About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2014
>>
[2014] ZAGPPHC 308
|
|
Mtombeni v Minister Van Veiligheid En Sekuriteit (68304/2010) [2014] ZAGPPHC 308 (19 May 2014)
IN DIE
GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
(REPUBLIEK
VAN SUID- AFRIKA)
Saak nommer: 68304/2010
Datums aangehoor: 13 Mei 2014 en 14
Mei 2014
Datum uitspraak gelewer: 19 Mei 2014
In die saak tussen : -
ISAAC
MTOMBENI
….....................................................................................................................
Eiser
en
MINISTER
VAN VEILIGHEID EN SEKURITEIT
….......................................................
Verweerder
UITSPRAAK
JANSE VAN NIEUWENHUIZEN R
[1] In die vroe
ё
oggend ure van 23 Desember 2007, is die rustigheid in die vreedsame
dorpie Dullstroom, deur die voorval, wat die onderwerp
van hiedie
aksie vorm, dramaties versteur.
[2] Die eiser, mnr Mtombeni, is gedurende gemelde
voorval deur konstabel Magooa in sy bobeen gewond.
[3] Mnr Mtombeni eis vergoeding van die verweerder
vir die skade wat hy voortspruitende uit die aanval gelei het.
[4] Dit is nie in geskil dat konstabel Magooa, in
optrede van sy diensbestek met die verweerder, mnr Mtombeni
geskiet het nie.
Konstabel Magooa beweer egter dat hy in
noodweer opgetree het in omstandighede waar mnr Mtombeni op die
punt was om horn
aan te rand met 'n okapi mes en 'n knopkierie.
[5] Hierdie weergawe word deur mnr Mtombeni ontken.
Indien dit egter sou blyk dat daar 'n dreigende aanval was,
beweer mnr
Mtombeni dat konstabel Magooa die perke van noodweer
oorskry het.
FEITE
[6]
Die ongelukkige voorval is klaarblyklik veroorsaak deur jaloesie.
Blykens die getuienis het Sabina, mnr Mtombeni se vrou,
geglo
dat mnr Mtombeni 'n verhouding met 'n ene Maria het. Getrou aan
die uitdrukking
"Hell
has no fury as a woman scorned in love",
het
Sabina in 'n oomblik van woede, die vensters van Maria se woning
in die vroee oggend ure van 23 Desember 2007, met
klippe
bestook. Verskeie van die vensters is gedurende die voorval
gebreek.
[7] Maria het summier die voorval by die polisie
aangemeld en so het konstabel Magooa tesame met konstabel
Masilela en Maria,
by Sabina se woning opgedaag om omstreeks
5:30.
[8] Voormelde feite is gemeensaak tussen die partye.
[9] Die weergawes van die partye verskil egter
aansienlik oor die verdere verloop van die gebeure.
Konstabel Magooa:
[10] Volgens konstabel Magooa het daar 'n
woordewisseling tussen die twee dames ontstaan met hul aankoms
by Sabina se woning.
Terwyl hy die situasie probeer ontlont,
arriveer mnr Mtombeni op die toneel en stap sonder om 'n woord
te se, na Sabina
en klap haar in die gesig.
[11] Sabina het op daardie stadium 'n baba op haar
rug gehad. Konstabel Magooa het tussen beide getree, waarop mnr
Mtombeni
na sy bakkie gestap het en 'n okapi mes asook 'n
knopkierie uitgehaal het.
[12] Mnr Mtombeni het, met 'n wapen in elke hand,
Sabina begin jaag. Konstabel Magooa het weereens tussen beide
getree en mnr
Mtombeni se weg versper.
[13] Mnr Mtombeni het horn toe gesnou dat hy 'n kind
is en niks vir horn, mnr Mtombeni kan se nie. Dit blyk uit die
getuienis
dat Mnr Mtombeni op daardie stadium 56 jaar oud was en
konstabel Magooa 24 jaar oud. Volgens konstabel Magooa het mnr
Mtombeni daarop met 'n dreigende houding in sy rigting beweeg.
Aanvanklik het mnr Mtombeni konstabel Magooa genader met
sy arms
langs sy sye.
[14] Konstabel Magooa het mnr Mtombeni verskeie kere
beveel om te stop. Mnr Mtombeni het egter nie gehoor gegee nie
en sy arms
ongeveer 45° opgetel in 'n duidelike dreigende
houding.
[15] Konstabel Magooa het hierop sy dienspistool
uitgehaal, gespan en die vuurwapen 45° afwaarts gehou. Mnr
Mtombeni het
'n oorlogsdans begin uitvoer en al hoe nader aan
konstable Magooa beweeg.
[16] Toe hy ongeveer 'n halwe meter na 'n meter van
konstabel Magooa af is, het konstabel Magooa hom in die bobeen
geeskiet.
Mnr Mtombeni
[17] Mnr Mombeni, die eienaar van 'n taverne, getuig
dat hy besig was by sy taverne toe hy van die voorval tehore
gekom het.
[18] Hy het horn na die toneel gehaas en met sy
aankoms gevind dat die polisie besig is om vir Sabina in die
vangwa te probeer
laai. Sy het haar verset.
[19] Hy het konstabel Magooa versoek om horn 'n
geleentheid te gun om die situasie by te le. Sy poging was
suksesvol en Maria
het onderneem om, teen betaling van haar
skade, nie voort te gaan met die klag van opsetlike saakbeskadiging
teen Sabina
nie.
[20] Mnr Mtombeni het konstabel Magooa van die
ooreenkoms in kennis gestel, waarop konstabel Magooa gemeld het
dat die saak
dan afgehandel is en Sabina vry is om te gaan.
[21] Sabina was klaarblyklik nie tevrede met die
reeling nie en het op eie stoom in die vangwa ingeklim.
Konstabel Magooa het
mnr Mtombeni, wie op daardie stadium reeds
in sy bakkie was, van Sabina se onwilligheid om die vangwa te
verlaat, in
kennis gestel.
[22] Mnr Mtombeni het Sabina uit die vangwa gaan
verwyder. Hy was al oppad om te ry, toe konstabel Magooa horn 'n
tweede keer
nader en meedeel dat Sabina weer in die vangwa
ingeklim het.
[23] Mnr Mtombeni was redelik omgekrap met Sabina se
optrede en het haar hierdie keer hardhandig uit die vangwa
uitgeruk. Hy
het haar in die erf ingestoot en sy hand opgelig om
haar in die gesig te klap. Haar broer, Lukas, het mnr Mtombeni
gewaarsku
om nie sy suster te beseer nie en het begin klippe
optel om mnr Mtombeni mee te gooi.
[24] Mnr Mtombeni het horn liederlik vervies en na sy
bakkie gestap om 'n stok wat agter op die bakkie was te gaan
haal. Luidens
mnr Mtombeni se getuienis, verkoop hy dennehout en
het die stok tussen die hoop hout gele.
[25] Hy het erf ingestrom en vir Lukas met die stok
begin jaag. Mnr Mtombeni het getuig dat Lukas nog 'n skoolgaande
kind was
en dat hy horn wou dissiplineer.
[26] Gedurende die gejagery, het konstabel Magooa
gepoog om tussenbeide te tree. Mnr Mtombeni was nie hiervoor te
vinde nie
en het konstabel Magooa weg gestoot. Konstabel Magooa
het weer probeer en hierdie keer het mnr Mtombeni horn uit die
pad gestamp.
[27] Konstabel Magooa het vinnig terug gekom en Mnr
Mtombeni gevang. Hy het daarop sy vuurwapen uitgehaal en mnr
Mtombeni in
sy bobeen geskiet.
[28]
Voordat konstabel Magooa horn geskiet het, het die konstabel woorde
tot die volgende effek geuiter:
"Ek
het at lankal van jou gehoor, ek is nie bang vir jou nie."
Beide
Lukas en konstabel Masilela het
geskreeu
"Moenie skiet nie"i
Konstabel
Magooa het egter nie gehoor gegee nie.
REGSBEGINSELS
[29] Beide me Scholtz, advokaat namens die verweerder
en mnr Erasmus, advokaat namens die eiser, het verwys na die
vereistes
van toepassing op 'n verweer van self verdediging, te
wete:
i) 'n onregmatige
dreigende of werklike aanval deur die eiser;
ii) redelike gronde
waarop die verweerder se geloof dat hy in gevaar is, gebaseer
is; en
iii) dat die geweld
gebruik in die omstandighede, nodig was on die aanval af te
weer.
[30]
Die
onus
rus
op die verweerder om te bewys dat sy optrede in die omstandighede
regverdigbaar is. [Sien:
Mabaso
v Felix
1981
(3) SA 865
A.]
[31]
Alhowel die feite objektief beoordeel moet word, moet die hof waak
teen die sogenaamde
"leenstoel
benadering",
welke
benadering behels dat die feite nie in die kliniese atmosfeer
van die hof, maar eerder in die hitte van die geveg
beoordeel
moet word.
EVALUERING VAN GETUIENIS
[32] Gedagtig aan voormelde beginsels moet bepaal
word of die optrede van konstabel Magooa in die omstandighede
aan die toets
voldoen.
[33] Konstabel Magooa het 'n gunstige indruk
gedurende sy getuienislewering gemaak. Hy het nie gepoog om
homself te verontskuldig
of die optrede van mnr Mtombeni te
oordryf nie.
[34] Daar bestaan ook geen gronde om mnr Mtombeni se
getuienis te kritiseer nie. Beide konstabel Magooa en mnr
Mtombeni het
verklarings na die voorval afgele. Sommige aspekte
in die verklarings verskil van hul getuienis in die verhoor.
Inaggenome
die feit dat die voorval bykans ses en 'n half jaar
terug gebeur het en dat die situasie op beide weergawes uiters
plofbaar
was, is gemelde verskille te wagte.
[35] In die omstandighede moet ek die getuienis op
die waarskynlikhede beoordeel.
[36] Een aspek wat geeensaak tussen die partye is, is
die feit dat mnr Mtombeni die aggressor was.
[37] Dit blyk uit beide weergawes dat konstabel
Magooa te alle tye die situasie probeer ontlont het en probeer
verhoed het
dat mnr Mtombeni ander persone beseer.
[38]
Dit was eers toe mnr Mtombeni sy aanval op konstabel
Magooa gekonsentreer het, wat die skiet voorval plaas gevind
het.
Alhoewel mnr Mtombeni ontken het dat hy konstabel Magooa
wou aanval, vind ek sy weergawe in hierdie opsig onwaarskynlik.
Op mnr Mtombeni se eie weergawe het konstabel Magooa te alle tye
rasioneel opgetree. Die rede wat mnr Mtombeni aanvoer
vir die
skielike skietery gaan nie op nie. Indien konstabel Magooa bloot
mnr Mtombeni geskiet het omdat hy "a/
lankal van
horn gehoor het en nie bang is vir hom nie"
het
hy tydens die jagery meer as genoeg tyd gehad om mnr Mtombeni te
skiet. Ek verwerp sy weergawe in hierdie verband.
[39] Ek aanvaar derhalwe dat daar 'n deigende aanval
op konstabel Magooa se lewe en of liggam was. Was konstabel
Magooa se
lewe en of liggaam egter tot so 'n mate bedreig dat
die afvuur van die skoot, in die omstandighede, die enigste
redelike
wyse was waarop hy homself kon beskerm?
[40]
In S
v Makwanyane
and Another
1995
(3) SA 291
CC, het Chaskalson P, die volgende te para [138] oor
die verweer van self-verdediging gese:
"Self-defence is
recognised by all legal systems. Where a choice has to be made
between the lives of two or more people, the
life of the innocent
is given preference over the life of the aggressor. This is
consistent with s 33(1). To deny the
innocent person the right
to act in self-defence would
deny
to that individual his or her right to life
.....
The law solves
problems
such as these through the
doctrine of proportionality, balancing the rights of the aggressor
against the rights of the victim, and
favouring the life or lives
of innocents over the life or lives of the guilty. But there are
strict limits to taking
the life, even in the circumstances that
have been described, and the law insists upon these limits being
adhered to. ...Self defence
takes place at the time of the
threat to the victim's life, at the moment of the emergency
which gave rise to the necessity
and, traditionally, under
circumstances in which no less severe alternative is readily
available to the potential victim."
[41] Mnr Erasmus het betoog dat konstabel Magooa of
konstabel Masilela se hulp moes inroep om die aanval af te weer
of eers
'n waarskuwings skoot moes afvuur.
[42] Ek is van oordeel dat voormelde voorgestelde
afweers handelinge, nie tred hou met die werklike gebeure nie.
Dit is duidelik,
op mnr Mtombeni se eie weergawe, dat daar nie
veel tyd was om twee keer te dink nie. Die skielike wending wat
die omstandighede
geneem het, het min tyd aan konstabel Magooa
gelaat om aan alternatiewe te dink. Hy het te doen met 'n
aggressiewe persoon
wat 'n aanval op horn rig. Hy het
onmiddellik opgetree om die aanval af te weer.
[44]
In die vooropstelling, is ek tevrede dat die verweerder die
onus
op
'n oorwig van waarskynlikhede gekwyt het.
BEVEL
Die eiser se eis word van die hand gewys met koste.
N JANSE VAN NIEUWENHUIZEN
REGTER VAN GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
Prokureur namens die eiser: Klopper & Eloff
Prokureurs p/a Megawatt van Jaarsveld prokureurs: Liezel Van
Jaarsveld
Advokaat namens die eiser: Sas Erasmus
Staatsprokureur namens die verweeder: Adrian Coetzee
Advokaar namens die verweerder: L Scholtz