About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2013
>>
[2013] ZAFSHC 139
|
|
Ruwacon (Edms) Bpk v Radebe NO and Anders (1257/2013) [2013] ZAFSHC 139 (15 August 2013)
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saaknr. : 1257/2013
In
die saak tussen:-
RUWACON
(EDMS) BPK
Applikant
en
PUMLA FUNDISWA RADEBE N.O.
Eerste
Respondent
DR MVUYO ERNEST TOM N.O.
Tweede Respondent
ZANDILE
QUEENETTE LAVINIA
Derde Respondent
MDHLADHLA N.O.
NANDISILE
FLAVOUR THOKO
Vierde Respondent
MPHUMLWANA N.O.
FIROZ YUSUF PATEL N.O.
Vyfde Respondent
GAIL JEAN DOWNING N.O.
Sesde Respondent
KHWEZI VINCENT TIYA N.O.
Sewende
Respondent
THEMBEKA
NOSIPHO THOZAMA
Agtste Respondent
VAN WYK N.O.
MATJATJI DIKELEDI MOTSISI N.O.
Negende
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
8 AUGUSTUS 2013
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
DE WET, WnR
_____________________________________________________
GELEWER OP:
15 AUGUSTUS 2013
_____________________________________________________
[1] Applikant doen aansoek vir vonnis soos uiteengesit
in die Kennisgewing van Mosie gebaseer op sekere interim sertifikate
uitgereik
in terme van ‘n bouooreenkoms (hierna “die
JBCC” genoem).
[2] Uit die funderende stukke blyk die volgende:
2.1. Applikant het sekere konstruksiewerk vir respondent
onderneem nadat ‘n tender aan applikant toegeken is.
2.2. Die regsverhouding tussen applikant en respondent
word beheers deur ‘n skriftelike ooreenkoms die JBCC waarvan
gedeeltes
by die funderende stukke aangeheg is.
2.3. Interim betaalsertifikate is in terme van die JBCC
uitgereik aan applikant, aangeheg by die funderende stukke as
aanhangsels
“H”, “I” en “J” en is
dit gemeensaak tussen die partye dat die betaalsertifikate die bedrag
geëis deur applikant verteenwoordig en dat betaling in terme van
die sertifikate nie gedoen is deur die respondent nie.
[3] Respondent se opponerende eedsverklaring opper ‘n
aantal verwere en is ek van voorneme om met sekeres daarvan soos volg
te handel.
3.1
Jurisdiksie
:
Die enigste grond waarop applikant steun vir die
bewering dat die Vrystaatse Hoë Hof jurisdiksie het om die
aansoek te hanteer,
is gebaseer is op die applikant se bewering in
die funderende stukke dat “die partye ooreengekom het dat
betaling van alle
verskuldigde bedrae sal plaasvind na die applikant
se bankrekening gehou te Absa Bank Brandwag Bloemfontein en dat dit
so plaasgevind
het (met ander woorde dat uitvoering deur respondent
en applikant aan die ooreenkoms voormeld gegee is)”.
3.2. In die repliserende stukke verander die applikant
die klem deur te pleit dat daar geen sodanige uitdruklike ooreenkoms
was
nie, maar dat die ooreenkoms minstens ‘n implisiete of
stilswyende term bevat het dat betalings in die applikant se
bankrekening
gemaak sou word.
3.3. Applikant voer aan dat ‘n aanhangsel tot die
tenderdokument deur applikant voltooi is met applikant se
bankbesonderhede
daarin vervat en heg applikant die dokument aan as
aanhangsel “G” tot sy funderende stukke.
3.4. Uit die betaalsertifikate blyk dit dat daar reeds
twaalf vorige interim betalings aan applikant in voormelde rekening
gedoen
is.
3.5. Dit is duidelik as die plek van betaling uitdruklik
(of by implikasie of stilswyend) binne die jurisdiksiegebied van die
Vrystaatse
Hoë Hof is, die Hof jurisdiksie in die aangeleentheid
sal hê.
Sien:
Coloured Development Corporation Ltd v
Sahabodien
1981 (1) SA 868
(CPD) waarvan, so ver ek kon
vasstel, nooit afgewyk is nie.
3.6. Die respondent wys daarop dat die tenderdokumente
nie deel van die ooreenkoms is nie en wys op die definisies in die
JBCC en
ook dat aanhangsel “G” nie binne daardie
definisies val nie.
3.7. Verder is dit ‘n gegewe dat die JBCC nie die
plek van betaling stipuleer nie.
3.8. In beide klousule 1.8 en 42.1 van die JBCC word ‘n
sogenaamde “shrifren” klousule gevind wat soos volg lees:
“
This agreement is the entire contract
between the parties regarding the matters addressed in this
agreement...”
Sien:
SA Sentrale Ko-op Graanmaatskappy Bpk v
Shifren en Andere
1964 (4) SA 760
(A).
3.9. Ek wys daarop dat nie een van die partye dit
goedgevind het om ‘n volledige en leesbare ooreenkoms met alle
skedules
by hulle stukke aan te heg nie. Die respondent het wel die
grootste gedeelte van die JBCC aangeheg, maar is die ooreenkoms
ongelukkig
nie net onvolledig nie, maar ook grootliks onleesbaar.
3.10. Nie die applikant of die respondent se advokate
het tydens betoog na die “shrifren” klousules verwys nie.
Dit
kom egter vir my voor asof die “shrifren” klousules
alleen handel met aangeleenthede aangespreek in die JBCC. Aangesien
die plek van betaling deur respondent nie aangespreek is nie, is daar
seker geen rede waarom die partye nie buite om die JBCC daaroor
kon
ooreenkom nie. Ek hou in gedagte dat die klousule beperkend uitgelê
moet word.
Sien:
Randcoal Services Ltd and Others v Randgold
and Exploration Co Ltd
[1998] ZASCA 45
;
1998 (4) SA 825
(SCA) te 841.
3.11. Duidelik het beide partye verstaan en berus by die
reëling dat betaling te Absa Bank, Brandwag, Bloemfontein sou
geskied
en het respondent dit uitgevoer en minstens twaalf betalings
aldaar gedoen.
3.12. Ek is gevolglik tevrede om te bevind dat die
Vrystaatse Hoë Hof wel jurisdiksie in die aangeleentheid het en
word die
punt
in limine
derhalwe afgewys.
[4] Die respondent neem ook ‘n punt naamlik dat
die betaalsertifikate (interim) “H”, “I” en
“J”
hierbo na verwys, nie voldoen aan die
kontrakbepalings van die JBCC nie en wel aangesien dit nie, soos
voorgeskryf in die JBCC,
“sertifiseer” dat betaling aan
applikant verskuldig is nie, maar slegs aanbeveel (“recommends”)
dat die
bedrae opeisbaar en betaalbaar is.
[5] Aangesien die sertifikate nie sertifiseer nie, maar
slegs aanbeveel, is hulle blykens die betoog van die respondent, nie
geldige
interim betaalsertifikate nie en kan die applikant nie vir
interim betalings en/of vir die regshulp waarop hy die Hof nader
daarop
steun nie.
[6] Aanhangsels “H”, “I” en “J”
dui duidelik aan in die opskrif daarvan dat hulle:
6.1 “payment certificates” is;
6.2. uitgereik word in terme van klousule 31 van die
“Principal Building Agreement” (“JBCC”);
6.3. dat interim sertifikaat “H” sertifikaat
nr 13 is; dat interim sertifikaat “I” sertifikaat nr 14
is
en dat interim sertifikaat “J” interim sertifikaat nr
15 is;
6.4. Verder blyk dit dat alle sertifikate voorheen
uitgereik, naamlik vanaf 1 – 12 deur respondent betaal is en ek
het geen
rede om te glo dat hulle anders sou lees nie. Met ander
woorde hulle het waarskynlik ook betaling aanbeveel in stede van
gesertifiseer.
6.5. Dit kom vir my voor asof daar niks om die punt van
respondent draai nie. Die punt is in die woorde van McEwan; R in
Smith v Mouton
1977 (3) SA 9
(W) “a highly
technical point” en wil dit voorkom asof die partye deur hulle
gedrag stilswyend die metode van sertifisering
aanvaar het en daarby
berus het.
Sien:
Mouton v Smith
1977 (3) SA 1
(AD) te
7H – 8A. Ek is derhalwe oortuig dat die sertifikate geldig is
en behoorlike interim betaalsertifikate daarstel.
[7] Respondent voer aan dat daar verskeie dispute tussen
die partye bestaan wat vir arbitrasie in terme van die ooreenkoms
verwys
moet word en verwys in die verband na klousule 40 van die
JBCC.
[8] Dispute word uiteengesit in die opponerende stukke
en toon die applikant in repliek aan dat daar geen dispute ooit deur
die
respondent geopper is nie, maar dat respondent deurgaans nie
betaling gemaak het nie, as gevolg van ‘n geldnood alleen.
Wanneer
die skrywes aangeheg by die repliserende verklaring as “JR1”
tot “5” gelees word, is hulle vir geen ander
konstruksie
vatbaar nie.
[9] Wanneer ek na die feite dispute geopper deur die
respondent kyk, hou ek die bekende beslissing van
Plascon-Evans
Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(AD) te 634 – 635 in gedagte.
[10] Ek hou veral in gedagte die opmerkings van die
Edele Corbett; JA te p 635 en ek haal aan:
“
...
and the Court
is satisfied as to the inherent credibility of the applicant's
factual averment, it may proceed on the basis
of the correctness
thereof and include this fact among those upon which it determines
whether the applicant is entitled to the
final relief which he seeks.
Moreover, there may
be exceptions to this general rule, as, for example, where the
allegations or denials of the respondent are
so far-fetched or
clearly untenable that the Court is justified in rejecting them
merely on the papers.”
[11] Die feite geskil rondom die vraag of die applikant
inderdaad die ooreenkoms gekanselleer het, alternatiewelik behoorlik
gekanselleer
het in terme van die bepalings van die kontrak, is een
van die sogenaamde feite geskille wat ek oorweeg het by die verlening
van
die regshulp waartoe ek besluit het. Ek het as uitgangspunt
aanvaar dat die vereistes gestel in ‘n kansellasie klousule
streng
nagekom moet word.
Sien byvoorbeeld
Kragga
Kamma Estates CC and Another v Flanagan
[1994] ZASCA 137
;
1995 (2) SA 367
(AD) te
375C – F.
[12] Die appèlafdeling het
in die saak van
Thomas
Construction (Pty) Ltd (In Liquidation) v Grafton Furniture
Manufacturers (Pty) Ltd
1988 (2)
SA 546
(AD) te kenne gegee dat wanneer die bouheer ‘n
ooreenkoms kanselleer as gevolg van die kontrakbreuk van die
boukontrakteur,
die interim betaalsertifikate nie die kansellasie
oorleef nie en gevolglik ook verval.
[13] In betoog
het die advokaat vir die applikant my egter verwys na die beslissing
van
Shelagatha
Property Investments CC v Kellywood Homes (Pty) Ltd;
Shelfaerie
Property Holdings CC v Midrand Shopping Centre (Pty) Ltd
1995 (3) SA 187
(AD)
te
195B – E waar die geleerde regters tot die slotsom gekom het
dat indien die boukontrakteur kanselleer as gevolg van die
kontrakbreuk van die bouheer (soos in die onderhawige geval) die
interim sertifikate steeds onafhanklike skuldoorsake bly en afgedwing
kan word.
[14] In die onderhawige geval maak dit derhalwe eintlik
nie saak of die boukontrak (JBCC) behoorlik gekanselleer is deur die
applikant
aldan nie. Indien die boukontrak nie gekanselleer is nie,
volg dit bloot dat die applikant steeds kan steun op die
betaalsertifikate
vir sy eis soos wat hy tans doen. Hierdie is ook
nie ‘n geval waar die respondent aanvoer in die opponerende
stukke dat die
gepoogde kansellasie ‘n repudiasie van die
ooreenkoms daarstel welke repudiasie deur die respondent aanvaar is
met die gevolg
dat die ooreenkoms gekanselleer is weens die
kontrakbreuk van die applikant nie. Hierdie bewerings kort in die
respondent se stukke
en moet ek aanvaar dat die ooreenkoms of deur
die applikant as boukontrakteur gekanselleer is, alternatiewelik dat
die kontrak
nie gekanselleer is nie, maar het dit geen effek op die
regsgeldigheid en die afdwinging van die interim sertifikate nie.
[15] Geen van die ander feite dispute het myns insien
veel om die lyf nie. Die advokaat vir die respondent het in ‘n
volledige
betoog gepoog om my te oortuig dat daar ‘n dispuut
bestaan met betrekking tot die verskuldigheid in terme van die
interim
sertifikate en wel omdat soos hy uitgewys het, die
kontraksprys voor voorsien in die JBCC in verre oorskry is. Hy het
daarop gewys
dat die JBCC klousules bevat wat daarop neerkom dat
indien die werk wat die boukontrakteur (applikant) moet uitvoer,
uitgebrei
word, sodanige opdrag skriftelik deur die argitek verskaf
moet word en omdat daar geen sodanige bewering in die stukke vervat
is
nie, ek moet aanvaar dat sodanige skriftelike opdrag nie deur die
argitek gegee is nie en derhalwe nie opeisbaar en betaalbaar geraak
het nie.
[16] Die betoog sou veel meriete gehad het as dit nie
was vir die feit dat die betaalsertifikate gedateer is 8 Mei 2012, 8
Junie
2012 en 10 Julie 2012 en die respondent in die skrywes hierbo
na verwys, aangeheg as “JR1” tot “JR4”
gedurende
en vanaf 15 November 2012 tot en met Maart 2013 konsekwent
erken dat gelde aan applikant verskuldig is nie. So byvoorbeeld skryf
die tussentydse hoof “operating officer” op 12 Maart 2013
aan die besturende direkteur van die applikant
“
We confirm that we have received an
indication from the Mpumulanga Treasury Department that they intent
concluding the matter of
the VO approval and availing funding thereof
within this financial year it is 31
st
March 2013. In view of this, we envisage that the amount owed to
Ruwacon should, all going well, be paid early in April 2013. We
acknowledge that similar commitments have been made before and trust
that the Department will meet its commitments this time.”
[17] Ek is tydens die betoog deur die advokate versoek
om die Kennisgewing van Mosie te wysig deur, onder andere, die bedrag
verskuldig
aan die applikant en wat die applikant eis, te verminder
na R7 858 918.32 en het ek bede 1 dienooreenkomstig gewysig.
[18] Ek is ook versoek om in smeekbede 2.1 die bede te
wysig om soos volg te lees:
“
op die bedrag van R4 345,735.84 vanaf 18
Mei 2012 teen 14,4% tot 11 Julie 2013;”
[19] Ek is ook versoek om smeekbede 2.3 te wysig om te
lees:
“
op die bedrag van R2 515,502.92 vanaf
18 Junie 2012 teen 14,4% tot 13 Julie 2013.”
[20] Aangesien daar geen beswaar teen die voorgenome
wysigings was nie, is hulle toegestaan en blyk dit daaruit dat slegs
die bedrag
geëis in smeekbede 2.2 van R7 858 918.32
inderwaarheid nog aan die applikant verskuldig is. Die enigste
gevolgtrekking waartoe
ek kan kom, is dat die betalings geëis in
bede 2.1 en 2.3 respektiewelik op 11 Julie 2013 en 13 Julie 2013 deur
die respondent
aan die applikant betaal is.
[21] Na oorweging van die stukke, die volledige regs
betoë van beide die applikant en respondent se advokate is ek
tevrede
om die volgende bevele te maak:
1. Die respondent word gelas om die bedrag van R7 858
918.32 aan die applikant te betaal.
2. Respondent word gelas om rente as volg te betaal:
2.1. Op die bedrag van R4 345 735.84 vanaf 18 Mei 2012
teen 14,4% tot 11 Julie 2013;
2.2. Op die bedrag van R7 858 918.32 vanaf 20 Junie 2012
teen 14,4% tot datum van finale betaling;
2.3. Op die bedrag van R2515502.92 vanaf 18 Julie 2012
teen 14,4% tot 13 Julie 2013.
3. Respondent word gelas om die applikant se koste te
betaal.
_____________
P.J.T. DE WET
Namens die applikant: Adv M H Wessels SC
In opdrag van:
Rossouws Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die respondente: Adv D B du Preez SC
In opdrag van:
Kramer Weihmann & Joubert Ing
BLOEMFONTEIN
/spieterse