About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2013
>>
[2013] ZAGPPHC 121
|
|
Breytenbach v Padongelukfonds (46302/2011) [2013] ZAGPPHC 121 (15 May 2013)
IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
(REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
SAAK No.46302/2011
DATUM:15/05/2013
In die saak van:
CARLO STEPHANUS
BREYTENBACH
............................................................
Eiser
en
PADONGELUKFONDS
........................................................................................
Verweerder
UITSPRAAK
Van der Byl, Wn.R:- Inleiding
[1] In hierdie saak eis die Eiser
skadevergoeding van die Verweerder, die Padongelukfonds, vir
beserings wat hy opgedoen het toe
‘n motorvoertuig van die
Tshwane Metro Polisie, met registrasienommer PWC 322 GP, met sy
motorfiets waarvan hy die bestuurder
was, gebots het.
[2] Ek het, by ooreenkoms tussen die
partye, gelas dat die vrae na die meriete en kwantum van die eis
ingevolge Reel 33(4) van die
Eenvormige Hofreels geskei word, dat die
verhoor op die vraag na die meriete voortgaan en dat die vraag na die
kwantum oorstaan
totdat daar oor die meriete van die eis ‘n
finale beslissing geneem is.
[3] Die eis spruit voort uit ‘n
voorval wat op 24 Februarie 2008 on ongeveer 16h00 te of naby die
Moloto - Pretoriapad plaasgevind
het.
Getuienis deur en ten behoewe van
Eiser
[4] Ten behoewe van die Eiser het,
behalwe hyself, ene Etienne B Pearson ("Pearson"), getuig.
[5] Die Eiser het getuig dat hy op die
betrokke dag op sy motorfiets op ‘n grondpad parallel met die
Moloto - Pretoriapad
gery het. Hy was vergesel deur Pearson wat op sy
eie motorfiets gery het. Op ‘n punt moes hulle op pad huis toe
die Molotopad
kruis. Pearson het eerste die pad gekruis terwyl hyself
eers gewag het vir verkeer op die Molotopad om hom ‘n veilige
geleentheid
te bied om ook die pad te kruis. Sy motorfiets het toe hy
vanaf die grondpad na die teerpad teen ‘n helling op beweeg het
stof en klippies opgeskop het. Hy het aan die linkerkant (of
Oostekant) van die Molotopad ‘n stilstaande Metro
Polisievoertuig
opgemerk. Hy het gesien dat daar twee insittendes in
die voertuig was. Die Metro Polisievoertuig het terwyl hy vir die
verkeer
gewag het om verby te gaan, weggetrek en op horn af gepeil en
horn omgestamp sodat hy met sowat die helfte van sy liggaam onder
die
voertuig beland het. Die bestuurderwou oenskynlik verder oor horn ry,
maar die voertuig se wiele wat nie op die los grond nie
traksie gehad
het nie, het begin tol. Die voertuig het toe vir sowat ses meter
agteruit beweeg en weer ‘n keer op hom af
gepeil en hom weer
gestamp en half oor hom gery. Toe die voertuig weer agteruit beweeg
het met die oog om ‘n derde keer op
hom af te peil, het hy
daarin geslaag om orent te kom, sy motorfiets aan die brand te skop
en weg huis toe te ry. By die huis aangekom
het hy die voorval aan sy
broer en neef gerapporteer waarop hulle in ‘n bakkie geklim het
om die voorval by die Kameeldrift
Polisiestasie, sowat 50 meter vanaf
die toneel van die voorval, te gaan aanmeld. Op pad het hulle die
Metro polisiebeamptes teegekom
waarop hulle alma! daarop saam na die
Polisiestasie toe is. Daar is wedersyds klagtes gele waarvan
mettertyd niks verder gekom
het nie.
[6] Pearson het op sy beurt bevestig
dat hy en die Eiser op hul onderskeie motorfietse op hierdie dag op
die grondpad parallel met
die Moloto - Pretoriapad gery het. Hulle
het albei heimets op gehad. Hy het op sy fiets die pad gekruis terwyl
die Eiser eers vir
verbygaande verkeer op die pad gewag het. Aan die
oorkant (of Westekant) van die pad het hy vir die Eiser gewag. Hy het
toe gesien
hoe die twee polisiebeamptes in die voertuig klim, die
voertuig aanskakel en vorentoe beweeg waarop die voertuig die Eiser
omgestamp
het en ten dele oor hom en sy motorfiets gery het, weer
teruggery het en dit weer gedoen het. Hy het daarop huis toe gery om
hulp
te gaan soek. Kort daarna het die Eiser daar met sy motorfiets
aangekom. Hulle is daarop in ‘n voertuig om na die
Polisiestasie
te gaan. Op pad het hulle die Metro Polisievoertuig
teegekom. Na ‘n woordewisseling is hulle almal na die
Polisiestasie waar
wedersyds klagtes teen die Eiser en die twee
polisiebeamptes gele is.
Getuienis ten behoewe van Verweerder
[7] Aan die kant van die Verweerder
het die twee betrokke vroulike Metro polisielede getuig.
[8] Me. Sebo Mathabatse (“Sebo”)
het getuig dat sy en ‘n kollega, Me. Lizzie Nkwane (“Lizzie”),
op
die betrokke dag op die Moloto - Pretoriapad voor die Kameeldrift
Polisiestasie met ‘n spoed kamera met ‘n spoedlokval
besig was. Op ‘n stadium het haar kollega toilet toe gegaan.
Terwyi sy besig was, het drie blanke manspersone op motorfietse
daar
opgedaag. Twee van hulle was op haar linkerkant (of Oostekant) en een
aan die regterkant (of Westekant) van die pad. Die een
aan die
regterkant (of Westekant van die pad ) het toe aan “sy kollega”
aan die oorkant van die pad iets geskree en
met ‘n wysvinger in
haar rigting gewys waarop al drie na haar gekyk het. Hulle het toe in
noordelike rigting op die grondpad
weg beweeg. ‘n Paar minute
later het hulle weer op die grondpad teruggekeer. Op die pad het
hulle begin om die wiele van
hul motorfietse te tol. Sy het daarop
haar kollega geskakel en gevra dat sy moet terugkom aangesien sy daar
met ‘n probleem
sit. Die drie het toe weer in die noordelike
rigting gery. Haar kollega het toe opgedaag waarop hulle begin het om
die kamera weg
te pak. Toe hulle amper klaarwas, het die drie weer
vir die derde keer op die grondpad verskyn en tot voor hul voertuig
gekom.
Een van hulle het tot voor hul voertuig weer die wiele van sy
motorfiets begin tol, van links na regs beweeg en onsindelike
vloekwoorde
aan hulle geskree. Die volgende oomblik sien hulle dat hy
op die grand geval het. Hulle het daarop uit hul voertuig geklim en
na
hom gaan kyk en sy het gesien dat hy eenkant le en dat ‘n
klein gedeelte van die motorfiets onder die voertuig beland het.
Lizzie het in die voertuig geklim en “bietjie” agteruit
gery. Hulle het toe vir hom gese dat hulle na die Polisiestasie
toe
moet gaan. Hy het egter weggery. Sy stap tot in die pad en sien ‘n
polisievoertuig aankom. Sy het hom gestop en vertel
wat gebeur het.
Hulle het toe gery en na hulle gaan soek. Op pad het ‘n bakkie
vol mans en seuns van voor gekom. Die bestuurder
van die bakkie het
uitgeklim en die deur van hul voertuig aan die passasierskant
oopgemaak en hulle met dieselfde woorde as wat
die Eiser vroeer
gebruik het, gevloek en gevra of hulle sy kind wil doodmaak. Sy het
toe gese oat hulle Polisiestasie toe moet
gaan. Daar is toe wedersyds
klagtes gele.
[9] Lizzie het om haar getuienis
bevestig dat sy en Sebo wel op die betrokke dag met ‘n
spoedlokval diens op die Moloto -
Pretoriapad gedoen het. In ‘n
stadium het sy met die motor weggery om toilet toe te gaan. Terwyl sy
weg was, het Sebo haar
gebel en meegedeel dat daar drie seuns was wat
stof oor haar opskop. Sy is daarop met die motor terug na haar toe.
Toe sy daar
aankom was dit amper tyd om op te hou en hulle het begin
om hul toerusting weg te pak. Die seuns het toe weer daar verskyn.
Hulle
het begin om hul fietse te tol. Een van hulle het dit voor hul
voertuig gedoen. Die ander twee het weggery. Hulle het in die
voertuig
geklim. Toe hulle in die voertuig gesit het, het hy hulle
gevloek en sy middelvinger vir hulle gewys. In die proses het die een
voor hul voertuig met sy motorfiets om geval. Hy het beheer oor sy
voertuig verloor en tot onder hul voertuig gegly. Hy het geskree
en
gese hy is vasgevang {“trapped"). Sy het uitgeklim, gekyk,
weer in die voertuig geklim en agteruit gery. Hy het opgestaan
en met
die fiets weggery. Daarop het huile agter horn aangery omdat hulle
horn wou berispe oor hul gedrag. Op pad het huile ln
voertuig
teegekom. ‘n Man het uitgeklim en die passasiersdeur oopgemaak,
hulle gevloek en gevra of hulle sy seun wil doodmaak
en ook gedreig
het dat hy hulle sal doodmaak. Sebo het horn gevra om te bedaar en na
die Polisiestasie te gaan. By die Polisiestasie
het hulle ‘n
kiagte van crimen injuria teen hulle gemaak. Die Eiser het op sy
beurt ‘n kiagte van poging tot moord
teen hulle gemaak.
Evaluasie van getuienis
[10] Uit voorgaande opsomming van die
getuienis wat aan elke kant gelewer is, is dit duidelik dat ons hier
met twee wedersyds uitsluitende
of vernietigende weergawes (“mutually
destructive versions") te make het.
[11 ] Die benadering wat in gevalle
waar ‘n Hof met sodanige weergawes te make het, blyk uit die
volgende gesag.
[12] In National Employers' General
Ins Co Ltd v Jagers
1984 (4) SA 437
(E)
spreek die geleerde Regter hom op 440D
in hierdie verband soos volg uit:
“
It seems to me, with respect,
that in any civil case, as in any criminal case, the onus can
ordinarily only be discharged by adducing
credible evidence to
support the case of the party on whom the onus rests. In a civil case
the onus is obviously not as heavy as
it is in a criminal case, but
nevertheless where the onus rests on the plaintiff as in the present
case, and where there are two
mutually destructive stories, he can
only
succeed if he satisfies the Court on a
preponderance of probabilities that his version is true and accurate
and therefore acceptable,
and that the other version advanced by the
defendant is therefore false or mistaken and falls to be rejected. In
deciding whether
that evidence is true or not the Court will weigh up
and test the plaintiff's allegations against the general
probabilities. The
estimate of the credibility of a witness will
therefore be inextricably bound up with a consideration of the
probabilities of the
case and, if the balance of probabilities
favours the plaintiff, then the Court will accept his version as
being probably true.
If however the probabilities are evenly balanced
in the sense that they do not favour the plaintiff's case any more
than they do
the defendant's, the plaintiff can only succeed if the
Court nevertheless believes him and is satisfied that his evidence is
true
and that the defendants version is false.
This view seems to me to be in general
accordance with the views expressed by COETZEEJin KosterKo-operatiewe
Landboumaatskappy Bpk
v Suid-Afrikaanse Spoorwee en Hawens (supra)
and African Eagle Assurance Co Ltd v Cainer (supra). I would merely
stress however
that when in such circumstances one talks about a
plaintiff having discharged the onus which rested upon him on a
balance of probabilities
one really means that the Court is satisfied
on a balance of probabilities that he was telling the truth and that
his version was
therefore acceptable. It does not seem to me to be
desirable for a Court first to consider the question of the
credibility of the
witnesses as the trial Judge did in the present
case, and then, having concluded that enquiry, to consider the
probabilities of
the case, as though the two aspects constitute
separate fields of enquiry. In fact, as I have pointed out, it is
only where a consideration
of the probabilities fails to indicate
where the truth probably lies, that recourse is had to an estimate of
relative credibility
apart from the probabilities.”.
[13] In Koster Ko-operatiewe
Landboumaatskappy Bpk v Suid-Afrikaanse Spoorwee en Hawens
1974 (4)
SA 420
(W) waarna in voorgaande saak verwys word,
vind ons die volgende passasie op
425H.
“
Ek ag my gebonde aan die
uitspraak in die Gany- saak. Afgesien daarvan dat die Appelhof nog
nooit sedertdien met hierdie benadering
weggedoen het nie, wat nie
sonder betekenis is nie, sou ek my graag respekvol met die
onderliggende logika daarin wil vereenselwig,
en 'n paar opmerkings
oor die verband daartussen en welbepekende (sic) bewysmaatstawwe
waag.
Eerstens kan hierdie benadering slegs
binne die beperkte veld dear WESSELS, A.R., omlyn, aangewend word,
ni. "where there are
two stories mutually destructive".
Hierdie is 'n frase wat 'n veel meer fundamentele botsing beskryfas
dit wat daagliks in
die howe teegekom word wanneer getuies mekaar
opstry. Dit slaan nie slegs op onderdele van weergawes nie. Dit slaan
op die geval
waar aanvaarding van die wese van een weergawe, die
onvermydelike en algehele uitwissing van die ander weergawe meebring.
Die getuienis
in casu is 'n teksboekvoorbeeld van hierdie wedersydse
vernietiging. Of daar was 'n afgebrande ou land ver wes van die
sinjaal
of daar was nie een nie.
Ook, meen ek, is dit implisiet in die
stelling van WESSELS, A.R., dat daar nie inherente waarskynlikhede
is, df wat uit ander aanvaarbare
brokke getuienis afgelei kan word
wat die weergawe van die een of die ander kant meer waarskynlik maak
nie. Ek se dit omrede daar
nerens enige aanduiding in die geleerde
Appelregter se uitspraak is wat mens laat dink dat hy kon bedoel het
dat wat hy se enigsins
'n afwyking moet uitmaak van, of uitsondering
is op, die geykte bewysmaatstaf wat almaI ken as '"n oorwig van
waarskynlikheid"
nie. Wat hy se, se hy binne daardie raamwerk.
Waar daar immersgeen waarskynlikheid bestaan nie en die twee
weergawes mekaar uitwis,
word niks tog ooit bewys (wat ookai die
bewysmaatstaf mag wees) tensymens "absolute reliance" kan
plaas op die getuienis
van die litigant wat die bewyslas dra nie. Dit
is net in ander taal gestel wat alreeds bevat word in die eerste sin
van sy dictum,
naamlik
'.. that the story of the litigant
upon whom the onus rests is true and the other is false ”
[14] In National Employers Mutual
General Insurance Association v Gany 1931
AD 187 handel die geleerde Regter van
Appel met hierdie beginsel soos volg op 199:
“
Where there are two stories
mutually destructive, before the onus is discharged, the Court must
be upon adequate grounds that the
story of the litigant upon whom the
onus rests is true and the other false. It is not enough to say that
the story told by Clark
is not satisfactory in every respect. It must
be clear to the Court of first instance that the version of the
litigant upon whom
the onus rests is the true version ....”.
[15] Ek is dus geroepe om in hierdie
saak te oordeel of die Eiser, op wie die onus
rus, se weergawe, geoordeel op ‘n
oorwig van waarskynlikhede, waar en derhalwe
aanvaarbaar is en die weergawe van die
Verweerder op die waarskynlikhede vals of verkeerd is en gevolglik
verwerp behoort te word.
[16] Soos aangedui in die saak van
Jagers, supra, is ek voorts geroepe om, by die beoordeling van die
vraag of die Eiser se weergawe
waar of onwaar is, die Eiser se
getuienis op te weeg en te toets aan die hand van die algemene
waarskynlikhede en om nie, soos
aangetoon in die saak van Gany,
supra, net aan te dui dat ek nie tevrede is dat die Verweerder se
weergawes in elke opsig bevredigend
is nie.
[17] In die evaluasie van die
getuienis is dit nodig om ook na sekere gedeeltes van die bundel van
dokumente te verwys wat aan my
voorgele is en wat, soos blyk uit die
notule van die voorverhoorverrigtinge, deur die partye erken is vir
wat dit voorgee om te
wees sonder om die korrektheid daarvan te
erken.
[18] In hierdie bundel is daar die
volgende dokumente -
(a) die polisieverklarings wat elkeen
van die vier getuies kort na die voorval afgele het;
(b) ‘n kwotasie vir die herstel
van die skade aan die Eiser se motorfiets waarvolgens die skade sowat
R19 022, 51 bedra het;
(c) ‘n verklaring waaruit dit
blyk dat die Eiser gewaarsku is dat klagtes van nie net crimen
injuria nie, maar ook van roekelose
of nalatige bestuur en
regsverydeliking teen horn ondersoek
word, en waaruit dit ook blyk dat hy snye op sy regterhand en
brandwonde op sy linkerbeen tydens
die voorval opgedoen het.
[19] Wat betref die Eiser se
polisieverklaring, is hy in kruisverhoor gekonfronteer oor ‘n
bewering daarin waar hy verklaar
het dat hy op ‘n stadium toe
hy by ‘n wal opgery het ten einde vanaf die grondpad af tot op
die Molotopad te beweeg
deur u‘n metropolisie voertuig met twee
vroulike konstabels .. agterna gesif is wat toe met sy motorfiets
gebots het. Hy
het verduidelik dat wat hy daarmee bedoel het, is dat
hy voor die voertuig was en dat die voertuig hom van, oenskynlik
skuins,
van agter gestamp het.
[20] Wat betref die polisieverklaring
wat deur Pearson afgele is, is hy gevra waarom hy nie in sy
verklaring melding gemaak het
nie van die tweede keer wat die
Metropolisie voertuig op die Eiser af gepeil en gestamp het. Sy
verduideliking was dat dit in daardie
stadium ‘n vreeslike
traumatiese ervaring vir hulle was en dat, vir sover hy verklaar het
dat die Eiser van agter af gestamp
is, hy bedoel het dat hy skuins
van agter af getref is.
[21] Wat betref die polisieverklaring
wat deur Sebo op 6 Maart 2008 afgele is, het sy getuig dat die
verklaring nie aan haar terug
gelees was nie en dat daarin bewerings
in vervat is wat verkeerd is. Dit blyk uit hierdie verklaring dat
daar geen verwysing is
na drie motorfietse wat, soos sy getuig het,
op die toneel was nie en voorts aangedui het dat na die motorfiets
geval het, sy uit
hul voertuig geklim het en gesien het dat die
persoon voor die voertuig le terwyl ‘n klein gedeelte van die
motorfiets onder
hul
voertuig gele het.
[22] Wat betref die polisieverklaring
wat deur Lizzie op 24 Februarie 2008 afgele is, het sy erken dat dit
aan haar terug gelees
was. Daarin het sy verklaar dat toe sy na die
oproep van Sebo na die toneel gery het waar sy toe sy stilgehou het
twee motorfietse
gesien het wat besig was om hul motorfietse se wiele
te tol. Sy het hulle gevra wat hul probleem was waarop die jonger een
haar
begin vloek het waarop hulle weg gery het om na ‘n ruk
weer terug te keer en weer hul motorfietse se wiele begin tol het.
Wanneer sy met hierdie bewerings vir sover dit van haar getuienis
verskil, gekonfronteer is, het sy bloot aangedui dat die persoon
wat
dit afgeneem het verkeerd afgeskryf het. Sy kon nie verduidelik
hoekom sy nie vir hom gese het dat dit verkeerd is toe dit
aan haar
terug gelees was nie.
[23] In argument is daar heelwat klem
aan albei kante op die waarskynlikhede en onwaarskynlikhede in die
onderskeie weergawes gele.
[24] Ten behoewe van die Verweerder is
daar betoog dat die Verweerders se weergawe heeltemal onwaarskynlik
is deurdat -
(a) die getuienis van die Eiser
verskil van die getuienis van Pearson in die sin dat hy, anders as
Pearson, sou getuig het dat daar
“te alle tye" twee
polisiebeamptes was;
(b) aldus die getuienis van die Eiser,
die Metropolisie voertuig nadat dit die Eiser
omgestamp het sowat 6 meter terug
beweeg het voordat die Eiser ‘n tweede keer gestamp is, terwyl
Pearson getuig het dat die
voertuig maar sowat twee of drie meter
terug beweeg het;
(c) dit onwaarskynlik is dat twee
polisiebeamptes reg voor die Polisiestasie en ten aanskoue van die
Pearson doelbewus op die Eiser
sou afpeil en horn sou omstamp en
probeer om bo-oor horn te ry, sonder dat daar enige motief daarvoor
was nie of dat hulle geprovokeer
was nie.
[25] Ek stem nie saam nie dat die
getuienis hierdie submissies regverdig.
[26] Wat betref die beweerde verskil
tussen die twee getuies oor die vraag of daar te alle tye twee
polisiebeamptes op die tonee!
was, is dit na my oordeel duidelik dat
die Eiser getuig het oor wat kort voor tot en met die voorval
plaasgevind het, terwyl Pearson
getuig het toe hy met die Verweerder
se weergawe onder kruisverhoor gekonfronteer is, dat toe hulle
aanvanklik na die grondpad
beweeg het daar, soos dit ook deur die
Verweerder se getuies getuig is, slegs die een polisiebeampte was,
maar toe hulle na hul
rit terug gekeer het die Metro Polisievoertuig
en ‘n tweede polisiebeampte op die toneel was. Ek sien geen
noemenswaardige
verskil in hul getuienis wat op die geloofwaardigheid
van enige van hulle kan reflekteer nie.
[27] Wat betref die distansie wat die
voertuig terug beweeg het voordat die Eiser die tweede keer gestamp
is en terug beweeg het
om hom ‘n derde keerte stamp, is na my
oordeel nie ‘n verskil wat op hul geloofwaardigheid reflekteer
nie. Dit was
‘n redelike
vinnige bewegende toneel waar mense se
waarneming baie moontlik kan verskil. In ‘n ongerapporteerde
uitspraak gelewer deur
Nicholas R (soos hy toe was) in S v Khoza 11
September 1987 in die Witwatersrand plaaslike Afdeling het Nicholas
is die volgende
gevleuelde woorde van die geleerde Regter vanpas in
omstandighede soos die onderhawige:
“
Different witnesses see the
same incident from different vintage points and slightly different
points of time. They may have different
opportunities for
observation. Again discrepancies may arise quite innocently because
witnesses have different powers of observation.
The impression may be
coloured by different emotional states such as fear and their powers
of recollection and their powers of
description differ.
The fact that there are discrepancies
between the accounts of one witness and another does not in itself
show that either of them
is untruthful or unreliable or the case of
the party calling them is built upon uncertain foundation”.
[28] Wat betref die submissie dat dit
onwaarskynlik is dat die twee polisiebeamptes die Eiser doelbewus sou
omstamp reg voor ‘n
Polisiestasie ten aanskoue van ‘n
ooggetuie sonder dat hulle, op hul weergawe, enigsins geprovokeer was
nie, is ek, enersyds,
nie daarvan oortuig dat hulle, indien hul
weergawe waar is, nie geprovokeer was nie en, andersyds, nie so iets
ten aanskoue van
ln ooggetuie sou gedoen het nie.
[29] As die Eiser of Pearson, soos
hulle getuig het, sy middelvinger vir hul gewys het en hulle op ‘n
onsindelike wyse gevloek
het, kan dit, soos hul advokaat ook toegegee
het, net nie wees nie dat hulle nie geprovokeer was nie. Die feit dat
hulle die Eiser
agterna gesit het, loenstraf so ‘n ontkenning.
Soveel te meer dat hulle dit gedoen het bloot omrede, aldus Sebo,
hulle horn
net wou vermaan het.
[30] Die submissie dat dit
onwaarskynlik is dat hulle dit nie voor die Polisiestasie en ten
aanskoue van ‘n ooggetuie sou
gedoen het nie, is na my oordeel
blote spekulasie veral aangesien geen van hulle daaroor getuig het
nie.
[31] Ek vind dit moeilik om te glo dat
hierdie twee getuies enigsins ‘n gevloekery kon gehoor het te
midde van die enjin lawaai
wat met ‘n getol van wiele gepaard
moes gegaan het.
[32] Op die waarskynlikhede, te
oordeel aan die telefoniese rapport wat Sebo aan Lizzie gemaak het,
kom dit voor dat hulle eintlik
geTrriteer was deur die stof wat die
motorfietse opgeskop het.
[33] Ek moet onmiddelfik aantoon dat
ek om verskeie redes nie met die getuienis van die twee
polisiebeamptes beTndruk was nie.
[34] Behalwe dat hulle inderwaarheid
‘n swak indruk op my gemaak het, is hul getuienis op die
waarskynlikhede nie heeltemal
versoenbaar met hul verduideliking oor
hoe die Eiser en sy motorfiets onder hul voertuig beland het nie.
[35] Behalwe vir die feit dat hul
getuienis in belangrike opsigte van hul polisieverklarings verskil,
vind ek dit moeilik om te
aanvaar dat in die omstandighede, soos
hulle dit geskets het, die motorfiets tesame met die Eiser onder hul
voertuig kon in gegly
het tot so ‘n mate dat hy halflyf onder
die voertuig kon in gegly het.
[36] In hierdie verband verskil die
twee in hul getuienis van mekaar.
[37] Aldus die getuienis van Sebo het
die Eiser nadat sy motorfiets om geval het eenkant geval terwyl ln
klein gedeelte van sy motorfiets
onder die stamper van hul voertuig
beland het. As dit so is, verklaar haar getuienis hoegenaamd nie
waarom die Eiser sou uitgeroep
het dat hy vasgevang was {“trapped")
en waarom Lizzie die voertuig agteruit moes ry om hom onder uit die
voertuig te
bevry.
[38] Dit verklaar ook nie die
uitvoerige skade van R19 022 wat aan die motorfiets aangerig was en
die beserings wat die Eiser opgedoen
het nie.
[39] Te oordeel aan hul getuienis oor
wat daartelefonies tussen hulle bespreek was, blyk dit, aldus Sebo,
dat sy vir Lizzie bloot
meegedeel het dat sy moet kom aangesien sy ‘n
probleem het. Aldus Lizzie blyk dat haar probleem was dat hulle stof
oor haar
opgeskop het.
[40] Soos ek ook aangetoon het, het
hulle, benewens ‘n klagte van crimen injuria, ook klagtes van
roekelose of nalatige bestuur
en regsverydeling teen die Eiser (en
nie teen die ander getuie of enige moontlike derde motorfietsryer
nie) gele het. Ek vind dit
moeilik om te begryp hoe ‘n klagte
van, nie net roekelose of nalatige bestuur nie, maar boweal een van
regsverydeliking in
die omstandighede nadat hulle reeds hul apparaat
opgepak het, soos dit deur hulle geskets is, enigsins geregverdig kon
gewees het.
Sebo wou of kon haar nie uitlaat oor wat die aard van die
klagtes was wat hulle gele het nie en het bloot aangedui dat Lizzie
daaroor
sal kan getuig. Op haar beurt het Lizzie slegs
van die crimen //7/1/rra-klagte (wat
kiaarblyklik op die vloekery en die vingerwysery betrekking kan he)
melding gemaak. Wat eienaardig
is dat geen sodanige klagte gele is
teen die persoon in die bakkie wat volgens hulle dieselfde vloekwoord
teenoor hufle gebesig
het, en daarbenewens ook gedreig het om hulle
dood te maak.
[41] In hierdie omstandighede is ek
tevrede dat hul weergawe nie waar is nie en inderwaarheid vals is.
[42] Trouens, na my oordeel getuig hul
gedrag nie net van uitermate onverdraagsaamheid nie, maar ook van ‘n
beheptheid met
die gesag waarmee hulle beklee is.
[43] Daarteenoor was ek beindruk met
die getuienis van die Verweerder en sy getuie.
[44] In die lig van voorgaande is ek
tevrede dat, indien ek die onderskeie weergawes opweeg en toets aan
die algemene waarskynlikhede,
die weergawe van die Eiser en sy getuie
die waarheid is en dat die weergawes van die twee Polisiebeampte
onwaar en inderwaarheid
vals is.
[45] In die vooropstelling is ek
tevrede dat die Eiser op ‘n oorwig van waarskynlikhede sy saak
bewys het.
Bevel
[46] Om voorgaande redes maak ek ‘n
bevel in die volgende terme:-
1. DAT die Verweerder aanspreeklik is
om 100 persent van die Eiser se bewese of ooreengekome skade te
betaal.
2. DAT die Verweerder gelas word om
die Eiser se getakseerde of ooreengekome koste van die geding tot in
hierdie stadium te betaal.
P C VAN DER BYL-
WAARNEMENDE REGTER VAN DIE HOE HOF
Namens die EiseR MNR. K M RONTGEN
(PROKUREUR)
RONTGEN & RONTGEN ING
HB Forum, 5de Vloer Stamvrugstraat
13 Val de Grace PRETORIA
Verw: KM Rdntgen(Snr)/ulanda/R6999
Tel: 012 481 3624
Namens die Verweerder: ADV C
BADENHORST
In opdrag van: A P LEDWABA ING
Kerkstraat 867 PRETORIA
Verw: Mnr Phaleng/KM/RAF 22288
012 342 0900
Datums aangehoor: 13 en 14 Mei 2013
Datum uitspraak gelewer:15 Mei 2013