De Villiers v S and Another (904/2006) [2014] ZAFSHC 82 (12 June 2014)

55 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Review of conviction — Application for review of guilty plea — Applicant pleaded guilty to theft of R950,000 and received a seven-year sentence, three years suspended — Applicant contended that plea was not voluntary due to inadequate legal advice and miscommunication with legal representatives — Court found that the applicant had confirmed the accuracy of his plea statement in court and did not retract any admissions made — Application for review dismissed as the applicant failed to demonstrate that the plea was involuntary or that a miscarriage of justice occurred.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2014
>>
[2014] ZAFSHC 82
|

|

De Villiers v S and Another (904/2006) [2014] ZAFSHC 82 (12 June 2014)

IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Saaknr
904/2006
In
die saak tussen:-
RAYMOND
DANIEL DE VILLIERS
….................................................................................
Applikant
en
DIE
STAAT
…..............................................................................................................
Eerste
Respondent
DIE
AGBARE STREEKLANDDROS
…................................................................
Tweede
Respondent
ME
DM SOOMAROO
CORAM:
EBRAHIM, R
et
C.
REINDERS, WnR
AANGEHOOR
OP:
24 MAART 2014
UITSPRAAK
DEUR:
C. REINDERS, WnR
GELEWER
OP:
12 JUNIE 2014
[1]
Die Applikant bring hierdie aansoek vir die hersiening en
tersydestelling van sy skuldigbevinding deur die Tweede Respondent
op
11 Augustus 2011 op ‘n aanklag van diefstal ten bedrae van R
950 000,00 en die vonnis van 7 (sewe) jaar gevangenisstraf

waarvan 3 (drie) jaar opgeskort is (op toepaslike voorwaardes) deur
die Tweede Respondent op 29 November 2011 in die Streekhof
te
Bloemfontein onder saaknommer 17/1350/2007.
[2]
Die aansoek is geopponeer en het die Applikant in die alternatief
versoek dat die aangeleentheid vir getuienis verwys word indien
die
hof nie bereid sou wees om die aansoek te bereg slegs op die stukke
nie. Die aansoek met aanhangsels daartoe beloop 515 bladsye.
Adv
Dörfling SC, namens die Applikant, het egter aan die hand gedoen
dat die hof ‘n “robust, common sense”
benadering
kan volg en die aansoek bereg sonder om dit vir mondelinge getuienis
te verwys.
[3]
Dit is noodsaaklik dat die agtergrond tot hierdie hersieningsaansoek
kortliks geskets word. Die Applikant het aanvanklik tereg
gestaan op
vier aanklagtes, naamlik bedrog, in die alternatief daartoe diefstal,
asook drie statutêre aanklagtes wat verband
hou met oortreding
van die bepalings van onderskeidelik die Wet op Finansiële
Advies- en Tussengangerdienste 37 van 2002 en
die Wet op Finansiele
Instellings 28 van 2001. Die laaste drie aanklagtes is teruggetrek
met die aanvang van die verhoor
op 10 Augustus 2011.
[4]
Ten tyde van die verhoor op 11 Augustus 2011 was die Applikant
verteenwoordig deur Adv Johann Nel in opdrag van mnr Johannes
Andreas
Kramer van die prokureursfirma Kramer Weihmann & Joubert Ingelyf.
Applikant het skuldig gepleit in terme van
Art 112(2) van
die Strafproseswet 51 van 1977 soos gewysig (“die Wet”)
op die aanklag van diefstal. Op 29 November
2011 is Applikant deur
Tweede Respondent gevonnis tot 7 (sewe) jaar gevangenisstraf waarvan
3 (drie) jaar opgeskort is op toepaslike
voorwaardes.
[5]
Op 11 Januarie 2012 het hierdie selfde regspan ‘n aansoek om
verlof tot appèl teen die opgelegde vonnis gebring
voor die
Tweede Respondente, wie die aansoek afgewys het. ‘n Aansoek om
borgtog hangende ‘n versoekskrif na hierdie
afdeling is
insgelyks geweier deur die hof
a quo
.
[6]
Gedurende Februarie 2012 het Applikant ‘n nuwe regspan
aangestel. Borg hangende die voortsetting van appèl is op
14
Maart 2012 deur hierdie hof op ‘n dringende basis verleen. Op 5
April 2012 is ‘n aansoek in die hof
a
quo
vir verlof om te appelleer teen
Applikant se skuldigbevinding afgewys. ‘n Versoekskrif in terme
van Art 309C(2) van die Wet
is insgelyks afgewys op 23 Mei 2012.
Borgtog is verleng deur hierdie hof hangende ‘n aansoek om
verlof tot appèl teen
beide die skuldigbevinding en vonnis,
welke aansoek op 14 September 2012 afgewys en Applikant se borg
ingetrek is.
[7]
Die Hoogste Hof van Appèl het op op 27 September 2012 borg
verleen aan Applikant hangende ‘n versoekskrif in terme
van Art
20(4)(b) van die Hooggeregshofwet 59 van 1959 teen beide die
skuldigbevinding en vonnis opgelê deur die hof
a
quo
. Op 7 Januarie 2013 is verlof
verleen om te appelleer na die volbank van hierdie hof slegs ten
aansien van die opgelegde vonnis.
Hierdie appèl is steeds
hangend.
[8]
Die basis van hierdie hersieningsaansoek deur Applikant word in sy
funderende stukke as volg verwoord:

Soos
wat hieronder sal blyk, bekla ek my lot oor die
onreëlmatigheid
in die verrigtinge weens die feit dat ek nie vrywillig skuldig
gepleit het nie
.”
[9]
Hierdie gebrek aan vrywilligheid basseer Applikant op twee gronde,
naamlik dat hy skuldig gepleit het nadat hy advies ontvang
het van sy
regsverteenwoordigers oor die moontlike negatiewe uitkoms van sy saak
indien hy nie sou skuldig pleit nie, en voorts
ook dat sy regspan sy
instruksies aan hul geïgnoreer en/of nie behoorlik oorweeg het
toe sodanige advies aan hom gegee is
nie.
[10]
Die onderhawige aansoek is geloods op 5 Maart 2013, dus meer as 18
maande na Applikant se skuldigpleit op 11 Augustus 2011.
Applikant
voer aan dat die tydsverloop vir die bring van hierdie aansoek
redelik is en dat daar geen onredelike vertraging
was in die bring
van die aansoek nie. Die rede waarom hy hierdie aansoek eers ‘n
jaar en ‘n half na sy pleit van skuldig
bring is omdat hy
geadviseer is deur sy huidige regspan dat ‘n suksesvolle appèl
teen sy skuldigbevinding op die skuldig
pleit in terme van Art 112
(2) van die Wet daartoe sou lei dat die saak terugverwys word na die
hof
a quo
,
die skuldigbevinding tersyde gestel en ‘n pleit van onskuldig
genotuleer word in terme van Art 113 van die Wet.  Dit
sou die
aansoek
in casu
“van akademiese belang” maak.
[11]
Alvorens hierdie hof na so ‘n lang tydsverloop behoort in te
meng moet die Applikant tot bevrediging kan oortuig dat
hy nie
vrywillig skuldig gepleit het nie en dat ‘n onreg plaasgevind
het.
[12]
Die feite wat Applikant in sy Art 112(2)-verklaring gemaak het, het
hy bevestig voor die Tweede Respondent as korrek. Doelmatigheidshalwe

word die tersaaklike paragrawe woordeliks aangehaal:

3.
Ek is op hoogte met die beweringe wat in die klagstaat ten aansien
van die onderskeie aanklagte my ten laste gelê word
en na
samesprekings tussen myself en my regsverteenwoordigers het ek opdrag
aan hulle gegee om ten aansien van die eerste alternatief
tot aanklag
1 ‘n pleit van skuldig aan die Hof te bied.
4.
Hierdie opdrag is gegee sonder dat ek deur enigiemand daartoe
onbehoorlik beïnvloed is en het dit vrywillig en ongedwonge

geskied, met die volle besef van die gevolge daaraan verbonde.
5.
Ek erken die volgende feite, dat:
5.1
Na die oorlye van Mnr PJ Wiese sy eggenote, die klaagster, Mev Amanda
Wiese, as eksekutrise van sy boedel aangestel was;
5.2
Ek op versoek van die klaagster, Mev Wiese, die effektiewe
bereddering van die boedel hanteer het;
5.3
Gedurende die datum in die klagstaat vermeld, 25 Mei 2005, en te
Bloemfontein binne die streekafdeling van die Vrystaat, ‘n
tjek
ten bedrae van R 950 000-00 uitgemaak is ten gunste van
Taakmeesters Trust welke Trust deur my bestuur is en my alter
ego
was;
5.4
Die trekker van die genoemde tjek die boedel van wyle PJ Wiese was;
5.5
Die voormelde tjek soos ooreengekom sou en moes op die geldmark deur
Taakmeesters Trust ten gunste van die boedel van wyle PJ
Wiese belê
word;
5.6
Die voormelde tjek op 25 Mei 2005 tot die krediet van Taakmeesters
Trust in rekeningnommer 4-7060-7319 van Absa Bank, Maitland-wes
Tak,
Bloemfontein, inbetaal is, soos by oorhandiging daarvan voorsien is;
5.7
Die fondse soos aangetoon op voormelde tjek tot die krediet van
Taakmeesters Trust, gekom het;
5.8
Die fondse nie op die geldmark soos ooreengekom bele is nie maar
aangewend is om die volgende betalings daarteenoor te maak;

(handgeskrewe invoeging:) welke betalings geensins met die boedel
verband hou nie;
5.8.1
JR Vervoer – Bloemfontein (R 100 000-00);
5.8.2
Raymond de Villiers BK (R 250 000-00);
5.8.3
Taakmeesters Trust Besigheidsrekening (R 25 000-00);
5.8.4
L de Villiers (R 13 000-00);
5.8.5
Greeff Familie Trust (R 14 807-00);
5.8.6
Triangle International Trust (R 3 300-00);
5.8.7
Peramide BK (R 10 000-00);
5.8.8
Wilhelm Trust (R 254 583-00);
5.8.9
Saayman A.J (R 155 559-79);
5.8.10
Amber-Lynn Familie Trust (R 35 000-00).
5.
Ek bevestig gevolglik dat toe ek nie die mandaat/ooreenkoms soos met
die klaagster Mev Wiese ooreengekom, nagekom het nie, my
optrede ten
gevolge wederregtelik was en dat ek te alle relevante tye van die
wederregtelikheid daarvan bewus was.”
[13]
Hoewel Applikant nêrens die bewering maak in sy aansoekstukke
dat hy enige van die bovermelde erkennings wil terugtrek
nie, beweer
hy in die voormelde stukke dat sy instruksie aan sy
regsverteenwoordigers was dat hy aan mev Wiese verduidelik het
dat
die betrokke tjek kon belê word met “soortgelyke”
rente opbrengs as wat op die geldmarkfonds verkry kon word,
dat hy
nooit bedoel het om skuldig te pleit nie en deurgaans ontken het dat
hy aan enige misdryf skuldig is. (Vergelyk paragraaf
5.5 van sy Art
112(2)-verklaring en Aanhangsel “HER 12”. Die erkennings
in paragraaf 5.8 staan steeds onaangeraak.)
[14]
Die bewering dat sy regspan sy instruksies aan hulle geïgnoreer
het en/of nie behoorlik oorweeg het nie, word genegativeer
deur die
feit dat sy verklaring aan die vehoorlanddros voorgelees is in sy
teenwoordigheid, waarna die landdros hom gevra het of
hy dit bevestig
en hy onomwonde verklaar het dat hy dit bevestig. As daar ‘n
verkeerde erkenning gemaak is en sy regspan
sy instruksies aan hulle
geïgnoreer het, sou ek verwag het dat hy daar en dan vir die
landdros sou meegedeel het dat daar
‘n misverstand is en/of so
spoedig daarna dit met sy regspan sou opneem.
[15]
Die aansoek om verlof na die Hoogste Hof van Appèl om teen sy
skuldigbevinding te appelleer was gedoen suiwer op die
basis dat die
erkennings wat hy gemaak het voor die landdros, nie ‘n
skuldigbevinding regverdig nie (met behoud van al hierdie

erkennings).
[16]
Nadat die Applikant sy nuwe regspan aangestel het, is besluit om
voort te gaan met die appèl ook wat die skuldigbevinding

aanbetref. Dit was dus in die vooruitsig gestel dat indien die appèl
slaag op die skuldigbevinding, alle erkennings wat
in die Art
112(2)-verklaring gemaak is, steeds sou staan uit hoofde van die
bepalings van Art 113 van die Wet. Die Applikant was
dus tevrede dat
daardie erkennings steeds sou staan en nie feitelik verkeerd is nie.
[17]
Die Applikant se verduideliking waarom hierdie hersie-ningsaansoek
eers 18 maande na die skuldigpleit geloods is, is soos reeds
genoem
volgens hom omdat, indien die appèl op die skuldigbevinding
sou slaag, dit hierdie aansoek bloot akademies van aard
sou maak. Dit
is na my oordeel nie ‘n goeie verduideliking nie.
[18]
Dis voor die hand liggend dat die regshulp wat
in
casu
aangevra word (tersydestelling van
die skuldigbevinding en vonnis) dramaties verskil van die gevolge wat
sou  ingetree het
indien die Hoogste Hof van Appèl gelas
het dat die bepalings van Art 113 toepassing moet vind.
(Vergelyk
ook Art 312 van die Wet waarna die Applikant self in sy funderende
verklaring verwys.)
[19]
Indien hierdie aansoek sou slaag, sou die verrigtinge in die geheel
tersyde gestel word en die Applikant
de
novo
aangekla moet word vergeleke met
die regsgevolge in terme van Art 113 van die Wet waar alle erkennings
steeds sou bly staan en
die vervolgingsgesag aangesê word om
voort te gaan met die vervolging.
Vergelyk
S v Lakay
1998 (1) SASV 91 (K).
[20]
Afgesien van bovermelde, kom dit my ook voor of die Applikant sy
remedies uitgeput het toe hy met die appèl ten opsigte
van die
skuldigbevinding voortgegaan het. Waar ‘n appèl op die
meriete aangehoor en afgewys is en ‘n finale
bevel daaromtrent
gegee is deur die hof van appèl, kan die verrigtinge nie weer
heropen word by wyse van hersiening van
die laer hof verrigtinge nie.
Vergelyk
R v  D
1953 (4) SA 384
(A).
[21]
Inteendeel, appèlverrigtinge is al uitgestel in ‘n geval
waar dit geblyk het dat daar verligting vir ‘n
appellant kan
wees by wyse van hersiening, ten einde die partye geleentheid te gee
om eers die hersiening af te handel omdat dit
onbehoorlik sou wees
vir die hof van appèl om die meriete van die appèl af
te wys met die gevolg dat dit onmoontlik
sou wees daarna vir die
appellant om regsverligting by wyse van hersiening te kry.
Vergelyk:
R v Parmanand
1954 (3) SA 833
(A) te 38 D – F;
Coopers
SA Pty Ltd v Deutsche Gesell-Schaft Für Schädlingsbekämpfung
MBH
1976
(3) SA 352
(A) te 368 H – 369 F.
[22]
Hoewel hierdie hersieningsaansoek alreeds vir die bovermelde redes
moet faal, is ek in ieder geval nie oortuig dat die beskuldigde

onbehoorlik beinvloed was welke ‘n onreëlmatigheid
daargestel het sodanig dat hierdie hof die verrigtinge voor die
landdros moet hersien, regstel of tersydestel nie.
[23]
Ek het reeds daarop gewys dat die erkennings wat die Applikant in sy
Art 112(2)-pleitverduideliking gemaak het, die Hoogste
Hof van Appèl
genoop het om te bevind dat die skuldigbevinding in orde is. Ek het
ook daarop gewys dat in hierdie verrigtinge
die Applikant nie daardie
erkennings ernstig aanval of poog om dit terug te trek nie. Die
verhoorlanddros het die Applikant tereg
ondervra of hy die inhoud van
die verklaring bevestig en of dit die waarheid is. Indien daardie
feite nie in geskil sou wees nie,
sou die regsadvies van sy advokaat
en prokureur dat hy skuldig behoort te pleit goeie advies wees omdat
daardie feite (soos deur
die Hoogste Hof van Appèl bevestig),
hom skuldig maak aan diefstal.
[24]
Inaggenome die agtergrond van die meerdere klagtes wat daar teen die
Applikant was en waarvan sommiges laat vaar is en die
lang
onderhandelinge tussen sy regspan en die Direkteur Openbare
Vervolging om ‘n pleitvergelyking te bereik, is die afleiding

onvermydelik dat hierdie aspekte volledig met die Applikant bespreek
is en hy adviseer is dat hy op die diefstalklagte moet skuldig
pleit.
Hoewel hy onwillig mag gewees het, het hy ‘n ingeligte besluit
geneem, nadat hy die korrekte advies ontvang het.
[25]
Hierdie feit word bekragtig en bevestig deur die feit dat nadat
Applikant skuldig bevind is, hy getuienis ter versagting van
vonnis
gaan aanbied het en nadat hy ‘n vonnis ontvang het waarmee hy
nie tevrede was nie, besluit het om teen die vonnis
te appelleer. Die
afleiding is onteenseglik dat hy ‘n sekere verwagting gehad het
oor sy vonnis (volgens hom “80/20%”
soos deur sy
regsverteenwoordiger aan hom meegedeel is) en indien dit sou
resulteer, hy nooit sou wou appelleer teen die skuldigbevinding
nie.
[26]
Inteendeel die feit dat hy tevrede was met die skuldigpleit en daarby
berus het, is te vinde in die feit dat hy net appèl
aangeteken
het teen die vonnis. Die afleiding is onvermydelik dat indien hy ‘n
ligter vonnis opgelê was, hy tevrede
sou wees met die
skuldigbevinding. Dit is nie Applikant se saak dat sy eertydse
regspan nie sy instruksies uitgevoer het deurdat
hul verkeerdelik
nie
teen die
skuldigbevinding
appelleer het nie.
[27]
Hoewel die Applikant alreeds op 11 Augustus 2011 volgens hom onder
dwang skuldig gepleit het, neem hy verlief hiermee tot en
met sy
vonnisoplegging meer as drie maande later. Dit was eers nadat hy
gesien het dat hy nie met die vonnis suksesvol is nie,
dat hy besluit
het om die Hoogste Hof van Appèl te nader vir ‘n
tersydestellling van die skuldigbevinding op grond
van Art 113.
[28]
Trouens, uit die Applikant se funderende eedsverklaring blyk dit dat
die Applikant  eers op hierdie stadium soos hy dit
verwoord “tot
in my siel verontreg”  was omrede hy nooit skuldig wou
pleit nie. Ten spyte daarvan dat hy tot hierdie
mate verontreg is, en
dit alreeds gedurende Februarie 2012 na konsultasie met sy nuwe
regspan “duidelik geraak het”
vir hom dat die gebeure
voor sy skuldigbevinding ‘n “regsbasis daarstel”
vir ‘n hersieningsprosedure, maak
hy nie die keuse om hierdie
onreg te herstel nie, maar kies om eerder te begin met ‘n
appèlproses teen die skuldigbevinding.
Toe die Applikant nie
hiermee slaag nie word hierdie hersieningsaansoek 18 maande later
eers gebring.
[29]
Mnr Dörfling in sy hoofde van betoog voer aan dat die
pleitonderhandelinge in terme van Art 105A van die Wet wat mnr Nel

met die Eerste Respondent gehad het, slegs met betrekking tot die
statutêre aanklagte teen die Aplikant was en dat die Art
112
skuldigpleit derhalwe ‘n afwyking is van die instruksie aan
Applikant se regspan dat hy onskuldig wou pleit op ‘n
aanklag
van bedrog en/of diefstal. Ten spyte daarvan dat Applikant in hierdie
aansoek volledig handel met die aard van al die aanklagtes
teen hom
en sy instruksies aan sy regspan, gee hy geen verduideliking waarom
hy nie alreeds tydens pleitonderhandelinge tussen
mnr Nel en die
Eerste Respondent sy regspan daarmee gekonfronteer het dat hy aan
geen klagtes
wou skuldig pleit nie en sy regspan tyd verspil met onderhandelinge
terwyl hy bloot onskuldig wil pleit nie.
[30]
Op Applikant se eie weergawe het sy regspan met hom konsulteer oor
die implikasies van hetsy ‘n onskuldig of skuldig
pleit op die
dag van die verhoor.

Voordat
ek skuldig gepleit het, het Adv Nel aan my gemeld dat indien ek
skuldig bevind sou word op ‘n aanklag van bedrog of
diefstal
waarby meer as R 500,000.00 betrokke is, die Landdros verplig sou
wees om ‘n minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf
te
oorweeg. Dit was duidelik uit Adv Nel se mededelings aan my dat hy
bekommerd was dat die minimum vonnis my opgelê sou
kon word
indien ek na ‘n verhoor waarin ek onskuldig pleit, skuldig
bevind sou word.
Ek
het navraag gedoen by Mnr Kramer wat die kans was dat ek ‘n
buite straf sou kry indien ek sou skuldig pleit soos deur die

Staatsadvokaat versoek. Mnr Kramer het aangedui dat ek waarskynlik ‘n
80/20% kans het om ‘n buite straf te kry. Ek
het teësinnig
aan my regspan ‘n mandaat gegee om
hierdie pleit verder te voer
.”
[31]
Hierna word die pleit voorberei vir en namens die Applikant in
ooreenstemming met die bepalings van Art 112(2) van die Wet
en aan
Applikant voorgehou. Applikant beskryf die rede waarom hy die pleit
onderteken het as volg:

Ek
was
desperaat
en het
nie geweet wat om te doen nie
.
Op daardie stadium het ek geglo dat ek of die skuldig pleit moet
onderteken of dat ek moet aanvaar dat indien ek op verhoor sou
gaan
en skuldig bevind sou word ek myself blootstel aan 15 jaar
gevangenisstraf. In die lig van die feit dat my regspan
aangedring
het daarop dat ek eerder skuldig moet pleit, het ek besluit om die
dokument te onderteken. Net voordat ek dit onderteken het het
ek
teenoor Adv Nel opgemerk dat dit vir my sleg is om dit te teken, maar
dat ek seker nie ‘n keuse het nie. Adv Nel het nie
hierop
reageer nie.”
En
voorts:

Die
pleitverduideliking was egter nie ‘n vrywillige en ongedwonge
erkenning van aanspreeklikheid van my kant nie. Ek is nie
onderleg in
die reg nie. Ek het deurgans vertrou op die regsadvies van my
regsverteenwoordigers en het ek gevolglik teen my sin
skuldig
gepleit.”
[32]
Applikant is ‘n rekenmeester, en derhalwe beslis nie
ongeletterd en/of oningelig nie. Nêrens in sy funderende of

repliserende eedsverklaring meld Applikant dat hy nie bewus was
daarvan dat hy sy regspan se mandaat kon beëindig indien hy
van
oordeel was hul tree strydig met sy instruksies op nie. Dit is
inderdaad onwaarskynlik dat Applikant nie sou weet dat hy na
keuse op
enige stadium sy regspan se mandaat kon beëindig nie. Ek sou
verwag dat die Applikant na
skuldigbevinding
uiters ontsteld sou wees. Hy was nie, inteendeel verklaar hy as volg:

Na
vonnisoplegging
was
ek tot in my siel verontreg omrede ek nooit skuldig wou gepleit het
aan enige misdrywe nie, maar op aanbeveling van my destydse
regspan
wel skuldig gepleit het. By nabetragting het ek besluit om verdere
regsadvies in die verband te bekom.”
[33]
Dit is ondenkbaar dat Applikant in die drie maande na
skuldigbevinding maar voor vonnisoplegging, nie bekommerd was oor die

feit dat hy skuldig bevind is terwyl, op sy weergawe, hy nooit aan
enige klagte wou skuldig pleit nie.
[34]
Dat ‘n hersieningsaansoek binne ‘n redelike tyd gebring
moet word is gevestigde reg.
Vergelyk
Wolgroeiersafslaers Edms Bpk v
Munisipaliteit Kaapstad
1978 (1) SA
13
A op 38 H – 42 D.
[35]
In die onderhawige geval het 18 maande verloop voordat hierdie
hersieningsaansoek geïniseer is. Na my oordeel is die
tydsverloop onredelik lank en is hierdie ‘n geval waar dit van
die Applikant verwag word om ‘n aanvaarbare verduideliking
te
gee vir die versuim om hierdie aansoek binne ‘n redelike tyd te
loods.
[36]
Die Applikant het dit ooglopend besef en vir daardie rede gepoog om
sy versuim te verduidelik deur te verklaar dat hierdie
aansoek
agterweë gehou is hangende die uitslag van sy versoekskrif tot
die Hoogste Hof van Appèl rakende die skuldigbevinding.
[37]
Ek het reeds daarop gewys dat die verduideliking nie bevredigend is
nie en dat die regsgevolge indien die Hoogste Hof van Appèl

die skuldigbevinding sou tersydestel ooreenkomstig die bepalings van
Art 113 vergeleke met die gevolge van hierdie hersieningsaansoek

(inaggenome die bepalings van Art 324 van die Wet), nie akademies is
nie, maar inteendeel dramaties verskil.
[38]
Ek is dus nie oortuig dat die Applikant ‘n behoorlike saak
uitgemaak het dat die verrigtinge in die verhoorhof onreëlmatig

was, hersien moet word en/of tersydegestel moet word nie.
[39]
Ek kan ook geen rede vind en het die Applikant my ook nie oortuig dat
dit enige doel sal dien om die aansoek vir getuienis
te verwys nie.
[40]
Gevolglik word die aansoek afgewys.
_________________
C.
REINDERS, WnR
Ek
stem saam.
_____________
S.
EBRAHIM, R
Namens
Applikant: Adv D.F. Dörfling
In opdrag van:
Martins
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
Respondente: Adv J. Swanepoel
In
opdrag van:
Direkteur
OpenbareVervolging
BLOEMFONTEIN