Stewart N.O. and Another v Kachelhoffer (615/2012) [2014] ZAFSHC 244 (5 December 2014)

58 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency — Trustees — Appeal against judgment — Applicants sought leave to appeal against certain findings of the court regarding the validity of a scheme operated by insolvents Graeme and Carolina Minne, which involved illegal public investments — Court found the scheme unlawful and the investments void, but allowed a portion of the respondent's claim for capital repayment — Applicants contended the court erred in its findings on the respondent's status as an investor and the application of the Krion principle — Court held that the appeal had no reasonable prospects of success and dismissed the application for leave to appeal.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2014
>>
[2014] ZAFSHC 244
|

|

Stewart N.O. and Another v Kachelhoffer (615/2012) [2014] ZAFSHC 244 (5 December 2014)

IN
DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Saaknommer
: 615/2012
In
die saak tussen:-
MICHAEL
LAWRENCE STEWART N.
O
.............................................
Eerste
Eiser/Eerste Applikant
VAHIDA
PARKER N.O.
…...................................................................
Tweede
Eiser/Tweede Applikant
[In
hul hoedanigheid as die behoorlik aangestelde
gesamentlike
trustees van die insolvente boedel van
GRAEME
MINNE
en
CAROLINA
FREDERIKA MINNE
]
en
ANNALIE
DOROTHY KACHELHOFFER
…...............................................
Verweerder/Respondent
CORAM:
VAN ZYL, R
GELEWER
OP:
2; 5 DESEMBER 2014
[1]
Hierdie is ‘n aansoek om verlof om te appelleer deur eisers as
applikante ten opsigte van sekere gedeeltes van my uitspraak
in
bogemelde aksie teen verweerderes/respondent, welke aansoek deur
verweerderes/respondent geopponeer word.  Vir
doelmatigheidsredes
sal ek na die partye verwys soos in die
hoofgeding.
AD
MERIETE:
[2]
Graeme Minne (“
Mnr Minne
”)
en Carolina Frederika Minne (“
Mev
Minne
”) het ‘n skema bedryf
waarin hulle persoonlike lenings, of beleggings, van die publiek
geneem het en hierdie geld gebruik
het om buitensporig hoë
rente- opbrengste weer aan die persone uit te betaal ooreenkomstig
geskrewe leningsooreenkomste gesluit
deur Mnr Minne met die
beleggers.  Omtrent al die geld wat vanaf beleggers ontvang was,
was in Mev Minne se bankrekening inbetaal,
welke rekening in die naam
was van CF Minne h/a Minne Opleiding (“
Minne
Opleiding bankrekening
”).
Die rente-opbrengste is ook uit hierdie rekening betaal.  Ek het
ooreenkomstig eisers se saak onder andere
as volg ten gunste van
eisers bevind:
2.1
dat die skema onwettig is;
2.2 dat dit tot
gevolg het dat alle beleggings wat in die skema gemaak was, onwettig
en derhalwe nietig was;
2.3
dat die betaling van rente-opbrengste uit die skema onwettig was en
vervreemdings sonder teenwaarde daargestel het;
2.4
dat die boedel van Mev Minne voorlopig gesekwestreer is op 8 Junie
2010;
2.5
dat die eisers hul van hul bewyslas in terme van Artikel 26(1)(a)
en (b) van die Insolvensiewet, Wet 24 van 1936 (“
die
Wet
”) gekwyt het en dat
verweerderes haar nie van haar bewyslas in terme van Artikel 26(1)(b)
gekwyt het nie;
2.6
dat die bedrag van R879 994-70 as rente-opbrengste uit die Minne
Opleiding bankrekening aan verweerderes betaal was;
2.7
dat die eisers daarop geregtig is dat die betalings tersyde gestel
word (hoewel ek bevind het dat dit slegs tersyde gestel word

insoverre dit die bedrag van R500 000-00 te bowe gaan,
laasgenoemde welke nie eisers se saak was nie);
2.8
dat verweerderes verplig is om die bedrag van R379 994-70 aan
die eisers te betaal, tesame met rente daarop (hoewel dit
eisers se
saak was dat hulle geregtig is op die terugbetaling van die volle
R879 994-70.
[3]
Ek het egter ten gunste van verweerderes bevind dat

verweerderes
die belegger van die R500 000-00 was”
(uitspraak,
p. 58, par 72) ongeag die feit dat hierdie bedrag deur Mnr
Kachelhoffer in die Minne Opleiding bankrekening inbetaal
was.
Ek het derhalwe ook ten gunste van verweerderes bevind dat aangesien
die terugbetaling van ‘n belegger se kapitaal
nie ‘n
vervreemding sonder teenwaarde daarstel nie, sy dus geregtig is op
die terugbetaling daarvan  (die sogenaamde
Krion-beginsel
ooreenkomstig die uitspraak in
FOURIE
N.O. AND OTHERS v EDELING N.O. AND OTHERS
[2005] 4 All SA 393
(SCA)). Derhalwe het ek die rente opbrengs-
betalings slegs tersyde gestel insoverre dit die bedrag van
R500 000-00 te bowe
gaan (vandaar die feit dat verweerderes
slegs gelas is om die bedrag van R379 994-70 aan eisers te
betaal).
[4]
Wat eisers se aansoek om verlof tot appèl ten opsigte van die
meriete betref, is die eerste gronde daarvan totaal ongefundeerd.

By nalees van die hofbevel blyk dit duidelik bloot ‘n tikfout
te wees wat in die aanhef tot die hofbevel voorkom.  Dit
vorm
nie deel van die bevel as sulks nie en is ook nie in my geskrewe
uitspraak vervat nie.  Ek ag dit nie eers nodig om verder
met
dit te handel nie. Die volgende gronde van appél is in
paragrawe 2 tot 6 van die kennisgewing van aansoek om verlof
om te
appelleer geopper:

2.
In relying primarily on the evidence of J J Kachelhoffer
(
"Kachelhoffer"
)
in regard to certain factual findings made by the Court and finding
him to be a credible witness (paragraph 67 of the judgment),
in
circumstances where the Respondent was required to give evidence in
order to corroborate Kachelhoffer's evidence, but failed
to do so,
thereby rendering the evidence of Kachelhoffer, in certain instances,
as unsubstantiated and/or hearsay.
3.
By accepting the evidence of Kachelhoffer in regard to the agreements
concluded between him and the Respondent (
i.e.
the "MEMORANDUM VAN OOREENKOMS"
dated 31 March 2006) and the Respondent and Christina Johanna van der
Walt (i.e. the
"SKULDERKENNING"
dated 01 April 2006) respectively, without any corroborating evidence
by the Respondent, thereby rendering his evidence in regard
to such
agreements as unsubstantiated and/or hearsay.
4.
In failing to make an adverse finding against the Respondent for her
failure to give such evidence as aforesaid.
5.
By not applying the strict interpretation of the "
Krion
"
judgment (i.e. that a participant in a scheme may not benefit more
than the amount invested by that participant), by allocating
the sum
of R500,000.00 to the credit of the Respondent in circumstances
where the Respondent had not deposited the sum of R500,000.00
into
the bank account of Erica Minne (i.e. the Minne scheme's bank
account) and thereby reducing the Respondent's exposure to
the
Applicants' claim to the extent of R500.000.00.
6.
ln finding as a matter of fact (paragraph 72 of the judgment) that it
was common cause between the parties that the sum of R500,000.00
was
deemed to be   a
"belegging
van verweerderes. . ."
(contrary
to the evidence), whereas in paragraph 30.2 of the judgment Spies is
recorded as confirming that the sum of
R500,000.00 did
not originate from the Respondent's banking account, but was
deposited by and originated from the banking account
of
Kachelhoffer.”
[5]
Wat voormelde gronde van appél in paragrawe 2, 3 en 4 van die
kennisgewing betref, het ek volledig in my uitspraak met
die
getuienis hieromtrent, die betoë wat aan my voorgehou was, my
bevindings en die redes vir my bevindings gehandel.
Ek volstaan
daarmee en gaan dit nie hierin herhaal nie.  Ek het weer
oorweging daaraan geskenk in die lig van die tersaaklike
appélgronde,
maar is ek van mening dat daar nie `n redelike moontlikheid bestaan
dat `n ander hof tot ander gevolgtrekkings
hieromtrent sal kom nie.
[6]
Wat betref die interpretasie van die Krion-uitspraak, het Mnr
Pretorius, namens die eisers, tydens sy betoog aan die hand gedoen

dat ek versuim het om die bedoeling van die uitspraak in ag te neem
by my interpretasie en toepassing daarvan.  In die verband
het
hy aan die hand gedoen dat in gedagte gehou moet word dat
ooreenkomstig gemelde uitspraak, soos toegepas op die onderhawige

feite, al die leningsooreenkomste onwettig en dus nietig en van nul
en gener waarde is.  Die leningsooreenkomste as sulks
moet dus
ignoreer word en geen regsgevolge kan daaraan gekoppel word nie.
Die kruks wat dan oorbly, aldus Mnr Pretorius se
betoog, is dat daar
slegs na die vloei van fondse  gekyk moet word – sodra ‘n
belegger geld in die skema inbetaal
het, kry daardie belegger die reg
om dit terug te vorder op grond van die
condictio
ob iniustam causam
.  Ten einde dus
op die voordeel van die Krion-beginsel geregtig te wees, moes
verweerderes ‘n kapitale belegging gemaak
het, wat,
ooreenkomstig Mnr Pretorius se betoog, sy nie gedoen het nie,
aangesien Mnr Kachelhoffer die R500 000-00 belegging
inbetaal
het.  Dit was verdermeer sy betoog dat dit nie die bedoeling van
die uitspraak kan wees dat daar van die trustees
in omstandighede
soos die onderhawige verwag kan word om die gekompliseerde taak te
verrig om te probeer vasstel welke interpersoonlike
verhoudings en
ander kontrakte daar “
agter”
die leningsooreenkomste bestaan nie.
Daar moet slegs na die vloei van fondse gekyk word en dus het Mnr
Pretorius aan die hand gedoen
dat ek fouteer het deur verweerderes
met die voormelde
condictio
te
beklee terwyl sy nie die R500 000-00 inbetaal het nie.
Ek
het ook volledig met die getuienis en my bevindings hieromtrent in
die uitspraak gehandel.  Verdermeer en soos deur Mnr
Greyling
namens verweerderes betoog, was hierdie nie ‘n geval waar dit
vir die trustees nodig was om “
agter

die leningsooreenkomste ondersoek in te stel ten einde die bestaan
van enige interpersoonlike verhoudings en ooreenkomste
tussen
verweerderes en Mnr Kachelhoffer vas te stel nie.  Die feit bly
staan dat Mnr Minne self ‘n party was tot die
ooreenkomste wat
met Verweerders gesluit was ten opsigte van die R500 000-00 as
belegging waarin spesifiek tussen hulle ooreengekom
is dat “Annalie”
(die verweerderes) die bedrag van R500 000.00 beskikbaar stel aan Mnr
Minne om daarmee opbrengste
te verdien en te lewer “tot
voordeel van Annalie”. Hoewel die geld dus deur Mnr
Kachelhoffer inbetaal was, was dit
ten behoewe en ten gunste van
verweerderes gedoen. Verweerderes was dus die belegger.  Verdermeer
is daar inderdaad uitvoering
aan hierdie ooreenkomste gegee deurdat
die rente opbrengste daarop aan verweerderes betaal was – die
belegging was dus ook
feitelik (onafhanklik van die
leningsooreenkoms) deur Mnr Minne beskou as `n belegging van
verweerderes. Hierdie twee aspekte staan
ook onafhanklik van die
inter partes
ooreenkoms wat tussen verweerderes en Mnr Kachelhoffer gesluit was.
[7]
In die alternatief tot voormelde betoog van Mnr Pretorius, het hy aan
die hand gedoen dat oorweging daaraan geskenk moet word
wat die effek
van die nietigheid van die leningsooreenkoms op die geldigheid en/of
afdwingbaarheid van die
inter partes
ooreenkoms is.  Soos deur Mnr Greyling uitgewys, blyk hierdie
aspek nie vervat te wees in eisers se gronde van appèl
nie.
Hoe dit ook al sy, selfs indien aanvaar sou word dat hierdie argument
van Mnr Pretorius juridies korrek is, bly die
feit staan dat
verweerderes en Mnr Kachelhoffer uitvoering gegee het aan daardie
inter partes
ooreenkoms.
[8]
Gevolglik is ek van mening dat eiser se appèl ten opsigte van
die meriete nie redelike vooruitsigte op sukses het nie
en is daar
ook geen ander dwingende rede waarom die appèl ten opsigte van
die meriete aangehoor behoort te word nie (Artikel
17(1) van Wet 10
van 2013).
AD
KOSTE:
[9]
Wat die koste betref, het ek in die uitoefening van my diskresie nie
die deskundige getuie van die eisers, Mnr Spies, ‘n

geoktrooieerde rekenmeester, as noodsaaklike deskundige getuie
verklaar nie en het ek voorts gelas dat elke party sy/haar eie koste

moet betaal.  Dit blyk duidelik uit my uitspraak wat die basis
en my redes vir hierdie diskresie-uitoefening was en is ek
nie
voornemens om dit te herhaal nie.
[10]
Die gronde van appèl ten opsigte van die koste-aspek, is as
volg in eisers se kennisgewing van aansoek om verlof om
te appelleer
uiteengesit:

7.
By finding in paragraph 88 of the judgment that Her Ladyship Justice
Revelas, in Stewart N.O. and Another v Prinsloo and Others
(
"the
Revelas judgment"
), ordered that
the Applicants were entitled to recover all of Spies' costs, in
circumstances where she clearly stated in paragraph
20 of the
Revelas judgment  that:
"
ln
the circumstances
I
decline to make any costs order
."
(own emphasis).
8.
By incorrectly interpreting the Revelas judgment as having ordered
that the Applicants were entitled to recover all of Spies’

costs.
9.
In relying on the judgment of Her Ladyship Justice Mocumie in
Stewart N.O. and Another v Bekker and Others (
"the
Mocumie judgment"
) and concluding
that the judgment was premised on "gegronde redes" and
“gemotiveerde gronde” (paragraph
89 of the judgment), in
circumstances where there is a pending appeal and cross-appeal
against the Mocumie judgment in relation
to the cost order issued in
that judgment which was contrary to the cost order sought by the
Applicants in that action.
10.
In relying on both the Revelas and Mocumie judgments in arriving at
the cost order granted.
11.
In making the factually incorrect assumption in paragraph 91 of the
judgment that in both the Revelas and Mocumie judgments,
all Spies'
costs were granted and the Applicants were entitled to recover all
Spies' costs in regard to his preparation of the
expert report.
12.
By stating and finding in paragraph 91 of the judgment that "
(d)it
laat my wonder in hoeveel ander sake van die 104 gevalle waarin
dagvaarding uitgereik is, soortgelyke bevele ten opsigte van
Mnr
Spies se verslag uitgereik is
" and
further “
(s)legs die bogemelde
twee geïndentifiseerde uitsprake het alreeds die resultaat dat
Mnr Sples se koste ten opsigte van die
voorbereiding en opstel van
die verslag twee keer deur verskeie verweerders betaal gaan word vir
dieselfde werk, steeds met geen
beperking wat dit sal insluit nie.
"
In making these statements and findings, the court disregarded the
Applicants request for the appropriate
apportionment
of Spies' costs and intimated that the Applicants and their legal
representatives are disingenuous and seek to mislead
the courts, by
enriching the Applicants at the expense of the Defendants in regard
to the recovery of Spies' costs in the various
other actions
instituted in the Minne scheme.
13.
By stating and flnding in paragraph 93 of the judgment that
"Hy
(i.e.Spies) is geregtig om daarvoor betaal te word, maar nie om
vanweë die werkswyse van die elsers daardeur verryk
te word deur
meerdere kere vir dieselfde werk vergoed te word deur verskillende
verweerders nie. Ter penalisering van die elsers
vir hierdie wyse
van litigeer wat kostebevele betref . . . is ek in die uitoefening
van my diskresle nie bereid om enige kostebevel
ten gunste van
eisers te verleen nie, ook nie wat betref die kwalifiserings- en
verskyningskoste van Mnr Spies nie.”
Similarly,
in making these statements and findings, the Court disregarded the
Applicants request for the appropriate apportionment
of Spies' costs
and intimated that the Applicants and their legal representatives
are disingenuous and seek to mislead the courts,
by enriching the
Applicants at the expense of the Defendants in regard to the recovery
of Spies' costs in the various other actions
instituted in the Minne
scheme.
14.
By making the statements and findings in paragraphs 12 and 13
supra
without affording the Applicants an opportunity of addressing her on
the Revelas and Mocumie judgments.
15.
By exercising the discretion not to award costs, where such
exercising of the discretion was premised on factually incorrect

assumptions made by the Court to the severe prejudice of the
Applicants.
16.
By issuing the cost order (by way of penalizing the Applicants) that
each party is to pay their own costs.”
[11]
Wat betref die uitspraak in
STEWART AND
ANOTHER v PRINSLOO AND OTHERS
[2012]
ZAECPEHC 30, gelewer op 15 Mei 2012, het Mnr Pretorius betoog dat ek
‘n foutiewe interpretasie daaraan geheg het.
Hy het
gesubmiteer dat paragrawe 6 en 7 van daardie hofbevel deel gevorm het
van ‘n versnellingsklousule, met die gevolg
dat Mnr Spies se
koste slegs betaalbaar sou wees indien daardie verweerders sou
versuim om die betalings ooreenkomstig paragrawe
1 tot 5 van die
hofbevel te maak.  Hoewel Mnr Pretorius toegegee het dat die
kostebevel in paragraaf 7 van voormelde bevel
foutief was deurdat dit
ook nie voorsiening gemaak het vir ‘n proporsionele gedeelte
van die koste nie, het hy aangedui dat
ooreenkomstig sy instruksies
daar nie uitvoering gegee is aan daardie kostebevel nie, aangesien
die verweerders wel tydig betaal
het.
[12]
Wat betref die uitspraak en
STEWART NO
AND ANOTHER v BEKKER AND OTHERS
[2012]
ZAFSHC 230
, gelewer op 4 Desember 2012, het Mnr Pretorius aangetoon
dat volgens sy instruksies, daar ‘n hangende appèl teen
hierdie
uitspraak is.  In die verband het hy aangedui dat
paragraaf 4 van daardie bevel foutief is, aangesien die partye
ooreengekom
het dat Mnr Spies se fooie ook net proporsioneel
betaalbaar sal wees.  As gevolg hiervan, het die verweerders
aansoek gedoen
om verlof om daarteen te appelleer.  Die eisers
het in daardie geval ‘n kruis-appél aangeteken met
betrekking
tot die feit dat daar geen kostebevel verleen was nie.
[13]
Soos tereg deur Mnr Greyling tydens sy betoog daarop gewys, is dit
geyk dat verlof om te appelleer slegs wat koste betref,
nie geredelik
toegestaan word nie.  In die verband het hy betoog dat die
eisers nie buitengewone omstandighede soos vereis
in Artikel 21A van
die Wet op die Hooggeregshof, No. 59 van 1959, en die bepalings van
Artikels 16 en 17 van die Wet op Hoër
Howe, No. 10 van 2013,
aangetoon het nie. Mnr Greyling het in die verband ook gesteun op die
uitspraak in
LOGISTIC TECHNOLOGIES (PTY)
LTD v COETZEE AND OTHERS
1998 (3) SA
107
(WLD) op 1075 I – 1076 A. Daarom het die eisers, aldus Mnr
Greyling se betoog, die aspekte ten opsigte van die meriete geopper

slegs as rookskerm ten einde laasgenoemde bepalings van die
tersaaklike wetgewing te omseil, sonder dat die voorgenome appèl

teen die meriete enige gronde het.
[14]
Aangesien die bewoording van Artikel 21A van Wet 59 van 1959
soortgelyk is aan die bewoording vervat in Artikel 16(2)(a)(ii)
en
Artikel 17(1) van Wet 10 van 2013, is ek van mening dat dit nie vir
my nodig is om te beslis welke Wet van toepassing is nie,
aangesien
die beginsels soortgelyk sal wees.  Volledigheidshalwe kan ek
wel vermeld dat dit blyk dat Wet 10 van 2013 waarskynlik
van
toepassing is.  Sien
SOUTH
AFRICAN LAND ARRANGEMENTS CC AND OTHERS v NEDBANK LIMITED
[2013] ZAWCHC 162
, gelewer op 29 Oktober 2013.
[15]
In
LAW OF COSTS
,
AC Cilliers, p. 14-17, paragraaf 14.18 is die beginsels met
betrekking tot ‘n aansoek om verlof om te appelleer teen ‘n

kostebevel as volg opgesom:

The
principles to be observed in dealing with an application for leave to
appeal against an order as to costs can be summarised
as follows:
(i)  such leave is not likely given;  (ii)  the Court
will not ordinarily grant leave to appeal
in respect of what has
become a dead issue merely for the purpose of determening the
appropriate costs order;  (iii)
the Court will,
however, more readily grant leave where a matter of principle is
involved;  (iv)  the amount of costs
involved not be
insubstantial; and (v) the applicant for leave to appeal should have
a reasonable prospect of success on appeal,
that is a fairly arguable
case.”
[16]
In
NAYLOR AND ANOTHER v JANSEN
2007 (1) SA 16
(SCA) is volledig gehandel met die omstandighede
waaronder ‘n hof van appèl sal inmeng met die diskresie
wat deur
die hof
a quo
met betrekking tot koste uitgeoefen is, wat aansluit by die
LOGISTIC
TECHNOLOGIES (PTY) LTD v COETZEE AND OTHERS
– uitspraak,
supra
.
[17]
Ek is steeds van mening dat die twee uitsprake waarop ek die
uitoefening van my diskresie baseer het in my uitspraak,
mero
motu
deur die eisers onder my aandag
gebring moes word.  Hoe dit ook al sy, indien ‘n hof van
appèl sou bevind dat
ek die twee uitsprake foutief
geïnterpreteer het en/of dat die hangende appèl teen die
Bekker-uitspraak suksesvol is,
kan dit tot gevolg hê dat die
basis waarop ek die uitoefening van my diskresie geskoei het, foutief
is.  Dit kan op
sy beurt daartoe aanleiding gee dat ‘n hof
van appèl tog moontlik  met die uitoefening van my
diskresie kan inmeng.
Dit het na my mening tot gevolg dat
eisers redelike vooruitsigte op sukses met die voorgenome appèl
ten opsigte van die
koste-aspek het.  Verdermeer aanvaar ek dat
hier ‘n substansiële bedrag koste ter sprake is wat ‘n
verdere
faktor is wat ek in oorweging neem ten gunste van die
verlening van die verlof om teen die koste-aspek te appelleer.
[18]
Ek is van oordeel dat die regs- en feitevrae wat in die voorgenome
appél ter sprake is, nie sodanig is dat dit die aandag
van die
Hoogste Hof van Appél verg nie.
[19]
Wat die koste van die onderhawige aansoek betref, is ek van mening
dat insoverre die onderhawige aansoek suksesvol was, die
gebruiklike
kostebevel verleen moet word, synde dat dit koste in die appèl
is.  Wat die onsuksesvolle gedeelte van
eisers se aansoek
betref, meen ek dat die eisers die koste daarvan moet betaal, die
proposionele allokering waarvan deur die Takseermeester
uitgeklaar
sal word.
[20]
Gevolglik word die volgende bevele gemaak:
20.1
Eisers/Applikante se aansoek om verlof om teen gedeeltes van die
uitspraak op die meriete en teen sommige van die bevele ten
opsigte
van die meriete te appelleer, word van die hand gewys met koste.
20.2
Verlof word aan Eisers/Applikante verleen om na die Volbank van
hierdie Afdeling te appelleer teen die gedeelte van die uitspraak

wat handel met koste en teen die kostebevel.
20.3
Die koste van die laasgenoemde deel van die aansoek, is koste in die
appél.
____________
C.
VAN ZYL, R
Namens
die Eisers/Applikante: Adv. W.G. Pretorius
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die Verweerder/Respondente:
Adv.
P. Du P. Greyling
In
opdrag van:
McIntyre
& Van der Post
BLOEMFONTEIN