About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2006
>>
[2006] ZASCA 27
|
|
S v Gerber (353/05) [2006] ZASCA 27; 2006 (1) SACR 618 (SCA) ; [2006] 4 All SA 423 (SCA) (23 March 2006)
Links to summary
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
DIE
HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN
SUID-AFRIKA
Rapporteerbaar
Saaknommer
: 353 / 2005
In
die appèl van
KARL
GERBER APPELLANT
en
DIE
STAAT RESPONDENT
Regbank
: FARLAM, CONRADIE ARR en CACHALIA
Wnde AR
Verhoordatum
: 3 MAART 2006
Datum van Uitspraak
: 23 MAART 2006
SAMEVATTING
Eerste oortreder skuldig bevind aan motordiefstal -
duikklopper - geld as verswarende omstandigheid - geen besondere
versagtende persoonlike
omstandighede - vonnis van tien jaar waarvan
drie opgeskort treffend onvanpas in lig van huidige vonnisvlakke -
vonnis vervang met
een van sewe jaar gevangenisstraf waarvan twee
jaar opgeskort.
Neutral citation: This judgment may be referred to
as Gerber v The State [2006] SCA 28 (RSA)
___________________________________________________________________
U I T S
P R A A K
_________________________________________________________________
CONRADIE AR
[1] Dit is nou amper drie enân half jaar sedert Mnr
Karl Gerber, die appellant, aan motordiefstal skuldig bevind en deur
'n streeklanddros
te Benoni gevonnis is tot tien jaar gevangenisstraf
waarvan drie jaar op paslike voorwaardes vir vyf jaar opgeskort is.
[2] ân Appèl teen die appellant se
skuldigbevinding en vonnis na die Pretoria Hooggeregshof het misluk.
Verlof om verder
na hierdie hof te appelleer, is nie deur daardie hof
toegestaan nie maar is, op petisie, slegs ten aansien van vonnis,
deur hierdie
hof verleen.
[3] Die appellant is 'n duikklopper. Op ân dag is die
gesteelde voertuig, 'n wit Ford Colt bakkie met 'n blou onderkant na
sy werkswinkel
gebring, so sê hy, om iets aan die bakwerk te
herstel en die blou onderkant daarvan rooi te spuitverf. Pleks dat
hy die nuut
oorgeverfte bakkie terugbesorg aan die persoon wat dit by
hom aangebring het, gaan hy 'n ruiltransaksie aan met hom aan
ingevolge
waarvan hy 'n voertuig van sy eie, 'n opgeknapte 450 SLC
Mercedes Benz en daarbenewens R30 000 verruil vir twee gesteelde
voertuie,
'n Audi A4 en die betrokke Colt bakkie.
[4] Die Audi A4 laat die appellant op sy verloofde se
naam registreer. Die Colt bakkie verruil hy vir 'n Toyota Corolla wat
aan die
verloofde van 'n mnr Johan du Plessis, mev Phyllis Vorster,
behoort. Wat hierdie transaksie so interessant maak, is dat die
Toyota
veel minder werd is as die Colt (presies hoeveel is nie
klinkklaar duidelik nie), dat Du Plessis 'n vriend van die appellant
is en
dat hy as subkontrakteur by die papiervervaardiger Mondi in
Richardsbaai werksaam is. Mondi in Richardsbaai gebruik wit Ford
Colt
bakkies, wat net soos die gesteelde Colt lyk behalwe dat hulle
rooi is aan die onderkant en nie blou nie.
[5] Toe daar deur die polisie op die gesteelde voertuig
in mev Vorster se besit beslag gelê word, is die onderkant
daarvan rooi
geverf, dit vertoon 'n lisensieskyf (óf die
oorspronklike óf 'n afdruk) van 'n egte Mondi Colt bakkie en
die nommerplaat
vertoon die nommer
NRB 11691, 'n nommer wat
die Colt nie gehad het toe dit by mnr Griffiths, die eienaar daarvan,
se werknemer gekaap is nie. Niemand
sou nou, sonder om die
onderstelnommer en ander besonderhede na te gaan, weet dat die
gesteelde Colt nie ân Mondi bakkie is nie.
[6] Die onvermydelike afleiding uit hierdie feite is dat
die appellant en sy vriend, Du Plessis, saamgesweer het om die Colt
bakkie
so te verbloem dat dit vir 'n Mondi bakkie sou kon deurgaan.
Du Plessis, wat vroeër aan besit van die gesteelde Colt skuldig
bevind is, het getuig dat die Colt blou van onder was toe hy, kort
voordat hy die Toyota daarvoor verrruil het, by die appellant
in
Kempton Park gekuier en die appellant die Colt aan hom gewys het.
Klaarblyklik is dit eers ná Du Plessis se besoek rooi
oorgespuit. Dit is nie redelik moontlik dat die bakkie per toeval in
die Mondikleure geverf is en toe, weer toevallig, afgelewer
is aan
iemand wat by Mondi werk nie.
Die appellant was
dus aandadig daaraan om die diewe met die diefstal behulpsaam te
wees. Sy skuld is nie geringer as hulle s'n nie.
[7] Volgens die appellant was die oordrewe strengheid in
die oplegging van vonnis wat die streeklanddros aan die dag gelê
het
die gevolg van die fundamentele wanopvatting dat die appellant
reeds voordat hy die Colt aan Du Plessis gelewer het, geweet het dat
dit ân gesteelde voertuig was. As hy hierdie kennis eers later
opgedoen het, sou dit, aldus die appellant, beteken dat hy aan
diefstal
skuldig is slegs omdat dit ân voortdurende misdryf is en
dat hierdie oorweging verdien om as strafverminderend aangemerk te
word.
Soos ek aangetoon het, ontbreek ân feitelike grondslag vir
hierdie betoog geheel en al.
[8] Buitendien sê die appellant in sy
waarskuwingsverklaring dat hy die Audi teruggegee het toe hy agterkom
dat dié gesteel
is. Daar is geen aanduiding dat die appellant
die bakkie nie kon terugkry en op dieselfde wyse daarmee handel nie.
In antwoord op
'n vraag van die ondersoekbeampte waarom hy die
polisie nie daarvan verwittig het toe hy agterkom dat die voertuie
gesteel is nie,
verklaar die appellant dat hy Jannie en Moerat (die
verskaffers van die gesteelde voertuie) nie in die moeilikheid wou
bring nie.
[9] Die beweerde latere bewuswording dat die Colt
gesteel is, en die feit dat die appellant 'n eerste oortreder met
betrekking tot
'n oneerlikheidsmisdryf was, was die enige twee
strafversagtende faktore waarop die appellant se advokaat klem gelê
het. Daarteenoor
is daar verkeie strafverswarende omstandighede
waarop die streeklanddros met reg klem gelê het. Hulle sluit in
dat die appellant
die misdryf gepleeg het op 'n wyse wat vernuftige
beplanning geverg het. Hierdie 'vernuftige beplanning' sluit
natuurlik in dat die
appellant as duikklopper die fasiliteite tot sy
beskikking gehad het om die Colt se herkoms te verdoesel. Die
misbruik van sy vaardighede
deur die appellant is 'n ernstige
strafverswarende element van sy misdaad. Die appellant is nie van 'n
misdryf met betrekking tot
die Audi A4 aangekla nie, maar die
registrasie daarvan op sy verloofde se naam sonder om die voertuig
(wat hy op sy weergawe verkry
by mense wat hy skaars ken) vir 'n
polisieklaring te neem, was moreel bedenklik en werp 'n swak lig op
die integriteit van een wat
dag in en dag uit as deel van sy bedryf
met motorvoertuie te doen het.
[10] Die appellant het geen benul van die aard of erns
van sy oortreding nie. Hy het tot die bitter einde volgehou dat hy
nie aan
diefstal skuldig is nie en in sy getuienis ter
strafversagting gesê dat hy '...miskien besigheid gedoen het
met 'n voertuig
wat daar nie 'n lisensie of enigiets voor was
nie...,' getuienis wat op 'n totale gebrek aan insig en derhalwe
berou dui. Toe die
polisie-ondersoek begin, het hy sy bes gedoen om
die ander diewe uit die moeilikheid te hou.
[11] Tereg lê die streeklanddros gewig op
eenvormigheid by strafoplegging. Die wenslikheid van breë
riglyne is voor die
hand liggend. Dit is reg dat hierdie riglyne van
tyd tot tyd aangepas word, maar dan moet die aanpassing ân oorwoë
en geleidelike
proses wees sodat oortreders wat 'n besondere misdryf
pleeg weet watter vonnis hulle te wagte is.
[12] Soos die voorkoms van motordiefstal toegeneem en
motors duurder geword het, het vonnisse vir motordiefstal dramaties
strenger
geword. Dit sou dus by 'n oorweging van die breë
parameters vandag weinig nut hê om na die vlakke van ouer
vonnisse te
kyk. By die beoordeling daarvan of die opgelegde vonnis
nie dalk treffend onvanpas is nie, is 'n vlugtige oorsig oor die vlak
van
hedendaagse vonnisse vir motordiefstal om enigsins 'n idee te kry
van wat gangbaar is, egter nuttig.
[13] In
S v Koutandos & another
2002 (1) SASV
219 (HHA) het hierdie hof die eerste appellant, 'n man in sy laat
twintigerjare, wat in samewerking met die tweede
appellant 'n
besigheid uit motordiefstal en bedrog gemaak het, se vonnis tot tien
jaar gevangenisstraf verminder. Die tweede appellant
wat aan 'n
bykomstige twee bedrogaanklagte skuldig bevind is, se vonnis is tot
vyftien jaar gevangenisstraf verminder.
[14]
S v Adendorff
2004 (2) SASV 185 (HHA) is 'n
saak waarin 'n agt-en-veertigjarige duikklopper 'n gesteelde motor
ter waarde van R75 000 vermom het.
Van sy straf van vier en ân half
jaar gevangenisstraf, is een en 'n half jaar opgeskort. Die appèl
na hierdie hof was slegs
teen die skuldigbevinding, maar die
beslissing is van nut vir sover die Bloemfonteinse Hooggeregshof die
vonnis van die streeklanddros
bekragtig het.
[15] Die appellant in
S v de Ruiter
2004 (1) SASV
332 (W), iemand met 'n reeks vorige veroordelings vir
oneerlikheidsmisdade, is weens diefstal van 'n luukse voertuig
gevonnis tot tien jaar gevangenisstraf waarvan drie jaar op appèl
voorwaardelik opgeskort is.
[16] Mnr Sassman, die appellant in
S v Sassman
(A641/02 (T) 02.09.02), is 'n swaar vonnis van twaalf jaar
gevangenisstraf opgelê vir die diefstal van 'n motorvoertuig
waarmee
hy die grens na Mosambiek wou oorsteek. Dit is duidelik dat
die appèlregters van oordeel was dat hy deel van 'n
diefstalsindikaat
was en dus aandadig aan die kaping van die voertuig
vier dae voordat hy aangekeer is.
[17] Appellant Govender in
S v Govender
(A1127/03
(T) 03.05.04) se diefstal van 'n vragmotor en een duisend vyf
hondered motorbande het hom in die streekhof 'n straf van
15 jaar op
die hals gehaal wat op appèl na 12 jaar gevangenisstraf
verminder is.
[18] Die hoogste straf vir die diefstal van 'n enkele
motor deur 'n eerste oortreder wat die verteenwoordiger namens die
Staat kon
opspoor, (en ek spreek my dank teenoor beide advokate uit
vir die navorsing wat hulle op versoek van die hof gedoen het) was
direkte
gevangenisstraf van sewe jaar. Origens verskil die strawwe,
soos mens trouens sou verwag, aanmerklik. Hulle wissel van drie tot
vyf
jaar, soms met 'n gedeelte of selfs die geheel daarvan opgeskort.
[19] Die motordiefstal waaraan die appellant skuldig
bevind is, vertoon verskeie strafverswarende faktore wat die
streeklanddros tereg
uitgelig het en wat ek hierbo aangestip het. Die
appellant verdien beslis 'n straf wat aan die boonste grens van
gangbare strawwe
lê. Nietemin dink ek dat die opgelegde straf
met inagneming van huidige vlakke van strafoplegging en die
persoonlike omstandighede
van die appellant, treffend onvanpas is.
[20] Die vonnis van die hof
a quo
word ter syde
gestel en vervang met 'n vonnis van sewe jaar gevangenisstraf waarvan
twee jaar opgeskort word vir vyf jaar op voorwaarde
dat die appellant
nie skuldig bevind word aan diefstal, aan die ontvangs van gesteelde
goed wetende dat dit gesteel is of aan 'n
oortreding van a 36 of a 37
van die Algemene Regswysigingswet 62 van 1955, gepleeg gedurende die
termyn van die opskorting nie.
J H CONRADIE
APPÈLREGTER
SAMESTEMMEND:
FARLAM AR
CACHALIA Wnde AR