Van De Wetering Engineering (Edms) Bpk v Regent Insurance Company (4436/2010) [2013] ZAGPPHC 5 (11 January 2013)

60 Reportability
Insurance Law

Brief Summary

Insurance — Indemnity — Eligibility for prize in competition — Dispute arose regarding whether managing director, who announced that employees could not win, was disqualified from winning a prize — Court found that the managing director was indeed an employee and that his prior announcement constituted a modification of the competition rules, thereby disqualifying him from claiming the prize — Insurer not liable as no insurable risk materialized.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2013
>>
[2013] ZAGPPHC 5
|

|

Van De Wetering Engineering (Edms) Bpk v Regent Insurance Company (4436/2010) [2013] ZAGPPHC 5 (11 January 2013)

REPORTABLE
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
SAAKNOMMER:
4436/2010
DATUM:11/01/2013
VAN
DE WETERING ENGINEERING (EDMS) BPK
..........................
EISER
en
REGENT
INSURANCE
COMPANY.
........................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
A.A.
LOUW R
Inleiding
[1]
Die eiser is die bekende vervaardiger van AFRfT sleepwaens. Op 9
Oktober 2008 het die eiser ‘n gholfdag vir kliente gereel
by
Zebula Country Estate.
[2]
Die gholfdag het ingesluit dat kliente asook werknemers van die eiser
‘n rondte gholf speel en daarna probeer om ‘n

“hole-in-one” te slaan van die oefenbof af. Die teiken
was egter nie ‘n putjie nie maar ‘n sleepwa, oftewel

treiler, wat op ‘n afstand van 160m dwars oor die baan
geparkeer was. Die sleepwa was halfpad met sand gevul. Die persoon

wat 'n volmaakte gelukhou slaan, dit wil se ‘n bal wat binne in
die treiler land en nie uitspring nie, sou die treiler as
prys wen.
Blykbaar is die waarde van die treiler R456 000.
[3]
Om die eiser te beskerm teen die risiko dat iemand so n hou sou
slaan, is gebeurlikheidsversekering uitgeneem by die verweerder.
Dit
is gemene saak dat aanhangsel A tot die besonderhede van vordering
hierdie polis is.
[4]
In die polis word die afmetings van die treiler beskryf asook die
afstand daarvan vanaf die oefenbof. Die kardinale klousules
van die
polis is die volgende:
To
indemnify the insured in respect of their liability to award a price
to the value of R456 000 (Four Hundred and Fifty Six Thousand
Rand
only) to the first golfer who attempt to hit inside the treiler, only
if the ball lands inside the treiler and not bounce
out, will it be
deemed a win whilst participating in the insured event.”
[5]
Verder is die skadeloosstelling soos volg in die polis beskryf:
INSURING
AGREEMENT
The
company shall indemnify the insured for the expense incurred by the
insured in presenting the prize stated in the declarations
to a
contestant golfer for making a hole-in-one ..." (my klem)
[6]
Nerens in die polis staan dit dat ‘n werknemer van die eiser
nie die prys mag wen nie.
[7]
Die dispuut het ontstaan op grond van die feit dat die besturende
direkteur van die eiser, Andre van de Wetering (“AvdW”)

voor die kompetisie afgekondig het dat ‘n werknemer van die
eiser nie die prys mag wen nie. AvdW het die eerste hou geslaan
en
dit was in.
Die dispute
[8]
Daar is twee dispute om te besleg naamlik:
1.
Was AvdW ‘n werknemer van die eiser?
2.
Is hy op grond van sy afkondiging voor die kompetisie
gediskwalifiseer om die prys te wen?
Is/was
hy ‘n werknemer al dan nie
[9]
Daar bestaan by my geen twyfel dat hy wel ‘n werknemer van die
eiser was nie. Trouens sy eerste woorde in hoofgetuienis
was,
verwysende na die eiser, “dit is die maatskappy waar ek werk”.
Hy is deurentyd beskou as ‘n werknemer en
het homself ook as
sulks beskou. Lachenicht was die makelaar. In ‘n e-pos ‘n
week voor die beweerde eisoorsaak, 2 Oktober
2008, skryf Lachenicht
aan die verweerder dat: “the winner will be announced at the
prize-giving.”
[10]
Dit staan onbetwis in die getuienis (trouens AvdW was die enigste
getuie) dat hy nie die aand by die prysuitdeling 'n prys
toegeken is
nie. Daar was ook nie groot feesvierininge omdat hy hierdie groot
bedrag sou gewen het nie. Alhoewel mense horn geiukgewens
het, het
niemand daardie dag dit beskou dat hy die prys sou gewen het nie.
[11]
Na die voorvaL in korrespondensie oor die dispuut met die verweerder,
word AvdW deurentyd as £n werknemer beskryf. Op
14 Oktober 2008
skryf hy aan Lachenicht soos volg:
7
was not sure whether AFRIT employees could win the prize, and could
not ask anyone during my speech. Rather than disappointing
someone
later on, i decided to mention that AFRIT employees can’t win
but must still try. Thinking about if later on made
me realise that
it does not make sense that AFRIT employees can’t win, for
there is nothing we could have done to make it
easier for ourselves
or influence the outcome " (my klem)
[12]
Lachenicht skryf vervolgens, op dieselfde dag, aan die verweerder
soos volg:
uThe
employee ... was requested to say a few words prior to the event
taking place. /As he had not had sight of the actual policy
schedule,
he erred on the cautious side and made a misstatement ... that any
employee of the insured winning the
event
would be excluded, mistakenly thinking that they (employees) would be
excluded, which is not the case per the policy document
” (my
klem)
[13]
Namens die eiser is ek verwys na Henochsberg On the Companies Act te
p1038. Die stelling, heel tereg, word gemaak dat ‘n
besturende
direkteur nie noodwendig ‘n werknemer van die maatskappy is
nie. Of hy wel is, al dan nie, hang af van die statute
van die
maatskappy asook die kontrak wat hy met die maatskappy gesluit het.
[14]
Daar is geen getuienis deur die eiser aan my voorgehou dat AvdW in
terme van die statute nie beskou moet word as ‘n werknemer
nie.
Verder is sy dienskontrak ook nie aan my voorgele nie. Op grond van
die vele stellings, etlike waarvan hierbo aangehaal, en
uit sy eie
getuienis dat hy by die eiser werk, bevind ek dat hy wel ‘n
werknemer was.
Diskwalifikasie van
werknemer as gevoig van vooraf afkondiging
[15]
Die getuienis is dat AvdW, voor die eerste hou geslaan is, aan die
omstanders gese het dat werknemers van die eiser nie die
kompetisie
om die treiler kon wen nie. Hulle is egter wel toegelaat om net vir
die opwinding daarvan, na die teiken te slaan.
[16]
Op die stadium wat die aankondiging gemaak is het AvdW nog nie die
polis onder oe gehad nie. Hy het dit eers gesien terug by
die werk,
na die naweek. Toe hy daarin sien dat werknemers nie uitgesluit is
nie, het sy makelaar namens hom gepoog om die prys
van die verweerder
te verhaal. Die eiser het die eis gerepudieer soos blyk uit die
volgende korrespondensie:
1.
Op 5 November 2008 skryf Carel Labuschagne namens die verweerder soos
volg:

Sarachan
Reddy, the representative of Crawford, [die assessor wat die
verrigtinge dopgehou het] confirmed, Mr van de Wetering stating,
'no
one employee employed by
AFRIT
is allowed to win the treiler; but they are going to have a shot at
the treiler for fun’. By stating this, this automatically

formed part of the competition rules which in turns form part of the
policy conditions. For a risk to materialize, all competing
golfers
must comply with the competition rules as well as comply with the
policy conditions. I cannot agree with Noel Lachenicht’s

e-mail, stating this as an unfortunate misstatement’!
Mr
van de Wetering was therefore not eligible for the prize as he was;
1.
An employee and director of AFRIT group;
2.
He was not competing and never had the intention to compete in the
competition. His shot could therefore not be regarded as an
attempt
as per the operative clause. ”
2.
Die repudiasieskrywe gedateer gedateer 17 November 2008 stel dit soos
volg:

During
the processing of the claim it came to our attention that Mr Andre
van de Wetering exempted himself from the treiler competition
in
that, prior to the commencement of the event, he stated that he would
not be allowed to win the treiler prize and that any shot
taken by
him would be for fun. This exemption automatically formed part of the
competition rules and therefore the policy conditions.
Accordingly,
Mr van de Wetering was not eligible for the treiler prize ”
[17]
Die argument namens die eiser is dat AvdW se afkondiging nie die
terme van die polis kon wysig nie. Met hierdie stelling is
niks fout
te vind nie. Hierdie argument verloor egter uit die oog dat die
ooreenkoms tussen die eiser en die verweerder irrelevant
is ten einde
die aanspreeklikheid van die eiser teenoor die deelnemers in die
kompetisie te bepaal.
[18]
Sou AvdW niks gese het voor die kompetisie nie, sou die verweerder
sekerlik aanspreeklik gewees het. Die eiser is egter slegs
verseker
teen ‘n spesifieke risiko. Voordat die eerste bal gesiaan is
het AvdW ondubbelsinnig die moontlikheid dat enige
werknemer die prys
kon wen, uitgesluit. Die essensie van ‘n kontrak van
versekering, soos die onderhawige, is dat die versekerde
‘n
risiko moet loop om in die geval van ‘n omskrewe gebeurlikheid,
iets te betaal. In die afwesigheid van enige risiko
is daar geen
versekerbare belang nie en kan ‘n versekeraar klaarblyklik nie
aanspreeklik wees nie.
[20]
Relevante gesag is die volgende:
In
DM Davis Gordon & Getz on The South African Law of Insurance
(1997) word die volgende gestel te p83:

In
contracts of indemnity insurance the insured is entitled to recover
the actual commercial value of what he has lost through the
happening
of the event insured against." (my klem) en verder:

The
authorities have repeatedly stressed the indemnity aspect of the
property insurance contract. Thus Grotius says of it: in facto

praestandae indemnitatis circa casus fortuitos aversio periculi.
Similarly in Malcher & Molcomess v Kingwilliamstown Fire &

Marine Insurance & Trust Co, Barry JP said: ‘The very
essence of the contract of insurance is, that it is a contract
of
indemnity; its sole and exclusive object is to procure for the
assured indemnity, in strictest sense of the word, for any losses
he
may sustain, through the agency of the risk against the effect of
which the underwriter, by the terms of his policy stands pledged
to
protect him." (my klem)
[21]
Dieselfde word gestei in Reinecke et a! General Principles of
Insurance Law (2002) p 216 waar twee van die vyf voorvereistes
vir
die ontstaan van ‘n gefdige versekeringseis soos volg bewoord
word:

(c)
the peril insured against must have occurred during the currency of
the contract;
the
insured must have suffered a loss as a result of the peril insured
against;’'.
[22]
Die eiser het geen verlies gely nie. Geen bedrag of treiler is aan
AvdW oorhandig nie. Hy het getuig dat in die week na die
kompetisie
die eiser besluit het dat die treiler aan horn toegeken word. Dit is
‘n baie vae stelling - dit kon nie uit sy
getuienis vasgestel
word wie so besfuit het en wanneer nie. Ook nie of dit by ‘n
direksievergadering gedoen is al dan nie.
Hy se egter dat die
strekkinq daarvan was dat die maatskappy besluit het hulie was
verseker, die voorwaarde is aan voldoen en dat
AvdW die treiler kry.
Direk na hierdie stelling het hy bygevoeg dat dit is op voorwaarde
dat daar dekking was, dat die treiler
aan horn gegee word.
Gevolgtrekking
[23]
Die eiser se eis moet dus van die hand gewys word met koste. Wat
koste betref is dit so dat koste voorbehou is op 28 Julie
2011. Daar
is geen argument aan my voorgehou hoekom die voorbehoue koste nie die
uitslag van die saak moet volg nie.
[24]
Ek maak dus die volgende bevel:
1.
Die eis word van die hand gewys met koste.
2.
Die koste sluit die voorbehoue koste van 28 Julie 2011 in.
A.A.
LOUW
REGTER
VAN DIE HOE HOF