About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2014
>>
[2014] ZAGPPHC 258
|
|
Rossgro Chickens (Pty) Ltd v Cold Chain (Pty) Ltd (11563/2011) [2014] ZAGPPHC 258 (24 April 2014)
IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
(GAUTENG
AFDELING, PRETORIA)
SAAK NR:
11563/2011
DATUM:
24/4/2014
In
die saak tussen:
ROSSGRO
CHICKENS (PTY)
LTD
.........................................................................................
Eiser
en
THE
COLD CHAIN (PTY)
LTD
........................................................................................
Verweerder
UITSPRAAK
FOURIE,
R:
[1]
Die Eiser vorder betaling in die bedrag van R1,553,883.57 wat na
bewering deur die Verweerder in terme van ‘n
verspreidingsooreen-koms
verskuldig is. Die Eiser produseer
hoenderprodukte en die Verweerder versprei sodanige produkte namens
sy prinsipale aan kleinhandelaars.
Dit is gemeensaak dat die partye
op 4 April 2008 ‘n skriftelike verspreidingsooreenkoms gesluit
het waarkragtens die Verweerder
as verspreidingsagent vir die Eiser
opgetree het om laasgenoemde se hoenderprodukte aan Shoprite Checkers
te versprei. Daar is
ook sprake van ‘n ander ooreenkoms wat
tussen die Eiser en Shoprite Checkers tot stand gekom het, maar
waarby die Verweerder
nie ‘n party is nie. Die Eiser se
vordering staan hoofsaaklik op twee bene: Die eerste een het
betrekking op gelde wat na
bewering verskuldig is vir aflewerings wat
deur die Verweerder as verspreidingsagent gedoen is, terwyl die
tweede een betrekking
het op gelde wat na bewering verskuldig is ten
opsigte van aflewerings wat die Eiser self gedoen het.
DIE
VERSPREIDINGSOOREENKOMS
:
[2]
Die verspreidingsooreenkoms wat in die vorm van ‘n brief
onderteken is, bevat onder andere die volgende bepaling:
“
The
Cold Chain is appointed as a Distribution Agent and will order and
receive stock from MPC Chickens. The Cold Chain has the duty
of
‘custodianship’ of the stock and will insure the stock.
The stock shall remain the property of MPC Chicks whilst
it is
handled by The Cold Chain. Ownership of the stock shall pass from MPC
Chicks to The Cold Chain to the Retailers upon invoicing
and
delivery.
”
[3]
Die ooreenkoms maak verder voorsiening vir die verspreiding van vars
sowel as gevriesde hoenderprodukte, maar in hierdie saak
gaan dit
hoofsaaklik oor die verspreiding van vars produkte. Vir die
versprei-ding van hierdie produkte is daar op ‘n vergoeding
van
11,5% bereken op die netto faktuurwaarde (BTW uitgesluit)
ooreengekom. Produkte sou deur middel van kruisbestelling
(“
cross-docking
”)
hanteer word. Skade aan of diefstal van produkte in die Verweerder se
pakhuis sou vir die rekening van die Verweerder wees,
maar voorraad
wat in die Verweerder se pakhuis sou verval, sal vir die rekening van
die Eiser wees. In hierdie verband is daar
by die ooreenkoms
ingeskryf “
refer
to the swell allowance agreement with Shoprite
”.
[4]
Wat kredietbestuur en die administrasie van rekeninge betref, het die
partye soos volg ooreengekom:
“
The
Cold Chain will perform a debtors’ administration service on
behalf of MPC Chicks. Any deductions by the retailers from
The Cold
Chain’s payment (e.g. rebates, promotional fees, advertising
charges) will be for the account of MPC Chicks.
”
[5]
Wat betaling sowel as aftrekkings en ander eise betref, het die
partye die volgende ooreengekom:
“
The
Cold Chain strives to operate on a principle of balanced working
capital. MPC Chicks will provide monthly statements to The
Cold Chain
for the stock delivered during the preceding month. The Cold Chain
will pay these invoices after 30 days from the date
of the
statements. Any trade deductions, claim-backs and administrative fees
that are levied against MPC Chicks will be payable
within 7 days from
date of statement.
”
Die
ooreenkoms is namens die Eiser deur Mnr Nell Wiid onderteken en
namens die Verweerder het Mnr Chris de Beer geteken.
[6] Die Eiser voer
in sy Besonderhede van Vordering aan dat die skriftelike ooreenkoms
gedurende ongeveer September 2008 mondeling,
alternatiewelik
deur gedrag, soos volg gewysig is:
“
7.1
The Defendant would henceforth be entitled to issue orders for
delivery of goods directly to the retailers as opposed to the
designated DC’s (called direct dumps);
7.2
The Plaintiff would be liable for a commission on the direct dumps at
a reduced rate of 9,5% of the net invoice value (excluding
VAT)
derived from gross sales in respect of which direct delivery was
effected by the Plaintiff;
7.3
The Plaintiff would issue separate statements, supported by the
relevant invoices and proofs of delivery to the direct dump
issuing
DC for the goods delivered on account of such direct dumps.
”
[7] Die Verweerder
ontken die voormelde bewerings en pleit dat die Eiser sonder sy
toestemming gedurende of omtrent September 2008
direkte aflewerings
begin doen het, maar dat die partye wel op 7 Januarie 2008
ooreengekom het dat die Eiser op sekere voorwaardes
self direkte
lewerings sou kon maak. Hierdie weergawe is soos volg gepleit:
“
6.1.1
The Plaintiff commenced with direct deliveries to retailers from
about September 2008, without the Defendant’s consent;
6.1.2
During or about October 2008 the Plaintiff approached the Defendant
for assistance to recover monies owing by the retailers
in respect of
direct deliveries made by the Plaintiff to them;
6.1.3
The Defendant, in order to assist the Plaintiff, presented invoices
to the retailers in respect of delivery notes provided
by the
Plaintiff;
6.1.4
The Defendant presented the invoices to the retailers for payment and
duly paid monies to the Plaintiff as and when payment
was received
from the retailers;
6.1.5
On 7 January 2009 at Bedfordview, alternatively at Delmas the
Plaintiff, represented by Wiid and the Defendant, represented
by De
Beer agreed that the Plaintiff would be allowed to deliver orders
directly to the retailers provided that the Plaintiff would
generate
invoices directly from the Defendant’s information technology
systems and on the Defendant’s stationery;
6.1.6
The parties agreed on the commission rate of 4% in respect of the
direct dump service;
6.1.7
The Plaintiff would issue separate statements, supported by the
relevant invoices and delivery notes in respect of the goods
delivered by way of direct dumps.
”
DIE
WESENLIKE GESKILPUNTE
:
[8] Gedurende die
verloop van die verhoor het die Eiser die eisbedrag van R1,553,883.57
na R1,250,019.98 verminder. By hierdie bedrag
is daar ingesluit
R26,983.45 wat die Verweerder in sy Verweerskrif erken het “
blyk
verskuldig te wees
” en betaling daarvan getender het
onderhewig aan die voorlegging van oorspronklike fakture en
afleweringsbewyse. Die partye
het ook tydens die verhoor ‘n
skedule opgehandig wat sekere ooreenkomste tussen hulle boekstaaf,
sonder om die beginsel van
verskuldigdheid toe te gee. Ek sal later
weer na hierdie dokument verwys.
[9] Die Eiser se
verminderde vordering in die bedrag van R1,250,019.98 het betrekking
op sekere komponente of sub-vorderings wat
tydens die verhoor
uitgekristalliseer het (soos ook deur die Eiser se advokaat in sy
hoofde van argument uiteengesit ) en waarvoor
die volgende bedrae
geëis word:
R517,189.30
vir produkte wat na bewering teruggestuur is (“
returns
”);
R26,983.45
ten opsigte van betalings wat die Verweerder erken het verskuldig
blyk te wees;
R66,699.52
vir vars produkte wat na bewering deur die Eiser aan die Verweerder
gelewer is;
R600,003.36
vir vars produkte wat die Verweerder na bewering direk aan
kleinhandelaars gelewer het (“
direct
drops
”);
R39,144.35
vir vars produkte afgelewer, maar waarvoor daar nie ‘n
stelselnommer (GRN-nommer) van die kleinhandelaar verkry
is nie.
[10]
Behalwe vir die gekwalifiseerde erkenning van aanspreeklikheid ten
opsigte van R26,983.45, ontken die Verweerder aanspreeklikheid
vir
die betaling van enige ander bedrag. Die Eiser se bewering dat die
skriftelike ooreenkoms later gewysig is om vir direkte aflewerings
(“
direct
drops
”)
voorsiening te maak, is ook in geskil tussen die partye. Ander
geskilpunte wat hiermee verband hou, het betrekking op die
uitleg van
sekere klousules in die skriftelike ooreenkoms waarna ek mettertyd
sal verwys. Alvorens ek die geskilpunte oorweeg,
sal ek eers ‘n
opsomming van die tersaaklike getuienis gee
GETUIENIS
VIR DIE EISER
:
[11]
Mnr Wiid het getuig dat hy ‘n besigheidsman is wat ‘n
meestersgraad in Landbou het. Hy beskik ook oor ‘n
bestuursdiploma. Hy is gedurende Maart 2008 as die hoof uitvoerende
beampte van die Eiser aangestel. Hy het die skriftelike ooreenkoms
namens die Eiser met Mnr Chris de Beer van die Verweerder onderhandel
en dit op 4 April 2008 onderteken. Voor die sluiting van
hierdie
ooreenkoms het hy met ‘n verteenwoordiger van Shoprite Checkers
oor die verskaffing van hoenderprodukte samesprekings
gevoer. Hy is
na die Verweerder verwys wat namens produsente die verspreiding van
produkte behartig. Die handgeskrewe gedeelte
in die skriftelike
ooreenkoms wat verwys na die “
swell
allowance agreement
”
is deur hom ingevoeg. Volgens hom beteken so ‘n ooreenkoms dat
die kettingwinkel onderneem om self die verantwoordelikheid
te dra
vir voorraad wat verval. Daarvoor is ‘n vergoeding van 5% van
die faktuurprys ten gunste van die kettingwinkel ooreengekom.
[12]
Wat die werking van die stelsel in die praktyk betref, het hy getuig
dat verskillende takke van die kettingwinkel elk hul eie
bestelling
by die Verweerder plaas. Die Verweerder sal dan ‘n lys van
takke met hul bestellings aan die Eiser deurgee vir
lewering die
volgende dag aan die Verweerder. Wanneer lewering aan die Verweerder
plaasvind, is die kratte klaar gemerk vir spesifieke
takke
ooreenkomstig hulle bestellings. Hierdie bestellings word dan deur
die Verweerder by die verskillende takke afgelewer. Die
Verweerder
sou dan die rekening tussen die Eiser en die kettingwinkel bestuur.
Dit beteken dat die Verweerder betaling van die
kettingwinkel sal
vorder en dit wat aan die Eiser verskuldig is, aan hom oorbetaal.
Wanneer daar ‘n verskil tussen die bestelprys
en die
faktuurprys voorgekom het, het dit tot ‘n eis (“
claim-backs
”)
op die rekening aanleiding gegee.
[13]
Mnr Wiid het verder getuig dat met die aanbreek van die somer het
daar sekere probleme ontstaan. Dit is moeiliker om gedurende
somermaande met vars produkte te werk. Dit moet voortdurend onder 5ºC
gehou word. Volgens hom het daar ‘n probleem met
die “
koue
ketting
” ontstaan en winkels het
begin kla dat vars produkte voor hulle vervaldatum begin sleg word
het. Tot op daardie stadium is
die Eiser se produkte deur die
Verweerder as verspreidingsagent by die verskillende winkels
afgelewer, maar weens die frustrasie
van die kleinhandelaars het die
Eiser toe begin om self winkels van produkte te voorsien.
[14] Op ‘n
vraag van die Eiser se advokaat of die getuie dit enigsins met die
Verweerder bespreek het voordat hierdie werkswyse
plaasgevind het,
het hy geantwoord: “
vir seker ja
” en aangedui dat
hy dit met Mnr Chris de Beer bespreek het. Volgens hom is daar toe
ooreengekom dat die Eiser self sy produkte
“
in sekere
krisisgevalle
” sal gaan aflewer, terwyl die administrasie
steeds deur die Verweerder gekanaliseer sal word. Hy het verder
verduidelik dat
die enigste dispuut of gesprek gehandel het oor ‘n
nuwe kommissie wat beding moes word, maar dat hy nie meer kan onthou
hoeveel
dit beloop het nie. Volgens hom is hierdie
wysigingsooreenkoms gedurende September/November 2008 ooreengekom.
Ten einde betaling
te kon kry, moes die Verweerder ‘n faktuur,
met die Eiser se aflewerings-bewys, aan die kettingwinkel lewer
aangesien die
Eiser nie op die kettingwinkel se sisteem geregistreer
was nie. Hy het die toepassing van hierdie reëling soos volg
verduidelik:
“
Aanvanklik
was dit per faks gedoen. Met ander woorde ons sou Cold Chain laat
weet by watter winkel ons gaan aflewer sodat hulle
‘n faktuur
kan uitreik, met die beplanning dat op die … Later in die jaar
is ooreengekom dat Cold Chain, of die Verweerder,
‘n
stelselpunt by die slagpale sal installeer …
”
[15]
Volgens hom het kleinhandelaars nog altyd van ‘n elektroniese
bestelsisteem gebruik gemaak. Dit beteken dat elke winkel
plaas sy
eie bestelling deur die bestelling asook die bestelnommer elektronies
aan die Verweerder te stuur. Daarna word die bestelling
en die
bestelnommer deur die Verweerder aan die Eiser gekommunikeer. Hy het
weer getuig dat dit per faks of selfs elektronies geskied.
Die Eiser
maak dan die bestelling op, lewer dit self by die winkel af en kry
daarvoor ‘n bewys van aflewering. Die Eiser
lewer dat die bewys
van aflewering aan die Verweerder wat op sy beurt weer ‘n
faktuur vir die groothandelaar genereer.
[16]
Op ‘n vraag of die sisteem goed gewerk het, was die getuienis
dat hierdie stelsel van direkte aflewering nie goed gewerk
het nie.
Volgens die getuie was daar hoofsaaklik “
baie
administratiewe administrasies
”
gewees. Na vele gesprekke met die Verweerder en die kleinhandelaars
is daar uiteindelik besluit dat die Verweerder ‘n
sisteempunt
by die Eiser moes implementeer. Die gedagte was dat dit by die
slagpale gedoen moes word, maar dit het nooit gebeur
nie. Hy kon nie
sê wanneer die reëling oor die installasie van die
sisteem-punt getref is nie, maar volgens hom was
dit gedoen nadat die
eerste wysigingsooreenkoms in hierdie verband aangegaan is. Hy het sy
getuienis in hoof afgesluit deur te
meld dat die ooreenkoms tussen
die partye gedurende Februarie 2009 beëindig is en dat daar wel
betaling vir direkte aflewerings
aan die Eiser gemaak is.
[17]
Die Eiser se tweede getuie was Mev Van Deventer. Sy was voorheen by
die Eiser werksaam. Sy het in die rekeninge-afdeling met
krediteure
gewerk en toe die vars produkte-reeks later bygekom het, het sy ook
die bestellings en produksie daarvan behartig. Volgens
haar het die
stelsel met betrekking tot vars produkte aanvanklik soos volg gewerk:
Die Verweerder het ‘n elektroniese bestelling
aan die Eiser
gestuur. Dit is dan aan die produksie-afdeling gegee om die volgende
dag verwerk en verpak te word. By die Eiser
se versending-afdeling is
die verpakking geweeg waarna die gewig op ‘n faktuur aangedui
word. Die bestelling word dan per
vragmotor na die Verweerder se
verspreidingsafdeling vervoer. Daar word die bestelling aan die
Verweerder oorhandig waartydens
een van die Verweerder se werknemers
die een faktuur asook ‘n bewys van aflewering onderteken en van
‘n stempel voorsien.
Dit word dan aan die Eiser terugbesorg, by
die rekeninge-afdeling verwerk en later met die uitstuur van ‘n
staat opgevolg.
Die Eiser het dan 30 dae om te betaal.
[18]
Nadat die kontrak tussen die partye beëindig is, het hulle
gepoog om die uitstaande rekening te rekonsilieer. Soos wat
daar
telkens inligting aangevra is, is daar weer ‘n rekonsiliasie
gedoen. Dit het so aangehou totdat die getuie gedurende
Oktober 2009
‘n opsomming van al die uitstaande betalings gemaak het.
Afskrifte van hierdie opsommings is as Bylae “B”
tot “H”
by die Besonderhede van Vordering aangeheg. Sy het na elk van hierdie
bylae verwys en dit verduidelik.
BYLAAG
“B”
:
[19]
Hierdie bylaag bevat verskeie inskrywings en dit het op die
Verweerder se City Deep-tak betrekking. Die bedrag uitstaande word
as
R616,688.53 aangedui. Hierby is daar aangeheg ‘n
rekonsiliasie-staat gedateer Oktober 2009 wat deur die Verweerder
voorberei
is (p.20A). Volgens die getuie was daar verskeie
vergaderings nadat die kontrak beëindig is. Dit was gedoen om
die rekeninge
te probeer rekonsilieer. Hierdie was die laaste
rekonsiliasiestaat wat sy van die Verweerder ontvang het. Op die
rekonsiliasiestaat
verskyn daar ‘n aftrekking van
R1,031,745.56. Die resultaat blyk dan ‘n nul balans te wees.
Volgens die getuie het
sy hierdie aftrekking op Bylaag “B”
oorgedra en weer bygetel. Daarbenewens bevat Bylaag “B”
ook nog fakture
wat volgens haar nie betaal is nie. Die somtotaal
daarvan beloop R80,017.50. Sy het toegegee dat ‘n bedrag van
R423,633.57
(vir “
claim-backs
”)
asook R71,440.96 (vir “
pricing
”)
van die Eiser se eis afgetrek moet word. Wanneer alles teen mekaar
verreken word, dan is die uitstaande balans volgens
die getuie
R616,688.53.
[20]
Die getuie het ook na ‘n ander dokument verwys wat by hierdie
bylaag aangeheg is (p. 20B – 20F). Hierdie dokument
is ook
Oktober 2009 gedateer en dit bevat ‘n uiteensetting van hoe die
aftrekking ten bedrae van R1,031,745.56 saamgestel
en bereken is.
Hierdie dokument is ook deur die Verweerder voorberei en dit verwys
na drie komponente, “
claim-backs,
pricing & returns
”.
Volgens haar het die “
claim-backs
& pricing
”
se syfers betrekking op dit wat sy reeds toegegee het, maar die
syfers wat op die “
returns
”
betrekking het, gee sy nie toe nie aangesien dit volgens haar nog
betaalbaar is. As rede hiervoor het sy aangevoer dat die
Eiser ‘n
“
no
return policy gehad (het) met ‘n swell allowance waarvoor ons
betaal het
”.
Sy het in die verband ook na ‘n e-pos verwys wat sy op 12 Junie
2008 aan die Verweerder se Mev Hartzenberg gestuur
het. Daarin het sy
die volgende gesê:
“
Graag
wil ek dit net onder julle aandag bring dat geen produkte deur julle
teruggeneem moet word van enige Checkers Hyper af nie.
As daar enige
probleme met verpakking is kan hulle Nico Scheepers direk kontak …
”
[21]
Al die faktuurinskrywings op Bylaag “B” het op direkte
aflewerings betrekking. In hierdie verband het die getuie
spesifiek
na die laaste twee inskrywings gedateer 9 Februarie 2009 verwys. Die
aflewerings-bewyse daarvoor toon aan dat die een
aflewering by
Checkers Little Falls en die ander een by Checkers Southgate gedoen
is. Volgens ‘n belastingfaktuur wat deur
die Verweerder aan
Checkers uitgereik is, blyk dit dat die aflewering wat by Little
Falls gedoen is wel deur die Verweerder op
sy stelsel geregistreer is
(bestelnommer 42272/3914 op p. 29 en p. 229). Die uitstaande bedrag
daarvoor beloop R1,975.91 en volgens
die getuie is dit nog steeds nie
betaal nie. Die ander aflewering wat by Checkers Southgate gemaak is
se hoeveelhede stem volgens
die getuie ooreen met die Verweerder se
een faktuur wat hy aan Checkers gelewer het, maar sy het toegegee dat
die bestelnommers
daarvan nie ooreenkom nie (p. 30 en p. 228).
BYLAAG
“C”
:
[22]
Hierdie opsomming van betalings wat na bewering nog uitstaande is,
het op die Verweerder se Midrand-tak betrekking. Dit verwys
na slegs
twee transaksies waarvolgens die uitstaande bedrag R46,699.88 beloop.
Die eerste transaksie verteenwoordig produkte wat
by die Verweerder
se pakhuis afgelewer is. As bewys daarvoor het die getuie na ‘n
faktuur verwys (p. 32) wat deur ‘n
werknemer van die Verweerder
onderteken is. Op hierdie faktuur is die hoeveelheid kissies van 100
tot 87 verminder, maar die prys
het onveranderd gebly. Die tweede
transaksie verteenwoordig ‘n direkte aflewering wat deur die
Eiser self gedoen is.
BYLAAG
“D”
:
[23]
Hierdie opsomming het op die Verweerder se Nelspruit-tak betrekking.
Daarvolgens blyk dit dat twee fakture vir ‘n totale
bedrag van
R24,886.34 nog steeds uitstaande is. Die eerste inskrywing het op ‘n
direkte aflewering betrekking, terwyl die
tweede een ‘n
aflewering by die Verweerder se Nelspruit-tak verteenwoordig. Wat die
eerste inskrywing betref, het die getuie
na afleweringsbewyse verwys
(p. 35 – p. 37) wat aantoon dat aflewerings direk by twee
verskillende winkels gedoen is. Volgens
haar is hierdie
afleweringsbewyse na die Verweerder se Nelspruit-tak gefaks of per
e-pos versend. Sy het in hierdie verband ook
verwys na ‘n
faktuur van die Verweerder wat aan Checkers uitgemaak is (p. 233).
Daarvolgens blyk dit dat die faktuurnommer
(I-0463564) met die een
afleweringsbewys ooreenstem. Die bedrag wat op die Verweerder se
faktuur verskyn (p.233) beloop R3,256.75.
Vir die ander aflewering
het die getuie na ‘n soortgelyke faktuur (p. 235) van die
Verweerder verwys. Die faktuurnommer daarop
stem ook met die nommer
op die aflewerings-bewys ooreen (p. 37, nr. I-0463567) en dit toon ‘n
bedrag van R39,088.59 aan.
Die tweede inskrywing op hierdie bylaag is
ook van ‘n afleweringsbewys vergesel (p. 38) en dit toon aan
dat die produkte
by die Verweerder se Nelspruit-tak afgelewer is. ‘n
Werknemer van die Verweerder het daarvoor geteken. Die bedrag beloop
R1,922.50.
BYLAAG
“E”
:
[24]
Hierdie opsomming van betalings wat na bewering ook nog uitstaande
is, het op die Verweerder se City Deep-tak betrekking. Daarop
word
verskeie transaksies aangedui. Slegs die eerste inskrywing het
betrekking op ‘n aflewering wat by die Verweerder gemaak
is,
terwyl die ander direkte aflewerings verteenwoordig. Die totale
bedrag wat daarvolgens verskuldig is, beloop R168,366.23. Die
getuie
het in hierdie verband na verskeie dokumente (p. 40 – p.53)
verwys wat volgens haar afleweringsbewyse is van aflewerings
wat die
Eiser direk by verskillende winkels gedoen het. Geen fakture van die
Verweerder is aangeheg nie, maar sy het verduidelik
dat in al hierdie
gevalle het die Eiser ‘n bestelling vanaf die Verweerder
ontvang. Geen afskrifte van hierdie bestellings
is aangeheg nie.
BYLAAG
“F”
:
[25] Die getuie het
ook hierdie dokument self opgestel en dit verteenwoor-dig volgens
haar verdere fakture wat nog nie betaal is
nie. Dit het op die
Verweerder se Midrand-tak betrekking en verwys deurgaans na direkte
aflewerings wat deur die Eiser self gedoen
is. Daarvolgens beloop die
bedrag uitstaande R657,449.27. Daarby aangeheg is verskeie
afleweringsbewyse (p. 56 – p. 122)
van produkte wat by die
verskillende winkels afgelewer is. Geen fakture van die Verweerder
wat aan Checkers uitgemaak is, is aangeheg
nie.
BYLAAG
“G”
:
[26] Hierdie bylaag
bevat twee inskrywings en dit het op die Verweerder se Nelspruit-tak
betrekking. Dit verwys weereens na direkte
aflewerings. Die getuie
het na ‘n afleweringsbewys verwys (p. 124) wat aantoon dat
produkte direk deur die Eiser by ‘n
winkel afgelewer is. In
hierdie geval het die Verweerder op sy rekonsiliasiestaat aangedui
dat ‘n bedrag van R15,853.81 afgetrek
moet word (“
claim
to be deducted
”) en dit word met die afleweringsbewys (p.
124) verbind. Volgens die getuie is daar geen rede vir hierdie
aftrekking nie
en behoort die Verweerder gemelde bedrag te betaal.
BYLAAG
“H”
:
[27]
Hierdie dokument bevat weereens ‘n opsomming van transaksies
wat na bewering nog nie betaal is nie. Dit het op die Verweerder
se
Klerksdorp-tak betrekking. Daarvolgens beloop die uitstaande balans
R22,419.86. Die getuie het na twee afleweringsbewyse (p.
126 en
p.127) verwys wat aandui dat albei direkte aflewerings was. Daarby is
aangeheg twee fakture wat deur die Verweerder uitgereik
is. Hierdie
fakture het volgens die getuie op beide aflewerings betrekking,
aangesien die bestelnommers daarvan telkens ooreenstem.
Die bedrae
stem egter nie ooreen nie en volgens die getuie kan dit aan
prysverskille toegeskryf word.
[28]
Hierna het die getuie na ‘n dokument (p. 225 – p. 227b)
verwys wat by ooreenkoms tussen die partye opgestel is,
maar wat nie
bedoel is om enige vorm van verskuldigdheid te weerspieël nie.
Dit dui fakture aan wat onvoldoende inligting
bevat en wat deur die
Eiser laat vaar word. Dit dui ook fakture aan wat volgens die Eiser
nog betaal moet word. Die somtotaal van
daardie eise wat die Eiser
laat vaar, beloop R144,015.92 wat tot gevolg het dat die eisbedrag
verminder tot R1,386,483.60.
[29] Laastens het
die getuie weereens na sekere fakture verwys wat, soos die advokaat
dit gestel het, die volledige kringloop behoort
aan te dui. Dit is
fakture wat deur die Verweerder aan Checkers uitgemaak is en wat op
direkte aflewerings betrekking het (pp.
126A, 233, 235 asook 39N1 en
39HH1). Sommige van hierdie fakture is reeds tevore deur die getuie
in haar getuienis behandel. Daar
is ook ‘n staat (p. 55I) wat
volgens die getuie aandui watter rekeningstate (wat op direkte
aflewerings betrekking het) reeds
deur die Verweerder betaal is. Sy
het ook daarop gewys dat al die transaksies waarvan die
faktuur-nommer met die syfer 3 begin,
direkte aflewerings
verteenwoordig. Dit was die saak vir die Eiser.
GETUIENIS
VIR DIE VERWEERDER
:
[30]
Mnr Chris de Beer is die enigste getuie wat vir die Verweerder getuig
het. Hy was voorheen die rekenaar direkteur, maar is
tans die
kommersiële direkteur van die Verweerder. Hy is vroeg gedurende
2008 deur Mnr Wiid gekontak. Volgens hom sou Mnr
Wiid met Mnr Willie
Hess van Shoprite Checkers ‘n ooreenkoms gesluit het waarby die
Verweerder nie ‘n party was nie.
Die aflewering sou volgens hom
soos volg moes plaasvind: Wanneer die Verweerder voorraad by ‘n
winkel gaan aflewer, moet
dit van ‘n belastingfaktuur vergesel
wees. ‘n Werknemer van die winkel sal die faktuur stempel en
dit van ‘n
GRN nommer voorsien. Verpakkings wat nie aanvaar
word nie, word teruggestuur. Daar was volgens hom “
geweldig
baie gevalle
”
waar dit teruggestuur is. Dit het betrekking op voorraad wat by
ontvangs beskadig is asook voorraad wat by aflewering nie
deur die
winkels aanvaar word nie. Die winkelverteenwoordiger wat voorraad in
ontvangs moet neem, is baie krities oor die tipe
voorraad wat hulle
ontvang. Dit wat wel aanvaar word, word dan in die stelsel van die
winkel ingevoer. Die Verweerder se faktuur
en die winkel se GRN
nommer word daar en dan elektronies geboekstaaf. Die
vragmotorbestuurder word dan van ‘n “
POD
”
(‘n bewys van aflewering) voorsien. Dit bestaan uit ‘n
afskrif van die Verweerder se faktuur met ‘n stempel
en GRN
nommer daarop.
[31]
Voorraad wat nie deur die winkel aanvaar word nie, word teruggestuur.
Dit is byvoorbeeld voorraad wat beskadig is of waarvan
die kleur nie
reg is nie. Volgens die getuie het dit ongeveer 10 tot 14% van die
totale aflewering behels. Dit word “
on
invoice return
” of kortweg net
“
returns
”
genoem wat ‘n gefaalde aflewering aandui. As voorbeeld het hy
na ‘n kredietnota (p. 234) verwys asook na ‘n
geval waar
die hele besending deur die betrokke winkel teruggestuur is. In so ‘n
geval sal die Verweerder ‘n krediet
op daardie faktuur aan die
winkel deurgee en terselfdertyd die Eiser met ‘n “
returns
claim
” faktureer. Die resultaat
is dan ‘n verminderde bedrag wat deur die winkel aan die
Verweerder betaal sal word wat insgelyks
‘n verminderde
oorbetaling aan die Eiser tot gevolg het. Die getuie het toe na
Bylaag “B” verwys waarby ‘n
lys van sogenaamde
“
returns
”
waarop die datum, dokumentnommer en bedrag telkens aangedui word.
[32] Die getuie het
vervolgens na ‘n e-pos verwys (p. 205) wat deur hom aan Mnr
Hess van Shoprite Checkers gestuur is. Dit
het onder andere op
direkte aflewerings betrekking. Dit is gedateer 11 Mei 2009 en lees
soos volg:
“
MPC
Chickens have supplied us with a large proportion of the delivery
documentation of stock that was delivered directly by MPC
Chickens to
the Checkers stores. Anthony van Zyl and his team have captured the
invoices on our system. These invoices will appear
on the next
statement to Shoprite and as soon as we have received payment from
Shoprite, we will pay MPC Chickens.
There
are also claims from Checkers stores for stock that was returned to
TCC despite the swell allowance that have been negotiated
between
Checkers and MPC Chickens. We are currently investigating these
queries and will discuss the details of the claims with
you as soon
as we have all our documentation ready.
Then
there are claims for stock that was rejected by the Checkers stores
at the back doors as ‘not ordered’. This was
returned by
TCC to MPC Chickens and also constitute a large portion of the
claims. This is also under investigation and we will
discuss the
details with you as soon as we are ready. Let me know of you require
more information.
”
Die
getuie het ook na Mnr Hess se antwoord op hierdie e-pos verwys. Dit
is gedateer 12 Mei 2009 en lees soos volg:
“
Referring
to your second paragraph, the stock returned to TCC were not returned
but bad quality, referring to your third paragraph,
sometimes the
quality were so bad that stock had to be rejected at the back doors.
Any queries regarding these issues please contact
me.
”
[33] Wat die
betekenis van die sogenaamde “
swell allowance
”
betref, het die getuie verduidelik hoe hy dit verstaan. Volgens hom
is dit ‘n ooreenkoms tussen die produsent en die
winkel ten
opsigte van produkte wat ‘n kort rakleeftyd het. Dit het
betrekking op produkte waarvan die vervaldatum die rakleeftyd
oorskry
het. Sulke produkte sal dan nie deur die winkel teruggestuur word nie
en daarvoor kom die partye gewoonlik ‘n persentasie
vergoeding
ten gunste van die winkel ooreen. Die teenoorgestelde van so ‘n
“
swell allowance
” is ‘n volle
terugsendingsbeleid waar die winkel dit wat na die vervaldatum
oorgebly het, aan die produsent sal terugstuur.
[34] Wat direkte
aflewerings betref, het die getuie getuig dat volgens hulle rekords
bestaan daar geen sodanige transaksies tot
aan die einde van Januarie
2009 nie. Dit was eers daarna dat die Verweerder begin het om direkte
aflewerings op sy stelsel te prosesseer.
Hy het die ooreenkoms in
hierdie verband, soos deur die Eiser beweer, ontken. Volgens hom sou
daar eers ‘n reëling getref
moes gewees het om ‘n
netwerk met ‘n drukker op die Eiser se perseel te laat
installeer. Wanneer direkte aflewerings
dan gemaak sou word, moes die
produkte vergesel wees van ‘n faktuur wat lyk soos een van die
Verweerder se fakture, maar
wat deur die Eiser gegenereer is. Die
winkel sal dan by aflewering daardie faktuur stempel en van ‘n
GRN nommer voorsien
waarna dit dan aan die Verweerder oorhandig moet
word. Betaling geskied dan eers wanneer die Verweerder betaling
ontvang. Dit is
ook die verantwoordelikheid van die prinsipaal om in
sulke gevalle seker te maak dat alles reg is en om probleme uit te
sorteer,
want “
dit was uit ons hande uit gewees om hierdie
faktuur te prosesseer
”.
[35] Na Januarie
2009 het die Verweerder begin om inligting ten opsigte van direkte
aflewerings op sy rekenaarstelsel in te voer.
Dit was gedoen met die
doel om die Eiser behulpsaam te wees om sy administrasie uit te
sorteer, aangesien die Eiser direkte aflewerings
op sy eie
dokumentasie gedoen het. Die Verweerder het dan, soos wat hy betaling
van die winkels ontvang het, oorbetalings aan die
Eiser gemaak. In
baie van hierdie gevalle het daar navrae gevolg. Die getuie het in
hierdie verband na die Verweerder se rekonsiliasiestaat
(p. 206)
verwys waarop daar verskeie inskrywings “
POD please
”
(“
proof of delivery
”) voorkom. Volgens die getuie
is hierdie bewys van aflewering noodsaaklik, aangesien die Verweerder
geen betaling van die
winkel sal ontvang sonder so ‘n dokument
nie. Hy het verder verduidelik dat later gedurende 2009 was die
Verweerder besig
om die Eiser met die invordering van uitstaande
betalings te help. Volgens die aanhangsel wat by die Verweerder se
rekonsiliasiestaat
van Oktober 2009 aangeheg is, verteenwoordig al
die “
returns
” voorraad wat nie deur die winkels
aanvaar is nie. Dit was die getuienis vir die Verweerder.
OORWEGING
VAN DIE GESKILPUNTE EN DIE GETUIENIS
:
[36]
Die Eiser voer aan dat die skriftelike ooreenkoms gedurende ongeveer
September 2008 mondeling,
alternatiewelik
deur gedrag gewysig is om vir direkte aflewerings voorsiening te
maak. Volgens die Verweerder sou die Eiser gedurende of omtrent
September 2008 sonder sy toestemming begin het om direkte aflewerings
te maak. Namens die Eiser is daar in hierdie verband aangevoer
dat
Mnr De Beer tydens kruisverhoor sekere toegewings gemaak het: Daar
was probleme met aflewerings ondervind en Shoprite Checkers
het gekla
dat hulle nie voldoende voorraad kry nie; die maak van “
direct
drops
” deur die Eiser, sonder dat
hy daartoe versoek was, ‘n totale malligheid sou wees; dit nog
meer onsinnig sou gewees
het vir die Eiser om teen die agtergrond van
ongevraagde “
direct drops
”
aan die Verweerder fakture te stuur; daar reeds in November 2008 twee
volledige kringlope van dokumente en betaling ten
aansien van “
direct
drops
” uit dokumente voor die hof
blyk en dit slegs met die samewerking van die Verweerder kon geskied
het. Met inagneming van
die getuienis wat reeds in hierdie verband
gelewer is, asook voormelde toegewings wat deur Mr De Beer onder
kruisverhoor gemaak
is, is daar betoog dat die waarskynlikhede die
Eiser bevoordeel en daar bevind moet word dat so ‘n
wysigingsooreenkoms wel
tussen die party aangegaan is.
[37] Namens die
Verweerder is daar aangevoer dat die bewyslas op die Eiser rus om die
sluiting van die beweerde wysigingsooreenkoms
te bewys. Volgens die
Verweerder is dit om verskeie redes onwaarskynlik dat so ‘n
ooreenkoms aangegaan sou gewees het: Mnr
Wiid het toegegee dat
volgens Shoprite Checkers se vereistes aflewerings op die
skryfbehoeftes van die Verweerder gemaak moes word
alvorens betaling
kon geskied; die Eiser was bloot ‘n verskaffer en sou volgens
die skriftelike ooreenkoms sy administrasie
en die lewering van
rekenings deur middel van die Verweerder moes doen; Volgens Mnr De
Beer sou die Verweerder nie verantwoordelikheid
vir die betaling van
rekenings vir direkte aflewerings aanvaar het nie omdat die
aflewering van produkte en die druk van fakture
nie onder die beheer
van die Verweerder gestaan het nie; Mnr Wiid het toegegee dat die
Verweerder die Eiser betaal het waar die
Verweerder betaling van
Shoprite Checkers ontvang het.
[38] Daar is egter
ook ander getuienis, van ‘n meer objektiewe aard, wat eweneens
van belang is. Volgens Mnr Wiid se getuienis
in hoof is daar
ooreengekom dat die Eiser self sy produkte “
in sekere
krisisgevalle
” sal gaan aflewer. Dit blyk egter volgens die
getuienis, asook die dokumentasie, dat baie meer direkte aflewerings
plaasge-vind
het as slegs daardie wat in sekere krisisgevalle nodig
sou wees. Dit skep die indruk dat daar aanvanklik en by wyse van
uitsondering
miskien wel vir sekere direkte aflewerings voorsiening
gemaak is, maar dat dit later in ‘n praktyk ontwikkel het
sonder dat
die partye uitdruklik of by wyse van gedrag dit
ooreengekom het. Hierdie afleiding word versterk deur ‘n
kontemporêre
e-pos wat gedurende Mei 2009 deur Mnr De Beer aan
Mnr Hess van Shoprite Checkers gestuur is. Daarin word onder andere
die volgende
gesê:
“
MPC
Chickens have supplied us with a large proportion of the delivery
documentation of stock that was delivered directly by MPC
Chickens to
the Checkers stores. Anthony van Zyl and his team have captured the
invoices on our system. These invoices will appear
on the next
statement to Shoprite and as soon as we have received payment from
Shoprite, we will pay MPC Chickens.
”
Hierdie
paragraaf skep die indruk dat die Eiser dokumentasie met betrekking
tot direkte aflewerings eers op ‘n baie laat stadium
aan die
Verweerder verskaf het en nie soos wat Mev Van Deventer getuig het,
op ‘n deurlopende basis nie. Ook die feit dat
slegs enkele
dokumente beskikbaar gestel is wat twee volledige kringlope ten
aansien van direkte aflewerings moet staaf, is eerder
‘n
aanduiding van direkte aflewerings wat met die samewerking van die
Verweerder “
in sekere
krisisgevalle
” gemaak is. Dit
beteken nie noodwendig dat die partye toe ooreengekom het om die
skriftelike ooreenkoms te wysig nie.
[39]
Ook Mnr De Beer se toegewing dat die maak van direkte aflewerings
deur die Eiser sonder dat hy daartoe versoek was, ‘n
malligheid
sou wees, moet in die regte konteks beoordeel word. Hierdie antwoord
is gegee teen die agtergrond dat die Eiser nie
enige direkte
aflewerings sou gedoen het as hy nie “
deur
die Verweerder daartoe versoek was nie
”.
Dit is gemeensaak dat die Verweerder nie die Eiser versoek het om
self direkte aflewerings te gaan doen nie. Wat wel gebeur
het, is dat
die Verweerder steeds die bestellings wat hy van die verskillende
winkels ontvang het, aan die Eiser deurgegee het.
Met daardie
inligting beskikbaar sou dit nie ‘n malligheid gewees het om
direkte aflewerings te doen nie – vir die
eenvoudige rede dat
dit male sonder tal wel gebeur het. Die toegewing, soos ek dit
verstaan, is derhalwe op ‘n hipotetiese
veronderstelling
gebaseer: Indien die Verweerder geen inligting oor enige bestellings
aan die Eiser deurgegee het nie, dan sou
dit ‘n malligheid
gewees het om onverwags met ‘n ongevraagde bestelling by ‘n
bepaalde winkel op te daag. Dit
is egter nie wat volgens die
getuienis gebeur het nie.
[40]
Ek stem saam met die Verweerder se advokaat dat die bewyslas om die
wysigingsooreenkoms te bewys, op die Eiser rus. Wanneer
al die
tersaaklike getuienis soos hierbo na verwys oorweeg word, dan is ek
nie oortuig dat die Eiser sy weergawe op ‘n oorwig
van
waarskynlik-hede bewys het nie. Daar bestaan myns insiens onvoldoende
getuienis, asook omringende omstandighede van ‘n
objektiewe
aard, om die spreekwoordelike skaal sigbaar na die Eiser se kant te
laat kantel. Om dit anders te stel, wanneer die
waarskynlikhede teen
mekaar opgeweeg word, is ek nie in staat om die Eiser se weergawe as
die meer oortuigende een te aanvaar nie
(
Govan
v Skidmore
1952(1) SA 732 (N) op
734C-D). Daar bestaan ook geen rede om ‘n
geloofwaardigheidsbevinding teen enige van die getuies te
maak nie.
Ek het op geen stadium die indruk gekry dat enige een van hulle
gepoog het om valse getuienis te lewer of om die hof
te mislei nie.
Ek is daarom nie in staat om te bevind dat die een weergawe waar en
die ander een vals is nie (
National
Employers Mutual General Insurance Association v Gany
1931 AA 187 op 199). Ek is derhalwe van mening dat die Eiser nie daar
in geslaag het om te bewys dat die skriftelike ooreenkoms
gewysig is
soos in die Besonderhede van Vordering beweer nie.
[41]
Die volgende geskilpunt het op die omvang van die Eiser se vordering
betrekking. Mnr De Beer het tydens die verhoor toegegee,
nadat die
nodige dokumentasie aan hom getoon is, dat die bedrag van R16,039.75
ten opsigte van faktuur nr. 010275 en R1,922.50
ten opsigte van
faktuur nr. 010412 wel verskuldig is. Dit geld ook die bedrag van
R9,021.20 soos in paragraaf 8.1 van die Verweerskrif
toegegee. Dit
bring die totaal op R26,983.45 te staan. Hierbenewens is daar namens
die Eiser aangevoer dat die ander bedrae soos
in paragraaf 9 hierbo
na verwys, ook nog verskuldig is. Ek sal vervolgens elk van hulle
afsonderlik behandel.
VOORRAAD
TERUGGESTUUR
:
[42] Namens die
Eiser is daar betoog dat vir sogenaamde “
returns
”
‘n bedrag van R517,189.30 verskuldig is. Hierdie bedrag vorm
deel van die Eiser se eis soos in Bylaag “B”
uiteengesit.
Dit het betrekking op die aanhangsel wat deur die Verweerder
voorberei is (p. 20B – 20F). Die Eiser het in hierdie
verband
toegegee dat die debiete ten aansien van “
claim-backs
”
en “
pricing
” vir onderskeidelik die bedrae van
R443,115.30 en R71,440.96 van die bedrag van R1,031,745.56 afgetrek
moet word wat dan
‘n balans van R517,189.30 sal laat.
[43] Daar is in
hierdie verband namens die Eiser aangevoer dat die volgende faktore
van belang is: Die oorgang van eiendomsreg in
die produkte; die
Verweerder se verpligting om die produkte te verseker; die Verweerder
se bewaringsplig (“
custodian
”) van die produkte;
die Verweerder se verpligting om die risiko ten aansien van die
produkte vanaf ontvangs daarvan te dra;
die bestaan van die
sogenaamde “
swell allowance agreement
” met
Shoprite Checkers; die bestaan van ‘n geen “
reverse
logistics
”-ooreenkoms tussen die Eiser en die Verweerder;
en die e-pos van Mev Van Deventer gedateer 12 Junie 2008 aan Mev
Hartzenberg
van die Verweerder.
[44] Die vraag
ontstaan op wie rus die bewyslas wanneer dit kom by ‘n
vordering van hierdie aard? Wanneer daar op die skriftelike
ooreenkoms tussen die partye gelet word, is dit belangrik om die
volgende in gedagte te hou: Volgens klousule 1 sal die voorraad
die
eiendom van die Eiser bly terwyl dit deur die Verweerder hanteer
word. Eiendomsreg sal eers oorgaan van die Eiser na die Verweerder
en
na die betrokke winkel “
upon invoicing and delivery
”.
Volgens Mnr Wiid se getuienis (op vrae wat die hof aan hom gestel
het) vind hierdie oorgang van eiendomsreg plaas by fakturering
en
lewering van die produk aan die betrokke winkel. Hierdie
interpretasie blyk redelik en sinvol te wees, aangesien dit deurgaans
die bedoeling was dat die Eiser sy produkte aan Shoprite Checkers sou
verkoop en nie aan die Verweerder wat bloot as sy verspreidingsagent
opgetree het nie. Klousule 4 van die ooreenkoms bepaal verder dat:
“
Any deductions by the retailers from The Cold Chain’s
payment
” sal vir die rekening van die Eiser wees. Wat
betaling betref, bepaal klousule 6 dat die Eiser rekeningstate aan
die Verweerder
sal lewer “
for the stock delivered during the
preceding month
”. Volgens ‘n behoorlike uitleg van
die ooreenkoms, met spesifieke verwysing na die klousules so pas
aangehaal, wil
dit my voorkom of lewering van die produkte betrekking
het op lewering aan die betrokke winkel en nie aan die Verweerder
nie. So
‘n interpretasie pas ook in by klousule 4 van die
ooreenkoms waar die partye ooreengekom het dat enige aftrekkings vir
die
rekening van die Eiser sal wees. Dit behoort in te sluit
aftrekkings wat op sogenaamde “
returns
” betrekking
het. Die feit dat sodanige aftrekkings vir die rekening van die Eiser
sal wees, impliseer dat die Verweerder
nie vir betaling daarvoor
teenoor die Eiser aanspreeklik is nie. Ek sal ten gunste van die
Eiser aanvaar (sonder om dit te beslis)
dat die bewyslas op die
Verweerder rus om aan te toon dat sekere lewerings nie deur die
betrokke winkel aanvaar is nie, met ander
woorde dat dit as ‘n
sogenaamde “
return
” hanteer moet word.
[45] Mev Van
Deventer het na ‘n dokument verwys wat as aanhangsel tot Bylaag
“B” aangeheg is. Hierdie dokument
is gedurende Oktober
2009 deur die Verweerder opgestel en dit bevat ‘n uiteensetting
van al die sogenaamde “
returns
”. Volgens haar is
dit nog steeds betaalbaar en as rede hiervoor het sy aangevoer dat
die Eiser ‘n “
no return policy
gehad (het) met
‘n swell allowance waarvoor ons betaal het
”. Mnr De
Beer het egter getuig dat voorraad wat nie deur die winkel aanvaar
word nie, word teruggestuur. Dit is byvoorbeeld
voorraad wat beskadig
is of waarvan die kleur nie reg is nie. Volgens hom het dit ongeveer
10 tot 14% van die totale aflewering
behels. Dit word “
returns
”
genoem wat op ‘n gefaalde aflewering dui. Daar was volgens hom
“
geweldig baie gevalle
” waar dit gebeur het.
Hierdie is nie gevalle waar die voorraad deur die winkel aanvaar is,
op die rak geplaas is en dan later
teruggestuur word nie. Volgens Mnr
De Beer is dit gevalle waar die aflewering reeds by die agterdeur van
die winkel geweier is.
Dit word glad nie op die sisteem aanvaar nie.
Dit het met ander woorde niks met die sogenaamde “
swell
allowance ooreenkoms
” te doen nie. Hierdie is soos hy dit
genoem het, ‘n gefaalde aflewering. Daar is stawing vir Mnr De
Beer se getuienis.
Dit word gevind in Mnr Hess se e-pos gedateer 12
Mei 2009. Daarin merk hy soos volg op:
“
Referring
to your second paragraph, the stock returned to TCC were not returned
but bad quality, referring to your third paragraph,
sometimes the
quality were so bad that stock had to be rejected at the backdoors.
”
‘
n
Lys van al hierdie gevalle verskyn in die dokument wat by Bylaag “B”
aangeheg is. Elke geval word gelys en geïdentifiseer
met
verwysing na die datum, dokumentnommer en die bedrag ter sprake. Die
Eiser se vordering in hierdie verband beloop R517,189.30.
Met
inagneming van die getuienis hierbo na verwys, is ek van mening dat
die Verweerder daarin geslaag het om te bewys dat hierdie
vordering
betrekking het op voorraad waarvan die lewering geweier is en dit as
‘n “
return
”
teruggestuur is. Mev Van Deventer se e-pos wat sy op 12 Junie 2008
aan Mev Hartzenberg gestuur het, verander myns insiens
niks aan
hierdie situasie nie, aangesien hierdie nie gevalle is wat onder die
sogenaamde “
swell allowance
”
hanteer moes word nie. Ek is derhalwe van mening dat die Eiser nie
geregtig is op enige betaling wat op die sogenaamde “
returns
”
betrekking het nie.
DIREKTE
AFLEWERINGS
:
[46] Ek het reeds in
hierdie verband bevind dat die Eiser nie daarin geslaag het om die
wysigingsooreenkoms soos in die Besonderhede
van Vordering gepleit,
te bewys nie. Die gevolg hiervan is dat ek Mnr De Beer se getuienis
moet aanvaar dat die Verweerder die
Eiser behulpsaam was met die
invordering van uitstaande betalings en dat betaling aan die Eiser
eers sou geskied wanneer die Verweerder
betaling van Shoprite
Checkers ontvang het. Die Eiser se vordering in hierdie verband
beloop R600,003.36. Ten einde met hierdie
vordering te kan slaag, rus
daar ‘n bewyslas op die Eiser om aan te toon dat die Verweerder
wel vir hierdie direkte aflewerings
‘n faktuur aan Shoprite
Checkers uitgereik het en dat hy daarvoor betaal is.
[47] Mnr Wiid het
getuig, ten einde betaling te kon kry, moes die Verweerder ‘n
faktuur, met die Eiser se afleweringsbewys,
aan die kettingwinkel
lewer aangesien die Eiser nie op die winkel se sisteem geregistreer
was nie. Mev Van Deventer het getuig
dat sy hierdie afleweringsbewyse
na die Verweerder gefaks of per e-pos versend het. Mev Van Deventer
het tydens kruisverhoor toegegee
dat sy nie afskrifte van hierdie
versendings aan die hof voorgelê het nie. Hier-teenoor is daar
die getuienis van Mnr De
Beer dat hy op 11 Mei 2009 ‘n e-pos
aan Mnr Hess gestuur het. Volgens die eerste paragraaf daarvan blyk
dit dat die Eiser
op ‘n baie laat stadium dokumentasie van
direkte aflewerings aan die Eiser voorsien het. Dit word soos volg in
die e-pos
gestel:
“
MPC
Chickens have supplied us with a large proportion of delivery
documentation of stock that was delivered directly by MPC Chickens
to
the Checkers Stores. Anthony van Zyl and his team have captured the
invoices on our system. These invoices will appear on the
next
statement to Shoprite and as soon as we have received payment from
Shoprite, we will pay MPC Chickens.
”
Die
inhoud van hierdie e-pos weerspreek die getuienis van Mev Van
Deventer dat sy op ‘n deurlopende basis die afleweringsbewyse
aan die Verweerder gefaks of per e-pos gestuur het. Dit wil my dus
voorkom of die waarskynlikhede eerder die Verweerder se weergawe
ondersteun dat die Verweerder op ‘n laat stadium gepoog het om
die Eiser met die invordering van uitstaande betalings behulpsaam
te
wees. Daar is egter namens die Eiser betoog (met verwysing na
verskillende itemnommers asook uitstaande bedrae) dat die items
soos
gelys en waarvoor daar onder die opskrif “
stamp
”
en “
GRN nommer
”
‘n bevestiging van aflewering verskyn, dit as bewys aanvaar
moet word van direkte aflewerings wat wel gemaak is. Ek
is van mening
dat hierdie betoog die Eiser se saak nie verder neem nie. Al wat dit
aantoon, is dat daar wel sekere direkte aflewerings
gemaak is
waarvoor daar ‘n bewys van aflewering bestaan. Die vraag is
egter of die Eiser daarin kon slaag om te bewys dat
die Verweerder
hiervoor fakture aan die verskillende winkels gelewer het en dat die
Verweerder daarvoor betaal is. Ek is nie in
staat om volgens die
getuienis so ‘n bevinding te maak nie en ek is van oordeel dat
die Eiser nie daarin kon slaag om hierdie
deel van sy vordering te
bewys nie.
VERDERE
UITSTAANDE FAKTURE
:
[48] Die Eiser
vorder in hierdie verband R66,699.52 vir vars produkte wat na
bewering deur die Eiser aan die Verweerder gelewer
is asook
R39,144.35 vir produkte afgelewer, maar waarvoor daar nie ‘n
stelselnommer (GRN-nommer) van die kleinhandelaar verkry
is nie. Nie
een van hierdie gevalle het op direkte aflewerings betrekking nie,
maar aflewerings wat by die Verweerder se plaaslike
takke of
distribusiesentrums gemaak is. Om sake te vergemaklik, het die partye
‘n dokument voorberei (p. 296 – p. 298)
wat onder andere
aandui watter fakture wel van ‘n stempel en ‘n GNR-nommer
voorsien is. Dit beteken dat die partye
dit eens is dat daardie
goedere wel by een van die Verweerder se distribusiesentrums
afgelewer is asook dat daar ‘n bewys
van aflewering bestaan.
Daar is egter ‘n bedrag van R6,342.23 wat in hierdie kolom
voorkom maar wat reeds deur Mev Van Deventer
in haar getuienis
geabandoneer is. Dit laat die balans van hierdie items (item nrs. 19,
22, 25, 91, 92, 93 en 95) op R66,699.52
te staan kom. Volgens die
getuienis wat vir die Eiser gelewer is, is hierdie bedrag nog steeds
uitstaande. Daar is geen getuienis
om dit te weerspreek nie. Ek is
gevolglik van oordeel dat die Eiser wel daarin geslaag het om hierdie
deel van sy vordering te
bewys.
[49]
Wat die ander uitstaande faktuur vir die bedrag van R39,144.35
betref, is die partye dit eens dat daar vir hierdie aflewering
geen
GRN-nommer bestaan nie. Dit blyk ook volgens die ander dokument wat
deur die partye voorberei is (p. 225 – p. 227b)
dat hierdie
deel van die vordering as item nr. 25 op die lys aangetoon word.
Daarvolgens bestaan daar ook geen bewys van aflewering
nie. Die
gevolgtrekking is derhalwe onvermydelik dat die Eiser nie daarin
geslaag het om hierdie deel van sy eis te bewys nie.
SAMEVATTING
EN GEVOLGTREKKING
:
[50] Met inagneming
van die tersaaklike getuienis asook die bevindings oor die bewyslas
wat ek reeds gemaak het, word daar by wyse
van ‘n samevatting
bevind dat die Verweerder teenoor die Eiser aanspreeklik is vir die
volgende betalings:
R26,983.45
ten opsigte van betalings wat die Verweerder erken het verskuldig
blyk te wees;
R66,699.52
vir vars produkte wat deur die Eiser aan die Verweerder gelewer is,
maar nog nie betaal is nie.
Wat
die res van die Eiser se vorderings betref, is daar reeds bevind dat
die Eiser nie daarin geslaag het om te bewys dat die Verweerder
vir
betaling daarvoor aanspreeklik is nie.
[51] Wat koste
betref, het ek dit ernstig oorweeg om slegs koste op die toepaslike
Landdroshofskaal toe te laat. Ek het egter ook
in ag geneem dat
hierdie saak omvangryk was en dat dit ingewikkeld vir die Eiser was
om selfs net ‘n deel van sy vordering
te bewys. Vir hierdie
redes is ek van mening dat die Eiser nie daarvoor verkwalik moet word
dat hy aksie in die Hooggeregshof ingestel
het nie. Dit is belangrik
om in ag te neem dat die Eiser se vordering aanvanklik op
R1,553,883.57 gestaan het en dat hy derhalwe
geen ander keuse gehad
het om sy eis in hierdie hof aanhangig te maak nie. Gevolglik is ek
van oordeel dat die Eiser op die gewone
kostebevel geregtig is.
[52] Ek maak die
volgende bevel. Daar word vonnis teen die Verweerder toegestaan vir:
(a)
Betaling van R93,682.97;
(b)
Rente op voormelde bedrag bereken teen 15,5% per jaar vanaf datum van
betekening van dagvaarding tot datum van betaling;
(c)
Koste van die geding.
_____________________
D S FOURIE
REGTER VAN DIE
HOOGGEREGSHOF
23
APRIL 2014