Prinsloo v S (A40/13) [2013] ZAFSHC 54 (18 April 2013)

52 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Bail — Appeal against refusal of bail — Appellant charged with treason and conspiracy to commit terrorist activities — Appellant's bail application denied by magistrate on grounds of flight risk and public safety — Legal issue whether appellant demonstrated extraordinary circumstances justifying release on bail — Court held that appellant failed to establish that he was likely to be acquitted and that his personal circumstances did not warrant bail; appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2013
>>
[2013] ZAFSHC 54
|

|

Prinsloo v S (A40/13) [2013] ZAFSHC 54 (18 April 2013)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appèlnommer:
A40/13
In
die saak tussen:-
JOHAN
HENDRIK PRINSLOO
................................................
Appellant
en
DIE STAAT
..........................................................................
Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
KRUGER, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
10 APRIL 2013
_____________________________________________________
GELEWER OP:
18 APRIL 2013
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
borg appèl. Appellant is beskuldigde 3 in ‘n saak waarin
vier beskuldigdes teregstaan op klagtes
van (1) Hoogverraad en (2)
Sameswering om terroriste-aktiwiteite te onderneem soos bedoel in
artikels 2 en 14 van die Wet op Beskerming
van Konstitusionele
Demokrasie teen Terroriste- en Verwante Aangeleenthede, 33 van 2004.
Dit is nie in geskil dat die tweede klagte
onder Bylae 6 van die
Strafproseswet 51 van 1977 val nie. Dus moes appellant getuienis
aanbied wat die hof oortuig dat daar buitengewone
omstandighede
bestaan wat sy vrylating in die belang van geregtigheid veroorloof
(artikel 60(11)(a) van die Strafproseswet, Wet
51 van 1977). Die
eerste klagte, Hoogverraad, ressorteer onder Bylae 5 wat ‘n
ligter las oplê. Hierdie saak is gevoer
op die basis van die
vereistes van Bylae 6 soos in artikel 60(11)(a) verwoord.
[2] Appellant is op 16
Desember 2012 gearresteer en sy aansoek om borgtog is op 23 Januarie
2013 deur die landdros afgewys. Slegs
beskuldigde 4, Boonzaaier, het
borg gekry. Die borg appèl van beskuldigde 2, Keevy, is op 25
Maart 2013 deur Daffue R aangehoor
en op 2 April 2013 afgewys.
[3] Artikel 65 van die
Strafproseswet handel met appèl na ‘n hoër hof ten
opsigte van borgtog. Artikel 65(4) bepaal
dat die hof wat die appèl
aanhoor nie die beslissing van die laer hof tersyde stel nie, tensy
die hof oortuig is dat die
beslissing verkeerd is. Artikel 65(4) moet
gelees word in samehang met artikel 97 van die herroepe
Strafproseswet 56 van 1955.
Onder artikel 97 was daar ‘n appèl
in die wye sin, wat ‘n totale herverhoor en herbeoordeling oor
die meriete
behels het, met of sonder bykomende inligting (
S v
Mohamed
1977 (2) SA 531
(A) te 538 D – H). Die rede was
omdat gemeen is dat die beskuldigde geregtig was op ‘n tweede,
vars en onafkhanklike
opinie van die Hooggeregshof, voordat sy
vryheid ingeperk word in afwagting van die bepaling van sy skuld of
onskuld (
S v Mohamed
,
supra
, 539 A). In
S
v Mohamed
verwys appèlregter Trollip na ‘n
tweede tipe appèl te 538 E – F:

(ii)
An appeal in the well-known narrow, technical sense; that is, a
re-hearing on the merits, but one that is limited
to the information
on which the magistrate's decision was given, and in which the only
issue to determine is whether that decision
was right or wrong;”
Onder die 1977
Strafproseswet het die wetgewer landdroste wye bevoegdheid gegee om
borg toe te staan en artikel 65(4) bepaal daarom
dat die
Hooggeregshof slegs met die landdros se bevinding kan inmeng as die
Hooggeregshof
tevrede is dat die landdros se
beslissing verkeerd was (
South
African Criminal Law and Procedure
Volume
V deur Lansdown en Campbell (1982) op 333). Die vraag by ‘n
borg appèl is of the landdros verkeerd was (
S
v Barber
1979 (4) SA 218
(D) te
220E-F). Artikel 65(4) plaas nie ‘n swaarder las op ‘n
appellant as wat hy by ander strafappèlle het
nie. (Van den
Berg,
Bail
(3de
Uitgawe) (2012) te 233.) Van den Berg se aanhaling op bl 232 verwys
na ‘n appèl in die wye sin, soos bestaan het
onder die
herroepe 1955 Strafproseswet. Artikel 65(4) maak duidelik dat ‘n
borg appèl ‘n appèl in die
eng sin is, soos
omskryf in
Mohamed
se
saak hierbo.
[4] Die borgaansoek is
gevoer op die basis van eedsverklarings deur die appellant en die
ander beskuldigdes en die ondersoekbeampte.
Geen
viva voce
getuienis is gelewer nie. Die volgende eedsverklarings is geliasseer,
(afgesien van verklarings van beskuldigdes 1, 2 en 4):
J Prinsloo (Beskuldigde
3, appellant) 8 Januarie 2013
Kaptein Laux
(ondersoekbeampte)
J Prinsloo (Beskuldigde
3, appellant) 11 Januarie 2013
Kaptein Laux 11 Januarie
2013.
[5] Borgverrigtinge is
eiesoortig en die verklarings kan nie beoordeel word soos stukke in
mosie-verrigtinge nie. Reëls oor
bewyslas en toelaatbaarheid van
getuienis is anders in borgverrigtinge as by verhore: hier het die
appellant ‘n bewyslas
onder artikel 60(11)(a), hoorsê
getuienis is toelaatbaar (Van den Berg 114 – 115;
S v
Maki en Andere (1)
1994 (2) SASV 630 (OK) te 635d – g);
opinie-getuienis (spesifiek van die ondersoekbeampte) is toelaatbaar
(
S v Joone
1973 (1) SA 841
(K) te 847A-B; Van der Berg
116 – 117). Die feit dat bewerings deur ‘n applikant om
borg in ‘n eedsverklaring
nie teengespreek word nie, bewys nie
daardie bewerings nie. Die bewyslas bly op die applikant (
Yvonne
Beetge v The State
(925/12)
[2013] ZASCA 1
(11 Februarie
2013).
[6] Namens appellant
betoog Mnr Nel dat die basiese beginsel van borg die beskerming van
persoonlike vryheid is. Die vraag is of
die belang van geregtigheid
veroorloof dat appellant vrygelaat word op borg. Die sentrale vraag
is of die appellant sy verhoor
sal staan. Die skuld van die appellant
is ‘n faktor, maar nie deurslaggewend nie. Mnr Nel voer aan dat
die landdros bevind
het dat die appellant ‘n vlug-risiko is,
dat die belange van geregtigheid nie gedien sou word deur sy
vrylating op borg nie,
dat die openbare belang benadeel sou word en
die openbare veiligheid bedreig sou word as die appellant op borg
vrygelaat word.
[7] Mnr Nel betoog dat
appellant se persoonlike omstandighede, gesien saam met sy mediese
toestand, genoegsame gronde daarstel om
hom op borg vry te laat. Mnr
Nel lê klem op die volgende persoonlike omstandighede:
(i) Appellant is die
eienaar van twee woonhuise en plase waarvan die waarde substansieel
is.
(ii) Appellant het groot
sake-bedrywighede naamlik belange in 10 maatskappye.
(iii) Daar is 70 mense in
diens in appellant se besighede.
(iv) Appellant het sterk
familiebande, ook getroude kinders met kleinkinders op pad.
[9] Wat die bewering
betref dat appellant bande met Duitsers en Franse het, sê Mnr
Nel dat die bande op sigself nie voldoende
is om borg te verhinder
nie, die hof moet bevind dat dit waarskynlik is dat die risiko van
ontvlugting sal plaasvind. (Kyk
S v Dlamini; S v Dladla and
Others; S v Joubert; S v Schietekat
1999 (2) SASV 51 (KH) par
[53].) Wat appellant se mediese toestand betref, sê Mnr Nel dat
appellant reeds twee beroertes
gehad het en sewe maande in ‘n
rolstoel was. Verder ly hy aan slaap apnee en moet hulpmiddels
gebruik as hy slaap, anders
kan hy doodgaan. Mnr Nel sê die
infrastruktuur van die Departement van korrektiewe Dienste is nie
voldoende om na appellant
se mediese toestand om te sien nie. In
antwoord op die mediese aspekte van die betoog, wys Mnr Abrahams, vir
die Staat, daarop
dat appellant geen stawing gee of enige mediese
getuienis nie en dat daar geen getuienis is dat appellant nie in die
gevangenis
die nodige behandeling kan kry nie. In die uitspraak in
die borg appèl van beskuldigde 2, Keevy in hierdie saak, gegee
deur
my ampsbroer Daffue, word bevind dat die beweerde mediese
toestand, sonder getuienis van ‘n mediese praktisyn,
onvoldoende
is om buitengewone omstandighede daar te stel (par [21]);
S v van Wyk
2005 (1) SASV 41 (HHA) par [9]).
[10] Wat die persoonlike
omstandighede betref, sê Mnr Abrahams dat daar niks
buitengewoon aan appellant se persoonlike omstandighede
is nie (
S
v Scott-Crossley
2007 (2) SASV 470 (HHA) par [12]). Appellant
se gesinslede kan sy besigheidsbelange hanteer. Daar is geen
getuienis dat appellant
se besigheidsbelange skade gely het deur sy
aanhouding nie.
[11] Wat die meriete
betref, verwys Mnr Nel na ‘n aantal passasies in die
eedsverklaring van beskuldigde 4, waarin sekere
bewerings wat deur
Kaptein Laux gemaak word, ontken word, en in sy verdere
eedsverklaring spreek Kaptein Laux nie daardie ontkennings
aan nie.
[12] Soos reeds hierbo
genoem, is borgverrigtinge eiesoortig en die beginsel by
mosie-verrigtinge dat waarde geheg word aan ontstentenis
van ‘n
ontkenning in repliek van ‘n bewering in ‘n antwoordende
eedsverklaring, kan nie sonder meer hier toepassing
vind nie. Hierdie
is nie ‘n verhoor op eedsverklarings nie. Dit is nie die taak
van die borghof om ‘n voorlopige bevinding
van skuld in te
bring nie (
S v van Wyk
(
supra
) par [6]). Die
borgverhoor is nie ‘n kleedrepetisie nie (
S v
Scott-Crossley
(
supra
) par [7]). Na my mening is die
hoofoogmerk van die ondersoek na die sterkte van die staatsaak soos
bedoel in artikel 60(6)(g) na
die situasie waar die staatsaak
ooglopend so swak is dat dit onbillik sou wees om die beskuldigde in
aanhouding te laat bly in
afwagting van die verhoor. Mens kan tog nie
werk met “relatiewe” sterkte van die staatsaak, want dit
impliseer dan
“relatiewe” duur van aanhouding voor die
verhoor. Die Wet tref nie sulke fyn onderskeide nie, en tereg, want
dit is
ongewens om op die borg stadium bevindinge, selfs voorlopige
bevindinge, oor skuld te maak.
[13] Dit is nie moontlik
vir die borghof om die sterkte van ‘n staatsaak behoorlik te
beoordeel nie. Selfs as die saak swak
voorkom, kan die vervolging by
die verhoor sukses behaal (
S v Mathebula
2010 (1) SASV
55 (HHA) par [12]). As ‘n appellant kan bewys dat hy
waarskynlik onskuldig bevind sal word, sou dit as ‘n

buitengewone omstandigheid kan deurgaan (
S v Botha en ‘n
Ander
2002 (1) SASV 222 (HHA) par [21]).
[14] Oor “vlug”-risiko
kan verwys word na V.G. Hiemstra,
Suid-Afrikaanse Strafproses
,
3e Uitgawe (1981) op 131 onder die opskrif “Die risiko van
ontwyking van die verhoor”:

Die mees
berugte mistasting by ‘n hof wat wel borgtog toegestaan het, is
die geval van Fischer, Transvaal 1966. Die beskuldigde
was ‘n
advokaat van hoë aansien en integriteit, maar hy het tog sy
gegewe woord gebreek. Dit het gekom deurdat hy aanhanger
was van ‘n
ideologie met eiesoortige etiese standaarde.”
[15] In hierdie geval het
appellant nie getoon dat hy waarskynlik vrygespreek sal word nie.
[16] By ‘n borg
aansoek moet die hof die toepaslike regsbeginsels toepas en by
artikel 60(11)(a) ‘n waarde-oordeel maak
oor of die belang van
geregtigheid vrylating op borg veroorloof. Die appèl word
beoordeel soos ander appèlle: die
hof kyk of daar
wanvoorligtings was, of die landdros die feite of die reg verkeerd
toegepas het, en of die landdros sy diskresie
oor die belang van
geregtigheid behoorlik uitgeoefen het.
GEVOLGTREKKING
[17] Die misdrywe wat
appellant op tereg staan, is ernstig en swaar vonnisse kan opgelê
word. Die feit dat die misdade teen
die publiek gerig is ‘n
oorweging wat in ag geneem moet word. Dis nie soos ‘n geval van
‘n geïsoleerde insident
van moord nie. Die publiek as
geheel word bedreig. (Vergelyk die uitspraak van Daffue R in
S
v Keevy
van 2 April 2013 in hierdie saak.)
[18] Daar is niks
buitengewoon aan appellant se persoonlike omstandighede nie. Sy
gesonde finansiële toestand - as mens dit
kan aflei van sy bates
en sakebelange – kon net sowel ‘n aansporing wees om te
ontvlug as om te bly. Op die beste vir
appellant is dit ‘n
neutrale faktuur. Wat sy mediese toestand betref, is daar geen
stawende mediese getuienis nie en geen
getuienis dat die Departement
van Korrektiewe Dienste nie vir appellant kan sorg nie. Appellant het
nie aangetoon dat die saak
teen hom so swak is dat dit in die belang
van geregtigheid is dat hy op borgtog vrygelaat word nie. Daar is
geen basis om met die
landdros se bevinding in te meng nie.
BEVEL
[19] Die appèl
word afgewys.
_____________
KRUGER, R
Namens appellant: Adv
Johan Nel
In opdrag van:
Kramer Weihmann Joubert
BLOEMFONTEIN
Namens respondent: Adv
S.N. Abrahams
In opdrag van:
Direkteur Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp/wm