Motaung v S (A240/11) [2013] ZAFSHC 89 (6 June 2013)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Application of the Child Justice Act — Appellant, aged 17 years at the time of committing serious crimes including murder and robbery, sentenced to an effective 30 years imprisonment — Appellant contended that sentencing court erred by not applying provisions of the Child Justice Act, which mandates special considerations for minors — Court held that the appellant was correctly sentenced as an adult since he was over 18 at the time of sentencing, and that the sentencing court adequately considered the appellant's youth and the seriousness of the crimes committed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2013
>>
[2013] ZAFSHC 89
|

|

Motaung v S (A240/11) [2013] ZAFSHC 89 (6 June 2013)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Appèlnommer: A240/11
In
die appèl tussen:-
DIPHAPANG PIET MOTAUNG
.................................................
Appellant
en
DIE STAAT
...........................................................................
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
RAMPAI, WND RP
et
MOCUMIE, R
et
JORDAAN, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
29 APRIL 2013
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
JORDAAN, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
6 JUNIE 2013
_____________________________________________________
[1] Die appellant is tesame met vyf ander beskuldigdes
in die Hoë Hof, Bloemfontein aangekla en het tereggestaan op
verskeie
aanklagte van onder andere moord, roof met verswarende
omstandighede en oortredings van sekere bepalings van die Wet op die
Beheer
oor Vuurwapens.
[2] Die appellant is uiteindelik na ‘n volledige
verhoor skuldig bevind aan aanklag 1, synde roof met verswarende
omstandighede,
aanklagte 2, 3 en 4, synde moord en aanklag 5, synde
die onwettige besit van ‘n vuurwapen.
[3] Hy is as volg gevonnis:
Op aanklagtes 1 en 5, wat saamgeneem is vir doeleindes
van vonnis, tot 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf en op elk van
aanklagtes
2, 3 en 4, dit wil sê drie aanklagte van moord, tot
20 (twintig) jaar gevangenisstraf elk. Die hof het gelas dat die
vonnisse
ten opsigte van aanklagtes 3 en 4 samelopend met die vonnis
op aanklag 2 uitgedien word en dat 5 (vyf) jaar gevangenisstraf ten

opsigte van aanklagtes 1 en 5 moet samelopend uitgedien word met die
vonnis opgelê ten opsigte van aanklag 2. Appellant is
derhalwe
effektiewelik gevonnis tot 30 (dertig) jaar gevangenisstraf en het
die hof voorts gelas dat die appellant nie vir parool
in aanmerking
kan kom alvorens hy twee derdes van sy effektiewe vonnis uitgedien
het nie.
[4] Die misdade waaraan die appellant skuldig bevind is,
was gepleeg op die 1ste Desember 2010. Die appellant is gebore op 17
Februarie
1993 en was derhalwe tydens pleging van die misdrywe 17
jaar en 9½ maande oud. Die appellant was ‘n dag na die
voorvalle
gearresteer. Die vonnisse is aan die appellant opgelê
op 28 Julie 2011, dit wil sê toe die appellant reeds 18 jaar en

5 maande oud was.
[5] Die appellant kom in hoër beroep slegs teen die
vonnisse soos opgelê met verlof van die hof
a quo
.
[6] Die appèl is hoofsaaklik gebaseer op twee
gronde, naamlik eerstens, op die basis dat die effektiewe
gevangenisstraf die
appellant opgelê skokkend hoog en onvanpas
is en inmenging regverdig en tweedens, dat die hof fouteer het deur
die appellant
te vonnis in stryd met die bepalings van die Child
Justice Act Nr 75 van 2008 en wel op die basis dat argumenteer is dat
die appellant
tydens pleging van die misdrywe ‘n minderjarige
was en as sulks gevonnis moes word met in agneming van die bepalings
van
die Wet. Met die tersaaklike bepalings sal later meer in detail
gehandel word.
[7] In die aanhef tot die betrokke Child Justice Act
word daarop gewys dat die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika
klem lê
op die beste belange van kinders en voorsiening maak
vir spesiale maatreëls om sodanige belange te beskerm, onder
andere:

Not to be detained, except as a measure of
last resort, and if detained, only for the shortest appropriate
period of time; to be
treated in a manner and kept in conditions that
take account of the child’s age; to be kept separately from
adults, and to
separate boys from girls, while in detention;”
[8] Die aanhef gaan dan voort deur te bepaal dat die Wet
beoog om voorsiening te maak, onder andere vir ‘n wye spektrum
van
gepaste vonnisopsies wat spesifiek gepas is om aan die behoeftes
van kinders te voldoen.
[9] In terme van die Wet word ‘n kind definieer as
enige persoon onder die ouderdom van 18 jaar. Voorsiening word ook
gemaak
in sommige gevalle vir persone ouer as 18, maar onder 21 jaar,
welke omstandighede nie hier relevant is nie.
[10] Wat die toepassing van die Wet betref, word in
artikel 4 as volg bepaal:

(1) Subject to section (2), this Act
applies to any person in the Republic who is alleged to have
committed an offence and
was under the age of 10 years at the time of the commission of the
alleged offence; or
was 10 years or older but under the age of 18 years when he or she
was
handed a written notice in terms of section 18 or 22;
served with a summons in terms of section 19; or
arrested in terms of section 20, for that offence.”
In hierdie geval is artikels 18, 19 en 22 nie van
toepassing nie, aangesien dit handel met kennisgewings wat verband
hou met voorlopige
ondersoek. Artikel 20 handel met arres vir die
betrokke misdryf en is hier van toepassing. Dit is duidelik dat die
appellant tydens
sy arres nog voldoen het aan die beskrywing van ‘n
kind en nog nie die ouderdom van 18 jaar bereik het nie. Die effek
hiervan
is dat die appellant verhoor moes word deur ‘n
sogenaamde “Child Justice Court” in terme van die
bepalings van
die Wet, aangesien hy nog nie die ouderdom van 18 jaar
bereik het op datum van sy arres nie.
[11] Hoofstuk 10 handel met die vonnis van kinders in
terme van die Wet. In artikel 68 word bepaal dat ‘n hof wat sit
as ‘n
kindergeregshof, nadat so ‘n kind skuldig bevind
is, ‘n vonnis moet oplê ooreenkomstig die betrokke
hoofstuk
van die Wet.
Artikel 69(1)(e) bepaal dat gevangenisstraf slegs aan
kinders opgelê behoort te word as laaste uitweg en, indien wel,
vir
die kortste gepaste tydperk. Artikel 77 bepaal onder andere as
volg:

(1) A Child Justice Court...
(b) when sentencing a child who is 14 years or older at the time of
being sentenced for the offence, must only do so as a measure
of last
resort and for the shortest appropriate period of time.”
In subartikel 77(2) was bepaal dat ‘n kind tussen
die ouderdom van 16 of 18 jaar oud tydens pleging van ‘n
misdryf,
soos na verwys in skedule 2 van die Strafregwysigingswet Nr
105 van 1997, mee gehandel moet word ooreenkomstig artikel 51 van
daardie
Wet. (Hierdie artikel is natuurlik ongrondwetlik bevind en
nie meer van toepassing nie.)
In subartikel 77(3) word as volg bepaal:

A child who is 14 years or older at the
time of being sentenced for the offence, and in respect of whom
subsection (2) does not
apply, may only be sentenced to imprisonment,
if the child is convicted of an offence referred to in (a) Schedule
III...”
In subartikel (4) van artikel 77 word bepaal dat
sodanige gevangenisstraf aan ‘n kind waarna verwys word in
subartikel (3)
nie vir ‘n periode van langer as 25 jaar mag
opgelê word nie.
In terme van artikel 84(1) van Hoofstuk 12 van die Wet
word bepaal dat ‘n kind wat tydens die pleging van die misdryf
jonger
as 18 jaar was en tot gevangenisstraf gevonnis is, ‘n
reg tot appèl het.
[12] Uit die voorgaande is dit duidelik dat die Wet in
verskillende artikels na die ouderdom van die betrokke kind op
verskillende
stadia verwys. Wat die toepassing van die Wet betref,
word in terme van artikel 4 die ouderdom van ‘n kind jonger as
10 jaar
bepaal as synde die ouderdom tydens pleging van die misdryf,
maar is die Wet van toepassing op kinders ouer as 10 jaar en onder
18
jaar op die datum wat bepaal word as die datum van die oorhandiging
van die nodige kennisgewings in terme van die artikels tevore
na
verwys en, in soverre dit hierdie geval betref, die datum van arres.
Wat die reg tot appèl betref, is die ouderdom tydens
pleging
van die misdryf in terme van artikel 84 bepalend. Artikel 77(2)
verwys weer na die ouderdom van die kind tydens pleging
van die
misdryf, maar artikels 77(1) en (3) verwys uitdruklik na die ouderdom
van die betrokke persoon op die datum van vonnis.
Hieruit blyk dit
duidelik dat die Wetgewer ten volle bewus was van die verskil tussen
ouderdom op datum van pleging van die misdryf
en ouderdom op datum
van vonnis. Indien ‘n kind byvoorbeeld op datum van pleging van
die misdryf onder 18 jaar oud was, maar
gearresteer word nadat hy die
ouderdom van 18 jaar bereik het, sou, in terme van artikel 4, die
bepalings van die Wet nie op hom
van toepassing wees nie. Wat
aanhouding van kinders betref, is die bedoeling van die Wetgewer
duidelik dat kinders nie saam met
volwassenes aangehou behoort te
word nie, maar in afsonderlike geriewe en sonder blootstelling aan
volwassenes. Wanneer so ‘n
persoon egter op datum van vonnis
reeds die ouderdom van volwassenheid (dit wil sê 18 jaar)
bereik het, verval die ratio
vir die voorgaande beskerming van die
kind. Dit is klaarblyklik om daardie rede dat artikel 77(1) verwys na
die ouderdom van die
kind op datum van vonnis van die kind en nie die
ouderdom tydens pleging van die misdryf of ouderdom tydens arres nie.
Dieselfde
geld vir artikel 77(3).
In die lig van die voorgaande kan die argument namens
die appellant tot die effek dat die hof fouteer het deur die
appellant te
vonnis op die basis van ‘n volwassene en deur nie
die voorskrifte van die Wet met betrekking tot gevangenisstraf vir
minderjarige
kinders te volg nie, nie stand hou nie.
[13] Die oorblywende vraag is die vraag na die
moontlikheid dat die effektiewe gevangenisstraf van 30 (dertig) jaar
gevangenisstraf
sodanig skokkend hoog en onvanpas is dat inmenging
daarmee geregverdig is. Daar is namens die appellant betoog dat veral
sy jeugdigheid
tydens pleging van die misdrywe nie voldoende deur die
verhoorhof in ag geneem is nie en indien dit gedoen sou word, die
opgelegde
vonnisse in effek skokkend hoog en onvanpas is en nie
opgelê sou gewees het nie. Uit die uitspraak is dit egter
duidelik
dat die verhoorhof die appellant se jeugdigheid in ag geneem
het by die oplê van vonnis en ook al die omstandighede, soos

uiteengesit in die voorvonnisverslag, behoorlik in ag geneem het. In
vergelyking met die vonnisse aan die appellant opgelê,
is
beskuldigde 4 en 5 in vergelyking met die appellant ten opsigte van
die moordklagtes, elk gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf,

terwyl die appellant gevonnis is tot 20 (twintig) jaar
gevangenisstraf ten opsigte van elk. Hierdie verskil in die vonnisse
is
hoofsaaklik te vinde in die verskil aan ouderdomme van die
verskillende beskuldigdes teenoor die van die appellant.
[14] Die verhoorhof het duidelik al die relevante
omstandighede met betrekking tot die persoonlike omstandighede van
die appellant,
die aard en erns van die misdrywe en die
gemeenskapsbelang behoorlik oorweeg en opgeweeg. Onteenseglik het die
erns van die misdrywe
‘n groot rol gespeel, aangesien die roof
en moord klaarblyklik deur ‘n groep persone vooraf beplan was
en op ‘n
gruwelike wyse uitgevoer is deur ‘n langdurige
aanval op die slagoffers. Een van die slagoffers was maar ‘n
dogtertjie
van drie jaar oud tydens pleging van die misdrywe. Die hof
het ook tereg in ag geneem dat die appellant op die aanvaarde
getuienis
‘n aktiewe rol gespeel het in die voormelde misdrywe.
Ek het geen twyfel dat die individuele vonnisse aan die appellant
opgelê,
gepas is in al die omstandighede nie en dat die hof
geen wanvoorligting begaan het met betrekking tot vonnis nie. Wat
betref die
effektiewe vonnis van 30 (dertig) jaar gevangenisstraf is
dit weliswaar ‘n redelike stywe vonnis. Ek is egter nie oortuig

dat dit sodanig onvanpas is dat bevind kan word dat die hof nie sy
diskresie behoorlik en regterlik uitgeoefen het nie en is nie
van
mening dat dit as so skokkend hoog en onvanpas aangemerk kan word dat
inmenging daarmee geregverdig is nie.
[15] Soos reeds gemeld, het die verhoorhof gelas dat die
appellant nie in aanmerking mag kom vir parool voordat hy twee derdes
van
sy effektiewe vonnis uitgedien het nie. Sodanige bevel is ‘n
wesenlike inperking op die normale gevolge van die oplê
van
gevangenisstraf. In die lig daarvan is ek van mening dat, indien ‘n
verhoorhof van voorneme is om ‘n bevel van
daardie aard te
maak, ‘n beskuldigde die geleentheid gebied moet word om die
hof ten opsigte daarvan toe te spreek en aangehoor
te word. Dit blyk
nie uit die rekord dat dit gedoen is nie en het die Staat dan ook
geredelik toegegee dat dit nie daardie deel
van die bevel ondersteun
nie. Ek meen dat die toegewing korrek is en dat daardie gedeelte van
die vonnis derhalwe nie gehandhaaf
kan word nie.
[16] In konklusie is ek derhalwe van mening dat die
appèl teen appellant se vonnisse afgewys behoort te word, maar
dat die
hof se bevel tot die effek dat die appellant nie aansoek kan
doen vir parool voor twee derdes van sy vonnis uitgedien is nie,
tersyde
gestel behoort te word.
_______________
A.F. JORDAAN, R
Ek stem saam en word die volgende bevele verleen:
[1] Die bevel van die hof in terme waarvan die appellant
verbied word om aansoek te doen vir parool voor twee derdes van sy
vonnis
uitgedien is, word tersyde gestel.
[2] Origens word die appèl teen vonnis afgewys.
____________________
M.H. RAMPAI, WND RP
Namens
appellant: L. Smit
In
opdrag van:
Bloemfontein
Regsentrum BLOEMFONTEIN
Namens
respondent: J.P. du P. Botha
In
opdrag van:
Direkteur
van Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/spieterse