About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2013
>>
[2013] ZAFSHC 210
|
|
Leeto v S (A75/2011) [2013] ZAFSHC 210 (21 November 2013)
IN
DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Appélnommer
: A75/2011
In die
appél tussen:-
MPANE
JOEL
LEETO
.............................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
...........................................................................
Respondent
CORAM:
VAN
ZYL, R
et
VAN ROOYEN, WND R
AANGEHOOR
OP:
22
APRIL 2013
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL, R
GELEWER
OP:
21
NOVEMBER 2013
[1]
Appellant het as beskuldigde 3 van drie beskuldigdes terggestaan op
`n aanklag van moord.Dit is beweer dat hulle op 12 Mei 2007
in die
distrik van Botshabelo vir Moeketsi Maine (“die oorledene”)
wederregtelik en opsetlik gedood het. Appellant
en die ander twee
beskuldigdes het aldrie regsverteenwoordiging geniet in die hof
a
quo,
het
onskuldig gepleit op die ten laste gelegde aanklag en verkies om geen
pleitverduideliking te maak nie. Appellant en die ander
twee
beskuldigdes is egter skuldig bevind soos aangekla en elk tot vyftien
(15) jaar gevangenisstraf gevonnis.
[2]
Appellant en beskuldigde 2 het by die hof
a
quo
aansoek gedoen om verlof om te appelleer teen beide hul
skuldigbevinding en die opgelegde vonnis. Die aansoek is egter van
die
hand gewys. Hulle het toe `n petisie tot hierdie hof gerig waarin
sodanige verlof versoek is. Beskuldigde 2 se petisie is van die
hand
gewys. Appellant se petisie het egter geslaag en is daar aan hom
verlof verleen om teen beide sy skuldigbevinding en die opgelegde
vonnis te appelleer.
AD
SKULDIGBEVINDING:
[3]
Gebaseer op die Staat se weergawe, blyk die beweerde feite
opsommenderwys die volgende te wees. Mpamo Aaron Maine (“Aaron”),
die broer van die oorlede, was die aand van die voorval tuis saam met
sy vrou en sy 70-jarige vader, Jim Jeremiah Maine (“Jeremiah”),
wie ook die vader van die oorlede is en ook as staatsgetuie geroep
is. Die oorlede was in dieselfde huis saam met hulle woonagtig,
maar
was nie tuis nie. Teen ongeveer 20h30 die aand het die oorledene die
huis binne gehardloop en geskree dat sy vader die polisie
moes bel,
aangesien die mense oppad was. Die oorledene het toe na die
slaapkamer van sy susters gehardloop. Daar was baie mense
in die erf
van die huis en ook buite in die straat. Aaron het uit sy slaapkamer
gekom waar hy saam met sy vrou gesit het en het
gehoor hoe die huis
se deure en vensters gebreek word. Jeremiah het ook uit sy kamer
gekom en het Aaron en Jeremiah by die kombuisdeur
gestaan, welke deur
reeds oopgebreek was. Beskuldigde 2 het toe opgedaag en gese dat hy
opsoek was na Kidikidi, welke naam die
oorledene se bynaam was. Aaron
het aan beskuldigde 2 gevra wat aan die gang was, waarop beskuldigde
2 gesê het dat die oorledene
iemand doodgemaak het. Volgens
Jeremiah se getuienis het ook hy met beskuldigde 2 gepraat en hom
gevra hoekom hy sy huis vandaliseer,
waarop beskuldigde 2 geantwoord
het dat dit nie hy was nie, maar die gemeenskap. Daarop het appellant
opgedaag en het hy en beskuldigde
2 die twee staatsgetuies weggestoot
vanaf die deur af en die huis binne gegaan. Volgens Aaron se
getuienis het `n groep persone
van die gemeenskap toe ook die huis
binne gekom, wat strook met Jeremiah se getuienis dat daar baie
persone in die huis was.
Appellant het `n sabel/spies by
hom gehad en het hy die huis se plafon daarmee gekap. Beskuldigde 2
het ook `n sabel/spies
by hom gehad, maar het hy op daardie stadium
niks daarmee gedoen nie. Die twee van hulle het die vertrekke van die
huis deursoek.
Appellant en beskuldigde 2 het toe die slaapkamer
binne gegaan waar die oorledene was en het hulle hom uit die
slaapkamer gesleep
terwyl hulle hom met die sabels gekap het. Hulle
het die oorledene sodanig gesleep en gekap tot by die sitkamer se
deur wat na
buite lei, maar welke deur ook reeds oopgebreek was. Op
daardie stadium het beskuldigde 1 by die deur gestaan. Beskuldigde 1
het
vir appellant en beskuldigde 2 gehelp om die oorledene tot by die
straat te sleep. Die verdere getuienis van Aaron lees dan, onder
andere, as volg op p. 11, reel 8 tot p. 12, reel 12:
“
At
the street, what happened? ...Your worship, they chopped him with
those sables until to the street and the deceased fell down.
The
community helped them.
So
at that stage there were also other members of the community, of the
public? ... Yes the community was there.
Now
when the deceased fell in the street, what transpired? ... Your
worship, when the deceased fell on the ground in the street,
the
accused 1 took a rock and hit him with it.
Where
did he hit the deceased with it? ... On his head.
Now
when you say he hit him with it, did he hit him or did he throw it on
him because there is a difference. ... Your worship he
threw the
stone at the deceased.
What
else happened to the deceased while he was lying there? ... At that
stage your worship, he was already dead and the police
arrived.
No,
no no, accused 1 threw this rock on his head, what was the other
people doing who was there? ... Your worship, there were many
people
there, after accused 1 hit him with that rock, the police arrived.
But
was accused 1 the only person that assaulted him outside, that
injured him or did the other people also take part in the assault?
... Your worship, they saw that he is dead, and now this one, accused
1 took a rock and and hit him on his head.
And
what was accused 2 and 3 doing when accused 1 hit the deceased with
the rock? ... They were finished your worship, they were
just
standing there, they saw that this person is gone.
Volgens
sy getuienis is daar ook `n motor buiteband om die oorledene se nek
geplaas, maar voordat dit aan die brand gesteek kon
word, het die
polisie opgedaag. Toe die polisie opgedaag het, was appellant en
beskuldigde 2 weg, maar was beskuldigde 1 steeds
daar. Hy het teenoor
die polisie woorde geuiter min of meer die effek dat die polisie moet
sien dat dit is wat die gemeenskap met
`n persoon doen wat moelikheid
maak in die gemeenskap.
Die
onbetwiste getuienis van Aaron was dat die beligting deurentyd goed
was, aangesien daar `n Apollo lig in die omgewing was wat
buite
beligting verskaf het, terwyl daar elektriese beligting in die huis
was wat aangeskakel was. Beide Aaron en Jeremiah het
ook verduidelik
op welke manier appellant en die ander beskuldigdes aan hulle bekend
was op daardie stadium. Daaruit het dit geblyk
dat appellant en beide
die ander beskuldigdes baie goed aan Aaron bekend was voor die
voorval en dat hy ongeveer `n meter van elk
van hulle was op die
stadiums wat hy hulle identifiseer het. Hulle was voorts vir etlike
minute in die huis. Appellant was nie
voor die voorval aan Jeremiah
bekend nie, maar was die ander twee beskuldigdes baie goed aan hom
bekend. Jeremiah het egter getuig
dat hy die gesig van appellant baie
duidelik gesien het.
Die
klip waarmee beskuldigde 1 die oorledene mee teen die kop gegooi het,
is op foto 5 van bewysstuk “A” uitgebeeld
en het Aaron
die grootte/lengte daarvan beskryf as ongeveer 50 cm. Dit het egter
uit kruisverhoor van Aaron geblyk, sowel as uit
die getuienis van
Jeremiah, dat die gemeenskap ook die oorledene met klippe gegooi het
nadat hy in die straat geval het en het
daar baie klippe op die
toneel gelê na die voorval.
[4]
Die inhoud en korrektheid van die regsgeneeskudige
lykskouingsverslag, bewysstuk “C”, was deur die
verdediging
erken ooreenkomstig die bepalings van artikel 220 van die
Strafproseswet, Wet 51 van 1977, welke erkennings vervat was in
bewysstuk
“B”. Uit die verslag blyk dit dat die oorsaak
van dood aangeteken is as “
hoofbesering
as gevolg van stompbesering”
.
Verder blyk dit dat die hele skedel verbrokkel was en dat die
oorledene se liggaam verskeie laserasies, snywonde en kneusings
vertoon het, asook frakture van die maksilla en die mandibel met
verlies van sekere tande, asook beserings aan die regter long
vanweë
`n steekwond.
[5]
Appellante het al drie alibi’s geopper en in hulle eie
verdediging getuig en elk ook ‘n verdedigingsgetuie geroep.
Die wese van beskuldigde 1 se alibi kom daarop neer dat hoewel hy van
die voorval verneem het, hy nie na die toneel gegaan het
nie. Wat
beskuldigde 2 betref, het hy getuig dat hy op die toneel opgedaag het
nadat die oorledene reeds in die straat gelê
het. Wat
appellant self betref, het hy getuig dat hy nooit op die
tersaaklike toneel was nie. Volgens hom het
hy van ‘n
familielid verneem dat sy swaer vermoor is, waarop die familielid,
appellant en appellant se vrou na die huis van
die oorlede swaer is
Hulle het geensins na die oorledene se huis gegaan nie. Vandaar
het hulle teruggekeer na appellant
se huis. Dit kan vermeld
word dat dit uit die getuienis blyk dat appellant se swaer
waarskynlik deur die oorledene gedood
was en dat dit die rede was
waarom die gemeenskap agter die oorledene aan was.
Die
Hof het ook twee getuies geroep, synde die een getuie waarna
beskuldigde 1 in sy getuienis verwys het en die familielid van
appellant waarna appellant in sy getuienis verwys het.
[6]
In haar evaluering van die getuienis het die verhoorlanddros tot die
gevolgtrekking gekom dat beide die staatsgetuies geloofwaardige
en
betroubare getuies was wat ‘n uitstekende indruk op die Hof
gemaak het. Ten opsigte van die enkele weersprekings
wat wel in
hulle getuienis bestaan het, het die verhoorhof bevind dat dit in die
lig van die totaliteit van die getuienis nie afbreuk
doen aan hul
geloofwaardigheid en betroubaarheid nie. Wat appellant en die
ander beskuldigdes se alibi’s betref,
het die Hof in ‘n
goed gefundeerde en behoorlik beredeneerde uitspraak die getuienis
daaromtrent ondersoek en op grond van
die verskillende tye waarop
verskillende gebeure plaasgevind het, tot die gevolgtrekking gekom
dat hulle getuienis nie uitgesluit
het dat hulle steeds betrokke kon
wees op die aanval op die oorledene soos deur die staatsgetuies
getuig nie. Spesifiek wat
appellant betref het die Hof tot die
volgende gevolgtrekking gekom:
“
Accused
3 was at his brother in law’s place but no one could
satisfactorily tell the Court when he arrived there except that
it
was after sunset. That sunset could be before or after the
deceased was killed. The Court cannot therefore rely
on the
evidence of the accused….”
[7]
Mnr Tshabalala, wie aanvanklik die betoogshoofde namens appellant
opgestel het, het in sy betoogshoofde in wese toegegee dat
daar geen
meriete in appellant se appèl teen die skuldigbevinding is
nie. Eventueel het Mnr Nel egter die appèl
voor ons
behartig en het hy aanvullende betoogshoofde geliasseer, waarvoor hy
bedank word. In sy betoog het hy nie die bevindings
met
betrekking tot appellant se alibi aangeveg of bevraagteken nie.
Sy betoog was daarop geskoei dat die Staat nie bo redelike
twyfel
appellant se opset bewys het nie, dat die nexus tussen
appellant-hulle se optrede en die dood van die oorledene nie bewys
is
nie en dat gemeenskaplike opset om die oorledene te dood soos deur
die verhoorhof bevind, ook nie bo redelike twyfel bewys is
nie. Hy
het dus betoog dat appellant slegs aan aanranding skuldig bevind kon
word of ten beste vir die Staat, aan aanranding met
die opset om
ernstig te beseer.
[8] Die verhoorhof het in
die verband as volg in haar uitspraak bevind:
“
The
crux question then to ask at this stage is whether or not the accused
exhibited the requested intention or mens rea to kill.
All of
these persons are adult males who displayed above average
intelligence in Court. Accused 2 and 3 were armed with sables
on arrival at the deceased’s parental place. They hit and
chopped the deceased with the sables. They started
to do so in
the house until in the street. They knew that they were making
use of dangerous weapons. Accused 1 then
threw the deceased
with a big stone on the head whilst the deceased was lying down.
All accused persons had no other intention
but to kill the deceased
as he also killed accused 3’s relative Sam. They had a
direct intention to kill the deceased.
They even acted in
furtherance of a common purpose.”
[9]
Ek meen nie dat daar enige basis is waarop met laasgenoemde
bevindings van die Hof
a
quo
ingemeng kan word nie. Appellant en die twee beskuldigdes het
duidelik saam met die groep gemeenskapslede die oorledene op
gewelddadige wyse agtervolg tot in die huis van die oorledene.
Daar was appellant een van die hoofrolspelers waar hy die
oorledene
uit die kamer gesleep het saam met beskuldigde 2 en voortdurend na
die oorledene gekap het met die sabel. Appellant
en die twee
beskuldigdes het pertinent die oorledene na buite die huis gesleep,
welwetende dat lede van die gemeenskap daar teenwoordig
was wat wou
wraak neem op die oorledene. Uit die getuienis wat ek vroeër
in die uitspraak aangehaal het, blyk dit dat
die oorledene op die
stadium wat hy in die pad geval het, waarskynlik reeds dood was.
Maar selfs indien hy nie op daardie
stadium reeds dood was nie, het
appellant en die twee beskuldigdes opsetlik die oorledene aan die
ander lede van die gemeenskap
“oorhandig”, welwetende dat
daar verdere geweld op die oorledene toegepas gaan word. Hoewel
dit so is, soos deur
Mnr Nel betoog, dat dit nie uit die getuienis
duidelik is welke persoon en/of welke wapen bo redelike twyfel die
dood van die oorledene
veroorsaak het nie, moet ek met Me Moroka,
namens die Staat, se betoog saamstem dat appellant en die
beskuldigdes hulle deurentyd
vereenselwig het met die optrede van die
ander lede van die gemeenskap terwyl hulle voorsien het dat indien
die oorledene nie reeds
dood was toe hy in die straat geval het nie,
die ander lede van die gemeenskap die oorledene sou dood. Onder
sodanige omstandighede
kan dit nie geag word dat appellant en
beskuldigde 2 hulle enigsins van die gemeenskaplike opset onttrek het
deur die feit dat
hulle nie die oorledene verder aangerand het nadat
hy in die pad geval het nie. Hulle het steeds toegekyk hoe die
oorledene
verder met klippe bestook word en het geen handeling verrig
om die oorledene daarteen te beskerm nie. Dit is die enigste
redelike afleiding dat hulle hulle steeds met daardie gewelddadige
optrede teenoor die oorledene vereenselwig het.
[10]
Gevolglik stem ek met die Hof
a
quo
saam dat appellant en die ander twee beskuldigdes met gemeenskaplike
opset tussen hulle, maar ook tussen hulle saam met die ander
lede van
die gemeenskap, opgetree het terwyl hulle voorsien het dat die
oorledene gedood sou word. Dit is dus onder die omstandighede
nie nodig gewees vir die Staat om te bewys welke persoon en/of welke
wapen die dood van die oorledene veroorsaak het nie.
[11] Die appèl
teen die skuldigbevinding kan gevolglik nie slaag nie.
AD VONNIS:
[12]
In die onderhawige geval het die skuldigbevinding geval binne die
kader van Bylae 1 van Skedule 2 tot Wet 105 van 1997, wat
tot gevolg
het dat lewenslange gevangenisstraf die voorgeskrewe minimum vonnis
is, behalwe indien daar wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan
wat die oplegging van ‘n mindere vonnis noodsaak en regverdig.
Die Hof
a quo
het reeds ten gunste van appellant bevind dat
daar sodanige wesenlike en dwingende omstandighede bestaan en
derhalwe vyftien jaar
gevangenisstraf in plaas van lewenslange
gevangenisstraf opgelê.
[13]
Mnr Nel het egter aan die hand gedoen dat in die lig van die
totaliteit van die feite en omstandighede, die opgelegde vonnis
steeds skokkend swaar en onvanpas is en het hy aan die hand gedoen
dat gevangenisstraf van tien jaar ‘n gepaste termyn is.
Mnr Nel het onder andere gesteun op provokasie as een van die
versagtende faktore, inaggenome dat dit blyk dat dit appellant se
swaer was wat deur die oorledene gedood was.
[14]
By nalees van die Hof
a
quo
se uitspraak ten opsigte van vonnis blyk dit egter dat die verhoorhof
reeds die persoonlike omstandighede van appellant behoorlik
in ag
geneem het, tesame met die aard en erns van die misdryf en die
belange van die gemeenskap. Hierdie evaluering is op
‘n
ewewigtige wyse gedoen. Hoewel dit so is dat die oorledene
klaarblyklik ‘n ander persoon gedood het, regverdig
dit steeds
op geen wyse appellant en die ander persone se optrede om reg in eie
hande te geneem het nie. Gevolglik is dit
noodsaaklik,
soos deur die Hof
a
quo
ook bevind, dat ‘n boodskap van afskrikking uitgestuur moet
word ten einde te verhoed dat die gemeenskap tot die gevolgtrekking
kan kom dat dit in orde is om eie reg toe te pas.
[15]
Die opgelegde vonnis van vyftien jaar gevangenisstraf is derhalwe na
my mening nie skokkend swaar en onvanpas nie. Die
Hof
a
quo
het ook geen mistasting begaan in haar oorweging van ‘n gepaste
vonnis nie en kan daar dus op geen basis met hierdie vonnis
ingemeng
word nie.
[16]
Derhalwe word appellant se appèl teen beide sy
skuldigbevinding en die opgelegde vonnis van die hand gewys.
______________
C.
VAN ZYL, R
Ek
stem saam:
_________________________
P.C.F.
VAN ROOYEN, WND R
Namens
die Appellant: Adv. P.W. Nel
In
opdrag van:
Bloemfontein
Regssentrum
Namens
die Respondent: Adv. M.M.M. Moroka
In
opdrag van:
Direkteur:
Openbare Vervolgings
Bloemfontein