S v Lelala (64/2013) [2013] ZAFSHC 48 (28 March 2013)

Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Child abuse — Incorrect charge under repealed legislation — Accused pleaded guilty to child abuse under the now-repealed Child Care Act 74 of 1983 — Trial magistrate recognized the error prior to sentencing and requested a special review — Court held that the conviction was invalid due to the use of the incorrect statute and set aside the conviction, allowing the State to re-charge under the correct legislation.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2013
>>
[2013] ZAFSHC 48
|

|

S v Lelala (64/2013) [2013] ZAFSHC 48 (28 March 2013)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Hersiening Nr. : 64/2013
In
die hersiening tussen:-
DIE
STAAT
en
NUTRICIA
LELALA
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE, WND RP
et
JORDAAN, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
JORDAAN, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
28 MAART 2013
____________________________________________________
[1] Die beskuldigde is aangekla van kindermishandeling
ter oortreding van Wet 74 van 1983. Sy het skuldig gepleit en is
ooreenkomstig
haar pleitverduideliking skuldig bevind.
[2] Voordat sy gevonnis is, het die verhoorlanddros
besef dat die betrokke Wet vervang is deur die Kinderwet Nr 38 van
2005 en dat
sy derhalwe in terme van die verkeerde Wet aangekla en
skuldig bevind is.
[3] Die saak is gestuur vir ‘n spesiale hersiening
in terme van Artikel 304(4) van die Strafproseswet Nr 51 van 1977.
Die
landdros versoek dat die skuldigbevinding uit die hoofde van die
voorgaande fout tersyde gestel word en dat die saak terug verwys
word
ten einde
de novo
te begin.
[4] Daar is geen twyfel dat die skuldigbevinding uit
hoofde van die voormelde omstandighede nie korrek is nie en dat
gevolg gegee
moet word aan die versoek van die landdros.
[5] Soos wat die klagstaat tans lui, is die beskuldigde
steeds aangekla onder die verkeerde Wet en sou ‘n
terugverwysing vir
doeleindes van ‘n
de novo
verhoor in
terme van die bestaande klagstaat geen doel dien nie. Dit is derhalwe
slegs nodig dat die skuldigbevinding tersyde gestel
word en sal dit
die Staat vry staan om haar opnuut aan te kla, onder die korrekte
Artikel van die nuwe Wet.
[6] Gevolglik word die skuldigbevinding tersyde gestel.
_______________
A.F. JORDAAN, R
Ek stem saam.
______________________
S.P.B. HANCKE, WND RP
/sp