Afgri Bedryfs Beperk h/a Afgri Veevoere v Lotter N.O. and Others, In re; Afgri Bedryfs Beperk h/a Afgri Veevoere v Lotter N.O. and Another (4179/2013) [2013] ZAFSHC 193 (15 November 2013)

57 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency — Provisional sequestration — Application for provisional sequestration of a trust's estate — Dispute regarding the trust's indebtedness to the applicant — Respondents contesting the application on bona fide and reasonable grounds — Court finding that a genuine dispute exists, warranting refusal of the provisional sequestration order — Application dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2013
>>
[2013] ZAFSHC 193
|

|

Afgri Bedryfs Beperk h/a Afgri Veevoere v Lotter N.O. and Others, In re; Afgri Bedryfs Beperk h/a Afgri Veevoere v Lotter N.O. and Another (4179/2013) [2013] ZAFSHC 193 (15 November 2013)

IN DIE HOË HOF
VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Saaknommer : 4179/2013
In
die saak tussen:-
AFGRI
BEDRYFS BEPERK h/a AFGRI VEEVOERE
..................
Applikant
en
MATTHEUS
JOHANNES LOTTER N.O.
........................
Eerste
Respondent
(In
sy amptelike hoedanigheid as trustee
van die Andrie Loggenberg
Trust, IT994/99)
ERMA
LOGGENBERG N.O.
...........................................
Tweede
Respondent
(In
haar amptelike hoedanigheid as trustee
van
die Andrie Loggenberg Trust, IT994/99)
En
Verder
THEUNIS
HELLMUTH
.................................................
1ste
Tussenbeitredende
Skuldeiser
DANIELA HELLMUTH
.................................................
2de
Tussenbeitredende
Skuldeiser
STEPHANIE ROBERTS
..............................................
3de
Tussenbeitredende
Skuldeiser
ALBERTUS CAREL VAN
ZYL
..................................
4de
Tussenbeitredende
Skuldeiser
MICHELLE & CJ
VILJOEN TRUST
.........................
5de
Tussenbeitredende
Skuldeiser
JOAN VILJOEN
.............................................................
6de
Tussenbeitredende
Skuldeiser
JACOBUS STRAUSS
..................................................
7de
Tussenbeitredende
Skuldeiser
ANTHONIE JOHANNES
DE BEER
.........................
8ste
Tussenbeitredende
Skuldeiser
HESTER HENDRINA
ALETTA LOURENS
............
9de
Tussenbeitredende
Skuldeiser
In re:
AFGRI BEDRYFS
BEPERK h/a AFGRI VEEVOERE
..................
Applikant
en
MATTHEUS JOHANNES
LOTTER N.O.
............................
1ste
Respondent
ERMA LOGGENBERG
N.O.
...................................................
2de
Respondent
(In hul amptelike
hoedanigheid as trustee
Van die Andrie Loggenberg
Trust, IT994/99)
UITSPRAAK DEUR:
C. REINDERS, WnR
REDES
[1] Hierdie aansoek is
gebring deur die applikant, Afgri Bedryfs Beperk h/a Afgri Veevoere
en wel as ‘n dringende aansoek
in terme waarvan ‘n
voorlopige sekwestrasiebevel versoek is. Die respondente, Mattheus
Johannes Lotter N.O. en Erma Loggenberg
N.O., in hul amptelike
hoedanighede as trustees van die Andrie Loggenberg Trust (“die
Trust”) het die aansoek geopponeer.
[2] Wat betref die vraag
na dringendheid het die respondente in hul opponerende eedsverklaring
in paragraaf 24.3 as volg geantwoord:

Sonder om te
erken dat die onderhawige aansoek noodwendig dringend is, bevestig ek
dat die Trust nie van voorneme is om die onderhawige
aansoek te
opponeer op die basis dat dit nie dringend is nie.”
[3] Mnr Fischer, namens
die respondente, het die aspek van dringendheid nie verder geneem nie
en was ek tevrede dat die aansoek
wel dringend was. Gevolglik het ek
die aansoek ter rolle geneem.
[4] Met die aanvang van
die verrigtinge is ‘n aansoek om toetrede deur nege toetredende
skuldeisers gesamentlik onder dieselfde
saaknommer geloods. Hierdie
aansoek om toetrede is deur die respondent geopponeer.
[5] Na aanhoor van Mnr
Tsangarakis, namens die toetredende skuldeisers en Mnr Fischer,
namens die respondente, asook submissies
deur Mnr Goosen vir die
applikant, is verlof verleen aan die toetredende skuldeisers om toe
te tree.
[6] Tydens argumentering
van die aansoek om toetrede is die meriete vir die toestaan van ‘n
voorlopige sekwestrasiebevel,
soos versoek deur die toetredende
skuldeisers, volledig deurtrap. Submissies is eweeens deur Mnr Goosen
en Mnr Fischer gemaak met
betrekking tot die applikant se aansoek.
[7] Op 30 Oktober 2013
het ek derhalwe die volgende bevel verleen:

1. Die
Applikant Afgri Bedryfs Beperk h/a Afgri Veevoere (Registrasienommer:
1995/005872/06) se aansoek word afgewys met koste.
2. Verlof is reeds verleen aan die
Toetredende skuldeisers om toe te tree in hierdie aansoek en word
hierna verwys na die voormelde
Toetredende Skuldeisers as die
Toetredende Applikante.

n
VOORLOPIGE BEVEL
van
SEKWESTRASIE
word ten gunste van die Toetredende Applikante
uitgereik wat die genoemde Respondente oproep om in hierdie Hof op
DONDERDAG
,
28 NOVEMBER 2013
om
09:30
redes,
indien enige, aan te voer waarom ‘n finale sekwestrasiebevel
nie teen die Respondente se boedel toegestaan sal word
nie.
Hierdie Bevel, tesame met ‘n
afskrif van die Kennisgewing van Mosie en aanhangsels, moet aan die
Respondente persoonlik
beteken word.
5. Hierdie bevel moet beteken word op

5.1. Enige geregistreerde vakbond wat
vir sover die Balju redelikerwys kan vasstel werknemers van die
Respondente verteenwoordig.
5.2. Die respondente se werknemers,
indien enige, deur ‘n afskrif van die bevel en aansoekstukke
aan te bring op enige kennisgewingbord
op die Respondente se perseel
waartoe die werknemers toegang het, of indien daar geen toegang tot
die perseel deur die werknemers
is nie, deur ‘n afskrif aan te
bring op die toegangshek, waar toepaslik, so nie op die voordeur van
die perseel vanwaar die
respondente ten tye van die voorlegging van
die aansoekstukke enige besigheid bedryf het.
5.3 Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
6. Die balju moet vasstel of die
werknemers deur ‘n geregistreerde vakbond verteenwoordig word
en vasstel of daar ‘n
kennisgewingbord op die Respondente se
perseel is waartoe die werknemers toegang het.
7. Die koste van hierdie aansoek koste
in die sekwestrasie sal wees.”
[8] Op 6 November 2013 is
ek by wyse van ‘n skrywe deur die applikant se prokureur van
rekord versoek om redes te verskaf
vir my bevel. Ek aanvaar dat die
redes slegs met verwysing na die finale bevel ten aansien van die
applikant se aansoek (bede 1
van die bevel) versoek word, en nie met
verwysing na die voorlopige bevel (bedes 3 – 7) nie.
[9] Hoewel ek van oordeel
is dat die aangevraagde redes akademies van aard is, gesien in die
lig daarvan dat ‘n voorlopige
sekwestrasiebevel, keerbaar 28
November 2013, ten gunste van die toetredende applikante verleen is,
verskaf ek hiermee my redes:
[10] Hierdie aansoek is
vir die voorlopige sekwestrasie van die respondente en is die
bepalings van artikels 9 en 10 van die Insolvensiewet,
Wet 24 van
1936 (soos gewysig) (“die Wet”) derhalwe van toepassing.
Die wesenlike dele lui as volg:

9 (1) 'n
Skuldeiser (of sy verteenwoordiger) wat 'n gelikwideerde vordering
van nie minder as vyftig pond of twee of meer skuldeisers
(of hulle
verteenwoordiger) wat gesamentlik gelikwideerde vorderings van nie
minder as honderd pond het teen 'n skuldenaar wat
'n daad van
insolvensie begaan het of insolvent is, kan die hof versoek om die
sekwestrasie van die boedel van die skuldenaar.
10 As die hof waaraan 'n versoekskrif
tot sekwestrasie van die boedel van 'n skuldenaar voorgelê is,
van oordeel is dat
prima facie
-
(a) die petisionerende skuldeiser so
'n vordering as bedoel in subartikel (1) van artikel nege teen die
skuldenaar bewys het; en
(b) die skuldenaar 'n daad van
insolvensie begaan het of insolvent is; en
(c) daar rede bestaan om aan te neem
dat dit tot voordeel van die skuldeisers van die skuldenaar sal strek
as sy boedel gesekwestreer
word;
dan kan die hof 'n order uitvaardig
wat die boedel van die skuldenaar voorlopig sekwestreer.”
[11] In die applikant se
funderende eedsverklaring in paragraaf 5 onder die hofie getiteld
“DIE TRUST SE SKULD” handel
die applikant met die
respondente se verskuldigdheid teenoor die applikant.
[12] Van spesiale belang
is paragraaf 5.9 wat as volg lui:

Dagvaarding
is reeds deur die Applikant in die Vrystaatse Hoë Hof,
Bloemfontein uitgereik, onder saaknommer 5195/2011 teen
Loggenberg en
die Trust. Die aksie word verdedig en het al die Verweerders reeds ‘n
verweerskrif afgelewer met ‘n repliek
deur die Applikant. Die
aksie is reeds ter rolle geplaas vir 19, 20 en 22 November 2013.....”
[13] Die respondente in
hul opponerende eedsverklaring antwoord hiertoe as volg in paragraaf
6:

Ek herhinner
egter die agbare Hof daaraan dat die aksie deur die Trust en Corne
verdedig word en tans nog hangende is.”
[14] Mnr Fischer het
geargumenteer dat die feit dat daar ‘n feitegeskil is, nie
ontken is deur die applikant in repliek nie.
Hy het voorts verwys na
paragrawe 3.3 tot 3.8 van die respondente se opponerende
eedsverklaring wat duidelik daarop dui dat die
trust se verwere ‘n
geldige antwoord op die applikant se vordering teen die Trust in die
opkomende aksie daarstel.
[15] Dit is dus duidelik
dat daar ‘n dispuut is op die stukke wat betref die respondente
se verskuldigdheid teenoor die applikant.
Mnr Goosen het gepoog om my
te oortuig dat die respondente nie op
bona fide
en redelike
gronde die applikant se vordering verdedig nie. Hy het voorts
gesubmiteer dat “dit blyk dat daar wel ‘n
Eiser is wat ‘n
eis het” (met verwysing na die toetredende skuldeisers). Mnr
Goosen het ook gesteun op die feit dat
die toetredende skuldeisers ‘n
prima facie
saak uitgemaak het dat die respondente verskeie
dade van insolvensie gepleeg het.
[16] Aangesien daar ‘n
dispuut op die stukke is op die stadium wat ‘n voorlopige
sekwestrasiebevel versoek word, behoef
dit dat die benadering deur
die howe in die hantering van sodanige dispuut, uiteen gesit word.
[17] In
Payslip
Investment Holdings CC v Y2K TEC Ltd
2001 (4) SA 781
(C) op
783G – I het Brand R (soos hy toe was) die benadering treffend
opgesom as volg:

Guidelines
as to how factual disputes should be approached in an application
such as the present were laid down by the Appellate
Division in
Kalil
v Decotex (Pty) Ltd and Another
1988
(1) SA 943
(A). According to these guidelines a distinction is to be
drawn between disputes regarding the respondent's liability to the
applicant
and other disputes. Regarding the latter, the test is
whether the balance of probabilities favours the applicant's version
on the
papers. If so, a provisional order will usually be granted. If
not, the application will either be refused or the dispute referred

for the hearing of oral evidence, depending on,
inter
alia
,
the strength of the respondent's case and the prospects of
viva
voce
evidence
tipping the scales in favour of the applicant.
With
reference to disputes regarding the respondent's indebtedness, the
test is whether it appeared on the papers that the applicant's
claim
is disputed by respondent on reasonable and
bona
fide
grounds.
In this event it is not sufficient that the applicant has made out a
case on the probabilities. The stated exception regarding
disputes
about an applicant's claim thus cuts across the approach to factual
disputes in general.

(eie
beklemtoning)
[18] Dat dit voldoende is
vir die afweer van ‘n voorlopige sekwestrasiebevel dat die
respondent se verskuldigheid betwis word
op
bona fide
en
redelike gronde, is bevestig in
Desert Star Trading 145 (Pty)
Ltd and Another v No 11 Flamboyant Edleen CC and Another
[2011] 2 ALL SA 471
(SCA) op 479 [16] – 480 [16] waar Ponnan AR
die volgende passasie uit
Kalil v Decotex (Pty) Ltd
,
supra
, aanhaal:

In regard to
locus
standi
as
a creditor, it has been held, following certain English authority,
that an application for liquidation should not be resorted
to in
order to enforce a claim which is
bona
fide
disputed
by the company.
Consequently,
where the respondent shows on a balance of probability that its
indebtedness to the applicant is disputed on
bona
fide
and
reasonable grounds, the Court will refuse a winding up order.
The onus on
the respondent is not to show that it is not indebted to the
applicant. It is merely to show that the indebtedness is
disputed on
bona
fide
and
reasonable grounds.” (eie beklemtoning)
[19] Hierdie oorwegings
is insgelyks van toepassing op aansoeke om sekwestrasie.
[20] Mnr Fischer het
geargumenteer dat die respondente se verweer
bona fide
en op
redelike gronde is en boonop ‘n geskil is wat binne enkele weke
staan besleg te word.
[21] In die uitoefening
van die diskresie soos verleen in artikel 10 van die Wet, kan die hof
dus ‘n voorlopige sekwestrasiebevel
verleen indien die drie
facta probanda
prima facie
bewys is.
[22] Na my mening kon die
applikant nie daarin slaag om ‘n vordering soos bedoel in
artikel 10(a) van die Wet te bewys nie,
in die lig daarvan dat op die
stukke voor my, die respondente op redelike en
bona fide
gronde die vordering betwis.
[23] Ek het derhalwe my
diskresie uitgeoefen om nie die aansoek om voorlopige sekwestrasie
toe te staan nie. In ieder geval, al
sou ek verkeerd wees, was ek nie
van oordeel dat ek my diskresie moes uitoefen ten gunste van die
toestaan van ‘n voorlopige
sekwestrasiebevel waar die
geskilpunte binnekort uitgepluis sou word op verhoor nie.
[24] Wat koste betref, is
dit geykte reg dat koste die resultate volg. Ek kon geen rede sien om
daarvan af te wyk
in casu
nie.
[25] Gevolglik het ek die
bevele verleen soos in die hofbevel gedateer 30 Oktober 2013.
_________________
C. REINDERS, WnR
15
NOVEMBER 2013
/spieterse