About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2013
>>
[2013] ZAFSHC 14
|
|
Majola v S (A234/12) [2013] ZAFSHC 14 (21 February 2013)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appèlnommer :
A234/12
In
die saak van:-
SIMON
BAFANA MAJOLA
.......................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
........................................................................................
Respondent
CORAM:
C J
MUSI, J
et
P W DA ROCHA-BOLTNEY, WND R
AANGEHOOR OP:
4 FEBRUARIE 2013
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
P W DA ROCHA-BOLTNEY, WND R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
21 FEBRUARIE 2013
_____________________________________________________
[1] Die appellant is op
25 Junie 2008 te Sasolburg Streekshof skuldig bevind aan verkragting
en was 10 (tien) jaar gevangenisstraf
opgelê.
[2] Met verlof van die
hof
a quo
beroep die appellant hom nou op appèl teen
beide die skuldigbevinding en vonnis.
AD SKULDIGBEVINDING
[3] Die klaagster, ‘n
volwasse vrou, was op die aand van 2 Maart 2007 na ‘n taverne
met haar vader en ander metgeselle.
In die vroeë oggend ure,
ongeveer 05h30, die volgende dag was klaagster deur beskuldigde
geroep. Aanvanklik het sy geweier,
maar het op aandrang van Mokete,
wie ook ‘n hofgetuie was, gegaan. Die appellant het haar toe
aangerand, na sy woning geneem
en verkrag. Later, toe appellant ‘n
mes by ‘n onbekende jong seun wou vra, het sy geleentheid gekry
om te vlug en in
die proses het haar skoene agtergebly. Klaagster se
vader, Jacob Motsamai Modise, staaf die klaagster in dat sy huilend
die volgende
oggend by sy huis opgedaag het. Verder dat sy sonder
skoene was en sou die vorige aand met hom by die taverne was. Die
mediese
getuienis staaf klaagster se beserings.
[4] Appellant beweer dat
hy in ‘n liefdesverhouding met klaagster betrokke was. Aldus
hom het hulle afgespreek om mekaar buite
die taverne te ontmoet en
dat hy nooit binne die taverne was nie. Hy erken geslagsgemeenskap
met die klaagster, maar beweer dat
dit met toestemming geskied het.
Aldus hom was klaagster die dag na die voorval, onderwyl hy haar huis
toe vergesel het, deur haar
man aangerand.
[5] Teboho Steven
Moeketsi was deur appellant geroep om namens hom te getuig. Hy getuig
dat appellant ‘n kennis van hom is;
dat hy hom gereeld in die
geselskap van ‘n dame gesien het. Hy getuig verder dat die dame
deur ‘n onbekende man met
‘n stoel aangerand was. Hy
verskil van appellant ten opsigte van of die man ‘n mes of ‘n
dumpie in sy hand gehad
het. Hy verskil met appellant ten opsigte hoe
gereeld die partye ontmoet het. Die appellant beweer hulle het mekaar
nie so gereeld
gesien, terwyl sy verdedigingsgetuie getuig het dat hy
hulle gereeld in die week bymekaar gesien het.
[6] Die hof het ook ‘n
getuie te wete Mzizi Joseph Mokete geroep. Hierdie getuie het
bevestig dat hy onder die invloed van
alkohol die betrokke aand was.
Hy bevestig egter dat klaagster, haar vader, sowel as die appellant,
die betrokke aand by die taverne
was.
[7] Mev Liebenberg,
namens die respondent, voer aan dat die uitspraak bekragtig moet
word. Mnr Tshabalala, wie namens die appellant
verskyn het, het
geargumenteer dat sy weergawe aanvaar behoort te word en dat die hof
fouteer het deur te bevind dat die Staat
sy saak bo redelike twyfel
bewys het.
[8] Ek is van oordeel dat
die verhoorhof die tersaaklike getuienis deeglik oorweeg het en stem
saam met die uitspraak uitgebring
en wel om die volgende redes:-
Die klaagster se
getuienis word gestaaf deur haar vader en wel om die volgende
redes:-
Hulle was die vorige
aand saam by die taverne;
Dat hy haar daar gelos
het;
Sy het die volgende dag
huilend by sy huis opgedaag;
Sy was sonder haar
skoene.
Sy het ‘n rapport
aan haar vader gemaak dat sy verkrag was, dit dui op haar
konsekwentheid.
Die mediese getuienis
staaf haar weergawe ten opsigte van haar beserings.
Alhoewel die hofgetuie
dronk was, staaf hy klaagster en haar pa dat die appellant wel die
aand by die taverne was.
Dit is onwaarskynlik,
as die hof appellant se weergawe sou aanvaar, dat die klaagster
sonder skoene sy plek sou verlaat het.
Ek is van oordeel dat
appellant en sy getuie leuenagtige getuies was en kom hul weergawes
op ‘n onlangse versinsel neer.
Appellant se weergawe
kan nie korrek wees nie, want as die hof dit sou aanvaar sou dit
beteken dat die klaagster glad nie die
aand in die taverne sou
gewees het nie.
AD VONNIS
[9] Dit is geykte reg dat
‘n Hof van Appèl slegs met die verhoorhof se vonnis sal
inmeng indien die Hof van Appèl,
van oordeel is dat die
verhoorhof op ‘n onbehoorlike of onredelike wyse opgetree het.
Sien
S v PIETERS
1987 (3) SA 717
(A).
[10] Die argument namens
die appellant was aangevoer dat hy ‘n eerste oortreder is;
werksaam was en sou die potensiaal hê
om te rehabiliteer en dat
die vonnis skokkend en onvanpas is.
[11] Die respondent voer
aan dat die vonnis bekragtig behoort te word.
[12] Die appellant was
skuldig bevind aan verkragting. Betrokke oortreding is gelys onder
Deel III van Skedule 2 van die Strafregwysigingswet
105 van 1997,
soos gewysig. As sulks, indien die hof geen dwingende en substantiewe
omstandighede (soos bedoel in artikel 51(3)(a)
vind nie, moet die hof
die minimum termyn van tien jaar gevangenisstraf vir ‘n eerste
oortreder oplê.
[13] Ek is van oordeel
dat die verhoorhof die aspekte ten opsigte van vonnis in ag geneem
het en sien dus geen meriete in die betoog
dat die vonnis skokkend en
onvanpas is nie.
[14] Ek maak dus die
volgende bevel:
Die appèl teen
skuldigbevinding en vonnis word van die hand gewys.
______________________________
P W DA ROCHA-BOLTNEY,
WND R
Ek
stem saam.
__________
C J MUSI, R
Namens die appellant: Adv
L Tshabalala
In opdrag van:
Bloemfontein Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv E Liebenberg
In opdrag van:
Direkteur Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/spieterse