Muller v Burger and Others (316/2014) [2014] ZAFSHC 110 (7 August 2014)

57 Reportability
Partnership Law

Brief Summary

Partnership — Dissolution — Dispute over partnership assets — Applicant sought payment from first respondent, an attorney, for funds held in trust following the dissolution of a farming partnership — Disagreement regarding the distribution of profits and the nature of funds deposited — Legal issue centered on whether the funds were held in trust for the applicant or as part of the partnership's assets — Court held that the funds belonged to the applicant and ordered the first respondent to pay the amount plus interest.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2014
>>
[2014] ZAFSHC 110
|

|

Muller v Burger and Others (316/2014) [2014] ZAFSHC 110 (7 August 2014)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer:
316/2014
In
die aansoek van:-
JACOBIE
JANSE MULLER
…...............................................................................................
Applikant
en
HELMUT
BURGER
…...................................................................................................
1
ste
Respondent
CORNELIUS
JOHANNES MULLER
….......................................................................
2
de
Respondent
CASPER
ANDRIES MULLER
…..................................................................................
3
de
Respondent
AANGEHOOR
OP
:
31
JULIE 2014
CORAM
:
KRUGER, R
GELEWER
OP
:
7
AUGUSTUS 2014
[1]
Die applikant versoek ‘n bevel dat eerste respondent, ‘n
prokureur, gelas word om R204 516,62 plus rente aan
hom te
betaal.  Die applikant vra ‘n kostebevel teen die drie
respondente gesamentlik en afsonderlik.  Antwoordende

eedsverklarings is deur aldrie respondente geliasseer.  Die
eerste respondent is die regsverteenwoordiger van die tweede en
derde
respondente.
[2]
Die agtergrond word soos volg deur die applikant in die funderende
eedsverklaring uiteengesit, met die respondente se weergawe
tussen
hakies.
(1) In November 2003
het die drie respondente ‘n vennootskapsooreenkoms aangegaan om
‘n boerdery besigheid te bedryf.
Volgens die applikant was die
winsverdeling 50% vir hom, en 25% vir elk van die tweede en derde
respondente.
(Volgens
die tweede en derde respondente was die winsverdeling gelykop tussen
die drie vennote.)
(2)
Gedurende 2004 het onenigheid tussen die vennote ontstaan en moes
verrekening plaasvind van die winste indien enige.  (Die
tweede
respondent bevestig die onenigheid en meld dat die probleem was dat
die applikant nie die berekeninge van die ouditeur wat
deur die
applikant benoem is aanvaar het nie, en gedreig het om ‘n ander
boekhouer te versoek om state op te stel, wat tot
vandag toe nie
gebeur het nie.  In die repliserende eedsverklaring ontken die
applikant nie hierdie bewering nie, en neem
die houding in dat die
verrekening van winste nie vir die huidige aansoek relevant is nie.
Hy meld dat die tweede en derde
respondente ‘n aksie
ingestel het oor die verrekening van winste, maar dat daardie aksie
“verouderd” geword het.)
(3) Nadat die
vennootskapsooreenkoms tot ‘n einde gekom het, het die
applikant lammers verkoop vir R173 818,23. Tweede
en derde
respondente het aangedring dat hierdie bedrag deel moet vorm van die
afrekening van die winste van die vennootskap. Die
applikant sê:
“Bloot ten einde vrede te bewaar het ek besluit om die bedrag
van R173 818,23 welke die volle opbrengs
op die lammers was en
nie alleenlik wins nie op trust in te betaal by my prokureur van
rekord” (Mnr Richter).
(Oor
hierdie transaksie met die lammers ontken die tweede en derde
respondente dat dit na beëindiging van die
vennootskapstransaksie
plaasgevind het, alternatiewelik is hul
houding dat dit vennootskapsbates was wat die applikant te gelde
gemaak het na beëindiging
van die vennootskapstransaksie.  Die
tweede respondent verwys na die brief van eerste respondent, wat op
11 Februarie 2010
applikant se prokureur was, wat aangeheg is by die
funderende eedsverklaring, waarin vermeld word: “Met verwysing
na die
lammers wat deur die vennootskap verkoop was, die opbrengs
waarvan by u in trust belê is.” Tweede respondent sê

hierdie brief is op instruksies van die applikant gestuur.  In
repliek ontken die applikant dat hy so ‘n opdrag aan
die eerste
respondent gegee het, en sy houding is dat die eerste respondent “op
daardie stadium verkies het om die belange
van die tweede en derde
respondente te benadruk en nie my eie nie”.  Die tweede
respondent se houding is dat die bedrag
“inbetaal is om op
trust gehou te word hangende afhandeling van die aksie na aanduiding
van die ontbinding van die vennootskap”.
In repliek is daar ‘n
blote ontkenning van hierdie bewering.  Die tweede respondent
meld ook dat die vennootskap geen
afsonderlike tjekrekening gehad het
nie, en dat applikant se eie tjekrekening vir doeleindes daarvan
gebruik is.  Hierdie
bewering word nie deur applikant ontken
nie.  Tweede respondent sê dat hoewel die
lammers-transaksie in naam van die
applikant gedoen is, was dit
de
facto
‘n vennootskapstransaksie.)
(4) Applikant sê
in repliek:

20.3
Ek het uit eie beweging toe besluit om die bedrag vir praktiese redes
by Richter in te betaal aangesien ek hoopvol was dat
die dispuut
tussen my en die Tweede en Derde Respondente vinnig opgelos sou kon
word.
20.4
Daar was geen ooreenkoms dat die trustgeld in trust gehou sal word
hangende die afhandeling van ‘n aksie of skikking
nie.”
(5) Die beweging van
die geld en verbandhoudende handelinge was soos volg:
(i)
November 2004: Applikant betaal R173 818,23 in by prokureur
Richter wat dit op sy beurt by Eerste Nasionale Bank belê
(bl
24, “A”).
(ii)
28 November 2005: Tweede en derde respondente reik dagvaarding uit
teen applikant vir betaling van R325 332,254 aan elkeen
van
hulle, synde die balans op hulle kapitaal-rekeninge in die
vennootskap aan hulle verskuldig.
(iii)
5 April 2006: Applikant se verweerskif word geliasseer waarin hy vra
dat die eise afgewys word.  Geen repliek is afgelewer
nie, en
die pleitstukke het volgens applikant gesluit op 21 April 2006.  Op
11 April 2006 het eerste respondent se prokureur
namens tweede en
derde respondent, aan Mnr Richter, applikant se prokureur kennis
gegee dat hy voortgaan om aansoek te doen om
‘n hofdatum.
Applikant sê vanaf April 2006 tot op datum het die tweede
en derde respondent geen stappe in daardie
hoofaksie geneem nie.  In
antwoord hierop sê die tweede respondent dat daar tot redelik
onlangs pogings was om die aksie
te skik, en bly die aksie steeds
hangende.
(iv)
Februarie 2010: Applikant beëindig Richter se mandaat “en
die Eerste Respondent versoek om voortaan die saak namens
my te
behartig”.  Die applikant wys daarop dat die eerste
respondent op daardie stadium as prokureur vir die tweede
en derde
respondente opgetree het, en sê dan: “Ek wou graag die
aangeleentheid tot finaliteit bring en was dit die
rede waarom ek die
Eerste Respondent as prokureur gaan konsulteer het”.
(v)
11 Februarie 2010: Eerste respondent skryf aan Richter en vra dat
Richter die geld aan eerste respondent oorbetaal:

Met
verwysing na die lammers wat deur die vennootskap verkoop was, die
opbrengs waarvan by u in trust belê is.
Mnr
JJ Muller het versoek dat u die bedrag op belegging by u tesame met
rente daarop, aan ons in trust oorbetaal en ‘n verrekeningstaat

aan ons sal voorsien.”
(vi)
3 Maart 2010: Richter betaal R204 516,62 (die bedrag plus
R30 698,39 rente) aan eerste respondent oor.
(vii) Applikant
besluit dat eerste respondent “sy belange nie ten volle sou kon
behartig weens die feit dat hy ook namens
die Tweede en Derde
Respondent opgetree het nie” en vra prokureur Wiersma van
Heidelberg om die geld by eerste respondent
aan te vra. Eerste
respondent het geweier om die geld aan Wiersma oor te betaal.
(In
die antwoordende eedsverklaring sê die tweede respondent dat
voordat die skrywe van prokureur Wiersma ontvang is, was
daar ‘n
skrywe van prokureurs Pretorius en Bosman waarin verwys is na “die
geld van Mnr Muller”.  Die respondente
sê hierdie
was die eerste keer dat die applikant die bewering gemaak het dat die
geld aan hom behoort sonder enige verwysing
van die vennootskap. Die
indruk was geskep dat die applikant van plan verander het en besluit
het om die gelde vir homself toe
te eien.  Die tweede en derde
respondente het aan die eerste respondent opdrag gegee om nie die
geld aan Pretorius prokureurs
te betaal nie, en eerste respondent het
so ‘n skrywe aan Pretorius prokureurs gerig.
Wat
prokureur Wiersma betref, verwys tweede respondent na die skrywe van
prokureur Wiersma waarin versoek word dat die geld in applikant
se
bankrekening betaal word.)
In
repliek sê die applikant dat dit deurentyd sy saak was dat die
trustgeld wat hy destyds by prokureur Richter inbetaal het,
sy
eiendom is.  Applikant se tweede en derde respondente se aksie
het deur regswerking verjaar.
[3]
Mnr Cilliers namens applikant, voer aan dat dit nie eerste respondent
se saak is dat hy die geld in trust ontvang het om te
hou hangende
afhandeling van ‘n dispuut tussen applikant en tweede en derde
respondente nie.  Mnr Cilliers sê
dat volgens die eerste
respondent hou hy die trustgeld op sy eie aandrang hangende
afhandeling van die aksie, en kan hy nie die
geld uitbetaal as ‘n
skikking nie bereik kan word nie.  Volgens Mnr Cilliers bly
trustgeld by ‘n prokureur gedeponeer
as algemene reël die
eiendom van die klient wat dit gedeponeer het, met verwysing na
Frikkie Pretorius Inc and Another v
GG
2011 (2) SA 407
(KZP) op
413-415.  Mnr Cilliers maak die punt dat die eerste respondent
onder die indruk was dat hy weens ‘n onderonsie
tussen
applikant en Richter versoek is om die geld te hou, eerder as wat dit
by Richter gebly het.
[4]
Namens die respondente wys Mnr Louw daarop dat dit gemeensaak is dat
die inbetaling van die geld voortspruit uit die
boerdery-vennootskapsooreenkoms
wat beëindig is en uit hoofde
waarvan verrekening moes plaasvind.  Dis ook gemeensaak dat die
inbetaalde geld voortspruit
uit ‘n transaksie vir die verkoop
van lammers, en dit moet bepaal word of daardie transaksie ‘n
vennootskapsbate was
vir doeleindes van afrekening van die winste van
die ontbinde vennootskap.  Mnr Louw wys daarop dat dit
gemeensaak is dat,
in ‘n poging om die afrekening van die
winsdispuut te probeer oplos, die ouditeur Mnr Davel opdrag gegee
word om die nodige
berekeninge te doen.  Davel se berekeninge
het getoon dat applikant die bedrag van R325 332,24 aan elk van
die tweede
en derde respondente verskuldig was.  Die applikant
was nie bereid om Davel se berekeninge te aanvaar nie, en het die
tweede
en derde respondente toe dagvaarding teen die applikant
uitgereik om vermelde bedrae te vorder.
[5]
Daar is teenstrydige aansprake op die bedrag wat applikant in trust
inbetaal het.  Die tweede en derde respondente se saak
is dat
hulle op meer as net daardie bedrag geregtig is, maar in ieder geval
op ‘n gedeelte daarvan.
[6]
Volgens Mnr Louw het die litigasie gesloer omdat die applikant ‘n
teeneis wou instel en omdat skikkingsonderhandelinge
skipbreuk gely
het.
[7]
Volgens Mnr Louw het eerste respondent ingestem om die geld vanaf
Richter oor te neem na sy trustrekening met die voorbehoud
dat hy
bloot sou probeer om te medieer wat die skikkingsvoorstelle betref
sonder dat hy bereid was om homself in die proses te
kompromiteer.
In hierdie verband sê die eerste respondent die volgende
(bl 67 par 6):

6.
Ek erken dat die Applikant my genader het om te probeer medieer ten
einde ‘n skikkking te probeer bereik tussen hom en
Tweede en
Derde Respondent.  Dit was egter reeds in Augustus 2009 en nie
gedurende Februarie 2010, soos deur hom beweer nie.
Ek het dit
duidelik aan hom gestel, toe hy my daartoe versoek het, dat ek steeds
as Prokureur van Rekord vir die Respondente optree
en dat ek myself
nie sal kompromiteer nie maar bloot sal poog om skikkingsvoorstelle
van die Respondente te verkry, wat ek ook
gedoen het.”
Hierop
reageer die applikant soos volg in sy repliserende eedverklaring
(bl 136 par 5.1):

5.1
Dit is absoluut onwaar dat ek die Eerste Respondent bloot genader het
om ‘n skikking te probeer bewerk tussen my en die
Tweede en
Derde Respondente.  Ek het Eerste Respondent genader om in alle
opsigte my prokureur van rekord te wees en my belange
te behartig.”
[8]
Richter, applikant se voormalige en huidige prokureur, wat hy weer in
Julie 2013 opdrag gegee het om namens hom te verskyn,
skryf in ’n
brief gedateer 19 Oktober 2013 (Aanhangsel “O” tot die
funderende eedsverklaring).

Bostaande
drie persone was in ’n boerdery vennootskap wat ongeveer in
2004/2005 ontbind het.  Alle tjeks was uitgemaak
aan JJ Muller.
Ten tye van die vennootskap was daar ’n tjek ten bedrae van
ongeveer R173 000,00 by skrywer inbetaal
hangende die
afhandeling van die ontbinding.”
In
die antwoordende eedsverklaring verwys die tweede en derde
respondente na hierdie skrywe, maar in repliek brei die applikant
nie
verder daaroor uit nie.  Die insette en houding van die tweede
en derde respondente kan nie buite rekening gelaat word,
by
beoordeling van die vraag waarom die applikant die geld aan eerste
respondent oorbetaal het nie.  Hulle was en is betrokke
by die
geskil, en applikant het geweet dat eerste respondent hulle prokureur
is toe hy die geld aan eerste respondent laat oorplaas
het.
[9]
Synde mosie-verrigtinge, moet, soos Mnr Cilliers ook toegee, die
weergawe van die respondente gevolg word waar hulle nie met
die
applikant saamstem nie.  Verder sou dit vreemd, en
onprofessioneel wees van die eerste respondent om as prokureur van

rekord op te tree vir twee partye wat in litigasie teen mekaar
gewikkel is.  Die omstandighede van die oorbetaling van die
geld
op applikant se instruksie vanaf Richter na die eerste respondent,
dui daarop dat die eerste respondent die geld moes behou
hangende die
bereiking van ‘n skikking of beslegting van die geskil tussen
die partye.  As die applikant die alleen-beskikkingsreg
oor die
geld gehad het, sou hy tog vir Richter versoek het om die geld aan
hom te betaal, nie aan eerste respondent nie.
[10]
Dit is moontlik dat geld gehou word as
rers
litigiosa
hangende afhandeling van
litigasie  (
Baker v Probert
1985 (3) SA 429
(A) op 441A–D) maar in Mnr Cilliers se
submissie is dit nie eerste respondent se saak dat hy die trustgeld
ontvang het om
dit te hou hangende afhandeling van die litigasie nie.
Dis belangrik om te bepaal wat die bedoeling van die applikant
en
die eerste respondent was met die oorbetaling van die geld aan
Richter en aan eerste respondent.   Mnr Louw stel die
retoriese vraag: vir watter ander doel as hangende die oplossing van
teenstrydige aansprake was die geld by eerste respondent inbetaal?

Mnr Louw sê dit is onderliggend aan die applikant se
inbetaling dat dit gedoen is hangende die uitklaring van die vraag

wie die geld toekom.  Hy sê die geld moes volgens die
objektiewe beoordeling van die applikant en eerste respondent
se
bedoeling in trust gehou word totdat uitklaring verkry is oor die wie
die geld toekom.  Die geld was
res
litigiosa
.
[11]
Die eerste respondent sê ook (bl 68 par 7):

In
geen stadium van hierdie gebeure het die Applikant selfs gesuggereer
dat die geld nie vennootskapsgelde is nie en dat hy dit
bloot ter
skikking of, om die vrede te bewaar, by my laat inbetaal het nie.”
Die
eerste respondent sê reeds aan die begin van sy antwoordende
eedsverklaring (par 4) dat hier teenstrydige aansprake op
die geld
is.  Hierdie is die respondente se weergawe, wat nie verwerp kan
word tensy dit duidelik verkeerd is nie, en waarop
die aangeleentheid
beslis moet word.
[12]
Die hooggeregshof aksie waarin die tweede en derde respondente ‘n
eis teen applikant ingestel het, is steeds hangende.
Die applikant is
nie remedieloos nie.  Hy kan daardie saak ter rolle plaas en vra
vir afwysing daarvan.  Die vraag of
die aksie nie meer bestaan
hang af van die omstandighede.  In hierdie geval het die partye
probeer skik, en daar was vertragings
omdat die applikant oorweeg het
om ‘n teeneis in te stel.  As die applikant meen dat die
respondente onnodiglik vertraag
het met die aksie, kan hy vra dat dit
afgewys word (sien
Molala v Minister of Law and Order and
Another
1993 (1) SA 673
(W).  Dit is in die hof se
diskresie om die voortsetting van ‘n geding toe te laat waar
daar vertraging was (
Bernstein v Bernstein
1948 (2) SA
205
(W) op 207).      Hofsake gaan nie net weg
nie.  Die hofreëls gee aan die verweerder die reg om die

saak te plaas vir afwysing as die eiser onnodiglik vertraag.
Mnr Louw sê, met verwysing na
Cassimjee v Minister of
Finance
2014 (3) SA 198
(HHA) par [11] dat die verweerders se
gebrek aan optrede ook ’n faktor is wat in ag geneem word.
[13]
In die huidige geval bestaan die geskil oor die verdeling van die
vennootskapswinste steeds.  Dit is die rede waarom die
eerste
repondent die geld het.  ‘n Litigant betaal nie geld oor
aan die opponerende party se prokureur om dowe neute
nie, of op die
basis dat hy dit kan terugkry sodra hy wil nie. Wie die reghebbende
op die bedrag wat by die eerste respondente
is, is in geskil.  Die
respondente sê dit is vennootskapbates, wat gehou moet word
totdat besleg is wie daarop geregtig
is.  Die applikant verdien
rente op die geld.  Op die respondente se weergawe is hy die een
wat afhandeling van die rekening
van die vennootskap vertraag, omdat
hy ’n ander boekhouer wou inbring, of ‘n teeneis in die
litigasie wou indien. Daardie
weergawes moet aanvaar word.
[14]
Die applikant kan nie nou die geld opeis wat hy vrywilliglik in die
trustrekening van die eerste respondent geplaas het nie.
Die
hooggeregshofgeding is nog lewendig.  Die afhandeling van die
vennootskap het nog nie geskied nie.
[15]
Die Aansoek word afgewys met koste.
______________
A.
KRUGER,
R
Namens
Applikant: Adv.HJ Cilliers
In
opdrag van:
Stander
en Vennote
BLOEMFONTEIN
Namens
Respondent:

Adv. NJ Louw
In
opdrag van:
Alberts
Prokureurs
BLOEMFONTEIN