Kuyper v S (A911/2011) [2013] ZAGPPHC 76 (7 March 2013)

63 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sexual Offences — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of multiple counts of sexual offences against minors — Appellant argued that the evidence of child witnesses was unreliable and inconsistent — Trial court found witnesses credible despite their young age and inconsistencies — Appeal court held that the State failed to prove the appellant's guilt beyond reasonable doubt due to significant doubts regarding the reliability of the evidence and the absence of corroboration — Convictions and sentences on certain counts set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2013
>>
[2013] ZAGPPHC 76
|

|

Kuyper v S (A911/2011) [2013] ZAGPPHC 76 (7 March 2013)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN
DIE NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF,
PRETORIA
(REPUBLIEK VAN SUID AFRIKA)
Saaknommer:
A911/2011
Datum:07/03/2013
In
die saak tusser
ENRICO
KUYPER
…...............................................................................................
Appellant
En
DIE
STAAT
................................................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
1.
Die
appellant is in die Pta-Noord Streekhof aangekla as volg:
1.1.
die onsedelike aanranding van RR (10 jaar oud) gedurende 2007 - Maart
2008;
1.2.
die onsedelike aanranding van CB (12 jaar oud) gedurende Oktober 2007
- Augustus 2008;
1.3.
die onsedelike aanranding van LdP (10 jaar oud) gedurende 2007;
1.4.
die verkragting van LdP (10 jaar oud) gedurende Julie 2008; en
1.5.
die onsedelike aanranding van CM dP gedurende 2007.
2.
2.1.
Die appellant is vrygespreek op aanklagtes 2 en 5 en skuldig bevind
op aanklagtes 1, 3 en 4.
2.2.
Hy is gevonnis as volg:
2.2.1.
op klagtes 1, 3, 5 jaar gevangenisskap elk;
2.2.2.
op klagte 4,10 jaar gevangenisskap;
2.2.3.
die vonnisse op klagtes 1 en 3 word samelopend met die vonnis klagte
4 uitgedien;
2.2.4.
die appellant was onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit;
en
2.2.5.
die appellant se naam moet in die register van seksuele oortreders
opgeneem word.
3.
Al
die kinders het getuig deur middel van ‘n tussenganger en hulle
was enkelgetuies ten opsigte van elke insident en in hierdie
verband
is S v Hanekom
2011 (1) SACR 430
(WCC) relevant. Ek sal terugkom na
hierdie aspek.
4.
4.1.
Die voorsittende Landdros het die versigtigheidsreel in ag geneem in
die opweeg van die getuienis en ook sekere opmerkings
uit ‘n
boek gekryf deur ene Miller getiteld “The Judicial Officer, the
Child Witness”. Die relevansie daarvan
kom deur in die
uitspraak en veral interessant was die volgende opmerking:
"...
what a child tells may vary with the adult’s style of
communication. Very often the child may amend or even record
an
accusation before, because of pressure for secrecy and reaction of
others to the disclosure. Retractions, amendments and certain

inconsistencies are therefore part of the disclosure process and
should not be seen as indicative or lying...”
5.
Die
hof a quo het bevind dat in terme van klagtes 1,3 en 4 die getuies
geloofwaardig was, dat die kinders genoegsame feite oor die
voorvalle
kan onthou en oordra en dat enige verskille tussen hulle
polisieverklarings en hulle hof getuienis aanvaarbaar verduidelik
is.
Hy het ook in ag geneem dat:
"...
daar taal en kultuur verskille tussen getuie en opskrif stelle mag
wees en dat die verklaarder selde of ooit deur die
polisie beampte
gevra word om detail, om in detail haar of sy verklaring te
verduidelik...”
6.
Hy
het ook bevind dat daar geen bymotiewe was in die beskuldigings i.e.
om ‘n valse beskuldiging te maak.
7.
Wat
die getuienis van Mev Redelinghuys (i.e. R) se ma betref het, die hof
a quo bevind:

Sy
het wel bepaalde insinuasies aan die getuie gemaak en gese het oom
Enrico aan jou gevat? En sy was kwaad gewees na die reaksie
wat sy
daarop gekry het In die motor het sy vir R verder gekronfronteer en
gese jy moet die waarheid praat Jy kan in groot moeilikheid
kom as jy
dit nie doen nie.
Die
kruisondervraging van hierdie getuie se getuienis het niks van belang
op gelewer nie. Maar in die lig van die manier waarop
die rapport van
die getuie bekom is, is die hof van oordeel dat dit beperkte waarde
het...”
Wat
die getuienis van CB betref (i.e. klagte nr. 2) is bevind dat sy
onseker was oor haar getuienis en dat daar in getuienis uitgekom
het
dat sy ook gepenetreer was met die vinger - iets wat sy erken sy
nooit voorheen openbaar het nie. Sy het ook getuig dat die
appellant
haar hand op sy privaatdele geplaas het - ook iets wat sy nooit
voorheen openbaar het nie.
9.
Die
relevansie hiervan is dat C die indirekte getuie is van die
onsedelike aanranding van LdP (klagtes 3 en 4).
10.
Die
hof het bevind dat, met uitsondering van C, al die getuies ‘n
goeie indruk op die hof gemaak het.
11.
Daarteenoor
het die appellant nie ‘n goeie indruk op die hof gemaak nie.
Die hof het bevind...

...
die voigende inderdaard onwaarskynlik in die verbale weergawe van die
beskuidigde en dit is dat daar soveel van die klaagsters
op soveel
verskillende, ... insidente aan die hof kan kom opper. Dat hulle
hierdie insidente sou opmaak met betrekking tot die
verskil en aard
daarvan, die erns daarvan en plekke daarvan met die uitsluitlike doel
om die beskuldige vir wie hulle so lief is
dan valslik te
impliseer...”
12.
Die
hof het ook bevind dat die verdediging op getuies, alhoewel miskien
nie ongeloofwaardig nie, min of beperkte waarde toevoeg
tot die saak
van die appellant.
13.
Soos
reeds opgemerk is al die kinders enkel getuies ten aansien van hulle
aanklages en daar moet met versigtigheid na hulle getuienis
gekyk
word:

The
imaginativeness and suggestibility of children are only two of a
number of elements that require their evidence to be scrutinised
with
care amending perhaps the suspicion....Perhaps the trial court must
fully appreciate the dangers inherent in the acceptance
of such
evidence where there is reason to suppose that such appreciation was
absent a court of appeal may hold that the conviction
should not be
sustained”
1
Die
versigtigheidsreel is deur die hof in S v Hanekom
2
soos volg uitgele:
15.]
“So, in evaluating the evidence of a single witness, who is
also a child, our courts have laid down certain general guidelines

which are of assistance when applying the cautionary rules. In such a
case:
(a)
A court will articulate the warning in the judgment, and also the
reasons for the need for caution in general, and with reference
to
the particular circumstances of the case.
(b)
A court will examine the evidence in order to satisfy itself that the
evidence given by the witness is clear and substantially
satisfactory
in all material respects.
(c)
Although corroboration is not a prerequisite for a conviction, a
court will sometimes, in appropriate circumstances, seek
corroboration
which implicates the accused before it will convict
beyond reasonable doubt.
(d)
Failing corroboration, a court will look for some feature in the
evidence which gives the implication by a single child witness,

enough of a hallmark of trustworthiness to reduce, substantially, the
risk of a wrong reliance upon her evidence...”
16.
Verder
moet daar onthou word dat die bewyslas die van die Staat is en dat
die Staat sy saak bo redelike twyfel moet bewys. Selfs
waar beide
Staat en verdedigingsake onbevredigend is skuif die bewyslas nie:

Both
were tainted with unsatisfactory features. The complainant is a
single witness and in the light of ail the omissions and
contradictions,
I do not agree with the findings of the trial court
that the evidence of the complainant was satisfactory in every
material aspect.
The version of the appellants, although highly
suspect, cannot, on the totality of the evidence and the
probabilities, be said
to be not to be reasonably possibly true or
false beyond reasonable doubt. In our view the State has failed to
cross the threshold
of proof beyond reasonable doubt. The trial
court, in our opinion, convicted the accused on a balance of
probabilities. In the
circumstances, the appellants ought to have
been given the benefit of the doubt (S v Jaffer
1988 (2) SA 84
( C);
S v Heslop (supra))”
3
17.
Die
Staat het betoog dat die getuienis van die Staatsgetuies genoegsaam
was om die appellant skuldig te bevind en dat, alhoewel
die kinders
jonk was, hulle vrae beantwoord het op ‘n eerlike en opregte
wyse. Selfs waar hulle aanvanklik nie vrae verstaan
het nie, toe dit
herfraseer was, het hulle geantwoord. Die verskille tussen
polisieverklaring en die getuienis kan verduidelik
word soos volg:
17.1.
die taal en kulturele verskille tussen die persoon wat die verklaring
geskryf het en die getuie;
17.2.
dit is nie elke fout of verskil wat ‘n getuie se
geloofwaardigheid sal affekteer nie;
17.3.
die verskillende weergawes moet as geheel oorweeg word met verwysing
na verskillende aspekte;
17.4.
die verklaring moet teen die viva voce getuienis opgeweeg word.
18.
Ek
stem saam met die analise hierbo uiteengesit maar kan nie saamstem
met die slotsom wat Adv Harmzen, namens die Staat, betoog
het. Die
feit bly staan dat al die enkel getuie se getuienis deurspek is met
onbevredigende antwoorde, dat die kinders vaag was
oor gebeure, hoe
dit plaasgevind het en tyd (i.e datums met uitsondering van LdP en
die een insident in die stoorkamer - alhoewel
dit ook vaag was).
19.
Wat
suggestie en aantygings betref is die beste voorbeeld daarvan CdP wie
tydens die ondersoek verklaar het dat sy gesien het hoe
die ander
dogters betas word, maar in haar getuienis ontken het dat sy enigiets
sou gesien het.
20.
So
ook is dit moontlik dat, deur die wyse waarop Mev Redelinghuys vir R
gekonfronteer het, daar ‘n mate van suggestie en bei'nvioeding

sou wees en die feit dat alles vorendag gekom het as gevolg van die
mededelings van CB is ook ietwat verdag.
21.
Verdermeer,
die verskille tussen die klaagsters se verklarings en hulle getuienis
in die hof moet ook as ‘n faktor oorweeg
word in die
beoordeling van die vraag of die Staat sy saak teen die appellant bo
redelike twyfel bewys het.
22.
Die
finale opweging is die kinders se gedrag teenoor die appellant tydens
en na die beweerde insidente by hulle skool, en die het
nie verander
nie en die getuienis van mnr du Plooy en mev Snyman ten aansien van
die kinders se gedrag is nie weerle nie. Inteendeel
die kinders self
het daaroor getuig:
22.1.
Mnr du Plooy het getuig dat wanneer die appellant by die skool
aankom, die kinders saamgedrom het om sy kar om sy tas te dra;
22.2.
Mev Snyman het getuig dat R se prestasies goed was en dat sy nie
gedragsprobleme gehad het nie;
22.3.
die kinders se voortdurende gedrag teenoor die appellant wys ook geen
afwyking in gedrag teenoor horn na die beweerde insidente.
23.
Dit
blyk ook dat L en R se bekendmaking van die beweerde insident eers na
konfrontasie plaasgevind het en die effek daarvan in die
totale
beoordeling van feite moet ook as ‘n faktor oorweeg word.
24.
Die
vraag is gevra: waarom sou die kinders so iets fabriseer? Myns
insiens is dit ‘n vraag wat nie hier beantwoord hoef te
word
nie.
25.
Die
punt bly staan dat daar na objektiewe getuienis bekyk moet word in
die beoordeling van die vraag of die Staat sy saak bo redelike
twyfel
bewys het al dan nie.
26.
Myns
insiens is die antwoord daarop “nee”. Ek kan, in die
besonder omstandighede van hierdie saak, nie saamstem dat
die woorde
van die outeur Miller toepaslik is nie. Die bietjie twyfel wat daar
mag wees is genoeg om die beginsels uitgele in S
v Janse v Rensburg
(supra) toe te pas en die appellant moet die voordeel van die twyfel
te kry.
27.
Gevolglik
word die volgende bevel gegee:
27.1.
die appel teen skuldigbevindings en vonnisse word gehandhaaf;
27.2.
die skuldigbevindings en vonnisse op klagtes 1, 3 en 4 word ter syde
gestel.
B
NEUKIRCHER (AJ)
Ek
stem saam
BAQWA
J
1
R
v Manda
1951 (3) SA158 (A)
at 163 D - E
2
2011
(1 ) SACR 430 (WCC) by [15]
3
S
v Janse van Rensbura and another
2009 (2) SACR 216
at g [20].