Mnguni and Another v S (A82/2012) [2013] ZAFSHC 85 (30 May 2013)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Youth offenders — Appellants, aged 16 and 17 at the time of the offences, convicted of robbery with aggravating circumstances, murder, and rape — Sentences imposed of 8 years for robbery, 20 years for murder, and 15 years for rape, to run concurrently for an effective term of 20 years — Appeal against sentence on grounds of excessive length and failure to consider alternative sentencing options under the Child Justice Act — Court finds no misdirection in the trial court's sentencing discretion, noting the serious nature of the crimes and lack of remorse from the appellants — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2013
>>
[2013] ZAFSHC 85
|

|

Mnguni and Another v S (A82/2012) [2013] ZAFSHC 85 (30 May 2013)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appèl nr.:
A82/2012
In
die appèl tussen:
SEUN
ELIAS MNGUNI
......................................................
1ste
Appellant
TSEPO
NHLAPO
...............................................................
2de
Appellant
en
DIE STAAT
...........................................................................
Respondent
___________________________________________________
CORAM:
RAMPAI, WND RP
et
JORDAAN, R
et
LEKALE, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
JORDAAN, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
20 MEI 2013
GELEWER OP:
30 MEI 2013
_____________________________________________________
[1] Die appellante is in
die rondgaande hof te Kroonstad skuldig bevind aan roof met
verswarende omstandighede, moord en verkragting
onderskeidelik.
Appellant nommer 2 is ook skuldig bevind aan aanranding gewoon.
Tydens pleging van die misdrywe was appellant nommer
1, 16 jaar en 4½
maande oud en appellant nommer 2, 17 jaar en 10½ maande oud by
benadering. Uit hoofde daarvan het
die hof derhalwe gesit as
kinderhof in terme van die “Child Justice Act, nr 75 van 2008”.
[2] Die appellante is elk
op aanklagtes 1, 2 en 4 soortgelyke vonnisse opgelê, naamlik op
die roof met verswarende omstandighede
8 jaar gevangenisstraf, op die
moord aanklag, 20 jaar gevangenisstraf en op die verkragtingsaanklag,
15 jaar gevangenisstraf. Appellant
2 is ook op die aanrandingsklagte
6 maande gevangenisstraf opgelê. Die verhoorhof het gelas dat
die vonnisse van beide so
uitgedien word dat hulle ‘n
effektiewe termyn van gevangenisstraf van 20 jaar uitdien. In terme
van artikel 84 van voormelde
wet het hulle ‘n reg op appèl
wat hulle uitgeoefen het slegs met betrekking tot vonnis.
[3] Hierdie appèl
het derhalwe slegs te doen met die vonnisse opgelê aan die
appellante.
[4] Tydens
vonnisoplegging op 9 Maart 2012 was appellant 1 ongeveer 17 jaar oud
en appellant 2 reeds 18½ jaar oud. In terme
van artikel 77 van
voormelde wet is die bepalings van die wet met betrekking tot die
oplegging van vonnis van toepassing op persone
wie tydens vonnis
verrigtinge nog nie die ouderdom van 18 jaar bereik het nie. Meer in
die besonder verwys artikel 77 van die wet
uitdruklik na die datum
van oplegging van vonnis as synde bepalend van die toepaslike
ouderdom vir doeleindes van vonnis. Op daardie
stadium was nog slegs
appellant nommer 1 derhalwe onder die ouderdom van 18 jaar en ‘n
kind terwyl appellant nommer 2 reeds
volwasse ouderdom bereik het.
[5] Wat die pleging van
die misdrywe betref blyk dit dat die appellante die betrokke gesin op
‘n plaas geval het, die man,
‘n middeljarige persoon,
noodlottig beseer het en ook die oorledene se moeder, ‘n 84
jarige dame, beurtelings verkrag
het. Daar is ook ‘n aantal
items tydens die aanval geroof. Die aanrandingsklag het betrekking
gehad op die oorledene se eggenote
wie voor die verhoor reeds oorlede
is.
[6] Alhoewel aanvanklik
namens die appellante aangevoer is dat die effektiewe termyn van
gevangenisstraf van 20 jaar skokkend hoog
en onvanpas is en
voorgestel is dat ‘n meer gepaste vonnis een van 18 jaar
gevangenisstraf sou wees in geval van appellant
nommer 1 en 18½
jaar in geval van appellant nommer 2, het Mnr Nel tydens argument
tereg toegegee dat dit nie sodanig verskil
van die effektiewe
opgelegde vonnisse dat dit as ‘n wesenlike verskil aangemerk
kan word wat bloot op grond daarvan inmenging
regverdig nie.
[7] Mnr Nel het
hoofsaaklik betoog dat die hof fouteer het deur nie die vonnisopsie
vervat in artikel 76 van voormelde wet uit te
oefen en die appellante
ten minste vir die eerste gedeelte van die termyn van aanhouding te
verwys na ‘n kindersorgsentrum
soos bedoel in artikel 76 van
die wet nie. Hy het betoog dat die verhoorhof fouteer het om nie te
gelas dat die appellante in sodanige
sentrum vir verpligtende
aanhouding geplaas word vir ‘n tydperk waarna hulle weer voor
die hof sou verskyn om te beslis oor
hulle voortgesette aanhouding in
‘n gevangenis nie. Inderdaad is betoog dat die verhoorhof nie
voldoende ag-geslaan het op
die bepalings van voormelde wet met
betrekking tot vonnisopsies en vonnisoplegging nie.
[8] Ten opsigte van beide
appellante is voorvonnis verslae verkry en aan die hof voorgelê
vir doeleindes van oorweging van
vonnis. Ten opsigte van beide meld
die proefbeampte verslae dat nie een van die twee werklike berou toon
nie en dat sodanige berou,
indien dit sou bestaan ‘n
voorvereiste sou wees vir alternatiewe vorme van aanhouding buite die
gevangenis. In die verslae
word dan ook direkte gevangenisstraf
aanbeveel.
[9] In sy uitspraak op
vonnis het die verhoorhof inderdaad die alternatiewe opsies soos
onder andere vervat in artikel 76 van die
wet in oorweging geneem.
Die verhoorhof het tot die gevolgtrekking gekom dat die aanhouding
van appellante in ‘n kinder en
jeugsorgsentrum nie ‘n
gepaste vonnis is nie en dat die enigste gepaste vonnis direkte
langtermyn gevangenisstraf is. Die
argument dat die verhoorhof nie
voldoende rekening gehou het by die bepalings van die wet by
oplegging van vonnis nie kan derhalwe
nie water hou nie en wys die
uitspraak op die teendeel.
[10] Die appellante was
welliswaar jeugdig tydens pleging van die misdrywe maar aan die ander
kant was appellant 1 bykans 18 jaar
oud tydens oplegging van vonnis
en appellant 2 reeds meerderjarig. Hulle is skuldig bevind aan
verskeie ernstige misdrywe wat met
groot mate van geweld en
geweldadige optrede gepaard gegaan het. Daar kan geen twyfel wees dat
die misdrywe wat hulle gepleeg het
‘n langtermyn van
gevangenisstraf vereis het nie. Weens hulle gebrek aan berou en insig
in hul wandade sou dit myns insiens
geen doel dien om hulle vir ‘n
relatiewe kort gedeelte van die totale vereiste aanhoudingstydperk
onder verpligte aanhouding
in ‘n jeugsorgsentrum te laat aanhou
nie. Inteendeel is ek van mening dat dit tot nadeel van ander
aangehoudendes in sodanige
sentra kan wees indien die appellante,
synde geweldadige misdadigers, tesame met sodanige ander jeugdiges
aangehou word en aan
hulle blootgestel word.
[11] Die verhoorhof het
met betrekking tot vonnis ‘n diskresie om ‘n gepaste
vonnis in die omstandighede van ‘n
saak op te lê en die
magte van ‘n hof van appèl om daarmee in te meng is
slegs beperk tot gevalle waar daar
‘n wanvoorligting begaan is
of waar die vonnis so skokkend onvanpas is dat inmenging geregverdig
word. Daar is reeds daarop
gewys dat daar hoegenaamd nie gesê
kan word dat die vonnisse skokkend onvanpas is nie en myns insiens is
daar ook geen mistasting
aangetoon wat deur die verhoorhof begaan sou
wees nie. Al die relevante faktore met betrekking tot vonnisoplegging
en vonnisopsies
is behoorlik deur die verhoorhof in oorweging geneem
en kan die verhoorhof se benadering nie fouteer word nie. Soos reeds
gemeld
was appellant nommer 2 tydens vonnisoplegging reeds
meerderjarig en appellant nommer 1 enkele maande vanaf bereiking van
die ouderdom
van 18 jaar af. Waar dit duidelik is dat hulle vir ‘n
wesenlike tyd in die gevangenis sal moet deurbring sou dit geen doel

dien om hulle vir ‘n relatiewe kort tydjie in ‘n
jeugsorgsentrum te laat aanhou nie.
[12] Ons is deur Mnr Nel
namens die appellante versoek om riglyne neer te lê met
betrekking tot die vraag wanneer dit gepas
sou wees om, by die vonnis
van jeugdige misdadigers, sodanige jeugdiges in terme van artikel 76
van die wet te verwys vir verpligte
aanhouding in ‘n
jeugsorgsentrum. ‘n Gepaste vonnis vir jeugdige misdadigers,
soos vir enige ander misdadiger, is iets
wat afhang van die
spesifieke omstandighede van elke saak sowel as die spesifieke
omstandighede van die betrokke misdadiger. In
hierdie verband het ‘n
verhoorhof ‘n wye diskressie om na gelang van die omstandighede
van elke geval ‘n gepaste
vonnis te oorweeg. Ek meen nie dat
dit moontlik of dienlik is om te poog om by wyse van riglyne ‘n
algemene voorskrif daar
te stel waardeur bes moontlik die diskresie
van ‘n vehoorhof by vonnisoplegging aan bande gelê kan
word nie. Inteendeel
is ek van mening dat dit gevaarlik sou wees om
sodanige riglyne
in vacuo
te probeer neerlê sonder
verwysing na spesifieke omstandighede wat tans aan ons onbekend is.
Ons kan derhalwe nie aan die
versoek voldoen nie. Die verste wat
gegaan kan word is om te bevind dat daar in die huidige saak en in
die huidige omstandighede
nie voldoende regverdiging is vir inmenging
met die verhoorhof se diskresie by vonnisoplegging nie en daar
onvoldoende gronde is
om te bevind dat die verhoorhof inderdaad ‘n
gedeelte van die vonnis ooreenkomstig artikel 76 moes oplê.
[13] Ek is derhalwe nie
oortuig dat die appèl kan slaag nie maar van mening dat die
appèl van beide appellante afgewys
behoort te word.
________________
F. JORDAAN, R
Ek stem saam.
______________
L. J. LEKALE, R
Ek stem saam en die appèl
van beide appellante word afgewys.
____________________
M. H. RAMPAI, WND RP
Namens die appellante:
Adv. P. W. Nel
In opdrag van:
Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. J.P. du P Botha
In opdrag van:
Die Direkteur: Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/eb