About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2006
>>
[2006] ZASCA 163
|
|
S v De Jager (53/06) [2006] ZASCA 163 (26 September 2006)
DIE
HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN
SUID-AFRIKA
Nie rapporteerbaar
SAAK NR
: 53/06
In die saak tussen:
DE JAGER, ANTHONY
MORNÉ
Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
__________________________________________________________________________
Coram: STREICHER AR, THERON &
CACHALIA Wnd ARR
Verhoor: 20 SEPTEMBER 2006
Gelewer:
26 SEPTEMBER
2006
Opsomming: Poging tot
verkragting – geen rede gevind om met verhoorhof se
feitebevindings in te meng nie.
Neutral citation: This
judgment may be referred to as De Jager, A M v The State [2006] SCA
114 (RSA)
__________________________________________________________________________
U
I T S P R A A K
__________________________________________________________________________
STREICHER JA
STREICHER JA:
[1] Die appellant is
in die streekhof vir die distrik van Mpumalanga skuldigbevind aan
poging tot verkragting op twee aanklagte en
is ten opsigte van elke
aanklag gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf. Inaggenome die
kumulatiewe effek van die vonnisse het die
streekhof gelas dat ses
jaar van die vonnis ten opsigte van die een aanklag moes saamloop met
die vonnis ten opsigte van die ander
aanklag. Effektiewelik is die
appellant dus gevonnis tot tien jaar gevangenisstraf. `n Appèl
deur die appellant na die Transvaalse
Provinsiale Afdeling teen die
skuldigbevindings sowel as die vonnisse was onsuksesvol maar daardie
hof het aan die appellant verlof
toegestaan om na hierdie hof teen sy
skuldigbevinding te appelleer.
[2] Die appellant is
met die klaagster se moeder getroud toe die klaagster drie jaar oud
was. Op die stadium wat die klaagster getuig
het, naamlik November
2001, was sy nege jaar oud. Op die stadium wat die pogings tot
verkragting sou plaasgevind het was sy onderskeidelik
sewe en agt
jaar oud.
[3] Die klaagster
het getuig dat die appellant aan haar en haar vriendin videos van
kaal lesbiese vrouens, speelkaarte waarop kaalvrouens
uitgebeeld word
en `n boek met pornografiese materiaal gewys het. Hy het aan haar en
haar vriendin gesê dat hy van lesbiese
vrouens hou. Hy het ook
aan haar seksvoorligting gegee deurdat hy aan haar verduidelik het:
‘Die man plant `n saadjie by die
vrou, dan groei die babatjie
daar, dan kom hy uit by `n vrou se verkeerde plek.’ By
geleentheid, gedurende die periode 2000
tot 2001, het die appellant,
aldus die klaagster, in die teenwoordigheid van haar vriendin haar
broek afgetrek en probeer om sy geslagsdeel
in hare in te druk. Sy
het vertel hoe hy saad (wat sy sap genoem het) gestort het en hoe hy
dit na die tyd in die badkamer gaan afvee
het. By `n ander
geleentheid, toe haar boetie vir `n blindederm operasie in die
hospitaal was, het die appellant volgens die klaagster
weer gepoog om
dieselfde met haar te doen. By hierdie geleentheid het hy, so het sy
getuig, baba-olie aan sy en haar geslagsdele
gesmeer en gesê
dat hy `n babatjie wou maak.
[4] Die appellant
het in sy getuienis erken
dat hy in besit van
`n pornografiese video was en dat die klaagster dit by geleentheid
gesien het toe hy daarna gekyk het maar het
ontken dat hy dit aan
haar ‘as persoon’ gewys het,
dat hy terwyl hy na
die video gekyk het op die bed gelê en met homself gespeel het
en nie opgemerk het toe die klaagster en
haar vriendin die kamer
binnegekom het nie maar dat hy die video afgesit het toe hy van
hulle teenwoordigheid bewus geword het,
dat hy in besit was
van speelkaarte waarop kaal vrouens uitgebeeld word en dat die
klaagster en haar vriendin in die kamer was toe
hy dit by
geleentheid oopgemaak het, maar het ontken dat hy die kaarte aan
hulle ‘as persoon gewys’ het,
dat hy in besit was
van `n pornografiese tydskrif wat sy vrou volgens hom onder die
matras gesit het,
dat hy baie keer
aan die klaagster se ma gesê het dat hy van lesbiese vrouens
hou en dat die klaagster moontlik teenwoordig
kon wees wanneer hy
dit gesê het,
dat hy aan die
klaagster en haar vriendin, sonder die toestemming van die vriendin
se ouers, detail seksvoorligting gegee het,
dat dit sy gebruik
was om kaal in die huis rond te loop.
Hy het egter ontken
dat hy ooit gepoog het om gemeenskap met die klaagster te hê.
[5] Die appellant se
skoonma, Mev Opperman, het getuig dat kort voordat die appellant en
sy familie na Kaapstad sou trek, die klaagster
aan haar vertel het
dat die appellant haar broek afgetrek het en op haar gelê het.
Na middagete op `n Sondag, die dag voordat
die appellant met sy
familie na Kaapstad sou trek, het sy haar dogter, die appellant se
eggenote, gevra of sy bewus was daarvan
dat die appellant met die
klaagster lol. Dit is gemenesaak dat die appellant se eggenote daarna
die appellant in hulle slaapkamer
te lyf gegaan het deur hom te skop
en te slaan. Na die aanval op die appellant het Mev Opperman hom
gevra: ‘Anthony wat het
jy gemaak dis `n kind’ waarop hy
volgens haar erken het dat dit gebeur het, die tasse gevat het en
geloop het. Die appellant
se regsverteenwoordiger het Mev Opperman
onder kruisverhoor gevra of sy seker kon wees dat die appellant
geweet het waarvan sy praat
en of daar nie `n moontlikheid was dat hy
haar verkeerd verstaan het nie waarop sy geantwoord het dat daar nie
so`n moontlikheid
was nie. Dit is egter nooit aan haar gestel dat die
appellant of sy eggenote sou getuig dat hy nie geweet het waarvan sy
praat nie
of dat hy sou ontken dat hy die erkenning gemaak het.
[6] Nieteenstaande
die feit dat dit nooit aan Mev Opperman gestel is dat die appellant
en sy eggenote sou getuig dat hy geen erkenning
gemaak het ten
opsigte van die gebeure waarvan die klaagster gepraat het nie, het
die appellant getuig dat hy ontken het dat dit
gebeur het. Volgens
hom het hy hom wel voorheen teenoor die klaagster skuldig gemaak aan
onbehoorlike gedrag toe hy haar op driejarige
ouderdom op haar
geslagsdeel gesoen het maar het hy ten opsigte van daardie insident
skuldig gepleit en ‘genade ontvang’.
Die appellant se
eggenote het sy getuienis dat hy ontken het dat hy met die klaagster
gelol het, beaam.
[7] Die klaagster se
vriendin het getuig dat sy by geleentheid teenwoordig was toe die
appellant die klaagster se klere uitgetrek
het, sy broek afgetrek het
en op die klaagster gaan lê het. Sy het ook getuig dat sy op
hierdie geleentheid iets gesien het
wat volgens haar beskrywing
manlike saad was.
[8] Die verhoorhof
het bevind dat die klaagster `n uitstekende getuie was en dat haar
ontwikkelingsvlak nie van so’n aard
is dat sy die vermoë
sou gehad het om haar getuienis ten aansien van die ter sake
insidente uit te dink nie. Alhoewel haar vriendin
nie dieselfde
indruk op die verhoorhof gemaak het nie het die hof bevind dat haar
getuienis stawing aan die klaagster se getuienis
verleen.
[9] Die verhoorhof
het ook die getuienis van die klaagster se tante van wat die
klaagster aan haar rapporteer het toegelaat op die
basis dat dit, as
synde die eerste rapport deur die klaagster van die voorvalle,
toelaatbaar was. Die respondent het tereg betoog
dat die verhoorhof
in die verband fouteer het. Dit was inderdaad nie die klaagster se
eerste rapport van die voorvalle nie en kon
gevolglik nie op daardie
basis toegelaat word nie. Hierdie bevinding van die verhoorhof doen
egter geen afbreuk aan die verhoorhof
se skuldigbevinding van die
appellant nie.
[10] Die appellant
voer verder aan dat weersprekings in die getuienis van die klaagster
en haar vriendin asook verskille tussen die
klaagster se getuienis en
die van Mev Opperman ten aansien van presies wat die klaagster aan
Mev Opperman rapporteer het, twyfel
werp op die klaagster se
getuienis. Weersprekings en verskille in die getuienis kan egter
onder die omstandighede verwag word. Dit
sou eienaardig gewees het
indien die klaagster, `n nege jarige meisie, se weergawe van wat sy
aan haar ouma vertel het en die van
haar ouma woordeliks sou
ooreenstem. In breë trekke het dit wel ooreengestem. Dit is ook
te verwagte dat die klaagster se vriendin
traag sou wees om haarself
by die gebeure waarvan die klaagster getuig het, te betrek. Na my
mening is die weersprekings en verskille
wat daar wel is nie van so’n
aard dat dit twyfel wek oor die geloofwaardigheid van die klaagster
nie.
[11] Ek stem saam
met die bevinding van die verhoorhof en die hof a quo dat dit hoog
onwaarskynlik is dat die twee negejarige meisies
die gebeure waarvan
hulle getuig het sou kon versin. Ek kan ook nie enige rede vind om
die korrektheid van die verhoorlanddros se
oordeel dat die klaagster
`n uitstekende getuie was te bevraagteken nie. Soos blyk uit die
voorgaande word haar getuienis in verskeie
opsigte gestaaf, ook deur
die appellant self. Stawing vir haar getuienis word onder andere ook
verleen deur die feit dat dit nooit
aan Mev Opperman gestel is dat
die appellant en sy eggenote sou ontken dat hy erken het dat hy met
die klaagster gelol het nie. Dit
is hoogs onwaarskynlik, inderdaad
haas ondenkbaar, dat dit nie gestel sou gewees het indien die
appellant dit inderdaad ontken het
nie.
[12] Die verhoorhof
en die hof a quo het vir hierdie redes tereg tot die gevolgtrekking
gekom dat bo redelike twyfel bewys is dat
die appellant op die twee
genoemde geleenthede homself skuldig gemaak het aan poging tot
verkragting.
[13] Die appèl
word gevolglik van die hand gewys.
_________________
STREICHER AR
STEM SAAM
THERON Wnd AR)
CACHALIA
Wnd AR)