About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2013
>>
[2013] ZAFSHC 117
|
|
S v Zwane (47/2013) [2013] ZAFSHC 117; 2014 (1) SACR 285 (FB) (27 June 2013)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Hersieningnommer: 47/2013
In
die hersiening tussen:-
DIE
STAAT
en
LINDA BRIAN ZWANE
_____________________________________________________
CORAM:
KRUGER, R
et
JORDAAN, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
KRUGER, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
27 JUNIE 2013
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
hersieningsuitspraak. Beskuldigde is in die distrikshof te Lindley op
sy skuldigpleit skuldig bevind aan
besit van 380 kg dagga en gevonnis
tot 5 jaar gevangenisstraf. Die beskuldigde is ‘n 45 jarige man
wat mense genees met dagga
waaruit hy R500 – R700 per maand
verdien afhangende van die besigheid. Ek het die landdros gevra of
die vonnis nie te swaar
vir ‘n eerste oortreder vir besit van
dagga is nie, aangesien eerste oortreders gewoonlik nie direkte
gevangenisstraf vir
besit van dagga gegee word nie, met verwysing na
S v Mbatha
2000 (2) SASV 409 (W).
[2] In sy antwoord wys
die landdros daarop dat die gewig in
S v Mbatha
100 kg
was, nie 380 kg soos in die onderhawige geval nie. Hy sê dit
plaas die saak in ‘n ander kategorie. Die landdros
wys ook
daarop dat handeldryf en besit van dagga veelvuldig in sy distrik,
wat naby Lesotho is, voorkom. Daar is groot hoeveelhede
dagga wat uit
Lesotho na die Republiek op pad is.
[3] Die insette van die
Direkteur van Openbare Vervolgings is ook verkry. Mnr Denysschen van
daardie kantoor het moeite gedoen en
‘n goed gemotiveerde
verslag gestuur wat ondersteun word deur die Adjunk Direkteur, Adv
J.H.S. Hiermstra SC. Mnr Denysschen
wys daarop dat, hoewel die
beskuldigde aan besit van dagga skuldig bevind is, het die
beskuldigde op sy eie weergawe hom aan “handel”
soos in
die Wet gedefinieer, skuldig gemaak, want hy wou die dagga voorskryf
en aan ander voorsien. In sy pleitverduideliking vra
die landdros:
“Vir wat sou u die dagga gebruik?”, waarop beskuldigde
antwoord: “Ek genees mense daarmee”.
Dit klink na
voorskryf en voorsien.
[4] Dit is belangrik om
daarop te let dat daar by dagga nie net twee eenvoudige kategorieë
van besit en handel is nie. Die
doel waarvoor besit word is
belangrik, soos Mnr Denysschen uitwys en die doel van besit is al in
‘n aantal sake oorweeg:
Gebruik om beeste te
voer:
S v Moorosi
1999 (1) SASV 336 (O) te 337c-d;
Vir eie gebruik:
S
v Masia
1997 (2) SASV 687 (O) te 689e;
Handel:
S v Legoa
2003 (1) SASV 13 (HHA).
[5] Die gewig van die
dagga is al by meerdere geleenthede in ag geneem as ‘n
beduidende faktor by vonnisoplegging. In
S v Legoa
sê
Cameron AR: “Given the amount of dagga...” (par [29]).
Ook in
S v Sithole
2005 (2) SASV 504 (HHA) gee die hof
besondere aandag aan die gewig van die dagga (par [15]). Die
bevinding in
S v Nkombini
1990 (2) SASV 465 (Tk) te
470b – c: “The quantity of dagga possessed has little, if
any, effect on the sentence to
be imposed” moet gelees word in
die samehang van die hele uitspraak van White R, wat riglyne aan
landdroste gee en sê
dat die hoeveelheid dagga by handel van
groot belang is (468g – h), maar by besit van mindere belang
is. White R sê
daar is nie ‘n glyskaal vir strawwe vir
besit wat die straf swaarder maak na gelang van die hoeveelheid nie
(met verwysing
na
S v Mkwina and Others
1966 (1) SA 814
(N) te 818A).
[6] Dit bly ‘n feit
dat die rede vir beskuldigde se besit ‘n oorweging by
vonnisoplegging is. Hier het die beskuldigde
‘n baie groot
hoeveelheid dagga besit, nie vir eie gebruik, nie vir sy beeste of
posduiwe nie, maar om aan die gemeenskap
toe te dien. Sodanige besit
regverdig ‘n swaarder straf as besit vir eie gebruik. Die
hoeveelheid, 380 kg, dui op die omvang
van beskuldigde se voorgenome
toediening of voorskrifte aan die gemeenskap. Direkte gevangenisstraf
is hier geregverdig.
[7] ‘n Vonnis van 5
jaar direkte gevangenisstraf vir ‘n eerste oortreder vir besit
van dagga is swaar. Na my mening
is hierdie ‘n geval waar ‘n
deel van die gevangenisstraf opgeskort moet word ten einde die
beskuldigde die kans te
gee om aan te toon dat hy afsien van sy
oortreding van die Wet.
[8]
BEVEL
Die skuldigbevinding
word bekragtig.
2. Die vonnis word
vervang met die volgende:
5 jaar gevangenisstraf,
waarvan 2 jaar vir 5 jaar opgeskort word op voorwaarde dat
beskuldigde nie skuldig bevind word aan ‘n
oortreding van
artikel 5(b) of 4(b) van Wet 140 van 1992 gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting nie.
Hierdie vonnis word geag
opgelê te gewees het op 13 Junie 2013.
____________
KRUGER, R
Ek
stem saam.
_______________
A.F. JORDAAN, R
/spieterse/wm