D.F.V.D.M v A.C.V.D.M (18040/13) [2014] ZAGPPHC 130 (2 March 2014)

70 Reportability

Brief Summary

Divorce — Settlement agreement — Application to set aside — Applicant claiming misrepresentation and lack of understanding — Parties married out of community of property and divorced with settlement agreement incorporated into divorce order — Applicant alleging intoxication and manipulation by respondent at time of signing — Court finding no evidence of misrepresentation or manipulation, and that applicant retained rights as co-owner of property — Application dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2014
>>
[2014] ZAGPPHC 130
|

|

D.F.V.D.M v A.C.V.D.M (18040/13) [2014] ZAGPPHC 130 (2 March 2014)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN DIE HOË
HOF VAN SUID AFRIKA
GAUTENG AFDELING,
PRETORIA
Saak
Nr: 18040/13
DATUM:
2 MAARCH 2014
In die saak
tussen:
D F V D
M
........................................................
Applikant
En
A C V D
M
...................................................
Respondent
UITSPRAAK
BAM R
1. Die applikant en
die respondent is in 1992 buite gemeenskap van goedere getroud. Op
19 April 2013 is hulle formeel geskei. Die
respondent het in die Hof
verskyn. Die applikant was afwesig. ’n Skikkingsooreenkoms
tussen die partye, wat betrekking het
op vermoënsregtelike
aangeleenthede, is by die egskeidingsbevel geïnkorporeer.
2. Dit is gemelde
skikkingsooreenkoms wat nou die kern van die probleem tussen die
partye is. Die applikant doen aansoek vir die
tersydestelling van
paragraaf 5 (par 5.6 uitgesluit) van die ooreenkoms en die vervanging
daarvan met ander bepalings. Die aansoek
is op 25 Junie 2013
uitgereik en op dieselfde dag op die respondent se prokureurs
beteken. Die respondent opponeer die aansoek.
3. Die gewraakte
gedeeltes van paragraaf 5 van die skikkingsooreenkoms, wat
hoofsaaklik betrekking het op die partye se belange
in die woonhuis
wat deur hulle bewoon was voor die egskeiding, lees as volg:
“Die partye
plaas op rekord dat hulle die gesamentlike eienaars is van die
hierinnavermelde onroerende eiendom naamlik:
5.1 Die partye kom
vervolgens ooreen dat die eiendom in die naam van ’n trust
oorgedra sal word waarvan die partye die trustees
sal wees. Dit is ’n
uitdruklike voorwaarde dat die Eiseres se kinders soos hieronder
uiteengesit die begunstigdes van die
trust sal wees.’
5.2 Die partye sal
maandeliks gesamentlik in gelyke dele verantwoordelik wees vir die
betaling van die maandelikse onderhoud, verbandpaaiemente,

versekering, dienste rekenings en eiendomsbelasting op die eiendom.
5.3 Die partye sal
ook gesamentlik in gelyke dele verantwoordelik wees vir die koste van
die oordrag van die eiendom in die naam
van die trust.
5.4 Die partye sal
alle huis, korttermyn en motorversekeringspremies maandeliks om die
helfte betaal.
5.5 Die eiseres sal
die transmissierekening wat in die naam van die verweerder is
administreer en ondernoom om maandeliks ‘n
staat van die maand
se transaksies aan die verweerder voor te lê ten opsigte van
alle transaksies gedurende die maand gedoen.
Eiseres ondernoom om
maandeliks aan die einde van elke maand die helfte van die
versekeringspremies warvoor sy aanspreeklik is,
asook die helfte van
die verbandpaaiement in die verweerder se tjekrekening in te betaal.
5.7 Die verweerder
onderneem om alle instandhoudingswerk op die perseel en aan die
woning gratis te doen.
5.8 Verweerder
onderneem om nie die vorwaardes in sy huidige testament te wysig
nie.”
4. Die applikant se
smeekbedes behels dat paragraaf 5 vervang moet word met die
volgende:
“5.
ONROERENDE
EIENDOM
5.1 Die partye plaas
op rekord dat hulle die gesamentlike eienaars is van die onroerende
eiendom gelee te Erf 3…, C…..,
P……,
Gauteng, in registrasie divisie JR met titelakte T2…………...
(hierna genoem “die
onroerende eiendom”.)
5.2 Die partye het
beide ‘n 50% belang in die onroerende eiendom en die onroerende
eiendom word gevolglik in gelyke dele tussen
die partye verdeel; en
5.3 Die Eiseres
onderneem om haar voertuig se maandelikse paaiemente te betaal.”
5. Die applikant
beweer dat hy deur die respondent mislei is betreffende die inhoud
van hierdie paragraaf. Hy voer aan dat hy op
die stadium wat hy die
ooreenkoms geteken het nie bewus was van die bestaan van die betrokke
gedeeltes nie en dat die respondent
hom, terwyl hy onder die invloed
van drank was, oortuig het om die ooreenkoms te teken sonder dat hy
hom van die inhoud daarvan
vergewis het.
6. Die applikant
wys ook daarop dat geen beskrywing van die vaste eiendom ter sprake
in die skikkingsooreenkoms verskyn nie en
meld ook nie dat hy nie
die ooreenkoms in die teenwoordigheid van enige getuies geteken het
nie. ’n Verdere aspek waaroor
die applikant hom bekla is dat
toe egskeidingsbevel verleen is, die voorgeskrewe tydperk van 10 dae
vanaf die betekening van die
dagvaarding, waarvoor die Reëls van
die Hof voorsiening maak, nog nie verstryk het nie. Dit blyk dat daar
slegs 9 dae verstryk
het.
7. Die applikant
voer aan dat hy en die respondent saam ’n huis gekoop het in
1996. Die eiendom is op beide partye se name
geregistreer. Die
probleme in die huwelik het skynbaar in 2012 ontstaan. In April 2013
het die partye die verdeling van die bates
bespreek. Hulle kon egter
nie saamstem nie maar het wel ooreengekom dat die respondent in die
hoofhuis op die erf sou woon en die
applikant in ’n woonstel op
dieselfde erf. Hierdie ooreenkoms sou ook na die egskeiding geld.
8. Volgens die
applikant het die respondent in die middel van April 2013 ’n
getikte dokument aan hom gewys met betrekking
tot die verdeling van
die bates en dat die eiendom ter sprake in ’n trust
geregistreer sou word. Die applikant beweer dat
hy nie verstaan het
wat die trust aangeleentheid behels het nie en dat hy die respondent
meegedeel het dat hy nie bereid was om
die dokument te teken nie. Die
respondent het toe aangedui dat sy die nodige veranderinge sou
aanbring. Die volgende Vrydag, beweer
die applikant, het die
respondent vir hulle drank gekoop. Nadat hy heelwat drank gebruik
het, het die respondent hom oortuig
om die skikkingsooreenkoms te
teken. Die applikant beweer ook dat die respondent hom gemanipuleer
het om dit te doen.
9. Volgens die
applikant was hy geskok toe die egskeidingsdagvaarding op hom beteken
is en het hy nie geweet wat om te doen nie.
Hy het egter by sy
prokureurs van rekord uitgekom voor die verhoordatum. Op die se
navraag het die respondent se prokureurs skynbaar
gesê die saak
gaan voort.
10. Dit blyk uit die
applikant se verklaring dat hy begaan was daaroor dat die respondent
die nodige dokumente met betrekking tot
die oordrag van sy karavaan
moes teken. Dit is toe gedoen. Die applikant het die inhoud van die
skikkingsooreenkoms, wat hy skynbaar
in sy besit gehad het, met sy
prokureurs bespreek wie aan hom verduidelik het wat die implikasies
is van die trust. Volgens die
applikant was hy geskok toe hy dit
hoor.
11. Die basis vir
die applikant se aansoek is dat die partye weens ’n
gemeenskaplike fout die skikkingsooreenkoms geteken
het aangesien
daar nooit oor ’n trust ooreengekom is nie.
12. Soos te verwagte
stem die respondent nie met al die applikant se beweringe saam nie,
veral dié oor misleiding, manipulasie
of misverstande in
soverre dit die skikkingsooeenkoms aangaan. Die respondent ontken ook
dat hulle die huis saam gekoop het. Sy
beweer sy het die deposito
betaal assook vir sekere verbeteringe, maar erken dat die eiendom in
beide partye se name geregistreer
is en dat die applikant maandeliks
die helfte van die verband paaiement betaal het. Volgens die
respondent het hulle dit bespreek
dat hulle die eiendom gesamentlik
sou bewoon en dat die eiendom na een van hulle se afsterwe na haar
kinders sou gaan. Op 2 November
2009 het die applikant dan ook ’n
beëdigde verklaring (aanhangsel A tot die respondente se
oponerende verklaring) geteken
tot die effek dat die eiendom na sy
afsterwe uitsluitlik die eiendom van die respondent sou wees en dat
sy eie kinders geen aanspraak
daarop sou hê nie.(Hierop het die
applikant beswaarlik ’n sinvolle antwoord gehad in sy
repliserende verklaring par
10.6 -10.11 p88-89) Die gesamentlike
testament van die partye (aanhangsel B) bepaal dat die applikant se
belang in die vaste eiendom
aan die respondent se kinders sal vererf.
13. Die applikant
het hierdie aansoek uitgereik meer as twee maande nadat hy bewus
geraak het daarvan dat die skikkingsooreenkoms
wat hy geteken het
deel van die egskeidingsbevel gemaak is. Die aansoek word gebring
ingevolge die bepalings van Reël 42
van die Hof Reëls. Daar
is geen kondonasie aansoek nie.
14. Die applikant se
klagte dat die voorgeskrewe 10 dae vanaf die betekening van die
dagvaarding tot die verhoordatum nie verstryk
het nie, het geen
meriete nie. Dit is duidelik dat daardie tydperk ondervang is deur
die getekende skikkingsooreenkoms. Die feit
dat die getuies nie
teenwoordig was toe die applikant die skikkingsooreenkoms geteken het
nie mag ’n fatale probleem wees
vir die regsgeldigheid en
bewyswaarde van die dokument indien bevind kan word dat die inhoud
vervals was of nie verteenwoordigend
is nie van die ondertekenaar se
begrip van die inhoud daarvan.
15. Vir die
doeleindes van die skikkingsooreenkoms was dit in my oordeel nie
nodig om die onroerende eiendom volledig te beskryf
nie. Daar is
slegs een onroerende eiendom ter sprake. Die titelakte kan die
skkingsooreenkoms, indien nodig, in daardie verband
aanvul.
16. Dit blyk asof
die applikant se werklike probleem is dat die respondent se drie
kinders die begunstigdes van die trust is en
dat hulle drie
uitendelik die eiendom sal erf. Hierdie gevolg is egter reeds voor
die egskeiding deur die applikant in die gesamentlike
testament (Aanh
A,p68) bevestig. Dit is so dat die skikkingsooreenkoms bepaal ook dat
die partye die gesamentlike eienaars van
die eiendom is en dat beide
die trustees van van die trust sal wees. Hierdie twee bepalings, wat
saamgelees moet word met die bedoeling
van die partye in die
gemeenskaplike testament beteken duidelik dat die applikant ’n
lewensreg op die eiendom het wat in
ooreenstemming is met bedoeling
van die partye wat reeds in 2009 deur die applikant op skrif geplaas
is in die verklaring wat die
applikant vooraf gemaak het, (Aanh A,
p67) en die gesamentlike testament (Aanhangsel B).
17. Gevolglik is dit
onverklaarbaar dat die applikant beweer dat hy “geskok”
was deur die inhoud van die ooreenkoms
en dat dit ’n
“gemeenskaplike fout” was.
18. Die applikant se
grootste probleem is dat hy van sy regte met betrekking tot die
eiendom, wat hy voor die egskeiding gehad het,
deur die
skikkingsoreenkoms ontneem is. Wanneer die bepalings van die
skikkingsooreenkoms egter in oënskou geneem word blyk
dit
duidelik dat die applikant steeds mede-eienaar van die eiendom is en
dat hy ook een van die twee trustees van die trust sal
wees.
Gevolglik bepaal die ooreenkoms dus dat die applikant steeds al die
regte van ‘n eienaar oor die eiendom het, soos
wat hy voor die
egskeiding gehad het, en dat hy as trustee van die trust uiteraard
dieselfde regte as die repondent sal hê
in soverre dit die
eiendom aangaan.
19. Die applikant se
klagte dat hy nie meer op die eiendom kan of wil woon nie kan nooit
’n grond wees om die bepalings van
die ooreenkoms te wysig nie.
As mede eienaar van die eiendom het hy ook net soveel regte in
verband met die eiendom as die respondent,
wat ook die moontlike
verkoop van die eiendom betref. Die applikant sal wel oor verskeie
regsremedies beskik as daar met sy eiendomsreg
oor die eiendom
ingemeng word, deur wie ook al.
20. In die lig van
voogaande is ek van mening dat die applikant se regte in verband met
die eiendom nie verander of ingekort is
nie. Ek is in ieder geval ook
nie oortuig dat die applikant enigsins deur die respondent
gemanupleer is om die skikkingsooreenkoms
te teken nie.
21. Benewens die
feit dat die applikant nie die voorskrifte van Reël 42 nagekom
het nie en ook geen kondonasie daarvoor gevra
het nie, is ek in
ieder geval van mening dat die aansoek op die stukke afgehandel kan
word omdat die applikant my nie op’n
oorwig van waarskynlikhede
oortuig het dat daar meriete in sy aansoek is nie.
BEVEL:
Die aansoek word
van die hand gewys met koste.
A J BAM
REGTER VAN DIE
HOë HOF
1 APRIL 2014