About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2014
>>
[2014] ZAFSHC 191
|
|
Jakobo v Grimbeek (380/2013) [2014] ZAFSHC 191 (23 October 2014)
VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer:
380/2013
In
die saak tussen:-
MZIWANDILE
ALFRED JAKOBO
…..................................................................................
Applikant
en
JOHANNES
PETRUS LOUIS GRIMBEEK
…..................................................................
Respondent
UITSPRAAK
IN AANSOEK OM VERLOF TOT APPEL
CORAM:
KRUGER, R
GELEWER
OP:
23 OKTOBER 2014
[1]
Hierdie is ‘n aansoek om verlof om te appelleer teen my
uitspraak van 7 Augustus 2014 waarin die verweerder se spesiale
pleit
van verjaring gehandhaaf is en eiser se eis afgewys is. Soos
die praktyk in hierdie afdeling is waar beide partye toestem,
is
betooghoofde ingedien en word die aansoek op die betooghoofde bereg.
Mnr Röntgen, namens die eiser se betooghoofde
is op 22
September 2014 by die griffier ingedien, en dié van Mnr
Grobler namens die verweerder op 10 Oktober 2014.
[2]
Verskeie gronde word in die aansoek om verlof om te appelleer genoem,
waarop uitgebrei word in Mnr Röntgen se betooghoofde.
Die
eerste is dat ek gefouteer het deur te beslis dat die eiser en sy
getuies geloofwaardig was, en dat ek moes beslis het dat
die
verweerder nie ‘n geloofwaardige getuie was nie. Volgens
Mnr Röntgen het ek fouteer deur te bevind dat die
eiser te lank
passief was deur te versuim om vir nagenoeg 10 jaar iets te doen, en
dat ek versuim het om in ag te neem dat die
eiser ontsteld was omdat,
nadat hulle by verweerder navraag gedoen het, hulle onder die indruk
gebring was dat alles in orde was.
My mening was dat die
verweerder nie sy lêer sou vernietig het as daar navrae was
nie; die punt was dat die verweerder
nie nou meer kon weet wat hy
gedoen het omdat hy geen stukke meer het nie. Verskeie ander
gronde word aangevoer. ‘n
Belangrike oorweging by my was
dat die verweerder nie meer sy lêer het nie, en daarom benadeel
word. Die leerstuk van
verjaring is daarop gerig om die nadeel
wat veroorsaak word deur tydsverloop en die vernietiging van
dokumente en vervaging van
geheues, uit die weg te ruim. Die
verweerder word nou benadeel omdat hy sy dokumente vernietig het en
nie meer kan onthou
nie.
[3]
Dit is na my mening nie sinvol om al die gronde te analiseer nie. ‘n
Ander hof kan moontlik die aangeleentheid anders
benader of op die
feite tot ‘n ander gevolgtrekking kom. Na my mening
bestaan daar ‘n redelike moontlikheid dat
‘n ander hof
tot ‘n ander gevolgtrekking sal kom.
BEVEL
1.
Verlof om te appelleer na die volle hof van hierdie afdeling word
toegestaan.
2.
Koste van hiedie aansoek is koste in die appèl.
______________
A.
KRUGER, R
Namens
Eiser:
Mnr
K.M. Röntgen (Snr)
In
opdrag van:
McIntyre
& Van Der Post
BLOEMFONTEIN
Namens
Verweerder:
Adv. J.F. Grobler
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN