About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2013
>>
[2013] ZAGPPHC 149
|
|
Ernst NO and Others v Goosen (A704/12) [2013] ZAGPPHC 149 (12 June 2013)
NOT
REPORTABLE
IN
THE NORTH GAUTENG HIGH COURT, PRETORIA
(REPUBLIC
OF SOUTH AFRICA)
SAAK
NOMMER: A704/12
DATUM:12/06/2013
STEPHAN
ERNST
..................................................................................................
1
ste Appellant
ANNA
ERNST
N.O.
…...........................................................................................
2de
Appellant
STEPHAN
ERNST N.O.
…...................................................................................
3de
Appellant
en
DANIEL
STEPHANUS GOOSEN Respondent
Coram:
Makgoba J, Ebersohn AJ Datum aangehoor: 24 Mei 2013
Datum
uitspraak afgegee: 12 Junie 2013
UITSPRAAK
EBERSOHN
WR.
[1].
Hierdie is ‘n appel teen die uitspraak en bevel van die
landdros van die distrik van Bronkhorstspruit op die 25ste April
2012, in welke uitspraak vonnis ten gunste van die respondent (eiser
in die hof a quo) verleen is teen die appellante (verweerders
in die
hof a quo) in ‘n lasteraksie.
[2]
Die partye sal in hierdie uitspraak na verwys word soos in die hof a
quo.
[3]
Die eiser is Daniel Stephanus Goosen, ln prokureur, wat praktiseer in
die Bronkhorstspruit area.
[4]
Die eerste verweerder is Stephan Ernst in sy persoonlike
hoedanigheid, die tweede en derde verweerders is onderskeidelik Anna
Ernst N.O. en Stephan Ernst N.O., laasgenoemde twee in hul
hoedanighede van trustees van die Ernst Family Holdings Trust, (die
Trust).
[5]
Die eiser het die eerste verweerder en die Trust, soos verteenwoordig
deur die tweede en derde verweerders, gedagvaar in die
landroshof vir
die distrik van Bronkhorstspruit, in ‘n dagvaarding waarin twee
lastereise vervat is.
[6]
In eis 1 het die eiser beweer dat die eerste verweerder ‘n
skrywe gerig het op n briefhoof van die Trust aan die eiser
se
prokureurskantoor waarin sekere iasterlike bewerings aangaande die
eiser gemaak word. Die hof a quo het op hierdie eis vonnis
teen die
Trust gegee en nie teen die eerste verweerder nie. Die gewraakte
brief is deur die eerste verweerder geteken met sy naam
onder sy
handtekening ingetik. In die gemelde brief bekla die eerste
verweerder horn dat die eiser, wat ‘n jarelange vriend
van horn
was en vir wie die eerste verweerder en sy moeder voorheen selfs
gewerk het, horn in die steek gelaat het en sit hy in
die brief
uiteen hoe die eiser horn beweerdelik in die steek gelaat het en
kritiseer hy beweerde optrede van die eiser en doen
hy ‘n
beroep op die eiser om al sy vyandige aksies teen die eerste
verweerder te staak en se die eerste verweerder in die
gemelde brief
: “Alle baklei tusen ons STOP HIER”. Dit is duidelik dat
die eerste verweerder gegriefwas maar het op
die oog af rede gehad om
gegriefte wees.
[7]
Die hof a quo het egter bevind dat die inhoud van die brief inderdaad
lasterlik was en dat daar publikasie daarvan was maar
het dit die
Trust ten laste geie en bevind dat die Trust aanspreeklik was en het
vonnis vir R30 000 met ‘n bestraffende kostebevel
teen die
tweede en derde verweerders as trustees van die Trust verleen.
[8]
Die eiser het die bewyslas ten aansien van publikasie van die inhoud
van die gewraakte brief, aanhangsel “A” tot
die
besonderhede van vordering en dat dit lasterlik was, gehad. Die eiser
het net, ten aansien van aanhangsel “A”,
publikasie aan
himself en moontlik sy eggenote, bewys. Dit is nie voldoende
publikasie om ‘n beweerde eis vir laster te laat
slaag nie. Die
seun van die eiser, wat moontlik aanhangsel “A" kon gelees
het, het nie getuig nie en die bewering dat
hy dit moontlik kon
gelees het, was hoogstens spekulasie. Die inhoud van die gemelde
brief, aanhangsel “A” is ook nie
lasterlik nie. Dit is
duidelik dat die eerste verweerder in aanhangsel “A" sy
teleurstelling met die eiser se gedrag,
uitspreek, maar dit maak dit
nog nie lasterlik nie.
[9]
Dit is duidelik dat die hof a quo gefouteer het en die appel ten
aansien van eis 1 moet slaag.
[10]
In eis 2 soos uiteengesit in paragraaf 3 van die besonderhede van
vordering word beweer dat die “verweerders” op
7 Oktober
2008 ‘n eedsverklaring afgele het ter fundering van ln aansoek
vir tersydesteiling van ‘n verstekvonnis wat
die landdroshof op
28 Julie 2008 in hierdie saak toegestaan het. Eis 2 is spesifiek
gebaseer op paragrawe 20 en 21 van die eedsverklaring
welke paragrawe
soos volg lees:
“
20.
Op
7 Mei 2008 het ek die Respondent by die Hooggeregshof gewaar
toe
hy die inhoud van leer 31898/2008 verwyder het. Dit is my respekvolle
submissie dat hierdie tipe gedrag van die Respondent onaanvaarbaar
is
en uit hoofde van sy amp as prokureur is dit tog in die openbare
belang.”
[11]
Die landdros het bevind dat in die aangehaalde twee paragrawe die
eiser van oneerlikheid beskuldig word en dat dit laster daarstel
en
hy het vonnis toegestaan teen eerste verweerder vir R49 000,00 en ‘n
bestraffende kostebevel gemaak.
[12]
Dit is duidelik dat die inhoud van paragrawe 20 en 21 van die
funderende verklaring ter ondersteuning van die
tersydestellingsaansoek
nie iasterlik is nie en as dit Iasterlik sou
wees, is publikasie daarvan nie bewys nie. Die bewering dat die
tersydestellingsaansoek
in die ope hof aangehoor was en dat
publikasie van die inhoud van die funderende eedsverklaring so
geskied het, is spekulatief.
Daar is geen getuienis aangebied oor wat
in die hof gese was nie en daar is geen getuienis aangebied oorwie in
die hof was nie.
[13]
Aangaande bewysstuk “A”, synde die brief wat prominent
gefigureer het in eis 1 en ten aansien waarvan die hof a
quo die
eerste verweerder vrygespreek het, en dit dus as afgehandel beskou
moet word, het die hof a quo dit in eis 2, hoewel nie
pertinent nie,
tog teen die eerste verweerder gehou.
[15]
Dit is duidelik dat die eiser ook nie daartn geslaag het om eis 2 te
bewys nie en moet die appel daarteen ook slaag.
[16]
Dit volg noodwendig dat koste van die appel toegestaan moet word.
[17]
Die hof het die aspek van die massiewe appeloorkonde van 27 volumes
opgeneem met die advokate wat in hierdie hof voor ons verskyn
het.
Adv. Stemmet, wat vir die eiser in die verhoor in die landdroshof
verskyn het, het bevestig dat die eiser juis die stukke
op rekord
geplaas het om die laster en die kwantum te bewys. Die massiewe
oorkonde moet derhalwe die eiser ten iaste gefe word
en nie die
verweerders nie.
[18]
Die volgende bevei word verleen:
1.
Die appel van die tweede en derde appellante teen die respondent se
eerste eis in die landdroshof en die appel van die eerste
appellant
teen die respondent se tweede eis in die landdroshof siaag met koste
welke koste die gehele 27 bundels van die oorkonde
insluit en
takseerbaar is in die appel.
2.
Die bevel van die hof a quo word in die gehee! deurgehaal en vervang
met die volgende bevel:
“
1.
Die eiser se eerste eis teen die verweerders word afgewys.
2.
Die eiser se tweede eis teen die verweerders word afgewys.
3.
Die eiser moet die drie verweerders se koste ten aansien van eise 1
en 2 betaal op die toepaslike landroshofskaal insluitende
die fooie
van een advokaat binne die riglyne van die Pretoriase Baiieraad welke
ook takseerbaar sal wees en die voile saakrekord
van 27 bundels word
as takseerbaar deur die klerk van die Hof verklaar.”
P
Z. EBERSOHN
WAARNEMENDE
REGTER VAN DIE NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF
Ek
stem saam.
E.M.
MAKGOBA
REGTER
VAN DIE NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF