Pienaar v Vukile Property Fund Ltd (2976/2012) [2014] ZAFSHC 32 (6 March 2014)

45 Reportability
Personal Injury Law - Slip and Fall

Brief Summary

Negligence — Liability for slip and fall — Plaintiff claims damages after slipping and falling in shopping centre — Incident occurred on 3 June 2011; plaintiff alleges defendant failed to maintain safe premises — Defendant contends no negligence as plaintiff did not prove tiles were slippery or that a duty of care was breached — Court finds that the replacement tiles were indeed more slippery when dirty, creating a hazardous situation — Defendant held liable for failing to ensure safety of the premises and for not providing adequate warnings.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2014
>>
[2014] ZAFSHC 32
|

|

Pienaar v Vukile Property Fund Ltd (2976/2012) [2014] ZAFSHC 32 (6 March 2014)

VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer:
2976/2012
In
die saak tussen:-
KAREN
PIENAAR
.................................................................................................
Eiseres
en
VUKILE
PROPERTY FUND
LTD
...................................................................
Verweerder
CORAM
:
KRUGER, R
AANGEHOOR
OP:
25
& 26 FEBRUARIE 2014
GELEWER
OP
:
6 MAART
2014
[1]
Eiseres spreek verweerder aan vir skadevergoeding voortspruitende uit
‘n insident toe sy in die Bloem Sentrum gegly en
geval het op 3
Junie 2011. Die geskilpunte is by die aanvang van die verrigtinge
geskei, en hierdie uitspraak handel net met die
aanspreeklikheid van
verweerder, nie oor die kwantum nie. ‘n Bevel is ingevolge Reël
33(4) gemaak dat die hof net die
geskilpunte bereg soos vervat in
paragrawe 1 – 9 van die Besonderhede van Vordering en die
Pleite daarop. Die insident op
3 Junie toe eiseres gegly en geval het
word nie ontken nie. In paragraaf 6 van die Besonderhede van
Vordering word beweer dat verweerder
‘n regsplig teenoor die
publiek en eiseres gehad het om toe te sien dat geen gevaar situasie
by die sentrum bestaan nie.
Dis gemeensaak dat daar
aanspreeklikheids-uitsluitingkennisgewings by die hoofingange van die
sentrum is, maar dit is nie in geskil
dat eiseres die sentrum via die
Edgars winkel binnegekom het, en dat daar nie op die roete wat sy
geloop het ‘n dergelike
kennisgewingbord is nie. Voor getuienis
gelei is het die hof en die regsverteenwoordigers ‘n inspeksie
ter plaatse gaan hou
waartydens die roete geloop is wat die eiseres
die betrokke dag geloop het. Die bevindinge is deur my genotuleer in
Bewysstuk “A”.
[2]
Die gronde van verweerder se nalatigheid word uiteengesit in
paragraaf 8 van die Besonderhede van Eis. Dit kom daarop neer dat

sekere vloerteëls vervang is met teëls waarvan die
samestelling verskil van die bestaande teëls, en dat die teëls

nie behoorlik skoongehou is nie en daardeur gladder was as die ou
teëls rondom hulle.
[3]
Eiseres se saak is dat, by die toegang tot die roltrap is daar drie
teëls vervang wat, as hulle vuil is, gladder is as
die teëls
rondom hulle, en sy het op daardie gladde teëls gegly en geval.
Verweerder se saak is dat eiseres nie
bewys het dat die teëls
wat sy beweer glad was, op die dag gladder was, of enigsins gladder
is as die ander teëls nie,
en dat eiseres nie bewys het dat
verweerder sy regsplig versuim het om die vloer veilig te hou nie.
[4]
Wat die getuienis betref, het eiseres getuig, sowel as Mnr Nel, ‘n
argitek, oor die eienskappe en skoonmaak van die teëls,
en Mnr
Garlick oor die volume publiek wat die sentrum besoek.  Namens
verweerder het slegs Mev de Beer getuig, die sentrum
bestuurder.
[5]
Die eiseres het getuig dat sy aan die einde van Desember 2010 in
Bloemfontein kom woon en werk het. Sy het gewerk te Haldonweg,
dus
nagenoeg 10 kilometer van die Bloem Sentrum af.  Op 3 Junie het
sy ‘n vervroegde etensuur geneem, ongeveer 11h00.
Hulle is nie
baie besig by haar werk op Vrydae nie, en haar baas het gesê
dat sy eers 14h00 hoef terug te wees.  Sy
was voor daardie dag
ongeveer twee keer in die Bloem Sentrum, en het die sentrum nie goed
geken nie.  Sy het in Charles straat
parkeer, naby die
Tweetoringkerk en toe via Floreatlaan by Edgars ingegaan.  By
Edgars het sy klere vir haar kinders gekoop,
en gevra dat hulle ‘n
broek vir haar uithou.  Van daar is sy in die sentrum in, met
trappe af, en om die draai weer
met ander trappe op na Foschini om ‘n
pakkie te gaan omruil. Sy het uit Foschini gestap in die rigting van
die roltrap, op
pad terug na Edgars om die broek te gaan haal wat vir
haar uitgehou is.  Dit was die eerste keer wat sy daardie roete
geloop
het, en sy wou kyk watter winkels daar is.  In
kruisondervraging het eiseres gesê sy was nie seker of sy
tydens haar
vorige besoek aan die sentrum by daardie roltrap af is
nie.  By die roltrap moes sy regs draai.  Sy het voor haar
loop
en kyk, nie na die vloer nie.  Net toe sy draai om met die
roltrap te kan afgaan, het sy gegly en geval, en op die vloer bly

sit.  ‘n Sekuriteitsbeampte het na haar gekom en die
sentrumbestuurder, Mev De Beer, ontbied wat toe ook na haar gekom

het, en haar ook gehelp het om haar skoen uit te trek.
6]
Daar is ‘n aantal verskille tussen die getuienis van eiseres en
Mev De Beer.  Die eerste betref die skoene wat eiseres
aangehad
het.  Foto’s van die skoene wat eiseres beweer sy op die
dag aangehad het verskyn in die Fotobundel, Bewysstuk
“B”
1-4.  Mev De Beer was ferm in haar getuienis dat eiseres nie
daardie skoene aangehad het nie, maar skoene
wat glad was onder, met
‘n hak van ongeveer 25 millimeter. Mev De Beer het gesê
die skoen wat eiseres daardie dag aangehad
het was baie verweer en sy
kon sien dat eiseres daardie skoene baie gedra het.  Eiseres was
ewe ferm in haar getuienis dat
sy die skoene aangehad het wat in die
Fotobundel uitgebeeld word, wat geen hak het nie.  ‘n
Belangriker verskil tussen
die twee is of eiseres haastig was, en of
sy geloop of gehardloop het voor sy geval het. Eiseres sê sy
was glad nie haastig
nie, sy het baie tyd gehad, sy moes eers twee
uur terug wees by die werk. Mev De Beer se getuienis is dat eiseres
vir haar gesê
het dat sy gehardloop het omdat sy ‘n
vervroegde middagete geneem het, en reeds 15 minute laat was.
[7]
Eiseres het Mnr Nel, ‘n argitek, as deskundige geroep.  Hy
het getuig dat die drie donkerder vervangende teëls
in die area
waar eiseres geval het, verskil van die ander teëls, en dat as
daardie vervangende teëls vuil is, is hulle
gladder as die ander
teëls.  Dit skep volgens sy getuienis ‘n
gevaarsituasie. Wat die vloer betref, is 99,9% van
die teëls
dieselfde, wat Mnr Nel beskryf het as die “Travatine”
teël. Sekere teëls is vervang met ‘n
tipe porselein
teël wat geglasuur is.  Dit voel grof maar as dit vuil word
verloor dit sy anti-gly eienskappe.
Die porselein teël
word meer glyerig wanneer dit vuil is. Die Travatine teël het
nie ‘n geglasuurde oppervlak nie.
As mens beide tipe teëls
op dieselfde manier skoonmaak sal die porselein teël gladder
wees.
Die
gladheid van die vervangende porselein teëls word volgens Mnr
Nel veroorsaak deur die aanpakking van stof.  Die skoonmaak
van
die teëls skep die probleem.
[8]
Mev De Beer het getuig dat sy twee tot drie keer per dag deur die
sentrum stap, verskillende roetes op ongereelde tye om te
kyk of die
personeel hulle werk doen en of alles in orde is.  Sy het nog
nooit by die plek waar eiseres geval het enige probleme
ondervind met
die vloere of gegly nie.  In die nege jaar wat sy al in die
sentrum werk is hierdie die enigste voorval van
iemand wat op daardie
plek val waarvan sy bewus is.
[9]
Mnr Fischer, namens eiseres, voer aan die daar breë gange in die
sentrum is en verskeie toonvensters.  Dit plaas ‘n

regsplig op die verweerder om te verhoed dat die publiek beseer word
as gevolg van die toestand van die sentrum.  Indien verweerder

versuim om die sentrum in ‘n veilige toestand te hou, is dit
onregmatig.  Die vraag is of die teëls ‘n gevaar

skep.  As eiseres geval het as gevolg van die toestand van die
teëls, was verweerder nalatig.  Verweerder was bewus
van sy
plig om die vloere skoon te hou.  Agt skoonmakers is bedags aan
diens met poetsbesems.  Snags is daar ses skoonmakers
wat
skoonmaak masjiene gebruik.  Mev De Beer se getuienis was dat as
gevolg van die volume mense wat die sentrum besoek (nagenoeg
700 000
per maand volgens Mnr Garlick) word die teëls vuil en word hulle
gedurig skoongemaak.
[10]
Mnr Fischer het die sentrumbestuurder, Mev De Beer gekritiseer omdat
sy die blootleggingsverklaring namens verweerder gemaak
het, terwyl
sy vir JHI, ‘n ander maatskappy werk, wat die sentrum vir
verweerder bestuur.  Mnr Fischer sê dit
is misleidend, en
plaas ‘n vraagteken oor haar geloofwaardigheid.  Sy ander
kritiek teen haar is dat sy die verslag
wat die sekuriteitsmaatskappy
se werknemer oor die voorval opgestel het, wat kennelik verkeerd is,
geteken het. Sy het getuig dat
sy net na die boek kyk en sien of dit
na dieselfde voorval verwys, sy lees dit nie noukeurig nie.
[11]
Mnr Fisher het verwys na die beslissing van die volle hof van hierdie
afdeling in
Badenhorst v Liberty Group Properties (Edms) Bpk
,
saak A1/06, 7 Junie 2007.  Dit het gegaan oor ‘n persoon
wat in die Liberty Life winkelsentrum in Welkom geval het.
Daar
is twee tipes vloerteëls.  Swart teëls (290mm x 100mm)
is as inleg gebruik tussen elke 9 meter donker kleurige
290 x 290 mm
teëls.  Die getuienis was dat die donkerkleurige teëls
‘n redelike growwe oppervlakte het.  Die
swart teëls
was so glad soos glas.  Die argitek het getuig dat die
donkerkleurige teëls ‘n gevoel van veiligheid
skep, wat
beteken dat die voetganger nie gladde teëls verwag nie.  Daar
was getuienis van iemand wat in die sentrum gewerk
het, dat sy al
dikwels op die swart teëls gegly het.  Daar was ook
getuienis van iemand anders wat in die sentrum gewerk
het, en wat nog
nooit op die vloer gely het nie. Die hof bevind dat die feit dat
daardie persoon nie op die vloer gegly het nie,
op sigself nie veel
beteken nie. Die feit dat daar nie klagtes van die publiek was oor
die vloer oppervlakte beteken volgens die
hof ook nie veel nie. Dit
is nooit deur die verweerder in geskil geplaas dat die swart teëls
glad is nie.  Die hof kom
tot die gevolgtrekking dat die gebruik
van die swart teëls in die sentrum ‘n gevaarsituasie vir
die publiek geskep het.
Die verweerder moes redelikerwys voorsien dat
lede van die publiek beseer kon word as gevolg van die gevaar van die
gladde teëls.
Geen voorsorgmaatreëls is getref nie,
byvoorbeeld by wyse van waarskuwingsborde by die ingange van die
sentrum nie.
[12]
Mnr Reinders, vir verweerder, wys daarop dat in die
Liberty
-saak
dit nie in geskil was dat daar gladde teëls was nie.  In
hierdie saak is dit nie eiseres se saak dat die teëls
gladde
teëls was nie. Haar saak is dat die teëls glad was omdat
hulle nie behoorlik skoongemaak is nie. Geen skoonmaak
deskundige is
deur eiseres geroep nie.  Die argitek Mnr Nel het 10 maande na
die voorval sy nat vinger oor een van die vervangende
teëls laat
loop, en dit het stof opgetel.  Daar is geen getuienis wat sou
gebeur het as hy sy nat vinger oor een van
die ander teëls
getrek het nie.
[13]
Mnr Reinders wys daarop dat die verweerder in hierdie saak die
voorsorg geneem het om teen moontlike skade te waak deur dag
en nag
die vloere skoon te maak soos die feite ook was in
Brickhill
v Cooper Sunset Trading 223 (Pty) Ltd t/a Retail Crossing Superspar
(2006/26230) [2012] ZAGPJHC 57 (23 Januarie 2012) par [34], waar ook
bevind is dat dit moeilik is om te dink wat die verweerder
meer kon
doen om die vloere veilig te hou.  Mnr Reinders verwys na die
saak van
Camilleri v Old Mutual
Investment Group Investments (Pty) Ltd
,
Saak 16484/2007 (Wes-Kaap, 13 Desember 2011) waar die toets vir
aanspreeklikheid weens nalatigheid soos vervat in
Kruger
v Coetzee
1966 (2) SA 428
(A) te
432E-G uiteengesit en toegepas word.  In paragraaf [9] van
daardie uitspraak sê die hof dat die eiser moet bewys
wat die
gly en val op die betrokke dag veroorsaak het.  In die
onderhawige geval het die argitek Mnr Nel eers 10 maande na
die
voorval die teël getoets.  In die
Camilleri
-saak
haal die hof ook aan uit ‘n ander beslissing wat daarop wys dat
die blote feit dat die eiseres gegly en geval het nie
nalatigheid aan
die kant van verweerder bewys nie.  Mnr Reinders sê dat in
hierdie geval is daar geen getuienis voor
die hof oor die toestand
van die vloer op die dag van die voorval nie. Mnr Reinders wys daarop
dat Mnr Nel sê dat daar niks
verkeerd was met die teël
nie.  Hy blameer die val op minderwaardige onderhoud (dus
skoonmaak) van die teël.  Maar
Mnr Nel gee toe dat hy nie
‘n kundige oor skoonmaak is nie.  Sy gevolgtrekking is nie
gebaseer op wetenskaplike toetse
nie. Hy het eenvoudig sy vinger
natgelek en oor die teël getrek, 10 maande na die voorval.
BEVINDINGE
[14]
Op die waarskynlikhede het eiseres gehardloop, of ten minste
gedrafstap, want sy was laat en haastig, met die gladde skoene
aan
wat Mev De Beer beskryf het.  Mev De Beer kon nie geweet het dat
eiseres ‘n vervroegde etenspouse geneem het as
eiseres dit nie
vir haar gesê het nie.  Sy het self die skoen van eiseres
se voet afgehaal op eiseres se versoek op
die toneel.  Die feit
dat Mev De Beer haarself verkeerd beskryf het in die verweerder se
blootleggingsverklaring tel na my
mening nie teen haar nie. Daardie
dokument is deur die verweerder se prokureur opgestel en vir haar vir
ondertekening gegee. Ek
verkies Mev De Beer se getuienis bo eiseres
s’n.
[15]
Die getuienis van Mnr Nel is nie bevredigend nie.  Hy het nie ‘n
wetenskaplike toets op die teël gedoen nie.
Daar is geen
getuienis oor hoeveel stof die ander ou teëls vergader het, of
presies hoe glad hulle sou wees nie.  Mnr
Nel is nie ‘n
deskundige oor skoonmaak nie.  Mev De Beer getuig dat die
skoonmaak-maatskappy reeds vanaf 2008 skoonmaakdienste
verrig, sonder
probleem.  Volgens die inskrywings in die sekuriteitsregister
was daar nooit tevore ‘n val op die plek
waar eiseres geval het
nie. Die area rondom die roltrap is ‘n hoë volume area
volgens Mnr Nel.
[16]
Na my mening was dit nie vir verweerder nodig om meer te doen as wat
hy gedoen het nie.  Die eiseres het nie daarin geslaag
om te
bewys dat verweerder versuim het om sy regsplig na te kom om sy
perseel voldoende te beveilig nie.
[17]
BEVEL
Absolusie
van die instansie met koste.
A.
KRUGER,
R
Namens
eiseres: Adv. P.U. Fischer SC
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
verweerder: Adv. S. J. Reinders
In
opdrag van:
McIntyre
& Van der Post
BLOEMFONTEIN