About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2014
>>
[2014] ZAGPPHC 417
|
|
Yield Avello (Edms) Bpk v Hendrik (60383/12) [2014] ZAGPPHC 417 (12 June 2014)
IN
DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA
GAUTENG
AFDELING, PRETORIA
Saaknommer: 60383/12
Datum: 12 Junie 2014
In die saak van
YIELD AVELLO (EDMS)
BPK
..................................................................................................................
Eiser
en
LOOTS PATRICK
HENDRIK
..........................................................................................................
Verweerder
UITSPRAAK-AANSOEK
OM SKEIDING VAN DISPUTE :REËL 33(4)
BAM R
1. Die eiser het in
Oktober 2012 aksie teen die verweerder ingestel vir die betaling van
meer as RUM. Die pleitstukke was gesluit
en 'n verhoordatum, 4 Junie
2014, was toegeken.
2.
Die eiser se saak is gebaseer op ooreenkomste tussen die eiser en 'n
maatskappy (
“Retail"),
verteenwoordig
deur die verweerder, wat op 1 Maart 2008 gesluit is. Ingevolge die
eerste ooreenkoms sou goedere op konsessie basis
deur die eiser aan
Retail gelewer word. Die tweede ooreenkoms was 'n krediet ooreenkoms
wat aan Retail toegestaan is. Op dieselfde
dag het die eiser en die
verweerder 'n borgstelling ooreenkoms aangegaan waarkragtens die
verweerder homself ten behoewe van Retail
teenoor die eiser verbind
het. Die eiser beweer dat goedere ooreenkomstig die konsessie
ooreenkoms aan Retail gelewer is en dat
Retail die ooreenkomste
verbreek het deur nie die verskuldigde bedrag van meer as RUM aan die
eiser te betaal nie. Die verweerder
word op grond van die
borgstelling daarvoor aangespreek.
3. In die gewysigde
verweerskrif pleit die verweerder dat klousules 11.1 en 11.4 van die
konsessie ooreenkoms, asook klousule 14.1
van die die borgstelling
ooreenkoms, ongeldig is. Benewens voorgaande het die verweerder ook
die inhoud van die borgstelling ooreenkoms,
soos deur die eiser in
paragraaf 7 van die besonderhede van eis uiteengesit, ontken. Die
verweerder het verder ontken dat die eiser
die goedere gelewer het
soos deur die eiser beweer is. Die verweerder het ook gepleit dat die
eiser sekere bedrae van Retail oorverhaal
het en het ontken dat die
bedrag deur die eiser geëis verskuldig is. Die verweerder het
later, na die aanvanklike pleitstukke
reeds gesluit was, sy stukke
gewysig deur, onder andere, ook vyf teeneise by die reeds bestaande
teeneis the voeg, wat die totale
bedrag wat deur die verweerder
gevorder word, opgeskuif het na ongeveer R12M. Hierdie teeneise is
gegrond op verskeie beweerde
mondelinge en skriftelike
ooreenkomstetussen die partye, wat nie die ooreenkomste waarop die
eiser se saak berus, insluit nie.
4. Op 15 Mei 2014
het die eiser 'n aansoek geloods vir die skeiding van sekere van die
dispute, met betrekking tot twee regsvrae
wat op die eiser se eis
betrekking het. Die aansoek word deur die verweerder ge-opponeer.
5. Volgens die eiser
het hierdie aansoek gevolg na 'n voorverhoorkonferensie tussen die
partye op 27 Maart 2014 toe die verweerder
die voorgenome wysiging
van sy pleitstukke ter tafel bekend gemaak het. Die eiser voer aan
dat die wysiging uitgebreid is, wat
insluit die vermeerdering van die
teeneise.
6. Dit is gemenesaak
dat die pleitstukke toe her-open is, maar dat dit nou reeds weer
gesluit is na die liassering van die eiser
se verdere repliek.
7. Wat die proses
van skeiding van dispute betref, bepaal Reël 33(4) van die
Hofreëls as volg:
“
Indien in
'n hangende aksie, die Hof mero motu meen dat daar 'n regs-
offeitevraag is wat gerieflik besiis kan word voordat getuienis
gelei
word of afsonderlik van enige ander vraag, kan die Hof die
afhandeiing van so 'n vraag na goeddunke voorskryfen bevel dat
alle
verdere verrigtinge tot dan opgeskort word, en moet die Hof op
aansoek van 'n party so voorskryfen so beveei tensy dit blyk
dat die
vrae nie geriefiik afsonderiik besiis kan word nie."
8.
Dit blyk dat die primêre doel van die Reel is om verhore te
verkort en nie te verleng nie. In hierdie verband verskyn daar
in
ERASMUS, SUPERIOR COURT PRACTICE
,
te Bl-235, die volgende stelling:
"The
procedure is aimed at facilitating the convenient and expeditious
disposal of litigation
."
9. Die Reel hou ook
in dat oorweging gegee moet word of die aspekte, oftewel dispute, wat
op versoek van 'n party geskei moet word,
wel geriefiik geskei en
afsonderlik verhoor kan word, en of sodanige proses tot voordeel en
gerief van die partye en die Hof sal
wees, en dat onnodige tyd en
koste bespaar sal word.in hierdie verband moet ook in gedagte gehou
word dat dit in die belang van
die partye en geregtigheid is dat
litigasie nie onnodig lank uitgerek word nie en dat finaliteit bereik
behoort te word.
Dit beteken dus dat
’n objektiewe oorweging geskenk moet word, nie slegs aan
dienstigheid, doelmatigheid en wensiikheid van
die voorgestelde
skeiding nie, maar ook aan beginseis van billikheid, regverdigheid en
redelikheid.
Wat natuurlik ook by
die oorwegings ingesluit en van kardinale belang is, is dat beide die
gedingspartye se voordeel, of moontiike
nadeel, ter sprake is. As die
voordele vir al die partye die nadele oorskry sal so 'n aansoek
weliswaar toegestaan moet word. Beide
die regspanne het my verwys na
verskeie relevante gerapporteerde beslissings, en ander gesag, wat
bogemelde beginseis en oorwegings
by herhaling bespreek en beklemtoon
het. In die lig daarvan dat, na my mening, die gemelde oorwegings en
beginseis tans vasstaan
en as ge-yk beskou kan word, vind ek dit
onnodig om daardie sake en gesag hier te noem, of te bespreek.
Wat uiteraard in
hierdie Afdeling van die Hoë Hof ook ’n faktor is, is dat
indien die skeidings aansoek suksesvol is,
dit sal beteken dat die
verrigtinge met betrekking tot die verweerder se teeneise opgeskort
word hangende die afhandeling van die
eiser se eise, wat,
konserwatief gestel, meer as twee jaar mag duur.
10.Die regsvrae wat
volgens die eiser geskei moet word, is soos volg deur die eiser
geformuleer:
(i) Is klousules
11.1 en 11.4 van die kredietooreenkoms in stryd met die
gemeenskapsopvatting en derhalwe ongeldig, soos wat verweerder
in
paragraaf 7.1 van sy gewysigde pleit beweer?
(ii) Is klousule 4.1
van die borgooreenkoms in die vorm waarop eiser in paragraaf 2 van sy
gewysigde replikasie steun, in stryd
met die gemeenskapsopvatting en
derhalwe ongeldig, soos wat verweerder in paragrawe 8.2 en 13.2.4 van
sy gewysigde pleit beweer?
11. Die regslui wie
vir die eiser verskyn het, Adv La Grange SC, bygestaan deur Adv
Smuts, het gesubmitteer dat indien bogenoemde
regsvrae wat deur die
eiser ge-opper word in die guns van die eiser beslis word, daardie
gedeelte van die saak bloot met argumente
voor die vehoorhof gevoer
sal word, en sal net die verweerder se teeneise vir beregting oorbly.
Die gemelde vrae kan afsonderlik
en gerieflik van enige ander aspek
bereg en dit sal tot voordeel van beide partye wees. Dit hou ook in
dat dit 'n wesenlike verskil
sal maak aan die tyd en omvang van die
litigasie tussen die partye.
12. Adv Malan, wie
die verweerder verteenwoordig het, het nie saamgestem nie.
Volgens Mnr Malan
sal dit nodig wees vir die verweerder om mondelinge getuienis aan te
bied wanneer die eiser se regsvrae beslis
word, welke getuienis
oorvleuelend sal wees tot die verweerder se teeneise. In hierdie
verband het Mnr La Grange toegegee dat die
aanbied van mondelinge
getuienis dalk nie uitgesluit kan word nie, maar dat dit, indien
relevant, baie beperk sal wees.
13. Dit was
gemenesaak dat die dispute waaroor die skeidings aansoek gaan, beperk
is. Beide regspanne het die Hof ook toegespreek
oor die oorwegings en
regsbeginsels wat van toepassing mag wees by die argumente wat
betrekking sal hê op hoofsaaklik die
interpretasie van die
gewraakte klousules in die ooreenkomste waarop die eiser se saak
gegrond is, waarna ek reeds hierbo verwys
het.
14. In hierdie
verband is dit egter van belang om in gedagte te hou dat hierdie Hof
nie geroepe is om daardie dispute te bereg nie.
Daarmee het beide die
eiser en die verweerder se advokate saamgestem.
15. Wat betref die
vraag na die aard en omvang van die regsargumente, en moontlike
mondelinge getuienis, kan hierdie Hof wel bevind
dat die eiser se
saak besmoontlik binne een dag afgehandel sal kan word. Alhoewel dit
op hierdie stadium nie duideiik uit die hofstukke
blyk dat die
mondelinge getuienis wat deur die verweerder aangebied mag word,
inderdaad oorvleuelend sal wees nie, kan dit nie
sondermeer
uitgeskakel of afgemaak word nie. In hierdie verband het Mnr Malan
verskeie oortuigende submissies gemaak wat ek nie
nodig vind om te
herhaal nie.
16. Indien die
getuienis tersprake wel oorvleuelend sal wees, sal dit inhou dat
daardie deel van die getuienis weer in die verweerder
se saak herhaal
moet word. Sodanige proses mag potensiële nadeel vir die eiser
inhou, ook met inagneming aarvan dat dit weer
aangebied sal word na
verloop van 'n relatiewe lang tydperk. Dit was nie op hierdie stadium
moontlik om te bepaal welke getuienis,
en presies waaroor, sodanige
getuinis tans sal handel en tot welke mate dit wel oorvleuelend sal
wees met getuienis wat in die
verweerder se saak aangebied mag word.
17. Dit blyk wel so
te wees dat die geskilpunte wat betref die eiser se eise beperk is.
Die verhoor proses sal ook skynbaar deur
argumente oorheers word. Uit
die aard van die saak is dit vir hierdie Hof onmoontlik om te bepaal,
indien enige mondelinge getuienis
met betrekking tot die regsvrae,
deur watter party ookal, aangebied, wat die aard en omvang van
sodanige getuines sal wees, en
tot welke mate daar oorvleueling sal
wees.
18. Dit blyk
egter ook dat die genoemde twee regsaspekte wat uit die eiser se eise
spruit, en die teeneise van die verweerder,
ten minste sekere
gemenedelers het. Dit is gemeensaak dat die verweerder voorheen 'n
direkteur van die eiser was, dat hy ook 'n
direkteur van Retail was
en dat hy aktief en intensief betrokke was by al die beweerde
ooreenkomste, asook by die sake van Retail.
Dit blyk ook dat die
quantum in beide sake potensieel deur skuldvergelyking uitgewis kan
word.
19. Alhoewel dit nie
vasstaan dat die mondelinge getuienis, wat moontlik deur die partye
tydens die moontlike verhoor van die regsaspekte
aangebied mag word,
ook relevant tot die verhoor met betrekking tot die verweerder se
teeneise sal wees nie, kan dit op hierdie
stadium nie uitgesluit word
nie. Uiteraard sal herhaling van getuienis nie in die belang van die
party wat dit moet herhaal wees
nie. Na my mening spreek dit vanself.
20. Alhoewel die
verweerder se teeneise nie 'n oorwegende rol speel by die beoordeling
van die aansoek nie, bly dit steeds 'n faktor
wat in ag geneem
behoort te word. Uit die peitstukke blyk dit in ieder geval dat die
quantum van die verweerder se teeneise die
van die eiser oorskry. Sou
die eiser met sy eis slaag en die verweerder eers jare daarna met
syne, sal dit duidelikook benadeling
vir die verweerder inhou. Dit is
eweneens vanselfsprekend.
21. Na aanleding van
bogenoemde omstandighede is daar, na my mening, gladnie 'n vooruitsig
dat skeiding van die dispute enigsins
tot voordeel van die verweerder
sal wees nie, en is daar eweneens nie gronde om te bevind dat
skeiding van dispute die verrigtinge
juis sal verkort nie. Na my
mening mag die teenoorgestelde waar wees. Dit sal ook duidelik 'n
onnodige vertraging in die afhandeiing
van die saak teweegbring asook
onnodig-verspilde koste.
22. Dit volg dus dat
skeiding van die regsvrae wat deur die eiser ge-opper word, na my
mening, nie toegestaan behoort te word nie.
23. Wat die koste
betref, meen ek dat die eiser dit moet betaal. Die aansoek van die
eiser was sonder meriete en moes nie gebring
gewees het nie. Die
verweerder was deur die eiser verplig om hof toe te kom.
Bevel
Die aansoek word van
die hand gewys met koste.
AJ BAM REGTER VAN
DIE HOË HOF
6 Junie 2014