Fibreglass Marketing BK v Knoetze N.O. and Others (4095/2011) [2014] ZAFSHC 26 (13 March 2014)

65 Reportability

Brief Summary

Execution — Taxation — Review of taxation by the taxing master — The applicant, a closed corporation, sought to recover debts through attorneys in Kroonstad after the death of its sole member — The executor of the deceased's estate continued to utilize the same attorneys — Respondents raised special pleas regarding the executor's locus standi and the validity of the credit agreement under the National Credit Act — Both special pleas were dismissed — The review concerned the taxation of legal costs, with objections raised against the inclusion of certain items in the bills — The taxing master found the use of Kroonstad attorneys reasonable and upheld most of the costs — The court confirmed that the taxing master exercised discretion appropriately and dismissed the review application with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2014
>>
[2014] ZAFSHC 26
|

|

Fibreglass Marketing BK v Knoetze N.O. and Others (4095/2011) [2014] ZAFSHC 26 (13 March 2014)

IN DIE HOË HOF
VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE AFDELING,
BLOEMFONTEIN
Saaknr. : 4095/2011
In die saak tussen:-
FIBREGLASS MARKETING BK
…............................................................
Eiser
en
GJ
KNOETZE
N.O
.
.......................................................................
1ste Verweerder
GS
KNOETZE
N.O
..........................................................................
2de
Verweerder
H
SWANEPOEL
N.O
......................................................................
3de Verweerder
AANGEHOOR:
IN KAMERS
UITSPRAAK DEUR:
JORDAAN, R
GELEWER OP:
13 MAART 2014
[1]
Hierdie aangeleentheid is voor my geplaas in terme van Reël 48
van die Eenvormige Hofreëls vir hersiening van ‘n
taksasie
deur die takseermeester van hierdie hof.
[2] Die
agtergrond is kortliks dat die eiser ‘n beslote korporasie is
met geregistreerde kantoor in Bloemfontein, maar waarvan
die enigste
lid woonagtig was te Kroonstad in die Vrystaat. Die betrokke lid van
die eiser het ter invordering van skulde verskuldig
aan eiser gebruik
gemaak van prokureurs in Kroonstad om hom by te staan in die
invordering van skulde. Op ‘n stadium is die
betrokke lid
oorlede en is die eksekuteur in sy boedel, wat woonagtig is te
Kimberley, die persoon wat namens die eiser optree
en die belange
namens die oorledene derhalwe behartig. Die erfgename van die oorlede
lid van die eiser was ook woonagtig te Kroonstad.
[3] As
gevolg van die feit dat die betrokke prokureursfirma in Kroonstad
reeds invorderingstappe namens die eiser begin het teenoor
verskeie
debiteure, het die aangewese eksekuteur dit goed geag om steeds van
daardie firma se dienste gebruik te maak, in plaas
daarvan om gebruik
te maak van die dienste van prokureurs in Kimberley waar die
eksekuteur woonagtig is.
[4]
Uiteindelik is dagvaarding teen die verweerders uitgereik en
pleitstukke gewissel. Namens die verweerders is twee spesiale pleite

geopper, eerstens dat die eksekuteur nie
locus
standi
het om namens eiser op te tree
nie en tweedens dat die verskaffing van krediet aan die verweerders
ingevolge ‘n nietige kontrak
geskied het deurdat die eiser nie
geregistreer is as ‘n kredietverskaffer in terme van die
Nasionale Kredietwet nie en in
die lig van die bewering dat die
totale verskuldigheid aan die eiser die perk soos vereis in die
Nasionale Kredietwet vir registrasie
van ‘n entiteit, oorskry.
[5] By aanvang
van die verhoor is slegs die twee spesiale pleite vir beregting
voorgelê en is beide spesiale pleite afgewys
met koste.
[6] Dit
is ten opsigte van die kosterekening vir die beregting van die
voormelde spesiale pleite wat die huidige hersiening van
taksasie
voorgelê word.  Dit dien vermeld te word dat beide die
rekening van die Bloemfonteinse prokureurs, wat namens
eiser opgetree
het en die korrespondent prokureurs in Kroonstad, voorgelê is
vir taksasie
[7] Die
beswaar van die verweerders ten opsigte van die getakseerde rekening
is hoofsaaklik tweërlei, naamlik:
(a) die feit dat die rekening van die Kroonstad
korrespondent prokureurs toegelaat is; en
(b)
‘n beswaar teen sekere items in die rekening van die
Bloemfontein prokureurs op basis daarvan dat dit nie verband hou
met
beregting van die spesiale pleit nie.
[8] Wat
die tweede beswaar betref, is teen verskeie items beswaar gemaak,
maar almal op dieselfde gronde, naamlik dat dit nie verband
hou met
die spesiale pleit wat bereg is nie. Hierdie items sluit in die eiser
se kennisgewing ingevolge reël 35 waarvan slegs
die helfte fooi
gevorder is ten aansien van die spesiale pleit en dan ook verskeie
items wat handel met die voorbereiding en sortering
van die brevet en
in besonder die nagaan en voorbereiding van ‘n bundel van
fakture.
[9] Uit die
gestelde saak deur die takseermeester opgestel in terme van reël
48(3) en die voorleggings namens die onderskeie
partye, blyk die
volgende:
(i)
Wat betref die rekening van die korrespondent plattelandse prokureurs
is daar nie beswaar gemaak teen enige van die items nie,
maar bloot
teen die beginsel dat die rekening toegelaat word. Die houding namens
die verweerders was dat die eiser se geregistreerde
kantoor in
Bloemfontein geleë was en dat dit derhalwe gerieflik en maklik
sou wees om met Bloemfonteinse prokureurs te konsulteer
en die saak
te voer slegs vanuit Bloemfontein.
Die
houding van die eiser soos ook aanvaar deur die takseermeester, was
dat die realiteite is dat die enigste lid van die eiser
in Kroonstad
woonagtig was, die eiser slegs deur ‘n lid verteenwoordig kan
word en dat dit derhalwe nie onredelik sou wees
om gebruik te maak
van prokureurs in Kroonstad waar die enigste lid van die eiser
woonagtig was nie.  Na die afsterwe van
die betrokke lid is
weliswaar ‘n eksekuteur in sy plek gestel wat woonagtig was te
Kimberley.  Die takseermeester het
beslis dat die eksekuteur,
synde woonagtig in Kimberley, geregtig sou wees om gebruik te maak
van prokureurs in Kimberley as korrespondent
prokureurs vir die
Bloemfontein prokureurs, dat sodanige gebruikmaking toelaatbaar sou
wees op taksasie en dat daar niks onredelik
in was in die besluit van
die eksekuteur om voort te gaan om gebruik te maak van die prokureurs
in Kroonstad nie, aangesien daar
geen addisionele koste veroorsaak is
weens die feit dat nie Kimberley prokureurs nie maar Kroonstad
prokureurs gebruik is.
Die takseermeester het in ag geneem dat
die saak reeds in ‘n gevorderde stadium was ten tyde van die
afsterwe van die lid
van die eiser, dit redelik was vir die
eksekuteur om voort te gaan om van die dienste van dieselfde
prokureurs gebruik te maak
wat reeds kennis van die saak dra en
derhalwe meer effektief daarmee kon handel.
(ii)
Wat betref die rekening van die Bloemfontein prokureurs is, soos
reeds gemeld, aangevoer dat die items wat betrekking het op
die
fakture ter ondersteuning van die totale eis van die eiser, nie
relevant was ter beregting van die spesiale pleite nie.
[10] Dit blyk
egter uit die totaliteit van die stukke dat die vraag of die eiser
geregistreer moes wees as kredietverskaffer in
terme van die
Nasionale Kredietwet, nou saamhang met die vraag na die totale bedrag
van verskuldigheid aan die betrokke eiser deur
die verweerders.
Dit blyk voorts dat daar tydens die verhoor inderdaad gebruik gemaak
is van die betrokke fakture ter ondersteuning
van die tweede spesiale
pleit. Vir doeleindes van taksasie was slegs die helfte van die koste
van die onderskeie items grootliks
gevorder, weens die feit dat slegs
ten opsigte van die spesiale pleit ‘n rekening voorgelê
word en nie ten opsigte
van die hele verhoor nie.  In die lig
daarvan het die geagte takseermeester bevind dat dit inderdaad
redelik is en alhoewel
die takseermeester sekere items verder
aftakseer het, is dit in wese toegelaat soos gevorder.
[11] Die
kern van die tweede spesiale pleit was juis geleë in die vraag
of die totale verskuldigheid aan die eiser die perk
soos gestel in
die Nasionale Kredietwet oorskry en registrasie as kredietverskaffer
derhalwe nodig was.  Vir daardie doeleindes
is daar klaarblyklik
gebruik gemaak van die fakture ten einde die punt te kan bereg.
Die takseermeester het bevind dat die
eiser fooie gehef het slegs op
die gedeeltes wat betrekking het op die spesiale pleit en dat sekere
van die items verder verminder
is as soos gevorder en sekere items
met die helfte verminder is.
[12]
Synde ‘n hersiening van taksasie kan slegs ingemeng word met
die uitoefening van die diskresie van die takseermeester
indien dit
gegrond was op arbitrêre besluite, nie redelik gefundeer deur
die feite nie en nie gebaseer is op die toepassing
van gesonde
beginsels nie.  Saamgevat is die vraag derhalwe of die
takseermeester, met die gegewens tot sy beskikking, sy
diskresie
behoorlik en regterlik uitgeoefen het.  Selfs indien die
takseermeester sy diskresie in die breë behoorlik
uitgeoefen
het, maar hy onder ‘n wanpersepsie van die reg of die feite of
die praktyk van die hof sou wees, sal ek geregtig
wees om in te meng
met die uitoefening van daardie diskresie. (Sien
City
of Cape Town v Arun Property Development (Pty) Ltd and Another
2009 (5) SA 227
(CPD) te 232 para [17].)
[13] Wat
betref die rekening van die korrespondent prokureur kan ek nie fout
vind met die redenasie van die takseermeester nie en
seer sekerlik op
die beskikbare gegewens nie bevind dat die diskresie van die
takseermeester nie regterlik uitgeoefen is nie.
[14] Wat
die rekening van die plaaslike prokureurs betref, is ek eweneens nie
oortuig dat fout gevind kan word met die redenasie
en uitoefening van
die diskresie van die takseermeester op die beskikbare gegewens nie.
Daar is geen voldoende gronde om te bevind
dat die diskresie van die
takseermeester nie behoorlik, regterlik en gegrond op toepaslike
regsbeginsels en feite uitgeoefen is
nie.
[15] Met
betrekking tot die koste verbonde aan die hersiening van taksasie het
ek ‘n wye diskresie om ‘n gepaste kostebevel
te maak.
Dit blyk dat daar in sommige jurisdiksies ‘n praktyk is om
slegs ‘n nominale bedrag ten opsigte van
koste vas te stel
betaalbaar deur die onsuksesvolle party sonder verwysing na die
werklike koste verbonde aan die hersiening van
die taksasie.
Myns insiens is daar, ten minste in hierdie geval, geen rede waarom
die onsuksesvolle party nie gelas sal word
om al die koste verbonde
aan opponering van die hersiening van die suksesvolle party te betaal
nie.
[16]
Bygevolg word die aansoek om ‘n hersiening afgewys met koste.
_______________
A.F. JORDAAN, R
Namens die eiser: Phatshoane Henney
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Verw:
A.C. Lubbe
nms
J.A.M. VOLSCHENK
Namens die verweerders: Vosloo
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Verw:
VOSLOO/FIB6/0002
/spieterse