Mostert v Senwes Beperk (6509/2011) [2013] ZAGPPHC 3 (11 January 2013)

45 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Claim for damages arising from slip and fall incident — Plaintiff, a farmer, slipped on an oil spill in the defendant's store and sustained injuries — Plaintiff alleged negligence on the part of the defendant for failing to clean the spill and for not providing adequate warnings — Court found that the plaintiff failed to prove the existence of a duty of care or negligence, as evidence showed that the defendant had a cleaning system in place and that access to the area was controlled — Claim dismissed due to lack of proof of negligence and wrongful conduct.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2013
>>
[2013] ZAGPPHC 3
|

|

Mostert v Senwes Beperk (6509/2011) [2013] ZAGPPHC 3 (11 January 2013)

NOT
REPORTABLE
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
SAAKNOMMER:
6509/2011
DATUM:11/01/2013
J.
A:
MOSTERT
.................................................................
EISER
en
SENWES
BEPERK
…....................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
A.A.
LOUW R
[1]
Die eiser is ‘n boer van die plaas Doomkuil, Ottosdal.
[2]
Die verweerder is Senwes Bpk, ‘n maatskappy met hoofplek van
besigheid te Klerksdorp. Die verweerder het ook 'n tak te

Voortrekkerstraat 26, Ottosdal.
[3]
Dit is nie in dispuut dat die eiser op 4 Desember 2009 die onderdeie
afdeling van Ottosdal Senwes besoek het en op ‘n
oliekol gegly
het waarna hy ‘n rak met sy linkerhand vasgegryp het om te
verhoed dat hy val as gevolg waarvan hy, na bewering
(en dit is
dispuut) beserings aan sy arm, skouer en nek opgedoen het.
[4]
In par 5 van die besonderhede van vordering beweer die eiser dat die
oliekol ontstaan het as gevolg van olie wat deur ‘n
werknemer
van die verweerder wat opgetree het terwyi hy aan diens was en binne
sy diensbestek gemors is alternatiewefik is dit
deur iemand anders
gemors terwyl sodanige persoon opgetree het in belang van die
besigheid van die verweerder.
[5]
In par 6 van die besonderhede word agt gronde van nalatigheid beweer.
Dit is die volgende:

1.
Die olie is, nadat dit op die vioer gemors is, nie skoongemaak en
verwyder nie.
2.
Die oliekol wat nie sigbaar was nie, was nie behoorlik afgesper sodat
persone nie daarin trap nie.
3.
Die oliekol wat nie sigbaar was nie, was nie behoorlik gemerk met
waarskuwingstekens sodat persone nie daarin trap nie.
4.
Die Verweerder en/of sy werknemers het versuim om te verseker dat die
vloere waar persone op beweeg te alle tye skoon en vry
van oliekolle
is.
5.
Die Verweerder en/of sy werknemers het versuim om 'n skoonmaakdiens
daar te stel ten einde te verhoed dat oliekolle op die vioer
aanwesig
is en aanwesig bly wat 'n gevaar vir persone wat die wilnkel besoek.
6.
Die Verweerder en/of sy werknemers het versuim om persone wat die
winkel besoek te waarsku van die gevaar van oliekolle op die
vioer.
7.
Die Verweerder en/of sy werknemers het versuim om te verhoed dat die
Eiser val en homself beseer.
8.
Die Verweerder en/of sy werknemers het onredelik opgetree deur nie
binne ‘n redelike tyd die oliekol te verwyder nie. ”
[6]
Die eiser beweer dat as gevolg van hierdie vasgryp aan die rak hy
skade van meer as R1 000 000 opgedoen het.
[7]
Wat opvallend is aan die dagvaarding is dat daar geen gronde van
onregmatigheid beweer word nie. Dit is belangrik dat alle eise
van
hierdie aard, in hierdie geval ‘n ommissio, moet beweer waarom
die handeling van die verweerder, of versuim daaraan,
onregmatig is
gemeet aan die boni mores van die samelewing.
[8]
Ek is nie voornemens om die getuienis in detail te behandel nie
aangesien ek meen dat die eiser geensins daarin geslaag het
om of
onregmatigheid of nalatigheid te bewys nie.
[9]
Die eiser het vier getuies geroep en die verweerder twee.
[10]
Eers tydens betoog het die advokaat vir die eiser, mnr D Venter
agtergekom dat hy onregmatigheid moet beweer. Dit is nadat
betoog
gelewer is deur mnr B Boot namens Senwes.
[11]
Na die verhoor het die eiser par 5 van die besonderhede van vordering
gewysig deur die bestaande paragraaf 5, (na verwys in
par 4 hierbo)
te vervang met die volgende:
'5.1
Die voormelde oliekol het ontstaan as gevolg van die olie wat deur !n
werknemer van die Verweerder, v\/at opgetree het terwyi
hy aan diens
was en binne sy diensbestek gemors is, alternatiewelik is dit deur
iemand anders gemors terwyi sodanige persoon opgetree
het in belang
van die besigheid van die Verweerder.
5.2
Die onderdeie afdeling word deur lede van die publiek besoek en het
lede van die publiek ongekontroleerde toegang tot sodanige
onderdeie
afdeling.
5.3.
Op grond daarvan dat lede van die publiek ongekontroleerde en vrye
toegang tot die onderdeie afdeling gehad het, was daar 'n
regsplig op
die Verweerder teenoor lede van die publiek om die vloer van die
onderdeie afdeling te a He tye skoon en vry van oliekolle
of ander
gevaarlike toestande te hou sod at dit nie 'n gevaar skep vir persone
wat die onderdele afdeling besoek nie.
5.4
Indien die Verweerder versuim om sy regsplig teenoor lede van die
publiek na te kom tree die Verweerder onregmatig op en is

aanspreeklik vir skade wat ‘n per soon ly wat die onderdele
afdeling besoek. ”
[12]
Die regsplig wat nou beweer word is daarop gebaseer dat die publiek
ongekontroleerde en vrye toegang tot die onderdele afdeling
gehad en
dat daar derhalwe ‘n regsplig op die verweerder teenoor lede
van die publiek was om daardie afdeling te alle tye
skoon en vry van
oliekolle te hou. Daardie versuim word as onregmatig beweer.
[13]
Wat beweerde deliktuele skade betref is dit altyd goed om die
volgende vertrekpunt, soos deur Harms AR gestel in Telematrix
(Pty)
Ltd v Advertising Standards Authority SA
2006 (1) SA 461
(SCA)
ingedagte te hou:

[12]
The first principle of the law of delict, which is so easily
forgotten and hardly appears in any local text on the subject,
is, as
the Dutch author Asser points out, that everyone has to bear the loss
he or she suffers. The Afrikaans aphorism is that
'skade rus waardit
val'. Aquilian liability provides for an exception to the rule and,
in order to be liable for the loss of someone
else, the act or
omission of the defendant must have been wrongful and negligent and
have caused the loss. But the fact that an
act is negligent does not
make it wrongful although foreseeability of damage may be a factor in
establishing whether or not a particular
act was wrongful. ”
[14]
Ten opsigte van onregmatigheid is die eerste vraag dus of dit
inderdaad so is dat die publiek ongekontroleerde en vrye toegang
het
tot die onderdeie afdeling wat agter die toonbank gelee is. Volgens
die fotos wat voor die hof geplaas is soos in bewysstuk
“A”,
bladsye 19-26 daarvan, blyk dit dat daardie afdeling agter die
toonbank ‘n groot area beslaan. Daar is talle
rakke met
onderdeie en ‘n gryserige sementvloer. Op die foto A25 word ‘n
“geen ingang” bord vertoon. Daar
is ‘n dispuut
tussen die getuies vir die eiser en die verweerder of daardie bord
ten tye van die voorval daar aangebring
was. Vir doeleindes van
hierdie uitspraak vind ek dit nie nodig om daaroor te beslis nie.
[15]
Op die twee fotos op bewysstuk A26 word die voile toonbank aangetoon
waar klante moet wag om bedien te word.
[16]
Dit is duidelik uit die eiser se eie getuienis dat mens nie bloot mag
deurstap, dit wil se verby die toonbank na die die agterste
gedeelte
nie. Hy se dat hy op 4 Desember 2009 ‘n probleem gehad het met
sy John Deere planter en ‘n sekere pyp gesoek
het. Hy het gewag
by die toonbank van die onderdele-afdeling en gestaan op dieselfde
plek waar hy altyd staan. Dit as sulks bewys
dat hy nie bloot net kon
deurstap nie.
[17]
Hy het die pyp waarmee daar ‘n probleem was vir Hendrik
Welemane gegee. Sy vriend Tommy Wiersma, wat ook ‘n boer
in die
Ottosdal omgewing is, het langs hom kom staan.
[18]
Opvallend is dat nie een van hulle twee bloot deurgestap het om te
kry wat hulle ookai wou he nie.
[19]
Na ‘n ruk het Welemane teruggekom, gese dat hy nie so ‘n
pyp het nie en gevra dat die eiser en Wiersma horn kom
help. Daar is
'n gedeelte aan die agterkant, nadat ‘n mens deur al die rakke
beweeg het, en links gedraai het waar daar ‘n
masjien is wat
pype sny en weer aanmekaar heg.
[20]
Dit is toe die eiser nou so deur die rake geloop het dat hy op ‘n
oliekol, hy se een m2 in grootte, gegly het en aan
die rak vasgegryp
het. Op daardie stadium was dit tot groot vermaak van Wiersma en
niemand het besef dat hy toe die, na bewering
baie ernstige,
beserings opgedoen het nie.
[21]
Nadat hy in kruisverhoor aanvanklik getuig het dat boere, “mechanics”
en ander mense daagliks verby die toonbank
na agter beweeg, het hy op
die volgende vraag van mnr. Boot saamgestem dat die publiek nie vrye
toeqanq het nie.
[22]
Die volgende getuie was Wiersma wat die vorige dag ook Senwes
Ottosdal besoek het met ‘n soortgelyke probleem.
[23]
Sy getuienis was dat die oliekol waarop die eiser gegly het,
dieselfde oliekol was as die vorige dag. Op vrae van my kon hy
nie
bevredigend antwoord hoekom dit nou dieselfde oliekol sou wees nie.
[24]
Die derde getuie van die eiser was ‘n vorige werker van die
verweerder, Hendrik Welemane, wat in Februarie 2010 daar
weg is nadat
hy vir vier en ‘n half jaar daar gewerk het.
[25]
Hy het die eiser se vorige getuie, Wiersma direk weerspreek deur te
se dat hy die oggend van die voorval nou en dan verby daardie
punt
geloop het en dat daar geen oliekol was nie. Hy het inderdaad gese
dat die vorige dag wat hy Wiersma gehelp het daar ook nie
‘n
oliekol was nie.
[26]
Die laaste getuie van die eiser was ook ‘n boer, mnr. Kotze. Hy
het die eiser se saak niks goeds gedoen nie. Sy getuienis
was dat “na
my mening is daar vrye toegang, maar uit ordentlikheid vra n mens
maar.” En verder “hang af hoe besig
hulle is”. En
laastens, “soms vra hulle jou om saam te kom”.
[27]
In konteks gesien, beteken ai hierdie steilings van hom dat daar nie
vrye toegang is agter die toonbank nie, dit bloot afhang
hoe besig
die personeel daar is en dat soms klante gevra word om verby die
toonbank na agter te beweeg.
[28]
Die verweerder se eerste getuie was Abel Maleke. Sy plig is om die
vloer skoon te hou. Hy se hy doen dit in die oggend as hy
inkom en na
‘n tydjie weer. Hy doen rondtes. Op die spesifieke dag het hy
gewerk vanaf 7h30 tot 17h00. Hy se dat hy die oggend
toe hy begin
werk het skoongemaak het en dat daar nie op daardie spesifieke plek
‘n oliekol was nie. Daarna het hy tweemaal
rondtes geloop en
daar was nie olie nie.
[29]
Hy het verder getuig dat die iaaste keer voor die gly-voorval hy
ongeveer 'n uur voor dit gebeur het ‘n rondte gedoen
het. Hy
het olie eers vir die eerste keer gesien nadat die eiser gegly het.
[30]
Sy getuienis in kruisverhoor was duidelik dat hy ongeveer elke uur
rondtes doen. As ‘n persoon spesifiek aan hom rapporteer
dat
daar olie is, sal hy dit onmiddellik skoonmaak. Niemand het op
daardie dag aan hom gerapporteer nie. Van kardinale belang is
dat
Abel Maleke se getuienis in kruisverhoor onbetwis gelaat is.
[31]
Sy getuienis was ook dat klante slegs met toestemming mag inkom na
die afdeling agter die toonbank.
[32]
Die laaste getuie was Ephraim Williams. Sy getuienis het die saak nie
veel verder geneem nie.
[33]
Uit die voormelde maak ek die volgende gevoigtrekkings:
Onregmatigheid
is nie bewys nie. Die getuienis toon inderdaad aan dat die grond van
onregmatigheid naamlik “ongekontroleerde
en vrye toegang tot
die onderdele afdeling” nie bewys is nie. Tweedens kan die
aksie nie slaag aangesien nalatigheid nie
bewys is nie . Daar was ‘n
sisteem in plek waarvolgens die vloer elke ongeveer een uur
skoongemaak was. Hierdie getuienis
staan onbetwis.
[34]
Daar kan nie van werkers, in die posisie van die werknemers in diens
van die verweerder, verwag word om elke minuut elke gedeelte
van
daardie groot onderdele-afdeling te inspekteer nie. Daar was wet ‘n
werkbare stelsel in plek.
[35]
Die posisie kan vergelyk word met ‘n hipotetiese geval. Sou
daar in ‘n stadsgebeid £n stopteken afgery word,
daarna
‘n ongeluk plaasvind en die eiser stel ‘n eis teen die
Munisipaliteit in, sou daar te opsigte van nalatigheid
ten minste die
volgende bewys moet word: dat die verweerder nie tydig, en dit sal
afhang van al die omstandighede van die geval
die betrokke straat
ge-inspekteer het nie alternatiewelik nie spoedig gereageer het nadat
dit gerapporteer is, deur of 'n waarskuwingsteken
daarop te sit of
die teken te herstel nie. Die tydsverloop tussen die omry van die
stopteken en die botsing sou ook van groot belang
wees om oor
nalatigheid te oordeel. Uit die getuienis voor hierdie hof staan dit
vas dat die oliekol nooit gerapporteer is nie.
[36]
Die eiser het dus gefaal om onregmatigheid en nalatigheid te bewys,
Die aksie moet dus van die hand gewys word
[37]
Ek maak die volgende bevel:
Die
aksie word van die hand gewys met koste.
A.A.
LOUW
REGTER
VAN DIE HOE HOF