About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2013
>>
[2013] ZAGPPHC 208
|
|
Scheepers v Stander NO and Others In re: Stander NO and Another v Scheepers (73309/2009) [2013] ZAGPPHC 208 (28 June 2013)
NOT
REPORTABLE
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak
No:73309/2009
DATUM:28/06/2013
In
die saak tussen:
LOUISA
MARIA
SCHEEPERS
...................................................................................
Applikant
en
CONRAAD
LOUWRENS STANDER
N.O.
..................................................
1ste Respondent
IGNATIUS
CLEMMENT MIKE TEKO SHIRILELE N.O
…...........................
2de
Respondent
(In
hul hoedanigheid as vooriopige likwidateurs van
KIRSTEN LOTTERING SCHEEPERS ING (in
likwidasie))
DIE
TAKSEERMEESTER VAN DIE
NOORD-
.............................................
3de
Respondent
GAUTENG
HOE HOF, PRETORIA
STRYDOM
& BREDENKAMP
ING
...............................................................
4de
Respondent
In
re:
CONRAAD
LOUWRENS STANDER N.O
…...................................................
1ste
Applikant
IGNATIUS
CLEMMENT MIKA TEKO SHIRILELE N.O
….............................
2de
Applikant
(In
hul hoedanigheid as vooriopige likwidateurs van
KIRSTEN
LOTTERING SCHEEPERS ING (in likwidasie))
En
LOUISA
MARIA
SCHEEPERS
............................................................................
Respondent
UITSPRAAK
1.
Die huidige aansoek dien voor my met die volgende bedes: “7.
Die Applikant se versuim om te voldoen aan die bepalings van
die
Reels alternatiewelik die bepalings van Reel 70, gekondoneer word en
die tydperk om daar aan te voldoen verleng word.
2.
Die allocator van die Derde Respondent gedateer die 8ste Junie 2012,
tersyde gestel word.
3.
Die iasbrief soos uitgereik deur die Eerste en Tweede Respondente,
opgeskort word tot en met ‘n bedrag van R33 461,03 hangende
die
her-taksasie van die kosterekening in gevolge bede 4 hieronder.
4.
Die Derde Respondent gelas word om die kosterekening weer te plaas
vir taksasie en kennis te gee van die taksasie aan die Applikante
en
die partye gelas word om te voldoen aan die bepaling van Reel 70.
5.
Koste van die aansoek, indien geopponeer deur sodanige partye wat die
aansoek opponeer, betaal word.
6.
Verdere en/of alternatieweregshulp aan die Applikant verleen word. ”
DIE PUNT IN LIMINE
2.
Voor die aanvang van die aansoek het Mnr Badenhorst, namens die
Respondent,
‘n punt in limine geneem as volg:
2.1.
nadat die Applikant haar aansoek geloods het, is die boedel van haar
eggenoot, Mnr HCW Scheepers, finaal gesekwestreer op 22
Januarie 2013
onder saaknommer 10818A/2012;
2.2.
dat die Applikant en haar eggenoot buite gemeenskap van goed getroud
is;
2.3.
dat artikel 21(1) van die Insolvensiewet bepaal:
“
(1)
Die sekwestrasie van die afsonderlike boedel van een van die twee
eggenote het verder ten gevolge dat alle goedere (met inbegrip
van
goedere of die opbrings daarvan, wat op grond van n lasbrief tot
beslaglegging in die hande van ‘n Balju of geregsbode)
van die
eggenoot wie se boedel gesekwestreer is nie (hieronder die solvente
eggenoot genoem) oorgaan op die meester totdat ‘n
kurator
aangestel is en na aanstelling van die kurator op horn, asof dit
goedere van die gesekwestreerde boedel was, en dat die
Meester of
kurator bevoeg word om met daardie goedere dienooreenkomstig te
handel, behoudens die volgende bepalings van hierdie
artikel;”
2.4.
dat die Meester nog geen kurator aangeste! het nie en dat, gevolglik
die boedels van die twee eggenote vestig in die Meester
totdat ‘n
kurator aangestel word;
2.5.
dat die gevolg van artikels 20 en 21 is dat die reg van die Applikant
otn hierdie aansoek (wat geloods is voor haar man se
sekwestrasie)
voort te sit ingeperk word.
3.
Mnr Badenhorst het verder betoog dat die Applikant se aansoek nie van
die hand gewys behoort te word op hierdie stadium vanwee
hierdie punt
(indien suksesvol) maar bloot uitgestel moet word totdat haar boedel
deur die kurator weer vrygelaat word.
4.
Die betoog, soos ek dit verstaan, is dat die “goed” wat
in die trustee vestig nie net roerende en onvoerende goed
is nie,
maar ook onliggaamlike goed (of “incorporeal rights”).
Verder, so lui die betoog, aan die hand van De Villiers
N.O v Delta
Cables (Edms) Bpk
1992 (1) SA 9
(AD) op 14:
“
in
De Villiers NO v Delta Cables (Edms) Beperk supra op 14 het die
Appelhof Artikel 21 omvattend analiseer ook met betrekking tot
die
argument wat aangevoer is voor die Appelhof, dat die Insolvensiewet
geen uitdruklike bepaling het dat a lie regsaksies deur
of teen die
solvente eggenoot, gestaak word by sekwestrasie van die insolvente
eggenoot, nie. Op 14J het die Appelhof bevind dat
geen so ‘n
bepaling van toepassing gemaak is op die solvente eggenoot, aangesien
die Wet voorsien dat die solvente eggenoot
mettertyd vn/gelate bates
of nuut bekomde bates na sekwestrasie van sy of haar eggenoot sal
verkry en dat litigasie vir of teen
met betrekking tot daardie bates,
nie statuter beperk kan word nie;"
5. Die toepassing van bogenoemde op
die huidige saak is dat indien Applikant suksesvol is in hierdie
saak, dit sal beteken dat die
kostebevel teen haar boedel verminder
word met R50 000,00 en sou ‘n kostebevel teen haar toegestaan
word sal die effek daarvan
wees dat koste toegestaan word teen die
insolvente boedel van haar eggenoot waarhaar boedel tans vestig in
die Meester...”
6.
Mnr van Rensburg se betoog is die volgende:
“
By
bepaling van die vraag of die litigasie in casu enigsins betrekking
het op “goed” van die Applikant moet daar in
gedagte
gehou word dat die Insolvensieweg n onderskeid tref tussen die
“boedel” en die “goed” van ‘n
insolvent
In terme van Artikel 20 het 'n sekwestrasie die uitwerking dat die
insolvent se “boedel” ophou om aan horn
te behoort en
oorgaan op die Meester totdat 'n kurator aangestel is en na
aanstelling van ‘n kurator, op horn, ‘n Boedel
bestaan
nie net uit bates nie maar is ‘n konglomeraat van bates en
laste. Daarteenoor het die “goed" van 'n insolvent
slegs
betrekking op die bates wat aan 'n insolvent behoort. In terme van
art 21 van die Insolvensieweg hou die Applikant se boedel
nie op om
aan haar te behoort nie en is dit slegs haar “goed” wat
deur die bepalings daarvan geraak word. Die artikel
het dus nie
betrekking op haar laste nie."
7.
Hy betoog verder dat die “roerende goed” waarmee daar
hier te doen is ‘n vorderingsreg is en dat die ‘n
persoonlike reg is wat een persoon teen ‘n ander het. Wat die
argument interessant maak is dat hy betoog dat dit die Respondente
is
wat die vorderingsreg het teen Applikant vir die betaling van hulle
koste en dat die Applikant dus ‘n verpligting hetom
daardie
koste aan Respondent te betaal.
8.
Hy betoog dus dat die vorderingsreg hier ter sprake nie die van die
Applikant is, maar wel die van die Respondente is en dat
dit meebring
'n verpligting om te presteer teenoor die Respondente welke dan 'n
las teen (of in) Applikant se boedel is.
9.
Mnr van Rensburg betoog dat hierdie aansoek ten doel het om ‘n
las teen die Applicant se boedel te verminder en het niks
te make met
enige bate wat in haar boedel verstig nie.
10.
Hy betoog gevolglik dat die Applikant se locus standi om met
betrekking tot die omvang van haar laste te litigeer nie deur die
bepaling van artikel 21 geraak word nie.
11.
Artikel 21 lui soos volg:
“
(1)
Die sekwestrasie van die afsonderlike boedel van een van die twee
eggenote wat nie geskeie teef nie kragtens ‘ regterlike
skeidingsbevel, het verder ten gevolge dat alle goedere (met inbegrip
van goedere of die opbrings daarvan, wat op grond van ‘n
lasbrief tot beslaglegging in die hande van ‘n Balju of
geregsbode) van die eggenoot wie se boedel nie gesekwestreer is nie
(hieronder die solvente eggenoot genoem) oorgaan op die Meester
totdat ‘n kurator aangestel is en na aanstelling van die
kurator op hom, asof dit goedere van die gesekwestreerde boedel was,
en dat die Meester of kurator bevoeg word om met daardie goedere
dienooreenkomstig te handel, behoudens die volgende bepalings van
hierdie artikel;
(2)
Die kurator moet alle goedere van die solvente eggenoot vrygee
waarvan bewys word -
(a)
dat hulle die eiendom van daardie eggenoot was onmiddellik voor haar
of sy huwelik met die insolvent of voor die eerste dag
van Oktober
1926; of
(b)
dat hulle deur daardie eggenoot verkry is kragtens 'n
huwelikskontrak; of
(c)
dat hulle deur daardie eggenoot gedurende die huwelik met die
insolvent verkry is kragtens ‘n titel wat regsgeldig is
teenoor
die skuldeisers van die insolvent; of
(d)
dat hulle ten behoewe van daardie eggenoot gevrywaar is deur artikel
agt- en-twintig van hierdie Wet of deur die ‘‘Verzekeringswet,
1923” (Wet 37 van
1923)
of deur die Versekeringsordonnansie, 1927 (Ordonnartsie 12 van 1927
van die Gebied; of (d) dat huile met sodanige goeder as
voormeld, of
met die inkomste of opbrings daarvan verkry is.
(3)
As die solvent se eggenoot in die Republiek is en die kurator in
staat is om sy of haar adres te verkry mag die kurator nie
sonder
verlof van die hof goedere, wat blykbaar aan die solvente eggenoot
behoort hetr te gelde maak nie binne ses weke na skriftelike
kennisgewing aan daardie eggenoot van sy voorneme om dit te doen.
Bedoelde kennisgewing moet ook gepubliseer word in die Staatskoerant
en in ‘n nuusblad in omloop in die distrik waarin die solvente
eggenoot woon of besigheid dryf, en daarin moet alle afsonderlike
skuldeisers vir waarde van daardie eggenoot uitgenodig word om hulle
vorderings volgens voorskrif van subartikel (5) te bewys.
(4)
Die solvente eggenoot kan die hof versoek om ‘n order tot
vrygawe van goed wat kragtens subartikel (1) op die kurator
van die
insolvente boedel oorgegaan het of om ‘n order tot opskorting
van die verkoping van sodanige goed of as dit reeds
verkoop maar die
opbrings da an/an nog nie onder skuldeisers verdeel is nie, om 'n
order waarin verklaar word dat die versoeker
op daardie opbrings
geregtig is; en die hof kan na aanleiding van daardie versoek die
order uitvaardig wat hy billik ag...”
(my beklemtoning)
12. Wat Harsken v Lane N.O and Others
betref:
"The
property vests “as if it were property of the sequestrated
estate” and the Master or a trustee may deal therewith
accordingly, but subject to the further statutory provisions
mentioned post. The affect of section 21 is that it temporarily
divests
the insolvent spouse of his or her property; and, in the
light also of the provisions of section 21(5) of the Insolvency Act,
at
the institution of a concursus creditorum in respect of such
property and Me creditors of the solvent spouse. Thus,
notwithstanding
that the vesting itself does not affect the
contractual capacity of the insolvent spouse, any juristic act of
such spouse in relation
to such property is a nullity\1
13. Ook De Villiers N.O v Delta Cables
(Edms) Bpk saak op 15 G - J:
“
In
the final analysis however, it does not make any difference ...
whether a trustee become the owner of property of the solvent
spouse,
or whether he merely obtains the right of disposition and control
thereof (which, it would seem is the right obtained by
a liquidator
of an insolvent company in respect of the companies’ assets). I
say so because, as has been pointed out, the
legislature intended
that the vesting of a property of a solvent spouse in the trustee (or
the Master) should bring about a concursus
of the creditors of that
spouse. Subsequent to such vesting any disposition of the property,
or the purported grant of a right
in regard thereto, by the solvent
spouse is ineffective as against the trustee. Thus the spouse cannot
confer ownership upon a
third party to whom he or she donates and
delivers an unreleased asset. Likewise a person to whom the solvent
spouse delivers such
an asset pursuant to a contract of pledge does
not obtain a real right. And if the spouse performed any juristic act
regarding
his or her property prior to the sequestration of the
insolvent’s estate, the position is frozen as at that date”]
14.
Wat hierdie sake in gemeen het is dat hulle altwee praat van “goed”
(of “property”) en “bates”,
en so ook Artikel
21(1).
15.
Wat belangrik is, is dat ‘n boedel bestaan uit beide bates en
laste. Dit is, myns insiens, duidelik dat artikel 21 betrekking
het
op die solvente gade se boedel juis om te verhoed dat ‘n
insolvent sy bates “wegsteek” in die ander gade
se boedel
om die bepalings en gevolge van die Insolvensie Wet te omseil.
16.
Dit is, na my mening, baie duidelik dat die totale gevolge van
insolvensie nie toepassing vind op die solvente gade nie en
dat die
trustee nie geTnteresseerd is in die laste komponent van die solvente
gade se boedel nie, maar slegs die bates vir fie
rede (onder andere)
uiteengesit in paragraaf 15 supra.
17.
Vir hierdie rede stem ek met Mnr van Rensburg se betoog saam dat die
kostebevel wat die onderwerp van hierdie aansoek is, ‘n
las is
in die Applikant se boedel en dat die vorderingsreg eintlik aan
Respondent behoort.
18.
Gevolglik bevind ek dat, anders as regte verkry in terme van ‘n
kontrak wat Applikant sou probeer afdwing en wat wel deur
Artikel 21
geraak word, hierdie besondere geval nie vergelykbaar is nie en nie
getref word deur die bepalings van Artikel 21 nie.
19.
Gevolglik bevind ek dat Applikant se locus standi nie geraak word
deur Artikel 21 nie en die punt in limine word van die hand
gewys met
koste.
DIE HOOFAANSOEK
20.
Die basies gemenesaak feite van die aansoek is die volgende:
20.1.
Die Eerste en Tweede Respondente (likwidateurs) het ‘n aksie
geloods teen die Applikant onder saaknommer 69977/2009,
welke
suksesvol was en ‘n kostebevel is teen Applikant verleen.
20.2.
Kennis van taksasie is op Applikant se prokureur van rekord beteken
op 23 April 2012 en in daardie kennisgewing is die taksasie
geplaas
vir 8 Junie 2012 om 11 h30.
20.3.
Geen opponering tot die taksasie is geliasseer nie en die taksasie
het, in die afwesigheid van die Applikant of haar verteenwoordiger
plaasgevind en die allocatur is voltooi en deur die takseermeester op
8 Junie 2012 onderteken.
20.4.
Die koste is in die bedrag van R85 740.11 takseer.
21.
Die Applikant se prokureur van rekord meld in sy verklaring dat, vir
een of ander onverklaarbare rede, het die Kennisgewing
van Taksasie
nooit tot sy kennis gekom nie. Hy beweer dat die Kennisgewing steeds
nie opgespoor kon word nie en hy vermoed dat
dit moontlik foutiewelik
geliasseer is.
22.
Hy meld verder dat hy op 14 Maart 2012 ‘n
knievervangingsoperasie ondergaan het en “...was vir etlike
weke uit
sirkulasie en ‘n verdere tydperk afwesig van die
kantoor vanwee 7? komplikasie. ” Interessant genoeg is daar nie
melding
gemaak van die presiese duur van die tydperk wat hy afwesig
was nie.
23.
Hy beweer verder dat die saak onder sy aandag gekom het toe hy ‘n
skrywe van die Respondent ontvang het gedurende Junie
2012 met die
getakseerde rekening aangeheg.
24.
Dit blyk dat die getakseerde rekening nagegaan is deur sy
kostekonsultant en die gedisputeerde items kom daarop neer dat ‘n
bedrag van R55 279,04 van die rekening afgetakseer behoort te word
aldus hulle, wat ‘n bedrag van R33 461.07 oorlaat vir
betaling.
Hierdie bedrag is, volgens die stukke, aan Respondent oorbetaal met
betekening van hierdie stukke.
25.
Die deponent het ook met Eerste en Tweede Respondent se prokureur
probeer onderhandei, maar sonder sukses.
26.
In ieder geval, ‘n lasbrief is deur Eerste en Tweede
Respondente se prokureur (die Vierde Respondent) uitgereik vir die
verhaal van die R85 740.11.
27.
Eerste en Tweede Respondente opponeer hierdie aansoek. Hulle beweer
dat:
27.1.
dit is gemenesaak dat die taksasie nie opponeer is nie;
27.2.
geen redelike verduideliking is hiervoor gegee nie;
27.3.
die verduideliking wat wel gegee is kom neer op die nalatigheid van
Applikant se prokureur en dat dit geen redelike verduideliking
daarstel nie;
27.4.
die aansoek is eintlik vir die hersiening van ‘n taksasie en
aangesien Applikant nie die taksasie bygewoon het nie,
kan sy nie op
reel 48 steun nie;
27.5.
die aansoek is buite tyd geloods;
27.6.
die aansoek moet aan reel 27 voldoen vir die laat liassering daarvan.
28.
Die Eerste en Tweede Respondente beweer dat die afwesigheid van die
Applikant se prokureur nie genoegsame rede is om die versuim
om ‘n
kennisgewing van opponering te liasseer te verduidelik nie en dat die
prokureur se kantoor en die kosterekening afdeling
oor genoegsame
personeel beskik om in sy afwesigheid die nodige te kan doen.
29.
Hulle bewer dat hierdie aansoek net die finalisering van die
litigasie sal vertraag en dat daar geen meriete is in die aansoek
nie.
30.
Hulle ontken verder dat die opinie van die Applikant se
kostekonsultant enigsins ‘n “betroubare deskundige
mening"
is.
31.
Die hoogwatermerk van die opponering is die volgende:
“
17.3
Die grondslag vir die proses is dat ‘n hof bevel en die
taksasie van die koste in verband daarmee, so spoedig as moontlik
afgehandel moet word. Daarmee saam gaan die oorweging dat die
uitoefening van die diskresie van ‘n Takseermeester nie maande
na die tyd, vir heroorweging aan ‘n Hof voorgele word waar die
Takseermeester blootgestel word aan die heroorweging van faktore
wat
by hom n rol gespeel het by taksasie en wat tot gevolg het dat die
Takseermeester opgeroep word om maande na die tyd die uitoefening
van
die diskresie en die faktore wat by hom ‘n rol gespeel het in
herinnering te roep nie;”
32.
Kritiek teen die kostekonsultant se opinie oor spesifieke items in
die kosterekening word ook gehef.
33.
Dit is baie duidelik dat hierdie aansoek nog £n aansoek in
terme van reel 48 is nie, nog ‘n aansoek om hersiening
is nie
en, in elk geval, dit is ook nie die Applikant se saak dat dit is
nie.
34.
Die vraag is dan: in terme van welke hofreel of gemeenregtelike
beginsel moet hierdie aansoek beoordeel word?
35.
“Die allocatur van die Takseermeester beheis ‘n
kwasie-judisiele administratiewe handeling.. Die verrigtinge voor
hom
is n geding in die kleine en die beginsel van die gemenereg wat by
tersydestelling van verstekvonnisse geld is derhalwe ook
van
toepassing op die tersydestelling van die Takseermeester se
allocatur...”
Sien: Griinder v Grunder en andere
1990 (4) SA 680
(KPA)
36.
Volgens die gemenereg is daar sekere elemente wat in so ‘n
aansoek teenwoordig moet wees:
36.1.
daar moet sogenaamde “sufficient cause” gewys word;
36.2.
daar moet ‘n redelike verduideliking vir die versuim wees;
36.3.
die aansoek moet bona fide wees; en
36.4.
die Applikant moet wys dat hy £n bona fide verweer het wat ‘n
redelike vooruitsig op sukses het.
37. “Sufficient cause”:
Wat
is “sufficient cause” is oor die jare in etlike sake deur
ons howe gedebatteer. Sien Harris v Absa Bank t/a Volkskas
2006 (4)
SA 527
(TPD) waar dit gese is dat die hof se diskresie nie onnodiglik
beperk moet word nie.
“
A
steady body of judicial authorities has held that a court seized with
an application for rescission of judgement should not in
determining
whether good or sufficient cause has been proven, look at the
adequacy or other wise at the explanation of the default
or failure
in isolation.
1Instead,
the explanation, be it good, bad, or indifferent, must be considered
in the light of the nature of the defence, which
is an important
consideration, and in the light of all the facts and circumstances of
the case as a whole. ’ (De Witts Auto
Body Repairs (Ptv) Ltd v
Fedgen Insurance Co Ltd 1994 (4) S/A 705 (E) at 711 D)
See:
Harris vAbsa Bank (supra) at 530 par [10]
38. Redelike verduideliking:
Die
versuim om die taksasie by te woon kan net voor die deur van
Applikant se prokureur gele word. Applikant is, in hierdie besondere
omstandighede, blaamloos, en die vraag is of mnr Geldenhuys se
verduideliking van die gebeure genoegsaam is om my diskresie op
hierdie punt uit te oefen in Applikant se guns?
39.
Dit is wel so dat die nalatigheid van 'n litigant se prokureur nie,
opsigself ‘n rede om ‘n bevel tersyde te stel
daarstel
nie (sien De Wet and Others v Western Bank
1977 (4) SA 770
(TPD);
Tshabalala v Peer
1979 (4) SA 27
(T)) maar daar is, in sekere
omstandighede, waar dit blyk dat die Applikant blaamloos voor die hof
staan, veel daarvan te se dat
‘n hof sy diskresie in die guns
van Applikant behoort uit te oefen (Sien ook De Sousa v Kerr
1978 (3)
SA 635
(W); Topol and Others v LS Group Management Services (Ptv) Ltd
1988 (1) SA 639
(W)).
40.
Dus, op hierdie aspek bevind ek dat daar genoegsame redelike
verduideliking vir die versuim is en ek bevind dat die tydperk
tussen
Junie 2012 (wat die getakseerde rekening tot die prokureur se aandag
gekom het) en 28 Augustus 2012 (wat hierdie aansoek
gelood is) nie
onredelik is nie en vir insover dit nodig is word die nodige
kondonasie verleen.
41. Bona fide aansoek:
Ook
op hierdie aspek bevind ek dat daar geen ander bedoeling is behalwe
om die kosterekening te opponeer. Dit blyk nie dat die bedoeling
is
om enigsins betaling van dit wat regmatig aan
Respondent
verskuldig is te vertraag nie en die tender, en gepaardgaande
betaling van die erkende verskuldigde bedrag van R33 461,07
dien ter
stawing hiervan.
42 .Ad bona fide verweer:
Ek
gaan nie die items wat Applikant se kostekonsultant in dispuut plaas
deurgaan nie en 'n mening daaroor uitspreek nie. Myns insiens,
deur
dit te doen sal die Takseermeester se diskresie inperk en sy hande
bind. Dit staan dus beide partye vry om die kosterekening
ten voile
te debatteer sonder enige voorskrif van hierdie hof.
43.
Ek stem ook nie saam met Respondent se interpretasie dat, om die
rekening terug te verwys, die Takseermeester sy vorige redes
vir die
allocatur moet oproep nie - die terugverwysing word op ‘n
sogenaamde “clean slate” gedoen. Instede van
die partye
voor hom is daar nou ‘n bestrede taksasie en hy moet na die
argumente luister en sy diskresie uitoefen.
44.
Bogenoemde kan, myns insiens nie nadeel vir Respondent inhou nie, en
vir in geval daar nadeel mag wees hou dit groter nadeel
vir Applikant
in indien hierdie aansoek nie slaag nie.
45.
Ek bevind dus dat Applikant aan al die gemeenregtelike vereistes vir
die tersydestelling van hierdie allocatur voldoen het.
46.
Natuurlik, moet hierdie bevinding moet die lasbrief wat uitgereik is
op sterkte van die allocatur ook tersyde gestel word.
47.
Die vraag is nou: wat van die koste?
Mnr
van Rensburg het betoog dat alhoewel die gewone bevel is dat die
koste van so ‘n aansoek normaalweg deur die Applikant
gedra
word want die tersydestelling is ‘n vergunning aan ‘n
Applikant, in hierdie saak, moet die Eerste en Tweede Respondent
die
koste dra weens die onredelike opponering van hierdie aansoek.
48.
Daarteenoor sluit die Eerste en Tweede Respondente se verklaring af
met die volgende:
is
daar geen basis gele waarom daar met die diskresie van die
Takseermeester ingemeng moet word nie en is daar derhalwe geen
meriete
in die aansoek van die Applikant nie. ”
49.
Geen kostebevel is gevra teen Applikant nie.
50.
Ek kan nie met mnr Van Rensburg se betoog saamstem nie. Die Eerste en
Tweede Respondente is geregtig om hulle posisie te kan
verdedig en
hulle saak voor die hof te plaas.
BEVEL
Gevolglik
maak ek die volgende bevel:
1.
Die allocatur van die Derde Respondent gedateer 8 Junie 2012 word
tersyde gestel;
2.
Die lasbrief uitgereik deur die Eerste en Tweede Respondente onder
saaknommer 73309/2009 word tersyde gestel;
3.
Die Derde Respondent word versoek om die kosterekening opgestel onder
saaknommer 73309/2009 terrolle te plaas vir taksasie enkennis
van die
datum van taksasie aan Applikant asook Eerste en Tweede Respondent se
prokureur te gee;
4.
Dit word gelas dat die taksasie de novo sal plaasvind in gevolge die
bepalings van reel 70 van die eenvormige hofreels;
5.
Geen bevel ten aansien van koste word gemaak nie.
B
NEUKIRCHER (AJ)