Mothuli v S (A3/2014) [2014] ZAFSHC 63 (15 May 2014)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Minimum sentences for sexual offences — Appellant convicted of multiple counts of rape and robbery — Sentences imposed by trial court found to be based on misinterpretation of law regarding minimum sentencing — Trial court failed to consider substantial and compelling circumstances — Appeal upheld, sentences set aside and matter referred back for re-sentencing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2014
>>
[2014] ZAFSHC 63
|

|

Mothuli v S (A3/2014) [2014] ZAFSHC 63 (15 May 2014)

IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Appèlnr.
: A3/2014
In die appèl
van:-
MODISE
ARTHUR
MOTHULI
.............................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
............................................................................................................................
Respondent
CORAM:
VAN DER MERWE, R
et
JAJI, WnR
AANGEHOOR
OP:
12 MEI 2014
UITSPRAAK
DEUR:
VAN DER MERWE, R
GELEWER
OP:
15 MEI 2014
[1]
Die appellant, ‘n 23-jarige man, het in die streekhof te
Kroonstad tereggestaan op drie aanklagte van verkragting (aanklag
1,
2 en 4) en een van roof met verswarende omstandighede (aanklag 3).
Aanklag 3 is by die aanvang van die verhoor teruggetrek,
waarna die
appellant skuldig gepleit het op aanklag 1, 2 en 4.  Hy is
dienooreenkomstig skuldig bevind en is soos volg gevonnis
op 23 Mei
2013:
Aanklag 1: Tien (10) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag 2: Dertig (30) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag 4: Dertig (30) jaar
gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar op voorwaarde
dat die appellant nie skuldig
bevind word aan verkragting of ‘n
misdryf wat ‘n bevoegde uitspraak is op ‘n aanklag van
verkragting en wat gepleeg
word gedurende die tydperk van opskorting
nie.
Die
appellant appelleer teen hierdie vonnisse, met verlof van die
verhoorhof.
[2]
Die omstandighede van die misdryf vermeld in aanklag 1 is dat die
appellant die klaagster in die vroeë oggendure van 8
Mei 2010 in
die straat sien loop het en dat hy haar toe gedwing het om met hom
gemeenskap te hou.  Die omstandighede van die
misdryf vermeld in
aanklag 2 is dat die appellant en ‘n vriend van hom op 26 Maart
2011 vir die klaagster en ‘n vriend
van haar in die straat
teëgekom het.  Die klaagster se vriend het weggehardloop,
waarna die appellant en sy vriend die
klaagster gevang het.  Die
appellant het toe met haar gemeenskap gehad sonder haar toestemming.
Daarna het sy vriend
haar verkrag, waarna die appellant weer met die
klaagster sonder haar toestemming gemeenskap gehad het.  Die
omstandighede
van die pleging van die misdryf vermeld in aanklag 4
was dat die appellant op 9 April 2011 die 15-jarige klaagster alleen
in die
straat sien loop het, waarna hy haar na die agterkant van ‘n
huis geneem het en verkrag het.
[3]
Hieruit blyk dat ten aansien van aanklag 2 die slagoffer meer as een
keer deur die beskuldigde en sy mededader verkrag is en
dat ten
aansien van aanklag 4 die slagoffer ‘n meisie onder die
ouderdom van 16 jaar was.  Boonop was die appellant
by die
verhoor ‘n persoon wat skuldig bevind was aan twee of meer
misdrywe van verkragting, maar wat nog nie ten opsigte
van sodanige
skuldigbevindings gevonnis is nie.  Dit volg dat al drie
misdrywe waaraan die appellant skuldig bevind is op
een of meer
grondslag omskryf word in Deel I van Bylae 2 tot die
Strafregwysingswet, Nr 105 van 1997 (die Wet).  Dit volg
ook dat
ten aansien van elk van aanklag 1, 2 en 4 ‘n minimum vonnis van
lewenslange gevangenisstraf deur die Wet voorgeskryf
is.
[4]
Die verhoorhof het bevind dat daar geen wesenlike en dwingende
omstandighede ten opsigte van die drie misdrywe aanwesig was
nie.
Nogtans het die verhoorhof die voormelde vonnisse opgelê.
Hierdie vonnisse is die gevolg van wesenlike wanvoorligtings.
[5]
Eerstens maak artikel 51(1) van die Wet dit duidelik dat ten opsigte
van misdrywe vermeld in Deel I van Bylae 2 tot die Wet,
‘n hof
verplig is om lewenslange gevangenisstraf op te lê tensy
wesenlike of dwingende omstandighede ‘n mindere
vonnis
regverdig of tensy die oortreder ten tye van pleging van die misdryf
onder die ouderdom van 18 jaar was.
[6]
Tweedens, die staatsaanklaer het aan die verhoorhof voorgehou dat
“…dit wyd in die media berig is” dat ‘n

persoon wat ‘n vonnis van lewenslange gevangenisstraf opgelê
is, na “twaalf jaar en agt maande” in aanmerking
kom vir
parool en, omdat vonnisse van lewenslange gevangenisstraf samelopend
uitgedien word, dit beteken dat al sou die appellant
meer as een
vonnis van lewenslange gevangenisstraf opgelê word, hy slegs
die gemelde twaalf jaar en agt maande in die gevangenisstraf
mag
deurbring.  Die verhoorhof het hierdie argument aanvaar.
Dit is duidelik dat die verhoorhof ‘n effektiewe
vonnis van 40
jaar gevangenisstraf opgelê het op die aanvaarding dat dit die
appellant langer in die gevangenis sou hou as
‘n vonnis van
lewenslange gevangenisstraf.  Hoe hierdie argument aangevoer of
aanvaar kon word, is moeilik om te begryp.
Dit is herhaaldelik
beslis dat dit ‘n wanvoorligting is om by vonnisoplegging as
waarskynlikheid in ag te neem dat die gevonnisde
op ‘n bepaalde
stadium op parool vrygelaat sal word.  Sien
S
v S
1987 (2) SA 307
(A) op 313 H –
I. Boonop bepaal artikel 73(6)(b)(iv) van die Wet op Korrektiewe
Dienste 111 van 1998 duidelik dat ‘n
persoon wat gevonnis is
tot lewenslange gevangenisstraf nie op parool geplaas mag word
voordat hy of sy ten minste 25 jaar van
die vonnis uitgedien het nie.
[7]
Derdens, alhoewel ek verstaan dat die verhoorhof gepoog het om die
kumulatiewe effek van meerdere vonnisse te versag, is dit
in die
algemeen onvanpas om langtermyn gevangenisstraf in geheel of
grootliks op te skort.  Sien byvoorbeeld
Attorney-General
Eastern Cape v D
1997 (1) SASV 473
(OK) op 478 c – d.  In die onderhawige geval is dit totaal
onvanpas om ‘n geheel opgeskorte
vonnis op te lê vir ‘n
misdryf so ernstig as die een vermeld in aanklag 4.
[8]
Gevolglik moet al drie vonnisse tersyde gestel word en opnuut oorweeg
word.  Namens die appellant is gevra dat die saak
na die
verhoorhof terugverwys word vir hierdie doel.  Die advokaat vir
die respondent het hierdie versoek ondersteun.
Ek meen dat aan
die versoek voldoen moet word.  Die appellant staar drie
vonnisse van lewenslange gevangenisstraf in die gesig
en ek het die
duidelike indruk dat in die omstandighede wat geheers het, die
kwessie van wesenlike en dwingende omstandighede nie
in die
verhoorhof die aandag geniet het wat dit verdien het nie.
[9]
Gevolglik word die volgende bevel verleen:
1.
Die appèl
slaag.
2.
Die vonnisse
op aanklagte 1, 2 en 4 word tersyde gestel.
3. Die saak word na die verhoorhof
terugverwys om opnuut vonnis op te lê.
________________________
C.H.G.
VAN DER MERWE, R
Ek
stem saam.
_____________
N.P.
JAJI, WnR
Namens die
appellant: Me S. Kruger
In
opdrag van:
Bloemfontein
Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens
respondent: Adv W.J. Harrington
In
opdrag van:
Direkteur
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN