Swartz v S (A118/2012) [2013] ZAFSHC 31 (21 February 2013)

52 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of theft and sentenced to 12 years imprisonment — Appeal granted against sentence only, with appellant arguing sentence was shockingly inappropriate — Court found that the original sentence did not adequately consider the circumstances of the crime and the appellant's prior convictions, which were over 10 years old — Sentence reduced to 8 years imprisonment, backdated to the original sentencing date.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2013
>>
[2013] ZAFSHC 31
|

|

Swartz v S (A118/2012) [2013] ZAFSHC 31 (21 February 2013)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : A118/2012
In
die saak tussen:-
STEPHEN
SWARTZ
................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
..........................................................................
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
C J MUSI, R
et
P W DA
ROCHA-BOLTNEY, WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
DA ROCHA-BOLTNEY, WND R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
4 FEBRUARIE 2013
_____________________________________________________
GELEWER OP:
21 FEBRUARIE 2013
_____________________________________________________
[1] Die appellant is op 16 Julie 2008 in die Streekshof
te Kroonstad skuldig bevind aan diefstal van ‘n motorvoertuig
en tot
12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Nadat aansoek om verlof om
te appèlleer teen beide skuldigbevinding en vonnis geweier
was, was daar ‘n petisie na die Regter President van hierdie
hof gerig en verlof tot appèl slegs teen vonnis was
toegestaan.
[2] Appellant was met twee mede-beskuldigdes aangekla
van diefstal van ‘n motorvoertuig en huisbraak met die opset om
te steel
en diefstal. Appellant, synde beskuldigde een, was slegs
skuldig bevind aan klagte 1. Die skuldigbevinding was grotendeels op
omstandigheidsgetuienis
gebasseer.
FEITE
[3] In die oggendure van 16 April 2007 was die klaer,
Jurie Swart, van die plaas Palm in die distrik Heuningspruit, se Ford
Ranger
bakkie met registrasienommer 700JHSFS uit sy stoor gesteel.
Die stoor was toegesluit maar die sleutels van die voertuig was in
die aansitter. Die volgende dag was die bakkie teruggekry aldaar dit
in ‘n motorongeluk betrokke was.
[4] Op die betrokke dag was daar op ‘n ander plaas
by ‘n huis ingebreek en goedere daar gesteel.
[5] Die appellant en die vorige beskuldigde 2 was op die
toneel aangekeer. Beskuldigde 2 was as die bestuurder van die bakkie
aangewys.
Beskuldigde 2 het gevra om die badkamer van ‘n naby
geleë huis te gebruik. Toe die polisie beampte bevestigend
antwoord
is beskuldigde 2 na die woning en het nooit weer teruggekeer
na die ongelukstoneel nie. Die polisie beampte het vermoed dat dit

moontlik ‘n gesteelde voertuig kan wees en was appellant
gearresteer. Gedurende die visentering van appellant was ‘n
mes
op sy persoon gevind.
[6] Die polisie beampte getuig dat appellant agter die
bakkie gesit het. Speur-Inspekteur Benadie getuig dat hy daardie dag
met
‘n ondersoek besig was en gesien het hoe die bakkie
(betrokke in klagte no 1) met ‘n Citi Golf bots.
[7] Appellant het beweer dat hy slegs ‘n
geleentheid by die bestuurder van die bakkie gekry het. Hy het ‘n
blou swemkeps
op sy kop gehad. Met verdere navrae was daar vasgestel
dat daar ook gedurende die huisbraaksaak ‘n blou swemkeps
gesteel
was. Die betrokke blou swemkeps kon egter nie deur die klaer
uitgeken word nie en was as appellant sin bestempel. Inspekteur De

Goveia getuig dat hy beskuldigde 2 en 3 na uitwysing van appellant
gearresteer het.
[8] Met verdere ondersoek was die klaagster se eiendom
in klagte 2 by die meisie van beskuldgide 3 gekry. Die betrokke
getuie het
ook die bewering gemaak dat die appellant en beskuldigde 2
en 3 na eersgenoemde se suster oppad was om die bakkie daar te
verkoop.
AD VONNIS
[9] Aldus Mnr Reyneke, namens die appellant, is die
vonnis skokkend en onvanpas. Appellant is ‘n 39-jarige getroude
man met
3 minderjarige kinders. Hy was vir 15 maande in aanhouding
hangend die finalisering van sy saak. Appellant het wel toepaslike
vorige
veroordelings, maar dit dateer na meer as 10 jaar gelede.
[10] Mev Liebenberg, namens die Respondente het
aangevoer dat die vonnis bekragtig behoort te word, en wel om die
volgende redes:
Die misdryf was beplan;
Alhoewel die bakkie teruggevind was het dit skade
opgedoen;
Die misdryf het ‘n besondere hoë voorkoms.
Die appellant het nie minder as 7 (sewe) relevante
vorige veroordelings.
[11] Dit is geykte reg dat die hof van appèl
slegs met ‘n verhoorhof se vonnis sal inmeng indien die hof,
onder andere,
van oordeel is dat die verhoorhof ‘n mistasting
begaan het of dat die vonnis skokkend onvanpas is. Sien
S v
Pieters
1987 (3) SA 717
(A).
[12] Die verhoorhof was van oordeel dat die appellant se
vorige veroordelings wel in ag geneem moet word vir vonnisdoeleindes.
Dit
ten spyte van die feit dat daar meer as 10 jaar verloop het
sedert die laaste relevante vorige veroordeling.
[13] Die verhoorhof het melding gemaak van die feit dat
hierdie misdryf op ‘n plaas gepleeg was en dat plaasboere nie
eintlik
veel kan doen om soortgelyke misdrywe aan bande te lê
nie. Ek voel myself genoop om met respek hiermee te verskil,
aangesien
dit gemene saak was dat die sleutels van die bakkie in die
aansitter was. Ook die mate van beplanning waarna verwys word, gaan
nie op nie. Ek sou gelyk gee aan die argument dat plaasboere moontlik
geteiken kan word as gevolg van die afsondering op plattelandse

gebiede waar hulle hulle moontlik kan bevind.
[14] Met inagneming van al die vonnis faktore is dit my
mening dat ‘n termyn van 12 jaar gevangenisstraf skokkend en
onvanpas
is, en wel om die volgende redes:
14.1. Appellant was grotendeels skuldig bevind op
omstandigheidsgetuienis;
14.2. Appellant se vorige veroordelings dateer langer as
10 jaar gelede.
[15] Ek maak derhalwe die volgende bevel:
15.1 Die appèl teen vonnis word gehandhaaf.
15.2 Die skuldigbevinding word bekragtig.
15.3. Die vonnis word ter syde gestel en vervang met 8
(agt) jaar gevangenisstraf.
15.4 Die vonnis word terugdateer tot 16 Julie 2008.
_______________________________
P. W. DA ROCHA-BOLTNEY, WND R
Ek
stem saam.
___________
C. J MUSI, R
Namens
die appellant: Mnr K. Pretorius
In
opdrag van:
Bloemfontein
Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. E. Liebenberg
In
opdrag van:
Die
Direkteur: Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/eb