Janse Van Rensburg v Prokureursorde van die Vrystaat (3607/2013 , 4935/2013) [2014] ZAFSHC 52 (17 April 2014)

65 Reportability
Legal Practice

Brief Summary

Legal Profession — Admission of attorneys — Requirements for valid articles of clerkship — Applicant sought admission as an attorney but her articles were questioned due to the principal's lack of three years' practice for own account as required by the Attorneys Act 53 of 1979 — Court considered whether the principal's prior experience and the nature of her practice satisfied the statutory requirements — Held that the principal had sufficient experience and the articles were valid, allowing the applicant's admission.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2014
>>
[2014] ZAFSHC 52
|

|

Janse Van Rensburg v Prokureursorde van die Vrystaat (3607/2013 , 4935/2013) [2014] ZAFSHC 52 (17 April 2014)

VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer:
3607/2013
4935/2013
In
die aansoek van:-
JUANITA
JANSE VAN RENSBURG
….........................................................................
Applikant
en
DIE
PROKUREURSORDE VAN DIE VRYSTAAT
….............................................
Respondent
CORAM
:
ERASMUS, Wn RP et KRUGER, R
UITSPRAAK
DEUR
:
KRUGER,
R
AANGEHOOR
OP
:
14
APRIL 2014
GELEWER
OP
:
17
APRIL 2014
[1]
Die applikant wil graag toegelaat word as prokureur.  Die
respondent se probleem is dat die persoon met wie sy op 12 Mei
2011
haar leerkontrak gesluit het, skynbaar nie op daardie datum reeds vir
drie jaar vir eie rekening of as vennoot in ‘n
prokureursfirma
gepraktiseer het nie, soos bedoel in artikel 3(1)(i)(i) van die Wet
op Prokureurs 53 van 1979 (die Wet).  Die
applikant se aansoek
om toelating (Saak 3607/2013) is op 19 September 2013 van die rol
verwyder.  In aansoek 4935/2013 vra
die applikant vir ‘n
verklarende bevel dat haar voormelde leerkontrak geag word ‘n
leerkontrak te wees soos in die
Wet bedoel.  Die respondent het
‘n opponering geliasseer saam met ‘n kennisgewing
ingevolge Hofreël 6(5)(d)(iii)
dat hy regspunte wil opper.
Daardie regspunte is vervat in Mnr Van Rooyen, wat vir die
respondent verskyn, se betooghoofde.
[2]
Artikel 3(1) van die Wet bepaal:
“’
n
Kandidaat-prokureur word onder leerkontrak in diens geneem of gehou
slegs deur iemand wat die beroep van prokureur beoefen –
(a)
Vir eie rekening; of
(b)
as vennoot in ‘n prokureursfirma; of
...,
(i)(i) wat, indien
hy of sy ‘n prokureur is wat aldus vir eie rekening of as
vennoot in ‘n prokureursfirma ... praktiseer
... vir ‘n
tydperk van drie jaar ... aldus gepraktiseer het of in diens was
...”.
[3]
In haar aanvanklike aansoek om toelating as prokureur sê die
applikant die volgende:

9.6
Nadat ek my voorgeskrewe eksamens geslaag het en dus myself bekwaam
het om toegelaat te word as prokureur van die Agbare Hof,
en in die
voorbereiding van my aansoek daarvoor, is dit vasgestel dat my
leerkontrak met my prinsipaal nie aan die bepalings van
Artikel 3 van
die Wet voldoen nie, aangesien sy op daardie stadium nie reeds vir
drie jaar vir eie rekening gepraktiseer het nie.”
Die
aangeleentheid is toe met die respondent opgeneem, wat van mening was
dat ‘n nuwe leerkontrak aangegaan en geregisteer
moes word en
dat die applikant dan by die hof aansoek moet doen dat die applikant
se onreëlmatige diens onder die eerste leerkontrak
reëlmatig
verklaar word.  Die applikant sê die respondent het nie
beswaar teen sodanige reëling gehad nie.
Die applikant sê
in haar toelatingsaansoek saak 3607/2013 dat sy nie ‘n nuwe
leerkontrak wou aangaan nie omdat
haar dienstydperk onder haar
leerkontrak op 13 Mei 2013 verstryk het, bykans ‘n maand na sy
die brief van die respondent
ontvang het.  Sy het die laaste
maand van haar leerkontrak voltooi en uitvoering daaraan gegee.
Hoewel dit uit saak
4935/2013 blyk dat applikant op 17 September 2013
‘n leerkontrak met Mnr Pieter Schuurman aangegaan het, steun
Mnr Reinders
nie daaop nie en laat ons dit buite rekening vir
doeleindes van hierdie uitspraak.
[4]
Die applikant sê dat sy reeds sedert 1 Julie 2012 onder toesig
en leiding van Mnr Schuurman, ‘n prokureur soos bedoel
in
artikel 3(1) van die Wet, diens verrig het.  Sy het dus die
respondent versoek om haar toe te laat om vir ‘n addisiondele

verdere periode tot 1 Julie 2014 diens onder Mnr Schuurman te verrig.
Dit sou beteken dat sy vir ‘n volle twee jaar
tydperk
onder toesig en leiding van Mnr Schuurman diens in terme van die
leerkontrak verrig het.  Die respondent was nie bereid
om toe te
stem tot ‘n bevel dat applikant se dusdanige langer diens in
orde sou wees vir toelating nie.
[5]
Die feitelike situasie van Me Gouws, die prokureur met wie applikant
op 12 Mei 2011 haar leerkontrak aangegaan het, is soos
volg:
(1)
Vanaf Januarie 2005 tot Februarie 2006:
kandidaatprokureur by Hill, McHardy & Herbst.
(2)
Sy is op 2 Maart 2006 as prokureur die
hierdie hof toegelaat en praktiseer sedert daardie datum as prokureur
by Hill, McHardy &
Herbst Ingelyf.
(3)
Op 13 Maart 2006 het die Griffier van
hierdie hof ‘n sertifikaat uitgereik waarin gesertifiseer word
dat sy verskyningsbevoegdheid
het in hierdie afdeling van die Hoë
Hof.
(4)
Op 1 Maart 2011 is sy as direkteur van
Hill, McHardy & Herbst Ingelyf aangestel.
(5)
Ten alle tye sedert haar toelating as
prokureur in 2006, en reeds voor haar aanstelling as direkteur van
Hill, McHardy & Herbst
Ingelyf, het sy haar eie kantoor bestuur
en alle administrasie in verband daarmee hanteer en behartig.
(6)
Gedurende die tydperk wat sy as
professionele assistent by Hill, McHardy & Herbst Ingelyf
gepraktiseer het, voordat sy as direkteur
aangestel is, het Me Gouws
nie slegs ‘n vaste salaris ontvang nie, maar ook kommissie ten
opsigte van die sake en aangeleenthede
wat sy hanteer het.  Sy
het dus haar eie kantoor bestuur, asook haar eie lêers en sake
behartig, waarop sy kommissie
verdien het.
(7)
Tydens die aangaan van die leerkontrak
tussen applikant en Me Gouws op 12 Mei 2011 het Me Gouws reeds vir
bykans vyf jaar as prokureur
gepraktiseer waar sy haar eie lêers
en sake behartig het en kommissie verdien het op die werk wat sy
gedoen het.
[6]
Die vraag is nou of Me Gouws voldoen het aan die vereistes van
artikel 3(1) van die Wet op 12 Mei 2011 toe sy die leerkontrak

geteken het.  Sy was nie ‘n vennoot nie, dus kwalifiseer
sy nie onder artikel 3(1)(b) nie.  Het sy vir eie rekening

gepraktiseer?  Met die eerste oogopslag verwys artikel 3(1)(a)
na ‘n eenmansfirma.  In
Estate
Agents Board v Swart and Others
1999 (1) SA 1097
(T) te 1105C–D bespreek die hof die frase “on
his own account” met verwysing na die Wet op
Eiendomsagentskapsaangeleenthede
112 van 1976 en sê Ngoepe R
dat daardie frase vir hom beteken iemand wat alleen as die eienaar as
eiendomsagent praktiseer.
Daar is egter geen rede, veral in die
hedendaagse besigheidswêreld, waarom ‘n prokureur, wat
saam met ander prokureurs
in dieselfde firma of kantoor werk, nie vir
eie rekening kan werk nie.
[7]
Dis belangrik om daarop te let dat daar geen bewering of insinuasie
is dat Me Gouws iets onbehoorliks gedoen het nie.  Die
feit dat
sy die leerkontrak aangegaan het dui daarop dat sy en die ander
senior prokureurs in die welbekende firma van Hill, McHardy
&
Herbst Ingelyf onder die indruk was dat sy by magte was om die
leerkontrak aan te gaan.  Daar is baie min, indien enige,

prokureurs wat nie weet dat slegs prokureurs wat vir drie jaar lank
hul eie praktyk behartig het, by magte is om ‘n leerkontrak
aan
te gaan nie.
[8]
Hierdie is nie ‘n kondonasie aansoek nie, soos Mnr Van Rooyen
aantoon.  Kondonasie is nie ter sprake nie.  Met
verwysing
na
Law Society of the Northern
Provinces v Mahon
2011 (2) SA 441
(HHA) par [19] wys hy daarop dat die wesenlike vraag is of hier ‘n
geldige kontrak is.  In
Ex parte
Singer; Law Society, Transvaal, Intervening
1984 (2) SA 757
(A) was die applikant op die rol van advokate toe die
leerkontrak aangegaan is, en was die leerkontrak dus nietig.  Mnr
Van
Rooyen steun op die ongerapporteerde saak van
Ex
parte
Dale Barratt
,
Transvaalse Provinsiale Afdeling Saak 7049/08, 6 Junie 2008.  In
daardie saak het die prinsipaal reeds drie leerklerke gehad
toe hy
die applikant se leerkontrak wou laat registreer, en die respondent
het geweier om die applikant se leerkontrak te registreer.
Die
applikant het die hof gevra om te verklaar dat die tydperk wat sy vir
die prinsipaal gewerk het terwyl hy meer as drie
leerklerke gehad
het, as reëlmatig aangemerk word.  Die hof was nie bereid
om dit te doen nie, want dit was nie ‘n
geldige kontrak nie.
Die bedoeling van die Wet is dat die prinsipaal voldoende tyd
en aandag aan ‘n leerklerk moet
spandeer, en drie leerklerke is
te veel.
[9]
Die Respondent se saak is dat in die huidige geval die leerkontrak
nietig is omdat Me Gouws nie reeds vir drie jaar vir haar
eie
rekening gepraktiseer het op die datum toe sy die leerkontrak
aangegaan het nie.  Die vraag voor hierdie hof is of, op
die
feite, bevind kan word dat Me Gouws op 12 Mei 2011 reeds vir drie
jaar vir haar eie rekening gepraktiseer het.
[10]
Mnr Reinders wys daarop dat artikel 3 ‘n beletsel teen die
prinsipaal daarstel.  Die opskrif van artikel 3 is “Wie

kandidaat-prokureurs in diens kan neem”.  Artikel 10(2)
bepaal dat diens wat deur ‘n kandidaat-prokureur verrig
is vir
‘n gediskwalifiseerde prinsipaal deur die prokureursorde
aanvaar kan word as geldig vir doeleindes van die Wet.
Dit dui
daarop dat die kontrak waaronder daardie diens gelewer is, nie nietig
is nie.  Die applikant het niks verkeerd gedoen
nie.
[11]
In sy aanvullende betooghoofde sê Mnr Van Rooyen dat die
bepalings van artikel 3 gebiedend is.  Hy beklemtoon die
gebruik
van die woord “slegs” in artikel 3(1) se inleidende
gedeelte (hierbo aangehaal).
[12]
In
Maharaj and Others v Rampersad
1964 (4) SA 638
(A) het waarnemende appèlregter Van Winsen met
‘n wetsbepaling gewerk wat, net soos artikel 3(1) gebiedend is.
Dit
gaan daar oor goedkeurings vir padvervoer.  Die
geleerde appèlregter vind dat daar gevalle kan wees waar die
hof beslis
dat, hoewel die posisie nie identies is met wat dit
behoort te wees, is die wetsvereiste nagekom (646D-E).  Hy sê
(te
646C-E):

The
enquiry, I suggest, is not so much whether there has been “exact”
“adequate” or “substantial”
compliance with
this injunction but rather whether there has been compliance
therewith.  This enquiry postulates an application
of the
injunction to the facts and a resultant comparison between what the
position is and what, according to the requirements
of the
injunction, it ought to be. It is quite conceivable that a Court
might hold that, even though the position as it is is not
identical
with what it ought to be, the injunction has nevertheless been
complied with.  In deciding whether there has been
a compliance
with the injunction the object sought to be achieved by the
injunction and the question of whether this object has
been achieved
are of importance.”
[13]
Die doel van die Wet op Prokureurs is dat leerklerke behoorlike
onderrig ontvang en slegs as prokureurs tot die professie toegelaat

word nadat hulle volledige lering ontvang het en die nodige eksamens
afgelê het en geskikte en bevoegde persone is.  In
Ex
parte
Mothuloe (Law
Society, Transvaal, intervening)
1996 (4) SA 1131
(T) op 1138D-E spreek Van Dijkhorst R hom uit ten
gunste van die tendens dat wetsuitleg wegbeweeg vanaf die streng
wettiese na
die vraag oor wat die wese van die bepalings is met
inagneming van die feite van die betrokke geval.  Die bedoeling
van die
wetgewer is dat toegang tot die prokureursberoep streng
beheer word by wyse van sekere minimum standaarde in die openbare
belang
(1138F-G).  Die wetsbepaling moet op die feite toegepas
word.  Volgens die feite in die huidige saak het Me Gouws baie

ervaring gehad voor sy die leerkontrak geteken het, en sy het op
daardie stadium reeds vir nagenoeg vyf jaar haar eie praktyk
behartig.  Kennelik het niemand in die bestuur van die firma
getwyfel dat sy die leerkontrak kon aangaan nie, anders sou hulle

haar gekeer het, en reëlings getref het dat een van die
direkteure die leerkontrak teken.
[14]
Mnr van Rooyen sê met verwysing na
Mahon
se saak, par [30], dat die subjektiewe posisie van die applikant nie
‘n rol moet speel by beslissing van hierdie aansoek
nie.
Mnr Reinders wys daarop dat in
Mahon
se saak die eerste drie maande kontrak tussen die partye ‘n
proef-kontrak was.  Dit was nie by die orde geregistreer
nie.
Daar was in
Mahon
geen behoorlik-voltooide kontrak nie.  Hier wel.
[15]
Voordat applikant toegelaat kan word as prokureur moet die respondent
‘n sertifikaat bedoel in artikel 16(a) van die
Wet uitreik wat
bevestig dat die applikant ‘n geskikte en gepaste persoon is om
as prokureur toegelaat te word. Sodanige
sertifikaat is nog nie
uitgereik nie.
[16]
Die applikant se leerkontrak is deur die repondent geregistreer soos
bedoel in artikel 5 van die Wet.  Dis in teenstelling
met die
feite in
Barratt
se saak, waarop Mnr Van Rooyen steun, waar die respondent geweier het
om die leerkontrak te registreer omdat daar reeds drie leerklerke
by
die prinsipaal was.  Geen beswaar is in die huidige geval deur
die respondent geopper toe applikant die leerkontrak wou
registreer
nie.  Die applikant het haar volle termyn van twee jaar as
leerklerk gedien en al die nodige ondervinding opgedoen
en eksamens
afgelê en geslaag.  Dis nie in geskil dat sy ‘n
geskikte persoon is om as prokureur toegelaat te word
nie.  Nou
sê die respondent die leerkontrak was nietig.  Sy moet nou
van voor af begin.  Volgens Mnr van Rooyen
sal sy alle eksamens
moet oordoen.
[17]
Kyk mens na die bedoeling van die Wet, naamlik dat applikant by ‘n
behoorlik toegeruste persoon moet leer, wat sy of
haar eie praktyk
hanteer, is daaraan voldoen.  In hierdie saak, waar die
applikant niks verkeerd gedoen het nie, en haar prinsipaal
behoorlik
bekwaam was, moontlik nie volgens ‘n streng uitleg van die Wet
nie, sou dit onbillik wees om die applikant toegang
tot die beroep te
weier in die lig van die omstandighede van hierdie saak.
[18]
Me Gouws was op die stadium toe sy die leerkontrak geteken het ‘n
prokureur wat reeds vir drie jaar vir haar eie rekening
gepraktiseer
het soos bedoel in artikel 3(1)(a).  Ek verloor nie die
bepalings van artikel 41(1), wat bepaal dat ‘n
praktisyn wat
vir eie rekening praktiseer in besit moet wees van ‘n
getrouheidsfondssertifikaat, uit die oog nie.  Omdat
Me Gouws
vanaf 1 Maart 2011 ‘n direkteur van die firma was, sou sy ‘n
getrouheidsfondssertifikaat gehad het toe sy
die leerkontrak op 11
Mei 2011 onderteken het.  Artikel 3(1)(a) moet vir doeleindes
van die huidige aansoek geïnterpreteer
word sodat dit nie meer
vereis as die tipe praktyk vir eie rekening wat Me Gouws bedryf het
nie. Die leerkontrak wat sy op 12 Mei
2011 met die applikant gesluit
het was geldig en in ooreenstemming met die vereistes van artikel
3(1) van die Wet.
[19]
Mnr van Rooyen sê ons moet waak teen die skep van ‘n
presedent.  Elke saak word op sy eie feite beslis.
Die
feite van hierdie aansoek is so ongewoon dat dit moeilik is om te
dink dat ‘n soortgelyke saak sal opduik.
[20]
‘n Bevel moet uitgereik word ooreenkomstig die konsepbevel
vervat in die Aanvullende Praktyksnota van applikant se advokaat:-
BEVEL
1.
Die word verklaar dat die applikant wesenlik voldoen het aan die
bepalings van die Wet op Prokureurs 53 van 1979 en dat sy daarop

geregtig is om as prokureur van hierdie Hof toegelaat te word.
2.
Die aansoek word
sine die
uitgestel vir die uitreiking van ‘n sertifikaat bedoel in
artikel 16(a) van Wet 53 van 1979.
3. Geen kostebevel
word gemaak nie.
______________
A.
KRUGER,
R
Ek
stem saam.
__________________
N.C.
ERASMUS, Wn RP
Namens
Applikant: Adv. S. J. Reinders
In opdrag van:
Hill
McHardy & Herbst
BLOEMFONTEIN
Namens
Respondent: Adv. P.C.F van Rooyen SC
In
opdrag van:
Phatshoane
Henney Ing.
BLOEMFONTEIN