheet by touching her genitalia
with your hand”.
Die
bogemelde feite en omstandighede, die weersprekings en eienaardighede
ten opsigte van die datums en die inhoud van die onderskeie

verklarings, is dus geensins deur die verhoorlanddros behoorlik
evalueer en in ag geneem nie.
[20]
‘n Aspek wat, soos deur Mnr Dreyer betoog, addisioneel vreemd
opval en wat aansluit by die kwessie rondom die datum van
die
beweerde voorval van onsedelike aanranding, is die feit dat die
klaagster se moeder geensins betrokke was by die aanmelding
van die
aanklag van verkragting of die aanklag van onsedelike aanranding
nie.  Inteendeel, die indruk word verwek dat Mev
N[...] juis
gepoog het om die klaagster se moeder daarvan weg te hou en sodoende
self die situasie te “bestuur”.
Uit die appellant
se getuienis waarna ek reeds verwys het, blyk dit dat die tersaaklike
polisiebeampte, toe daar aanvanklik gepoog
was om ‘n klag teen
appellant te lê, klaarblyklik ook daarop aangedring het dat hy
eers met die klaagster se moeder
wou praat.
[21]
Dit val verder ook vreemd op dat waar dit van meet af aan appellant
se weergawe was dat hy nie meer in Januarie 2011 ‘n
verhouding
met Mev N[...] gehad het nie en dus nie by die klaagster se moeder se
huis sou wees op enige stadium gedurende Januarie
2011 nie, die
staatsaanklaer in die Hof
a
quo
dit goed gedink het om nie die klaagster se moeder of haar mansvriend
as getuies te roep ten einde te bevestig dat appellant wel
op die
tersaaklike datum by die klaagster se moeder se huis was ten einde
sodoende appellant se alibi te weerlê nie.
GEVOLGTREKKINGS:
[22]
Wanneer appellant se weergawe holisties in aggeneem word, meen ek dat
daar nie enige inherente onwaarskynlikhede uit sy weergawe
blyk nie.
Inteendeel, die kumulatiewe effek van die weersprekings in die Staat
se saak en eienaardighede rondom die datum
van die beweerde
onsedelike aanranding en wanneer die klag teen appellant dan gelê
sou gewees het, verleen na my mening steun
aan appellant se weergawe
dat Mev N[...] die klaagster gebruik het om valse bewerings teen
appellant te maak.    Gevolglik
is ek van mening dat
daar nie bevind kon word dat appellant se weergawe nie redelik
moontlik waar is nie.
[23]
Derhalwe het die Staat hom nie van sy bewyslas gekwyt nie en is die
skuld van die appellant nie bo redelike twyfel op enige
van die twee
aanklagte bewys nie.
[24]
Hierdie is beslis ‘n geval waar die volgende passasie in
S
v GENTLE
2005 (1) SASV 420 (SCA) op 434 H by uitstek toepassing vind:

The
cautionary approach is called for in the circumstances of this
particular case for the reasons I have given.  The natural

sympathy which one has for a woman who says that she has been raped
cannot be allowed to play any role in deciding whether the
onus of
proof in a criminal case has been satisfied.  In the present
case, it has not.”
[25]
Die laaste vraag wat nou ontstaan is of ons geregtig is om in te meng
met die skuldigbevinding op aanklag 2 gegewe dat dit
nie op appèl
voor ons dien nie. Die onbetroubaarheid van die Staat se getuies is
net so van toepassing op aanklag 2 as wat
dit op aanklag 1 is. Na my
mening is die skuldigbevinding op aanklag 2 dus nie ooreenkomstig die
reg nie en sal ‘n groot
ongeregtigheid teenoor appellant
geskied indien ons nie op grond van ons inherente
hersieningsbevoegdheid ooreenkomstig die bepalings
van Artikel 304(4)
van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, ook inmeng met daardie
skuldigbevinding nie.
[26]
Gevolglik slaag die appèl en word beide appellant se
skuldigbevindings en die opgelegde vonnisse tersyde gestel.
________________
C.
VAN ZYL, R
Ek
stem saam:
________________________
P.C.F.
VAN ROOYEN, WNDR
Namens
die Appellant: Adv N. Dreyer
In
opdrag van:
Azar
& Havenga Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens
die Respondent: Me M.M.M. Moroka
In
opdrag van:
Direkteur
van Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN