Ex Parte: Gouws en Anders (50139/12 ,9904/13 ,9915/13 ,15891/13) [2013] ZAGPPHC 134 (31 May 2013)

82 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency Law — Voluntary surrender — Requirements for application — Four ex parte applications for voluntary surrender of estates submitted under the Insolvency Act 24 of 1936 — Court emphasized the necessity for a clear benefit to creditors, requiring a sufficient surplus after debts and costs are accounted for — Applications found to meet statutory requirements despite minor technical deficiencies — Court's obligation to ensure full and frank disclosure by the applicant regarding the estate's financial status highlighted.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2013
>>
[2013] ZAGPPHC 134
|

|

Ex Parte: Gouws en Anders (50139/12 ,9904/13 ,9915/13 ,15891/13) [2013] ZAGPPHC 134 (31 May 2013)

REPORTABLE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
AFDELING
GAUTENG NOORD, PRETORIA
Saaknommers:
50139/12
9904/13
9915/13
15891/13
DATUM:31/05/2013
In
die ex parte aansoeke van
S
J GOUWS & ‘n ANDER
B
K MULDER
R
KOEN & 'n ANDER EN
N
M MABITHA
UITSPRAAK
1.
Al vier die bogemelde aansoeke is ex parte aansoeke vir die oorgawe
van die applikante se boedels in terrne van artikels 4, 5
en 6 van
die Insolvensiewet 24 van 1936. Behalwe vir enkele tegniese
tekortkominge is al vier behoorlik gepubliseer en ter rolle
geplaas.
2.
Al die aansoeke is deur dieselfde prokeureursfirma voorberei, wat ook
gedurende die week waarin hierdie aangeleenthede op die
rol gepiaas
is, verskeie ander soortgelyke aansoeke behartig het.
3.
Drie van die bogemelde aansoeke is in Afrikaans voorberei en een in
Engels. Die uitspraak word derhalwe in Afrikaans gegee en
'n
opsomming word in Engels verstrek.
4.
Die kardinale vereiste waaraan ‘n boedeloorgawe moet voldoen,
is dat daar voordeel vir skuldeisers moet bestaan. Dit kan
slegs die
geval kan wees as dit uit ‘n volledige analise van die
voornemende insolvent se boedel blyk dat daar ‘n voldoende
vrye
oorskot na aftrekking van alle skulde en administrasiekoste oorbly om
‘n redelike bedrag, uitgedruk in sente per Rand
wat verskuldig
is, daar te stel. Tans vereis die praktyk in hierdie Afedeling dat
daar ten minste 20 sent in die Rand as voordeel
moet blyk.
5.
Die Insovensiewet 24 van 1936 bepaal in artikels 4 tot 6 daarvan aan
welke statutere vereistes ‘n voornemende applikant
moet voldoen
alvorens ‘n aansoek om oorgawe van sy of haar boedel oorweeg
kan word:

4.
Kennisgewing van oorgawe en indiening op Meesterskantoor van staat
van skuldenaar se sake
(1)
Alvorens 'n versoek bedoel in artiket drie in te dien, moet die
persoon wat voornemens is om die versoek in te dien (in hierdie

artikel die versoeker genoem), in die Staatskoerant en in 'n nuusblad
in omloop in die distrik waarin die skuldenaar woon of; as
die
skuldenaar 'n handelaar is, in die distrik waarin sy vernaamste
besigheidsplek gelee is, 'n kennisgewing van boedeloorgawe
laat
publiseer in 'n vorm wat in hoofsaak ooreenkom met Formulier A in die
Eerste Bylae tot hierdie Wet. Bedoelde kennisgewing
moet gepubliseer
word nie meer as dertig dae en nie minder as veertien dae nie voor
die dag in die kennisgewing van boedeloorgawe
vermeld as die dag
waarop in die hof aansoek gedaan sal word om aanname van die oorgawe
van die boedel van die skuldenaar.
(2)
(a) Binne 'n tydperk van sewe dae vanaf die datum van publikasie van
bedoelde kennisgewing in die Staatskoerant, moet die versoeker
'n
afskrif van bedoelde kennisgewing oorhandig of deur die pos stuur aan
elkeen van die skuldeisers van die betrokke skuldenaar
wie se adres
hy of sy ken of kan verkry.
(b)
Die versoeker moet ook, binne die tydperk bedoel in paragraaf (a), ’n
afskrif van die kennisgewing verskaf-
(i)
deur dit te pos aan elke geregistreerde vakbond wat, na die wete van
die versoeker, enige van die werknemers van die skuldenaar

verteenwoordig; en (it) aan die werknemers self-
(aa)
deur 'n afskrif van die kennisgewing aan te bring op enige
kennisgewingbord op die skuldenaar se perseel waartoe die werknemers

toegang het; of
(bb)
indien daar geen toegang tot die perseel deur die werknemers is nie,
deur ’n afskrif van die kennisgewing aan te bring
op die
toegangshek van die perseel, waar toepaslik, so nie op die voordeur
van die perseel vanwaar die skuldenaar onmiddellik voor
die oorgawe
enige besigheid bedryf het; en (Hi) deur dit te pos aan die
Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
(3)
Die versoeker moet by die kantoor van die Meester twee eksemplare
indien van 71 vermoestaat van die skuldenaar opgestel in 'n
vorm wat
in hoofsaak ooreenkom met Formulier B in die Eerste Bylae tot hierdie
Wet. Daardie staat moet die gegewens bevat wat in
daardie formulier
vermeld word, moet voldoen aan alle daarin voorkomende voorskrifte en
moet bevestig wees deur 'n beedigde verklaring
(wat vry van seelreg
is) in die daarin aangegewe vorm.
(4)
Na ontvangs van bedoelde staat kan die Meester die versoeker gelas om
een of ander daarin aangegewe goed te laat waardeer deur
'n beedigde
taksateur of deur iemand wat die Meester daarvoor aangewys het.
(5)
/4s die skuldenaar woon of as 'n handelaar besigheid dryf in 'n ander
distrik as Wynberg, Simonstad of Bellville in die Provinsie
Kaap die
Goeie Hoop, waarin daar geen Meesterskantoor is nie, dan moet die
versoeker ook een eksemplaar van bedoelde staat by die
kantoor van
die magistraat van die distrik of, indien die skuldenaar woon of
aldus besigheid dryf in 'n deel van die distrik ten
opsigte waarvan
'n addisionele of assistent-magistraat permanent op 'n ander plek as
die magistraatsetel van die distrik die werksaamhede
van die
magistraat van die distrik verrig, by die kantoor van sodanige
addisionele of assistent-magistraat indien.
(6)
Bedoelde staat is veertien dae lank vanaf 'n dag wat in die
kennisgewing van boedeloorgawe aangegee moet word, gedurende
kantoorure
aan elke skuldeiser van die skuldenaar ter insage
beskikbaar.
5.
Staking van eksekutoriale verkoping van goed van boedel na publikasie
van kennisgewing van boedeloorgawe. Aanstelling van curator
bonis
(1)
Na die publikasie in die Staatskoerant, ingevolge artikel vier. van
'n kennisgewing van boedeloorgawe, mag geen goed van die
betrokke
boedel wat in beslag geneern is kragtens ’n lasbrief tot
eksekusie of 'n ander prosesstuk, verkoop word nie. tensy
die persoon
belas met die tenuitvoerlegging van die lasbrief of ander prosesstuk
nie van die publikasie kon geweet het nie: Met
dien verstande dat die
Meester as die waarde van sodanige goed na sy mening nie meer as R5
000 bedra nie, of die hof as die waarde
meer bedra, die verkoop van
die in besiag genome goed kan geias en kan beveei hoe die opbrengs
van die verkoping bestee moet word.
(2)
Na die pubiikasie in die Staatskoerant van 'n kennisgewing van
boedeloorgawe, soos vermeld, kan die Meester, ooreenkomstig die

beleid wat deur die Minister bepaal is, 'n curator bonis oor die
skuldenaar se boedel aanstel. Daarop neem die curator bonis die

boedel onverwyld in sy of haar bewaring en neem die beheer oor van
elke besigheid of onderneming van die skuldenaar asof by of
sy die
skuldenaar was, soos die Meester mog voorskryf, met in beg rip van
enige besigheid wat die skuldenaar gelisensieer is om
te drywe
ingevotge die Drankwet, 1989 (Wet 27 van 1989), rnaar onderworpe in
elke geval, mutatis mutandis, aan die bepalings van
artikel 6
Aanname deur hof van boedeloorgawe
(1)
As die hof oortuig is dat aan die bepalings van artikel vier voldoen
is, dat die boedel van die betrokke skuldenaar insolvent
is, dat by
goed wat te gelde gemaak kan word besit, van 'n voldoende waarde om
al die koste van die sekwestrasie te dek wat volgens
hierdie Wet uit
die vrye oorskot van sy boede! sal betaal moet word en dat dit tot
voordeel van skuldeisers van die skuldenaar
sal sirek as sy boedel
gesekwestreer word, dan kan die hof die oorgawe van die skuldenaar se
boedel aanneem en 'n order uitvaardig
waardeur daardie boedel
gesekwestreer word.
(2)
As die hof die boedeloorgawe nie aanneem nie of as die kennisgewing
van boedeloorgawe volgens artikel sewe ingetrek word of
as die
versoeker in gebreke bly om die aanname van die oorgawe van die
skuldenaar se boedel te versoek voor verloop van 'n tydperk
van
veertien dae vanaf die dag in die kennisgewing van boedeloorgawe
aangegee as die dag waarop die hof versoek sal word om die
oorgawe
van die boedel van die skuldenaar aan te neem, dan verval die
kennisgewing van boedeloorgawe en as 'n curator bonis aangestel
is,
dan word die boedel aan die skuldenaar teruggegee sodra die Meester
oortuig is dat voldoende voorsiening gemaak is vir die
betaiing van a
I die koste wat kragtens subartikel (2) van artikel vyf gemaak is.’
6.
‘n Aansoek om boedeloorgawe word in wese ex parte geloods.
Alhowel die applikant se skuldeisers van die hangende aansoek
in
kennis gestel moet word, word hulle nie formeel as party tot die
verrigtinge gevoeg nie. Hulle dra gewoonlik geen kennis van
die
applikant se sake behalwe wat hulle eis teen laasgenoemde se boedel
betref nie. Indien hulle die aansoek wil opponeer of om
ander redes
daarby betrokke wil raak, moet hulle die inisiatief neem om aansoek
om toetrede te doen, ‘n stap wat aansienlike
koste-implikasies
mag meebring en dikwels in elk geval futiel mag voorkom. Vis-a-vis
die hof is hulle dus in die posisie van belanghebbendes
wat nie by
die verrigtinge betrokke is nie, maar we! deeglik daardeur geraak
word. Hulle is dus op die beskerming geregtig wat
opgesluit le in die
vereiste dat ‘n applikant te alle tye uberrimae fidei moet
optree en alle relevante feite wat op sy of
haar aansoek betrekking
het, ten voile in die stawende eedsverklaring en statutere vorms
daarby aangeheg, moet openbaar Dit is
‘n feit wat dikwels oor
die hoof gesien word dat aansoeke om boedeloorgawe aan dieselfde
streng vereistes moet voldoen wat
aan elke ex parte aansoek gestel
word.
7.
Terselfdertyd word dit dikwels oor die hoof gesien dat die
Suid-Afrikaanse insolvensiereg skuldeisergedrewe is en vir die belang

van skuldeisers, en nie skuldenare nie, op die Wetboek geplaas is.
Daar bestaan oorgenoeg bewyse dat die huidige benadering van
baie
praktisyns lynreg in stryd met hierdie oogmerk van die Wetgewer is en
daarop gemik is om die skuldenaar so gemaklik as moontlik
van sy
skuldelas te laat ontslae raak, dikwels ten koste van die
skuldeisers. Groot kommer heers oor die feit dat boedeloorgawes
‘n
nywerheid in die kleine onder ‘n aansienlike aantal praktisyns
geword het wat hul dienste adverteer en op volume
staatmaak om al hoe
kleiner wordende boedels as insolvent te laat oorgee, met min of geen
voordeel vir enigiemand behalwe die praktisyn,
die waardeerder, die
afslaer en die kurator wat die boedel se sake hanteer. Die opmerkings
in Ex parte Arntzen
2013 (1) SA 49
(KZP) som die situasie kernagtig
op:
11.
Voluntary surrender applications have begun to proliferate in this
division. A fledgling cottage industry has reared its head.
/4s was
the situation with 1friendly' sequestrations in Mthimkhulu. many of
these take a standard form with almost identical averments
and are
drafted by a small set of attorneys who have chosen to specialise in
such applications. In most cases the estate is small,
as is the case
in the present application. In many of them, confronted by the
requirement that all the costs of sequestration must
be defrayed from
the estate and it must still be shown that sequestration would be to
the advantage of creditors, a formula has
arisen to reduce these
costs. The applicant states that a friend or relative has undertaken
to pay the costs of the applicant’s
attorney and that the
attorney concerned will not look to the estate for his or her costs.
Just such an averment is made in the
present application.
12.I
take the view that there is an even greater risk of abuse and a risk
that the interests of creditors will be undermined in
voluntary
surrender applications than in ‘friendly’ sequestration
applications. Therefore the need for full and frank
disclosure and
well founded evidence concerning the debtor’s estate is even
more pronounced. There are a number of reasons
for this, some of
which have been foreshadowed in the discussion above. I shall mention
only some. First, the applicant tends to
focus on the formal
requirements of s 4 of the Act and does not seem to appreciate the
need to satisfy a more rigorous test than
for sequestration
applications at both provisional and final stages as regards
advantage to creditors. Secondly the court must
perforce, in most
instances, rely on the founding papers. This brings into play the
peculiar characteristics mentioned above of
voluntary surrenders
being brought as ex parte applications. Thirdly, no collusion between
friendly creditor and debtor is necessary
since it is the debtor who
is the applicant and has a more direct interest in the application
succeeding and understanding of the
genuine position than the
friendliest of creditors. Voluntary surrender applications therefore
require an even higher level of
disclosure than do ‘friendly’
sequestrations if the court is to be placed in a position where it
can arrive at the
findings and exercise the discretion set out in s
6(1) of the Act.
8.
In die onderskeie aansoeke wat die hof in die betrokke week van die
betrokke prokureursfirma onder oe gehad het, was dit opmerklik
dat
die somtotaal van alle vorderinge wat aan skuldeisers verskuldig is,
in elke opgawe van elke applikant se laste op ‘n
ronde syfer
geeindig het nadat die totaal opgetel is. Gegewe die feit dat elke
aansoeker se omstandighede verskil, en elke applikant
verskillende
skuldeisers met verskillende eise het, was hierdie verskynsel net
eenvoudig te buitengewoon om aan die toeval toegeskryf
te kan word.
Die hof het uiteindelik in hierdie aansoeke ‘n verduideliking
van die prokureur verlang.
9.
Die verduidelikng is in ‘n beedigde verklaring vervat en het
die vermoede bevestig dat die ronde syfers wat kwansuis die
totale
skulde se somtotale sou wees, nie deur blote toeval aldus vertoon
nie. Mnr Smalman verduidelik die verskynsel soos volg:
1.
...my kantoor (het) die informasie ten opsigte van krediteure bekom
...vanaf die applikante;
2.
...hierdie informasie (is) in die Vermoestaat vervat;
3.
..die betrokke bedrae (word) in die Vermoestat aangepas ... ten einde
die totaie bedrag verskuidig aan krediteure af te rond
vir die
eenvoudige doel om die aansoek om boedeloorgawe makiiker te laat
lees;
4.
die Applikante maak voorsieneing ... vir bogenoemde deur onder eed te
verklaar op bladsy 28 van die gepagineerde stukke: . .dat
elke daarin
voorkomende bedrag billik en iuis aeskat is:”; (die
beklemtoning is in die eedsverklaring vervat);
5.
geen party (word) benadeel ... nie omrede die berekende dividend nie
drasties verander kan word deur bogenoemde handelinge nie.

10.
Hierdie verduideliking is om verskeie redes onaanvaarbaar. In die
eerste instansie word daar hoegenaamd nie vermeld of die bedrae

opwaarts of afwaarts aangepas is nie. In die lig van die feit dat al
die boedels klein is en volgens die berekening van die voordeel
vir
skuldeisers net-net aan die vereiste vrye oorskot van 20 sent in die
Rand voldoen, kan ‘n afwaartse aanpassing van die
algehele
skuldlas ‘n wesenlike verskil maak, veral as daar nog rente
bygetel moet word wat tussen die datum van ondertekening
van die
vermoestaat en die aarthoor van die aansoek oploop. Ten tweede is die
applikante opsigtelike leke wat hoegenaamd nie in
‘n posisie
verkeer om ‘n mening uit te spreek of enige aanpassing billik
sou kan wees nie. ‘n Sogenaamd 'juiste'
skatting is in iedere
geval ‘n teenstrydigheid - ‘n bedrag is of juis, of
geskat.
11.
Daar is geen verduideliking waarom daar in die aansoek van die
applikante verwag is om ‘n skatting te waag nie, veral
omdat
dit feitlik seker is dat hulle nie vir die aanpassing van die syfers
verantwoordelik was nie. Dit is onrusbarend dat die
person wat die
aanpassings gemaak het, nie self by wyse van ‘n beedigde
verklaring daarvoor wou instaan nie.
12.
Die stelling dat aangepaste syfers die aansoek makliker sal laat
lees, is onsinnig. Leesgenot is geen vereiste van ‘n
aansoek om
boedeloorgawe nie. Die hof en die skuldeisers wat die aansoek moet
oorweeg, is nie op soek na literere meriete nie,
maar na die koue
feite van die kaalkop waarheid.
13.
Laastens is die belangrikste rede waarom hierdie benadering
verwerplik is, die versuim om aan die bepalings van die
Insolvensiewet
te voldoen en die feit dat dit geheei en al in stryd
met die gevestigde praktyk is. Die Wet vereis dat die verskuldigde
bedrae
noukeurig uiteengesit moet word en dat die aansoek as geheei
‘n korrekte weerspieeling van die boedel se bates en laste is.

Die praktyk verg daarbenewens volledige openbaarmaking van alle
wesenlike feite - waai'van die presiese omvang van alle skulde
en die
rente wat op die uitstaande bedrae gehef word, waarskyniik die mees
wesenlike punte is.
14.
Daar kan dus nie op die bewerings in hierdie aangeleenthede peil
getrek word nie. Die aanpassing van skuldeisers se vorderinge
vir
doeleindes van ‘n aansoek om boedeloorgawe is in stryd met die
reg en in stryd met die openhartigheidsvereiste van ‘n
ex parte
aansoek. Aangepaste feite verloor hul waarheidskarakter en is dus
onbetroubaar. Enige sodanige praktyk moet onmidellik
gestaak word.
Al
vier aansoeke word van die hand gewys.
Geteken
te Pretoria op hierdie dag van Mei 2013.
E
BERTELSMANN
Regter
van die Hooggeregshof
Summary:
The
applications shared an unusual feature in that the sum total of all
liabilities set out in the asset register accompanying the

application for the voluntary surrender of the applicants’
estates added up to a round figure. They were all brought by the
same
attorney. Other applications from the same firm on the roll in the
particular week exhibited the same feature. The court enquired
from
the attorney what the reason for these unusual features was. He
explained that the sums of the various creditors’ claims
had
been adapted to add up to round figures in order ‘..to make the
applications easier to read.’ The applicants stated
in their
affidavits that the sum totals of their creditors’ claims had
been correctly and fairly estimated.'
The
court disapproved of this practice as being in conflict with the
provisions of the
Insolvency Act 24 of 1936
, as well as in conflict
with the duty of an applicant in ex parte applications to make a full
and truthful disclosure of all relevant
facts. This approach to the
applications for voluntary surrender must be terminated immediately.
The
court quoted with approval from Ex parte Arntzen, supra, and endorsed
the description of the present state of affairs in applications
for
voluntary surrender as being applicable to the Gauteng North Division
as well.