About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2006
>>
[2006] ZASCA 53
|
|
Joubert and Others v Benede Blyderivier Watergebruikersvereniging and Another (189/05) [2006] ZASCA 53; [2006] 4 All SA 549 (SCA); 2007 (4) SA 80 (SCA) (31 March 2006)
Links to summary
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN
SUID-AFRIKA
Rapporteerbaar
Saaknommer : 189 / 05
In die appèl van
JOHANNES JOUBERT 1
ste
APPELLANT
LOURENS
CHRISTIAAN JANSEN VAN VUREN 2
de
APPELLANT
JOHANNES
P K MEINTJIES NO 3
de
APPELLANT
LOUIS
REDELINGHUYS 4
de
APPELLANT
CHRISTO
REDELINGHUYS 5
de
APPELLANT
FRANCOIS
RICHARD ERASMUS 6
de
APPELLANT
ANNA-MARIE
ELIZABETH VAN OLST 7
de
APPELLANT
DAWID
SCHALK VAN DER MERWE 8
de
APPELLANT
ANDRIES
GIDEON JACOBUS JANSEN VAN VUUREN 9
de
APPELLANT
ABRAHAM
STEPHANUS ERASMUS 10
de
APPELLANT
CHRISTOPHER
ARTHUR HUDDLE 11
de
APPELLANT
en
DIE BENEDE BLYDERIVIER
WATERGEBRUIKERSVERENIGING 1
ste
RESPONDENT
DIE
MINISTER VAN WATERWESE EN BOSBOU 2
de
RESPONDENT
Regbank
: HOWIE P, STREICHER, NAVSA, CONRADIE
en HEHER ARR
Verhoordatum
: 14 MAART 2006
Datum van Uitspraak
: 31 MAART 2006
SAMEVATTING
Reg van oewerboere op bepaalde hoeveelheid water uit 'n
besproeiingskanaal - betekenis van begrip 'bestaande wettige gebruik'
in Nasionale
Waterwet 1998 - uitleg van Ministerskennisgewing wat
maksimum hoeveelheid uit staatswaterwerk vasstel - bevel van hof
benede wat
aansoek om tussentydse regshulp afwys, bevestig.
Neutral Citation : This judgment may be referred to
as:
Joubert
v Die Benede Blyderivierwatergebruikersvereniging [2006] SCA 51 (RSA)
_____________________________________________________________________________________
U I T S P R A A K
_____________________________________________________________________________________
CONRADIE AR
[1] Die Appellante boer langs die Blyderivier in
die Hoedspruitomgewing. Sommige appellante se eiendomme grens aan die
Blyderivier
terwyl ander se eiendomme onderverdelings van grond is
wat kragtens die oorspronklike grondbrief aan die Blyderivier gegrens
het.
1
Hulle boer dus op oewergrond soos in die vorige Waterwet 54 van 1956
(die 1956 Wet) omskryf. Almal is lede van die eerste respondent,
die
Benede Blyderivier Watergebruikersvereniging (WGV), die regsopvolger
van die Blyderivier Besproeiingsraad (BBR), 'n liggaam wat
die BBR op
25 Januarie 2002 ingevolge die bepalings van die Nasionale Waterwet
36 van 1998 (die 1998 Wet) vervang het.
2
[2] Ten minste sedert die vroeë vyftigerjare van die vorige eeu
ontvang die grond waarop die appellante boer besproeiingswater
uit
die Blyderivier wat deur die Jonkmansspruitkanaal daarheen gelei
word. Gedurende 1987 het die Adjunk-minister van Waterwese ingevolge
art 63(1)(b) van die 1956 Wet in die Staatskoerant van 5 Junie 1987
by wyse van kennisgewing 1207 'n regulasie afgekondig wat die
volgende tersaaklik
paragrawe
bevat:
'2.
Voorts bepaal ek ingevolge artikel 63(2)(a) . . . dat die maksimum
omvang van grond wat deel uitmaak van elke stuk grond binne
daardie
gedeelte van die Blyderivier-staatswaterbeheergebied . . . wat met
water uit 'n Staatswaterwerk in daardie gebied besproei
kan word,
soos volg is . . .'
â
3.
Voorts bepaal ek hierby ingevolge artikel 63(2)(b) van genoemde Wet
dat 'n maksimum hoeveelheid van nege duisend nege honderd (9
900)
kubieke meter water (wat gelyk is aan 'n toediening van 990
millimeter), indien beskikbaar, jaarliks ten opsigte van elke
toegekende
hektaar grond wat aldus besproei kan word, voorsien mag
word.'
3
[3] Die appellante
betoog dat elkeen van hulle, onderhewig aan beskikbaarheid natuurlik,
die reg het om hierdie hoeveelheid water
by die meetsluis op sy plaas
uitgekeer te kry, 'n reg wat hulle getrag het om by wyse van 'n
dringende aansoek vir tussentydse reghulp
voor Claassen R in die
Pretoriase Hooggeregshof af te dwing. Die hof
a quo
het bevind
dat hulle regtens geen aanspraak het om die bepaalde volume water by
hulle plase gelewer te kry nie en dus nie daarin kon
slaag om die
vereiste
prima facie
reg vir 'n tussentydse interdik te bewys
nie; die appellante is nietemin verlof verleen om teen die afwysing
van die aansoek na hierdie
hof te appelleer.
[4] Op elkeen van die appellante se eiendomme is
'n uitkeersluis in die kanaal aangebring met 'n meetpunt wat so
gekalibreer is dat
'n maksimum van 9 900 m
3
water per
hektaar per jaar daar uitgekeer kan word. Sedert die vroeë
sestigerjare het die voorganger van die WGV, die BBR,
(wat tot
Januarie 2002 funksioneer het) genoeg water in die
Jonkmansspruitkanaal ingekeer sodat elkeen van die
besproeiingsboere
daaruit sy 9 900 m
3
by sy uitkeersluis
kon onttrek.
4
Dit het beteken dat meer as 9 900 m
3
water
ver-menigvuldig met die aantal ingelyste hektare jaarliks by die
inkeer na die kanaal beskikbaar gestel moes word. Die oortollige
water het as vervoermedium vir die besproeiingswater gedien en in die
leweringsproses verlore gegaan.
[5] Presies hoeveel water op dié manier verlore gegaan het, is
nie vasstelbaar nie, maar die Jonkmansspruitkanaal is 'n privaat
grondkanaal wat oor die jare heen as gevolg van gebrekkige
instandhouding vervalle geraak het en waaruit die verliese weens
wegsyfering
en lekkasies baie meer as die norm van 15% van die
watermassa bedra. Soveel water gaan verlore dat as daar jaarliks
slegs 9 900 m
3
per hektaar uit die rivier in die kanaal
ingekeer word, die vloei aan die verste punt van die vyf-en-twintig
kilometer lange kanaal
opdroog en boere daar glad geen
besproeiingswater kry nie.
[6] Aanleiding tot die dringende aansoek was 'n besluit van die
eerste respondent op 15 September 2004 om vanaf 1 Oktober van daardie
jaar (die datum van inwerkingtreding van die 1998 Wet) slegs 9 900 m
3
per hektaar per jaar (plus 15% vir kanaalverliese) by 'n meetpunt in
die Jonkmansspruitkanaal, naby die plek waar water uit die
Blyderivier
gekeer word, te lewer. Die kanaalboere se penarie is
duidelik. Dit word vererger deur die feit dat 'n alternatiewe
waterversorgingskema
in werking gestel is, 'n pypleiding direk uit
die Blyderivierspoortdam, waarby sommige van die boere wat voorheen
hulle water uit
die Jonkmansspruitkanaal onttrek het, nou aangesluit
is sodat die volume water wat in die kanaal vrygelaat word
dienooreenkomstig
minder geword het.
[7] Die appellante se saak is dat die uitoefening
van hulle waterregte voldoen aan die omskrywing van 'bestaande
wettige watergebruik'
in art 32 van die 1998 Wet
5
en dat hulle kragtens art 4 van daardie Wet geregtig is om die
gebruik
6
voort te sit
7
.
Erkenning van bestaande waterregte is 'n kenmerk van alle
waterwetgewing tot op hede. Artikel 12 van die Beproeiingswet 8 van
1912
('die 1912 Wet') het bepaal dat 'n oewereienaar, onderhewig aan
die regte van ander persone en die bepalings van daardie wet,
geregtig
is op die redelike gebruik van die normale vloei van 'n
openbare stroom. Daarbenewens was hy ingevolge art 14 van dieselfde
wet geregtig
om surplus water op te gaar.
[8] Die basiese beginsels van die 1912 Wet het in die 1956 Wet behoue
gebly. Op sy beurt verleen die 1998 Wet erkenning aan alle
wettige
waterregte wat ingevolge die 1956 Wet bestaan het en uitgeoefen is.
By art 163(4) van die 1998 Wet bly 'n regulasie wat kragtens
die 1956
Wet uitgevaardig is van krag en word geag kragtens die 1998 Wet
uitgevaardig te wees vir sover dit nie met die latere wet
onbestaanbaar is of nie deur die Minister daarkragtens herroep word
nie.
[9] Die 1987 kennisgewing deur die destydse Minister verleen nie aan
oewerboere die reg om water te gebruik nie; dit was nie nodig
nie.
Die reg om 'n redelike hoeveelheid water te gebruik het hulle reeds
gehad. Inteendeel dit is beperkend van aard in die sin dat
dit die
maksimum (redelike) hoeveelheid wat hulle uit 'n staatswaterwerk mag
gebruik, bepaal.
[10] In die 1956 Wet is 'n staatswaterwerk omskryf
as 'n waterwerk wat deur of onder die beheer van die Regering gebou
of in stand
gehou word. Ingevolge die 1998 Wet is is dit 'n waterwerk
wat deur die Minister besit of beheer word en ook die grond waarop
dit
geleë is. Dit is gemene saak dat die Jonkmansspruitkanaal 'n
privaatkanaal is wat deur die gebruikers daarvan gebou is en deur
hulle in stand gehou word. Dit is ook gemene saak dat die 1987
regulasie van toepassing is waarmee toegegee word dat die kanaal sy
water uit 'n staatswaterwerk soos in daardie regulasie beoog,
ontvang. Die tersaaklike staatswaterwerk is die uitkeerwal in die
Blyderivier.
8
Omdat die 1987 regulasie juis met die onttrekking van water uit 'n
staatswaterwerk handel, is dit voor-die-handliggend dat die maksimum
wat onttrek mag word by die punt van onttrekking uit daardie
staatswaterwerk gemeet moet word. Daar is trouens geen ander punt
waar
dit gemeet kan word sonder dat daar onsekerheid oor die maksimum
volume ontstaan nie. Die maksimum is 'n vas neergelegde hoeveelheid,
bereken tot op die laaste honderd kubieke meter, wat geen ruimte vir
onsekerheid of selfs 'n benaderde hoeveelheid laat nie. Op die
appellante se argument sou die maksimum hoeveelheid water wat
voorsien kan word varieer na gelang van die lengte en die toestand
van die besproeiingskanaal waarin dit uitgekeer word. Dit is
onmoontlik om 'n neergelegde maksimum op so 'n onsekere grondslag te
bepaal.
[11] Namens die appellante is betoog dat die 1987 kennisgewing
uitgelê behoort te word op die grondslag dat die uitkeer by
elk
van die appellante se grond die uitkeer uit 'n openbare stoom is.
Daar word gesteun op gesag dat 'n mensgemaakte kanaal waarin
'n
rivier se water of 'n gedeelte daarvan oor 'n lang tydperk gekeer
word, as 'n natuurlike stroom met openbare water beskou word.
[12] Ek is nie oortuig dat die aangevoerde gesag - wat hoofsaaklik
uit die laaste helfte van die negentiende eeu dateer â ter
sake is
nie. Die 1987 regulasie handel nie met die uitkeer van water uit 'n
openbare stroom nie, maar met die uitkeer van water uit
'n
staatswaterwerk. Die bepaling van die maksimum hoeveelheid water wat
uit die rivier onttrek mag word, is op die beskerming van
die
waterbron gemik, nie op die verlening van regte aan watergebruikers
nie. Die kennisgewing stel die hoeveelheid vas wat maksimaal
uit die
staatswaterwerk geneem
mag
word, nie die hoeveelheid wat by 'n
boer se plaas gelewer
moet
word nie.
[13] Soos aangedui, sien die appellante die saak anders. Hulle voer
aan dat die lewering van 9 900 m
3
water by die plaassluis
'n bestaande wettige watergebruik uitgemaak het, een wat hulle dus
ingevolge die bepalings van die 1998 Wet
geregtig is om voort te sit
en waarmee die WGV geen reg het om in te meng nie. Die fout met
hierdie redenasie is dat die bestaande
gebruik waarop die appellante
steun, nie wettig is nie. Die BBR het in stryd met die
1987-kennisgewing opgetree en so ook die WGV
totdat hy besluit het om
slegs die neergelegde maksimum in die Jonkmansspruitkanaal vry te
laat.
[14] Maatreëls is van die vroegste dae van
waterbeheer in hierdie land ingestel om te sorg dat geen gebruiker
water onredelik
gebruik nie en dit het 'n leitmotief van die 1998 Wet
geword: redelike gebruik is al waarop 'n oewereienaar geregtig is.
Met betrekking
tot watervoorsiening van minder as die maksimum
hoeveelheid, soos in tye van waterskaarste kan gebeur, sou dit die
WGV wees wat die
redelikheid van 'n gebruiker se onttrekking bepaal.
Daarbenewens is sy lede se reg op watervoorsiening onderhewig aan die
regte en
verpligtinge wat hulle uit hoofde van die WGV se grondwet of
hulle kontrakte met hom opgelê word. Dit help 'n lid van die
WGV
byvoorbeeld niks om hom op sy 1912 regte as oewereienaar te
beroep as hy nie vir die water wat deur die WGV aan hom gelewer word
betaal nie.
9
'n Mens sou kon sê dat die appellante se reg op water statutêr
van oorsprong is, maar kontraktueel afgerond word.
10
[15] Die Minister van Waterwese en Bosbou, die tweede respondent, het
ook gemeen om voor ons 'n bydrae tot die oplossing van die
geskilpunte te kon maak. Hy is, net soos die WGV, op sy koste in
hierdie hof geregtig. Dit is gepas en billik dat die appellante
gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou word vir die koste van
die appèl.
[16] Die appèl word afgewys met die koste van die eerste en
tweede respondente wat deur die appellante gesamentlik en
afsonderlik
betaal word.
J H
CONRADIE
APPÈLREGTER
SAMESTEMMEND:
HOWIE P
STREICHER
JA
NAVSA
JA
HEHER
JA
1
Die
Blyderivier was 'n 'openbare stroom' soos omskryf in Wet 54 van
1956.
2
Die
proklamasie wat die WGV instel, is as kennisgewing 42 in
Staatskoerant 23037 gedateer 25 Januarie 2002 gepubliseer. Daarin
word die WGV die
Laer
Blyderivier Watergebruikersvereniging
genoem.
3
Art
63(2)
van die 1956 Wet lui soos volg:
'(2) Die
Minister bepaal . . .
'(a) die
omvang of die maksimum omvang van die grond wat die deel uitmaak van
elke stuk grond inbegrepe in daardie gebied, wat deur
middel van
water uit 'n Staatswaterwerk in daardie gebied besproei kan word, of
die omvang of die maksimum omvang van die grond
behorende aan 'n
eienaar van grond in daardie gebied wat aldus besproei kan word; en
(b) die
hoeveelheid water wat jaarliks voorsien kan word ten opsigte van
elke morg grond soos aldus bepaal,
en kan na goeddunke
terselfdertyd of enige ander tyd daarna bepaal watter gedeelte van
so 'n stuk grond of van die grond wat aan
so 'n eienaar behoort,
aldus besproei mag word.'
4
Volgens
Mnr Johannes Joubert, namens al die appellante, was die toewysing
deur die Minister in 1987 maar net 'n bevestiging van
die posisie
wat die voorafgaande twintig jaar bestaan het.
5
Die
tersaaklike gedeelte van a
32(1) van die
1998 Wet lui soos volg:
' 'n
Bestaande wettige watergebruik beteken 'n watergebruik -
(a) wat plaasgevind het
te eniger tyd gedurende 'n tydperk van twee jaar onmiddellik voor
die datum van inwerkingtreding van hierdie
Wet en wat -
(i)
gemagtig is by of kragtens enige wet wat van krag was onmiddellik
voor die datum van die inwerkingtreding van hierdie
Wet;
6
(ii).
. .
(iii). .
.'
Watergebruik
kragtens art 21 van die 1998 Wet beteken onder andere ' (c) die
belemmering of die wegkeer van die vloei van water
in 'n waterloop'.
'Waterloop' word op sy beurt in art 1 van die 1998 Wet omskryf om
'n rivier soos die Blyderivier in te sluit.
7
Artikel
4(2) van die 1998 Wet bepaal: ' 'n Persoon kan voortgaan met 'n
bestaande wettige watergebruik ooreenkomstig artikel 34.'
Artikel
34(1) bepaal dat 'n persoon of sy regsopvolger 'n bestaande wettige
watergebruik kan voortsit behoudens, onder andere,
enige bestaande
voorwaardes of verpligtings wat aan daardie gebruik geheg is.
Artikel 22(1) maak dit duidelik dat iemand sonder
'n lisensie
ingevolge die 1998 Wet slegs water kan gebruik indien sodanige
gebruik toelaatbaar is as voortsetting van 'n bestaande
wettige
gebruik.
8
'n
'[W]aterwerk' kragtens die 1956 Wet het 'n wal of studam in verband
met die beheer en uithaal van water ingesluit. Ingevolge
die 1998
Wet sluit dit 'n struktuur of toerusting in wat gebruik word vir of
in verband met watergebruik.
9
Kragtens
klousule 4.1.1.14 van die WGV se grondwet mag die Vereniging
waterheffings aan sy lede oplê en mag kragtens klousule
4.1.1.15 watervoorsiening opskort aan enige lid wie se heffings
agterstallig is. Klousule 7.2.2 bepaal dat kategorie B lede, lede
wat wettige bestaande regte kragtens die 1998 Waterwet het, en wat
die appellante insluit '...are responsible, besides their
responsibility
for water use charges levied in terms of Chapter V of
the Act for any charges levied by the Association to cover its
expenses in
fulfilling any of its functions.'
10
Die
Blyderivierbesproeiingsraad se bevoegdhede het byvoorbeeld ingesluit
'om met inagneming van bestaande regte toesig te hou oor
en die
distribusie en gebruik te reël van die water uit enigeen van of
al die openbare strome in die besproeiingsdistrik,
en vir daardie
doel om die toestelle op te rig en in stand te hou om die vloei van
daardie water te meet en te verdeel of om die
uitkering daarvan te
beheer wat 'n waterhof mag gelas of wat die raad by ontstentenis van
so 'n lasgewing nodig ag, en om oor die
algemeen oor die opgaring,
uitkering en gebruik van water in openbare strome binne die bedoelde
beproeiingsdistrik toesig te hou.'
Die WGV het dieselfde bevoeghede.