About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2013
>>
[2013] ZAGPPHC 63
|
|
Schubach v Minister van Veiligheid en Sekuriteit NO en Ander (54397/07) [2013] ZAGPPHC 63 (21 February 2013)
NOT
REPORTABLE
IN
DIE NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF,
PRETORIA
(REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
SAAKNR: 54397/07
DATUM:21/02/2013
In
die saak tussen:
LEONARD
CHARLES SCHUBACH
en
DIE
MINISTER VAN VEILIGHEID EN
SEKURITEIT
N.O.
…..................................................................................
lste
Verweerder
DIREKTEUR
VAN OPENBARE
VERVOLGING
N.O.
…................................................................................
2de Verweerder
UITSPRAAK
[1]
Die eiser se eisoorsaak teen die verweerders is gebaseer op beweerde
kwaadwillige vervolging. Eiser is naamlik op 14 Maart 2005
gearresteer en aangehou deur lede in diens van die eerste verweerder.
Tydens die arrestasie was die eiser ook in diens van die
eerste
verweerder en het die rang van kolonel beklee. Eiser was op daardie
stadium gestasioneer by die Radiobeheer-Eenheid te Silverton.
Na sy
arrestasie is eiser vir 'n tyd aangehou. Die aanvanklike klagtes teen
eiser was die van onwettige besit van vuurwapens, ammunisie
en die
besit van 'n voile outomatiese wapen. Hierdie klagtes is later
gewysig na besit van ongelisensieerde vuurwapens en besit
van 'n
verbode wapen in terme van artikel 4(l)(d) van die Wet op Wapens en
Ammunisie, Wet 60 van 2000 ("die Wet"). Dit
is gemeensaak
dat eiser onskuldig bevind is op al die aanklagte.
[2]
Hoewel eiser in die pleitstukke ook op die eisoorsaak van onregmatige
arrestasie steun is hierdie eis deur die eiser laat vaar
voor die
verhoor 'n aanvang geneem het. Uit die pleitstukke is dit voorts
duidelik dat die volgende aspekte nie in geskil is nie:
-
Dat lede in diens van die eerste verweerder klagtes teen die eiser
gele het;
-
Dat beide verweerdes middellike aanspreeklikheid erken;
-
Dat eiser vertoe gerig het ten aansien van die vervolging maar dat
tweede verweerder steeds voortgegaan het met die vervolging;
-
Dat eiser gearresteer en aangehou is;
-
Dat eiser eventuee! op borgtog vrygelaat is; en
-
Dat eiser voidoen het aan die vereistes van Wet 40 van 2002.
[3]
Benewens vir die kwantum wat, indien bewys, in elke geval in
geskil
is, ontken die verweerders die volgende:
-
Eerste verweerder ontken dat die klagtes kwaadwillig gele is;
-
Die verweerders ontken dat die klagtes wat gele is op sterkte van
vals inligting gele is;
-
Verweerders pleit dat eiser nie gemagtig was om die betrokke wapens
in 'n polisiekluis te hou nie;
-
Beide verweerders pleit dat daar 'n prima facie saak vir oortreding
van die Wet teen eiser uitgemaak is;
-
Beide verweerders ontken dat die dienspistooi (waarna hieronder in
meer besonderhede verwys word) regmatig in eiser se besit en/of
in
die betrokke kiuis was;
-
Tweede verweerder ontken dat daar nie voldoende gronde bestaan het om
te glo dat daar met die vervolging voortgegaan moes word
nie.
[4]
Eiser getuig dat hy tydens die arres 31 jaar diens gehad het en op
daardie stadium kolonel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens
was. Hy
het laasgenoemde diens verlaat na 34 jaar en op vervroegde pensioen
gegaan. Tans doen hy deeltydse sekuriteitswerk. Hy
het in 2008 uit
diens van die eerste verweerder getree. Voor sy uitdienstreding was
hy bevelvoerder van die Operasionele Eenheid.
Hy was as sodanig,
onder andere verantwoordelik vir die Begeleidingseenheid wat
begeleiding verskaf het aan items wat namens die
Reserwebank vervoer
is. As sodanig, was hy dikwels uitstedig en het sy verpligtinge hom
onder andere na Kaapstad, Durban en ander
stede geneem. Daarbenewens
het die Duikeenheid ook onder sy bevel geval.
[5]
Die gedeelte by die Silvertonse Blitspatrollie waar die eiser se
Eenheid gelee was, het oor drie groot instapkluise beskik.
Die
sleutels wat toegang tot die kluise verleen is nie deur die eiser
self gehou nie. Op die betrokke dag van die eiser se arrestasie
was
Adjudant-Offisier Visser die draer van die betrokke sleutels. Die
prosedure was normaalweg dat indien 'n lid toegang tot een
van die
kluise wou bekom, die sleuteldraer (in hierdie geval Visser) genader
sou word om die kluis oop en toe te sluit.
[6]
Op 14 Maart 2005 is eiser by sy werkplek genader deur Kaptein Hartel,
Superintendent Snyders en nog 'n polisie-offisier. Die
gemelde drie
het aan die eiser gese dat hy die kiuis moet oopsluit. Dit het daarna
geblyk dat hulie al drie die instapkluise in
gedagte gehad het. Die
eiser het daarop vir Adjudant-Offisier Visser laat weet dat hy die
kluis se sleutels moet bring en aan die
gemelde drie here oorhandig.
Die eiser getuig dat hy nie geweet het wat aan die gang was nie. Al
wat aan hom gese is, is dat daar
gesoek word na 'n AK47 en dat die
kluis oopgesluit moes word. Visser het daarop die betrokke kiuis
oopgesluit. Binne-in die instapkluis
was daar verdere kleiner
kluise/trommels wat die eiendom van eiser was. Eiser het hierdie
kluise/trommels op 'n later stadium self
oopgesluit. In die eerste
trommel is vuurwapens wat aan ene Mnr Storm behoort ("die
Storm-wapens") maar wat deur 'n Mnr
van der Merwe aangekoop is,
aangetref. Die eiser het verduidelik dat die vuurwapens deur Van der
Merwe aan hom toevertrou is met
die versoek om dit veilig te bewaar
hangende Van der Merwe se aansoek om 'n versamelaarslisensie. Van der
Merwe het hom ook meegedeel
dat Villieria Polisiestasie nie die
vuurwapens vir bewaring wou inneem nie. Binne in die trommel was Van
der Merwe se bewyse vir
die aankope van die vuurwapens. Snyders het
daarop die trommel toegemaak en gese dat "its a Jot of nonsens,
lets go"
waarop Hartel toe vir Brigadier Ntengu gebel het.
Daarop het Hartel vir Snyders gese indien Snyders nie die eiser in
hegtenis neem
nie, dan kan hy, aldus Brigadier Ntengu, "maar
saamgaan selle toe". Dit wat op hierdie stadium tussen Snyders
en Hartel
gebeur het is nie deur eerste verweerder in getuienis
weerle nie. Op daardie stadium het eiser vir Snyders eenkant toe
geroep en
gevra wat hulle daar soek. Dit was op daardie stadium dat
Snyders gese het hy soek na 'n AK47. Eiser het daarop aangedui dat hy
so 'n vuurwapen vir Snyders sal uitwys.
Eiser
het daarop die AK47 sowel as 'n R1 'n R4 en 'n LMV aan Snyders
uitgewys. Hierdie wapens het los in die kluis gestaan en was
nie deel
van die wapens in eiser se persoonlike kleiner kluise nie. Volgens
eiser se getuienis is die AK47, 'n Rl, 'n R4 en 'n
.357 rewolwer
wapens wat deur die Duikeenheid onder sy bevel uit 'n dam uitgeduik
is en wat in die kluis gebere is nadat dit in
die vuurwapenregister,
wat ten aansien van die kluis gebruik word, aangeteken is. Na hierdie
wapens word verwys as "die damwapens".
Die
vuurwapenregister toon inderdaad (bladsy 346 van die bewysstukbundel)
dat hierdie vuurwapens op 17 Januarie 2005 as gevonde
eiendom by 'n
duiktoneel gevind is.
Eiser
het getuig dat dit normale prosedure is dat wapens wat onder water
gevind is vir 'n tyd lank gebere word ten einde te poog
om die roes
wat daarop voorkom, "op te los" of "sag te maak
Wanneer die roes na bevrediging "sag" of "opgelos"
is word die wapen versigtig geskuur en word daar gepoog om die wapens
se nommers sigbaar te kry en, na aanleiding van die nommers
wat so
gevind word, kan 'n ondersoekproses na die oorsprong van die wapens
gedoen word. In hierdie besondere geval het die eiser
die wapens wat
op 15 Januarie 2005 deur die Duikeenheid uitgeduik is, tot op 17
Januarie 2005 in sy motor se bagasiebak op die
terrein van die
Blitspatrollie bewaar, waarna dit in die betrokke register opgeneem
is en in die kiuis geplaas is.
Die
eiser se getuienis in hierdie verband is wesenlik gestaaf deur die
getuies Van Vuuren, Spang en Liebenberg. Al hierdie getuies
bevestig
die proses soos deur eiser verduidelik met betrekking wapens wat
tydens amptelike duikoperasies gevind word. Visser en
Liebenberg
staaf voorts dat die betrokke register deur die Duikeenheid gebruik
is ten opsigte van wapens wat deur die Eenheid tydens
duikoperasie
gevind word en dat dit in hierdie geval ook so gebeur het.
[7]
Eiser se verduideliking ten aansien van die "damwapens" is
voorts dat daar uiteraard nie 'n ondersoekbeampte ten aansien
van
sulke wapens kan wees nie aangesien die oorsprong daarvan onseker is.
Sodra die wapens nader gei'dentifiseer kan word dit wil
se nadat die
roes "opgelos" het, word die vuurwapens of aan 'n
polisiestasie oorhandig of vir vernietiging geoormerk
of oorhandig
aan die betrokke ondersoekbeampte. Dit kan egter eers gebeur nadat
die aanvankiike ”sagmaakproses" afgehandel
is. Eiser se
ook dat hy in daardie tyd baie uitstedig was en andersins baie besig
was en daarom nie vroeer van die vuurwapens ontslae
kon raak nie. Hy
se egter dat hy nie daaroor bekommerd was nie aangesien hy daarvan
oortuig was dat dit nie in die verkeerde hande
kon beland nie omdat
daar net een persoon was wat die houer van die sieutels van die kluis
was.
[8]
Ten aansien van die "Storm-wapens" waarna reeds hierbo
verwys is, het eiser getuig dat al die ter sake dokumentasie
van
hierdie wapens binne in die trommel was. Geen getuienis tot die
teendeel is deur verweerders aangebied nie.
[9]
'n Volgende "groep" wapens wat in die instapkluis aangetref
is, is die sogenaamde "sekuriteitswapens" of
"Kruger-wapens", In hierdie verband getuig eiser dat hy
deur 'n vriend versoek is om die wapens vanaf Polokwane in sy
besit
te neem en dat daar 'n permit uitgereik is deur die
sekuriteitsmaatskappy, synde die lisensiehouer van die wapens, dat
die
wapens deur eiser vervoer mag word na Pretoria. Hierdie wapens,
aldus die eiser, was in dieselfde poiisiekluis toegesluit tesame
met
eiser se "permit" om in besit daarvan te wees en die
lisensies ten opsigte van hierdie wapens.
[10]
Die eiser is ook uiteindefik aangekla van besit van sy eie vuurwapens
waarvoor hy lisensies gehad het. Eiser getuig dat hy
die lisensie vir
die arresterende beamptes getoon het en hulie ingelig het dat dit sy
vuurwapens is.
[11]
Die eiser is voorts ook vervolg ten aansien van sy P38 dienspistool
wat deur die SAPD aan hom uitgereik is en op sy SAP108
as sodanig
aangedui word. Ook hierdie dienspistool is binne in die kluis
aangetref.
[12]
Daarbenewens is items wat waarskynlik as "plofstof" of
"springstof" aangedui kan word binne in die kluis
aangetref. Dit sluit in sekere ligfakkels of "flairs" en
"rook-en skok granate". Die eiser is nie aanvanklik
van die
besit van hierdie items aangekla nie maar op die finale klagstaat
wel. Hierdie items is in die groot instapkluis in kaste
gevind en nie
in eiser se privaatkluise nie.
[13]
Voorts is eiser aangekla van sekere ammunisie wat in die kluis gevind
is en waarna later weer verwys word.
[14]
Die eiser getuig dat sy eie vuurwapens se lisensies met 'n rekkie aan
die wapens geheg was. Die ammunisie wat in die kleiner
kluis gekry is
was ook waarvoor hy lisensies gehad het. Die eiser is verder adamant
daaromtrent dat hy nooit, hetsy voor die oopsluit
van die instapkluis
of daarna, van enige redes deur Snyders of Hartel voorsien is waarom
hulle die kluis wou binnegaan of wat dit
is waarna hulle soek nie.
Hierdie getuienis is nie weerle nie. Die enigste verwysing was die
een na die AK47, reeds hierbo na verwys.
Eiser is ook nooit
gekonfronteer met enige bewerings ten aansien van die ter sake wapens
nadat dit aangetref is nie, hetsy in die
instapkluis of die kleiner
kluise binne-in die instapkluis. Hy getuig dat hy uit eie beweging
die verduidelikings, soos hierbo
na verwys, ten aansien van al die
wapens verskaf het. Hy beklemtoon ook dat die AK47, die R1, die R4 en
die Rohn 357 rewolwer in
die rakke in die stoor was en nie in sy
privaatkluise nie. Dieselfde geld vir die plofstof of springstof. Ook
hierdie getuienis
is nie weerle nie.
[15]
Die eiser is op die toneel in hegtenis geneem en na die Villieria
Polisiestasie geneem waar hy 'n waarskuwingsverklaring afgele
het.
Die waarskuwingsverklaring verskyn op bladsy 159 van die bundel.
Daarvolgens het eiser, op regsadvies, bloot gese hy ”sal
in die
hof praat". In sy getuienis in die hof het hy gese dat wat hy
kon verduidelik hy reeds op die toneel aan die polisiebeamptes
verduidelik het. Hy was boonop nie seker presies wat die klagtes teen
hom behels nie en het daarom gedink dat dit beter sou wees
indien hy
nie probeer om, op grond van die gebrekkige inligting tot sy
beskikking, besonderhede in die waarskuwingsverklaring weer
te gee
nie. Die eiser is in die polisieselle aangehou vanaf ongeveer 17h30
op die dag van sy arrestasie, tot ongeveer 11h00 die
volgende dag
waarna hy op borg vrygelaat is.
[16]
Soos reeds hierbo na verwys het Adjudant-Offisier Visser insake die
dra/hou van die kluissleutels getuig.
[17]
Mnr van Vuuren, 'n gewese Sersant in die SAPD verbonde aan die
Springstofeenheid vir 7 jaar, asook 'n duiker in diens van die
SAPD,
bevestig die prosedure wat ten opsigte van wapens wat onder water
gevind is, gevolg word. In hierdie opsig staaf hy wesenlik
die eiser
se getuienis. Ten aansien van die springstowwe getuig hy dat dit
"miHtere georienteerde goed" is wat vir polisiedoeleindes
in die kiuis gestoor is. Dit is egter nie "hoe springstof"
nie maar word bestempel as "puro-tegnies" omdat
dit gebruik
word vir beligting (ligfakkels) en rookgranate. Hy getuig ook dat
hierdie springstowwe in- en uitgeboek moet word uit
die
kluis
en dat dit so in die register aangeteken was. Omdat die kluis 'n
ampteiike SAPD kluis was, was die teenwoordigheid van die
springstof
in die kluis na sy oordeei wettig.
[18]
Mnr Spang, vir 20 jaar lid van die SAPD en onder andere verbonde aan
die Blitspatrollie, getuig ten opsigte van die damwapens.
Hy bevestig
dat hy die persoon was wat hulp gevra het met wapens wat aldus by die
Roodeplaat Dam onder water gevind is. Hy bevestig
dat die wapens
reeds genoem aldus in die dam aangetref is. Omdat dit reeds sterk
skemer was toe die wapens uit die water gehaal
is (in die
teenwoordigheid van die eiser) het die eiser gese dat hy die wapens
sal neem en sal "inboek". Die eiser het
die wapens in sy
motor se kattebak geplaas. Hy bevestig ook die prosedures soos gevolg
ten opsigte van die verwydering van roes
van sodanige wapens. Sou die
wapens nie roes op he nie sal dit onmiddellik na die naaste
polisiestasie geneem word. Andersins sou
dit nie sin maak om
laasgenoemde te doen nie aangesien die oorsprong van die wapens
onseker is.
[19]
Mnr Liebenberg getuig dat hy in 2005 lid van die SAPD was naamlik die
Blitspatrollie. In Maart 2005 was hy die persoon wat
normaalweg in
beheer was van die instapkluise se sleutels. Indien enigiemand, die
eiser ingesluit, toegang wou he, moes hulie hom
kontak en hy sou dan
die sleutels verskaf. Hy bevestig dat daar baie wapens in die
betrokke instapkluis was asook springstof. Hy
bevestig ook die
bestaan van 'n register waarin alles wat in en uit die kluis gegaan
het, aangeteken is. Dit sluit die eiser se
privaatwapens in. Die
betrokke register is te alle tye in die kluis gehou en daar
toegesluit. Hy identifiseer die dokumentasie
vanaf bladsy 302 tot en
met 307 van die bewysstukbunde! as synde die kluis-inventaris waarop
die beheer oor vuurwapens wat in en
uit die kluis gaan, aangeteken
is. Hy bevestig voorts dat die dokumente wat op bladsy 346 en 347 van
die bundel verskyn betrekking
het op die damwapens en die plofstof en
dat dit deel uitmaak van die register wat vir die gemelde doeleindes
gebruik is.
[20]
Dit, dan, in essensie die getuienis namens eiser en sy getuies ten
aansien van die gebeure op die dag van eiser se inhegtenisname,
die
prosedures ten aansien van die beheer oor die kluis met betrekking
tot sleutels en registers en die omvang van die wapens wat
in die
kluis aangetref is. Hieronder word, waar nodig, in meer besonderhede
na hierdie aspekte verwys.
[21]
Die eerste klagstaat is deur die eiser ontvang op 8 Maart 2006. Die
besonderhede daarvan verskyn in die bewysstukbundel p.264
tot 266,
267 tot 269. Hierdie klagstate met aanhangsels daartoe is aangeheg by
die vertoe wat namens eiser na aanleiding van die
klagtes teen hom,
aan die tweede verweerder gerig is. Die vertoe self verskyn op bladsy
254 tot en met 263. Die vertoe namens die
eiser verskyn voorts op
bladsy 393 en verder.
[22]
Veral ter sake vir die huidige doeleindes is die volgende gedeeltes
van die vertoe namens die eiser aan die tweede verweerder
gerig:
1.
Par(a):
”
Die
wapen vermeid in aanklag 1 is 'n polisiediens wapen wat uitgereik was
aan die beskuldigde deur die Suid- Afrikaanse Polisiediens.
Die wapen
was in die stoor in die amptelike brandkluis gepiaas vir veiiige
bewaring. Sien "A12", "A16" en "A21"
van die dossier. Die beskuldigde kan nie onwettig in besit wees van
'n amptelike polisiewapen nie."
2.
Par9(b):
"Die
wapens vermeid in aanklag 2, 3, 9, 10, 14, 15, 16, 17 en 18 is alles
wapens wat op die beskuldigde se naam gelisensieerd
is en waarvoor
daar 'n gel dig vuurwapenlisensie uitgereik is. Sien hierby aangeheg
aanhangsel
"LS2" waar sodanige afskrifte van die vuurwapenlisensies
voorkom. Sien ook "A12" wat dit bevestig."
3.
Par9(f):
"Die
wapen vermeld in aankiag 8 is die eiendom van die beskuldigde se
eggenoot. Dit dien vermeld te word dat die beskuldigde
en sy eggenoot
tussentyds, na die besiagiegging, geskei is en tydens die
beslaglegging was die beskuldigde en sy eggenoot steeds
getroud. Sien
”A22" in die dossier."
"Met
betrekking tot die klagtes van die onwettige besit van ammunisie,
aankiag 22 tot 25, is dit duidelik dat die beskuldigde
wel in besit
was van geldige lisensies om sodanige ammunisie te besit”. (In
hierdie verband is na sekere aanhangsels tot
die vertoe verwys).
[23]
Die getuienis van Adv Meintjies namens die tweede verweerder ten
aansien van die eiser se privaat wapens was dat "...selfs
in Mnr
Schubach se vertoe was daar nie korrek verwys na watter is sy
vuurwapens nie. Ek wou heeltemal seker maak dat hulle moet
weet ons
kla nie meer aan vir die besit van vuurwapens wat in Mnr Schubach se
vrou se naam gelisensieer is nie. Daardie klagtes
val weg/' Hierdie
getuienis van Adv Meintjies sluit aan by haar handgeskrewe nota op
p.422. Die handgeskrewe nota is gerig aan
"The Senior
Prosecutor" en is afkomstig van die twee advokate verbonde aan
die tweede verweerder se personeel, wat aanvanklik
die meriete van
die klagtes in die lug van die eerste klagstaat, oorweeg het. Adv
Meintjies se handgeskrewe nota lees:
"The
charges should not include also the firearms registered in the name
of the accused and his wife/' Insgelyks het Adv Meintjies
vervolging
ten aansien van die onwettige besit van die vuurwapens van die eiser
en sy eggenote, doodgetrek soos dit in paragraaf
2.4 van die skrywe
op bladsy 423 voorkom.
[24]
Met betrekking tot paragraaf 2.3 van die skrywe van 25 Julie 2006,
p.422 van die bundel lees paragraaf 2.3 soos volg: ”Contravening
the provisions of section 4(1 )(d) of the Firearms Control Act - 14
counts." In hierdie verband getuig Adv Meintjies dat dit
gaan
oor die "ontplofbare stowwe". Die klagtes ten aansien van
hierdie plofstowwe was nie deel van die aanvanklike klagstaat
teen
die eiser nie. In daardie verband getuig Adv Meintjies soos volg:
"Daardie klagte was aanvanklik nie gestel nie, maar
by
heroorweging het Mnre Mashile en Nkobeni besluit maar daar moet so xn
klagte wees en ek kon nie daarmee fout vind nie, dit het
vir my
heeltemai korrek gelyk." Adv Meintjies, as die senior advokaat
betrokke, het gevoiglik aanbeveel dat die eiser ten
aansien van die
plofstowwe aangekla behoort te word.
[25]
Opsommend, dus, het Adv Meintjies aanbeveel dat daar nie voortgegaan
moet word met die kiagtes ten aansien van die eiser se
persoonlike
vuurwapens en die van sy vrou, asook die ammunisie ten aansien van
sodanige wapens nie. Om redes waarvoor sy geen verduideliking
kon
bied nie is eiser egter wel hiervan aangekia: die klagstaat deur die
betrokke aanklaer(s) in diens van die tweede verweerder
saamgestel,
toon dit aan. Aan die ander kant het sy we! aanbeveel dat die eiser
aangekla behoort te word ten opsigte van die plofstowwe
wat
uiteindelik by wyse van 14 klagtes bygevoeg is.
[26]
'n Volgende aspek wat oorweging verdien, is die posisie ten aansien
van die eiser se dienspistool. Dit is naamlik 'n 9mm Parabello
P30
semi-outomatiese pistool met verwysingsnommer 272634. Dit is
gemeensaak dat dit 'n polisiewapen is. In hierdie verband getuig
Adv
Meintjies dat, volgens die inligting tot haar beskikking, die gemelde
wapen reeds in Januarie 2003 oorgedra was van Mnr Shubach
se 108, wat
ek aanvaar het is sy amptelike magtiging of permit, na 'n kluis toe
en dat die All nie kennis dra hoe dit dan nou tussen
hierdie wapens
wat Mnr Schubach so apart gehou het nie en dat dit nie behoorlik van
'n register ook gehou was nie. In die vertoe
was daar dood eenvoudig
net namens Mnr Schubach gese dit was 'n amptelike uitreiking, sonder
dat daar enigsins gepoog was om die
nodige permit voor te le en in
terme van die Wapenbeheerwet moet daar in iedere persoon wat in
beheer is van 'n vuurwapen 'n permit
gegee word. So daar was geen
permit voorgele nie. Ek het geen rede gehad om te aanvaar dat dit
inderdaad nog deur hom hanteer is
as sy amptelike dienspistool nie."
Sy voeg later in haar getuienis by dat "...uit die dossier was
dit duidelik, dit was
oorgeplaas van sy permit, sy 108, na 'n stoor
en daar is geen register op rekord van hoekom dit nou gevind is waar
dit gevind was
nie." Sy maak gevolglik en uiteindelik die
afleiding dat "c/us hy het nie 'n 108 om te wys dat hy in
regmatige besit
is van die vuurwapen nie."
[27]
Hierdie getuienis moet gesien word tesame met die van Kolonel Hannes
Brits van die Provinsiale Kommissaris se kantoor te Potchefstroom.
Hy
is in oorhoofse beheer by die Suid-Afrikaanse Polisie se
voorradestelsel. Hy getuig dat 'n poiisiebeampte op sy 108 uitreiking
slegs een sy-wapen mag he en dat dit sodanig bepaal word deur Staande
Order 48. Hy getuig ook dat hy die stelse! nagegaan het en
vasgestel
het dat die P38 pistool met nommer 272634 verander is vanaf die eiser
se 108 uitreiking en dat dit in 2003 oorgeplaas
is na kluis nommer
B27064. Hy spekuleer duidelik as hy se dat laasgenoemde kluis by die
radiobeheer-eenheid sou wees, Onder kruisverhoor
is hy verder
uitgevra rakende die SAP108 stelsel en hy het bevestig dat indien 'n
wapen ingetrek word op 'n 108 dit op laasgenoemde
gekanselleer moet
word. Die eiser se 108 dokument is daarop aan die getuie getoon. Uit
die dokument blyk dit dat eiser se handwapen
nie op die SAP108
gekanselleer is nie. Hy kan egter nie ontken dat dit die enigste
SAP108 is wat die eiser ooit ontvang of besit
het nie. Onder
kruisverhoor gee hy onomwonde toe dat hy nie weet waar die kluis met
nommer B2706 is nie. Hy het ook toegegee dat
indien die P38 op 'n
polisieperseel en in 'n polisie kluis geplaas is, die besit van die
wapen nie onwettig kan wees nie. Die eiser
se SAP108 verskyn op
bladsy 132 van die bewysstuk bundel en daaruit blyk dit dat die
enigste handwapen aan hom uitgereik, inderdaad
die 9mm parabellum
pistool met nommer 272634 is.
[28]
In die lig van die inhoud van die SAP108 kan die inhoud van die
verklaring van Inspekteur Pieter Jacobus de Wet soos dit op
bladsy
197 van die bewysstuk bunde! verskyn, in die volgende opsigte nie
korrek wees nie:
Die
vuurwapen met Nr 272634, 'n Walther Pistool 9x19mm, wys volgens
#7.9.9 op die VAS stefsel dat die wapen sedert 2003/012 in kluis
B27064 is.
3.
Die
genoemde wapen is vanaf Superintendent Schubach se 5AP108 oorgeplaas
na die kiuis tydens 'n volledige voorraadopname wat deur
'n
provinsiale inspeksiespan hanteer is.
4.
Die
genoemde wapen refiekteer nerens in die kiuis register nie en sover
my kennis strek was die wapen nooit onder my beheer uit
die kiuis
geboek nie."
Behalwe
dat die deponent nie aandui waar " kluis B27064" gelee is
nie strook die inhoud van paragraaf 3 duidelik nie met
die objektiewe
getuienis wat uit die SAP108 van die eiser blyk nie. Voorts kan De
Wet se verklaring in die lig van Brits se getuienis
dat ’’die
wapen nie gekanselleer kan word indien die wapen nie fisies ontvang
is nie,” nie korrek wees nie. Brigadier
Mokganyana getuig dat
De Wet verantwoordelik was vir die inventaris waarin die wapens wat
in elke kluis hehou is, aangeteken moes
word, De Wet sou ook
verantwoordelik wees om toe te sien dat wanneer eiser se dienspistooi
"ingetrek" word, die wapen
fisies ingeneem word. Die inhoud
van eiser se SAP108 en wat De Wet se, strook eenvoudig nie met mekaar
nie. Daarbenewens word dit
in die verklaring van MT Marais op bladsy
189 van die bundel gese dat die betrokke pistool toegeken is aan die
Silverton Blitspatrollie,
soos op 2005/04/18. Dit is gemeensaak dat
die eenheid onder die eiser se bevel op dieselfde perseel as die
Silverton Blitspatrollie
gelee was. Die posisie ten opsigte van eiser
se dienspistooi soos dit op sy SAP108 aangedui word, kon maklik, en
deur die uitoefening
van redelike sorgsaamheid, deur die SAPD
vasgestel word. Dit is nie gedoen nie.
[29]
Samevattend ten aansien van die drie aspekte hierbo na verwys is die
gevolgtrekking die volgende:
1.
Soos Adv Meintjies tereg aanbeveel het was daar geen prima facie saak
daarvoor uIt te maak om die eiser aan te kia ten opsigte
van sy
persoonlike vuurwapens waarvoor hy lisensies gehad het, asook die
ammunisie vir daardie wapens nie. Sy gee tereg toe dat
eiser nie op
hierdie aspekte vervolg moes gewees het nie. Sy kan uiteraard geen
verduideliking gee waarom die Streekhofaanklaers
we! vir eiser
hiervan aangekla het nie. Haar antwoord op die advokaat se stelling
aan haar in kruisverhoor, naamiik dat sodanige
vervolging "roekeloos"
gedoen is, beantwoord sy deur te se dat eiser in elk geval onskuldig
bevind sou gewees het op
hierdie kiagtes. Hierdie antwoord kan egter
geen effek he op die beoordeling van die regsvraag, soos hieronder na
verwys word nie.
2.
Ten aansien van die plofstowwe en/of springstowwe is die gronde
waarop Adv Meintjies besluit het dat die eiser aangekla moet
word,
die volgende. Menere Mashiie en Ngobeni het aanbeveel dat hierdie
kiagtes bygevoeg moet word d.w.s. oortreding van art 4(l)(d).
Mevrou
Meintjies se beweegredes waarom die klagte ten aansien van die
springstowwe bygevoeg moes word, beTndruk my nie. Hier onder
oorweeg
ek die regsimplikasies daarvan. Die getuienis toon dat sy "geen
idee" gehad het dat die items van 'n miiitere
aard was nie; dat
sy "geen idee" gehad het dat dit moontlik deel van 'n
normale uitreiking aan die SAPD was nie; dat
sy die feit dat daar
geen verwysing na hierdie items in die dossier, eiser se vertoe of
die eerste klagstaat was nie, geen gewig
by haar gedra het nie; dat
sy besluit het om hierdie klagte by te voeg sonder om verdere navrae
in die verband te oorweeg en op
sterkte van haar aanname dat eiser
verdere vertoe kon/moes rig, indien hy dit nodig sou ag. In effek gee
sy onder kruisverhoor
toe dat haar besluit om die klagte by te voeg
'n oorsig kon gewees het en dat sy in elk geval gedink het dat eiser
"met 'n
verskoning" soos dat "die goed uitgeduik is"
vorendag sou kom. Sy het reeds in haar hoofgetuienis gese dat
"...daar
was geen verduideliking of enigiets vir die besit van
daardie plofstowwe nie, daarom is die klag gele." (p. 87 x
9-11). Ek
kom hieronder terug op die regsaard van Adv Meintjies se
optrede. In die algemeen bevind ek dat Adv Meintjies te veel klem
laat
val het op die "arsenaal van wapens" wat "onwettig"
in die kluis aangehou is, dermate dat haar objektiewe oordeel
ten
opsigte van die springstowwe daardeur bemvloed is. Dit is voorts
insiggewend dat die getuie namens die verweerders, Kolonel
Bopape,
getuig het dat indien die rookgranate en ligfakkels deur middel van
'n inventaris aangedui is, daar geen probleem mee kan
wees nie.
3.
Ten aansien van die dienspistooi het die teenstrydige aard van die
dokumentasie ter beskikking van die vervolgingsgesag tesame
met die
feit dat 'n blote inspeksie van die SAP108 op die onsekerheid sou
gedui het, tot gevolg dat ook hierdie aanklag ongesubstansieer
was.
Eweneens kom ek hieronder terug op die regsaard van die optrede deur
die vervolgingsgesag.
[30]
Die feit van die eiser se onskuldigbevinding ten aansien van die
balans van die klagtes teen horn speel geen direkte rol by
die
oorweging van die vrae wat tans voor my dien nie. Dit is bloot 'n
voorvereiste vir eiser om sy huidige eis te kon instel. Ten
aansien
van die balans van die klagtes bevind ek dat daar, objektief gesien,
wel voldoende gronde bestaan het vir die tweede verweerder
om te
besluit om die eiser ten aansien daarvan aan te kla. In ieder geval
het eiser onder kruisondervraging toegegee dat die vervolging
ten
aansien van die Storm-wapens, die Kruger- sekuriteitsvuurwapens en
die Dam-wapens nie op kwaadwillige vervolging dui nie. Die
eiser se
verduideliking aangaande sy besit van die Storm-wapens kon wel
redelikerwys betwyfel word: sy verduideliking aangaande
die
Kruger-sekuriteitswapens was insgelyks vatbaar vir betwyfeling: en sy
verduideliking ten aansien van die dam-wapens kon minstens
betwyfel
word op sterkte van die tydsduur waarin hierdie wapens in die
betrokke kluis gehou is.
[31]
Die eerste verweerder het geen getuienis aangebied wat daarop dui
dat, minstens wat die eiser se dienspistool, sy persoonlike
vuurwapens en ammunisie, en die springstowwe betref, daar redelike
gronde vir vervolging bestaan het nie. Die getuienis wat wel
deur die
verweerders gesamentlik in die verband aangebied is regverdig nie
enige ander afleiding as dat, op 'n oorwig van waarskynlikhede,
die
vervolging ten aansien van die genoemde aspekte deur die aanwending
van redelike sorg, voorkom kon gewees het nie. Die vraag
wat steeds
oorweging verdien is of die optrede van beide die verweerders in die
verband, voldoende is om eiser se eisoorsaak te
bewys.
[32]
Sedert die beslissing in Moaki v Reckett & Coleman (Africa)
Limited
1968 (3) SA 98
(A) staan dit vas dat Engelsregtelike terminologie
soos "malice" en "motive" nie deei van ons reg
aangaande
iniuria uitmaak nie: Die toepaslike remedie is die "actio
iniuriarum" met "dolus" as aanspreeklikheidsvereiste.
Appelregter Wessels stel dit soos volg:
"It
follows, in my opinion that, although it became customary to allege
‘malice' in pleadings in actions of the type
now under
consideration, our law has always required
a
plaintiff to prove the existence of the requisite legal intention to
injure, without requiring him to establish in addition the
defendant's motive, i.e., that he acted maliciously."
Hierdie
benadering is bevestig in Lederman v Moharal Investments (Ptv) Ltd
1969 (1) SA 190
(A) 196 asook in Prinsioo v Newman
197S (1) SA 481
(A) 492.
[31]
Die vereistes wat aanwesig moet wees alvorens 'n eiser met 'n aksie
op grond van kwaadwillige vervolging kan slaag, is die
volgende:
1.
Die verweerder moet die vervolging aangestig het.
2.
Die verweerder moet sonder redelike gronde opgetree het.
3.
Die verweerder moet met animo iniuriandi gehandel het.
4.
Die vervolging moet misluk het.
5.
Die eiser moet nadeel (vermoenskade of persoonlikheidskrenking) gely
het.
[32]
Die inwerkingtreding van die Grondwet, 1996, het tot gevolg gehad dat
die gemenereg en statutereg vatbaar is vir verbetering
en/of
aanpassing ten einde dit in ooreenstemming met die grondliggende
waardes van die Grondwet te bring. Artikel 39(2) bepaal
soos volg:
"When
interpreting any legislation, and when developing the common law or
customary law, every court, tribunal or forum must
promote the
spirit, purport and objects of the Bill of Rights.
Die
staatsregtelike bedeling is tans gefundeer op die waardes wat in
artikel 1 van die Grondwet uiteengesit word. Daardie waardes
sluit
in, "human dignity, the achievement of equality and the
advancement of human rights and freedoms" (artikel 1(a)).
Dit
het tot gevolg gehad dat die beg rip "menswaardigheid"
("human dignity") se tradisionele betekenis en inhoud
verruim is ten einde dit in ooreenstemming met die Grondwet te bring.
Vergelyk in hierdie verband byvoorbeeld: Neethlina:
Persoonlikheidsrea,
Butterworth, 1998, 0.21:
"Afgesien
van die normale deliksaksies geniet hierdie persoonlikheidsregte dus
nou ook grondwetlike beskerming."
Neethling
verwys ook na die artikel van JM Burch elf in Zimmerman & Visser
fRedakteurs) Southern Cross – Civil Law &
Common Law in
South Africa (1996) waar die skrywer se dat:
"Symbiotic
growth of both the personality rights protected by the actio
iniuriarum and equivalent rights under the Constitution
is inevitable
and highly desirable."
(p653)
[35]
Hierdie regsontwikkeling is gestalte gegee deur die Volbank
beslissing in Hevns v Venter 2004 C3) SA 200 waar Van Rooyen WnR
(waarmee Smit R. saamgestem het) erkenning gegee het aan die
verhoogde waarde wat aan die begrip "menswaardigheid" geheg
word, in die lig van die Grondwet. Die uitspraak verwys na die
beslissing van die Konstitusionele Hof in Khumaio & Others v
Holomisa
[2002] ZACC 12
;
2002 (5) SA 401
par.[27] waar O'Regan R die volgende gese
het:
"The
value of human dignity in our Constitution is not only concerned with
an individual's sense of self-worth but constitutes
an affirmation of
the worth of human beings in our society. It includes the intrinsic
worth of human beings shared by all people
as well as the individual
reputation of each person built upon his/her own individual
achievements.
The
value of human dignity in our Constitution therefore values both the
personal sense of self-worth as well as the public's estimation
of
the worth or value of an individual."
Met
verwysing na die beslissing in Mara is v Groenewald en 'n Ander
2001
(1) SA 634
CT) wys Van Rooyen WnR daarop dat onregmatigheidsbewussyn,
inaggenome die hoe premie wat die Grondwet op waardigheid plaas, nie
subjektief hoef te bestaan in die geva! van laster nie. As die
verweerder redelikerwys moes besef het dat wat hy aan derdes
publiseer
onregmatig is, word voldoen aan die vermelde vereiste. Op
sterkte hiervan bevind Van Rooyen WnR dat "(daar) bestaan geen
rede
om die benadering nie ook van toe passing te maak op die
onderhawige vorm van die actio iniuriarum nie." (sien 208H -
209A).
Van
Rooyen WnR kom dan tot die volgende gevolgtrekking:
"Ek
is van oordeel dat die waardigheid van 'n persoon op onredelike wyse
benadeel sou kon word, indien daar as verweer geopper
sou kon word
dat onregmatigheidsbewussyn afwesig was. Dit is wel so dat die
verweerder belas sou wees met die weerleggingslas om
die afwesigheid
van onregmatigheidsbewussyn aan te toon, maar omdat daar so maklik
getuig sou kon word dat die persoon gedink het
dat onskuldige gedrag
'n misdaad is, soos in die onderhawige geval, sou dit strydig met
regsbeleid wees om so 'n persoon goedsmoeds
te la at opper dat hy
gedink het die gedrag is 'n misdaad. Die omvang van regsonkunde is
soms so skreiend, dat dit nie 'n verweer
behoort te wees in die
privaatreg nie. Ander beleidsoorwegings geld in die Strafreg (vgl S v
De Blom 1977 (3) 5A 413 (A)). Die
ideaal bly egter om
onregmatigheidsbewussyn te verg by die actio inuriarum. Soms moeet
dit egter die knie buig voor die eise van
'die veronderstelde omvang
van die kwaad', soos in die geval van die media - vgl National Media
and Others v Bog os hi (supra)
- en ook in die omstandighede waarin
die faster by wyse van 'n geskrif, wat ook wyd versprei is, in Mara
is v Groenewald en 'n
Ander (supra) plaasgevind het. Ek is van
oordeel dat die geldingsgebied van kwaadwillige vervolging, in die
lig van die sentrale
grondwetlike beskerming van waardigheid,
uitgebrei moet word indien dit blyk dat 'n verweerder in 'n
kwaadwillige vervolging-saak
op grof nalatige wyse gedink het dat 'n
be pa aide handeling van iemand anders neerkom op 'n misdaad en die
klag aangestig het,
behoort hy nie as verweerder te kan opper dat hy
nie geweet het dat dit nie 'n misdaad is nie. Om seker te maak dat
hierdie ontwikkeling
van die gemenereg nie te ver gaan nie, moet
growwe nalatigheid vereis word/'
[36]
In 'n vonnisbespreking van die beslissing in Hevns v Venter (sien
2003 THRHR op 693) lewer Neethling die volgende kommentaar:
"Regter
van Rooyen se bevinding dat growwe nalatigheid voidoende vir
aanspreeklikheid is, is nietemin 'n stap in die regte
rigting. Hy
gaan eg ter nie ver genoeg nie. Wat nodig is, is dat die regspraak,
om goeie oorwegings ... en op die voetspoor van
Boaoshi en Mara is,
die knoop moet deurhak om die beskerming van die persoonlikheid met
die actio iniuriarum op een iyn met die
nalatigheidsgrondsiag van die
actio legis Aquiiiae vir vermoenskade te piaas."
En
dan op 694:
"Na
my mening behoort die verweerder se graad van verwytbaarheid of
afwyking van die standaard van die redeiike persoon nie
V? invloed op
die vestiging van aanspreeklikheid weens ’n iniuria (laster en
kwaadwillige vervolging inbegrepe) te he nie.
Indien eenmaal aanvaar
word dat vermoensbeiange en persooniikheidsbelange gelykwaardig
beskerm behoort te word, en dat nalatigheid
immer 'n voldoende
skuldverwyt is, is dit die logiese konsekwensie."
Neethling
verwys dan ten slotte na die analise van die begrip "growwe
nalatigheid" deur Scott AR in MV Stella Tingas Transnet
Limited
t/a Portnet v Owner of the MV Stella Tingas
2003 (2) SA 473
(HHA) op
480 - 481. waar die geleerde regter tot die voigende gevolgtrekking
kom:
"It
follows, I think, that to qualify as gross negligence the conduct in
question, although falling short of dolus eventualis
must involve a
departure from the standard of the reasonable person to such an
extent that it may properly be categorised as extreme;
It must
demonstrate, where there is found to be conscious risk-taking, a
complete obtuseness of mind or, where there is no conscious
risk-
taking a total failure to take care. If something less were required
the distinction between ordinary and gross negligence
will lose its
validity."
[36]
Met verwysing na die bepalings van artikel 39(2) van die Grondwet het
die Konstitusionele Hof in Carmichele v Minister of Safety
&
Security
[2001] ZACC 22
;
2001 (4) SA 938
(CC) gese dat:
"It
follows implicitly that where the common law deviates from the
spirit, purport and objects of the Bill of Rights the Courts
have an
obligation to develop it by removing that deviation" (par[33])
Die
Konstitusionele Hof beklemtoon voorts dat:
"...that
the obligation of Courts to develop the common law, in the context of
the section 39(2) objectives, is not purely
discretionary. On the
contrary, it is implicit in section 39(2) read with section 173 that
where the common law as it stands is
deficient in promoting the
section 39(2) objectives, the Courts are under a general obligation
to develop it appropriately"
(par[39]).
Die
toepassing van artikel 39(2) geskied in twee fases:
"The
first stage is to consider whether the existing common law, having
regard to the section 39(2) objectives, requires development
in
accordance with these objectives. This inquiry requires a
reconsideration of the common law in the light of section 39(2). If
this inquiry leads to a positive answer, the second stage concerns
itself with how such development is to take place in order to
meet
the section 39(2) objectives" (par[40]).
Die
Konstitusionele Hof wys ook op die volgende:
”
Our
Constitution is not merely a formal document regulating public power.
It also embodies, like the German Constitution, an objective,
normative value system. As was stated by the German Federal
Constitutional Court:
'The
jurisprudence of the Federal Constitutional Court is consistently to
the effect that the basic right norms contain not only
defensive
subjective rights for the individual but embody at the same time an
objective value system which, as a fundamental constitutional
value
for all areas of the law, acts as a guiding principle and stimulus
for the Legislature, Executive and Judiciary'"
(par[54]).
Uit
die voorgaande volg dit dat:
"(under)
section 39(2) of the Constitution concepts such as 'policy decisions
and value judgments' reflecting the 'wishes ...
and that the
perceptions ...of the people' and 'society's notions of what justice
demands' might well have to be replaced or supplemented
and enriched
by the appropriate norms of the objective value system embodied in
the Constitution." ([par56]).
[38]
Hoewel daar myns insiens, en in die lig van die voorgaande, heelwat
te se is vir die benadering deur Neethling voorgestel tot
die effek
dat die skuidvorm wat vir eise gegrond op kwaadwillige vervolging
vereis word, dieselfde moet wees as in die geval van
vermoensregtelike skade gegrond op die Actio Legis Aquiliae, is ek
gebonde deur die regspraak neergele deur howe van hoer status.
Na my
oordeel laat die beslissing in Heyns v Venter supra voldoende ruimte
vir die benadering deur Neethling voorgestaan. Die geidende
regspraak
bepaal egter anders. Ek verwys vervolgens na die tersake beginsels.
[39]
In Minister for Justice & Constitutional Development v Moleko
[2008] 3 All 5A 47 (SCA) op 53 par [20] is die volgende rakende
'n
eis gebaseer op kwaadwillige vervolging gese:
"
Reasonable and probable cause, in the context of a claim for
malicious prosecution, means an honest belief founded on reasonable
grounds that the institution of proceedings is justified.
The
concept therefore, involves both a subjective and an objective
element:
'
Not only must the defendant have subjectively had an honest belief in
the guilt of the plaintiff\ but his belief and conduct must
have been
objectively reasonable, as would have been exercised by a person
using ordinary care and prudence.
Met
klaarblyklik goedkeurende verwysing na Heyns v Venter supra te para.
13-14, se die Hoogste hof van Appel in Moleko supra op
64 par [64]
dat;
"The
defendant must not only have been aware of what he or she was doing
in instituting or initiating the procecution, but
must at least have
foreseen the possibility that he or she was acting wrongfully, but
nevertheless continued to act reckless as
to the consequences of his
or her conduct (dolus eventualis). Negligence on the part of the
defendant (or, I would say, even gross
negligence) will not suffice."
Kyk ook Relyant Trading Pty Ltd v
Shongwe
[2007] 1 All SA 375
(SCA) op 378c-g
[40]
By die toepassing van die gemelde kriteria op die feite in die
onderhawige saak, kom ek tot die volgende gevolgtrekkings:
1.
Ten opsigte van die eiser se eie vuurwapens en ammunisie: Die
vervolging van die eiser was, objektief gesproke, nie op redelike
gronde gebaseer nie. Die getuienis van Mev Meintjies plaas hierdie
aspek bo twyfel. Haar aanbevelings in die verband is nie deur
die
ander tersake amptenare in diens van die tweede verweerder nagevolg
nie. Sodanige nie-navolging was nie net objektief onredelik
nie maar
was roekeloos ("reckless") in die sin soos hierbo
aangehaal.
2.
Die klagte ten opsigte van die plofstowwe: die besluit om te vervolg
was nie objektief op redelike gronde gebaseer nie en die
oorwegings
deur mev Meintjies in ag geneem, konstateer nie objektiewe redelike
gronde nie; die besluit was roekeloos in die sin
soos hierbo na
verwys.
3.
Die klag ten opsigte van die dienspistool: die besluit om te vervolg
is geneem op grond van 'n aantal aannames reeds hierbo na
verwys: op
die minste moes mev Meintjies verdere navrae gerig het ten aansien
van die onsekerhede wat die aangeleentheid onderle
het; eweneens
ontbreek objektiewe redelike gronde hier en was haar optrede
roekeloos soos in die aangeduide sin.
[37]
Ek bevind gevolglik dat eiser sy saak in die drie opsigte hierbo na
verwys, op 'n oorwig van waarskynlikhede teen die tweede
verweerder
bewys het.
[38]
Die eerste verweerder en sy beamptes was by uitstek in 'n posisie om
onduidelikhede en onsekerhede ten opsigte van eiser se
persoonlike
vuurwapens en ammunisie, eiser se dienspistool, asook die
springstowwe, vinnig en effektief op te klaar. Daar is geen
sweem van
getuienis dat sulke pogings wel aangewend is nie. Inteendeel, die
gebrekkige inligting is aan die tweede verweerder oorgedra
sonder dat
die baie ooglopende gebreke daarin, of vraagstukke wat maklik
oplosbaar was, enigsins aangespreek is. By die toepassing
van die ter
sake kriteria het eiser sy saak teen die eerste verweerder ten
aansien van dieselfde drie aspekte op 'n oorwig van
waarskynlikhede
bewys.
[39]
Ten aansien van die balans van die klagtes bevind ek egter dat daar
nie deur eiser bewys is dat sodanige klagtes voldoen aan
die gestelde
kriteria nie. Vir die doeleindes van wat volg word hierdie klagtes
buite rekening gelaat.
[40]
Met betrekking tot kwantum het die advokate my na vn wye
verskeidenheid gewysdes verwys. Wat eiser se persoonlike
omstandighede
betref neem ek in ag dat die vervolging 'n ingrypende
uitwerking op sy lewe en loopbaan gehad het. Sosiaal en werksgewys
was die
uitwerking ingrypend. As senior polisie-offisier en
bevelvoerder was die proses waaraan hy onmiddellik voor en tydens sy
inhegtenisname
onderwerp is, vernederend en traumaties. Hy is geboei
en agter in 'n polisievoertuig gesit. Sy aanhouding vir die hierbo
aangeduide
tydperk (17h30-llh00 die volgende dag) was eweneens
vernederend en traumaties. Die vervolgingsproses self was uitgerek
(ongeveer
twee jaar en drie maande) en het met heelwat publisiteit in
die openbare media gepaard gegaan. Hy is aanvanklik sonder voordele
uit sy werk geskors. Sy huis is deursoek.
Ek
aanvaar eiser se getuienis dat sy aanvanklike regskoste ongeveer R93
000 beloop het. Eiser beweer ook dat die klagtes teen hom
vn
uitwerking op sy huwelik gehad het. Sy posisie by sy werkplek na die
klagtes teen hom ingebring is en hangende die afhandeling
van die
saak, was sodanig dat hy nie langer kans gesien het om in diens van
die SAPD te bly nie en het hy gevolglik met vervroegde
pensioen uit
die diens getree. So het sy loopbaan van 34 jaar tot 'n einde gekom.
Tans doen hy "los werkies" as sekuriteitsbeampte.
[41]
Elke saak moet op sy eie meriete beoordeel word wat kwantum betref.
Vergelykbare sake word wel van kennis geneem. Die sake
verskyn in die
advokate se uitvoerige hoofde en ek herhaal dit nie. Ek het daar
behoorlik van kennis geneem. Dit is voldoende om
op te merk dat
geeneen van die sake waarna ek verwys is werklik vergelykbaar is met
die huidige geval nie. Hoewel ek dus kennis
neem van die bree
raamwerk van die toekennings wat gemaak is en die oorwegings wat in
elke gevai in ag geneem is, ag ek dit nie
vanpas om die huidige geva!
op te weeg teen enige van die voorgehoue sake nie.
[42]
Die eiser is ten aansien van drie "groepe" klagtes
wederregtelik vervolg, soos reeds hierbo bevind is. Ek neem wel
die
feit dat die eiser nie geslaag het om kwaadwillige vervolging ten
aansien van die balans van die klagtes te bewys nie, in ag.
Die
oorblywende drie "groepe" klagtes waar die eiser in sy eis
geslaag het, is egter, as sodanig, substantiewe klagtes.
Die
voorbereiding verbonde aan 'n verweer teen elk van die drie "groepe"
klagtes het duidelik baie tyd en moeite in beslag
geneem. Indien die
eerste en tweede verweerders hulle pligte verrig het op 'n wyse soos
hulle moes, dan sou eiser die tyd, moeite
en wroeging gespaar gewees
het om hom teen daardie klagtes te moes verweer.
[43]
Alles in ag genome is ek van oordeel dat genoegdoening ten bedrae van
R120 000 'n billike bedrag daarstel ten aansien van die
deel van sy
eis wat eiser kon bewys. Soos reeds hierbo bevind, is eiser ook
geregtig op betaling van die bedrag van R93 000 uitgele
aan regskoste
voor die instel van hierdie eis. Die feit dat eiser in hierdie hof
slegs gedeeltelik slaag maak myns insiens geen
verskil aan die feit
dat hy op die stadium toe hy die R93 000 uitgele het, geregtig was om
aldus te doen ten einde volledige regsadvies
met betrekking tot die
geheel van die klagtes teen horn, te bekom het nie.
Ek
maak die volgende bevel:
1.
Eerste en tweede verweerders word gelas om gesamentlik en
afsonderlik, die een te betaal die ander vrygeskeid te word, die
bedrag
van R213 000,00 aan die eiser te betaal.
2.
Eerste en tweede verweerders word gelas om rente a tempore morae
bereken teen 15.5 % per jaar, bereken vanaf datum van dagvaarding
tot
datum van betaling, gesamentlik en afsonderlik aan eiser te betaal.
3.
Eerste en tweede verweerders word gelas om gesamentlik en
afsonderlik, die een te betaal die ander vrygeskeid te word, die
eiser
se koste van die geding te betaal.
DIT
WORD SO GELAS.
TJ.KRUGER
Wn.R