Booysen v Erasmus NO (29658/2012) [2013] ZAGPPHC 41 (12 February 2013)

45 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Succession — Fideicommissum — Interpretation of wills — Application for declaration regarding termination of fideicommissum and rights of beneficiaries — Applicant sought to declare that the fideicommissum established in the wills of the deceased testators had ended with the death of the fiduciary, Barend Christiaan Booysen, and that his granddaughter, J B, was not entitled to inherit under the terms of the wills — Respondent countered, asserting entitlement to inherit as a fideicommissary — Court held that the fideicommissum remained valid and that J B was entitled to inherit as the second fideicommissary upon the death of her father, Josua Booysen, prior to the death of the fiduciary.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2013
>>
[2013] ZAGPPHC 41
|

|

Booysen v Erasmus NO (29658/2012) [2013] ZAGPPHC 41 (12 February 2013)

NOT
REPORTABLE
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
NOORD
GAUTENG HOe HOF, PRETORIA
(REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA)
SAAK
NO: 29658/2012
DATUM:12/02/2013
In
die saak tussen:
Boedel
wyle Barend Christiaan Booysen
…...........................................................
Applikant
en
Nicolette
Erasmus
N.O.
..............................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
DE
VOS R
[1]
Hierdie is die keerdag van ‘n bevel nisi met keerdatum 17
Augustus 2012, uitgereik deur hierdie Hof, waarin alle
belanghebbendes
opgeroep word om redes aan te voer waarom die
volgende bevel nie finaal gemaak moet word nie:

1.1
Dat verklaar word dat die fideicommissum ten gunste van Josua Booysen
ingestel ingevolge die testament van wyle Johannes Arnoldus
Jacobus
Booysen, gedateer 20 Maart 1969, en wyle Jacomina Hendrina Booysen,
gedateer 26 Maart 1969, met die dood van Josua Booysen
op 26 Augustus
2001 beeindig is;
1.2
dat verklaar word dat Jonique Booysen, die dogter van Josua Booysen,
nie geregtig is om te erf ingevolge die bovermelde testamente
van
wyle Johannes Arnoldus Jacobus Booysen en Jacomina Hendrina Booysen
nie;
1.3
dat Advokaat Elani Botha aangestel word as curator ad litem oor die
minderjarige kind J B om verslag te doen op die keerdatum
aan
bogemelde agbare hof;
1.4
dat die koste van die curator ad litem en koste van die aansoek
betaal word deur die boedel van wyle Barend Christiaan Booysen.

Indien die aansoek geopponeer word sal die versoek gerig word dat die
koste betaal word deur die party wat die aansoek opponeer”.
[2]
Op die keerdatum is die bevel verleng tot 5 November 2012 en is die
volgende verdere bevel gemaak:

1.
Nicolette Erasmus (Identity no: …..), in her capacity as
mother and natural guardian of J B (Identity no: …...)
is
joined in the application as Respondent
2. ...
3.
The Respondent must file an opposing affidavit, alternatively a
notice to raise a question of law in terms of Rule 6(5)(d)(iii)
on or
before 7 September 2012, to which Opposing affidavit (if any)
Applicant may reply on or before 28 September 2012.
4.
Heads of argument should be filed on behalf of Applicant on or before
5 October 2012, and Heads of Argument on behalf of Respondent
on or
before 12 October 2012.
5.
5.1 Advocate Elani Botha is discharged as appointed curator ad litem
for J B.
5.2
Cost of the curator ad litem must be paid from the estate of the late
Barend Christiaan Booysen.
6.
Cost of extension of the return date shall be paid by the Respondent
[3]
On the 7th September 2012 the Respondent, duly represented by her
mother, filed a counter-application which reads as follows:

1.
That it be declared that the fideicommissum created in terms of the
wills of the late Johannes Arnoldus Jacobus Booysen, dated
20th March
1969, and the late Jacomina Hendrina Booysen, dated 26th March 1969,
entitles J B (Identity no: …..), to inherit
such bequest as
her late father, Josua Booysen, would have inherited, if he was still
alive.
2.
That the executor in the estate of the late Barend Christiaan Booysen
be ordered to distribute the property subject to the fideicommissum

created by the set wills to Johannes Arnoldus Jacobus Booysen as
first fideicommissarius of his bequest and to J B as second
fideicommissarius
of her bequest;
3.
Declaring that the fideicommissum created in the two wills
afore-stated, will terminate in respect to the fideicommissionary

bequest to J B, and that she will receive full ownership in respect
of the properties bequeathed to her.
4.
That the cost of the application, and counter application, be paid by
the estate of the late Barend Christiaan Booysen;
5.
That such further and/or alternative relief be granted to the
respondent, as the honourable court may be deemed fit”.
[4]
Die Respondent word verteenwoordig deur haar moeder, Nicolette
Erasmus, in haar verteenwoordigende hoedanigheid. Sy was getroud
met
wyle Josua Booysen welke huwelik op 5 Desember 1997 voltrek is. Uit
die huwelik is die minderjarige dogter J B gebore op 13
Januarie
2000.
[5]
Dit is gemene saak dat Josua Booysen oorlede is op 26 Augustus 2001.
Jonique se moeder is tans haar enigste voog en ook haar
natuurlike
ouer. Beide die hoofaansoek sowel as die teenaansoek het betrekking
op die bemaking van 2 plase aan wyle Barend Christiaan
Booysen deur
sy vader en grootmoeder (soos vermeld in bede 1 van die teenaansoek)
en die verdere vererwing van die plase na sy
dood ingevolge bogemelde
testamente.
[6]
Die testament deur Barend Christiaan Booysen se vader opgestei bepaal
soos volg:
[6.1]
“Ek bemaak my plaas Grootpan, 378 morge groot, aan my seun
Barend Christiaan Booysen onderhewig aan die voorwaarde dat
dit by sy
dood sal gaan na sy kinders by wie se dood die plaas weer sal oorgaan
na my seun se kleinkinders. Indien my seun te sterwe
sou kom, sonder
om kinders na te laat of indien sy kinders geen kinders nalaat nie
sal gemelde plaas oorgaan na Cornelia Maria
Bezuidenhout (gebore De
Jager), my half suster Johanna de Jager se dogter, by wie se dood die
plaas na haar kinders sal oorgaan
[6.2]
Barend Christiaan Booysen se grootmoeder het ook haar plaas aan hom
bemaak. Haar testament bepaal:

Ek
bemaak my boedel, roerend en onroerend as volg:- My gedeelte van die
plaas Grootpan, 100 morge groot, aan my kleinseun Barend
Christiaan
Booysen onderhewig aan die voorwaarde dat dit by sy dood sal gaan aan
sy kinders by wie se dood die plaas weer sal oorgaan
na my kleinseun
se kleinkinders. Indien my kleinseun te sterwe sou kom sonder om
kinders na te laat, sal gemelde plaas oorgaan
na Cornelia Maria
Bezuidenhout (gebore De Jager), die dogter van Johanna de Jager, by
wie se dood die plaas sal oorgaan na haar
kinders. Die bemaking is
onderhewig aan die verdere voorwaarde dat M J Jansen ‘n
lewenslange reg van habitatio sal he ten
opsigte van die huis opgerig
vir hom en tans deur hom bewoon op my deel van gemelde plaas".
[7]
Die eiendomme is by die dood van die twee testateurs geregistreer in
die naam van wyle Barend Christiaan Booysen, onderhewig
aan die
fideicommissa soos vervat in die onderskeie testamente.
[8]
Die oorledene Barend Christiaan Booysen het twee seuns gehad,
naamlik, Johannes Arnoldus Jacobus Booysen (die eksekuteur van
sy
boedel) asook Josua Booysen (“Josua”). Die seun Josua was
die natuurlike vader en voog van die dogter J B. Soos
reeds gemeld is
sy op 13 Januarie 2000 gebore en het hy gesterf op 26 Augustus 2001.
Josua se vader, Barend Christiaan Booysen
is oorlede op die 22ste
Februarie 2009, dit wil se bykans 8 jaar nadat sy seun Josua gesterf
het. Voordat Barend Christiaan Booysen
tot sterwe gekom het, is sy
boedel gesekwestreer en in 1993 is die fidusiere reg in sy eiendomme
verkoop aan J C J en J G Bezuidenhout
Boerdery BK. Die regte is
verkoop onderhewig aan die voorwaardes vervat in die testamente van
sy vader en sy grootmoeder onderskeidelik.
[9]
Volgens die dominante bepalings van die testament is dit gemeensaak
dat dit die bedoeling van beide testateurs was om ‘n

fideicommissum in die lewe te roep. Dit blyk in elk geval ook so
aanvaar te gewees het deur die Registrateur van Aktes inaggenome
die
endossemente wat op die titelaktes aangebring is. ‘n
Testamentere fideicommissum kan soos volg gedefinieer word: 11A

testamentary fideicommissum is a disposition of property by a will to
a beneficiary (known as the fiduciary) subject to a provision

requiring the fiduciary, either absolutely or upon the fulfillment of
a condition to pass on the property either wholly or in part
to
another beneficiary (known as the fideicommissary)”. Sien
Raubenheimer vs Raubenheimer, 2012(5) SA 290 SCA paragraaf 23;
Van
Zyl vs Van Zyi, 1951(3) SA 288 A op 291 G - H; Union Government vs De
Kok N.O.,
1918 AD 22
op 54; British South African Company vs Bulawayo
Municipality,
1919 AD 84
op 95, M M Corbet et al., “The Law of
Succession in South Africa” 2nd edition (JUTA) 260.
[10]
Die algemene werking van ‘n fideicommissum is dat die
fiduciarius vervang word met die aangewese fideicommissarius. Dit

beteken dat by die afsterwe
van
Barend Christiaan Booysen (as fideiciarius) op 22 Februarie 2009, ‘n
substitusie moes plaasvind deurdat hy die testamentere
ingestelde
bevoordeelde was en by die plaasvind van die testamentere gebeurtenis
(sy afsterwe) die eiendomme oorgedra moet word
aan sy kinders as
fideicommissarii. Die testamente bepaal verder dat testateurs se
fideicommissarii weer die eiendomme by hulle
dood moet oordra aan
hulle kinders. Dit staan bekend as fideicommissere substitusie.
[10.1]
Op die algemene werking van die reel bestaan daar egter wel sekere
uitsonderings waarmee hieronder gehandel word.
[10.2]
Vir doeleindes van hierdie uitspraak word die uitleg van hierdie
testamente op dieselfde wyse beoordeel.
[11]
Die Applikant in die hoofaansoek se advokaat het betoog dat die
algemene beginsel is dat die reg op dominium in die eiendom
wat deur
‘n commissum beswaar is in die fiduciarius vestig met die dood
van die testateur(s). Dit is egter onderhewig aan
die uitdruklike
voorwaarde dat die fiduciarius dan steeds in lewe moet wees.
Dieselfde beginsel is van toepassing op die fideicommisarii.
Hulle
regte vestig eers met die dood van die fiduciarius Barend Christiaan
Booysen (die oorledene). Geen regte vestig in die fideicommissaris

voor die dood van die oorledene nie en het hulle bloot ‘n hoop
of verwagting op die erflating. By die dood van ‘n fiduciarius,

ontstaan ‘n persoonlike reg ten gunste van die fideikommissaris
om die regte soos vervat in die testament teen die fiduciaris
of sy
boedel af te dwing. Hieruit volg dit dan ook dat die fiduciaris se
regte beeindig word wanneer die fideicommissere voorwaarde

plaasgevind het.
[12]
Dit is die applikant se saak dat geen regte die oorledene, Josua, se
dogter toegeval het nie aangesien Josua oorlede is voor
sy vader.
Daar het dus slegs ‘n hoop of ‘n spes bestaan dat die
regte soos omskryf in die testament aan hom, Josua,
sou toeval by die
dood van sy vader.
Applikant
steun oo die volqende reqsarqumente:
[13]
Die applikant steun in sy betoog op die beslissing van Savory vs
Savory,
1903 NLR 315
op 316 - 7. Die Hof bestaande uit 3 Regters moes
beslis of ‘n bemaking ‘n direkte substitusie of ‘n
fideicommissere
substitusie is. Die testament lees soos volg. “The
remainder of the said capital sum I leave to my dear daughter,
Octavia
Hariette Mary, and I also give, devise, and bequeath to my
said daughter all the residue and remainder of my estate and effects,

movable and immovable, and of what nature or amount soever, and
whatsoever situated. In making this distribution of my estate and

effects I have had regard to the fact that my two eldest sons are
otherwise provided for. Should my said daughter die a spinster,
it is
my wish, and I so direct that the property made to her in this my
will shall pass to my next son, Julian William, and my
eldest son,
Samuel Henry, but with power to my said daughter to direct by last
will and testament in what shares or proportions
my said sons shall
succeed to the said property at her death. ”
[13.1]
Subsequently, by codicil dated 6 May 1889 she increased the legacy to
her son Julian William, and directed that her daughter,
the Plaintiff
should not “remove her share of my money lent to the said
business so long as my sons pay her £7 (seven
pounds) per month
unless my sons desire to pay the amount of the capital due to her, or
failed to pay the monthly interest of £7
(seven pounds)
aforesaid”.
[13.2]
Die seun Samuel Henry het gesterf voor sy moeder maar is oorleef deur
sy vrou en minderjarige kind wie gebore is voordat
die testament en
kodisil verly is. Die seun Julian William het afstand gedoen van sy
belang in die boedel.
[13.3]
Die Hof stel die regsvraag soos volg op 317: “The only question
is whether the plaintiff who is still unmarried, is
entitled to what
is called in the statement of facts “the trust estate”
absolutely - her brother Samuel Henry Savory
having predeceased his
mother, and her brother Julian William having renounced.
[13.4]
Die Hof defineer as vertrekpunt ‘n fideicommissere substitusie
soos volg. “A fidei-commissionery substitution
is one where the
heir or the legatee receives the inheritance from some other person
who has been instituted direct heir. A direct
substitution is one
whereby the heir derives his right immediately from the deceased”
en vervolg soos volg op 318 “Where
a substitution is direct
there is no implied condition, under Roman-Dutch Law, in favour of
the institute si sene liberis decesserit.
But where the substitution
is fidei-commissary, such a condition may be annexed to the
fideicommissum, so that unless the condition
happens the
fidei-commissum does not arise and a substitution fails of effect.
[13.5]
Op 319 vervolg die Hof soos volg: “Being, however, satisfied
that the fideicommissum has been created, I have next
to consider
whether by the predecease of Samuel Henry Savory it has been pro
tanto defeated, and in order to answer that question
I have to
consider whether the specific property or any part of it vested in
him. The rule, I think, is that generally a fidei-commissum
vests in
a fidei-commissary at the death of the fiduciary, not before. There
can, I think, be no doubt upon the terms of the will
that it vested
in the Plaintiff but was liable to be divested on the death in
certain events” Op 320 gaan die Hof voort:
“Now a
fideicommissum fails, I understand, if the fidei-commissary heir dies
during the pendency of the condition on which
the fideicommissum
depends (Mackeldy, sec. 792) for he does not transmit the expectation
to its heirs. In the case before us, he
predeceased the testatrix. He
never was in the position of a fideicommissary heir and unless there
be some evidence of a direct
intention on the part of the testator it
seems difficult to hold that his children would succeed. Hereto is no
evidence of such
intention”.
[14]
Die applikant het ook verwys na die saak van Schaumberg vs Stark
N.O., 1956(4) SA 462 (A) op 468 D - E waar die Hof met goedkeuring

verwys na die beslissing van Ex Parte Melle and Others, 1954(2) SA
320 AD op 334 waar die volgende beginsel aanvaar is: “Full

effect should be given to the dominant clause which bequests’
the legacy or institutes the heir and that its effect should
not be
modified nor its meaning strained because there are other clauses in
the will which, apparently require this to be done,
unless it is
quite clear from those other clauses that the testator so intended”.
[15]
In bogemelde saak het die testateur sy boedel bemaak aan sy vrou met
die voorwaarde dat dit na haar dood sal gaan aan hulle
3 kinders. Een
seun (Paul) is oorlede en het 4 kinders nagelaat. Die weduwee
(oorledene se vrou) het aansoek gedoen vir ‘n
bevel dat weens
die dood van die seun, die gedeelte van die boedel waarin die oorlede
seun ‘n fideicommissere belang gehad
het op haar vererf. Die
vraag op appel was of die seun ‘n gevestigde belang gekry het
by die dood van sy vader, die testateur.
WATERMEYER HR het met
goedkeuring verwys na die beslissing van Smit and Another vs Estate
Smit, 1949(1) SA 534(A) op 543 - 4 waar
die beginsel soos volg
geformuleer is: “The question whether or not a testamentary
gift vest in the beneficiary on the death
of the testator depends on
the intention of the testator... If property is bequeathed to a
beneficiary at some future date subject
to an intermediate interest
given to another beneficiary then if the intermediate interest is of
a usufructuary character the natural
inference is that the testator
intended the right of ownership of the property to vest immediately
in the ultimate beneficiary.
If on the other hand the intermediate
interest is of a fiduciary character the natural inference is that
the testator intended
the right of ownership of the property not to
vest on his death in the ultimate beneficiary. But these inferences
must necessarily
give way to the contrary intention which is
disclosed by the will (467 A-C)”.
[16]
Laastens het die applikant ook verwys na die beslissing van die Ex
Parte Van Niekerk,
1942 OPD 178
op 181. Hierdie beslissing, gee die
respondent toe, staaf die argument van die applikant.
[16.1]
Die feite in die saak was soos volg: 1) wyle Pieter Stephanus van
Niekerk was eienaar van twee plase wat op hom vererf het
van sy
vader, die testateur; 2) op die transportakte van daardie plase is ‘n
fideicommissum aangeteken in die volgende bewoording:

Both
subject to express burden of fideicommissum in such manner that the
said property shall at the death of the said Pieter Stephanus
van
Niekerk devolve in free property upon his lawful descendants per
stirpes, and that in the event of the said Pieter Stephanus
van
Niekerk dying without leaving lawful issue the same shall accrue to
certain other children of the said late Daniel Johannes
Albertus van
Niekerk (Die Testateur) to wit the lawful descendants by
representation of (dan word ses van sy broers en suster by
name
genoem) subject to the burden of fideicommissum as hereinafter
mentioned as set forth in the will of the said late Daniel
Johannes
Albertus van Niekerk dated 23rd August, 1904”
Die
Hof bevind op p180: “Die skema wat die testateur had is
duidelik. By die aanvang van sy beskikkings beveel hy dat die
grond
wat aan elke erfgenaam toegeken en toebedeel word onderhewig is aan
fideikommis in dier voege dat by sy of haar oorlye die
grond oor sal
gaan in die vrye eiendom van sy of haar kinders. Het hy hierdie
bepaling nie herhaal nie dan sou grond wat op mede-erfgename
in
daardie groep vererf het uit hoofde van kinderloosheid die
onbeswaarde eiendom van sulke erfgename geword het, wat nie met sy

oogmerke sou strook nie. Gevolglik herhaal hy die bepaling met die
gevolg dat fideikommissariese opvolgers van kinderloos sterwende

mede-erfgename gebonde is om ook die aanwassende gedeeltes op hulle
respektiewe kinders te laat vererf. Hulle erfopvolging is egter
uit
hoofde van fideikommis en nie direkte substitusie nie. Gevolglik gryp
die fiksie van ‘n vroeere aanwas van hulle regte
nie plaas nie,
maar word hulle regsverkrygendes slegs indien hulle die fideiciarius
oorleef (Voet 7.1.13). Gevolglik het die broers
en susters van Pieter
Stephanus wat voor hom te sterwe gekom het geen regte gehad wat uit
die fideikommissere substitusie vloei
en wat op hulle kinders kan
vererf nie”.
[16.2]
In navolging van die beslissing beteken dit dat Jonique haar vader
Josua se erfopvolger is uit hoofde van die fideicommissum,
soos wat
dit ook die testateur se bedoeling was. Indien Josua egter voor die
ooriedene (die fideicuarius) tot sterwe kom het die
regte wat Josua
sou verkry het, tot niet gegaan by Josua se dood. Josua sou dus geen
regte verkry het wat op Jonique kon vererf
nie.
[16.3]
Stawing vir die standpunt word ook gevind in die beslissing van Reek
N.O in Registrateur van Aktes, Transvaal, supra op 597
C - F waar
BOSHOFF R in sy afsonderlike uitspraak van die Volbank beslis het dat
' in so geval is die aanstelling van die fideikommissere
erfgename
voorwaardelik omdat dit afhanklik is van die feit dat die
fideikommissere erfgename die fidusiere erfgename moet oorleef.
Daar
is 'n algemene vermoede dat die testatrise die bedoeling gehad het om
enige vestiging in die fideikommissere erfgename uit
te stel tot na
die dood van die langslewend”.
[16.4]
Die applikant het ook verwys na die saak van Jewish Colonial Trust
Ltd vs Estate Nathan,
1940 AD 163
op 167 waar die Appelhof soos volg
beslis het:

In
the ordinary form of fideicommissum, created by a will where the
fiduciary is a human being taking a beneficial interest and
the
fideicommissionary is a human being, there is implied in the bequest
to the fideicommissary a condition of survivorship vie
that his
institution as heir is conditional on his surviving the fiduciary”.
[17]
Die Respondent se advokaat (Applikant in die teenaansoek) betoog dat
‘n onderskeid gemaak moet word tussen die begrip

“fideicommissum unicum” d.i. waar die testament bepaal
dat die eiendom slegs eenmalig oorgedra word vanaf ‘n

fideiciarius na ‘n enkele fideicommissarius en daardie gevalle
wat bepaal dat ‘n eiendom meer as een keer aan opeenvolgende

fideicommissarii oorgedra moet word en wat bekend staan as ‘n
“fideicommissum multiplex.” Sien Corbett, Hofmeyer
&
Khan, “The Law of Succession in South Africa” supra op
262.
[18]
Die respondent se advokaat het betoog dat die betrokke fideicommissia
wat in beide testamente tot stand gekom het, geskep is
vir die
maksimum periode soos toegelaat in artikel 6 van Wet 97 van 1965.
Josua is die eerste fideicommissaris vis a vis die oorledene
Barend
Christiaan Booysen as fiudiciarius. Laasgenoemde is ook die
fiduciarius vis a vis J. J is die finale fideicommissaris van
die
bemaking aan Josua. Die afsterwe van Josua voor die dood van sy vader
Barend Christiaan Booyse het dus tot gevolg dat by die
dood van
laasgenoemde, Jonique geregtig is op die nalatenskap.
[19]
‘n Fideicommissum multiplex is, soos hierbo reeds na verwys,
gevalle waar daar meerdere opeenvolgende opvolgers in regte
is. In
sodanige gevalle, voer die Respondent aan, bevind die latere
fideicommissaris homself in dieselfde posisie as wanneer ‘n

fideicommissaris vis a vis die fiduciarius regte verkry. Of anders
gestel, die dood van die fiduciarius beeindig nie die bestaan
van die
fideicommissum nie maar het bloot tot gevolg dat die regte van die
opeenvolgende fideicommissaris versnel word en hy/sy
by wyse van
substitisie intree in die plek van die persoon wat voor hom die regte
sou verkry. In die verband steun die respondent
op die beslissing van
Ex Parte Swanepoel, 1960(2) SA 357 OPA op 360 A - B waar beslis is
dat indien ‘n fideikommissaris in
die tweede geslag te sterwe
kom, voor die fiudiciarius van die eerste geslag, dan verval die
fideicommis nie, maar gaan dit oor,
by die dood van die fiduciarius,
op die fideicommissarisse in die derde geslag. Hierdie resultaat is
ooreenkomstig die beginsel
dat sou die fiduciarius voor die testateur
tot sterwe kom, die fideicommissum nie misluk nie omdat die
fideicommissaris onmiddellik
geregtig word op die betrokke erflating.
[20]
Respondent betoog dat ondersteuning vir die standpunt ook gevind word
in die saak van Reek N.O vs Registrateur van Aktes, Transvaal,

1969(1) SA 589 (T) op 598 F - G waar die Hof bevind het. “Dit
is naamlik die geval waar ‘n testateur sy kind as fidusiere

erfgenaam van sy goed instel en dan bepaal dat die goed na
laasgenoemde se dood na sy kinders moet gaan: as die fidusiere
erfgenaam
nou voor die testateur sterf, sou hy op die bewoording van
artikel 24 ‘n vooroorlede kind genoem kan word wat op ‘n

bemaking geregtig sou geword het as hy die testateur oorleef het en
sou sy afstammelinge derhalwe in sy plek daarop geregtig word.
So ‘n
resultaat sou egter niks nuuts wees nie, maar sou daar in teen in
ooreenstemming wees met ‘n regsposisie wat
lank reeds erken
word.” Soos in Lubbe v Executor of Beukes and Another,
1925 OPD
136
op 139 gese is: “It is, however clear, indeed it is
admitted, by all the parties, that a fideicommisary substitute does
not
fail by reason of the decease of the fideiciary legatee before
the testator. ”
[20.1]
Die Respondent se betoog kan soos volg saamgevat word. Dat die
huidige saak onderskeibaar is van die Savory saak deurdat
die 2de
fideicommissarii (J) nie te sterwe gekom het voor die (fiduciarius)
nie. Die Savory saak beklemtoon die beginsel dat die
fideicommissarii
in lewe moet wees wanneer die eiendom van die fiudiciarius aan die
fideicommissarii oorgedra moet word. Respondent
voer aan dat die Hof
in die Savory saak slegs moes beslis oor ‘n fideicommissum
unicum en nie oor ‘n fideicommissum
multiplex nie. Die
regsbeginsel in casu is derhalwe nie aangespreek nie.
Die
Respondent betoog ook dat die Applikant se verwysing na die Jewish
Colonial saak ook slegs verwys na n fideicommissum unicum.
In die een
volgende sin van dieselfde uitspraak se die Hof: “That this
implication does not exist in every form of fideicommissum...
In
particular, as indicated above, the condition of survivorship must
yield before the intention, by a testator creating a fideicommissum

multiplex to benefit all mentioned fideicommissaries.” Die
Respondent voer aan dat die voorwaarde dat n fideicommissarius
moet
oorleef verval waar dit die uitdruklike bedoeling van die testateur
is om in fideicommissum te skep tot voordeel van al die

fideicommissarisse.
[20.2]
Dieselfde beginsel hierbo na verwys is gehandhaaf in die beslissing
van Reek N O vs Registrateur van Aktes Transvaal, 1969(1)
SA 589 TPD
waar ‘n volbank van hierdie Afdeling by monde van BOSHOFF R
beslis het.

Die
eerste vraag wat onstaan is of die vooroorlede kind van die
testatrise volgens die bepalings van die testament tot ‘n

bemaking geregtig sou geword het as hy die testatrise oorlewe het.
Soos reeds gemeld is die langslewende aangstel as fidusiere
erfgenaam
en die kinders na sy dood as fideikommissere erfgename. In so ‘n
geval is die aanstelling van die fideikommissere
erfgename
voorwaardelik omdat dit afhanklik is van die feit dat die
fideikommissere erfgename die fidusiere erfgename moet oorleef.
Daar
is ‘n algemene vermoede dat die testatrise die bedoeling gehad
het om enige vestiging in die fideikommissere erfgename
uit te stel
tot na die dood van die langslewende. Totdat dit gebeur berus
dominium in die fidusiere erfgenaam en het die fideikommissere

erfgename ‘n blote verwagting of ‘n spes fideicommissi.
Hierdie algemene vermoede moet natuurlik swig voor die duidelike

gestelde strydige bedoeling van die testarise want alles hang van die
bedoeling van die testatrise af.”
Die
respondent voer aan dat die beslissing weereens gebasseer is op ‘n
fideicommissum unicum. Op die feite voor die volhof
is dit bevind dat
die fideicommissum beeindig word wanneer die fideicommissaris voor
die fideicuarius tot sterwe kom. Respondent
betoog dat hierdie
beslissing ook onderskei kan word van die feite wat in die
onderhawige saak van toepassing is.
[20.3]
Die Respondent kritiseer ook die Van Niekerk beslissing en voer aan
dat hierdie uitspraak gegee is:
(i)
In ‘n Ex Parte aansoek waar daar geen opposisie was of argument
daarteen aangevoer is nie.
(ii)
Die enigste gesag wat daarin aangehaal is, is ‘n verwysing na
Voet 7.1.13 soos hierbo na verwys. Respondent gee egter
toe dat die
gemeneregtelike reel wat steeds algemeen in Suid Afrika aanvaar word
in ooreenstemming is met Voet se uiteensetting
soos vervat in 7.1.13.
(iii)
Respondent kritiseer ook die Van Niekerk uitspraak deur daarop te wys
dat daar geen verwysing na ander regspraak is nie.
(iv)
Verder voer Respondent ook aan dat die Hof ook nie onderskei het
tussen n fideicommissum unicum en n fideicommissum multiplex
nie.
[20.4]
Op grond van bovermelde argumente betoog die respondent dan dat die
applikant se aansoek van die hand gewys word en dat die
teenaansoek
moet slaag.
[21]
Wanneer beide testamente ontleed word is dit duidelik dat die
dominante bepalings van die testament bepaal dat dit die bedoeling

van die testateurs was dat eiendomsreg by hulle dood moet oorgaan op
die fiduciuarius met ‘n “intermediate interest
of a
fiduciary character”. Die eiendomme is dan ook geregistreer op
gemelde Christiaan Barend Booysen (die fiduciaries) se
naarn
onderhewig aan die fideicommissum.
[22]
Die gebruik van die woord “onderhewig” aan die voorwaarde
dat dit by sy dood aan sy kinders oorgedra word, dui
op ‘n
verpligting waaraan voldoen moet word. Die verpligting word op die
skouers van die fiduciarius ex testamento gele om
‘n bepaalde
aangewese doel te bereik naamlik soos in hierdie geval die
verpligting om die plase oor te dra aan die volgende
aangewese
fideicommissere erfgename, sy kinders.
[23]
In beide testamente word Barend Chirstiaan saam met sy lewende
afstammelinge opeenvolgend as regsverkrygenes aangewys. Daar
bestaan
geen dubbelsinnigheid in die verband nie. Wanneer ‘n persoon
saam met hulle afstammeling in ‘n testament genoem
word as
erfgename sonder om te bepaal dat hulle opeenvolgende regsverkrygenes
is, bestaan daar ‘n vermoede dat die testateurs
‘n
bedoeling gehad het dat substitusie moet plaasvind Leu Ex Parte
Rossouw N.O.,
1951 (3) SA 681
(A). In hierdie saak bestaan daar nie
so ‘n dubbelsinnigheid nie.
[24]
Die testamente maak geen melding wat met ‘n vooroorlede kind
van Barend Christiaan se belang moet gebeur indien so ‘n
kind
voor Barend Christiaan tot sterwe kom nie.
[25]
Die fideicommissarius se beperkte vorderingsreg, en dus ook die
beperkende werking daarvan op die fiduciarius se eiendomsreg,
word
egter beperk deur die gemenereg. Indien die fideicommissarius sterf
voor die tydstip waarop oordrag van die belaste goed op
hom hom
vererf, verval sy vorderingsregte by sy dood. Sterf die
fideicommissarius nadat vermelde tydstip aangebreek het, maar voordat

vererwing plaasgevind het, vererf sy reg om lewering te vorder op sy
erfgename. Sien Van der Merwe en Olivier supra 336.
[26]
Die vraag is of J se reg tot substitusie soos omskryf in die
testamente enige uitsondering op die gemeneregtelike reel bevat
nl.
dat ‘n vooroorlede fideicommissarius se regte verval indien
hy/sy te sterwe kom voordat die belaste goed aan hom/haar
vererf het.
Haar reg op substitusie is ex tesiamento bepaal. Haar reg tot
substitusie ex testamento het verval by die dood van
haar pa, Josua,
aangesien hy geen regte verkry het wat op haar oorgedra kan word nie.
Na my mening is die testateurs se bedoeling
deurslaggewend. Die regte
wat aan Jonique toegese is deur die testateurs sou slegs ontstaan
nadat die eiendomme op haar vader,
Josua, vererf het. Hierdie reg is
by die dood van Josua beeindig deurdat daar nie aan die opskortende
voorwaarde soos vervat in
die testament voldoen is nie.
[27]
Die opskortende voorwaarde is ‘n positiewe voorwaarde aangesien
dit afhanlik gestel word van ‘n onsekere toekomstige

gebeurtenis, naamlik die verwekking van kinders en/of kleinkinders.
[28]
Josua het dus niks meer as ‘n fideicommissiere verwagting gehad
tot sy dood nie. Tot die dood van die fiduciarius het
Josua geen
gevestigde reg verkry of besit wat weer op sy dogter Jonique kon
vererf nie. Daar blyk ook geen bedoeling uit die testament
dat Josua
se regte gevestig word voor die dood van die fiduciarius nie. Die
tersaaklike gedeelte van beide testamente is dat die
plase by Barend
Christiaan Booysen se dood sal gaan aan sy kinders en dat by die
kinders se dood die plase sal oorgaan na Barend
Christiaan Booysen se
kleinkinders. Daar is geen aanduiding dat die bogenoemde tersaaklike
gedeelte ‘n gewone substitusie
is instede van ‘n
fideicommisser substitusie is nie. Dit is ook nie die Applikant of
die Respondent se saak nie. Sien Herald
v Estate Visser and Others,
1937 CPD 67.
Geen getuienis van omringende omstandighede wat ‘n
ander afleiding regverdig is voorgele nie. Ek is dus op die feite
gebonde
om te bevind dat die enigste vorm van substitusie waarna in
die testament verwys word, fideicommissere substitusie is.
[29]
Op die feite voor my het geen vestiging uit die fideicommissiere
beskikking plaasgevind nie omdat die fideicommissarius voor
die
fiduciarius gesterf het. Die testamente is duidelik en bepaal dat
vestiging sou plaasvind by die dood van die fiduciarius.
Tot daardie
gebeurtenis plaas gevind het, het die dominium gevestig in die
fiduciarius. By die nie-vervulling van die fideicommissiere

voorwaarde, word die ontbindende voorwaarde, waaronder die
fideicommissaris se “reg” gebuk gaan, vervul en vind
dienooreenkomstige
uitwissing van die ius in personam plaas. Sien Van
der Merne en Rowland, “Die Suid-Afrikaanse Erf reg” 1990
op 335.
Hierdie siening verklaar dan ook waarom die persoonlike hoop
en verwagting van ‘n fideicommissaris wat voor die vervulling

van die fideicommissiere voorwaarde sterf, nie aan sy kinders
oorgedra word nie.
[30]
Die regspraak deur die Respondent na verwys wysig nie die
gemeneregtelike posisie nie. Die Respondent het my ook nie na enige

gemeneregtelike gesag verwys om sy betoog te ondersteun nie.
[31]
Na my mening is daar geen onderskeid te tref tussen ‘n
fideicommissum multiplex substitusie en ‘n fideicommissum

unicum substitusie nie, die regsbeginsel bly dieselfde. Gevolglik kan
die teenaansoek nie slaag nie en moet dit van die hand gewys
word en
die bevel nisi bekragtig word soos gewysig.
Ek
maak derhalwe die volgende bevel:
1.
Die Respondent, Nicolette Erasmus No, se teenaansoek word van die
hand gewys.
2.
Die bevel nisi gemerk XYZ en gedateer 6 Julie 2012 word bekragtig
soos gewysig deur bede 5 van die hofbevel gemerk “X”

gedateer 17 Augustus 2012.
3.
Dat die koste van hierdie aansoek sowel as die teenaansoek deur die
boedel van wyle Barend Christiaan Booysen betaal word.
4.
Dat die koste van beide curator ad litems deur die boedel van wyle
Barend Christiaan Booysen betaal word.
H
J DE VOS
JUDGE
OF THE NORTH & SOUTH GAUTENG HIGH COURTS, PRETORIA
Prokureur
vir Applikant
:Stopforth Swanepoel en Brewis Ing
Parkstraat
729
Arcadia
Pretoria
Prokureur
vir Responden
t: E J V Penzhorn Attorneys
Suite
206
Brookfield
Park 237
Middel
straat
Pretoria