S v Kotze and Others (CC119/12) [2013] ZAGPPHC 218 (15 July 2013)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Minimum sentences for serious crimes — Accused found guilty of murder and multiple counts of rape — Minimum life sentences prescribed by the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997 applicable — Court must consider substantial and compelling circumstances for deviation from minimum sentences — Personal circumstances of accused assessed, but not sufficient to justify lesser sentences — Life imprisonment imposed for murder and rapes committed in a joint enterprise.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2013
>>
[2013] ZAGPPHC 218
|

|

S v Kotze and Others (CC119/12) [2013] ZAGPPHC 218 (15 July 2013)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
REPORTABLE
IN
DIE HOe HOF VAN DIE REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
NOORD GAUTENG, PRETORIA
SAAK
NO: CC119/12
DATE:15/07/2013
In
die saak van:
Die
Staat
teen
Johannes
Christiaan
Kotze
.........................................................
Beskuldigde
1
Paparona
Andries
Sithole
...........................................................
Beskuldigde
2
Pieta
Mampuru
Mohlake
..............................................................
Beskuldigde
3
Sello
Frans
Mphaka
.....................................................................
Beskuldigde
4
UITSPRAAK: VONNIS
BAM,
WR
1.
Die misdade wat in hierdie saak ter sprake is, is die volgende:
Aanklag
1: Moord van C B;
Die
slagoffer met betrekking tot die volgende 6 aanklagtes is Me L B, die
moeder van die oorledene genoem in aanklag 1.
Aanklag 2:
Menseroof;
Aanklag 3:
Verkragting: (O/a art 3 van Wet
32 van 2007);
Aanklag 4:
Verkragting: (O/a art 3 van Wet
32 van 2007);
Aanklag 5:
Verkragting: (O/a art 3 van Wet
32 van 2007);
Aanklag 6:
Verkragting: (O/a art 3 van Wet
32 van 2007);
Aanklag 7:
Aanranding met die opset om
ernstig te beseer.
2.
Besks. 1 en 2 is aan al die misdrywe skuldig bevind en besks. 3 en 4
is op aanklagtes 2 tot 7.
3.
Oplegging van vonnis is 'n veeleisende, omvattende en moeilike taak.
Daar is verskeie oorwegings en aspekte wat inaggeneem moet
word ten
einde te bepaal wat die mees gepaste vonnis in die betrokke
omstandighede is. Dit sluit in die aard van die misdryf, die

persoonlike omstandighede van die beskuldigde en die belange van die
gemeenskap. Sien S vZinn 1969(2) SA 537 A en S v Mhlakaza
1997(1)
SASV 515 HHA. In die saak vanSv/W 2007(2) SASV539 KH, te 555b, is die
volgende aanhaling uit S v Banda en Andere 1991(2)
SA 352 (B), te
335A-C, goedgekeur:
"The
elements of the triad contain an equilibrium and a tension. A court
should, when determining sentence, strive to accomplish
and arrive at
a judicious counterbalance between these elements in order to ensure
that one element is not unduly accentuated at
the expense of and to
the exclusion of the others. This is not merely a formula, nor a
judicial incantation, the mere stating whereof
satisfies the
requirements. What is necessary is that the court shall consider, and
try to balance evenly, the nature and circumstances
of the offence,
the characteristics of the offender and his circumstances and the
impact of the crime on the community, its welfare
and concern."
4.
Die vier algemeen aanvaarde oogmerke van vonnis is afskrikking,
voorkoming, rehabilitasie en vergelding. Terselfdertyd moet die

element van genade ook voor oe gehou word. Sien 5 v Rabie 1975(4) SA
855 A.
5.
Dit is alom bekend dat ernstige misdade in hierdie land 'n algemene
verskynsel is. Daagliks word daar in ons howe gewaarsku,
deur in baie
gevalle swaar vonnisse op te le, dat mense hulle moet weerhou van
misdaad. Dit skyn egter weinig, indien enige, effek
te he. Gevolglik
is dit so dat die Hoogste Hof van Appel aangedui het dat dit gepas is
dat by strafoplegging daar meer klem gele
behoort te word op
vergelding en voorkoming. In die saak van Mblakaza, te 519d is die
volgende gese.
"Given
the current levels of violence and serious crimes in this country, it
seems proper that, in sentencing especially such
crimes the emphasis
should be on retribution and deterrence."
6.
Wat betref die moord aanklag, aanklag 1, en die
verkragtingsaanklagtes, aanklagtes 3, 4, 5 en 6, skryf Die
Strafregwysigingswet,
No. 105 van 1997, sekere minimum vonnisse voor.
Vir moord, wat beplan is of met voorbedagte rade gepleeg is, soos dit
die geval
was in hierdie saak, word lewenslange gevangenisstraf deur
art 51(1), gelees met Deel 1 van Bylae 2, voorgeskryf. Wat die
verkragtingaanklagtes
betref, skryf genoemde artikel eweneens
lewenslange gevangenisstraf voor in gevalle waar die slagoffer deur
die beskuldigde of
'n mededader meer as eenkeer verkrag is, of waar
die verkragting deur meer as een persoon gepleeg is in die uitvoering
of ter bevordering
van 'n gemeenskaplike doel.
7.
C se dood is beplan. Dit was moord met voorbedagte rade. Alhoewel
besk. 1 vir C laat kom het en hom doodgeskiet het, het besk.
2 aktief
met besk. 1 saamgewerk en is beide aan die moord op bewese feite
skuldig bevind. Gevolglik is die minimum vonnis van lewenslange

gevangenisstraf in hierdie geval wel van toepassing.
8.
Wat aanklagtes 3, 4, 5 en 6 betref, die verkragtingaanklagtes, waar
besks. 1, 2, 3 en 4 respektiewelik afwisselend die hoofdaders
was,
het Me Meintjes aan die hand gedoen dat daardie aanklagtes saamgeneem
behoort te word vir vonnis doeleindes, aangesien al
die beskuldigdes
gesamentlik en deurlopend betrokke was, soos dit deur die Hof bevind
is. Hierdie vier misdrywe is dan ook gelykstaande
aan 'n bende
verkragting. Die bevinding van die Hof is dat Me B herhaaldelik
verkrag is en dat die beskuldigdes 'n gemeenskaplike
opset in daardie
verband gehad het. Mnre Greyling, Van Rooyen en Van As het in
beginsel saamgestem. In die algemeen is dit onwenslik,
weens 'n
verskeidenheid van redes, om aanklagtes saam te neem vir doeleindes
van vonnis, maar in hierdie geval waar die vier betrokke
misdade van
dieselfde aard is en met gemeenskaplike opset gepleeg is, is dit in
belang van geregtigheid om die aanklagtes saam
te neem. Die minimum
vonnis van lewenslange gevangenisstraf is dus ook wat hierdie
aanklagtes betref, van toepassing.
9.
Wet 105 van 1997 skryf nie minimum strawwe voor vir menseroof,
aanklag 2, en aanranding met die opset om ernstig te beseer, aanklag

7, nie.
10.
Artikel 51(3)(a) van genoemde Wet bepaal dat indien die Hof tevrede
is dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan
wat die
oplegging van 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe minimum
regverdig, die hof verplig is om 'n mindere vonnis op te le.
11.
Ten einde vas te stel of daar sodanige wesenlike en dwingende
omstandighede bestaan, moet die riglyne in 5 v Malgas 2001(1)
SASV
469 HHA, die locus classicus in hierdie verband, gevolg word. In die
saak van S v Matyiyi 2011(1) SASV 40 HHA, te 46d-e, par
[11] verskyn
'n bevestiging van die oorwegings wat in Malgas uitgespel is:
"Malgas,
which has since been followed in a long line of cases, set out how
the minimum sentencing regime should be approached,
and in particular
how the enquiry into substantial and compelling circumstances is to
be conducted by a court. To paraphrase from
Malgas: the fact that
Parliament had enacted the minimum sentencing legislation was an
indication that it was no longer 'business
as usual'. A court no
longer had a clean slate to inscribe whatever sentence it thought fit
for specific crimes. It had to approach
the question of sentencing,
conscious of the fact that the minimum sentence had been ordained as
the sentence which ordinarily
should be imposed, unless substantial
and compelling circumstances were found to be present."
Op
p477, par [7], van Malgas, is die benadering wat die hof moet volg,
as volg omskryf: "Whatever nuances of meaning may lurk
in those
words, their central thrust seems obvious. The specified sentences
were not to be departed from lightly and for flimsy
reasons which
could not withstand scrutiny. Speculative hypotheses favourable to
the offender, maudlin sympathy, aversion to imprisoning
first
offenders, personal doubts as to the effacicy of the policy implicit
in the amending legislation, and like considerations
were equally
obviously not intended to qualify as substantial and compelling
circumstances.
Nor
were marginal differences in the personal circumstances or degrees of
participation of co-offenders which, but for the provisions,
might
have justified differentiating between them. But for the rest I can
see no warrant for deducing that the legislature intended
a court to
exclude from consideration, ante omnia as it were, any or all of the
many factors, traditionally and rightly taken into
account by courts
when sentencing offenders."
In die saak van Director of Public
Prosecutions, Transvaal v Venter 2009(1) SASV172 HHA, het Mlambo AR,
met verwysing na Malgas,
die volgende opgemerk:
"The
court reasoned that the aim of the legislature was to achieve a
'severe, standardized and consistent' response from courts
in
imposing sentence unless there were 'truly convincing reasons for a
different response'; that when considering what sentence
to impose
'emphasis was to be shifted to the objective gravity' of the crime
and society's need for effective sanctions against
it."
12.
Besk. 1 se persoonlike omstandighede is as volg. Hy is tans 52 jaar
oud. Hy het een kind om voor te sorg. Hy het 'n skoon rekord.
Hy was
'n boer en 'n besigheidsman. Ter versagting van vonnis het Mnr
Greyling aangevoer dat besk. 1 op hierdie stadium bykans
alles in die
lewe verloor het. Hy is ook nou al vir meer as 18 maande
verhoorafwagtend in die gevangenis.
13.
Mnr Greyling het aan die hand gedoen dat besk.l berou toon wanneer
daar gekyk word na die aantekeninge wat in die dagboek, Bew.
"W",
verskyn. Volgens Mnr Greyling is besk. 1 se morele blaamwaardigheid
verminder asgevolg van die omstandighede waarin
hy horn bevind het,
ingeslote daarby is sy verhouding met Me B en die finansiele druk wat
hy op hom gehad het. In hierdie veband
het Mnr Greyling weer verwys
na die psigometriese toetse wat Me Spangenberg op besk. 1 uitgevoer
het, haar evaluering van besk.l
en haar bevinding van besk.l se
afwykend gedrag ten tye van die gebeure. Mnr Greyling het
gesubmitteer dat die Hof behoort te bevind
dat besk. 1 verminderd
toerekeningsvatbaar was, wat dan aangemerk kan word as 'n wesenlike
en dwingende omstandigheid, met die
gevolg dat die Hof'n ligter
vonnis moet ople as die voorgeskrewe minimum.
14.
Besk. 2 is 45 jaar oud. Hy is getroud en het twee klein kinders om
voor te sorg. Hy was 'n besigheidsman wat aktief was met

boubedrywighede en het tot R6000 per maand verdien Na sy arrestasie
is bevind dat hy HIV positief is. Hy ontvang tans behandeling

daarvoor. Sy vrou is ook HIV positief. Mnr van Rooyen het aan die
hand gedoen dat besk.l se lewensverwagtinge as gevolg van sy
toestand
ingeperk is.
15.
Mnr van Rooyen het verder aan die hand gedoen dat dit besk. 1 se
doel was dat Me B se lewe "n lewende heI gemaak moes
word”,
en dat hy besk. 2 daarvoor misbruik het. Volgens Mnr van Rooyen is
besk. 2 se blaamwaardigheid minder as die van besk.
1, wat uiteraard
as 'n wesenlike en dwingende omstandigheid in sy guns behoort te tel.
Besk. 2 het 'n vorige veroordeling vir Huisbraak
waarvoor hy in 1990
tot 3 jaar gevangenisstraf veroordeel was.
16.
Besk. 3 is 34 jaar oud. Hy het twee kinders wat nog kleuters is en
wat by sy lewensmaat bly. Hy het graad 7 gemaak en het later

gekwalifiseer as 'n Graad C Sekuriteitsbeampte. Tydens sy arrestasie
was hy egter werkloos. Hy het wel van tyd tot tyd stukwerk
gedoen.
Hy
het geen vorige veroordeling nie.
17.
Besk. 4 is 31 jaar oud en ongetroud. Hy het graad 12 op skool
geslaag. Hy het geen naskoolse kwalifikasies nie en was werkloos

tydens sy arrestasie. Hy is ook 'n eerste oortreder.
18.
Mnr van As het geargumenteer dat besks. 3 en 4 'n mindere straf as
besk. 1 verdien omdat hulle twee glad nie by die beplanning
van die
misdade betrokke was nie, dat hulle 'n mindere rol gespeel het en dus
ook minder blaamwaardig as besk. 1 moet wees. Hierdie
omstandighede,
volgens Mnr van As, is wesenlike en dwingende omstandighede wat 'n
mindere straf as die voorgeskrewe minimum strawwe
regverdig. Mnr van
As het ook betoog dat die feit dat al die misdade met een doel voor
oe gepleeg is, die Hof kan beveel dat die
vonnisse saam uitgedien
word. Die Hof moet ook in agneem dat die beskuldigdes al 18 maande
verhoorafwagtend is.
19.
Geen mondelinge getuienis is deur of die Staat of namens die
beskuldigdes tydens die voor- vonnis prosedure aangebied nie. Die

Staat het egter 'n Slagofferimpakverslag ingehandig wat betrekking
het op Me B en haar dogter Angelique. Die verslag is opgestel
deur Me
Rhona van Niekerk, 'n Kliniese Maatskaplike Werker. Dit handel
oorwegend oor die traumatiese effek wat die dood van Conrad
en die
aanval op Me B op haar en haar dogter gehad het. Me B het in haar
getuienis na meeste van die aspekte wat in die verslag
vervat is,
verwys. Van die gevolge van die misdade is in ieder geval logies en
te verwagte en is nie deur die beskuldigdes se regsverteenwoordigers

betwis nie. Ek vind dit onnodig om die inhoud van die verslag hier te
herhaal. Dit is in die rekord ingelees.
20.
Dit is inderdaad van belang dat die impak van 'n misdaad op die
slagoffer en naasbestaandes 'n faktor is wat deur die Hof inaggeneem

moet word. In die saak van Matyiyi, p48 par[16], verskyn die
volgende:
"An
enlightened and just penal policy requires consideration of a broad
range of sentencing options, from which an appropriate
option can be
selected that fits best the unique circumstances of the case before
court. To that should be added, it also needs
to be victim centred.
Internationally the concerns of victims have been recognized and
sought to be addressed through a number
of declarations, the most
important is the United Nations Declaration of the Basic Principles
of Justice for Victims of Crime and
Abuse of Power. The declaration
is based on the philosophy that adequate recognition should be given
to victims, and that they
should be treated with respect in the
criminal justice system. In South Africa victim empowerment is based
on restorative justice.
Restorative justice seeks to emphasize that a
crime is more than breaking of a law or offending against the State -
it is an injury
or wrong done to another person. The Service Charter
for Victims of Crime in South Africa seeks to accommodate victims
more effectively
in the criminal justice system. As in any true
participatory democracy its underlying philosophy is to give
meaningful content
to the rights of all citizens, particularly
victims of sexual abuse, by reaffirming one of our founding
democratic values, namely
human dignity."
21.
Wat betref die gewig wat 'n hof aan die persoonlike omstandighede van
'n beskuldige behoort te heg, is die volgende gestel in
die saak van
S v Vilakazi 2009(1) SASV 552 HHA, te 574, par [58]:
"In
cases of serious crime the personal circumstances of the offender, by
themselves, will necessarily recede into the background".
Gevolglik
is dit so dat in 'n saak soos die onderhawige, waar die misdade baie
ernstig van aard is, die persoonlike omstandighede
van 'n
beskuldigde, alhoewel dit nie geTgnoreer mag word nie, na die
agtergrond skuif.
22.
Moord is uiteraard die ernstigste misdryf wat een mens teenoor 'n
ander mens kan pleeg. Statistiese gegewens wat in die sesde
uitgawe
van Strafreg van CR Snyman, op p21 verskyn, toon dat in die tydperk
2009/2010, 16834 moorde in Suid-Afrika gepleeg is.
Dit is 47 per dag.
Dit is uiters onrusbarend.
In
hierdie saak is 'n 19 jarige seun, wat aan die begin van sy lewe was,
vermoor. Dit was 'n sinnelose daad. Wat dit nog erger maak
is dat
besk. 1 dit beplan het en aan Me B gese het dat hy haar seun bo-op
haar sou doodskiet nadat hy met sy ma gemeenskap gehad
het. Besk.l
het C binne hoorafstand van Me B doodgeskiet. Tenspyte van die feit
dat C gesmeek het dat besk. 1 horn nie moet skiet
nie, het besk. 1
geen genade betoon nie. Hierdie ervaring het seersekerlik ernstig
bygedra tot die trauma wat Me B ervaar het.
23.
Verkragting is eweneens 'n baie ernstige misdaad. Dit is waarskynlik
die mees vernederende en laakbaarste daad wat teenoor
enige vrou
gepleeg kan word, as sy dit oorleef.
In
Vilakazi is daar as volg na die misdaad verwys:

Rape
is a repulsive crime. It was rightly described by counsel in this
case as 'an invasion of the most private and intimate zone
of a woman
and strikes at the core of her personhood and dignity.'"
In
die saak van S V Chapman 1997(2) SASV3 HHA is na verkragting verwys
as:
"(a)
humiliating, degrading and brutal invasion of the privacy, the
dignity and the person of the victim. "
Volgens
die statistiek in die handboek, Strafreg, waarna reeds verwys is, was
daar 68 332 seksuele misdade in 2009/2010 gepleeg,
en dat in 2011
beraam is dat daar elke 25 sekondes 'n vrou in Suid-Afrika verkrag
word. Dit is dus te verstane dat kampanjes en
protesoptogte teen
seksuele teistering en mishandeling van vroue aan die orde van die
dag is.
24.
Van die beskuldigdes se regsverteenwoordigers het aan die hand gedoen
dat die verkragtings in hierdie saak nie van die mees
ernstige
gevalle is wat al voorgekom het nie. Die argument is hoofsaaklik
daarop gebaseer dat Me B nie asgevolg van die verkragtingsdade
deur
besks. 2, 3 en 4 werklik beseer was nie. Die beserings wat sy wel
opgedoen het was waarskynlik deur besk. 1 met vreemde voorwerpe

veroorsaak. Dit is so dat howe in ons land soms onderskeid tref
tussen gevalle wat meer ernstig is en gevalle wat minder ernstig
is.
Merendeel draai dit om die aard van die geweld wat ter sprake was.
Elke saak moet egter op sy eie meriete hanteer word. In
hierdie saak
is die gebrek aan fisiese beserings wat Me B tydens die verkragtings
opgedoen het, na my mening, van weinig belang
en nie 'n aspek wat in
die guns van die beskuldigdes kan tel nie. Daar moet gekyk word na
wat aard en omvang van die omstandighede
was tydens die gebeure. Me B
was magteloos nadat sy op die bed vasgemaak en haar mond toegeplak
was. Sy was ernstig aangerand,
wat ook die skending van haar borste
insluit. Daar was drie gemaskerde mans wat haar beurtelings verkrag
het en geen genade gehad
het nie. Besk. 1, 'n persoon wat haar sy op
'n stadium sekerlik liefgehad het en na aan haar was, wie sy ook
vertrou het, het die
voorval ge-orkestreer en die ander drie aktief
met raad en daad bygestaan. 'n Meer skrikwekkende en traumatiese
ervaring is nouliks
denkbaar. Wat die beskuldigdes aan haar gedoen
het was weersinswekkend en gruwelik. Me B se psigiese en fisiese
trauma, haar vernedering
en die impak wat dit op haar lewe moes he,
sal moeilik behoorlik in woorde beskryf kan word. Die gevolge van
haar ervarings is
bespreek in die Slagofferimpakverslag.
25.
Dit is waarskynlik gepas om kortliks na die aspek van berou te
verwys. Dit is so dat afwesigheid van berou nie teen enige
beskuldigde gehou behoort te word nie. Enige aangeklaagde het die reg
om onskuldig te pleit en met 'n verontskuldigende weergawe
te
volstaan, selfs na skuldigbevinding. Die aanwesigheid van opregte
berou mag egter wel 'n strafversagtende effek he, en in gepaste

gevalle as 'n wesenlike en dwingende omstandigheid, wat 'n mindere
vonnis regverdig, aangemerk word. In hierdie saak is daar egter
geen
teken van berou by enige van die beskuldigdes nie. Mnr Greyling se
submissie dat die inhoud van Bew. "W", die dagboek
wat
besk. 1 bygehou het nadat die misdade gepleeg is, waarin hy onder
andere sy verhouding met Me B aangeteken het, aandui dat
besk. 1 wel
berou het vir sy dade, is sonder substansie, en het geen verdere
bespreking nodig nie. Kortom, daar was maar net geen
berou nie.
26.
Die vraag of besk. 1 moontlik verminderd toerekeningsvatbaar was, wat
die vonnis mag beinvloed, moet oorweeg word teen die agtergrond
van
die beplanning van die misdrywe. Dit is duidelik dat besk. 1 metodies
en planmatig te werk gegaan het. Gevolglik kan dit nie
bevind word
dat besk. 1 enigsins, as gevolg van sy persoonlike probleme so onder
emosionele druk was, dat hy selfs verminderd toerekeningsvatbaar
was
nie.
27.
In soverre dit besk. 1 dus aangaan, kon hierdie Hof nie, na
oorweging van al die omstandighede en die argumente, 'n aanduiding

vind van die bestaan van enige wesenlike en dwingende omstandighede
wat die oplegging van 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe
minimum
vonnisse met betrekking to aanklagtes 1, 3,4, 5 en 6 regverdig nie.
28.
Wat betref aanklag 2, is daar reeds verwys na die feit dat Me B
vetroue in besk. 1 gehad het. Dit is skandelik geskend. Alhoewel
die
doel van die vryheidsberowing van Me B was om haar voor te berei vir
die verkragtings wat gevolg het, was dit 'n aparte misdryf
en behoort
'n aparte straf vir hierdie aanklag dus ook opgele te word.
29.
Die aanranding op Me B wat tot gevolg gehad het dat haar liggaam
permanent fisies geskend is, word in 'n baie ernstige lig beskou.
Die
beserings was ernstig en het ook definitiewe psigiese letsels gelaat.
Besk. 1 het duidelik die bedoeling gehad dat Me B se
liggaam geskend
moes word. Hy het dit dan ook reggekry. Benewens die aanranding op Me
B in die teenwoordigheid van die ander drie
beskuldigdes, het besk.
1, selfs nadat hulle drie die kamer verlaat het, voortgegaan om Me B
te martel deur staaldruppels op haar
privaatdeel en anus te gooi wat
die pyn wat sy ervaar het vererger het. In hierdie verband is dit dus
duidelik, wat hierdie aanklag
betref, dat besk. 1 'n swaarder straf
verdien as besks. 2, 3 en 4.
30.
Alhoewel besk. 2 waarskynlik nie dieselfde oorwegingsredes en motief
as besk.l gehad het nie, is dit duidelik dat hy besk.l
bygestaan, en
aktief gehelp het met wat besk.l beplan en gedoen het. Op die
waarskynlikhede was besk. 2 'n huurling wat op een
of ander wyse deur
besk.l vergoed sou word. Hierdie situasie vererger eintlik besk. 2 se
blaamwaardigheid en kan 'n verswarende
faktor wees. Daar is geen
wesenlike en dwingende omstandighede wat in de guns van besk. 2 inag
geneem kan word nie. Besk. 2 se
persoonlike omstandighede, wat na die
agtergrond geskuif het, is ook nie sodanige omstandighede nie.
31.
Dit mag blyk dat besk. 1 in die omstandighede swaarder gestraf
behoort te word as die ander beskuldigdes omdat dit hy is wat
hy 'n
persoonlike aksie teen Me B gahad het en die misdade self-begin
beplan het. Alhoewel hierdie aspek 'n ernstige verswarende
faktor is,
moet in ag geneem word dat besks. 1 en 2 nie daarvan aangekla is dat
hulle tydens die beplanning van die misdade, wat
die voorbereiding
van die kamer insluit, 'n misdryf gepleeg het nie. Hulle twee was nie
van sameswering om 'n misdryf te pleeg
aangkla nie.
Die
misdrywe waaraan al die beskuldigdes skuldig bevind is, was gepleeg
vanaf die oomblik wat besk.l die handdoek oor Me B se kop
geplaas
het. Van daardie tydstip af was al die beskuldigdes betrokke en het
met gemeenskaplike opset die misdrywe, die moord uitgesluit,
gepleeg.
Dit volg dat al vier beskuldigdes in 'n gelyke mate, volgens die
stand van ons reg, aanspreeklik is vir die misdade wat
daarna teenoor
Me B gepleeg is. Gevolglik is die afwesigheid van enige deelname aan
die beplanning van die misdade nie 'n versagtende
faktor wat in die
guns van besks. 3 en 4 kan tel nie. 'n Soortgelyke situasie het al in
die praktyk voorgekom waar 'n bende misdadigers,
nadat hulle 'n
spesifieke misdaad, soos roof met verswarende omstandighede, waarvoor
ook 'n minimum straf voorgeskryf is, oor 'n
lang tydperk noukeurig
beplan het, en dan op die dag wat die misdaad gepleeg word, skielik
hulp inroep van ander persone wat die
bende dan aktief, en met die
nodige opset, bystaan. Almal sal dan ewe blaamwaardig wees. Die nuwe
toetredenes sal hulle nie daarop
kan beroep dat hulle gebrek aan
deelname aan die beplanning 'n wesenlike en dwingende omstandigheid
is wat 'n mindere straf regverdig
nie. Dit is presies die geval hier.
Net
soos besk. 2 was besks. 3 en 4 huurlinge en het hulle waarskynlik vir
persoonlike gewin meegedoen.
32.
Ek het reeds daarna verwys dat die persoonlike omstandighede van 'n
beskuldigde in ernstige sake na die agtergrond skuif. Die
persoonlike
omstandighede besks. 3 en 4 en die feit dat hulle eerste oortreders
is, is in die lig van die feite van hierdie saak,
nie omstandighede
wat tot hulle redding kan kom nie nie. Gevolglik word dit bevind dat
daar geen wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan wat ter
regverdiging van die afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnisse
in hulle geval kan geld nie. Die verswarende
omstandighede waarna
reeds verwys is, is oorweldigen
33.
Artikel 103 van die Wet op Beheer van Vuurwapens, No. 60 van 2000,
bepaal onder andere dat enige persoon wat skuldig bevind
is aan 'n
misdryf waarby geweld of seksuele mishandeling betrokke is en 'n
vonnis van direkte gevangenisstraf opgele word, onbevoeg
is om 'n
vuurwapen te besit.
34.
Dit is so dat die beskuldigdes al vir meer as 18 maande
verhoorafwagtend is. Dit is gevolglik aan die hand gedoen dat daardie

tydperk in ag geneem behoort te word wanneer die Hof die vonnis ople.
Dit is korrek en moet gedoen word in gevalle waar 'n bepaalde
termyn
gevangenisstraf opgele word. Sien Vilakazi. Waar 'n onbepaalde termyn
direkte gevangenisstraf opgele word, sal die Korrektiewe

Dienste-owerhede waarskynlik op die situasie agslaan sonder 'n
spesifieke hofbevel.
Die
vonnisse wat opgele word is die volgende
Beskuldigde
1:
Annklag
1: Lewenslange gevangenisstraf;
Aanklag
2: Tien jaar gevangenisstraf;
Aanklagtes
3, 4, 5 en 6 - Saamgeneem-: Lewenslange gevangenisstraf;
Aanklag
7: Vyftien jaar gevangenisstraf.
Beskuldigde
2:
Aanklag
1: Lewenslange gevangenisstraf;
Aanklag
2: Tien jaar gevangenisstraf;
Aanklagtes
3,4, 5 en 6 – Saamgeneem: Lewenslange gevangenisstraf;
Aanklag
7: Agt jaar gevangenisstraf. Besks 3 en 4: Elk:
Aanklag
2: Tien jaar gevangenisstraf;
Aanklagtes
3,4, 5 en 6 - Saamgeneem: Lewenslange gevangenisstraf;
Aanklag
7: Agt jaar gevangenisstraf.
A
J BAM WR
17
Julie 2013
Regsverteenwoordiging
vir
Die
Staat: Advokate R. Meintjies SC en C Harmzen
(in
opdrag van die Direkteur van
Openbare
Vervolging);
Beskuldigde
1: Advokaat P. du P Greyling
(in
opdrag van Mnr R. Coetzee by Steenkamp, de
Villiers
en Coetzee in Bloemfontein);
Beskuldigde
2: Mnr J. van Rooyen (in opdrag van die Regshulpraad) en
Beskuldigdes
3 en 4: Mnr F. van As (in opdrag van die Regshulpraad).