About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2013
>>
[2013] ZAGPPHC 217
|
|
S v Kotze and Others (CC119/12) [2013] ZAGPPHC 217 (15 July 2013)
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
REPORTABLE
IN
DIE HOe HOF VAN DIE REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
NOORD GAUTENG, PRETORIA
SAAK NO: CC119/12
DATUM: 15/07/2013
In
die saak van:
Die
Staat
teen
Johannes
Christiaan
Kotze
......................................................................................
Beskuldigde
1
Paparona
Andries
Sithole
.........................................................................................
Beskuldigde
2
Pieta
Mampuru
Mohlake
...........................................................................................
Beskuldigde
3
Sello
Frans
Mphaka
….............................................................................................
Beskuldigde
4
UITSPRAAK
BAM
WR
1.
Die beskuldigdes staan tereg op sewe aanklagtes:
Aanklagl:
Moord;
Aanklag
2: Menseroof;
Aanklagtes
3, 4, 5, en 6: Verkragting: Oortreding van art 3 van die
Strafregwysigingswet(Seksuele
Oortredings en Verwante Aangeleenthede), Wet 32 van 2007; en
Aanklag
7: Poging tot Moord.
Alternatiewelik
tot aanklag 7 die volgende substantiewe aanklagtes:
Aanklag
7.1: Poging tot Moord;
Aanklag
7.2: Aanranding met die opset om ernstig te
beseer
g.m. art 94 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977;
Aanklag
7.3 Seksuele Aanranding: Oortreding van art 5 van Wet 32 van 2007.
Die
oorledene genoem in aanklag 1, RCB, was die seun van die klaagster
vermeld in aanklagtes 2 tot 7, Me LB.
``````````````````````````````````````````
2.
In die akte van beskuldiging het die Staat beweer dat die
beskuldigdes op 3 Januarie 2012 die genoemde misdrywe by die woning
van besk.1 te Modimolle gepleeg het, nadat besk.1 die aanval op Me B
vooraf beplan het en tydens die pleging van die beweerde dade,
vanaf
haar vryheidsberowing tot die laaste aanranding op haar, bygestaan is
deur drie gemaskerde mans, besks. 2, 3 en 4. Die Staat
het ook beweer
dat besk.1 in 'n stadium op die dag die oorledene versoek het om na
sy huis te kom en hom daar drie keer met ’n
.22 geweer geskiet
het.
Die
volgende spesifieke bewerings is in die akte gemaak:
Ten
opsigte van aanklag 3 is beweer dat besk. 2 die verkragtingsdaad
gepleeg het terwyl hy deur besks. 1, 3 en 4 bygestaan is.
Ten
opsigte van aanklag 4 is beweer dat besk. 3 die verkragtingsdaad
gepleeg het terwyl hy deur besks. 1, 2 en 4 bygestaan is.
Ten
opsigte van aanklag 5 is beweer dat besk. 4 die verkragtingsdaad
gepleeg het terwyl hy deur besks. 1, 2 en 3 bygestaan is.
Ten
opsigte van aanklag 6 is beweer dat besk.1 herhaalde dade van
seksuele penetrasie met Me B gepleeg het terwyl besks. 2, 3 en
4 horn
bygestaan het.
In
aanklag 7, die hoofaanklag, word beweer dat die beskuldigdes. gepoog
het om Me B te vermoor deur haar op verskeie maniere aan
te rand.
Alternatiewelik
tot aanklag 7; dit is die drie substantiewe aanklagtes:
In
aanklag 7.1 word beweer dat die beskuldigdes gepoog het om Me B te
vermoor deur handelinge van seksuele penetrasie te pleeg sonder
kondome, of bystand in daardie verband te verleen, ongeag die HIV
positiewe status van enige of al die daders.
In
aanklag 7.2 word beweer dat die beskuldigdes Me B op verskeie maniere
aangerand het met die opset om haar ernstig te beseer.
In
aanklag 7.3 word beweer dat die beskuldigdes Me B op verskeie maniere
en wyses seksueel onteer het.
3.
By die aanvang van die verhoor op 19 November 2012 het mnr Bantjes,
wie vir besk.1 verskyn het, aansoek gedoen vir uitstel omdat
besk.1
nie gereed was om te pleit nie aangesien daar nog sekere psigiatriese
ondersoeke op hom uitgevoer moes word waarvoor ’n
privaat
psigiater aangestel sou word. Volgens Mnr Bantjes was daar by die
verdedigingspan geen sekerheid oor besk.1 se geestestoestand
ten tye
van die beweerde pleging van die misdrywe nie. Die aansoek om uitstel
is deur die Staat, verteenwoordig deur Me Meintjes
SC en Me Harmzen,
ge-opponeer.
Die
uitslag van die psigiatrise evaluasie van besk.1, ingevolge die
bepalings van art 77, 78, en 79 van die Strafproseswet, soos
gereflekteer in Bew.“B”, naamlik dat hy wel
toerekeningsvatbaar was ten tye van die beweerde pleging van die
misdrywe
en sy verhoor sou kon staan, is nie per se betwis nie. Die
verwysing na die moontlike invloed wat fisiese mediese toetse op
besk.1
se evaluering sou kon he was ongesubstansieerd. Dit was nie
Mnr Bantjes se argument dat besk.1 op die meriete onvoorbereid was
nie behalwe vir sekere inligting wat die Staat sou verskaf en wat toe
wel verskaf is.
’
n
Beskuldigde is nie sondermeer op uitstel geregtig nie. Die Hof moet
tevrede wees dat daar voldoende en gegronde redes daarvoor
bestaan.
Art 342A van die Strafproseswet bepaal dat indien die afhandeling van
verrigtinge deur ’n uitstel vertraag sou word,
sodanige uitstel
geweier mag word, ’n Beskuldigde het ’n konstitusionele
reg op ’n regverdige en billike verhoor.
Dit sluit die reg in
om getuienis aan te val en aan te bied. Dit moes gevolglik oorweeg
word of die voortsetting van die verhoor
op daardie stadium nie besk.
1 se reg op ’n billike verhoor sou aantas nie. Alhoewel daar
nog geen getuienis voor die Hof
was nie, het die akte van
beskuldiging, wat op die beskuldigdes beteken is, aangetoon, soos
gesubmitteer deur die Staat, dat die
aanklagtes baie ernstig van aard
is. Tydens argument het ek het ook aangedui dat die kwessie van
besk.1 se toerekeningsvatbaarheid
wel gedurende die verhoor weer ter
sprake mag kom indien dit uit die getuienis blyk dat besk.1 moontlik
nie tydens die betrokke
gebeure toerekeningsvatbaar was nie, en dat
dit dan weer aangespreek sou kon word.
Die
aansoek om uitstel was in die omstandighede nie in belang van
geregtigheid nie, en dus nie geregverdig nie. Besk.1 se reg op
’n
regverdige en billike verhoor sou ook nie deur die afwysing van die
aansoek aangetas word nie. Die aansoek om uitstel
is gevolglik
afgewys.
4.
Besk.1 was egter nie bereid om op die aanklagtes te pleit nie,
waarskynlik op instruksies van sy regsverteenwoordigers. Gevolglik
het die Hof ingevolge die bepalings van art 109 van die
Strafproseswet ’n pleit van onskuldig op al die aanklagtes ten
opsigte
van besk.1 aangeteken. Op die sewende dag van die verhoor het
mnr Bantjes besk.1 se verweer op rekord geplaas synde dat hy tydens
die gebeure op 3 Januarie 2012 ontoerekeningsvatbaar was. Die saak is
in November as gevolg van verhoortyd-probleme uitgestel.
Op 15 April
2013, toe die verhoor voortgesit is, het Mnr Greyling vir besk.1
verskyn en bevestig dat besk. 1 se verweer tydelike
ontoerekeningsvatbaarheid ten tye van die beweerde pleging van die
misdrywe is. Besk.1 het dit beaam.
5.
Besks. 2, 3 en 4 het op al die aanklagtes onskuldig gepleit en as
verweer met betrekking tot aanklagtes 3 tot 7 aangevoer dat
hulle
onder relatiewe dwang van besk.1 betrokke was. Besks. 2, 3 en 4 het
ook spesifiek ontken dat hulle tydens die beweerde verkragtingsdade
die klaagster ge-penetreer het.
6.
Die volgende formele erkennings is deur die al die beskuldigdes
gemaak.
1.
Die identiteit van die oorledene in aanklag 1 as C B;
2.
Dat die oorledene geen verdere beserings opgedoen het nie vandat sy
liggaam op 3 Januarie 2012 op die toneel gevind is totdat
die
lykskouing op horn uitgevoer is deur Dr Monulu;
3.
Dat ‘n sketsplan opgestel is, en foto’s geneem is, kort
na die gebeure op 3 Januarie 2012, van die toneel te Kerkstraat
134,
Modimolle asook van die oorledene ten tye van die lykskouing, soos
per Bew. “F”;
4.
Dat Dr van Rensburg smere en ‘n bloedmonster van Me B geneem
het soos in die verslag van Lt Kol Botha na verwys, Bew.
“M”,
waarvan die inhoud erken word - met verwysing na alle items daarin
vermeld. Dit is spesifiek erken dat die verslag
verwys na:
4.1
bloedmonsters wat van besks. 1 tot 4 geneem was;
4.2
die bloedmonster geneem vanaf die muur, punt K foto 31 in Bew. “F”;
4.3
die items gemerk A tot E, K, M, N in Bew. “F”;
5.
Dat besk.1 die gelisensieerde eienaar is van ‘n .22 geweer,
soos dit verskyn op foto 5, en gevind is op die plek soos aangedui
met die letter J op die sketsplan van Bew. “F”;
6.
Dat 2 afgevuurde .22 doppies op die toneel gevind was en 1 doppie ook
in die genoemde .22 geweer was; so-ook ’n projektielpunt
wat
tydens die lykskouing gevind is soos aangedui in Bew. “F",
punte G, H, L en P. Dat die betrokke ballistiese verslag,
Bew. “N”,
korrek is en met instemming ingehandig word;
7.
Dat besk. 2 na die gebeure HIV positief getoets het;
8.
Dat besk.1 in besit was van 2 selfone met nrs …. en …..
IMEI, en dat die state soos per Bew. “P” en
Bew. “Q”,
korrekte inligting weergee wat die gebruik van die genoemde selfone
betref;
9.
Dat besk. 2 twee selfone gebruik het met nommers …. en ….;
dat besk. 3 ’n selfoon met nr gebruik het; dat
Me B ’n
selfoon met nr ….. gebruik het; en, dat die oorledene ’n
selfoon met nr ….. gebruik het;
10.
Dat die state soos per Bew.“R”1- 4 met betrekking tot
selfone ….. (selfoon gebruik deur besk.3) ….
en …...
(selfone gebruik deur besk.2) en ….. (selfoon gebruik deur Me
B) korrekte inligting ten opsigte van die gebruik
van die gemelde
fone weergee.
11.
Dat uit die selfoonstate van die oorledene dit blyk dat die oproep
vanaf Me B se selfoon om 16h22 daardie dag nie beantwoord
is nie maar
oorgegaan het na “voice mail”.
Opsomming van die staatsgetuienis.
7.
Mev B het getuig. C, die oorledene, was een van haar twee kinders uit
haar vorige huwelik met Mnr R B, van wie sy geskei het.
Me B en
besk.1 het verloof geraak in Maart 2010 en is op 23 Oktober 2010
getroud. Na etlike maande het daar probleme in die huwelik
ontstaan
en Me B het die huis verlaat. Daarna het Me B en besk.1 weer versoen
maar dit het nie lank geduur nie en vanaf November
2011 was alles
tussen hulle verby. Hulle het toe apart gewoon en sou skei.
Die
oggend van 3 Januarie 2012 het Me B ’n oproep van besk.1 gekry.
Hy het haar versoek om na sy huis in Modimolle te kom.
Sy kon dit nie
die oggend maak nie en om ongeveer 14h45 het sy by besk.1 se huis
aangekom nadat sy hom per selfoon laat weet het
sy kom. Die huis se
deure was oop en besk.1 was buite die huis. Hulle twee het toe agter
die huis onderdie borne gaan sit. Na ongeveer
15 minute het besk.1 Me
B in die huis ingelok onder die voorwendsel dat sy na sekere van haar
besittings moes gaan kyk. In die
huis het hy haar na ’n
slaapkamer beduie. Die kamer was donker en die gordyne was toegetrek.
Skielik het besk.1 haar oorval
deur ’n handdoek oor haar kop te
trek en haar op die bed neer te gooi. Toe sy daarin slaag om orent te
kom was die lig in
die kamer reeds aangeskakel. Besk.1 het na
“Andries" en “Hendrik’ geroep om hom te help.
Met behulp van
drie gemaskerde swart mans, dit was besks. 2, 3 en 4,
is Me B op die bed vasgemaak met toue en kabelbinders (“cable
ties”).
Sy het gegil, geskree en geskop terwyl besk.1 haar met
die vuis aanhou slaan het om haar stil te kry. Haar mond is toe met
’n
soort kleefband toegeplak wat om haar kop gegaan het. Sy het
gesukkel om asem te kry en kon slegs deur haar regterneusgat
asemhaal.
Besk.1 het haar aanhou beskuldig van ontrouheid en in
kru-taal gese sy gaan die dag voel hoe dit is as swart mans met haar
gemeenskap
hou. Hy het haar telkens weer geslaan. Hy het ook gepraat
van die vernedering wat C en haar ouers hom en sy dogter aangedoen
het.
Besk.1 het haar langbroek probeer aftrek maar sy het met
lyfbewegings gekeer. Hy het toe haar liggaam opgelig en besk. 2 het
haar
langbroek en klein broekie uitgetrek. Besk.1 het haar bra bokant
haar borste opgestoot en haar tepels met sy vingers gedraai en
geknyp. Hy het haar weer geslaan, ook op haar borste en ribbes, en
het voortgegaan met sy beskuldigings. Hy het meer aggressief
geraak
en het ook haar selfoon en motorsleutels uit haar handsak gehaal en
in sy sak gesit. In die tyd het hy ’n selfoonoproep
beantwoord
en sy het gehoor hy se: “Sy lieg en lieg nog steeds my kind.”
In 'n stadium het besk.1 Me B se selfoon na
haar uitgehou en haar
versoek om C te skakel. Sy het daarin geslaag om die selfoon te
aktiveer en gesien dat daar boodskappe van
haar ouers was. Daar was
toe skynbaar op een of ander wyse selfoonverbinding met haar ouers.
Besk.1 was woedend toe hy dit agterkom.
(Later het sy vasgestel dat
geluide in die kamer op haar ouers se foon opgeneem is.) Besk.1 het
die vertrek verlaat met haar selfoon.
Besks. 2, 3 en 4 het
agtergebly. Me B het getuig dat sy hulle drie met haar oe gesmeek het
om haar te help. Dit was egter verniet.
Met sy terugkeer het besk.1
haar met sekere voorwerpe, wat hy uit die ingeboude kas gehaal het,
stelselmatig gemartel deur onder
andere haar liggaani te skend deur
haar tepels af te sny, haar borste met ’n skerp voorwerp te
perforeer en te druk sodat
dit moes bloei, haar pubiese hare met ’n
tang uit te trek en voorwerpe in haar vagina en anus in te druk. Hy
het haar vagina
ook inwendig met ’n voorwerp geknyp. Sy het
erge pyn verduur. Besks. 2, 3, en 4 was deurentyd teenwoordig. Besk.1
het haar
ook met water natgegooi en gese hy gaan haar afkoel voordat
die aksie begin. Hy self het gesweet en was baie aggressief. Hy het
ook ’n .22 geweer op haar gerig en gese sy moet stil le. Besks.
2, 3 en 4 is daarna deur besk.1 aangese om beurtelings met
haar
gemeenskap te hou. Voor besk. 2 met haar gemeenskap gehad het, het
besk.1 sy duim oor besk. 2 se penis gevryf en die “goed”
op haar wang en onder haar neus gevryf. Me B het steeds probeer om
haar teen te sit maar haar bene is deur van die ander beskuldigdes
vasgehou. Nadat hulle al drie met haar gemeenskap gehou het, het
besk.1 die ander drie opdrag gegee om uit die kamer te gaan. Besk.1
het toe staaldruppels op haar borste gegooi. Dit was baie pynlik en
sy het haar bewussyn verloor. Besk.1 het haar borste weer gedruk en
die
staaldruppels ook in haar vagina en op haar anus gegooi. Besk.1
het herhaaldelik gese hoe lief hy haar het. Hy het die geweer teen
haar voorkop gedruk en gese as haar kind daar kom gaan hy hom in die
kamer inbring en hom dwing om met haar gemeenskap te he en
hom dan
bo-op haar doodskiet. Hy het bygevoeg dat sy kan bly wees dat hy haar
dogter nie ook daar gekry het nie, sy sou dan dieselfde
deurgemaak
het. Besk.1 het later haar langbroek vir haar aangetrek.
Wat
intussen gebeur het, volgens Mnr Marthinus Cloete, ’n vriend
van C, is dat nadat besk.1 met C op Me B se selfoon gepraat
het en
hom versoek het om na sy huis te kom om hom te help pak, hy saam met
C op laasgenoemde se motorfiets daarheen gery het.
Besk.1 het hulle
vriendelik buite die huis gegroet en vir Mnr Cloete gevra om ’n
krat in die motorhuis te gaan haal terwyl
hy en C die huis in is.
Volgens
Me B het sy gehoor toe een van die ander beskuldigdes se dat die
motorfiets daar aangekom het. Sy het besef dat dit C was.
Besk.1 het
haar beveel om nie ’n geluid te maak nie en nadat hy eers deur
die venster gekyk het, het hy die geweer gegryp
en is by die kamer
uit. Die volgende wat sy gehoor het was toe C se: “Nee Oom,
moenie!”. ’n Skoot het geklap.
C het weer gese: “Oom
asseblief, moenie!”, en nog ’n skoot het geklap, en toe
’n derde skoot. Me B het
daarna in ’n beswyming verval.
Volgens
Mnr Cloete het hy die krat in die motorhuis en aangrensende kamertjie
gesoek maar kon dit nie kry nie. Net toe hy uit die
motorhuis wou
gaan het hy gehoor ’n voertuig vertrek. Dit het geblyk dat dit
besk.
1
se voertuig was wat hy gehoor ry het en hy het aanvaar dat C saamgery
het want hy het na C geroep maar niemand het geantwoord
nie. Hy het
nie skote gehoor nie.
Me
Vivian vd Merwe, ’n vriendin van Me B het ’n rukkie later
opgedaag. Sy en Mnr Cloete het Me B in die kamer gevind,
sy was
vasgemaak en haar mond was toegeplak. Me B se eerste reaksie was om
te vra waar die drie mans was wat haar verkrag het.
C het in die
kamer langsaan gele. Hy was reeds oorlede.
Me
B is dieselfde dag deur Dr van Rensburg ondersoek en behandel. Sy is
die volgende dag in die Little Company of Mary Hospitaal
in Pretoria
opgeneem waar sy vir agt dae behandel is.
8.
Die foto album, Bew.“L”, bevat foto’s van Me B en
toon onder andere kneusmerke op haar gesig en ander dele
van haar
liggaam asook die beserings aan haar borste waar haar tepels afgesny
is.
9.
Onder kruisverhoor deur mnr Bantjes het Me B toegegee dat die
verhouding tusssen haar en besk.1 bemvloed is deur die verhouding,
oftewel wan-verhouding, tussen besk.1 en haar ouers en C. Sy het
toegegee dat sy wel op ’n geleentheid besk.1 geruk het en
met
die vuis geslaan het, maar bygevoeg dit was toe sy nie meer besk.1 se
kritiek en beledigings teen haarfamilie kon hanteer nie.
Sy het erken
dat besk.1 op verskeie geleenthede gepoog het om die verhouding te
herstel maar het volgehou dat die verhouding in
November finaal verby
was. Sy het ook toegegee dat die J88, die mediese verslag, Bew. “H1”,
wat deur Dr van Rensburg
op 3 Januarie 2012 voltooi is, nie stawing
bied vir al die beserings wat sy getuig het sy tydens die voorval
opgedoen het nie,
maar het getuig dat sy die dokter alles vertel het.
Sy
het ontken dat ’n man haar geliefkoos het op Oujaarsaand en dat
sy besk.1 met ander mans gekul het. Sy het toegegee dat
besk.1 baie
jaloers was en ook gese dat sy besk.1 nooit ervaar het as ’n
aggressiewe persoon nie, wat juis die rede is waarom
sy hom op 3
Januarie vertrou het en na hom toe gegaan het.
Sy
het ontken dat haar besoek aan besk.1 op 3 Januarie vir hom ’n
verrassing was.
Sy
het ook ontken dat die lang voorwerp wat besk.1, volgens haar
getuienis in haar anus gedruk het, ’n "vibrator”
was
wat sy self aangekoop het.
Sy
het verder ontken dat besk.1 ontsteld was toe hy bloed gesien het
asook dat hy langs haar aan die slaap geraak het. Sy het ontken
dat
besk.1 nie geweet het wat hy doen nie en gese dit het vir haar
voorgekom dat hy die aanval op haar beplan het.
10.
Gedurende kruisverhoor deur Mnr van Rooyen, namens besk. 2, het Me B
erken dat besk.1 wel aan die ander drie opdragte gegee
het maar het
bygevoeg dat hulle dit baie vrywillig uitgevoer het. Sy is ook
gekonfronteer daarmee dat die J88 wat deur Dr van Rensburg
voltooi is
nie al die beserings waaroor sy getuig het vermeld nie. Sy het gese
dat sy nie presies kan onthou wat sy alles aan die
dokter vertel het
nie.
Dit
is spesifiek ontken namens besk. 2 dat besk.1 met sy duim oor besk.
2
se penis gevryf het soos Me B getuig het. Sy het geantwoord dat dit
wel gebeur het.
Sy
het saamgestem dat besk.1 haar borste ontbloot het en dat besk.1 gese
het dat besk. 2 daaraan moet vat om besk. 2 te help om
’n
ereksie te kry. Besk. 2 sou erken dat die pleister wel op Me B se
mond geplak was en dat hy gesien het dat haar pubis
hare ook met die
hand uitgetrek is. Me B het toegegee dat laasgenoemde wel kon gebeur
het.
Dit
is gestel dat besks 2, 3 en 4 nie teenwoordig was toe die marteling
plaasgevind het nie. Me B het dit betwis.
11.
Tydens kruisverhoor deur Mnr van As, namens besks. 3 en 4, het Me B
erken dat besk.1 baie aggressief was en dat hy ’n
grootgeboude
man was. Sy het egter volgehou dat sy nie ’n rewolwer in besk.1
se besit gesien het nie.
Me
B het ontken dat sy aan haar gewese man, Mnr Rex Bonnette, gese het
drie tuinwerkers was gedwing om haar te verkrag.
Sy
het verder ontken dat sy in die teenwoordigheid van besks. 3 en 4
slegs geklap is. Sy het egter toegegee dat sy die volgorde
van besks.
3 en 4, wat die beweerde verkragting betref, kon omgeruil het. Dit is
gestel dat besks. 3 en 4 haar nie gepenetreer
het nie. Me B het dit
ontken. Sy het ook ontken dat besks. 3 en 4 eers uit die kas gekom
het nadat sy vasgemaak was. Sy het getuig
dat sy deur die
beskuldigdes omsingel was maar het toegegee dat slegs een kon gehelp
het om haar vas te maak.
12.
Luitenant-Kolonel H C Botha, ’n forensiese patoloog van die
Suid- Afrikaanse Polisie Diens, het getuig dat sy geen manlike
DNS op
die pleister wat om Me B se mond geplak was gevind het nie en ook
geen tekens van semen op die monsters wat van Me B geneem
is nie. Die
bloed wat in die huis teen ’n muur gekry is kon moontlik C s’n
wees.
Kol
Botha het getuig dat daar verskeie redes kan wees waarom daar nie
positiewe DNS, en tekens van semen op me B gevind is nie.
Hierdie
redes sluit die volgende in:
(i)
Of daar wel semen agtergelaat is;
(ii)
Die hoeveelheid semen wat moontlik agtergelaat is;
(iii)
Die staaldruppels wat op haar geslagsdele gestort is;
(iv)
Dreinering daarvan op ander kledingstukke;
13.
Dr C C Monulu, forensiese mediese beampte by die Bela-Bela Hospitaal,
het op 5 Januarie 2012 die lykskouing op C uitgevoer.
Die oorsaak van
dood was skietwonde. Daar was drie skietwonde. Een voor by die mond
in en deur die brein; die projektiel is in
die skedel gekry. Die
tweede wond was op die bors, regs voor, met die trajek deur die
lewensorgane; hierdie projektiel is nie gevind
nie as gevolg van
onvoldoende tegniese apparaat by die hospitaal. Die derde wond was op
die regterknie met ’n ingangs- en
uitgangs-wond aan die
regterkant van die knie. Onder kruisverhoor het Dr Monulu toegegee
dat die projektiel wat die borskas getref
het moontlik eers die
oorledene se knie getref het.
Die
dokter het ook getuig dat die aard van die trauma wat deur Me B
ervaar is, neurogeniese skok (“neurogenic shock”),
haar
dood kon veroorsaak het.
14.
Dr J Jansen van Rensburg het Me B op 3 Januarie 2012 om 17h00
ondersoek. Sy was getraumatiseer en in ’n geskokte toestand
en
sy het gehuil oor haar seun se dood. Die dokter het haar klinies
ondersoek en sy bevindinge op die standaard J88 vorm, Bew “H1”,
aangebring. Die geval van Me B was die dokter se eerste ondersoek van
’n beweerde verkragtingslagoffer. Hy het verskeie beserings
aan
Me B gevind. Hierdie beserings sluit in beserings aan haar gesig,
borste, haar tepels wat verwyder is en punksie merke onder
aan haar
borste. Daar was ook beserings aan beide poise, en ’n snymerk
aan haar vagina. Daar was geen aanduiding van anale
penetrasie nie.
Volgens die dokter was Me B wel seksueel aangerand en hy het
penetrasie bevestig. Die prostesis in haar een bors
het van die
silikon inhoud daarvan verloor en moes vervang word. Volgens Dr van
Rensburg het die aanwending van staaldruppels op
oop wonde die effek
dat bloeding gestop word. Dit veroorsaak egter trauma deurdat dit
baie erg brand.
Dr
van Rensburg het erken dat hy nie al die beserings wat hy aan Me B
opgemerk het, op Bew “H1” aangeteken het nie.
Hy kon nie
'n aanvaarbare verduideliking daarvoor verskaf nie. Onder
kruisverhoor het hy getuig dat Me B aan hom gese het dat sy
nie anaal
gepenetreer is nie.
15.
Me Jo-Marie Kotze, besk.1 se dogter van 18 jaar uit 'n vorige
huwelik, was op 3 Januarie 2012 per bus op pad na besk.1. Hulle
was
van plan om saam met vriende by die Warmbad-dam te gaan kamp. Besk.1
sou ’n karavaan sleep. Deur die loop van die oggend
het besk.1
haar verskeie kere geskakel om uit te vind waar die bus was. Die
middag het hy haar weer gekontak en alternatiewe reelings
met
betrekking tot haar vervoer getref. Besk.1 het heel normaal geklink
toe hy met haar gepraat het maar to hy die laaste keer
met haar
gepraat het, het hy uitasem voorgekom, asof hy vinnig geloop het.
16.
Mnr Dirk van der Merwe, ’n voormalige vriend van besk.1, het
getuig dat hy en besk.1 beplan het om op 3 Januarie 2012
by die
Warmbad-dam te gaan kamp. Vroeg daardie oggend het hy en besk.1 saam
koffie gedrink. Later het hulle besluit om palmbome
op die erf waar
besk.1 gebly het, wat aan die getuie behoort, uit te haal. Besk.1 het
hom ingelig dat hy hulp gekry het van drie
swart mans, wat by Corro
Creek in die omgewing van Modimolle sou gewerk het, en wat in die
straat verbygeloop het, om hulle met
die palmbome te help. Die
palmbome is uitgehaal en her-vestig. Besk.1 het verskeie kere gese
dat hyself vir die arbeid sou betaal.
Mnr van der Merwe het die
indruk gekry dat besk. 1 nie wou he dat hy die middag by besk.1 se
woning moes kom nie. Om ongeveer 16h00
het besk.1 hom geskakel, hy
het gehuil en gese dat hy nie nie meer wil leef nie, dat hy nie meer
saamgaan dam toe nie en dat hulle
hom nie moet soek nie. Nege dae
later het besk.1 by hom aangekom en is toe ge-arresteer. Besk.1 het
aan hom gese dat alles Me B
se skuld was en dat hy twee keer probeer
selfmoord pleeg het. In kruisverhoor het Mnr vd Merwe ontken dat die
mans met bouwerk
by die huis, wat besk.1 van hom gehuur het, sou
help. Dit is gestel dat besk.1 sou ook ontken dat hy Mnr vd Merwe
daardie dag van
sy huis wou weggehou het en dat hy die middag gehuil
het toe hy met hom gepraat het.
17.
Kaptein Moller, ‘n kommunikasiedeskundige in diens van die
Polisie, het getuig dat hy selfoonkontak en kommunikasie tussen
onder
andere besks.1 en 2, tussen besks. 2 en 3 en tussen besk.1 en Me B
nagespoor het. Vanaf 2 November 2011 tot 3 Januarie 2012
het besk.1
147 keer Me B geskakel en boodskappe gestuur. Sy het hom in daardie
tyd 12 keer gekontak. Daar was sedert 20 Desember
2011 48 oproepe
deur besk.1 na besk. 2 gemaak. Besk. 2 het besk. 1 42 keer probeer
skakel en het 9 keer met hom kontak gemaak,
en ook 2 boodskappe
gestuur. Daar was selfs oproepe gemaak op 25 Desember en 1 Januarie.
Op 3 Januarie 2012, vroegoggend, het besks.1
en 2 reeds met mekaar
gekommunikeer. Besk. 2, het na 16h00, 21 keer gepoog om met besk.1
kontak te maak. Besk. 2 het besk. 3 daardie
middag vyf keer geskakel.
18.
Dr Susan Grabe, ’n mediese praktisyn en deskundige op die
gebied van beserings van verkragtingslagoffers, het getuig dat
navorsing toon dat gemiddeld slegs 10 tot 30% van alle vroulike
slagoffers beserings aan hulle geslagsorgane opdoen tydens
verkragting.
Die ervaring wat me B gehad het met die “wilde
bewegings” wat besk.1 na bewering met die tang in haar
geslagsdeel gemaak
het, beteken nie noodwendig dat daar sigbare
beserings sou wees nie. Sy het ook getuig dat die HIV virus baie
maklik oordraagbaar
is wanneer daar beserings aan die slagoffer se
geslagsdele is.
19.
Adjudant Offisier Kruger, die ondersoekbeampte, het C se liggaam in
die kamer gevind. Hy het beslag gele op die .22 geweer,
’n mes
met ‘n lem van 15 cm, ’n tang en ander voorwerpe wat
uitgebeeld word in die foto’s van die misdaadtoneel.
Hy het ook
twee .22 kaliber patroon doppies in die huis se gang gevind asook ’n
derde doppie wat steeds in die geweer was.
Twee selfoonbokse, waarop
inligting was wat aangetoon dat dit besk. 1 se selfone bevat het, is
ook gevind. Een was by MTM geregistreer
en een by Cell C. Die nommers
wat besk.1 van sy selfone af geskakel het, het A/O Kruger na besk. 2
gelei. Hy het besk. 2 by Makapaanstat
opgespoor en gearresteer. Besk.
2 het hom na besks.
3
en 4 gelei wie hy onderskeidelik op 13 en 14 Januarie gearresteer
het. Op 10 Januarie is besk.1 skynbaar in Modimolle gesien en
is sy
Fortuner later verlate in ’n bebosde area buite Modimolle
gevind. In die voertuig was daar verskeie artikels wat insluit
komberse, bottels koeldrank, ’n gasbottel en ’n kan
water. Op 11 Januarie 2012 het Mnr Dirk vd Merwe geskakel waarna
A/O
Kruger besk.1 ge-arresteer het. Besk.1 was baie moeg en in ’n
gehawende toestand. Hy het ook krapmerke aan sy arms en
bene gehad.
Gedurende
kruisverhoor deur Mnr Bantjes is besk.1 se dagboek, wat in sy
voertuig gekry is, voorlopig as Bew “W” toegelaat.
’n
Week na die arrestasie is besk.1 op A/O Kruger se versoek deur twee
polisie- sielkundiges ondervra. Besk.1 het self ook
gevra vir
sielkundige behandeling.
Op
’n vraag van Mnr van Rooyen het A/O Kruger geantwoord dat dit
onwaar is dat besk. 2 aan hom gese het dat hy eers wou weet
waar
besk.1 was, en dat besk.1 eers aan hom gewys moet word, voordat hy
bereid sou wees om besks. 3 en 4 uit te wys.
Op
vrae deur Mnr van As het A/O Kruger gese dat hy nie die selfone van
besk.1 opgespoor het nie. Hy het ook geen handwapen van besk.1
gevind
nie. Volgens polisierekords is die twee handwapens wat op besk.1 se
naam geregistreer was, ’n .375 rewolwer en ’n
.22
pistool, in 2003 aangemeld as gesteel. Dit is nooit terug gevind nie.
Die hangkas in die kamer het twee knoppe aan die buitekant
van die
deure. A/O Kruger het egter nie 'n band of belt opgemerk waarmee die
deure van die ingeboude kas toegebind kon gewees het
nie.
20.
Dr Kritzinger, ’n plastiese sjirurg, het getuig dat hy Me B op
4 Januarie 2012 by die Little Company of Mary Hospitaal
ondersoek
het. Hy het gevind dat beide haar borste se tepels afgesny was. Aan
beide borste was verskeie perforasies wat veroorsaak
kon gewees het
met ’n skerp voorwerp soos ’n spyker of naald soos Bew.
4, ’n naald van 7.5cm.
21.
Dr L Pienaar, ook ’n mediese praktisyn van Modimolle, het
besk.1, wie ’n pasient van hom was, op 11 Januarie 2012,
na sy
arrestasie, ondersoek. Besk.1 was moeg en het ’n redelike hoe
bloeddruk gehad. Hy het ook krapmerke van doringbosse
aan sy lyf
gehad. Dr Pienaar het ontken dat daar tekens was dat besk.1 aan akute
depressie gelei het.
Die verdediging se getuienis.
22.
Na sluiting van die staatsaak het besk.1 getuig. Hy en Me B het voor
en tydens hulle huwelik ’n goeie verhouding gehad.
Die probleme
wat onstaan het is veroorsaak deur partye buite die huwelik. In
hierdie verband het Me B se ouers en haar seun C ’n
rol
gespeel. Alhoewel besk.1 en Me B in Maart 2011 reeds uitmekaar is,
het hulle egter versoen geraak maar is weer later uitmekaar.
Volgens
besk.1 was daar gedurigdeur kontak en heimlike kuiertjies tussen
hulle tot en met Desember 2011, en was daar ook ’n
sterk
moontlikheid dat hulle al hul probleme sou kon oplos. Besk.1 het
selfs ’n gesinsgeweld interdik teen Me B gekry nadat
sy hom
aangerand het. Die saak het hy later terug getrek aangesien hulle,
volgens besk.1, die probleem tussen hulle self wou oplos.
Besk 1 het
verder getuig oor die afsprake wat hy met Me B gehad het vir Kersfees
2011 en ook die Oujaarsaand van 2011, wat sy nie
nagekom het nie. As
gevolg van die suspisie wat hy gekoester het oor haar getrouheid aan
hom het hy die Oujaarsaand by ’n
plek aangery waar hy Me B,
haar kinders en ’n vreemde man gesien het waar hulle aan sekere
gesellighede deelgeneem het. Me
B was nie bewus daarvan dat hy haar
dopgehou het nie. Hy het ook gesien dat Me B deur die vreemde man
geliefkoos word. Daaroor
was hy, soos hy gese het, “ongelooflik”
ontsteld. Later die nag het hy Me B by haar woonplek in Modimolle
gaan inwag
en daar geskuil. Hy het gesien dat die vreemde man en Me B
mekaar verskeie kere liefkoos. Dit was vir hom uiters ontstellend. Hy
kon daardie nag nie slaap nie en het selfs die kat by sy huis
aggressief en hardhandig behandel. Op 1 Januarie het Me B telefonies
verduidelik waarom sy nie die vorige dag met hom kontak gemaak het
nie. Besk.1 het getuig dat dit vir hom moeilik was om gedurende
sy
getuienis in die Hof alles wat gebeur het presies weer te gee. Die
Sondagaand en die Maandagaand het besk.1 saam met vriende
deurgebring. Vroeer die Maandagmiddag het besk.1 en Me B mekaar egter
in die dorp raakgeloop en gesels. Volgens besk.1 sou Me B
kon gesien
het hy was ontsteld. Hulle het mekaar ook ’n drukkie gegee. Hy
het die Maandagnag ook nie geslaap nie. Die volgende
dag, 3 Januarie
2012, het hy die ander drie beskuldigdes te Hammanskraal gaan haal na
aanleiding van ’n afspraak wat hy met
besk. 2 gehad het om met
sekere bouwerk by sy huis in Modimolle te help. Hy was egter nie
vooraf bewus daarvan dat besks. 3 en
4 sou saamkom nie. Hulle twee is
deur besk. 2 daar aangebring om te help met die uitgrawings en
bouwerk wat beplan is. In Bela-Bela
het besk. 2 kos en sigarette
gekoop. Besk.1 het in sy voertuig geslaap terwyl die ander drie
ge-eet het. Besk. 2 het besk.1 versoek
om ook by ’n ander
winkel te stop. Later het besk.1 na besk. 2 gaan soek en hom by ’n
winkel gekry. Besk. 2 het ’n
pakkie sykouse aan hom getoon wat
hy gese het hy vir sy vrou gekoop het. lewers op pad na Modimolle het
besk. 1 met Me Bonnette
gepraat. Hy was egter nie seker nie of hulle
toe, of die vorige dag reeds, die afspraak gemaak het dat sy op 3
Januarie, nadat
sy haar kantoor aan die gang gekry het, met hom sou
kom praat. Sy sou egter laat weet wanneer sy kom. By besk.1 se woning
het hy
die ander drie instruksies gegee oor onder andere die beplande
uitgrawings en aanbouings en het in die huis gaan slaap. Hy het besk
2. op drie geleenthede die dag in sy huis gesien. Besk. 2 het elke
keer ’n ander rede gehad om in die huis te wees. Besk.1
het in
’n stadium gery om kos te koop. Besk.4 het vir besk.1 gevra wat
hulle vergoeding sou wees maar besk. 2 het tussenbeide
getree. Die
werk sou besks. 2, 3 en 4 vir drie dae besig hou. Daar is ook
palmbome op versoek van Mnr vd Merwe uitgehaal en op
’n ander
perseel hervestig. Me B het geskakel en gese dat sy dit nie sou maak
om 11 h00 by hom te wees nie en dat hulle later
in die week sou
kontak maak. Besk.1 was van plan om later daardie middag na 'n dam te
gaan waar hy en sy vriend, Mnr Dirk vd Merwe, en ook besk.1 se
dogter, Jo-Marie,
vir drie dae sou bly. Later die middag het Me B
geskakel en gese sy is op pad. Sy was “verskriklik”
vriendelik toe
sy daar kom. Hulle het mekaar ook ’n drukkie
gegee en sy het grappies gemaak. Besk.1 en Me B het buite die huis
onder die
borne gaan sit en gesels. Besk.1 het herhaal dat hy nie
alles wat daar gebeur het kon onthou nie. Hy weet net dat hy die ding
met
Me B wou uitpraat. Hy het Me B heftig gekonfonteer en gese dat hy
presies weet wat sedert Maart gebeur het en ook wat betref die
situasie met ene Nico de Villiers. Besk.1 wou ook gehad het dat Me B
hom eerlik moes se wat die vorige Saterdagaand gebeur het
en dat dit
’n ding is wat hy self sou wou oplos. Besk.1 het toe getuig oor
’n “vibrator” wat Me B op ’n
geleentheid
gekoop het, wat hy betaal het en wat sy daardie middag uit haar
handsak gehaal en gese dat hy dit op volgende persoon
wat saam met
hom sou wees, kon gebruik. Volgens besk.1 het ’n soortgelyke
toneel die vorige jaar in Junie tussen hulle twee
afgespeel toe Me B
die huis verlaat het. Die “vibrator” voorval het besk.1
baie ontstel en hy het op haar geskree.
Besk.1 het herhaal dat hy nie
alles wat gebeur het kon onthou nie. Hy en Me B het toe na die huis
toe gegaan. Hy het die “vibrator”
opgetel en saam met hom
geneem. In die huis het hulle steeds met mekaar gepraat. Besk.1 kon
egter nie die besonderhede van daardie
gesprek onthou nie. In die
gang het sy regs gedraai en na die kamer gestap waar haar eiendom
altyd was en waar hy en sy op twee
geleenthede in Desember verkeer
het. Sy het dit die vrykamer genoem. Op pad na die kamer het hy ’n
handdoek, wat op ’n
kassie in die gang was, met sy linkerhand
gegryp. Hy kon egter nie onthou of hy die handdoek in die badkamer
opgehang het nie.
Toe hy by die deur van die kamer kom, het hy getuig
“was daar ’n enorme gemors, geraas, en ek kan amper se,
’n
ontploffing in daardie kamer”.
Hy
was verslae en het net gesien daar is mans by Me B. Hy het hom
daarheen gehaas en daarin geslaag om die groep op die bed te stamp.
Besk. 1 het getuig “Hy sien hulle maar hy sien hulle nie”
en dat hy nie krag gehad het nie. Wat hy wel onthou is dat
hy vir Me
B gese het hulle gaan haar nie seermaak nie, hy keer hulle. Me B het
baie met haar hande om haar geslaan. Hy het haar
een hand vasgevat
omdat sy hom in die gesig geslaan het. Al wat hy wou doen was om haar
te probeer beskerm en om haar uit die “ding”
te kry. Dit
het egter te erg geraak en hy het omgedraai. Hy was verbysterd en het
uit die kamer gegaan. Toe hy terugkeer het besk.
2 voor Me B gestaan.
Besk.1 kon net Me B se bene sien. Besks. 3 en 4 het aan sy linkerkant
gestaan. Al drie die manne het sykouse
oor hulle koppe gehad het.
Besk.1 het toe besk. 2 aan die skouer gevat en gese hy moet haar
“asseblief, asseblief, nie seermaak
nie. Besk. 2 se broek was
afgetrek en het op sy voete gele. Besk.1 het baie tekere gegaan en
het mooi gepraat en gevra dat hulle
haar nie moet verkrag nie. Hy het
verskeie kere teruggegaan na die kamer toe. In ’n stadium het
besk. 2 gewys besk.1 moes
naderkom. Besk.1 het toe vir hulle gese
hulle moet net gaan. Besk. 2 het geld gevra en het die kar se
sleutels gehad. Dit is die
laaste wat besk.1 hulle gesien het. Hy is
toe weer na die kamer toe. Hy was verskriklik kwaad. Hy en Me B het
toe ’n gesprek
oor Oujaar en Kersfees gehad. Hy het aan haar
gese al wat hy voor hom sien is net die man wat haar betas het. Hy is
weer uit kamer
uit en het op haar geskree. In ’n stadium het hy
’n naald, waarmee hulle aan gordyne gewerk het, by hom gehad.
Hy het
langs haar gaan le. Hy wou haar nie seermaak nie. Hy het die
naald in haar bors ingedruk, maar nie besef hy doen dit nie. Toe hy
bloed sien het hy gestop en agtergekom iets verkeerds het gebeur. Hy
het ook 'n tangetjie wat in die kombuis was by hom gehad.
Toe hy die
bloed gesien het, het hy “verskriklik” geskrik en uit die
kamer gegaan. Later het hy weer langs haar gele
en hulle het met
mekaar gepraat en hy het weer in woede uitgebars. Sy het ook gevra
dat hy haar moes los maak. Hy weet nie wat
hy daarop ge- antwoord het
nie. Sy het water gevra wat hy vir haar gegee het. Sy het ook gevra
of hulle nie vir Conrad kon laat
kom nie. Hy het nie C se nommer
gehad nie en het haar selfoon vir haar vasgehou sodat sy vir C kon
skakel. Hy weet dat hy met C
gepraat het en dat C nukkerig was.
Daarna het hy weer langs haar gele, want hy weet dat sy horn wakker
gemaak het en gese het daar
is ’n klop aan die deur. Hy het by
’n venster gaan uitkyk en vir C gesien. Hy het toevallig aan sy
.22 geweer, wat
agter die gordyn gestaan het, geraak. Hy het C glad
nie daar verwag nie. Hy het toe die deur vir C oopgemaak en Mnr
Cloete ook
daar gesien. C het gevra waar sy ma was en besk.1 het
geantwoord dat sy in die kamer was. Besk.1 het Mnr Cloete versoek om
’n
krat, wat teen die motorhuismuur gestaan het, vir horn te
bring en is toe agter C aan die huis. Hy het egter omgedraai en sy
.22
geweer agter die gordyn gaan haal en daarmee agter C aangestap.
Besk.1 het getuig dat hy weet dat hy die geweer in sy hande gehad
het
en dat C op twee geleenthede gese het “Moenie, Oom”, en
dat hy ’n skoot gehoor het. Hy het gesien dat Cop
sy hurke sit.
Hy het nooit die bedoeling gehad om C te skiet nie en het geen rede
daarvoor gehad nie, want hulle twee het baie
goed oor die weg gekom.
Hy het nie besef dat hy C geskiet het nie. Later oor die radio het hy
gehoor dat C dood is. Toe besk.1
uit die huis wou gaan het hy eers in
die gang gaan le en toe later “verdwaas" opgestaan en
buite op ’n muurtjie
gaan sit. Naderhand het hy in sy voertuig
geklim en vir ’n tyd ook daar gesit. Later het hy gery en by ’n
beboste area
net buite Modimolle uitgekom. Die plek was aan horn
bekend en hy het vir ongeveer 9 dae daar gebly. Daar het hy probeer
selfmoord pleeg met ’n gasbottel onder ’n
kombers. Van
tyd tot tyd het hy na Modimolle gegaan om voorrade te koop. In
daardie tyd het hy aantekeninge gemaak (Bew “W”)
oor
onder andere sy verhouding en huweliksprobleme met Me B. Hy het egter
eers weer van die bestaan van die dagboek bewus geword
het toe sy
prokureur na sy arrestasie hom daarop attent gemaak het. Na die
verstryk van die 9 dae het hy by sy vriend Mnr Dirk
vd Merwe aangekom
waarna hy gearresteer is.
23.
Gedurende kruisverhoor deur Mnr van Rooyen het besk.1 ontken dat hy
aan die ander drie beskuldigdes opdrag gegee het om enigiets
aan Me B
te doen. Hy het ook ontken dat hy gesien het dat die ander drie
beskuldigdes Me B verkrag het. Dit is gestel dat besk.
2 sou getuig
dat besk.1 op Bela-Bela ’n blou pakkie in sy hande gehad het
wat hy by ’n winkel gekoop het, en wat waarskynlik
die sykouse
was wat besk.1 later aan hulle drie gegee het om oor hulle koppe te
trek. Besk. 1 het dit ontken. Besk.1 het ook ontken
dat hy besk. 2
versoek het om twee manne saam te bring om sy karavaan te was en dat
hy gese het dat hy vir sy vrou wag om die sleutel
te bring van die
plek waar die karavaan was en dat sy om 3nm daar sou wees. Hy het ook
ontken dat die huis se deure gesluit was.
Besk.1 het ook pertinent
ontken dat hy besks. 2, 3 en 4 met ’n rewolwer gedreig het.
24.
In kruisverhoor deur Mnr van As was besk.1 nie instaat om te verklaar
nie hoe dit gebeur het dat die drie skote wat C getref
het, afgevuur
is met die Brno .22 slotaksie geweer. Besk.1 het getuig dat hy nie by
sy positiewe was toe hy die die dagboek gehou
het nie en dat hy oor
die radio van sekere van die gebeure gehoor het soos hy dit in Bew
“W” aangeteken het.
25.
Tydens kruisverhoor deur Me Meintjes het besk.1 gese dat hy nie bewus
was dat hy Me B beseer nie het nie. Hy het ontken dat
hy die handdoek
oor Me B se kop geplaas het en dat hy besks. 2, 3 en 4 nader geroep
het. Hy het wel erken dat Me B vasgemaak was
alhoewel hy nie weet
wanneer dit gebeur het nie.
Dit
is aan besk.1 uitgewys dat sy getuienis ten opsigte van verskeie
aspekte verskil van wat tydens kruisverhoor aan Me B gestel
is.
Besk.1 het Mnr Bantjes blameer vir die verskille en het bygevoeg dat
hy probleme gehad het omdat sy instruksies nie uitgevoer
is nie. Dit
is aan besk.1 uitgewys dat hy op verskeie geleenthede tydens
kruisverhoor van Me B sy regsverteenwoordigers se aandag
getrek het
en met hulle gekonsulteer het.
Die
verskille in die stellings wat tydens kruisverhoor gemaak is en
besk.1 se getuienis, soos uitgewys deur Me Meintjes, sluit die
volgende in.
(I)
Dat daar gestel is dat besk.1 gesien het dat Me B se arm vasgemaak
word. Besk.1 het in sy getuienis ontken dat hy dit gesien
het.
(ii)
Dat besk.1 sou getuig dat hy gese het; “Hoekom verneuk jy my?"
Besk.1 het ontken dat die inligting van hom af kom.
(iii)
Dat hy vyf keer die ander beskuldigdes versoek het om Me B nie beseer
nie. Besk.1 kon dit nie onthou nie.
(iv)
Die toegewing dat daar kleefband om haar mond was, was besk.1 nie
sekervan nie.
(v)
Dat hy die getuienis van Mnr Cloete in twyfel trek terwyl dit nooit
aan Mnr Cloete so gestel is nie. Besk.1 het geimpliseer
dat daar een
of ander sameswering was wat die gevolg gehad het dat Mnr Cloete teen
hom getuig het.
(vi)
Besk.1 kon nie verduidelik hoe hy probeer keer het dat die ander
beskuldigdes Me Bonnette nie beseer nie. Al wat hy gese het
is dat hy
in ’n toestand van skok probeer het om haar te red.
(vii)
Hy kon nie onthou of die aanvallers sykouse oor hulle koppe gehad het
nie, anders as wat hy getuig het.
Wat
betref die kabelbinders en toue waarmee Me Bvasgebind was, het besk.1
geantwoord dat hy nie weet hoe daardie items in die kamer
gekom het
nie. Hy het ook nie geweet dat die toue toe reeds vasgemaak was nie.
Wat die kleefband oor Me B se mond betref het besk.1
gese dat hy die
weergawe gehoor het, maar dat sy wel gepraat het en dat sy ook water
gevra het. Besk.1 kon nie verklaar hoekom
hy nie Me B losgemaak het
toe sy hom gevra het om dit te doen nie. Hy kon onthou dat hy wel met
C gepraat het op maar kon nie onthou
waaroor nie en kon ook nie
onthou waarom Me B vir C wou laat kom nie. Hy het ontken dat hy Me B
se liggaam geskend het soos sy
getuig het maar het wel erken dat hy
’n naald in haar borste ingedruk het.
Besk.1
is gekonfronteer daarmee dat hy besk. 2 op 48 geleenthede geskakel
het vanaf 20 Desember 2011 tot 3 Januarie 2012 en dat
besk 2 horn ook
baie keer geskakel het. Hy het getuig dat dit hoofsaaklik oor bouwerk
was en dat besk. 2 geld wou gehad het. Besk.1
het erken dat hy op 3
Januarie tussen 12h00 en 13h00 veertien selfoonoproepe gemaak het en
tussen 13h00 en 14h00 agtien, maar kon
nie die individuele oproepe
onthou nie. Hy het erken dat Me B hom om 14h43 geskakel het en dat
hyself ook sy dogter geskakel het.
Op
‘n vraag van die Hof het besk.1 gese dat hy nie bewus was
daarvan dat hy enige misdryf gepleeg het toe hy daardie middag
sy
huis verlaat het nie. Hy kon egter nie se waarom hy toe bos toe
gevlug het nie. Met hervatting van die saak die volgende hofdag
het
besk.1 egter sy antwoord van die vorige dag gewysig deur te se dat hy
wel, toe hy by die huis weg is, besef het dat hy ’n
misdryf
teenoor Me B gepleeg het maar het volgehou dat hy nie vir C gedood
het nie. Besk.1 het erken dat besks. 2, 3 en 4 geen
uitgrawingswerk
op die erf gedoen het nie maar het bygevoeg dat hulle drie dae
daarvoor sou he. Besk.1 het erken dat Bew “W”
in die vorm
van ’n dagboek was.
26.
Ten behoewe van besk.1 is die getuienis van Me T Spangenberg, ’n
kliniese sielkundige, aangebied. Me Spangenberg het besk.1
ge-
evalueer nadat sy met hom gekonsulteer het en sekere psigometriese
toetse op hom uitgevoer het. Sy het ook gebruik gemaak van
kollaterale inligting wat sy van vriende van besk.1 en ander persone
verkry het. Me Spangenberg het, wat die spesifieke gebeure
van 3
Januarie 2012 betref, en wat aanleiding daartoe gegee het,
staatgemaak op die weergawe van besk.1. Sy het nie die hofverrigtinge
bygewoon nie behalwe dat sy teenwoordig was ten tye van die laaste
gedeelte van besk.1 se kruisverhoor deur Me Meintjes. Sy was
gevolglik nie ten voile op hoogte wat betref besk.1 se getuienis in
die hof nie. Sover dit die Staat se getuienis aangaan moes
Me
Spangenberg gebruik maak van mededelings deur besk.1 se regspan,
afskrifte van getuieverklarings en ’n gedeelte van die
rekord
wat reeds getik is. Dit is later tydens kruisverhoor deur Me Meintjes
aan Me Spangenberg uitgewys dat ’n deel van
die getuienis wat
sy gese het sy uit die getikte rekord gekry het nie reg kan wees nie
want dit was nog nie eers getranskribeer
nie. Me Spangenberg het nie
daarop geantwoord nie. Die uiteindelike opinie en gevolgtrekking van
Me Spangenberg was dat besk.1
tydens die voorval tydelik
nie-toerekeningsvatbaar was nie as gevolg van ’n akute
stresversteuring wat opgebou het en veral
aangewakker is deur die
voorval op Oujaarsaand 2011 toe besk.1 gesien het dat daar sekere
intimiteit tussen Me B en ’n vreemde
man plaasgevind het. Op 3
Januarie was die vonk in die kruitvat die voorval toe Me B, volgens
besk. 1, die “vibrator”,
waarna reeds verwys is, op die
tafel, waar hulle gesit en gesels het, geplaas het, met die
neerhalende opmerking waaroor besk.1
getuig het.
Me
Spangenberg het ook sekere psigometriese toetse op besk.1 uitgevoer
waarvan die resultate haar kliniese bevinding van besk.1
se psigiese
toestand tydens die voorval op 3 Januarie bevestig het. Die een toets
is bekend as Millon Clinical Multiaxial Inventory-111
(“MCMI-
111”) wat te doene het met die evaluasie van persoonlike
karaktertrekke, of persoonlike afwykings, wat nie
openlik tydens ’n
kliniese evaluasie waarneembaar is nie. Die resultaat van die toetse
het getoon dat daar ’n kennelik
verhoogde telling was met
betrekking tot die Kompulsiewe Skaal en ook wat die Narsistiese Skaal
betref. In hierdie verband het
Me Spangenberg ook verwys na die
toetsresultate van Mnr J Coetzee, die Staat se sielkundige, waarmee
haar bevindings in hierdie
verband ooreenstem. Hierdie verslag van
Mnr Coetzee is voorlopig ingehandig as Bew.“Y”. Die
telling op die “Post
Traumatic Stress Disorder” was ook
verhoog. Die sogenaamde “Severe Clinical Syndromes”, het
verhoogde tellings
getoon ten opsigte van “Major Depressie”
en angstigheid. Een van die patologiese afwykings wat Me Spangenberg
gevind
het was, soos aangedui, Narsissisme. Persone met hierdie
afwyking is bekend vir hulle egoistiese self-betrokkenheid en die
kenmerk
om hulle eie waarde te oorskat. Dit is ’n toestand
waarvan die kenmerke is dat so ’n persoon ’n sterk
selfbeeld
het. Narsistiese woede kan manifesteer in ligte irritasie
tot geweldadige optrede. Besk.1 het Me B as sy ondersteuningspersoon
in daardie verband ervaar maar sy het hom verloen en hy het met wraak
opgetree.
Me
Spangenberg het ook getuig dat besk.1, in die toestand wat hy
gedurende die voorval was, nie in staat sou wees om enige beplanning
te doen nie.
Tydens
kruisverhoor deur Me Meintjes het Me Spangenberg toegegee dat indien
sekere gedeeltes van die middag se voorval, op die Staat
se weergawe,
in isolasie beskou word, dit wel voorkom asof besk.1 geweet het wat
hy doen. Me Spangenberg het egter volstaan met
haar konklusie dat
besk.1 nie vir sy dade van daardie middag aanspreeklik kan wees nie
al het hy selfs gedeeltes van sy optrede
beplan.
Wat
betref die inhoud van die dagboek, Bew. “W”, het Me
Spangenberg getuig dat die feit dat besk.1 aangeteken het dat
hy die
Woensdagoggend 7h30, dit is die dag na die gebeure by sy huis, die
aantekeninge begin maak het, dit nie noodwendig op daardie
tydstip
gedoen was nie. Hierdie opmerking van Me Spangenberg was skynbaar
bloot haar mening in daardie verband.
Me
Spangenberg het egter toegegee dat sekere mededelings van besk.1 aan
haar, oor wat gebeur het, verskil van sy getuienis in die
Hof. Dit
sluit in of besk.1 gesien het dat Me B vasgemaak word en dat hy wel
die getuie, Mnr Cloete, gesien het toe hy uit die
huis uit is.
27.
Besk.1 se saak is gesluit na die getuienis van Me Spangenberg. Die
Staat se aansoek vir her-opening van die staatsaak met die
doel om
sekere deskundige getuienis aan te bied met betrekking tot die vraag
na besk.1 se verweer van tydelike ontoerekeningsvatbaarheid,
is
toegestaan. Die redes volg later.
28.
Dit is dienstig om op hierdie stadium na die getuienis van Mnr
Jacobus Coetzee, wat deur die Staat aangebied is na heropening
van
die staatsaak, te verwys. Mnr Coetzee is ’n sielkundige in
diens van die Staat, met uitgebreide ondervinding in sy veld,
wat oor
dekades strek.
Sy
verslag, Bew. “Y”, was reeds voorheen voorlopig
toegelaat. Dit is gedeeltes van hierdie verslag waarna Me Spangenberg
verwys het.
Mnr
Coetzee het besk.1 ge-evalueer na verskeie konsultasies en sekere
psigometriese toetse. Mnr Coetzee het ook gebruik gemaak van
kollaterale inligting wat versamel is deur ’n maatskaplike
werkster, Me Estelle du Plessis. Die Staat het beswaar gehad teen
die
openbaarmaking van die bronne van daardie inligting. Na ’n
aanduiding deur die Hof dat die name van die persone wat die
inligting verskaf het waarskynlik nie openbaar behoort te word nie,
het Mnr Greyling die aangeleentheid daar gelaat. Anders as
Me
Spangenberg het Mnr Coetzee nie tekens van Narsissisme en Major
Depressie by besk.1 gevind wat moontlik tot ’n toestand
van
tydelike ontoerekeningsvatbaarheid kon lei nie. Mnr Coetzee het nie
met die bevinding van Me Spangenberg, naamlik dat besk.1
tekens van
patologiese versteuring getoon het wat tot sy nie-patologiese
toestand aanleiding gegee het, saamgestem nie. Mnr Coetzee
se
bevinding was dat besk.1 wel toerekeningsvatbaar was ten tye van die
beweerde pleging van die misdade.
29.
Besk. 2 het getuig. Gedurende die week van 16 Desember 2011 het hy
besk.1 in Pretoria ontmoet. Besk.1 het iemand nodig gehad
om bouwerk
by sy huis op Modimolle te doen. Van daardie tyd af het besk. 2 op
verskeie geleenthede per selfoon met besk. 1 kontak
gehad, gewoonlik
oor die boubedrywighede. Besk.1 het hom versoek om twee persone te
kry wat sou kon help met die bouery. Op 3 Januarie
2012, vroegoggend,
het besk.1 vir besks. 2, 3 en 4 te Hammanskraal opgelaai. Besk. 2 het
getuig dat besk.1 ook aan hom gese het
dat ’n karavaan gewas
moes word asook dat ’n kamer wat vuil was, skoongemaak moes
word. Hulle sou ook daar moes slaap
aangesien besk.1 nie wou he dat
hulle laat moes teruggaan nie. Daar was werk vir 3 dae. Besk. 2 het
aan besks. 3 en 4 gese het
dat hulle hom met bouwerk moes help nadat
die karavaan gewas is. Op pad na Modimolle het hulle by Bela-Bela
aangedoen waar hulle
kos gekoop het by Spar. Besk.1 het by ’n
ander winkel, dit was Pep Stores, ingegaan maar het niks in sy hande
gehad toe hy
daar uitkom nie. In Modimolle het besk.1 gese hy wag vir
sy vrou om die sleutel te bring van die karavaan wat skoongemaak moes
word en het hulle drie toe opdrag gegee om blare en takke op te tel.
Later het Mnr Dirk vd Merwe daar aangekom waarna hulle drie
ook
palmbome uitgegrawe wat na ’n ander plek geneem is deur Mnr vd
Merwe, vergesel deur besks. 3 en 4. Besk. 2 het gebly
om die gate
waar die palmbome was toe te maak. Besk.1 het homself in die huis
toegesluit. Later het besk.1 gaan kos koop. Terwyl
hulle ge-eet het,
het besk.1 gese sy vrou gaan laat kom want sy moet eers dinge by haar
werk afhandel. Om ongeveer 14h45 het besk.1
weer uit die huis gekom
en hulle drie in die huis ingeroep en na ’n kamer geneem waar
die seep sou wees waarmee die karavaan
gewas moes word. Besk.1 het
die kamerdeur toegetrek en se toe dat daar nie ’n karavaan was
wat gewas moes word nie. Besk.1
se toe dat sy vrou nie genoeg van hom
kry nie en dat hulle gemeenskap met haar moes hou. Besk.1 het toe
sykouse uitgehaal en hulle
drie beveel om dit oor hulle koppe te trek
sodat sy hulle nie sou kon eien nie. Hulle drie het geweier om dit te
doen. Besk.1 het
gese dat hy hom nie deur swart mans (hy het die
k-woord gebruik) sal laat voorskryf nie en dat hulle moes doen wat hy
se. Hy was
aggressief en het hulle met ’n vuurwapen, ’n
handwapen, gedreig. Op daardie stadium hoor hulle toe 'n voertuig op
die
erf stop. Besk.1 beveel toe besks. 3 en 4 om in ’n hangkas
te skuil. Hy het sy lyfband van sy lyf afgehaal en die deur van
daardie hangkas vasgemaak. Besk. 2 is opdrag gegee om agter die deur
van ’n ander hangkas te skuil. Hulle het gehoor besk.1
gesels
buite die huis met ’n vrou. Besk.1 en die vrou, dit was Me B,
het toe in die huis ingekom. Toe hulle twee in die kamer
inkom het
besk.1 ’n handdoek oor haar kop getrek en haar op die bed
gegooi. Sy het haar teengesit. Besk.1 roep toe besk.
2 op sy naam en
se hy moet die ander twee mense kry om te help want sy het hard
probeer om los te kom. Besk.1 het die vuurwapen
in sy broek se band
onder sy hemp versteek. Besk. 2 het getuig dat hulle so geskok was
dat hulle nie geweet het wat om te doen
nie. Besk.1 het Me B met die
oop hand geklap en gese. “Bokkie moenie kwaad word nie, hierdie
mense gaan jou nie doodmaak
nie, hulle is goeie mense.” Me B
het aanhoudend gevra dat sy nie doodgemaak moes word nie maar het na
die klap stil gebly.
Besk.1 het haar beskuldig van ontrouheid, wat sy
ontken het. Besk. 2 het op instruksies van besk.1 haar mond met
kleefband, wat
op die vensterbank was, toegeplak. Besk. 2 wou die
kleefband met ’n sker, wat besk.1 aan hom gegee het, korter sny
maar die
sker het geval toe besk.1 dit wou vat. Besk.1 het toe die
res van die kleefband om Me B se kop gedraai. Besk.1 het gese dat
aangesien
sy nie genoeg van hom kon kry nie, hy die drie swart mans
gebring het om met haar geslagsgemeenskap te hou. Me B het dwars oor
die bed gele en haar hande is weerskante van haar lyf bokant
haar kop
vasgemaak. Besk.1 het haar broek uitgetrek en besk. 2 opdrag gegee om
homself gereed te maak om met haar gemeenskap te
he. Besk. 2 het sy
broek afgetrek. Hy het getuig hy was bang en het so gebewe dat sy
bene teen die bed gestamp het, wat hy meen
Me B net moes gesien het.
Besk. 2 het getuig dat hy nie ’n ereksie kon kry nie. Besk.1 se
toe hy moet sy privaatdeel vashou
om ’n ereksie te kry. Besk. 2
het getuig dat dit nie gehelp het nie. Besk.1 het Me B se bloes toe
opgetrek en besk. 2 aangese
om aan haar borste te vat sodat hy ’n
ereksie kon kry wat besk 2. nie wou doen nie. Besk.1 het aggressief
geraak en daar
was geen manier waarop besk. 2 nie besk.1 se opdrag
kon uitvoer nie. Besk. 2 het op Me B gaan le maar het haar nie
gepenetreer
nie. Hy het net gemaak asof hy met haar gemeenskap hou.
Besk.1 het gesien dat hy dit doen en gese hy moet afklim want hy is
hopeloos.
Besk. 3 kon ook nie ’n ereksie kry nie en het gedoen
wat besk. 2 gedoen het. Besk. 4 het ook dieselfde opdrag gekry.
Laasgenoemde
het ook nie lank op Me B gele nie toe besk.1 het gese hy
is net so hopeloos soos die ander twee en dat hy moes afklim. Hulle
drie
is toe aangese om in die gang te gaan staan omdat besk.1 met Me
B wou praat. Die kamerdeur was nie heeltemal toe nie en besk. 2
het
gesien dat besk.1 op sy kniee by Me B staan en met haar praat. Besk.1
het ook haar selfoon uit haar handsak gehaal en met iemand
gepraat.
Besk. 3 is toe na die kombuisdeur toe. Die deur was nie gesluit nie
en hulle drie het uitgehardloop. Iemand het geskree
en besk.1 het
agter hulle aangehardloop en gedreig dat hy hulle sou kry. Hulle het
toe by bome geskuil. Besk.1 het stadig verby
gery asof hy na hulle
soek. Hulle drie het uiteindelik ’n geleentheid met 'n voertuig
gekry en na hulle nog baie ver moes
loop, het hulle in die nag by
hulle tuistes uitgekom. Besk. 2 het getuig dat hy na die Moot
polisiestasie in Pretoria gegaan het
om ’n saak te maak teen
besk.1 wat hom geld skuld maar dat hy toe na die Pretoria Noord
“Small Claims Court”
verwys is. As stawing vir sy
getuienis het besk. 2 ’n dokument met die Moot
Polisiestasie-stempel daarop ingehandig. Dit
is gemerk Bew.“Z”.
Volgens besk. 2 was hy nie bereid om besks. 3 en 4 uit te wys voordat
hy nie geweet het dat besk.1
ge-arresteer is nie.
30.
Gedurende kruisverhoor deur Mnr Greyling het besk. 2 bygevoeg dat die
vierwiel motorfiets van besk.1, asook kamptoerusting wat
besk.1 en sy
vriende gebruik het, ook op versoek van besk.1, skoongemaak moes
word. Besk. 2 het getuig dat hy nie kon geweet het
dat Me B die
middag van 3 Januarie by besk.1 se huis sou aankom, as besk.1 hom nie
daardie dag daarvan gese het nie. Hy het ontken
dat hy bewus was dat
die deure van die huis nie gesluit was nie. Hy het ook ontken dat hy
die sykouse gekoop het. Hy het erken
dat besk.1 en Me B vir ongeveer
10 tot 15 minute buite die huis gesels het. Besk. 2 het volgehou dat
besk.1 ’n rewolwer in
sy besit gehad het en nie die .22 geweer
waaroor Me B getuig het nie.
Besk.
2 het ontken dat hy die instruksies aan Mnr van Rooyen gegee het in
soverre die stellings in kruisverhoor met sy getuienis
verskil. Dit
sluit in of hy gesien het dat Me B die handdoek oor haar kop gehad
het toe sy en besk.1 in die kamer ingekom het.
In hierdie verband het
besk. 2 gese dat daar ’n misverstand tussen hom en Mnr van
Rooyen moes gewees het. Die volgende verskil
is dat volgens wat Mnr
van Rooyen gestel het, besk. 2 deur besk.1 versoek is dat hulle Me B
se klere moes uittrek. Besk. 2 het
bloot ontken dat dit is wat gebeur
het. Besk. 2 het ook ontken dat hy en die ander twee beskuldigdes Me
B se hande vasgemaak het
en ook dat hy gesien het dat besk.1 Me B se
pubiese hare met die hand uitgetrek het soos dit in kruisverhoor deur
Mnr van Rooyen
gestel is.
Op
’n verdere vraag het besk. 2 gese dat hulle drie tussen 3 en 5
minute in die gang gestaan het nadat besk.1 gese het hulle
moet die
vertrek verlaat. Op die vraag hoekom hulle drie nie onmiddellik
gevlug het toe hulle uit die kamer is nie, het hy gese
dat hulle wel
dadelik daaraan gedink het maar nie geweet het watter deur oop was
nie.
Besk.
2 het ontken dat hulle bagasie gehad het en vir drie dae op die
perseel sou bly, soos besk.1 getuig het. Besk. 2 het ook ontken
dat
hy getuig het dat volgens wat besk.1 aan hom gese hulle vir drie dae
op die perseel sou bly om te werk.
Op
die vraag waarom hy nie die misdade wat besk.1 gepleeg het, en wat hy
hulle drie laat pleeg het, aan die polisie gerapporteer
het nie, het
besk. 2 met ’n teenvraag gereageer en gevra aan watter polisie
hy dit moes rapporteer.
Hy
het ontken dat hulle drie op hulle eie besluit het om Me B te
verkrag.
31.
Gedurende kruisverhoor deur Mnr van As, het besk. 2 erken dat besk. 3
nie voor 2 Januarie die werk om die karavaan te Modimolle
te was,
aangebied is nie. Besk. 2 het egter bygevoeg, anders as wat besks. 3
en 4 nou se, hulle hom ook met die bouwerk sou help.
Besk.
2 het erken dat besk.1 aan hom bekend was as “Piet” en
het saamgestem dat daar geen plan was dat hulle sou oorslaap
nie.
Besk. 2 het ontken dat hy saam met besk.1 by Pep Stores in is en gese
hy het saamgestap omdat besk.1 nie geweet het waar die
winkel was
nie.
Besk.
2 het erken dat dit hy was wat aan besks. 3 en 4 vertel het wat
besk.1 se versoek was wat hulle met Me B moes doen maar het
ontken
dat hy uit sy eie aan besks. 3 en 4 gese het wat daar moes gebeur.
Besk. 2 het ook erken dat hy aan besks. 3 en 4 megedeel
het dat
besk.1 nie sy vrou meer kan tevrede stel nie en dat daar ’n
ooreenkoms tussen besk.1 en sy vrou was, en dat sy vrou
gereeld wou
weet wanneer besk.1 dan die drie swart mans sou reel wat met haar
gemeenskap sou hou, asook dat Me B sou reageer asof
sy nie weet wat
aangaan nie, ook dat Me B daarvan hou om vasgemaak te word en dat
haar mond toegeplak word. Hy het egter volgehou
dat dit is wat hy op
instruksies van besk.1 getolk het. Besk.2 het egter ontken dat hy
gese het dat dit ’n groot geluk is
dat die man sy vrou vir
hulle aanbied en dat daar nie fout mee is nie.
Besk.
2 het ontken dat die dreigement met die vuurwapen slegs op besks. 3
en 4 gerig was. Besk. 2 het ontken dat hy getuig het besk.1
het die
belt van sy lyf afgehaal en ook ontken dat besk.1 gese het hulle moet
die sykouse oor hulle koppe trek omdat hulle weer
daar sou kom werk.
Besk.
2 het ontken dat hy besks. 3 en 4 eers uit die kas gelaat het nadat
Me B se broek uitgetrek en sy vasgemaak is, en het getuig
dat hulle
haar vasgehou het toe besk.1 haar met die kabelbinders vasgemaak het.
Besk.
2 het toegegee dat hy gesien het dat besks. 3 en 4 nie Me B
gepenetreer het nie.
Besk.
2 het ontken dat besks. 3 en 4 alleen by besk.1 se huis uit is en dat
hy hulle gevolg het en later na die huis teruggekeer
het, asook en
dat hy hulle ’n rukkie later geskakel het en meegedeel het dat
besk.1 se voertuig weg is en dat daar verskeie
polisie beamptes by
die huis was. Besk. 2 het wel erken dat hy besk. 3 geskakel het toe
hy besk.1 se voertuig gewaar het. Besk.
2 het wel erken dat besks. 3
en 4 gese het dat hulle polisie toe wou gaan.
32.
Gedurende kruisverhoor deur Me Harmzen is besk. 2 gewys op talle
weersprekings in sy weergawe, soos dit tydens kruisverhoor
van Me B
en besk.1 gestel is, en sy getuienis in hoof en die daaropvolgende
kruisondervraging. Die volgende is voorbeelde:
(i)
Dat hy in kruisverhoor gese het dat hulle ook in die teenwoordigheid
van Me B deur besk.1 met die vuurwapen gedreig is, wat
verskil van sy
getuienis in hoof;
(ii)
Dat sy penis in sy onderbroek was toe hy bo-op Me B gele het, wat
nooit tydens kruisverhoor van Me B gestel is nie;
(iii)
Dat hy wel herhaaldelik aan besk.1 gese het dat hy nie met Me B wou
gemeenskap hou nie, verskillend van sy weergawe toe hy
getuig het;
(iv)
Dat hy emosioneel was en gehuil en gebewe het toe hy bo-op Me B gele
het, wat ook nie in kruisverhoor aan Me B gestel is nie.
(v)
Dat hy vir besks. 3 en 4 gese het om dieselfde as hy te doen deur nie
met Me B gemeenskap te hou nie, wat ook nie in kruisverhoor
aan Me B
gestel is nie.
(vi)
Besk. 2 het ontken dat hy tydens kruisverhoor deur Mnr van As gese
het dat besk.1 sy lyfband, wat hy in die hof aangehad het,
van sy lyf
afgehaal het en gebruik het om die kas waarin besks. 3 en 4 was se
deure vas te maak. (Op besk. 2 se versoek het besk.
1
wel in die hof sy lyfband afgehaal en dit aan besk. 2 oorhandig.)
Besk.
2 het ontken dat hy op 22 Desember 2011, nadat hy sekere kwotasies
vir bouwerk aan besk.1 gegee het en die perseel verlaat
het, Me B se
bewegings dopgehou het. Hy het volgehou dat hy by ’n vriend,
wat hy toevallig raakgeloop het, daar in Modimolle
gaan kuier het.
Met betrekking tot die sykouse het besk. 2 gese dat hy eers in die
kamer gesien het dat die pakkie met sykouse
wat besk.1 toe by hom
gehad het, ’n Pep Stores etiket opgehad het. Hy het die pakkie
sykouse nie voorheen gesien nie. Besk.
2 is ook gevra waarom hy besk.
3 op vyf geleenthede binne die tydsbestek van 1 uur en 10 minute
daardie middag van 3 Januarie geskakel
het as hy dan, soos hy getuig
het, in die teenwoordigheid van besks. 3 en 4 was. Besk. 2 het die
rede vir die eerste oproep verklaar
as sou hy op daardie stadium 'n
geleentheid vir die terugrit na Hammanskraal vir aldrie gaan soek het
terwyl besks. 3 en 4 erens
geskuil het. Wat die ander vier oproepe
betref, het besk. 2 aangevoer dat die oproepe waarskynlik per abuis
gemaak moes gewees
het toe die selfoon in sy sak was. Die rede waarom
hy na 4nm op 3 Januarie, tot die volgende oggend, op 27 geleenthede
gepoog het
om met besk. 1 kontak te maak was, was om te probeer
vasstel waar besk.1 hom bevind het sodat hy daardie inligting aan die
polisie
kon oordra.
Op
’n vraag van die Hof het besk. 2 getuig dat die deure van die
hangkas, waarin besks. 3 en 4 gewag het, met die belt toegemaak
is
omdat die deure vanself oopgaan. Die deure kon egter van binne af
oopgemaak word.
Besk.
2 het ontken dat hulle kon ontvlug toe besk.1 en Me B buitdie huis
gesels het en het bygevoeg dat hulle nie geweet het of
die deure
gesluit was nie, en dat hy op daardie stadium deurmekaar was.
Besk.
2 het verder getuig dat hy nie gesien het toe Me B in die kamer inkom
nie maar dat hy wel gehoor het toe sy skreeu. Op die
vraag waarom hy
nie die polisie geskakel het toe hulle in die kamer gewag het nie,
het hy geantwoord dat hy nie geweet het wat
die adres was van die
plek waar hulle was nie. Hy het ook getuig dat hy herhaaldelik vir
besk.1 gese het hy wil nie met Me B gemeenskap
hou nie en dat besk.1
gedreig het dat hy hom sou doodmaak. Hy het erken dat hy vir ongeveer
5 minute op Me B gele, maar bygevoeg
dat hy sy penis op daardie
stadium terug in sy onderbroek geplaas het, en dat hy nooit sy
onderbroek afgetrek nie. Hy het ook getuig
dat hy gesien het dat
beide besks. 3 en 4 ook hulle penisse in hulle onderbroeke, wat nie
afgetrek was nie, teruggeplaas het en
dat hulle ook nie met Me B
gemeenskap gehou het nie.
33.
Besk. 3 het getuig dat hy deur besk. 2, wie hy nie persoonlik goed
geken het nie, gevra is om behulpsaam te wees om ’n
karavaan
van besk.1 te help was. Besk. 2 het hom versoek om besk. 4 te kry om
te help. Hulle sou R250 tot R300 per persoon betaal
word. Op 3
Januarie het hulle drie saam met besk.1 gery. Hy het nie geweet waar
die karavaan was nie. Op Warmbad is kos gekoop
en besks.1 en 2 is in
’n stadium by Pep Stores in maar het niks in hulle hande gehad
toe hulle daar uitkom nie. By sy huis
het besk.1 gese hy wag vir sy
vrou om die sleutel van die karavaan te bring. Daarna was besks. 2,
3, en 4 behulpsaam met die uithaal
en herplant van ’n aantal
palmbome. Later die dag het besk.1 hulle drie aangese om na ’n
kamer in die huis te gaan.
Op die bed was ’n boks. Aan die bed
se koppenent was toue vasgemaak. Besk.1 het die deur toegedruk en
besk. 2 aangese om
aan hulle twee te vertel wat werklik daar gaan
gebeur. Besk. 2 het toe gese dat hulle eintlik daar is om met besk.1
se vrou gemeenskap
te hou en dat hulle ’n “surprise”
moes maak vir die vrou. Besk. 2 het ook gese dat besk.1 en sy vrou
ooreengekom
het dat dit moes gebeur en dat sy vrou haastig was dat
dit moes plaasvind. Sy sou ook maak asof sy nie geweet het wat gaan
plaasvind
nie. Sy moes ook vasgemaak word en haar mond moes toegeplak
word. Besks. 3 en 4 was nie daarmee gediend nie en het geweier om dit
te doen. Hulle wou slegs betaling he vir die werk van die palmbome
wat hulle uitgehaal het sodat hulle kon gaan. Besk.1 se selfoon
het
toe gelui en hy is by die kamer uit. Voor hy uit is het besk.1 egter
gevra hulle moet saamwerk. Toe besk.1 terugkeer het hy
’n
pakkie sykouse by hom gehad en ’n rewolwer. Besk. 2 se toe dat
hulle twee weier om saam te werk en net hulle geld
wou he en huistoe
gaan. Besk.1 het kwaad geword en gese dat hulle moes doen wat hy se
anders sal hulle nie lewendig by die huis
uitgaan nie. Besk.1 het ook
gese dat hulle moet die sykouse oor hulle koppe trek om te verhoed
dat hulle herken word as hulle die
volgende week terugkeer. Besks. 3
en 4 het gevra waarom die vrou se mond toegeplak moes word. Besk. 2
het gese sy maak ’n
geraas as sy gemeenskap hou en dat besk.1
nie wou he die bure moes dit hoor nie. Besk.1 het toe besks.
3
en 4 met die vuurwapen, ’n rewolwer, gedreig en beveel dat
hulle in die hangkas moes klim. Besk. 3 het gedink die hangkas
se
deure was toegesluit want hy het die deure probeer oopstoot maar kon
dit nie regkry nie. Later, toe hy weer buite die kas was,
het hy
gesien dat die deure met ’n belt van buite af vasgemaak gewees
het. Na ongeveer twee minute, terwyl hulle nog in die
kas was, het
besk. 3 ’n vrou hoor skree. Dit het geklink of haar mond
toegedruk word. Hy hoor toe ook ’n stem wat se
“Andries
help”. Hulle twee is toe uit die hangkas gelaat en aangese om
langs die hangkas te staan. 'n Nakende vrou
het op die bed gele. Sy
was met toue vasgemaak. Besk. 2 was besig om haar mond toe te maak.
Besk. 2 het toe sy broek uitgetrek
en op die vrou gaan le. Besk.1 het
by die koppenent van die bed gestaan. Nadat besk.
2
afgeklim het, het besk.1 gese hulle moes ook gereed maak om met die
vrou gemeenskap te hou. Besk. 4 het ongeveer 2 minute op die
vrou
gele. Nadat besk. 4 afgeklim het, het besk.1 vir besk. 3 gewys om op
die vrou te gaan le. Hy het net gemaak of hy sy broek
se ritssluiter
aftrek maar het nie sy penis uit sy broek gehaal nie. Besk.1 het hom
van die vrou afgevat en gese dat hy en besk.
4 uit die kamer moes
gaan en in die kombuis gaan sit. Besk.1 het hulle gevolg en gese
hulle moet nie die sykouse van hulle koppe
afhaal nie. Besk. 3 het
aan besk.1 gese dat hulle gedoen het wat hy wou he en dat hulle wou
gaan. Besk.1 het gese dat hy vir iemand
wag en dat hy hulle sou laat
gaan wanneer daardie persoon ge-arriveer het. Besk.1 is terug na die
kamer en besk. 2 het uitgekom.
Besk. 2 het gese besk.1 wag vir Me B
se kind en dat besk.1 die kind wou slaan. Besk.1 het toe besk. 2
geroep. Die kombuisdeur was
nie gesluit nie en besks. 3 en 4 is daar
uit. Die traliedeur het egter ’n geraas gemaak en besk. 2 het
geskree “Hulle
is uit!” en agter hulle twee
aangehardloop. In die straat het hulle besk. 2 gevra wat hy aan hulle
gedoen het. Besk. 2 het
gese dis nie hulle probleem nie maar wel die
van besk.1 en sy vrou, en dat die twee toe besig was om mooi met
mekaar te praat.
Besk. 2 is terug na die huis toe maar het ’n
rukkie later weer by hulle aangesluit. Toe hulle vir besk. 2 se hulle
gaan polisie
toe, het besk. 2 gekeer en gese dat besk.1 oppad is na
Namibie. Hulle het toe al drie geloop tot by die Warmbad pad. Besk.
2
is egter terug om sy geld te gaan haal en het ’n ietwat later
geskakel en gese dat daar polisie by besk.1 se huis was en
gevra of
hulle die polisie laat weet het. ’n Rukkie later het besk. 2
weer geskakel en gese dat hy die seun se motorfiets
by die huis
gesien het en dat dit lyk asof besk.1 sy vrou doodgemaak het. Later
het besk. 2 weer geskakel, dit het toe geklink
asof hy hardloop. Hy
het toe gese dat hy besk.1 se voertuig met 'n hoe spoed sien verbyry
het, dat hy besk.1 probeer stop het maar
dat besk.1 hom blykbaar nie
gesien het nie. Besk. 2 het weer geskakel en gese dat besk.1 na hulle
kant toe gery het. By die kragboks
waar hulle geskuil het, het hulle
’n voertuig se toeter gehoor. Dit was besk.1, en alhoewel die
robot se lig vir hom groen
was het hy nie gery nie. Hulle twee het
toe ’n geleentheid by ’n man met ’n Ford Bantam
bakkie gekry toe besk.
2 daar aangehardloop gekom het. Al drie het
toe saamgery. Besk. 3 het geen beserings aan Me B gesien nie. Al wat
hy wel gesien
het was dat besk.1 haar geklap het. Besk. 3 het gese
dat hy geen moeilikheid met besk. 2 gehad het nie, maar dat besks.1
en 2 saamgewerk
het en dat hy en besk. 4 nie daarin sou slaag om die
twee te oorrompel nie. Besk. 3 het getuig dat besk. 2 hom die
volgende oggend
geskakel het en gese het dat hy van die moord oor die
nuus gehoor het. Besk. 3 het ook getuig dat hy nie aan die polisie
gerapporteer
het nie omdat, toe hy by die huis van besk.1 weg is, hy
nie bloed gesien het nie dat hy niks verkeerds gedoen het nie. Dit
was
vir hom belangrik om net van die huis af weg te kom alhoewel hy
met die vuurwapen gedreig is. Hy het nie die vuurwapendreigement
tydens sy borgtogaansoek in sy verklaring, (Bew.“AA”),
gemeld nie, omdat hulle drie deur dieselfde regsverteenwoordiger
bygestaan is.
34.
Gedurende kruisverhoor deur Mnr Greyling het besk. 3 volgehou dat
besk.1 'n rewolwer in sy besit gehad het.
35.
In kruisverhoor deur Mnr van Rooyen het besk. 3 ontken dat hy op die
betrokke dag met besk.1 gepraat het. Besk. 3 het toegegee
dat hy
kwaad was oor wat met hom gebeur het aangesien sy arrestasie verhoed
het dat hy teenwoordig kon wees toe sy meisie geboorte
geskenk het
aan hulle kind.
36.
Me Harmzen het besk. 3 gevra waar hy met besk. 2 staan. Besk. 3 se
antwoord was bloot dat besk. 2 teen hom is. Besk. 3 het getuig
dat hy
nie kon onthou dat hy gese dat die verhouding tussen hulle twee
“sharp” was nie. Besk. 3 het ook getuig dat
hy op geen
stadium op 3 Januarie vir besk. 2 bang was nie alhoewel hulle ’n
argument gehad het.
Besk.
3 het getuig dat die gordyne in die kamer oopgetrek was en dat hulle
kon sien wat aangaan. Besk. 3 het ontken dat die pleister
random Me B
se kop geplak was en het getuig dat slegs haar mond toegeplak was. Hy
het geen beserings aan Me B gesien nie ook nie
dat haar borste
ontbloot was nie.
Hy
het ontken dat hy sy broek afgetrek het en dat hy ’n ereksie
gehad het. Hy het getuig dat hy net met sy hand gemaak het
of hy sy
penis uit sy broek haal. Hy kon nie verklaar waarom dit nie in
kruisverhoor van Me B en besk.1 gestel is dat besks. 1
en 2
saamgewerk het nie. Op ’n vraag van die Hof het besk. 3 getuig
dat hy nie polisie toe gegaan het nie omdat hy verbaas
en deurmekaar
was.
Besk.
3 is gekonfronteer met die selfoonoproepe wat hy gemaak het terwyl
hulle oppad na Hammanskraal was. Hy het ontken dat hy ene
Baby
Tshakane ken en dat hy haar geskakel het. Toe Me Harmzen dit aan
besk. 3 uitwys dat die vrou se selfoonnommer op die geheue
van sy
selfoon gestoor was, het hy naderhand erken dat die vrou wel aan hom
bekend is en dat sy inderwaarheid sy vriendin was.
Waarom besk. 3
aanvanklik ontken het dat hy weet wie die vrou is, het hy nie
verduidelik nie. Besk. 3 het erken dat hy wel ’n
lid van die
polisie ken, ene Peter, wie ook ’n familielid van hom is, maar
dat hy nie daaraan gedink het om hom vir hulp
te skakel en nie.
37.
Besk. 4 het besk. 3 se weergawe met betrekking tot sy uiteindelike
betrokkendheid by die gebeure op 3 Januarie bevestig. Besk.1
het
homself voorgestel as “Pief. Besks. 1 en 2 het saam by Pep
Stores te Warmbad ingegaan en uitgekom sonder enigiets in
hulle
hande. Besk. 4 het ontken dat hulle drie van plan was om by besk.1 se
plek oor te slaap. Later die dag het besk.1 hulle in
die huis laat
inkom en in ’n sekere kamer het hy besk. 2 aangese om aan hulle
twee te vertel dat hulle eintlik die dag daar
is om met besk.1 se
vrou gemeenskap te hou. Besk. 4 het ook besk. 3 se weergawe van wat
daarna gebeur het bevestig. Die versoek
van besk.1 was vir hom
onaanvaarbaar maar besk. 2 het hulle aangemoedig om met die vrou
gemeenskap te hou. Toe besk. 2 gevra is
hoekom hy hulle nie vooraf
vertel het wat sou gebeur nie, het hy gese dat hy net van die
karavaan-was storie geweet het. Besk.1
het gese dat hulle nie vir hom
sal se wat hy in sy huis mag doen nie en dat hulle nie lewendig uit
die huis uit sal kom as hulle
nie doen wat hy se nie. Besk.1 was baie
kwaad. Besk.1 se selfoon het gelui en hy is uit die kamer uit. Toe hy
terugkeer het hy
sykouse en 'n rewolwer in sy hande gehad. Besk.1 het
besks. 3 en 4 met die vuurwapen gedreig en beveel om in die hangkas
te klim.
Die deure is van buite af met ’n belt vasgemaak en kon
van binne af net op ’n skrefie oopgedruk word. Die deure sou
breek as hy dit moes probeer oopforseer en hy was nie bereid om dit
te doen nie omdat hy bang was wat besk. 1 sou kon doen. Na
’n
rukkie het besk. 4 voetstappe gehoor en dat besk. 1 met ’n vrou
oor gordyne praat. Kort daarna het die vrou geskree
en dit het
geklink asof haar mond toegedruk word. Besk. 4 kon sien dat besk.1
die vrou, Me B, op die bed neergooi en het gehoor
dat hy vir
“Andries” roep om te help. Besk. 2 het toe gehelp om haar
met kabelbinders vas te maak. Besk.1 het haar
klere uitgetrek en
besk. 2 het haar mond toegeplak. Besk. 2 het hulle op versoek van
besk.1 uit die hangkas laat kom. Besk.1 het
nie die rewolwer in sy
hand gehad nie, dit was onder sy hemp by sy linkersy ingedruk. Besk.1
het sy hand op sy linkersy geplaas
hulle twee beveel om by die deur
van die kamer te gaan staan. Besk.1 het vir besk. 2 gese om met Me B
gemeenskap te hou. Besk.
2 het sy broek tot by sy kniee afgetrek. Hy
het ook ’n onderbroek aangehad. Na ’n rukkie het besk.1
gese besk. 2 moet
afklim. Me B het om haar geskop. Besk.1 het haar
geklap en gese sy moet stil le en ook aan haar gese die mense gaan
haar nie doodmaak
of seermaak nie en dat dat hulle bloot daar is om
seker te maak dat sy luister. Sy het gevra waarom hy toelaat dat die
mense met
haar gemeenskap hou. Besk. 1 het gese dit is omdat sy
daarvan hou en dat sy met ander mans rondloop. Hy het ook gevra wie
die man
met die rooi Volvo was. Besk.1 het toe gese besk. 4 moet met
haar gemeenskap hou. Besk. 4 het nie sy broek afgetrek nie maar net
sy broek se ritsluiter oopgetrek en bo-op haar gaan le het. Besk.1
het hom weggevat het en gese het dat hy nie weet wat hy doen
nie.
Besk. 4 het ontken dat hy Me B gepenetreer het en gese dat hy nie ’n
ereksie gehad het nie. Besk.1 het besk. 3 toe nader
geroep. Besk. 3
het op Me B gaan le sonder dat hy sy broek uitgetrek het. Besk.1 het
toe gese dat hulle “useless” was
en hulle aangese om
kombuis toe te gaan omdat hy met sy vrou wou praat. Besks.1 en 2 het
hulle egter na die kombuis gevolg. Besks.
3 en 4 het toe die sykouse
van hulle koppe afgetrek en besk.1 het met hulle daaroor geraas. Hy
het ook gese hulle moet stilbly
in die kombuis terwyl hy met sy vrou
gaan praat. Besks.1 en 2 is toe terug na die kamer toe. Terwyl hulle
in die kombuis was het
besk. 2 kom kyk wat hulle doen. Besk. 4 het
besk. 2 gevra om besk.1 te vra om die deur oop te maak sodat hulle
kon loop. Besk.1
het toe daar ingekom en gevra wat hulle se. Besk.1
was in daardie tyd besig op sy selfoon en het in die gang op en af
geloop. Besk.1 het gese dat hy vir hulle sou oopmaak nadat hy met sy
vrou gepraat
het en het weer met sy vrou in die kamer gaan praat.
Besk. 2 het ook na die kamer toe gegaan. Besk. 4 het verder ook besk.
3 se
weergawe oor hoe hulle uit die huis uit is bevestig. Volgens
besk. 4 het hy besk. 2 daarvan beskuldig dat hy vooraf geweet het wat
werklik die dag sou gebeur. Daar was toe ’n woordewisseling en
’n vingerwysing tussen besks. 3 en 4 en besk. 2. Besk.
2 het
gese dat dit nie hy is wat die vuurwapen op hulle gerig het nie en
dat hy nie van die nuwe planne geweet het nie. Terwyl
besks. 3 en 4
besig was om ’n saamry-geleentheid te soek, het besk. 2 weer
geskakel en gevra of hulle besk.1 se voertuig
gesien het. Toevallig
het hulle toe besk.1 se voertuig by ’n stopteken sien stop. Die
voertuig het ’n rukkie daar gestaan
en ander voertuie het agter
die voertuig getoet.Hulle twee het weggekruip en besk.1 se voertuig
het toe omgedraai. Die volgende
oggend het besk. 2 by besk. 4 se huis
aangekom en hom meegedeel dat hy oor die nuus gehoor het besk.1 het
Me B seergemaak en haar
kind doodgemaak. Besk. 4 het getuig dat hy
groot geskrik toe hy dit gehoor het want hy was nie daar toe daardie
dinge gebeur het
nie. Besk. 2 het ook gese as hulle vir die polisie
sou gaan se wat gebeur het sal die hele ding op hulle neerkom want
besk.1 het
reeds gevlug. Hy het ook gese dat hy wat besk. 2 is, sy
hande in onskuld sou was, hy sou se dat hy nie daar was nie. Besk. 4
het
getuig dat hy nie polisie toe is nie omdat hy nie geweet het of
hy by die gebeure betrokke was nie. Hy het ook nie geweet of hy
aangekla sou word nie; hy het ook nie geweet of hy met die gebeure
saamgespeel het nie en hoe hy by die gebeure gemoeid was nie.
Hy het
ook nie geweet wat Me B vir die polisie sou se nie.
38.
In kruisverhoor deur Mnr Greyling het besk. 4 gese dat hy in
lewensgevaar verkeer het en het volstaan daarmee dat besk.1 hom
met
’n rewolwer gedreig het. Oor die verskille in sy weergawe soos
gestel in kruisverhoor en sy getuienis in die hof, het
hy geantwoord
dat hy slegs die “skeleton" van sy weergawe aan Mnr van As
gegee het en dat hy daardie feite met sy getuienis
aanvul. Dit is ook
aan besk. 4 gestel dat toe hy en besks. 2 en 3 in die kamer was en
besk.1 in die gang, dit ’n ideale tyd
was om ’n plan te
maak om te vlug. Besk. 4 het geantwoord dat hy toe reeds bang was vir
besk.1 en het ook bygevoeg dat besk.1
die huis se sleutels by hom
gehad het.
Op
’n vraag van die Hof waarom hy oor die voorval getuig toe
besks. 1 en 2 by Pep Stores winkel te Bela-Bela in is, as dit
nie
relevant tot die saak is nie, het besk. 4 bloot gese dat hy dit
gesien het.
39.
Mnr van Rooyen het besk. 4 gevra wanneer hy die eerste keer
agtergekom het dat besks. 1 en 2 saamwerk. Hy het geantwoord dat
hy
dit besef het toe besks. 1 en 2 Me B vasgehou het en haar op die bed
vasgemaak het. Besk. 4 het verder gese dat hy nie vir besk.
2 gevra
het wat hy en besk.1 besig is om te doen nie omdat hulle twee die
dinge reeds beplan het en dit sou plaasvind of hy dit
sou goedkeur of
nie, en as hy nie sou doen wat hy gese is nie, hy doodgemaak sou
word. Besk. 4 het ook getuig dat terwyl besk.
2 aan hulle vertel het
wat hulle moes doen, besk.1 dit beaam het met die woorde “D/s
waar, dis waar”. Hierdie woorde
het besk. 4 in Afrikaans
herhaal. Op die vraag waarom hy nie die voorval aan die polisie gaan
rapporteer het toe hulle by die huis
uit is nie, het hy geantwoord
dat hy nie geweet het wat daar gebeur het toe hulle daar weg is nie
en dat hy ook nie geweet het
of iemand hulle sou glo nie.
40.
In kruisverhoor deur Me Harmzen het besk. 4 getuig dat hy betaling
vir die dag se werk net met besk. 2 bespreek het. Besk. 2
het gese
dit sal tussen R250 en R300 wees. Besk. 4 is daarmee gekonfronteer
dat die betaling vir drie persone om ’n karavaan
te was dus
tussen R750 en R900 sou wees, wat ’n baie hoe bedrag is vir
daardie werk. Hy het geantwoord dat dit is wat aan
hom gese is. Wat
die betaling vir die uithaal van die palmbome betref het besk. 2 vir
hom gese dat hy self vir besk.1 daaroor moes
vra. Dit het hy gedoen.
Besk.1 het egter net na hom gekyk en niks gese nie. Besk. 4 het in
Afrikaans met besk.1 gepraat. Met betrekking
tot die sykouse oor
hulle koppe het besk. 4 getuig dat besk.1 gese het dat hulle die
sykouse oor hulle koppe moes trek sodat hy
kon sien hoe dit lyk.
Besk.1 het toe voor hulle gestaan, na hulle gekyk en gese dis reg en
dat hulle in die hangkas moes inklim.
Me Harmzen het aan besk. 4
gestel dat hierdie getuienis, dat besk.1 die sykouse vir hulle gegee
het ook nuwe getuienis was. Besk.
4 het geantwoord dat hy die een is
wat gesien wat daar gebeur het aangesien hy teenwoordig was, maar dat
hy wel sekere goed kon
uitgelaat het omdat die voorval lank terug
gebeur het. Alhoewel besk. 4 aanvanklik ontken het dat hy en besk. 3
in die hangkas
met mekaar gepraat het, het hy later bygevoeg dat
hulle wel vir mekaar gefluister het oor hoekom hulle die sykouse oor
hulle koppe
moes trek en wat nou gaan gebeur. Hy was baie bang en het
ook nie kans gesien om die hangkas se deure te breek nie aangesien
besk.1
kwaad sou gewees het as hy dit sou doen. Besk. 4 het ook
bygevoeg dat hy deurmekaar was en nie kon dink wat besig was om te
gebeur
nie. Hy het ook getuig dat hy nie vir besk. 2 gevra het om die
deur oop te maak nie omdat besk. 2 self betrokke was. Volgens besk.
4
het hy en besk. 3, nadat hulle uit die hangkas gekom het, opdrag
gekry om by die deur van die kamer te staan. Besk. 4 het toe
'n
penskets wat hyself geteken het, wat aandui wie waar gestaan het, aan
die Hof opgehandig. Die skets is Bew.“BB”
gemerk. Die
skets toon Me B wat op die bed vasgemaak is, besks. 1 en 2 wat aan
die een kant van die bed staan en besks. 3 en 4
waar hulle by die
deur van die kamer staan. Me Harmzen het aan besk. 4 uitgewys dat
volgens foto 36 van Bew.“F” daar
nie plek was vir besks.1
en 2 om te staan soos hy dit op die skets aangedui het nie. Besk. 4
het geantwoord dat die bed na die
tyd geskuif kon gewees het. Besk. 4
het ook getuig dat Me B wel gepraat het maar dat sy nie gegil en
geskree het nie.
Besk.
4 het nie geweet na watter motorfiets besk. 2 verwys het toe hy hulle
per selfoon ingelig het dat daar polisie en ’n
motorfiets by
die huis van besk.1 was nie.
Besks. 3 en 4 se getuies.
41.
Volgens Mnr Maloka Sepshedi, ’n familielid van besk. 4, was hy
teenwoordig toe besk. 2 by ’n sekere bymekaarkomplek,
genaamd
Tuck Shop, gese het dat sy werkgewer twee mense soek om sy karavaan
en potte wat hulle tydens die feestyd gebruik het,
te was. Besk. 3
wat teenwoordig was, was bereid om die werk te aanvaar. Mnr Sepshedi
het geweet dat besk. 3 vir besk. 4 ken, en
het aan besk. 3 gese dat
hy nie besk. 4, wat ook werkloos was, moes vergeet nie. Mnr Sepshedi
was nie seker van die datum van daardie
voorval nie en het gese dat
dit aan die einde van die jaar, 2011, kon gewees het.
42.
Kst. Mojapelo het getuig dat hy die toneel waar die beweerde misdade
gepleeg was die middag van 3 Januarie 2012 besoek het.
Daar was ander
lede van die polisie ook op die toneel. Hy het verneem dat die drie
swartmans opdrag gekry het van besk.1 om met
Me B gemeenskap te hou.
Hy kon nie se by wie hy dit gehoor het nie.
43.
Brigadier Molaudsi, die mediaskakelbeampte van die SAPD in Limpopo
het getuig dat hy verskeie mediavrystellings oor hierdie
saak self
opgestel het. Hy het van Lt. Kol. Shahemetzi, die hoof van die
ondersoekeenheid van die saak, sekere inligting ontvang
wat hy
geverifieer het. In die mediavrystellings is dit gestel dat die
swartmans gedwing was om met Me B gemeenskap te hou. Hy
het egter nie
die inligting met die ondersoekbeampte, A/O Kruger, bespreek nie. Hy
het ook nie insae tot die getuieverklarings
in die dossier gehad nie.
44.
Mnr Rex Bonnette, die vader van C, het getuig dat Me B, die dag na
die gebeure, net nadat sy haar getuieverklaring aan die
polisie
gemaak het, aan hom vertel het dat besk.1 die swartmans met ’n
geweer aangehou het en gedwing het om haar te verkrag
nadat hy
gedreig het hy gaan hulle doodskiet.
Onder
kruisverhoor deur M E Harmzen het Mnr Bonnette gese dat dit is wat Me
B gese het en dat hy haar nie misverstaan het nie. Hy
het egter
toegegee dat hulle altwee tydens daardie gesprek baie emosioneel was
as gevolg van C se dood. Hy was in ieder geval meer
begaan oor C se
moord as die verkragting van Me B. Dit is gedurende argument op
rekord geplaas dat Mnr Bonnette die bron was van
verskeie artikels
wat in die media gepubliseer is wat verwys het daarna dat besk.1 die
ander drie gedwing het om met Me B gemeenskap
te hou.
BEWYSLAS
45.
Die Staat moet die saak teen die beskuldigdes bo redelike twyfel
bewys. Dit sluit ook in bewys van die feit dat, wat besk.1
betref, in
soverre dit handel oor sy pleit van tydelike
ontoerekeningsvatbaarheid ten tye van die beweerde pleging van die
misdrywe,
dat hy wel geweet het wat hy doen en beheer oor sy optrede
gehad het.
Sien
in hierdie verband die saak van S v Eadie 2002 (1)SASV 294 HHA waar
die volgende op p 666 par [2] verskyn.
“
It
is well established that when an accused person raises a defence of
temporary non-pathological criminal incapacity, the State
bears the
onus to prove that he or she had criminal capacity at the relevant
time. It has repeatedly been stated by this Court
that:
(i)
in discharging the onus the State is assisted by the natural
inference that in the absence of exceptional circumstances a sane
person who engages in conduct which would ordinarily give rise to
criminal liability, does so consciously and voluntarily;
(ii)
an accused person who raises such a defence is required to lay a
foundation for it, sufficient at least to create a reasonable
doubt
on the point;
(Hi)
evidence in support of such a defence must be carefully scrutinized;
(iv)
it is for the Court to decide the question of the accused’s
criminal capacity, having regard to the expert evidence and
all the
facts of the case, including the nature of the accused’s
actions during the relevant period. ”
Sien
ook S v Humphreys 2013(2) SASV1 HHA, par [9] en [10].
46.
Oor die kwessie of die bewyslas met betrekking tot besk.1 se verweer
van tydelike ontoerekeningsvatbaarheid op die Staat rus,
is die Hof,
tydens die aansoek om her-opening van die Staat se saak, deur Me
Meintjes na Art 78(1 B) van die Strafproseswet, wat
as volg lees,
verwys:
“
Wanneer
die strafregtelike toerekenbaarheid van ’n beskuldigde met
betrekking tot die verrigting van ’n handeling of
versuim wat
’n misdryf uitmaak in geskil is, rus die bewyslas met
betrekking tot die beskuldigde se strafregtelike toerekenbaarheid
op
die party wat die saak ge-opper het. ”
Me
Meintjes het egter tydens die betoogstadium aan die hand gedoen dat
hierdie Hof nie nodig het om oor die vraag of hierdie artikel
van
toepassing is te beslis nie, omdat die Staat in ieder geval daarin
geslaag het om te bewys dat besk.1 inderdaad toerekeningsvatbaar
was
tydens die gewraakte gebeure.
47.
Dit is, na my mening, egter van belang om die volgende oor die
aangeleentheid te se. Artikels 77 en 78 van die Strafproseswet
handel
met patologiese ontoerekeningsvatbaarheid. Genoemde artikels dek nie
die situasie van tydelike, of nie-patologiese,
ontoerekeningsvatbaarheid
nie. Wanneer die bepalings van artikel 78(1
B) gevolglik in konteks gelees word, blyk dit dat dit nie op tydelike
ontoerekeningsvatbaarheid
van toepassing is nie. Indien dit die wel
geval sou wees, sou mens verwag het dat die Wetgewer spesifiek sou
bepaal dat vermelde
artikels ook gevalle van tydelike, ofte-wel
nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid, sou insluit. Dit is
duidelik nie die geval
nie. Gevolglik is die bevinding van hierdie
Hof dat die dictum in die Eadie saak steeds van krag is, naamlik dat
die bewyslas,
betreffende tydelike ontoerekeningsvatbaarheid, op die
Staat rus.
48.
Indien dit egter wel argumenteerbaar so is dat die Wetgewer bedoel
het dat Artikel 78(1 B) van die Strafproseswet ook op gevalle
van
tydelike ontoerekeningsvatbaarheid van toepassing is, blyk dit dat
sodanige bepaling strydig mag wees met die Handves van Menseregte,
meer spesifiek Artikel 35(3)(g) van die Konstitusie, Wet 108 van
1996, wat bepaal dat die reg op ’n billike verhoor die vermoede
van onskuld, en die reg op stilswye, insluit. Kortom, ’n
beskuldigde behoort nie die bewyslas te dra om ’n element
van
die beweerde misdryf, wat in ’n geval soos die onderhawige,
waar dit handel oor toerekeningsvatbaarheid, wat op die skuldelement
betrekking het, te dra nie. In die lig van my bevinding in par. 47
hierbo, vind ek dit onnodig om die aangeleentheid verder te
bespreek,
behalwe om na die saak van S v Kok 2001(2) SASV 106 HHA, te 110 par
[7], waar hierdie aangeleentheid obiter ter sprake
gekom het, te
verwys.
Heropening van die Staat se saak.
49.
Die rede waarom die Staat se aansoek om her-opening van die staatsaak
toegestaan is, is die volgende. Ingevolge die Ead/e-beslissing
was
besk.1 genoodsaak om ’n basis vir sy verweer van tydelike
ontoerekeningsvatbaarheid te le. Gedurende die stellings wat
in
kruisverhoor aan Me B gemaak is, het die basis van besk.1 se verweer
nie duidelik geblyk nie. Uit sy getuienis, merendeel tydens
kruisverhoor, het dit voorgekom dat besk.1 ten tye van, meer
spesifiek die gebeure by sy woning op 3 Januarie 2012, of amnesie
het, of sekere gedeeltes erken, of ontken dat sekere van die gebeure
hoegenaamd plaasgevind het. Dit was eers nadat besk.1 getuig
het,
tydens die getuienis van Me Spangenberg, besk.1 se sielkundige
getuie, dat die basis van besk.1 se verweer in perspektief
op rekord
geplaas is. Me Spangenberg se verslag, wat ingehandig is as Bew.“X”,
was nie voor die sluit van die staatsaak
aan die Staat beskikbaar
gestel nie. Die aansoek om her-opening van die staatsaak met die doel
om deskundige getuienis met betekking
tot besk.1 se verweer aan te
bied, was dus geregverdig. In die getuienis van Me Spangenberg is
daar ook, in ieder geval, verwys
na sekere gedeeltes van die verslag
van Mnr Jacobus Coetzee, die Staat se sielkundige getuie. Mnr Coetzee
se verslag, waarna Me
Spangenberg verwys het, was op daardie stadium
nie deel van die getuienis voor die Hof nie.
Wyse waarop getuienis ge-evalueer moet
word.
50.
Ten einde te beslis of die Staat sy saak bo redelike twyfel teen die
beskuldigdes bewys het, moet die Hof die totaliteit van
die getuienis
in ag neem. In die saak van S v Trainor 2003 (1) SASV 35 HHA op p 41
par
[9], is die riglyne in hierdie verband as volg her-bevestig.
“
A
conspectus of all the evidence is required. Evidence that is reliable
should be weighed alongside such evidence as found to be
false.
Independently verifiable evidence, if any, should be weighed to see
if it supports any of the evidence tendered. In considering
whether
evidence is reliable, the quality of that evidence must of necessity
be evaluated, as must be corroborative evidence, if
any. Evidence, of
course, must be evaluated against the onus on any particular issue or
in repect of the case in its entirety.
”
51.
Uiteraard sluit die uiteindelike bevinding met betrekking tot wat
bewys is, die vraag in of die beskuldigdes se verweer, wat
dit ookal
mag wees, redelik moontlik waar is of nie. Wat hierdie aspek betref
is die verwysing in Trainor, par [8], na die bespreking
in S v Van
Aswegen 2001(2) SASV 97 HHA, te p101a -e, van S v Van Der Meyden 1999
(1)SASV
447
(W) te 449h - 450b, toepaslik. Die aanhaling uit laasgenoemde saak
lees as volg:
“
It
is difficult to see how a defence can possibly be true if at the same
time the State’s case with which it is irreconcilable
is
‘completely acceptable and unshaken’. The passage seems
to suggest that the evidence is to be separated into compartments,
and the ‘defence case’ examined in isolation, to
determine whether it is so internally contradictory or improbable
as
to be beyond the realm of reasonable possibility, failing which the
accused is entitled to be acquitted. If that is what was
meant, it is
not correct. A court does not base its conclusion, whether it be to
convict or acquit, on only part of the evidence.
The conclusion which
it arrives at must account for all the evidence.
The
proper test is that an accused is bound to be convicted if the
evidence establishes his guilt beyond reasonable doubt, and the
logical corollary is that he must be acquitted if it is reasonable
possible that he might be innocent. The process of reasoning
which is
appropriate to the application of that test in any particular case
will depend on the nature of the evidence which the
court has before
it. What must be borne in mind, however, is that the conclusion which
is reached (whether to convict or to acquit)
must account for all the
evidence. Some of the evidence might be found to be false; some of it
might be found to be unreliable;
and some of it might be found to be
only possibly false or unreliable; but none of it may be simply
ignored. ”
52.
Alvorens die Hof dus tot enige bevinding kan geraak moet die Hof
bepaal, indien moontlik, na oorweging van al die getuienis,
wat wel
gebeur het met betrekking tot die gebeure op die dag van die 3
Januarie 2012 by die huis van besk 1, met inagneming van
die feit dat
die Staat die bewyslas dra en die weergawe van die beskuldigdes slegs
redelik moontlik waar hoef te wees. In hierdie
verband is die
volgende gese deur Nugent AR, in S v Mbuli 2003(1) SASV97 HHA te p110
par [57]:
“
It
is trite that the State bears the onus of establishing the guilt of
te appellant beyond reasonable doubt, and the converse is
that he is
entitled to be acquitted if there is a reasonable possibility that he
might be innocent (R v Difford
1937 AD 370
at 373,383.) In S v Van
Der Meyden 1999(2) SA 79 (W, which was adopted and affirmed by this
Court in S v Van Aswegen 2001(2) SACR
97 (SCA), I had occasion to
reiterate that in whichever form the test is applied it must be
satisfied upon consideration of all
the evidence. Just as the Court
does not look at the evidence implicating the accused in isolation to
determine whether there is
proof beyond reasonable doubt, so too does
it not look at the exculpatory evidence in isolation to determine
whether it is reasonably
possible that it might be true. In similar
vein the following was said in Moshepi and Others v R LAC (1980-1984)
57 at 59 F-H,
which was cited with approval in S v Hadebe and Others
1998 (1) SACR 422
(SCA) at 426f-h:
“
The
question for determination is whether, in the light of all the
evidence adduced at the trial, the guilt of the appellants was
established beyond reasonable doubt. The breaking down of evidence
into its component parts is obviously a usefulI aid to a proper
understanding and evaluation of it. But, in doing so, one must guard
against a tendancy to focus to intently the separate and individual
part of what is, after all, a mosaic of proof. Doubts about one
aspect of the evidence led in a trial may arise when that aspect
is
viewed in isolation. Those doubts may be set at rest when it is
evaluated again together with all the available evidence. That
is not
to say that a broad and indulgent approach is appropriate when
evaluating evidence. Far from it. There is no substitute
for a
detailed and critical examination of each and every component in a
body of evidence. But, once that has been done, it is
necessary to
step back a pace and consider the mosaic as a whole. If that is not
done, one may fail to see the wood for the trees.
”
Sien ook Sithole v S (868/11)
[2011]
ZASCA 85.
53.
Dit volg ook logies dat slegs wanneer genoemde bevinding gemaak is,
kan die getuienis van die deskundige getuies, Me Spangenberg
en Mnr
Coetzee, in konteks ge-evalueer word.
54.
In hierdie saak is dit onbetwis, wat aanklag 1 betref, dat C vermoor
is. In soverre dit die ander aanklagtes aangaan is dit
eweneens
onbetwis dat Me B op die 3 Januarie 2012 aangeval is, dat sy op ’n
bed vasgemaak en gemuilband is, dat sy daarna
baie ernstig aangerand
is, wat seksuele aanranding insluit, en dat sy seksueel gepenetreer
is. Dit staan dus vas dat ernstige misdade
ten opsigte van Me B
gepleeg is. Wat in geskil is is die aard van die misdrywe wat gepleeg
is en die vraag of die beskuldigdes
regtens daarvoor verantwoordelik
gehou kan word.
55.
Die Staat se saak was dat besks. 1 en 2 verantwoordelik is vir die
moord van C en dat al vier die beskuldigdes aanspreeklik
is vir die
misdade teen Me B. Behalwe deur te pleit dat hy tydelik
ontoerekeningsvatbaar was, het besk.1 hoofsaaklik die blaam,
in
soverre Me B aangeval en verkrag is, op besks. 2, 3 en 4 gepak en
aangevoer dat hulle drie alleen aanspreeklik is. Besk.2 het
volstaan
daarmee dat besk.1 alleen vir die moord op C verantwoording moet
doen, en, wat Me B betref, dat hy geen skuld het nie
aangesien hy
deur besk.1 gedwing was. Besks. 3 en 4 het besk.1 beskuldig dat hy
hulle gedwing het om betrokke te raak, en vir besk.2
dat hy met
besk.1 saamgewerk het.
56.
In die lig daarvan dat sekere getuienis wat die Staat aangebied het,
wat insluit die getuienis oor die naspoor van relevante
selfoonoproepe, deur die beskuldigdes erken is, is dit, wat die
bewyswaarde daarvan betref, slegs nodig om die betrokke oproepe
in
konteks in ag te neem.
57.
Me Meintjes, aktief bygestaan deur Me Harmzen, het geargumenteer dat
die Hof die getuienis van Me B moet aanvaar en dat die
Staat die saak
bo redelike twyfel bewys het. Dit sluit in dat besk.1 wel
toerekeningsvatbaar was tydens die pleging van die misdade.
Mnr
Greyling aangevoer dat die Staat nie bewys het dat besk.1
toerekeningsvatbaar was nie, dat Me B se getuienis nie geloofwaardig
is nie en dat besk.1 se weergawe van die gebeure in ieder geval
redelik moontlik waar is. Mnr van Rooyen en Mnr van As het ook
geargumenteer dat Me B se getuienis nie aanvaar behoort te word nie,
en dat besks. 2, 3 en 4 se weergawes redelik moontlik waar
is.
58.
Me B was 'n enkelgetuie met betrekking tot wat met haar gebeur het en
wat sy gehoor het met C gebeur het. Haar getuienis moet
dus met die
nodige versigtigheid bejeen word. Die Staat het gesubmitteer dat Me B
’n goeie en geloofwaardige getuie was.
Al drie die
regsverteenwoordigers van die beskuldigdes het egter verskeie punte
van kritiek teen die aanvaarding van Me B se getuienis
gehad.
Omvattende argumente is deur beide die Staat en die verdediging in
daardie verband aan die Hof voorgehou. Die hoofpunte
van kritiek, en
hierdie Hof se bevinding daaroor, is as volg.
(i)
Dat daar geen positiewe DNS resultate op die bewysstukke en smere,
wat van Me B geneem is, gevind is nie, terwyl positiewe DNS
resultate
redelikerwys verwag sou word as haar getuienis waar was aangaande die
beweerde verkragtings en ander dade wat die beskuldigdes
na bewering
met haar gepleeg het.
In
hierdie verband het die Staat verwys na die getuienis van Lt. Kol.
Botha se getuienis wat reeds bespreek is.
Ek
is tevrede dat die redes wat Lt. Kol. Botha verskaf het vir die
afwesigheid van positiewe DNS resultate, oortuigend en aanvaarbaar
is.
(ii)
Dat daar sekere media-publikasies bestaan, onder andere in Die
Huisgenoot, met die inhoud dat besk.1 Me B se liggaam geskend
het
nadat sy deur die ander drie verkrag is, in teenstelling met haar
getuienis in die Hof dat dit andersom plaasgevind het.
Me
B het in kruisverhoor ontken dat sy dit so aan die betrokke joernalis
vertel het. Die outeur van die betrokke artikel het nie
getuig nie,
en gevolglik het dit geen getuieniswaarde nie en kan die inhoud
daarvan nie deur die Hof in ag geneem word nie.
(iii)
Dat media-vrystellings oor die saak wat deur Brigadier Molaudzi, van
die Limpopo Provinsie Media Eenheid van die SAPD opgestel
is, wat
aandui dat besks. 2, 3 en 4 gedwing was om Me B te verkrag, welke
inligting waarskynlik net van haar afkomstig kon wees,
en wat
teenstrydig is met haar getuienis in die hof.
Brigadier
Molaudzi het getuig dat hy daardie inligting deur 'n senior lid van
die ondersoekspan laat verifieer het. Die betrokke
lid het egter nie
getuig nie en Brigadier Molaudzi het nie die dossier onder oe gehad
of met die ondersoekbeampte, A/O Kruger,
gekonsulteer nie. Daar was
gevolglik nie getuienis dat Me B die bron van daardie inligting was
nie, veral gesien in die lig darvan
dat sy haar getuieverklaring,
waarin daardie inligting glad nie voorgekom het nie, reeds die dag
net na die gebeure gemaak het.
(iv)
Dat Me B aan Mnr Rex Bonnette vertel het hoe besks. 2, 3 en 4 in haar
teenwoordigheid deur besk.1 met 'n vuurwapen gedwing
was om haar te
verkrag, en met die dood gedreig is as hulle dit nie sou doen nie,
wat eweneens teenstrydig is met haar getuienis
in die Hof.
Die
probleem met hierdie getuienis van Mnr Bonnette, wat Me B tydens
kruisverhoor ontken het, is dat selfs besks. 2, 3 en 4 op geen
stadium van so ’n voorval melding gemaak het nie. Dit is net
logies dat daardie gebeurtenis, as dit plaasgevind het, ’n
baie
groot rol in hulle verweer sou kon speel en dat dit absoluut
ondenkbaar is dat hulle nie daarvan gebruik sou maak nie. Dit
volg
dus onvermydelik dat dit aanvaar kan word dat so 'n voorval nie
plaasgevind het nie en dat dit nie binne Me B se kennis kon
gewees
het nie. Indien Me B dit wel aan Mnr Rex Bonnette vertel het sou dit
’n leuen wees en sou dit ook ingehou het dat
sy valslik die
mans wat haar na bewering verkrag het wou bevoordeel. Dit rym net
nie. Dit is so onwaarskynlik dat sy dit sou doen
dat daardie
getuienis van Mnr B verwerp word.
(v)
Dat Me B in haar getuienis oor aspekte getuig het wat nie in haar
getuieverklaring gemeld was nie en sekere besonderhede eers
tydens
kruisverhoor verskaf het.
Dit
is voldoende om in hierdie verband bloot op te merk dat dit
waarskynlik in die meeste sake gebeur. Dit is alombekend, en gebeur
elke dag dat getuies uitbrei op die inhoud van hulle
getuieverklarings. Indien ’n getuie nie wesenlik afwyk van die
inhoud
van so 'n verklaring nie, is kritiek van hierdie aard
ongegrond. Die Hoogste Hof van Appel het hierdie aspek op verskeie
geleenthede
op dieselfde wyse benader.
(vi)
Dat Me B, volgens Dr van Rensburg, aan hom sou gese het dat sy nie
anaal gepenetreer is nie, wat teenstrydig is met haar getuienis
in
die Hof.
In
hierdie verband is reeds daarna verwys dat Dr van Rensburg, wat nooit
voorheen ’n J88 vorm voltooi het nie, erken het dat
hy nie
alles aangeteken het wat Me B aan hom oorgedra het nie. Dit sal
gevolglik onbillik wees om hierdie beweerde weerspreking
teen Me B te
hou. Dit hoort eerder voor die die deur van die dokter.
(vii)
Dat Me B nie die beserings aan haar geslagsdeel opgedoen het nie wat
in omstandighede verwag kan word nadat drie mans haar
na bewering
verkrag het. Dit sluit ook die besering in wat sy behoort opgedoen
het toe besk.1 haar, volgens haar getuienis, inwendig
met ’n
tang beseer het.
Wat
betref beserings aan die geslagsdele van ’n
verkragtingsslagoffer, het Dr Grabe dit duidelik gestel, soos tydens
die
opsomming van haar getuienis aangetoon, dat beserings na ’n
verkragting nie noodwendig verwag word nie. Die feit dat die
inwendige besering nie presies op die plek is wat Me B oor getuig het
nie, is van uiters geringe belang. Die feit bly staan dat
die mediese
getuienis inderdaad bewys dat sy ’n inwendige besering opgedoen
het. Dit staaf haar getuienis in wese.
(viii)
Dat Me B ’n leuen vertel het dat die gebeure in die kamer op
die selfoon van haar ouers opgeneem is op die geleentheid
toe sy haar
selfoon ge-aktiveer het. Die selfoonstate wat deur die Staat ingedien
is het geen sodanige selfoonkontak geregistreer
nie.
Uit
die selfoonstate blyk dit egter dat wel selfoon kontak tussen besk.1
se selfoon en Me B se ouers se selfoon in daardie tyd was.
Om dus te
argumenteer dat Me B in hierdie verband ’n leuen vertel het, is
sonder substansie en ruk die hele aangeleentheid
uit verband uit.
Daar was in ieder geval geen rede waarom Me B daaroor ’n leuen
sou vertel nie. Daardie insident was van
min belang.
59.
Me B was vir meer as vier dae in die getuiebank en is indringend en
dikwels aanvallend deur drie ervare en bekwame regslui
gekruisverhoor. Wat tydens die gebeure in die huis plaasgevind het,
selfs net op die onbetwisde feite, moes vir haar fisies, en
psigies,
’n uiters traumatiese, skokkende, vernederende en pynlike
ervaring gewees het. Dit sou dus nie vreemd gewees het
as sy met tye
onseker kon wees oor wat gebeur het, of haarself tot ’n mate
aan rekonstruksie skuldig gemaak het nie. Wanneer
’n getuie
gebeure rekonstrueer, of leuens vertel of oor iets getuig wat nie
gebeur het nie, gebeur dit baie maklik, en dit
leer die praktyk, dat
so ’n getuie gedurende kruisverhoor, van die aard en omvang
soos in hierdie saak, homself of haarself
weerspreek en rekonstruksie
en leuens dan blootgele word. Dit het nie met Me B gebeur nie. Sy het
haarself nie weerspreek nie en
het die gebeure duidelik, chronologies
en sinvol aan die Hof oorgedra. Soos te verwagte het sy soms
emosioneel geraak. Die Hof
moes per geleentheid verdaag om haar die
geleentheid te gee om haar emosies onder beheer te bring. Wanneer sy
nie heeltemal seker
was nie en moontlik met betrekking tot sekere
aspekte foutief kon gewees het, het sy dit geredelik toegegee. ’n
Voorbeeld
hiervan is dat sy onder kruisverhoor deur Mnr van As
toegegee het dat sy, wat volgorde betref, besks. 3 en 4 kon omgeruil
het.
Natuurlik is sy nie volmaak nie, maar sy was sonder enige twyfel
’n goeie, geloofwaardige en betroubare getuie. ‘n
Waarborg van die betroubaarheid van haar getuienis word ook gevind in
sommige gedeeltes van haar getuienis soos byvoorbeeld waar
sy getuig
het dat sy besks. 2, 3 en 4 tevergeefs met haar oe gesmeek het om
haar te help. Dit is uiters onwaarskynlik dat sy dit
sou kon versin.
Haar getuienis oor wat met haar gebeur het,word in ieder geval deur
die volgende gestaaf:
(i)
Onmiddelik nadat sy deur Mnr Cloete en Me vd Merwe ontset is, het Me
B gevra waar die drie persone is wat haar verkrag het.
Hierdie gedrag
van Me B is vereenselwigbaar en konsekwent met gedrag wat
redelikerwys in die omstandighede van 'n verkragtingsslagoffer
verwag
kan word.
(ii)
Die getuienis van besks. 2, 3 en 4, waar dit ooreenstem met Me B se
getuienis oor besk.1 se optrede, aksies en gedrag. Hierdie
getuienis
het hoofsaaklik betrekking op die versoeke wat besk.1 aan die ander
drie gerig het, insluitende dat hulle met Me B gemeenskap
moes hou.
(iii)
Die botsende weergawes van besks. 2, 3 en 4 oor wie Me B vasgemaak
het. Besk. 2 het ontken dat hy betrokke was terwyl besks
3 en 4
getuig het dat hulle gesien het dat besk. 2 vir besk.1 daarmee gehelp
het.
(iv)
Die aanpassing van besks. 3 en 4 se getuienis van die dreigement en
intimidasie deur slegs besk.1 tot by die nuwe getuienis
dat besks. 1
en 2 eintlik saamgewerk het.
(v)
Geen teken van die rewolwer waarmee besks. 2, 3 en 4 beweer hulle
gedreig is, is na die tyd gevind nie. Daar is getuienis dat
die
enigste handwapens wat op besk.1 se naam geregistreer was ’n
paar jaar gelede deur besk.1 aangemeld is as gesteel, en
dat dit
nooit teruggevind is nie. Daar was dus geen ander getuienis dat
besk.1 waarskynlik in besit van ’n rewolwer
gewees
het nie. Dit is ook onwaarskynlik dat besk.1 die .22 geweer op Me B
sou gerig het as hy ’n rewolwer in sy besit gehad
het en ook
net so onwaarskynlik dat Me B oor die .22 sou getuig het as besk.1
nie fisies die wapen in haar teenwoordigheid hanteer
het nie. Die .22
geweer is dan ook deur besk.1 gebruik om C te skiet en die geweer is
later in die huis gevind.
(vi)
Die erkenning van besks. 3 en 4 dat besk.1 hulle nie in die
teenwoordigheid van Me Bonnette met die rewolwer gedreig het nie.
Besk 2 het egter sy weergawe in daardie verband met nuwe getuienis
aangepas, naamlik dat hy wel in Me B se teenwoordigheid deur
besk.1
met die rewolwer gedreig is.
(vii)
Die getuienis van Mnr Cloete en Me vd Merwe dat Me B op die bed
vasgemaak was, dat haar mond toegeplak was, en dat sy in ’n
erge emosionele toestand was toe sy daar gevind is.
(viii)
Die getuienis van Dr van Rensburg met betrekking tot die beserings
wat hy gevind het tydens sy ondersoek van Me B, naamlik
dat tekens
van seksuele penetrasie waarneembaar was.
(ix)
Die getuienis van Dr Grabe met betrekking tot die aard en omvang van
beserings wat by ’n verkragtingsslagoffer verwag
kan word.
(x)
Die getuienis van Dr Kritzinger oor die aard en omvang van die
beserings aan Me B se borste. Dit sluit in die skending van haar
borste deurdat die tepels verwyder is asook die perforering van die
prosteses.
60.
’n Groot deel van besk.1 se getuienis het gehandel oor wat
vooraf tussen hom en Me Bonnette gebeur het. Dit sluit in die
vooruitsig en hoop wat hy gekoester het om die verhouding tussen
hulle te herstel. Me B se getuienis was dat op 3 Januarie alles
tussen hulle reeds verby was. Skynbaar was besk.1 nie bereid om te
aanvaar dat Me B ander mansgeselskap kon geniet nie. Dit blyk
dat hy
uiters jaloers was, wat hom daartoe gedryf het om Me B op Oujaarsaand
2011 by ’n vakansieoord te gaan dophou. Besk.1
se getuienis oor
die gebeure op 3 Januarie moet gevolglik teen daardie agtergrond
oorweeg word met inagneming van sy verweer van
tydelike
ontoerekeningsvatbaarheid en al die ander getuienis, wat ook die
getuienis van al drie sy medebeskuldigdes insluit. Besk.1
beskuldig
hulle drie van die aanval op Me B, terwyl hulle drie weer besk.1 die
hoofdader maak. Die waarskynlikhede speel natuurlik
ook ’n rol.
Dit beteken dat daar realisties na die getuienis gekyk moet word met
die doel om te bepaal of spesifieke gebeure
waarskynlik is of dalk so
onwaarskynlik dat dit net nie redelik moontlik waar kan wees nie.
61.
Besk.1 het homself verskeie kere weerspreek met betrekking tot wat
presies in die kamer gebeur het. Daarna is reeds verwys.
Van die
weersprekings tussen sy getuienis en wat deur Mnr Bantjes in
kruisverhoor aan Me B gestel is, het hy toegeskryf aan Mnr
Bantjes
wat nie sy instruksies na behore uitgevoer het nie. Hierdie
verduideliking van besk.1 het nie water gehou nie. Dit was
opmerklik
gedurende die kruisondervraging deur Mnr Bantjes, dat besk.1 op ten
minste agt geleenthede Mnr Bantjes se aandag getrek
het, waarna deur
mnr Bantjes, en besk.1 se opdraggewende prokureur, met toestemming
van die Hof, terwyl die Hof in sitting was,
met hom gekonsulteer het
voordat Mnr Bantjes met die kruisverhoor voortgegaan het. Dit het dan
ook gebeur dat Mnr Bantjes, na so
’n konsultasie, ’n
stelling, of ’n vraag, teruggetrek het en met ’n ander
stelling of vraag vervang het.
Die meeste van die weersprekings
waarna reeds verwys is, is egter nie verduidelik of opgeklaar nie.
Besk.1 se weergawe dat die
drie gemaskerde swart mans vir Me B
aangeval het en dat hy hulle net omgestamp het en later versoek het
om Me B net nie seer te
maak nie, omdat hy haar wou red, is absoluut
onrealisties en onwaarskynlik. Om daardie weergawe van besk.1 as
redelik moontlik
waar te aanvaar sal belaglik wees. Dit sal inhou dat
dit bevind moet word dat besks. 2, 3 en 4 uit eie beweging die aanval
op Me
B moes beplan het terwyl nie een van hulle, onafhanklik van
besk.1 kon geweet het van Me B se besoek later die dag, of dit
geantisipeer
het nie. Die weergawe van besk.1 dat hy net wou keer dat
Me B nie beseer word nie, is tasbaar onwaar. Die getuienis teen
besk.1
is oorweldigend. Om te bevind dat besk.1 se weergawe redelik
moontlik waar, sal nie net belaglik wees nie maar ook strydig met die
beginsel, waarna reeds verwys is, dat as die Hof bevind dat die Staat
se weergawe onomseilbaar is, daar nie ruimte is vir ’n
bevinding dat ’n beskuldigde se weergawe redelik moontlik waar
kan wees nie.
62.
Wat betref die beplanning wat die Staat beweer, is die volgende
aspekte, in totaliteit gesien, van die meeste belang. Die herhaalde
kontak tussen besk.1 en besk. 2 vanaf 20 Desember 2012 tot 3 Januarie
2013 en die verduideliking dat die 48 telefoonoproepe wat
besk.1 na
besk. 2 gemaak het gedurende daardie tyd bloot gehandel het oor die
voorgenome bou bedrywighede en voorskiet van fondse,
is in die
omstandighede uiters verdag. Wanneer die aankoop van die sykouse by
Pep Stores in ag geneem word, welke sykouse later
die dag as
vermomming van besks. 2, 3 en 4 gebruik is, begin die prentjie ’n
definitiewe kleur kry. Hiermee saam gaan die
feit dat die toue en die
kabelbinders, waarmee Me B vasgemaak is, reeds gereed en voorberei
was, duidelik vir daardie doel, voordat
sy by die huis aangekom het;
die verskuiling van die drie gemaskerde mans in die donker kamer
terwyl hulle wag dat Me B in die
kamer ingebring word deur besk.1;
die metodiese muilband van Me B met die maskeerband, wat gerieflik
beskikbaar was; asook die
gebruik van die martelinstrumente, of
apparaat, wat vooraf in die kamer gestoor was. Wat ’n verdere
bydrae lewer is die leuenagtige
weergawe van besk.1 dat besks. 2, 3
en 4 die aanval op Me B met ’n eie agenda beplan en uitgevoer
het. Die feit dat C na
die huis gelok is, nadat besk.1 aan Me b gese
het hy gaan hom doodskiet, wat gekulmineer het in C se dood, is ook
’n faktor
wat boekdele spreek.
Dit
blyk moontlik te wees dat besk.1 se planne skeef geloop het toe Mnr
Cloete onverwags saam met C by die huis aangekom het en
besk.1
waarskynlik nie kon besluit het wat om met hom te doen nie.
63.
Genoemde feite, wat onteenseglik voorafbeplanning bewys, het 'n
noodlottige impak gehad op besk.1 se verweer van tydelike
ontoerekeningsvatbaarheid. Alhoewel besk.1 se getuienis tot ’n
mate opgesom is, is gedeeltes daarvan bykans verbatim aangehaal.
Die
rede daarvoor behoort ooglopend te wees. Dit was opmerklik dat
besk.1, alhoewel hy in die algemeen genee was om redelik baie
te
praat, besonder aandag gegee het aan die besonderhede van die gebeure
van 3 Januarie, vanaf net na sonop, dwarsdeur die dag
totdat hy sy
woning daardie middag verlaat het. Besk.1 het die gebeure vanaf
ongeveer 15 minute voor die aanval op Me B in detail
beskryf, maar
toe die misdade gepleeg word, het daar skynbaar selektiewe amnesie by
hom ingetree. Vandaar af het hy van die gebeure
nie onthou nie, of
nie beleef nie, en eienaardig genoeg was hy ook nie konsekwent met
wat hy nie onthou of beleef het nie, en het
hy die plaasvind van
sommige gebeure selfs spesifiek en pertinent ontken. Hierdie toedrag
van sake is uiters verdag en glad nie
aanduidend daarvan dat besk.1
waarskynlik nie geweet het wat hy doen nie. Me Spangenberg se
vertrekpunt was die weergawe van besk.1,
wat insluit wat Me B aan hom
sou gese het oor die toekomstige gebruik van die vibrator, wat
eintlik die ontsteking was van wat
gelei het tot sy emosionele
toestand van disassosiasie. Me Spangenberg het nie die ware feite,
naamlik dat besk.1 die aanval op
Me B en die reeling dat drie swart
mans met haar gemeenskap moes hou, vooraf beplan het, in ag geneem of
selfs hoegenaamd oorweeg
nie. Me Spangenberg het ook op die weergawe
staatgemaak dat Me B sonder besk.1 medewete deur drie gemaskerde
swart mans in die
huis aangeval is. Dit is duidelik dat besk.1 Me
Spangenberg mislei het en ’n valse weergawe oor wat in die huis
gebeur het
aan haar voorgehou het.
64.
Die getuieniswaarde van ’n deskundige se opinie hang van
verskeie faktore af, waarvan die belangrikste is of die deskundige,
in ’n geval soos die onderhawige, die korrekte feite van die
saak in ag geneem het. Indien die deskundige nie die korrekte
feite
in ag geneem het nie, mag dit aan die einde van die dag uiters
moeilik wees om enige bewyswaarde aan die betrokke deskundige
se
opinie te heg. Alhoewel Me Spangenberg egter ook van kollaterale
inligting asook sekere psigometriese toetse gebruik gemaak
het, ten
einde haar konklusie te bereik, kan haar uiteindelike bevinding nie
in isolasie aanvaar word as bewys van besk.1 se beweerde
toestand van
disassosiasie nie. Die objektiewe feite negeer die bevinding van Me
Spangenberg in die geheel. Die beginsels uitgespel
in die Eadie-saak
is steeds van toepassing en is deeglik in ag geneem. In hierdie
verband is dit dus duidelik dat daar baie meer
peil getrek kan word
op die getuienis van Mnr Coetzee, die Staat se sielkundige, wie
vanuit die staanspoor die Staat se weergawe,
wat die Staat geslaag
het om bewys, aanvaar het.
65.
Die getuienis dat besk. 2 van meet af aan met besk.1 saamgewerk het,
is oorvloedig en verdoemend. Die beplanning deur besk.1,
waarna reeds
verwys is, sluit besk. 2 in. Die kontak tussen besks. 1 en 2 duidelik
gelei tot wat deur die Staat beskryf is as ’n
“besondere
verhouding”. Dit lei geen twyfel nie dat besk.1 onwaarskynlik
sy voorbereidings, dit sluit in die voorbereiding
van die kamer vir
die aanval op Me B, alleen sou uitgevoer het. Die sykous-aankope by
Pep Stores is ook ’n sprekende voorbeeld
en bewys van
beplanning. Dit blyk asof besks. 1 en 2 op die waarskynlikhede beide
by die sykous-aankoop betrokke was. Die sykouse,
drie pare, was ’n
belangrike skakel in die ketting van hulle voorbereiding.
66.
Soos voormeld het besks. 2, 3, en 4 van meet af aan besk.1 daarvan
beskuldig dat hy hulle met ’n rewolwer gedreig het
om met Me B
gemeenskap te hou. Dit was egter opmerklik dat al drie met Me B
saamgestem het dat hulle nie in haar teenwoordigheid
in die kamer
enigsins deur besk.1 gedreig is nie. Besk. 2 het later, tydens
kruisverhoor,
sy weergawe aangepas deur by te voeg dat hy wel in die
teenwoordigheid van Me B deur besk.1 met die vuurwapen gedreig
is.
Selfs Mnr van Rooyen, wie vir besk. 2 verskyn het, het geensins op
hierdie aanpassing van besk. 2 se weergawe gesteun nie.
Daardie
weergawe van besk. 2 word summier verwerp. Die eienaardige van die
weergawe van besks. 2, 3 en 4 dat hulle deur besk.1
met ’n
rewolwer gedreig is, is dat ’n mens werklik sou verwag dat
so-iets eintlik sou gebeur het in die teenwoordigheid
van Me B toe
hulle gewys het dat hulle nie genee was om met haar gemeenskap te hou
nie en dat hulle teen hulle sin en wil uitvoering
aan besk.1 se
opdragte sou gee. Trouens, die teendeel het volgens Me B gebeur. Haar
getuienis was dat al drie vrywilliglik deelgeneem
het. Op besks. 2, 3
en 4 se weergawe, terwyl besk.1 bewus dat hulle nie wou saamwerk nie,
is daar hoegenaamd geen rede waarom besk.1
nie toe die rewolwer op
hulle sou gerig het nie. Dit sou logieserwys die mees gepaste tyd vir
besk.1 gewees het om op daardie stadium
die rewolwer op hulle te rig.
Daar was geen rede waarom besk.1 nie sou wou he dat Me B die rewolwer
sien nie, veral in die lig
daarvan hoe besk.1 haar later met allerlei
voorwerpe mishandel het. Dat sy die rewolwer sou sien sou waarskynlik
die geringste
van sy probleme gewees het. Besks. 3 en 4 se weergawe
dat besk.1 sy hand suggestief op sy heup geplaas het, waar hulle
gedink,
of aanvaar het, sy vuurwapen was, pas nie in nie en kan
sondermeer verwerp word. Alhoewel Me B in kruisverhoor toegegee het
dat
besk.1 moontlik ’n rewolwer onder sy hemp aan sy sy kon
gehad het, het sy dit nie gesien nie en dit ook nie gevoel toe besk.1
teenaan haar was nie. Hierdie weergawe van besks. 2, 3 en 4 moet ook
oorweeg word teen die getuienis van Me B oor besk.1 se hantering
van
die .22 geweer. As besk.1 wel in besit was van die rewolwer sou hy
haar sonder twyfel eerder met die meer hanteerbare rewolwer
gedreig
het as met die geweer. Mnr Greyling se argument dat daar hoegenaamd
nie ’n vuurwapen in besk.1 se besit was op daardie
tyd nie, hou
nie water nie. Daar was geen rede waarom Me B die hantering van die
.22 geweer deur besk.1 sou versin nie. Die geweer
is dan ook op die
toneel gevind nadat besk.1 Conrad daarmee geskiet het. Die beweerde
dreigement met die rewolwer moet verder ook
oorweeg word teen die
agtergrond van die omstandighede soos beskryf deur besks. 2, 3 en 4
waartydens hulle vir hulle lewe gevrees
het en nie die geleenheid
gehad het om hulle teen besk.1 te verweer of te vlug nie. Besk. 2 se
weergawe kan sondermeer as vals
verwerp word in die lig daarvan dat
dit bo redelike twyfel bewys is dat hy met besk.1 saamgewerk het.
Besks. 3 en 4 het die eerste
keer in hulle getuienis daarna verwys
dat besk. 2 eintlik met besk.1 saamgewerk het en dat hulle twee nie
kans gesien het om teen
beide besks. 1 en 2 weerstand te bied en
hulle te oorrompel nie. Dit was duidelik 'n aanpassing in hulle
getuienis om ’n
verskoning te fabriseer waarom hulle nie teen
besk.1 opgetree het of selfs probeer het om te ontvlug nie. Dit was
glad nie besks.
3 en 4 se saak, soos dit in die fynste besonderhede
aan Me B en besk.1 gedurende kruisverhoor gestel is nie. Besks. 3 en
4 het
hulle weergawes met die verloop van die saak aangepas het om
vir hulle 'n meer gunstige beeld in die omstandighede te probeer
skep.
Besks. 3 en 4 se weergawe dat hulle kwaad was vir besk. 2 omdat
hy hulle in daardie situasie laat beland het, word genegeer deur
die
feit dat hulle twee in besk. 2 se geselskap terug is na Hammanskraal,
waarvandaan hulle gekom het, en dat hulle nie, terwyl
hulle voldoende
geleentheid daarvoor gehad het, die voorval by die polisie te
Modimolle, of enige ander polisiestasie, aangemeld
het nie.
Uit
beide besks. 3 en 4 se eie getuienis het dit geblyk dat hulle ook
verskeie geleenthede gehad het om ten minste die uitvoering
van
besk.1 se opdragte te ontwyk. Die volgende geleenthede het voorgekom:
(i)
Besk.1 en Me B het vir 10 tot 15 minute buite die huis gesit en
gesels terwyl besks. 2, 3 en 4, gemaskerd, vir hulle in die
kamer
gewag het, wel wetende dat van hulle verwag word om teen hulle sin Me
B vas te maak en met haar gemeenskap te hou. Hulle
weergawe dat hulle
nie geweet het of die deure van die huis gesluit was nie, is ’n
uiters swak verskoning sonder substansie.
Dit is net logies dat enige
persoon in daardie omstandighede elke moontlike poging sou aanwend
om,
terwyl hy nie in onmiddelike gevaar verkeer nie, te probeer wegkom.
Op hulle eie weergawe het besks. 3 en 4 geen sodanige poging
aangewend nie.
(ii)
Terwyl besks.1 en 2 met Me B op die bed besig was en haar vas te hou
en vas te maak, kon besks. 3 en 4 by die kamerdeur uitgegaan
het.
Hulle getuienis dat hulle op daardie stadium nog in die hangkas was,
is direk strydig met Me B se aanvaarde weergawe. Die
weergawe van
besks. 3 en 4 dat hulle nie die hangkas van binne af kon oopmaak nie,
is onrealisties en blatant onwaar.
(iii)
Daar was geen getuienis deur besks. 3 en 4 dat hulle deurentyd onder
toesig en beheer van of besk.1 of besk. 2 was nie. Die
deur van die
kamer was nooit gesluit nie en besks.1 en 2 het hulle aandag by Me B
bepaal.
(iv)
Besk.1 het besks. 3 en 4 ook, op hulle eie weergawe, op verskeie
geleenthede alleen gelaat nadat hulle twee in die gang gaan
staan
het, terwyl besk.1 met Me B in die kamer gepraat het.
(v)
Na die gebeure het besks. 3 en 4 steeds met besk. 2 ge- assosieer op
pad na hulle onderskeie tuistes.
67.
Die getuienis van al die beskuldigdes is so deurspek met
weersprekings en onwaarskynlikhede, met in agneming van die bewese
feite, dat dit onomwonde bevind word dat besks. 3 en 4 nie deur
besk.1 met ’n vuurwapen gedreig is nie, en dat hulle weergawe
as leuens, en nie- redelik moontlik waar nie, verwerp behoort te
word. Dit is ook insiggewend dat beide Me B en besk. 2 getuig
het dat
besks. 3 en 4 om die beurt gehelp het om Me B se bene vas te hou
terwyl een van hulle op haar gele het. Hierdie getuienis
is direk
botsend met besks. 3 en 4 se aangepaste weergawe dat hulle naby die
deur gestaan het, met ander woorde weg van die bed
af, toe besk. 2 op
Me B gele het. Besk. 3 het selfs sover gegaan om te getuig dat hy
weggekyk het van die toneel wat op die bed
afgespeel het. Hierdie
weergawe van besks. 3 en 4 is eweneens leuenagtig. Dit volg dus
logies dat daar voldoende getuienis is dat
besks. 3 en 4 wel
vrywillig en opsetlik deelgeneem het aan wat met Me B gebeur het.
68.
Mnr van As het geargumenteer dat die Staat nie bewys het dat besks. 3
en 4 deel was van enige voorafbeplanning deur besks.1
en 2 om Me B
aan te val en leed aan te doen nie. Die feit dat besks. 3 en 4 die
karavaan-was werk aangebied is op ’n onbekende
plek, ver van
hulle tuistes af, teen betaling van R250 tot R300 per persoon vir die
drie van hulle, is op sigself verdag. Die getuienis
van besks. 2, 3
en 4 dat die karavaan later ook ’n tent, en ander
kampuitrusting, asook naderhand besk.1 se vierwiel motorfiets,
ingesluit het, was duidelik fabrikasies om hulle weergawe by die
dagloon te laat inpas. Die weergawe van besk. 2 dat hulle twee
ook
met bouwerk sou help, wat hulle ontken het, maak hulle pleit van
onkunde al hoe meer verdag. Besks. 3 en 4 se weergawe dat
hulle
onwetend, en onskuldig, by die insident met Me B betrek is, het
momentum gekry met die aankoop van die drie paar sykouse
by Pep
Stores, Bela Bela, wat later deur hulle as vermomming gebruik is. Die
aankoop van die kouse het beide besks. 3 en 4, op
hulle eie weergawe,
nie gesien gebeur nie, maar tog moes die Pep Stores episode so ’n
blywende indruk op hulle gemaak het
dat hulle spontaan getuig het dat
besks.1 en 2 by daardie winkel in is en uitgekom het sonder enigiets
in hulle hande. Dit regverdig
net een redelike afleiding en dit is
dat hulle op daardie stadium reeds bewus was waarvoor die sykouse
gebruik sou word. Tesame
met hierdie aspekte moet in ag geneem word
die getuienis van Me B dat hulle vrywillig aan die gebeure deelgeneem
het. Wat die saak
vir besks. 3 en 4 verder versleg is dat hulle
leuens vertel het met betrekking tot die beweerde dreigement met die
rewolwer deur
besk.1 en ook wat betref hulle versuim om te vlug toe
die geleenthede, op hulle eie weergawe, voorgedoen het, asook om
steeds met
besk. 2 te assosieer na die voorval. Wat ook teen besks. 3
en 4 militeer is die onwaarskynlikheid dat besks.1 en 2, in die lig
van die voorafbeplanning om die misdrywe te pleeg, mededaders so te
se van die straat af sou kry om hulle met hulle bose dade te
help.
Die risiko daaraan verbonde sou net te groot wees.
Besks.
1 en 2 se vertroue in besks. 3 en 4 is toe inderdaad ook nie geskaad
nie. Besks. 3 en 4 het nooit by die polisie uitgekom
nie en is net
deur knap speurwerk van die ondersoekbeampte, A.O.Kruger, opgespoor.
Alhoewel daar ’n verdenking mag bestaan
dat besks. 3 en 4
waarskynlik meer weet van die voorafbeplanning van die aanval op Me
Bonnette, voor daardie oggend van 3 Januarie,
as wat uit die
getuienis blyk of van die redelikerwys van die omstandighede afgelei
kan word, kan dit sonder twyfel bevind word
dat toe hulle by besk.1
se huis aangekom het, hulle reeds bewus was daarvan, en hulle daarmee
geassosieer het, dat Me B aangeval
en verkrag sou word. Hulle was
selfs bereid om die hele dag daarvoor te wag. Daar was niks anders
wat hulle daardie middag by besk.1
se woning gehou het nie.
69.
Die verdere vrae wat ontstaan is welke misdrywe die Staat bewys het
en of al vier beskuldigdes aan daardie misdrywe skuldig
is.
70.
Dit is duidelik dat die Staat bewys het dat besk.1 op aanklag 1 vir
die dood van CB verantwoordelik is. Die Staat se argument
is dat
besk. 2 ook op aanklag 1 skuldig bevind behoort te word op grand van
die volgende feite:
(i)
Besk. 2 het met besk.1 saamgesweer om die misdrywe teenoor Me B te
pleeg;
(ii)
Besk. 2 het geweet dat besk.1 C laat kom het en het ook geweet dat C
op pad was;
(iii)
Besk. 2 het die hek dopgehou en besk.1 daarop attent gemaak het dat
C, daar aangekom het;
(iv)
Besk. 2 het geweet dat besk.1 vir C wou leed aandoen;
(v)
Besk. 2 was te alle relevante tye betrokke by wat reeds aan Me B
gedoen is insluitende dat besk.1 haar met die geweer gedreig
het;
(vi)
Besk. 2 het besef dat C nie toegelaat kon word om te bly lewe as hy
sy ma in daardie toestand sou gesien het nie.
Na
my mening staan genoemde feite vas.
Mnr
van Rooyen het toegegee dat as hierdie feite bevind word, besk. 2 as
medepligtige aan moord skuldig is.
Ek
meen egter dat die Staat se submissie reg is dat besk. 2 wel op die
feite subjektief voorsien het dat besk.1 vir C gaan doodmaak
en dat
besk. 2 gevolglik in die omstandighede ook as mededader aan C se
moord skuldig is.
Dieselfde
geld egter nie vir besks. 3 en 4 nie. Daar is nie voldoende getuienis
dat hulle twee, wat hierdie aanklag betref, in dieselfde
situasie as
besk. 2 was nie. Die Staat het toegegee dat aanklag 1 nie teen hulle
bewys is nie.
71.
Wat aanklag 2 betref, die beweerde menseroof, spreek die onbetwiste
feite vanself. Me B is duidelik opsetlik deur al vier beskuldigdes
van haar vryheid beroof toe sy oorval, vasgehou en vasgemaak is. Al
vier die beskuldigdes het 'n gemeenskaplike doel gehad om haar
van
haar vryheid te beroof. Sy is deurentyd, selfs nadat die beskuldigdes
die toneel verlaat het, as gevolg van hulle optrede,
totdat sy deur
Mnr Cloete en Me vd Merwe bevry is, van haar vryheid beroof. Daar is
dus geen sprake van ’n verdubbelling
van aanklagtes nie.
72.
Met betrekking tot aanklagtes 3, 4, en 5 was elkeen van die
beskuldigdes betrokke deurdat hulle Me Bbeurtelings verkrag het
terwyl hulle mekaar bygestaan het.
73.
Wat betref aanklag 6 is die fisiese ontering en penetrasie van Me B
deur besk.1 gepleeg. Die ander drie was teenwoordig en het
van meet
af aan die aanval op Me B deelgeneem en het hulle deur hulle eie
optrede met besk.1 se dade geassosieer. Dit is gevolglik
duidelik dat
besks. 2, 3 en 4 daadwerklik besk.1 bygestaan het toe hy Me Bonnette
so aangerand het, en dat hulle al drie dus in
daardie verband
mededaders was. Aanklagtes 3, 4, 5 en 6 was ’n gesamentlike
optrede deur al vier beskuldigdes.
74.
Met betrekking tot aanklag 7, poging tot moord, het die Staat gesteun
op die getuienis van Dr Manuru, naamlik dat wanneer ’n
persoon
mishandel word op die wyse wat Me B mishandel is, die trauma van die
ervaring kan veroorsaak dat so ’n persoon se
hart kan gaan
staan en die persoon sterf. Dit volg dat as ’n hof bevind dat
die dader in so ’n geval voorsien het dat
die slagoffer mag
sterf as gevolg van die mishandeling, die hof kan bevind dat moord
inderdaad gepleeg is. Sou die hof egter nie
op die feite kan bevind
dat die dader die dood van die slagoffer wel voorsien het nie, in
teenstelling met dat die dader dit redelikerwys
moes voorsien het,
sal die element van opset om te dood afwesig wees, en sal moord nie
bewys wees nie. Dieselfde beginsel geld
waar die slagoffer nie
gesterf het nie en die Staat slegs poging tot moord beweer het. Ten
spyte van die voormelde opinie van Dr
Manuru is ek van mening dat die
Staat nie bo redelike twyfel bewys het dat die omvang van die
mishandeling en van Me B, en die
beserings wat sy opgedoen het, van
so ’n aard was dat die besuldigdes voorsien het dat dit haar
dood tot gevolg sou he nie.
Die
Staat het verder aangevoer dat die beskuldigdes aan poging tot moord
skuldig is omdat besk. 2 HIV positief was. Die getuienis,
Erkenning
7, is egter dat besk. 2 na die voorval HIV positief getoets is. Daar
is geen getuienis op rekord dat enige van die beskuldigdes
bewus was
of besk. 2 ten tye van die pleging van die verkragtingsdade HIV
positief was nie.
Die
Staat kon gevolglik nie skuld, in hierdie geval opset om te dood, in
enige van sy vorms, bewys nie.
Dit
is egter onteenseglik so dat enige persoon wat ’n ander mens op
die wyse, soos in hierdie saak gebeur het, mishandel en
beseer, die
opset het om die betrokke slagoffer ernstig te beseer. Aanranding met
die opset om ernstig te beseer is ’n bevoegde
uitspraak op ’n
aanklag van poging tot moord en dus kan die beskuldigdes so skuldig
bevind word sonder dat een van die alternatiewe
aanklagtes van
aanklag 7 ter sprake kom. Dit blyk in ieder geval dat die misdrywe
wat in aanklagtes 7.1, 7.2, en 7.3 beweer word,
oorvleuelend gedek
word deur ’n skuldigbevinding aan aanranding met die opset om
ernstig te beseer as bevoegde uitspraak
op die aanklag van poging tot
moord wat in Aanklag 7, die hoofaanklag beweer is.
Die
verdere vraag wat beantwoord moet word is of besks. 2, 3 en 4 ook
strafregtelik aanspreeklik gehou kan word op hierdie aanklag.
Daar is
reeds daarop gewys dat besks. 2, 3 en 4 aktief betrokke was by
aanklagtes 2 tot 6 en dat hulle ook gehelp het om Me B se
bene
beurtelings vas te hou toe sy verkrag is. Al drie het besk.1 dus
daadwerklik bygestaan en was bykans heeltyd teenwoordig toe
sy deur
besk.1 aangerand is. Daar was duidelik ’n gemeenskaplike opset
bewys. Die regsbeginsels is ge-yk. Sien S v Thebus
2003 2 SASV 319
KH.
Deur
besk.1 behulpsaam te wees met die menseroof, wat ook aanranding
insluit, en deel te he aan die verkragting, het besks. 2, 3
en 4
hulle ook ge-assosieer met die aanranding op Me B deur besk. 1 in
hulle teenwoordigheid, op dieselfde basis as wat aanklag
6 betref en
is besks. 2, 3 en 4 dus net so skuldig aan die aanranding op Me B as
besk. 1.
BEVINDING
1.
Besks. 1 en 2 word skuldig bevind op aanklag 1.
2.
Besks. 3 en 4 word vrygespreek op aanklag 1.
3.
Besks. 1, 2, 3 en 4, word skuldig bevind op aanklagtes 2, 3, 4, 5, en
6 soos aangekla, en op die hoofaanklag van aanklag 7, aan
aanranding
met die opset om ernstig te beseer.
AJ
BAM WR
15
Julie 2013