Moletsane v S (A264/2012) [2013] ZAFSHC 214 (12 September 2013)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of firearm — Appellant convicted of illegal possession of a .22 revolver — Appellant claimed to have found the firearm and intended to surrender it to the police — Evidence showed firearm was rusted and inoperable — Court found appellant's explanation not credible — Appeal against conviction dismissed as the evidence supported the conviction — Sentence of seven years imprisonment considered excessive given the circumstances of the case, including the non-functional state of the firearm and the absence of any crime committed with it.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2013
>>
[2013] ZAFSHC 214
|

|

Moletsane v S (A264/2012) [2013] ZAFSHC 214 (12 September 2013)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Appélnommer
: A264/2012
In die
appél tussen:-
GODFREY
MOLETSANE
.................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
....................................................................
Respondent
CORAM:
RAMPAI,
WND RP
et
VAN
ZYL, R
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL, R
AANGEHOOR
OP:
24
JUNIE 2013
GELEWER
OP:
12
SEPTEMBER 2013
[1]
Appellant het tereggestaan op ‘n aanklag van die onwettige
besit van ‘n vuurwapen ter oortreding van Artikel 3,
saamgelees
met aanverwante artikels van die Wet op Beheer van Vuurwapens, Wet 60
van 2000 (die “Wet”).  Dit is
beweer dat hy op 20
Februarie 2011 te die taxi staanplek te Botshabelo in die onwettige
besit was van ‘n .22 rewolwer.
Appellant het onskuldig
gepleit, maar is op 16 Mei 2012 skuldig bevind soos aangekla.
Hy is daarop op gemelde datum gevonnis
tot sewe jaar gevangenisstraf.
[2]
Appellant het by die Hof
a
quo
aansoek gedoen om verlof om te appelleer teen die opgelegde vonnis,
welke aansoek van die hand gewys is.  Daarop het appellant
‘n
petisie tot hierdie Hof gerig ten einde verlof te verkry om teen die
opgelegde vonnis te appelleer, waarop sodanige verlof
toegestaan is
op 14 September 2012.
[3]
Uit die getuienis wat deur die Hof
a quo
aanvaar is, blyk dit
dat Sersant Rapiletsa, wie ten tyde van die voorval nog ‘n
konstabel was en gestasioneer is te Misdaad
Intelligensie, Selosesha,
op Sondag, 20 Februarie 2011, voortspruitend uit inligting verkry,
tesame met sy kollega vir appellant
genader het waar hy teen ‘n
paal geleun het te die Botshabelo taxi staanplek.  Nadat hy
homself aan appellant voorgestel
het en ook sy aanstellingskaart
getoon het, het hy appellant se toestemming gevra om hom te
visenteer.  Voortspruitend uit
hierdie visentering het hy aan
appellant se middellyf op sy regterkant onder sy klerasie ‘n
.22 rewolwer gevind wat by die
bokant van sy broek ingedruk was, met
sy hemp wat aan daardie kant bo-oor dit gehang het. Die hele wapen
was geroes en het geen
rondtes bevat nie. Appellant het daarop
aangedui dat hy ‘n verduideliking rondom die vuurwapen wou
gee.  Dié
verduideliking was tot dien effekte dat
appellant die vorige dag, dit wil sê die Saterdag, die
vuurwapen in `n swart vullissak
by ‘n vullisplek te Dan Pienaar
te Bloemfontein opgetel het en dat hy op daardie stadium wat die
polisiebeamptes by hom opgedaag
het, van plan was en oppad was om
polisiestasie toe te gaan om dit te gaan inhandig.  Sersant
Rapiletsa het daarop vir appellant
sy regte verduidelik, hom
arresteer en hom na Botshabelo polisiestasie geneem.  By die
polisiestasie het dit uit die nagaan
van die amptelike rekords geblyk
dat die vuurwapen se regmatige eienaar vanaf Lichtenburg afkomstig
was, maar dat die vuurwapen
op daardie stadium nie as vermis of
gesteel gerapporteer was nie.
Ten
tyde van kruisverhoor was dit deur appellant se regsverteenwoordiger
aan Sersant Rapiletsa gestel dat appellant die vuurwapen
in ‘n
vullisdrom naby die Botshabelo Stadion gevind het op dieselfde dag as
wat hy gearresteer was.  Hy was juis oppad
om die vuurwapen by
‘n polisiestasie te gaan inhandig op die stadium wat hy
gearresteer is.  Sersant Rapiletsa het hierop
reageer deur te
antwoord dat dit nie die verduideliking is wat appellant aan hom
voorafgaande sy arrestasie verskaf het nie.
[4]
Gedurende sy eie getuienis het appellant getuig dat hy op dieselfde
Sondag as wat hy gearresteer is, terwyl hy vanaf J-seksie
geloop het
waar hy sy meisie gaan besoek het, die vuurwapen opgetel het.
Sy weergawe hieromtrent, strydig met die stellings
wat deur sy
regsverteenwoordiger namens hom gemaak was, was dat daar ‘n
appeldoos in ‘n oop veld naby Botshabelo Stadion
gelê
het, na welke appeldoos hy geskop het so in die loop.  Hy het
gevind dat die appeldoos effens swaar was en toe
hy dit oopmaak, het
hy die tersaaklike vuurwapen daarin gevind. Op die stadium wat hy
gearresteer is, was hy oppad polisiestasie
toe om die vuurwapen te
gaan inhandig.  Appellant het ook sy broer, Itumeleng George
Moletsane, as getuie geroep.  Volgens
hom het appellant hom die
tersaaklike Sondagmiddag geskakel en hom meegedeel dat hy ‘n
vuurwapen naby die stadion opgetel
het, waarop hy appellant
geadviseer het om dit onmiddellik na die polisiestasie te neem.
Gedurende die aand van dieselfde
dag het appellant hom weer geskakel
om hom mee te deel dat hy gearresteer is.
[5]
Daar was ‘n verskeidenheid weersprekings tussen die stellings
wat appellant se regsverteenwoordiger aan die staatsgetuie
gemaak het
gedurende kruisondervraging en dit wat appellant gedurende sy
getuienis in hoof en in sy kruisondervraging getuig het.
Daar
was ook aspekte in appellant se getuienis wat verskil het van die
weergawe van die staatsgetuie, sonder dat die staatsgetuie

hieromtrent gekonfronteer was by wyse van stellings gedurende sy
kruisverhoor.  Gegewe dat die onderhawige appèl nie
teen
die skuldigbevinding gerig is nie, is ek nie voornemens om in detail
met hierdie verskille te handel nie.  Ek volstaan
daarmee dat ek
van mening is dat die Hof
a
quo
tereg appellant se weergawe verwerp het as synde nie redelik moontlik
waar insoverre dit met die weergawe van die Staat verskil
het nie.
[6]
Die Staat het ‘n beëdigde verklaring in terme van Artikel
212 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, as bewysstuk
“A”
ingehandig, welke verslag opgestel is deur Adjudant-Offisier Martha
Febe Molope, ‘n forensiese analis in
diens van die
Suid-Afrikaanse Polisie Diens.  Met verwysing na die .22
rewolwer in hierdie appèl ter sprake, is daar
onder andere as
volg in die verslag vermeld:

5.
I
examined and tested the revolver mentioned in 3.1 and found:
5.1 The firing pin of the revolver
mentioned in 3.1 is missing and because of this it was not able to
discharge ammunition.
6.
I examined the mechanism of the
revolver mentioned in 3.1 and found:
6.1 The device was manufactured or
designed to discharge rim-fire ammunition”.
[7]
Hoewel
die
rewolwer nie in ‘n werkende toestand was nie omdat die slagpen
verwyder is, is dit steeds ontwerp om randvuur ammunisie
af te vuur
en voldoen dit dus aan die definisie van “vuurwapen”
soos verwoord in Artikel 1 van die Wet.
[8]
Met bogemelde feite en gevolgtrekkings inaggenome, is ek dit eens dat
die Hof
a
quo
appellant tereg skuldig bevind het op die ten laste gelegde aanklag.
[9]
Wat die opgelegde vonnis betref, blyk dit uit Artikel 121 gelees met
Bylae 4 van die Wet dat ‘n maksimum vonnis van vyftien
jaar
gevangenisstraf opgelê kan word in die geval van ‘n
skuldigbevinding aan die oortreding van Artikel 3 van die
Wet.
Hieruit blyk dit dus, soos tereg deur die Hof
a
quo
in sy vonnis uitspraak vermeld, dat die Wetgewer die onwettige besit
van vuurwapens in ‘n baie ernstige lig beskou.
Soos egter
ook deur die Hof
a
quo
opgemerk, moet elke saak egter steeds op eie meriete hanteer word.
Na my mening beteken dit ‘n objektiewe balans tussen
die
elemente van strafoplegging, synde die persoonlike omstandighede van
die beskuldigde, die aard en erns van die misdryf en die
belange van
die gemeenskap.
[10]
Wat appellant se persoonlike omstandighede betref, is hy 34 jaar oud,
ongetroud en het hy ‘n kind van 7 jaar oud wat
hy onderhou.
Appellant is saam met sy kind en sy ouma woonagtig, laasgenoemde wie
pensioen ontvang.  Die moeder van
die kind is werkloos en word
geen maatskaplike toelaag ten opsigte van die kind ontvang nie.
Appellant het Graad 9 op skool
geslaag.  Hy was voorheen in
Gauteng by Cresta Winkelsentrum werksaam vir ongeveer sewe jaar.
Die afgelope vier maande
voorafgaande sy arrestasie was appellant by
‘n tuindienste-onderneming in Bloemfontein werksaam en het hy
R1 500.00
per maand verdien.
Appellant
is nie ‘n eerste oortreder nie.  Hy is op 27 September
2001 skuldig bevind aan aanranding met die opset om
te ernstig te
beseer en gevonnis tot twaalf maande gevangenisstraf waarvan ses
maande gevangenisstraf voorwaardelik vir drie jaar
opgeskort is.
Op 6 Desember 2005 is hy skuldig bevind aan twee aanklagte van
diefstal en twee aanklagte van die besit van
vermoedelik gesteelde
eiendom, welke oortredings almal op 13 September 2005 gepleeg was en
saamgeneem was vir doeleindes van vonnis,
waarop appellant gevonnis
was tot drie jaar gevangenisstraf waarvan een jaar gevangenisstraf
voorwaardelik opgeskort is vir vyf
jaar.  Appellant is op 5
Desember 2006 op parooltoesig vrygelaat, laasgenoemde toesig welke
gestrek het tot 5 Desember 2007.
[11]
Wat die aard en erns van die misdryf betref, is dit `n ernstige
misdryf is nie en het ek reeds verwys na die duidelik ernstige
lig
waarin die Wetgewer hierdie misdryf beskou. Ek aanvaar ook dat, soos
deur die Hof
a
quo
uitgewys,
daar `n baie hoë voorkoms van hierdie misdryf in die Hof
a
quo
se
jurisdiksie gebied is. Die gemeenskap het uiteraard ook `n wesenlike
belang daarin dat persone wat hul skuldig maak aan hierdie
misdryf,
gepas gestraf moet word.
[12]
Die noodsaaklikheid dat vonnis geïndividualiseer moet word aan
die hand van die bepaalde omstandighede van elke saak kan
egter nie
uit die oog verloor word bloot vanweë die erns van die misdryf
en die veelvuldige voorkoms daarvan nie. Die Hof
a quo
het aan
die einde van sy uitspraak ten opsigte van vonnis tot die volgende
gevolgtrekking gekom:

Die
regspraak wat handel oor die vonnisse weens die onwettige besit van
vuurwapens is legio. Ek is van oordeel dat die vonnisse
wat in die
verlede opgelê is, nie langer as riglyn kan dien nie en dat
daar noodwendig verskerpte vonnisse opgelê
moet word.”
Ek
aanvaar dat daar in sekere gevalle bepaalde omstandighede tersaaklik
by vonnis oplegging kan bestaan wat in daardie spesifiek
geval `n
verskerpte vonnis soos die onderhawige vonnis kan regverdig en
inderdaad noodsaak. Ek egter dis nie korrek om in die afwesigheid
van
sodanige spesifieke omstandighede bloot `n algemene benadering dat `n
verskerpte vonnis gepas is, te volg nie. Sodanige benadering
versuim
om die beginsel dat elke saak op sy eie meriete beoordeel moet word,
na te kom.
[13]
Die Hof
a
quo
het
verwys na die feit dat baie misdade gepleeg word met onwettige
vuurwapens, ook onwettige vuurwapens wat nie in `n werkende toestand

is nie, soos die vuurwapen in hierdie appél ter sprake. Die
Verhoorlanddros het die volgende opgemerk in sy uitspraak op
vonnis:

Ek
kan my ook nie vereenselwig met die siening van sekere
vonnisopleggers wat sê ja, maar alhoewel die persoon die wapen

onregmatig besit het, het hy nog nie `n misdaad daarmee gepleeg nie.
Moet daar nou eers gewag word totdat `n persoon `n misdaad
met
hierdie vuurwapen pleeg om dan teen hom op te tree. Sou `n persoon
wat `n vuurwapen onregmatig besit `n misdaad daarmee pleeg
....dan
word daar in elk geval so `n afgewaterde vonnis opgelê deurdat
daar gewoonlik gelas word in byna al die gevalle
dat die vonnis wat
opgelê word weens die onwettige besit van `n vuurwapen,
moet saam loop met die vonnis wat op die
moord byvoorbeeld opgelê
word.”
[14]
Dis egter `n objektiewe feit dat appellant nie ook tereggestaan het
op `n misdryf wat hy met die onwettige vuurwapen gepleeg
het nie.
Appellant kan nie gevonnis word asof hy wel sodanige misdryf gepleeg
het of sou gepleeg het nie. Soos tereg deur Mnr Makhene,
namens
appellant betoog, moet dit verder ook in ag geneem word dat die hele
vuurwapen geroes was, geen rondtes bevat het nie en
vanweë die
afwesigheid van `n slagpen, nie in `n werkende toestand was nie. Die
omringende omstandighede tot die onwettige
besit van die tersaaklike
vuurwapen in hierdie bepaalde geval is dus na my mening juis
versagtend ten gunste van appellant onderskeibaar
van sodanige besit
in die geval van baie ander sake wat teen die agtergrond van baie
ernstiger omstandighede plaasvind. Onder hierdie
omstandighede kan
appellant tog sekerlik nie gevonnis word asof hy `n moord of ander
misdryf met die vuurwapen gepleeg het of sou
gepleeg het nie.
[15]
Met ‘n gebalanseerde inagneming van die al die relevante
faktore by die oorweging van `n gepaste vonnis, is ek gevolglik
van
oordeel dat die opgelegde vonnis in die omstandighede van hierdie
saak skokkend swaar en onvanpas is wat inmenging op appél

regverdig en noodsaak.
[16]
Derhalwe word die volgende bevele gemaak:
1.
Appellant
se appél teen die opgelegde vonnis slaag, die opgelegde vonnis
word tersyde gestel en vervang met een van agtien
(18) maande
gevangenisstraf.
2.
Voormelde
vonnis moet geag word opgelê te gewees het op 16 Mei 2012.
______________
C.
VAN ZYL, R
Ek
stem saam:
____________________
M.H.
RAMPAI, WND RP
Namens
die Appellant: Adv. J.S. Makhene
In
opdrag van:
Regssentrum
BLOEMFONTEIN
Namens
die Respondent: Adv. S. Chalale
In
opdrag van:
Kantoor:
Direkteur van
Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN