De Leeuw and Others v MEC Local Government and Housing Free State and Others (420/05) [2006] ZASCA 89; [2006] SCA 88 (RSA) (18 August 2006)

60 Reportability
Administrative Law

Brief Summary

Administrative Law — Review of administrative decision — Application for amendment of town planning scheme — Decision of MEC for Local Government and Housing to refuse application based on absence of traffic impact study — Appellants challenged decision on grounds of unreasonableness and procedural unfairness — Court held that MEC's decision was rationally connected to the information available and did not meet the threshold for review — Appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2006
>>
[2006] ZASCA 89
|

|

De Leeuw and Others v MEC Local Government and Housing Free State and Others (420/05) [2006] ZASCA 89; [2006] SCA 88 (RSA) (18 August 2006)

DIE
HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN SUID-AFRIKA
NIE RAPPORTEERBAAR
Saaknommer
: 420/2005
In
die saak tussen :
CORNELIS
P DE LEEUW EERSTE APPELLANT
MICHAEL
NICOLAS GEORGIOU NO TWEEDE APPELLANT
JOSEPH
CHEMALY NO DERDE APPELLANT
STAMATIOS
TSANGARAKIS NO VIERDE APPELLANT
en
DIE
LID VAN DIE UITVOERENDE
RAAD
VAN DIE VRYSTAATSE
PROVINSIALE
REGERING BELAS
MET
PLAASLIKE REGERING EN
BEHUISING EERSTE
RESPONDENT
VOORSITTER VAN DIE
DORERAAD VAN DIE
VRYSTAAT TWEEDE RESPONDENT
CONSOUW BK DERDE RESPONDENT
CORAM : HARMS, FARLAM, BRAND
ARR, MALAN
et
CACHALIA WND ARR
DATUM : 18 AUGUSTUS 2006
GELEWER
: 18 AUGUSTUS 2006
Neutral citation
: This judgment may be
referred to as
De Leeuw v MEC LOCAL Government and Housing, Free
State
[2006] SCA 88 (RSA).
______________________________________________________________
REDES VIR UITSPRAAK
BRAND AR
/
BRAND AR
:
[1] Hierdie appèl spruit voort uit 'n aansoek ingevolge die
Wet op Opheffing van Beperkings, 84 van 1967 (‘die Wet’) om
die
aanbring van sekere wysigings aan die dorpsaanlegskema van
Bloemfontein. Ooreenkomstig art 3 van die Wet, is die aansoek gerig
aan die eerste respondent (‘die LUR’). Sy besluit om dit nie goed
te keur nie het gelei tot 'n hersieningsaansoek in die Hooggeregshof
van Bloemfontein wat deur Van der Merwe R (met wie Beckley R
saamgestem het) van die hand gewys is. Die onderhawige appèl
teen dié beslissing is met die verlof van hierdie hof.
[2] Die eiendom waaroor dit gaan is 'n besigheidsperseel in Westdene,
Bloemfontein wat, met verwysing na die ankerhuurder, as die
Shoprite
Checkers-perseel bekend staan. Dit behoort aan 'n trust waarvan die
tweede, derde en vierde appellante die trustees is.
Die eerste
appellant is 'n konsultant stads- en streeksbeplanner wat in opdrag
van die trustees die aansoek om wysiging aan die LUR
voorberei het.
Waarom hy in sy persoonlike hoedanigheid by die daaropvolgende
litigasie betrokke geraak het, is nie duidelik nie.
Aangesien geeneen
van die respondente egter sy
locus standi
bevraagteken het
nie, laat ek dit daar.
[3] Ooreenkomstig die bepalings van die Wet is die kennisgewing van
die aansoek gepubliseer en is dit by die betrokke plaaslike owerheid,
synde die Mangaung Munisipaliteit (’die munisipaliteit’)
ingedien. Aanvanklik het slegs die derde respondent, as eienaar van
die aangrensende BMW-gebou, beswaar teen die aansoek geopper. Na
verstryking van die tydperk wat ingevolge die Wet vir kommentaar
voorgeskryf is, het die munisipaliteit egter ook sy toetrede gemaak
deur altesaam tien voorwaardes vir die toestaan van die gevraagde
wysigings voor te stel.
[4] Ten einde sy aanbeveling aan die LUR te maak soos wat in die Wet
beoog word, het die Dorperaad van die Vrystaat ‘n verhoor
gehou wat
'n inspeksie ter plaatse ingesluit het. Tydens die verhoor is die
eerste appellant as enigste getuie geroep waarna advokate
namens die
appellante en die derde respondent hul betoë gelewer het.
Luidens die ietwat kriptiese notule van die verrigtinge
het die derde
respondent onder meer die beswaar geopper dat die invloed van die
voorgestelde ontwikkeling op die verkeersvloei in
die area nie na
behore ondersoek is nie.
[5] In repliek namens die appellante is aangebied om 'n impakstudie
voor te lê wat gedoen is vir 'n vorige ontwikkeling, bekend
as
die Waterfront onwikkeling, en wat betrekking gehad het op 'n veel
groter area. Hierdie aanbod is egter deur die Dorperaad van
die hand
gewys.
[6] Daarna het die Dorperaad toe by die LUR aanbeveel dat hy die
appellante se aansoek om wysiging moet toestaan. Soos egter reeds
aangedui het die LUR nie die Dorperaad se aanbeveling aanvaar nie.
Blykens sy skriftelike redes het een van die LUK se probleme met
die
aansoek soos aan hom voorgelê, te make gehad met die
afwesigheid van 'n verkeersimpakstudie. Dit is bekend, het die LUR
aangevoer, dat daar in die omgewing van die Shoprite Checkers-sentrum
ernstige verkeersophoping plaasvind. Gevolglik was 'n
verkeersimpakstudie
na sy oordeel onontbeerlik vir 'n sinvolle
oorweging van die aansoek. Volgens die LUK het die appellante se
beroep voor die Dorperaad
op 'n voorafgaande impakstudie nie sy
probleem ontmoet nie. Eerstens, omdat dit nie spesifiek op die
betrokke ontwikkeling gerig
was nie en, tweedens, omdat dié
verslag in elk geval nie deel van die aansoek voor hom was nie.
[7] Soos op appèl namens die appellante geformuleer, is die
hersieningsgronde waarop hulle, met verwysing na art 6 van die
‘Promotion of Administrative Justice Act’ 3 van 2000 (‘PAJA’)
steun, tweeledig van aard. Eerstens is hulle betoog, met 'n
beroep op
art 6(h) en 6(2)(f)(ii)(cc) van PAJA, dat die LUR se besluit
onredelik was en sonder enige rasionele verbintenis met die
inligting
wat hy voor hom gehad het. Tweedens het hulle, met 'n beroep op art
6(2)(c), aangevoer dat die prosedure wat die LUR gevolg
het onbillik
was.
[8] In die breë kan die eerste grond van hersiening waarop die
appellante steun myns insiens as ‘substantief’ beskryf word
en
die tweede as ‘prosedureel’. Ek handel eers met die substantiewe
grond. As vertrekpunt in hierdie verband moet in gedagte
gehou word
dat substantiewe onbillikheid of onredelikheid van 'n administratiewe
handeling op sigself nog nooit 'n grond van hersiening
was nie en
steeds nie is nie.
[9] Dienooreenkomstig kan 'n administratiewe besluit slegs in terme
van art 6(2)(h) op grond van onredelikheid ter syde gestel word
as
die besluit een is wat die funsionaris nie redelikerwys kon geneem
het nie Ook die rasionaliteitsvereiste in art 6(2)(f)(ii)
beteken
nie dat die Hersieningshof met die funksionaris moet saamstem nie.
Solank daar 'n objektief rasionele verband (in geval van
subartikel
(cc)) tussen die besluit en die inligting wat voor die funksionaris
was, getrek kan word, is daar aan hierdie vereiste
voldoen.
[10] Na my oordeel is daar geen meriete in die appellante se
substantiewe aanslag op die besluit nie. Elkeen van die LUR se redes,
en veral sy probleem met die afwesigheid van 'n impakstudie, is
rasioneel verbind met sy uiteindelike besluit en kom nie naby die
graad van onredelikheid wat vir inmenging op hersiening vereis word
nie. Op die ou end was die kern van appellante se beswaar dat
die LUR
onredelik was om nie die saak na die Dorperaad terug te verwys nie.
Selfs op die aanvaarding dat hy geregtig was om dit te
doen, is die
vraag of sy besluit om dit nie te doen nie een is wat hy nie
redelikerwys kon geneem het nie. Myns insiens kan dit hoegenaamd
nie
gesê word nie.
[11] Wat betref die beswaar teen die prosedure wat gevolg is, was die
spilpunt van die appellante se betoog dat, toe die LUR besluit
het om
nie die Dorperaad se aanbeveling te volg nie, hy eers sy redes aan
hulle (die appellante) moes verstrek het met die geleentheid
om
daarop te antwoord alvorens hy besluit het om nie hul aansoek goed te
keur nie. Minstens wat die afwesigheid van 'n verkeersimpakstudie
betref, is daar weer eens na my oordeel geen meriete in hierdie
betoog nie. Die afwesigheid van so 'n impakstudie moes vir 'n ervare
dorpsbeplanner soos eerste appellant 'n voor-die-hand-liggende leemte
in die aansoek wees. Hierdie leemte is toe deur derde respondent
by
die vergadering van die Dorperaad onderstreep. Die feit dat die
Dorperaad besluit het om nie op so 'n verslag aan te dring nie
kan
nie aan die LUR se deur gelê word nie.
[12] Gevolglik
is die appèl met koste van die hand gewys.
.......................
F D J
BRAND
APPÈLREGTER
Stem saam
:
HARMS AR
FARLAM AR
MALAN Wnd
AR
CACHALIA
Wnd AR