Brandkor Beleggings (Edms) Bpk v Emerald Sky Trading 157 (Edms) Bpk en Anders (72272/2012) [2013] ZAGPPHC 133 (31 May 2013)

54 Reportability

Brief Summary

Company Law — Liquidation — Effect of liquidation on pending claims — Applicant sought to replace a company under liquidation as a party to a court order and to effect transfer of property — Court held that the applicant's claim for transfer arose after the commencement of liquidation and thus fell under the provisions of section 359(2) of the Companies Act 61 of 1973, which requires prior notice to the liquidators — Application dismissed and removed from the roll, with costs ordered against the applicant.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2013
>>
[2013] ZAGPPHC 133
|

|

Brandkor Beleggings (Edms) Bpk v Emerald Sky Trading 157 (Edms) Bpk en Anders (72272/2012) [2013] ZAGPPHC 133 (31 May 2013)

REPORTABLE
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
(REPUBLIEK
VAN SUID AFRIKA)
Saak
No: 72272/2012
DATUM:31/05/2013
In
die aangeleentheid van:
BRANDKOR
BELEGGINGS (EDMS)
BPK
.............................................
Applikant
en
EMERALD
SKY TRADING 157 (EDMS)
BPK
.......................................
Eerste
Respondent
MELANIE
BECKER
N.O
...........................................................................
Tweede
Respondent
TANYA
OOSTHUIZEN
N.O
…...................................................................
Derde
Respondent
REGISTRATEUR
VAN AKTES, PRETORIA
............................................
Vierde
Respondent
UlTSPRAAK
OOSTHUIZEN
Wrn R:
[1.]
In hierdie aansoek verlang die Applikant eerstens ‘n bevel, in
terme van reel 15 van die Eenvormige Hofreels, om die
Eerste
Respondent (‘n maatskappy onder likwidasie) as party tot ‘n
bevel van hiedie hof, toegestaan op 3 Junie 2011
in ‘n ander
saak, te vervang met die Tweede en die Derde Respondente (die
voorlopige likwidateurs van die Eerste Respondent).
In die
veronderstelling van daardie in-die-plekstelling van die Tweede en
die Derde Respondente word daar dan tweedens gevra vir
‘n bevel
teen die voorlopige likwidateurs met die oogmerk om die registrasie
en oordrag van die onroerende eiendom bekend
as Erf No 8, Highlands
Estate, Pretoria vanaf die Eerste Respondent na die Applikant te
bewerkstellig.
[2.]
Die gemeensaak feite. wat relevant is vir doeleindes van hierdie
uitspraak en die beregting van hierdie aansoek, is kortliks
die
volgende;
[2.1]
Die Eerste Respondent was te alle relevante tye en is steeds die
geregistreerde eienaarvan die onroerende eiendom bekend as
Erf No 8,
Highlands Estate, Pretoria. Gedurende of ongeveer 2010 het die
Applikant en die Eerste Respondent ‘n transaksie
beklink wat
uiteindelik skeef geloop en later in die hof beland het.
[2.2]
Op of ongeveer 23 Mei 2011 is ‘n aansoek vir die likwidasie van
die Eerste Respondent, op die aandrag van ‘n derde
party,
vanauit hierdie hof onder ’n ander saaknommer uitgereik en
afgelewer.
[2.3]
Intussen en op 3 Junie 2011, nadat die gemelde likwidasie-aansoek dus
reeds in terme van artikel 348 van die Maatskappywet
61 van 1973 aan
die hof voorgele was maar voordat enige bevel vir die likwidasie van
die Eerste Respondent verleen is, het die
dispuut met betrekking tot
die transkasie tussen die Applikant en die Eerste Respondent in die
hof beland. Op daardie datum is
‘n bevel verleen wat in effek
‘n ongetekende ooreenkoms verklaar het as ‘n bindende
ooreenkoms tussen daardie
twee partye en die Applikant, by wyse van
‘n hofbevel, geregtig gemaak het op die oordrag van die
onroerende eiendom bekend
as Erf No 8, Highlands Estate, Pretoria.
Kort daarna het die Applikant ‘n aansoek om verlof tot appel
afgelewer wat vanselfsprekend
die gevolg gehad het dat die
regswerking van daardie hofbevel van 3 Junie 2011 opgeskort is
hangende die uitslag van daardie aansoek.
[2.4]
Op of ongeveer 27 September 2011 is 'n voorlopige likwidasie bevel in
die gemelde likwidasie-aansoek teen die Eerste Respondent
verleen by
wyse van die gebruiklike reel nisi met ‘n keerdag vir 1
Desember 2011. Die Tweede en Derde Respondente is egter
eers op 21
Februarie 2012 as voorlopige likwidateurs aangestel.
[2.5]
Op 1 Desember 2011 is die gemelde likwidasie-aansoek blykbaar van die
rol verwyder sonder om in ag te neem dat die keerdag
(en regswerking)
van die reel nisi verleng moes word, met die gevolg dat die
voorlopige likwidasie bevel van 27 September 2011
toe verval het.
[2.6]
Die gemelde aansoek om verlof tot appel is in Februarie 2012 en kort
voor die aanhoor daarvan teruggetrek, waarop die Applikant
se
prokureur gedurende Mei 2012 en April 2012 verskeie stappe geneem het
met die oog op die bewerkstelliging van die oordrag van
die betrokke
erf. In die loop daarvan is hy, nadat die bank hom ingelig het dat
die Eerste Respondent onder likwidasie is, na die
Tweede en Derde
Repondent verwys. Die het hom meegedeel dat die Eerste Respondent wel
onder likwidasie was, ‘n voorstelling
wat in die lig van die
gebeure op 1 Desember 2011 vals was.
[2.7]
Op 5 Julie 2012 het hierdie hof in die gemelde likwidasie-aansoek ‘n
bevel in terme van reel 27(4) van die Eenvormige
Hofreels gemaak.
Daardie reel bepaal dat nadat 'n bevel nisi by verstek aan verskyning
van die applikant opgehef is, kan die hof
of 'n
regter
die bevel laat herleef en beveel dat die bevel wat aldus herieef nie
weer beteken hoef te word nie. Terselfdertyd is die
Eerste Respondent
onder finale likwidasie geplaas.
[2.8]
Laastens dien vermeld te word dat hierdie aansoek wat tans voor my
dien, op of ongeveer 14 Desember 2012 geloods is.
[3.]
By die aanvang van die argument, en sonder teenstand van die
Applikant, is ‘n bevel verleen wat die Tweede en Derde
Respondente se magte as voorlopige likwidateurs uitbrei om hierdie
aansoek teen te kan staan.
[4.]
Twee vrae onstaan vir beregting. Die eerste vraag is of hierdie
aansoek deur die bepalings van artikel 359(2) van die Maatskappywet

61 van 1973 getref word en dus behoorlik voor mys is. Indien wel,
ontstaan die tweede vraag, naamlik of die betrokke erf deel van
die
insolvente boedel van die Eerste Respondent vorm of nie. Hierdie
vraag word so geformuleer omdat dit die basis is waarop die
partye
die saak benader en geargumenteer het. Die onderliggende vraag is
egter, na my oordeel, of die Applikant se vorderingsreg
vir die
oordrag van die betrokke erf, wat uit 'n hofbevel van 3 Junie 2011
ontstaan het, die concursus creditorum, wat met effek
vanaf 23 Mei
2011 in werking getree het onder die bepalings van artikel 348 van
die Maatskappywet 61 van 1973, troef.
[5.]
Wat die eerste vraag betref, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat
ek die Tweede en Derde Respondente se advokaat gelyk moet
gee.
[5.1]
Artikel 359(2) van die Maatskappywet 61 van 1973 bepaal soos volg
(eie beklemtoning en onderstreping):
u(2)(a)
Elke persoon wat geregtelike stappe teen 'n maatskappy ingestel het
wat deur 'n likwidasie opgeskort is en wat van voorneme
is om dit
voort te sit, en elke persoon wat voornemens is om geregtelike stappe
in te stel om 'n eis teen die maatskappy af te
dwing wat ontstaan het
voor die aanvana van die likwidasie. moet binne vier weke na die
aanstelling van die likwidateuraan die
likwidateurminstens drie weke
skriftelik kennis gee voordat hy die geregtelike stappe voortsit of
instel.
(b)
Indien kennis nie a Id us gegee word nie, word dit beskou dat die
geregtelike stappe laat vaaris tensy die Hof anders ge/as.”
[5.2]
Dit is gemeensaak dat sodanige kennisgewing nie gegee is nie en nie
gegee kon word in die afwesigheid van die aanstelling
van ‘n
finale likwidateur nie.
[5.3]
Die probleem onstaan egter by artikel 348 van die Maatskappywet 61
van 1973 wat, volgens die opskrif daarvan, handle met die
“aanvang
van likwidasie deurhof en bepaal dat die likwidasie van ’n
maatskappy deur die hof geag word te begin op die
tydstip van die
voorlegging aan die hof van die aansoek om likwidasie (in hierdie
geval dan 23 Mei 2011). As “aanvang van
die likwidasie" in
artikel 359(2) bedoel die datum soos beoog in artikel 348, het die
betrokke eis onder die hofbevel van
3 Junie 2011 nie voor daardie
datum onstaan nie maar daarna.
[5.4]
Mnr Badenhorst SC se antwoord hierop was dat die datum beoog in die
geheel van artikel 359 van die Maatskappywet 61 van 1973
daardie
datum is waarop die likwidasie bevel inderdaad verleen is, met
anderwoorde 5 Julie 2012. Op daardie basis het die Applikant
se eis
voor die betrokke datum ontstaan en is artikel 359(2) dan vierkantig
op hom van toepassing.
[5:5]
Ek is verwys na -LL Mining Corporation Ltd v Namco (Pty) Ltd (in
Liquidation) and Others
2004 (3) SA 407
(C), waarin die hot onder
andere bevind het dat, uit die bewoording van artikel 359(1 )(b) van
die Maatskappywet 61 van 1973, dit
blyk dat die kritiese datum vir
die toepassing daarvan die werklike datum van die verlening van die
voorlopige likwidasie was en
nie die fiktiewe datum van die die
voorlegging van die aansoek nie. Daar is aan die hand gedoen dat, in
die konteks van artikel
359, dit ook vir artikel 359(2) moet geld. Ek
stem saam. Artikel 359 bevat ‘n meganisme om ln tydelike
opskorting van alle
gelede en toekomstige geregtelike verrigtinge te
bewerkstellig sodra 'n likwidasie-bevel verleen is. Uiteraard kan so
‘n
opskorting nie terugwerkend wees nie en dit sal ‘n
leemte in artikel 359 skep indien die datum beoog in artikel 348
daarby
ingelees word. Artikel 348 is nie bedoel om ‘n statutere
omskrywing van die frase “aanvang van likwidasie" te gee

nie maar om die datum aan te dui met effek waarvan die concurs us
creditorum in 'n boedel in werking tree. Selfs al was dit bedoel
om
‘n omskrywing te gee, is die aanwending van so 'n omskrywing in
ieder geval onderhewig aan die konteks waarin die gebruik
word en die
konteks van artikel 359(2) laat nie so 'n aanwending toe nie omdat
dit tot onmoontlike situasies en onpraktiese gevolge
sal lei.
[6.]
In die lig van hierdie gevolgtrekking is dit nie nodig om die tweede
vraag in diepte te behandel nie. Gevoiglik los ek die
vraag, of die
hofbevel van 3 Junie 2011 deur regswerking met nietigheid besoek is
in terme van artikel 348 gelees met artikel 341
(2)
van
die Maatskappywet 61 van 1973, oop. Op die aanname van die geldigheid
van daardie hofbevei meen ek, in elk geval, dat daardie
hofbevel aan
die Applikant slegs ‘n vorderingsreg vir die oordrag van die
betrokke erf verleen het en geen saaklike reg van
enige aard nie.
Daardie hofbevel het dus nie die betrokke erf buite die boedel van
die Eerste Respondent laat val vanaf 3 Junie
2011 of op enige tydstip
daarna nie, en het ook nie bedoel om so ‘n gevolg te
bewerkstellig nie. Die Eerste Respondent het
deurgaans die
geregistreerde eienaar daarvan gebly en daar was geen oordrag of
beeindiging van daardie eiendomsreg nie. Juis omdat
die Eerste
Respondent steeds eienaar was, het die Applikant stappe geneem om die
registrasie en oordrag van die betrokke erf vanaf
die Eerste
Respondent na die Applikant te bewerkstellig en hierdie aansoek is
deel van daardie poging. Ek kotn dus ook tot die
gevolgtrekking dat,
sou ek hierdie aansoek nie op grond van artikel 359(2) van die
Maatskappywet 61 van 1973 van die rol geskrap
het nie, ek dit in
ieder geval van die hand sou gewys het omdat die blote vorderingsreg
vir die oordrag van die betrokke erf, wat
vir die Applikant uit die
hofbevel van 3 Junie 2011 ontstaan het, nie die concursus creditorum,
wat met effek vanaf 23 Mei 2011
in werking getree het onder die
bepalings van artikel 348 van die Maatskappywet 61 van 1973, troef
nie.
[7.]
In die lig van die gebiedende aard van artikel 359(2)(a) van die
Maatskappywet 61 van 1973 (soos blyk uit die gebruik van die
woord
“moef daarin) maak ek gevolglik die volgende bevel:
1.
Die aansoek word van die rol geskrap.
2.
Die Applikant word gelas om die Eerste, Tweede en Derde Respondent se
koste in hierdie aansoek te betaal.
OOSTHU1ZE
N Wrn R
31
Mei 2013
Heard
on:
For
the Applicant: Instructed by:
For
the Respondent: Instructed by:
27
May 2013
Adv.
JJ Buys
WJ
Botha
Botha
Hefer ING
Bloemfontein
p/a
FJ Jordaan INC
J
White
Kerkstraat
748
h/v
Kerk - en Beckettstrate
Arcadia,
Pretoria
Adv.MA
Badenhorst, SC
Rorich,
Wolmarans & Luderitz INC Block C,
Equity
Park Brooklynweg 257 Brooklyn,
Pretoria
Date
of Judgment: