Dihlabeng Local Municipality v Golden Circle Investments 102 (Pty) Ltd (5252/2013) [2014] ZAFSHC 102 (9 June 2014)

70 Reportability
Municipal Law

Brief Summary

Municipal Law — Property Rates — Summary judgment for unpaid municipal rates — Applicant sought payment of R274,890.82 for outstanding property rates and municipal services rendered to the respondent's property — Respondent raised a defense based on a counterclaim against the applicant in a separate matter, asserting a connection between the two claims — Court held that the respondent's defense did not constitute a bona fide defense in law as it attempted to pierce the corporate veil without sufficient grounds — Summary judgment granted in favor of the applicant for the full amount claimed, including interest and costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2014
>>
[2014] ZAFSHC 102
|

|

Dihlabeng Local Municipality v Golden Circle Investments 102 (Pty) Ltd (5252/2013) [2014] ZAFSHC 102 (9 June 2014)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer
:  5252/2013
In
die saak tussen:-
DIHLABENG
LOCAL
MUNICIPALITY
.....................................................................................
Eiser
en
GOLDEN
CIRCLE INVESTMENTS 102 (PTY)
LTD
.......................................................
Verweerder
UITSPRAAK
DEUR:
VAN ZYL, R
AANGEHOOR
OP:
27 MAART 2014
GELEWER
OP:
9 JUNIE 2014
[1]
Hierdie is ‘n aansoek om summiere vonnis vir die betaling van
die bedrag van R274 890-82, tesame met tersaaklike
rente en
koste daarop, ten opsigte waarvan eiser ‘n enkelvoudige
dagvaarding teen verweerder uitgereik het. Die vordering
is vir
agterstallige eiendomsbelasting en munisipale heffings vir dienste
gelewer op verweerder se spesiale aandrang en versoek
gedurende die
periode wat strek vanaf 1 Augustus 2008 tot en met 30 Junie 2013 ten
opsigte van Erf 515, Clarens, synde die eiendom
van verweerder.
[2]
Mnr Weyer is die deponent tot die verklaring afgelê ter
opponering van die aansoek om summiere vonnis.  Verweerder
se
verweer is gebaseer op ‘n kontraktuele skadevergoedingsaksie
wat Mnr Weyer onder saaknommer 1625/07 teen eiser, in die
vorm van ‘n
teeneis, ingestel het in die Bethlehem Landdroshof.  Die teeneis
handel met kontraktuele skade as gevolg
van eiser se kontrakbreuk met
die verkoop van ‘n karavaanpark aan Mnr Weyer te Clarens.
Mnr Weyer was suksesvol met
die meriete van daardie teeneis en is dit
tans net nog die kwantum van die teeneis wat oorstaan vir latere
beregting.  Aanvanklik
het Mnr Weyer gemeen dat die direkte
skade ten opsigte van daardie teeneis ongeveer R2 miljoen beloop en
die gevolgskade ongeveer
R4 miljoen beloop, maar doen hy aan die hand
dat deskundige berekeninge wat tans uitgevoer word moontlik kan
aandui dat die skade
selfs meer kan beloop.
[3]
Eiser het ‘n soortgelyke aksie as die onderhawige aksie in
hierdie Hof onder saaknommer 5253/2013 teen Mnr Weyer in sy

persoonlike hoedanigheid ingestel ten opsigte van agterstallige
eiendomsbelasting en munisipale heffings vir dienste gelewer met

betrekking tot Erf 401, Clarens, welke die eiendom van Mnr Weyer
persoonlik is.  Eiser het ook in daardie aksie aansoek gedoen
om
summiere vonnis.  ‘n Identiese afskrif van die opponerende
verklaring wat in daardie aansoek om summiere vonnis geliasseer
is,
is ook in die onderhawige aansoek geliasseer.  In daardie
aansoek, waarin Mnr Weyer in sy persoonlike hoedanigheid die

verweerder is, het die partye by ooreenkoms ooreengekom dat verlof
aan Mnr Weyer verleen word om die aksie te verdedig.
[4]
In die onderhawige aansoek om summiere vonnis moet egter in ag geneem
word dat die hangendesuksesvolle teeneis in die Landdroshof
in die
naam van Mnr Weyer in sy persoonlike hoedanigheid is, terwyl die
verweerder in die onderhawige geval die maatskappy Golden
Circle
Investments 102 (Pty) Ltd is.  Mnr Weyer het in sy opponerende
verklaring die volgende tersaaklike bewerings gemaak
in die verband:

1.1
Ek is ‘n meerderjarige man wie hierin optree in my persoonlike
hoedanigheid en as direkteur en aandeelhouer van Golden
Circle
Investments 102 (Pty) Ltd, Lake Clarens, Erf 104, Clarens, Vrystaat
Provinsie.”

3.2
Ek doen aan die hand dat die verweer wat ek hierin uiteensit ook ‘n
verweer vir Golden Circle daarstel.  Enige verwysing
na myself
is ook verwysing na Golden Circle.”
[5]
Mnr Zietsman, namens verweerder, het aan die hand gedoen dat dit
duidelik blyk dat Mnr Weyer die verweerder as sy alter ego
beskou
aangesien hy die direkteur en aandeelhouer van die verweerder is.
Hy het gevolglik aan die hand gedoen dat verweerder
by wyse van die
suksesvolle teeneis in die Landdroshof teen eiser, ‘n
bona
fide
verweer openbaar het.  In die alternatief het Mnr
Zietsman betoog dat die Hof ‘n wye diskresie het om nie
summiere vonnis
toe te staan nie en dat hierdie ‘n gepaste
geval is waar sodanige diskresie ten gunste van verweerder uitgeoefen
behoort
te word.
[6]
By die oorweging van die vraag of ‘n verweerder ‘n
bona
fide
verweer in sy opponerende
verklaring openbaar het, word die volgende vereistes gestel soos
uiteengesit in
MAHARAJ v BARCLAYS
NATIONAL BANK
1976 (1) SA 418
(A) op
426 B:

All
that the Court enquires into is:  (a) whether the defendant has
fully disclosed the nature and grounds of his defence and
the
material facts upon which it is founded, and (b) whether on the facts
so disclosed the defendant appears to have, as to either
the whole or
part of the claim, a defence which is both
bona
fide
and
good
in law
.” (Eie beklemtoning).
[7]
Die regsaard van die verweer wat verweerder in die onderhawige geval
opper, is wat bekend staan as

piercing
of the corporate veill
”.
Dit is die uitdrukking wat gebruik word wanneer die regte en
verpligtinge van ‘n selfstandige regsentiteit,
soos ‘n
maatskappy, geag word die regte en verpligtinge van sy aandeelhouers
te wees.  Dit word as volg in
EX
PARTE
GORE AND OTHERS NNO
2013 (3) SA 382
(WCC) op 386 C tot 387 A as volg beskryf:

What
is entailed on any approach, whether it be called a ‘piercing’
or a ‘lifting’, is a fact-based determination
by the
courts in certain cases, to disregard some or all of the
characteristics of separate legal personality that statute law

odinarily attributes to a duly incorporated company.  Juristic
personality is a legal fiction....and thus, when the circumstances
of
a particular case make it appropriate to do so – inevitably in
matters in which the concept has been used inproperly,
in a manner
inconsistent with the rationale for the creation and maintenance of
the legal fiction – courts will disregard
it.”
[8]
Hoewel daar nie bepaalde en vasgestelde omstandighede bestaan of
neergelê is waarbinne ‘n Hof bereid sal wees om
die
selfstandighede regsaard van ‘n aparte regsentiteit te ignoreer
nie, blyk dit na my mening duidelik dat dit slegs gedoen
word as
remedie
teen
‘n maatskappy of ander regsentiteit in omstandighede waar die
persone in beheer van daardie regsentiteit, die regsaard van
daardie
entiteit misbruik of onbehoorlik aanwend.
SIEN
EX PARTE
GORE
AND OTHERS NNO
,
supra
.
[9]
Teenstrydig met laasgenoemde beginsel, poog Mnr Weyer in die
onderhawige geval om die regsaard van verweerder as ‘n aparte

regsentiteit te ignoreer ten gunste van verweerder self en in
omstandighede waar hy self die aandeelhouer en direkteur is.

(Ek merk volledigheidshalwe op dat Mnr Weyer nie eers beweer het dat
hy die
enigste
aandeelhouer en
enigste
direkteur is nie, maar aanvaar ek vir doeleindes van hierdie
uitspraak dat dit wel die geval is.)  Hierdie benadering of
werkswyse is na my mening nie regtens toelaatbaar nie.  Mnr
Zietsman was ook nie in staat om my na enige gesag te verwys waar
die
beginsel van

piercing of the
corporate veil”
op hierdie wyse
toegepas is nie.
[10]
Gevolglik kan die teeneis wat Mnr Weyer in sy persoonlike
hoedanigheid teen eiser het, nie ten gunste van verweerder as verweer

geopper word nie. Dit stel na my mening nie ‘n verweer daar wat

good in law” is nie.
[11]
Wat die uitoefening van my diskresie betref, word dit nie deur
bepaalde rigiede reëls gereguleer nie, maar moet dit steeds
op
judisiële basis uitgeoefen word.  In
PANSERA
BUILDERS SUPPLIERS (PTY) LTD v VAN DER MERWE (T/A VAN DER MERWE’S
TRANSPORT)
1986 (3) SA 654
(C) op 659 A
tot C is dit as volg uiteengesit:

The
fact that the defendant’s affidavit in the present case does
not entitle him to have the summary judgment refused is not
the end
of the enquiry.  Where defendant has not furnished security in
terms of Rule 32(3)(a) nor satisfied the Court in terms
of Rule
32(3)(b) by affidavit or oral evidence that he has a
bona
fide
defence, the Court has a
discretion as to whether or not to close its doors to the defendant
and to grant summary judgment.
Such a judgment is a final
judgment which is designed to prevent the plaintiff having to suffer
the delay and additional expenses
of a trial in circumstances where
the Court is satisfied that ‘the defendant’s case is a
bogus one or is bad in law
and is raised merely for the purposes of
delay....’. (See  Arend’s case
supra
at 304 G.)
The
discretion must be exercised judicially and upon the information
which is before the Court.  The Court must guard against

speculation and conjecture and be astute not to substitute these for
the actual information which has been placed before it.”
[12]
Na my mening is daar in die onderhawige geval geen bewerings wat as
basis kan dien vir die uitoefening van my diskresie ten
gunste van
verweerder nie.  Die bestaan van die suksesvolle teeneis van Mnr
Weyer in sy persoonlike hoedanigheid teen die
eiser kan na my mening
nie sodanige basis vorm nie.  Die feit dat Mnr Weyer die
verweerder as sy alter ego beskou (en klaarblyklik
aldus gebruik op
sy eie weergawe), kan juis ‘n misbruik deur homself van die
regsaard van die maatskappy as ‘n aparte
regsentiteit teen sy
krediteure daarstel en is ek nie bereid om op hierdie basis my
diskresie ten gunste van verweerder uit te
oefen nie.  Uit ‘n
regsoogpunt beskou het die suksesvolle teeneis teen eiser deur ‘n
ander party as die huidige
verweerder geen nexus met die onderhawige
vordering teen verweerder nie.
[13]
Mnr Zietsman het in die verdere alternatief versoek dat ek in plaas
van die toestaan van die aansoek om summiere vonnis, verweerder
gelas
om sekuriteit te verskaf aan eiser tot bevrediging van die griffier
vir enige vonnis, ingesluit koste, wat teen verweerder
gegee mag word
in die onderhawige geding.  Na my mening is ek nie bevoeg om
sodanige bevel te maak nie.  Volgens die
bepalings van Hofreël
32(3)(a) is dit ‘n opsie wat
meru
moto
deur ‘n verweerder
uitgeoefen kan word ten einde die verlening van summiere vonnis teen
hom te voorkom.  Waar verweerder
versuim het om dit te doen, is
dit nie ‘n bevel wat ek ooreenkomstig die bepalings van Hofreël
32(5) kan gelas nie.
[14]
Hierdie is na my mening ‘n geval waar die verlening van
summiere vonnis teen verweerder juis ‘n gepaste remedie
is en
juis uitvoering gee aan die doel van summiere vonnis as sulks.
SIEN JOOB JOOB INVESTMENTS v STOCKS
MAVUNDLA
2004 (5) SA 1
(SCA) op 11 F
tot 12 H.
[15]
Wat betref rente. is daar in die dagvaarding voorsiening gemaak vir
drie alternatiewe vorderings wat die berekeninge van die
rente
betref.  Die eerste daarvan is ‘n vordering van die
betaling van rente teen prima rentekoers plus 1% bereken vanaf
1
Julie 2013 tot datum van betaling, met gepaardgaande bewerings ter
ondersteuning van eiser se geregtigheid om die rente aldus
te
vorder.  Dit is ook die rentevordering wat in die aansoek om
summiere vonnis gevorder word.  Verweerder het geensins
die
regsgeldigheid en/of korrektheid van hierdie vordering in die
opponerende verklaring betwis nie.  Ek is gevolglik voornemens

om wel sodanige rentevordering toe te staan.
[16]
Wat die koste betref, het eiser in die enkelvoudige dagvaarding die
bewering gemaak dat verweerder verplig is om die koste
van eiser te
betaal op die skaal soos tussen prokureur en kliënt en insgelyks
bewerings ter ondersteuning van die vordering
gemaak.  Koste op
hierdie skaal is ook in die aansoek om summiere vonnis gevorder.
Verweerder het insgelyks nie hierdie
vordering in sy opponerende
verklaring betwis nie en in die uitoefening van my diskresie ten
opsigte van koste, is daar na my mening
geen rede waarom hierdie
kostebevel nie verleen moet word nie.
[17]
Gevolglik verleen ek summiere vonnis teen die verweerder in die
volgende terme:
15.1
Verweerder word gelas om aan eiser die bedrag van R274 890-82 te
betaal.
15.2
Verweerder word gelas om rente op voormelde bedrag te betaal teen
prima rentekoers plus 1%, bereken vanaf 1 Julie 2013 tot
datum van
betaling.
15.3
Verweerder word gelas om die koste van die geding te betaal op die
skaal soos tussen prokureur en kliënt.
_____________
C.
VAN ZYL, R
Namens
die Eiser:

Adv H J Benade
In
opdrag van:
Symington
& de Kok Prokureurs
Bloemfontein
Namens
die Verweerder:
Adv P J J Zietsman
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
Bloemfontein