De Beer NO en Anders v Mainserve Africa (Edms) Bpk en Anders (236/2013) [2013] ZAFSHC 90 (6 June 2013)

55 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Trusts — Authority of trustees — Validity of share sale agreement — Applicants, as trustees of Dilligaf Trust, sought a declaratory order that a share sale agreement was null and void due to lack of authority by one trustee, De Beer, to act on behalf of the trust — Respondents contended that the agreement was valid and enforceable — Court held that the agreement was invalid as De Beer lacked the necessary authorization from the other trustees, and thus the applicants were entitled to the relief sought.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2013
>>
[2013] ZAFSHC 90
|

|

De Beer NO en Anders v Mainserve Africa (Edms) Bpk en Anders (236/2013) [2013] ZAFSHC 90 (6 June 2013)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saak Nr: 236/2013
In
die saak tussen:
FRANK JAMES DE BEER
N.O.
.........................................
1
ste
Applikant
MARIETTE DE BEER
N.O.
.................................................
2
de
Applikant
ABRAHAM JACOBUS DU
PLESSIS N.O.
.........................
3
de
Applikant
en
MAINSERVE AFRICA
(EDMS) BPK
.............................
1
ste
Respondent
KHOSIMANG EDGAR
ERIC RAMONGALO
.................
2
de
Respondent
HENDRE VAN DER
MERWE
.........................................
3
de
Respondent
ZAMILE JACOB GCWILI
...............................................
4
de
Respondent
BERNARD VAN DER
WALT N.O.
.................................
5
de
Respondent
JACOBUS ELISA
KRITZINGER N.O.
............................
6
de
Respondent
RONEL VAN DER WALT
N.O.
.......................................
7
de
Respondent
JACOBUS GREEFF
FOURIE
........................................
8
ste
Respondent
MAATSKAPPYE EN
INTELLEKTUELE
EIENDOM KOMMISSIE
..................................................
9
de
Respondent
REGISTRATEUR VAN
AKTES:
BLOEMFONTEIN
.........................................................
10
de
Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
DAFFUE, R
AANGEHOOR OP:
16 MEI 2013
_____________________________________________________
GELEWER OP:
6 JUNIE 2013
_____________________________________________________
INLEIDING
[1] Die applikante in
hierdie aansoek is die trustees van Dilligaf Trust (“die
trust”). Hulle verlang onder andere ‘n
verklarende bevel
tot die effek dat ‘n skriftelike koopooreenkoms van aandele
(“die ooreenkoms”) ingevolge waarvan
die trust se aandele
in eerste respondent aan tweede tot sewende respondente verkoop is,
nietig is. Voorts word versoek dat die
hof sal gelas dat die tweede
tot sewende respondente hulle aandele aldus ontvang aan applikante
oordra tesame met gepaardgaande
regshulp. Daar word ook ‘n
interdik versoek ingevolge waarvan eerste tot agtste respondente
verbied word om Erf 18741, Uitbreding
126, Bloemfontein wat tans in
eerste respondent se naam geregistreer is, te vervreem.
AGTERGROND
[2] Die ooreenkoms is
gesluit op 10 Julie 2008. Frank James de Beer (“De Beer”),
hy synde die oprigter en mede-trustee
van die trust, het voorgegee
dat hy die trustees as verkopers verteenwoordig soos blyk uit die
aanhef tot die ooreenkoms deurdat
op ‘n resolusie van 13 April
2007 gesteun word.
[3] Op 16 Februarie 2012
is aksie ingestel onder saaknr 665/2012 in die name van De Beer,
Mariette De Beer (“mev de Beer”)
en Christiaan Wagenaar
(“Wagenaar”) as eisers in hul beweerde hoedanighede as
trustees van die trust teen die eerste
tot sewende respondente hierin
wat as verweerders gesiteer is. Eisers in die aksie het spesifieke
nakoming gevorder van verweerders
se verpligtinge uit hoofde van die
ooreenkoms, alternatiewelik en indien die hof sou bevind dat die
ooreenkoms nie tot stand gekom
het nie, of nietig is, of verval het,
is regshulp gevorder op grond van verryking.
[4] Op 11 April 2012 het
die Meester van die Hoë Hof ‘n gewysigde magtigingsbrief
in terme van Artikel 6(1) van die Wet
op Beheer van Trustgoed, 57 van
1988, (“die Trustwet”) uitgereik ingevolge waarvan die
trustees van die trust aangedui
word as De Beer, mev de Beer en
Abraham Jacobus du Plessis.
[5] Uit die verweerskrif
geliasseer op 19 April 2012 in saaknr 665/2012 blyk dit dat dit die
verweerders se saak is dat Wagenaar
nooit deur die Meester gemagtig
is om as trustee van die trust op te tree nie. Bygevolg is gepleit
dat die ingestelde aksie ‘n
nietigheid is. Dit is voorts ook
ontken dat De Beer gemagtig is deur die trustees van die trust om die
ooreenkoms namens hulle
te onderteken.
[6] Saaknr 665/2012 is
steeds hangende, maar desnieteenstaande het applikante voortgegaan om
die huidige aansoek uit te reik.
DIE VERSOEK OM
VERDERE VERKLARINGS IN DIE HUIDIGE AANSOEK IN TE DIEN
[7] Binne enkele dae na
liassering van die repliserende verklaring het applikante ‘n
interlokutêre aansoek afgelewer
ingevolge waarvan verlof
versoek is om ‘n verdere verklaring te liasseer. Die
regsverteenwoordigers van die partye het ooreengekom
dat nie beswaar
gemaak sal word teen die liassering van sodanige verdere verklaring
nie op die basis dat respondente geregtig sal
wees om daarop te
antwoord wat hulle inderdaad ook gedoen het. Ek was tevrede dat dit
in die belang van die partye en geregtigheid
oor die algemeen is dat
verlof aan die partye verleen behoort te word om die verdere
verklarings wat inderdaad reeds geliasseer
is, af te lewer en het ek
reeds met die aanhoor van die aansoek sodanige verlof verleen.
FEITE BUITE GESKIL
IN HIERDIE AANSOEK
[8] Die volgende is buite
geskil:
8.1. Dat die ooreenkoms
nietig is deurdat De Beer geen magtiging van die trustees van die
trust gehad het om dit te sluit nie;
8.2. Die koopsaak het
bestaan uit die trust se gehele aandeelhouding in eerste respondent,
oftewel 90% van die uitgereikte aandele
in eerste respondent, welke
aandele, synde 3 600 in totaal, verkoop is vir R3,6 miljoen;
8.3. Op datum van
kontraksluiting was De Beer, mev de Beer en Jacobus Elisa Kritzinger,
‘n ouditeur en ‘n onafhanklike
trustee, die trustees van
die trust;
8.4. Saaknr 665/2012 is
ingestel onder die name van De Beer, mev de Beer en Wagenaar as
beweerde trustees van die trust, maar Wagenaar
is nooit deur die
Meester as mede-trustee aangestel nie;
8.5. Kritzinger het
voorheen opgetree as ouditeur van De Beer en sy entiteite en na sy
dienste as ouditeur beëindig is, is
Wagenaar deur De Beer
aangestel om as ouditeur op te tree;
8.6. ‘n Dokument
gedateer 2 Junie 2008, synde ‘n briefhoof van die Dilligaf
Trust waarop die trustees aangedui word
as FJ de Beer, M de Beer en C
Wagenaar, vorm deel van die aansoekstukke en daarvolgens bevestig
hierdie drie persone
ex facie
die dokument onder hul
handtekeninge dat ‘n vergadering van trustees van die trust
gehou is, dat besluit is om 3 600
aandele van die trust in
eerste respondent te verkoop aan ene Khosimang Edgar Eric Ramongalo
(in hierdie aansoek gesiteer as tweede
respondent) en dat De Beer
gemagtig word om die dokumente namens die trustees te onderteken;
8.7. Wagenaar erken dat
nadat hy by Kritzinger as ouditeur oorgeneem het, De Beer hom
meegedeel het dat “hy graag wou hê
dat ek as trustee by
Mnr Kritzinger moes oorneem”.
8.8. As respondente se
verwere van verjaring,
lis pendens,
onvolledige skuldoorsaak
weens versuim om restitusie te tender en estoppel faal, is applikante
geregtig op die regshulp uiteengesit
in die kennisgewing van mosie.
GESKILPUNTE
[9]
9.1. Presies wanneer het
applikante kennis gedra van die feite waaruit die skuld, met ander
woorde die reg om te eis dat die ooreenkoms
nietig verklaar word,
ontstaan het;
9.2. Kon applikante deur
uitoefening van redelike sorg vroeër as 13 Maart 2012 kennis
gedra het van die tersaaklike feite en
in welke mate word hulle deur
die voorbehoudsbepaling van artikel 12(3) van die Verjaringswet, 68
van 1969, getref;
9.3. Het die applikante
se eise verjaar;
9.4. Figureer dieselfde
partye, onderwerp en skuldoorsaak in beide die aksie en die aansoek;
9.5. Is applikante se
versuim om terug te tender wat hulle ontvang het ingevolge die
nietige ooreenkoms fataal vir die regshulp
wat gevorder word;
9.6. Kan respondente
daarop steun dat applikante deur middel van estoppel verbied behoort
te word om hulle op De Beer se ongemagtigde
handelinge te beroep.
VERWYSING VAN DIE
AANSOEK VIR MONDELINGE GETUIENIS
[10] Adv N Snellenburg
wat namens die applikante verskyn het, het in sy aanvanklike hoofde
van betoog aangevoer dat die weergawe
van die twee ouditeurs,
Kritzinger en Wagenaar, op die stukke verwerp kan word as vergesog en
onhoudbaar. In sy aanvullende hoofde
van betoog het hy aangevoer dat
die aangeleentheid vir mondelinge getuienis verwys behoort te word.
Hierdie ommekeer is waarskynlik
teweeggebring deur die argumente
vervat in Adv AJR Van Rhyn SC, wat namens eerste tot sewende
respondente verskyn het, se betoogshoofde.
Mnr Van Rhyn het aangevoer
dat applikante, en De Beer in besonder, reeds op datum van
kontraksluiting deur die uitoefening van
redelike sorg die getal en
identiteit van die trustees moes of kon bekom het, dat verjaring toe
reeds begin loop het en dat verjaring
dus vasstaan. Volgens mnr
Snellenburg kan die geloofwaardigheid van die onderskeie rolspelers
alleenlik in kruisondervraging getoets
word en behoort die
aangeleentheid aldus verwys te word.
[11] Mnr Van Rhyn het ook
daarop gewys dat die aansoek eintlik afgewys behoort te word omdat
die feitegeskille nie op die aansoekstukke
besleg kan word nie en
applikante reeds voor die bring van die aansoek bewus was hiervan. Hy
het voorts aangevoer dat daar in elk
geval op die beste vir
applikante ernstige en onoorkomelike feitegeskille bestaan en dat die
aansoek op respondent se weergawe
beslis moet word. Soos ek ook later
hierin sal aantoon het hy in ‘n deeglike argument met groot
oortuigingskrag geargumenteer
dat applikante se eis verjaar het en
dat mondelinge getuienis die hof nie in ‘n beter posisie sal
plaas om tot ‘n ander
bevinding te kom nie. Ek hanteer hierdie
kwessie later hierin.
TERSAAKLIKE
REGSBEGINSELS EN OORWEGING VAN DIE PARTYE SE ARGUMENTE DAAROMTRENT
Verjaring
[12] Beide advokate het
gesteun op die onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl
in
Claasen v Bester
2012 (2) SA 404
(SCA). In ‘n
beroep op hierdie uitspraak het mnr Snellenburg tereg aangetoon dat
die ongeldigheid al dan nie van die ooreenkoms
‘n regskonklusie
en nie ‘n feit is nie. Ongelukkig stem ek nie saam met sy
verdere argument dat verjaring eers begin
loop wanneer ‘n party
kennis gekry het of bewus geword het van die nietigheid van die
ooreenkoms nie. Dit is juis uitdruklik
deur die hof bevind nie die
geval te wees nie. Derhalwe is sy submissie dat verjaring eers op 13
Maart 2012 begin loop het toe
De Beer vasgestel het dat Kritzinger
steeds die derde trustee is en nie Wagenaar nie, vatbaar vir kritiek.
In
Claasen v Bester
loc cit
is beslis dat
verjaring in daardie feitekompleks begin loop het op 3 Maart 2004 toe
Bester kennis geneem het dat die koopkontrak
wat hy met Claasen
gesluit het nie ‘n bepaling bevat met betrekking tot die prys
waarteen hy die plaas van Claasen kon terugkoop
nie. Die feit dat hy
nietemin geglo het dat die klousule afdwingbaar was is as irrelevant
beskou. Anders as wat namens Bester geargumenteer
is, het verjaring
nie eers begin loop in Januarie 2006 toe Bester kennis geneem het van
die opinie van advokate dat die kontrak
wat hy met Claasen gesluit
het nietig is nie. Ten einde tot hierdie bevinding te kom het die
Hoogste Hof van Appèl gesteun
op
Truter and Another v
Deysel
[2006] ZASCA 16
;
2006 (4) SA 168
(SCA) en
Minister of Finance and
Others v Gore NO
2007 (1) SA 111
(SCA). In
Truter
loc cit
het Van Heerden AR te para [20] die volgende gesê:

Section
12(3) of the Act requires knowledge only of the material facts from
which the debt arises for the prescriptive period to
begin running –
it
does not require knowledge of the relevant legal conclusions
(ie
that the known facts constitute negligence) or of the existence of an
expert opinion which supports such conclusions.”
(eie
beklemtoning)
In
Gore
loc
cit
het Cameron AR en Brand AR te para [17] die volgende gesê:

[17] This
Court has, in a series of decisions, emphasised that time begins to
run against the creditor when it has the
minimum
facts
that are necessary to institute action. The running of prescription
is not postponed until a creditor becomes aware of the full
extent of
its legal rights,
nor
until the creditor has evidence that would enable it to proof a case
‘comfortably”.”
(eie
beklemtoning)
In
Yellow Star
Properties 1020 (Pty) Ltd v MEC: Department of Development Planning
and Local Government, Gauteng
2009 (3) SA 577
(SCA), welke
beslissing ook met goedkeuring na verwys is in
Claasen v
Bester
, het Leach Wnd AR te para [37] bevind dat die versuim
van die betrokke applikant deur nie die regsgevolge wat uit die feite
voortgespruit
het na waarde te ag nie, nie die loop van verjaring
vertraag het nie.
[13] Dit is gepas om
subartikels 12(1) en (3) van die Verjaringswet van nader te beskou,
welke subartikels soos volg lees:

(1)
Behoudens die bepalings van subartikels (2), (3) en (4) begin
verjaring loop sodra die skuld opeisbaar is;
(2) …
(3) ‘n Skuld word nie geag
opeisbaar te wees voordat die skuldeiser van die identiteit van die
skuldenaar en van die feite
waaruit die skuld ontstaan, kennis dra
nie; Met dien verstande dat ‘n skuldeiser geag word sodanige
kennis te dra indien
hy dit deur die beoefening van redelike sorg kon
bekom het.”
[14] Kritzinger wat met
die sluiting van die koopooreenkoms in 2008 nog steeds ‘n
mede-trustee van die trust was, was nie
bewus van die transaksie nie
en het nooit deel gevorm van enige vergaderings of
besluitnemingsprosesse rondom die verkoop van die
aandele nie. Mnr
Snellenburg het geargumenteer dat die persone wat wel namens die
trust gehandel het, naamlik De Beer, mev de Beer
en Wagenaar, aldrie
onder die
bona fide
indruk was dat hulle aldus gemagtig was om
die aandele te verkoop en De Beer te magtig om namens hulle op te
tree en die ooreenkoms
te onderteken. Hierdie aspek word baie sterk
betwis deur respondent by monde van Wagenaar. Alhoewel die resolusie
wat Wagenaar
mede-onderteken het en waarna ek hierbo verwys het,
ex
facie
die dokument aantoon dat Wagenaar voorgegee het om as
trustee te teken, wel nie in verband met die verkoop van die aandele
aan
die kopers soos geïdentifiseer in die ooreenkoms nie, maar
aan tweede respondent, word die volgende aangetref in Wagenaar se

verklaring:

7.4.1. Ek
kan nie die omstandighede onthou wat daartoe gelei het dat ek
Aanhangsel “A1” geteken het nie. In retrospek
kon dit nie
in my hoedanigheid as trustee gewees het nie, aangesien ek nooit
behoorlik aangestel was nie en het ek ook nooit enige
administratiewe
stappe in hierdie verband geneem het.
7.4.2. Op geen stadium hoegenaamd is
‘n vergadering gehou soos beweer in die inleidende paragraaf
tot Aanhangsel “A1”
nie.”
Dit is wel so dat die
beweerde vergadering blykens Aanhangsel “A1” op 2 Junie
2008 plaasgevind het, terwyl die resolusie
waarna verwys word in die
ooreenkoms 13 April 2007 gedateer is en soos vermeld verskil die
kopers ook.
[15]
Mnr Van Rhyn het met
oortuiging geargumenteer dat uit hoofde daarvan dat De Beer as
stigter en een van die eerste trustees van die
trust bepaalde
statutêre, gemeenregtelike, kontraktuele en fidusiëre
verpligtinge met betrekking tot die bestuur van
die trust en sy
trusteeskap oor die algemeen op hom geneem het, hy geweet of moes
geweet het, indien hy redelike voorsorg getref
het, dat hy nie
gemagtig was om namens die ander trustees op te tree met die sluiting
van die ooreenkoms op 10 Julie 2008 nie.
Bygevolg het die skuld, met
ander woorde die reg om die kontrak nietig te laat verklaar, op datum
van die ooreenkoms, synde 10
Julie 2008, ontstaan. Dus het verjaring
ingetree ‘n geruime tyd voordat die onderhawige aansoek
uitgereik en beteken is.
Daar is groot oortuigingskrag in mnr Van
Rhyn se argument, maar dit kan nie uit die oog verloor word nie dat
die Meester aangeraai
is in
Land and
Agricultural Bank of SA and Others v Parker and Others
2005(2)
SA 77 (SCA) te para [35] om te verseker dat onafhanklike (en kundige)
trustees aangestel word in bepaalde gevalle. Hierdie
is skynbaar so
‘n geval.
[16] Mnr Snellenburg het
soos ek tydens argument teenoor hom geopper het, toegegee dat
applikante ‘n opdraande stryd het om
die verweer van verjaring
te omseil, maar het nogtans aan die hand gedoen dat Aanhangsel “A1”
applikante se saak staaf
dat Wagenaar as ‘n gemagtigde trustee
opgetree het wat hulle
bona fide
geloof versterk het dat hy
die nodige stappe geneem het om te verseker dat hy in die plek van
Kritzinger as die derde en onafhanklike
trustee aangestel word deur
die Meester, want anders, so lui die betoog, kan daar geen verklaring
vir Wagenaar se handtekening
op Aanhangsel “A1” gegee
word nie. Kennis word geneem van die kritiek teenoor Wagenaar
uitgespreek en behoort ‘n
geleentheid aan applikante gegun te
word om sy getuienis aan kruisverhoor te onderwerp. Ek sal nie graag
die valbyl op applikante
wil laat val voordat hulle geleentheid gegun
is om beskikbare remedies te ontgin nie. Dit wil vir my voorkom asof
Wagenaar heelwat
het om te verduidelik, maar of sy antwoorde tot
applikante se redding gaan kom is moontlik ‘n perd van ‘n
ander kleur.
Eweneens word Kritzinger geblameer deurdat hy as ‘n
professionele persoon, ‘n ouditeur van beroep en kundige in die

trustreg, toegelaat het dat die trust voortbestaan en bedryf word
terwyl hy vir ‘n periode van vyf jaar geen insette gelewer
het
nie, sy verpligtinge as trustee dus versaak het en ook nie as trustee
bedank het nie.
[17] Dit is nie op
hierdie stadium gewens dat ek enige verdere kommentaar lewer oor die
verweer van verjaring nie. Die moontlikheid
bestaan dat ‘n hof
na aanhoor van die getuienis en deeglike kruisverhoor in ‘n
beter posisie sal wees om die aangeleentheid
te besleg. Dit moet ten
slotte op rekord geplaas word dat die bewyslas op respondente rus om
verjaring te bewys.
Lis pendens
[18] Mnr Van Rhyn het
daarop gesteun dat hierdie aansoek opgeskort behoort te word vanweë
die hangende saaknr 665/2012. Hy
steun vir hierdie verweer op
Socratous v Grindstone Investments
2011 (6) SA 325
(SCA) en het aan die hand gedoen dat die huidige litigasie tussen
dieselfde partye is, dieselfde onderwerp in geskil is en dieselfde

skuldoorsaak ter sprake is. Die betrokke uitspraak is onderskeibaar
van die onderhawige geding. Dit is duidelik dat ander trustees
as
eisers in die aksie ageer. Wagenaar is deur Du Plessis in die aansoek
vervang. In die aksie word spesifieke nakoming versoek
en in die
alternatief word regshulp op grond van verryking gevorder. In hierdie
aansoek word uitdruklik versoek, anders as in die
aksie, dat ‘n
bevel gemaak word tot die effek dat die ooreenkoms nietig is en word
oordrag van die aandele gevorder, synde
bates wat aan die trustees
behoort wat in opvolging van die nietige ooreenkoms aan tweede tot
sewende respondente oorgedra is.
Dit is juis respondente se saak dat
die instel van die aksie ‘n nietigheid daarstel. Die hof wat ‘n
verweer op grond
van
lis pendens
oorweeg het in elk geval ‘n
diskresie om nie die verrigtinge op te skort nie. Na my oordeel sou
dit sinneloos wees om hierdie
verrigtinge op te skort bloot omdat die
aksie wat deur almal aanvaar word onbehoorlik ingestel is, steeds
hangende is Die verweer
het geen meriete nie.
Restitusie
[19] Mnr Van Rhyn het
verwys na
Claasen v Bester
loc cit
vir sy
argument dat selfs waar die ooreenkoms nietig is en ‘n
verklarende bevel versoek word tot daardie effek en die aandele
wat
gelewer is, terug gevorder word, applikante die prestasie wat hulle
ontvang het, moet tender. Die Hoogste Hof van Appèl
het nie
aldus bevind in
Claasen v Bester
nie en is die
verwysing deur mnr Van Rhyn na paragraaf 9 in die uitspraak foutief.
Die paragraaf verwys na die wyse waarop die
besonderhede van
vordering in daardie saak opgestel is.
[20] In elk geval kan die
verweer ook aangespreek en besleg word indien die aansoek vir
mondelinge getuienis verwys word. Daar is
meriete in mnr Snellenburg
se argument met verwysing na
Extel Industrial (Pty) Ltd and
Another v Crown Mills (Pty) Ltd
[1998] ZASCA 67
;
1999 (2) SA 719
(SCA) te
732F. Teruggawe van gedeeltelike prestasie word nie vereis in alle
gevalle nie en veral nie wanneer ‘n komplekse
evaluering en
afweging van verskeie oorwegings ter sprake is nie soos in hierdie
geval. Vergelyk ook
Rhoode v De Kock
2013 (3) SA 123
(SCA) para [24] te 131B-E waar die Hof bevind het dat ‘n party
wat na aanleiding van ‘n nietige kontrak sy bates wat
aan die
ander party gelewer is, terugvorder, dit op grond van die
rei
vindicatio
doen en dat die skuldoorsaak volledig is sonder om
restitusie aan te bied. Die ander party se reg om op grond van
verryking aksie
in te stel word hom nie ontneem nie.
Estoppel
[21] Mnr Van Rhyn het
daarop gewys dat De Beer verskeie voorstelle namens die trust gemaak
het op grond waarvan respondente gehandel
het en behoort applikante
verbied te word om hulle nou op die ongemagtigde handelinge van De
Beer te beroep. In sy mondelinge betoog
het hy in soveel woorde
toegegee dat die verweer niks om die lyf het nie en ek het die
duidelike indruk gekry dat hy nie bereid
is om enige submissies
daaromtrent te maak nie. Dit is egter nie nodig vir my om op hierdie
stadium ‘n finale oordeel hieroor
te vel nie, maar wil dit
voorkom asof daar inderdaad meriete is in mnr Snellenburg se argument
dat respondente nie op enige skynverwekking
kan steun nie. Vergelyk
Trust Bank van Afrika Bpk v Eksteen
1964 (3) SA 402
(A)
te 411H-412B en
Strydom v Die Land- en Landboubank van
Suid-Africa
1972 (1) SA 801
(A) te 815G-H.
VERWYSING VIR
MONDELINGE GETUIENIS EN PRAKTIESE REëLINGS
[22] Op hierdie stadium
is die skaal beslis nie in die guns van applikante nie, maar dit kan
na my oordeel ook nie tans aanvaar
word dat die waarskynlikhede in
respondente se guns is nie. Applikante het ‘n opdraande stryd,
maar insoverre mnr Snellenburg
aanspraak maak daarop dat behoorlike
kruisverhoor van veral Kritzinger en Wagenaar moet plaasvind en
volledige blootlegging geskied,
mag dit net wees dat die skaal in die
guns van applikante swaai. Vergelyk
Kalil v Decotex (Pty) Ltd
and Another
1988(1) SA 943 (A) te 979 H - I en
Fikre v
Minister of Home Affairs
2012 (4) SA 348
(GSJ) te 354 - 355.
Applikante behoort nie van die geleentheid om mondelinge getuienis
aan te bied ontneem te word nie. Die feit
dat die bewyslas op
respondente rus om verjaring te bewys het ook ‘n rol gespeel in
my besluit om verwysing vir mondelinge
getuienis te gelas.
[23] Aangesien die
aangeleentheid van groot belang is vir al die partye hiertoe is ek
bereid om mondelinge getuienis aan te hoor
op 25, 26 en 28 Junie
2013, synde die laaste week van die tweede kwartaal, alternatiewelik
25, 26 en 27 September 2013, synde die
laaste week van die derde
kwartaal of 10, 11 en 13 Desember 2013, synde die laaste week van die
vierde kwartaal. Dit is egter onderhewig
daaraan dat die
regsverteenwoordigers van die partye die aangeleentheid met die
griffier bespreek en die voorgestelde datums die
goedkeuring van die
waarnemende Regter President wegdra.
BEVEL
[24] Bygevolg word die
volgende bevele gemaak:
24.1. Die aansoek word
uitgestel na ‘n datum gereël te word met die griffier van
die hof vir die aanhoor van mondelinge
getuienis;
24.2. Die volgende
geskilpunte sal bereg word:
24.2.1. respondente se
verweer dat applikante se eis verjaar het;
24.2.2. of applikante se
skuldoorsaak onvolledig is deurdat restitusie van dit wat ontvang is
nie getender is nie;
24.2.3. of respondente
kan steun op estoppel op grond van skynverwekking wat na bewering
plaasgevind het;
24.3. Die partye sal die
getuienis mag aanbied van enige getuie(s) wat hulle ook mag verkies
om getuienis af te lê, onderhewig
daaraan dat persone wat nie
reeds verklarings in die verrigtinge afgelê het nie, nie as
getuies geroep mag word nie tensy
die party wat van voornemens is om
hom/haar /hulle te roep, minstens vyftien (15) dae voor die eerste
dag geskeduleer vir die aanhoor
van getuienis ‘n
verklaring/verklarings liasseer van sodanige persoon/persone waarin
die getuienis van sodanige persoon/persone
uiteengesit word, met dien
verstande dat die hof op aansoek van ‘n party getuienis van ‘n
persoon mag toelaat nieteenstaande
die feit dat geen verklaring(s)
van sodanige persoon of persone geliasseer is nie.
24.4. Die partye het die
reg om enige persoon te supoena om getuienis af te lê tydens
die verrigtinge ongeag of sodanige persoon
toegestem het om ‘n
beëdigde verklaring af te lê al dan nie.
24.5. Die feit dat ‘n
party ‘n verklaring afgelewer het van ‘n persoon of ‘n
persoon gesupoena het sal nie
by noodwendige implikasie die party
verplig om sodanige getuie te roep of die getuienis aan te bied nie.
24.6. Die partye sal
binne vyftien (15) dae na die verlening van hierdie bevel
blootlegging onder eed doen van alle dokumente van
toepassing op die
geskilpunte hierbo uiteengesit ten aansien van alle dokumente in die
partye se besit of onder hul beheer, of
wat op enige relevante
tydstip in hulle besit of onder hulle beheer was en sal blootlegging
origens geskied ooreenkomstig die bepalings
van Hofreël 35 welke
reël sal geld met betrekking tot inspeksie en voorlegging van
dokumente.
24.8 Die koste van die
aansoek staan oor vir beregting deur die hof wat die getuienis
aanhoor.
______________
J. P. DAFFUE, R
Namens die applikante:
Adv. N. Snellenburg
In opdrag van:
Rossouws Attorneys
BLOEMFONTEIN
Namens die eerste tot
sewende respondente: Adv.
A. J. R van Rhyn SC
In opdrag van:
McIntyre & Van der
Post
BLOEMFONTEIN
/eb