About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2014
>>
[2014] ZAGPPHC 73
|
|
Vogelsang v Vogelsang and Another (50980/2009) [2014] ZAGPPHC 73 (28 February 2014)
IN DIE HOE HOF
VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA
Saak
nommer: 50980/2009
DATUM:
28 FEBRUARIE
In die saak
tussen:
HENK
VOGELSANG
...........................................................................................
Applikant
En
ARIE VOGE
LSANG
.......................................................................................
Respondent
PETRUS JACOBUS
MARYN VAN STADEN N.O
.........................
Tweede
Respondent
USTSPRAAK
BAM R
1. Die geskil in
hierdie aansoek het as oorsprong 'n vete tussen twee broers oor die
beeindiging van hulle verhouding as vennote
in 'n vennootskap en die
kwelvraag wat presies die bates van die vennootskap is. Hierdie
geskil het gelei tot litigasie wat in
hierdie Hof beiand het. Die
eerste respondent het applikant in hierdie aansoek gedagvaar vir die
regshulp dat die vennootskap ontbind
word en 'n likwidateur aangestel
word om die bates van die vennootskap te beredder. As gevolg van
sekere gebeure waarna ek later
in meer besonderhede sal verwys, is
daar op 2 November 2012, tewyl die applikant in verstek was, 'n bevel
in hierdie Hof gemaak
waarkragtens die verweerskrif van die applikant
geskrap is en die teeneis afgewys is. Die applikant is ook beveel om
die koste
te betaal. Daarna, op 15 Februarie 2013, terwyl die
applikant weereens in verstek was, het hierdie Hof die regshulp
w;iarvoor die
respondent die applikant aanvanklik gedagvaar het in
hierdie Hof toegestaan. Di2 beve! het bevestig dat die vennootskap
tot 'n
einde gekom het en 'n likwidateur, tweede respondent, is
aangestel met sekere pligte en bevoegdhede.
2. Dis applikant het
nou aansoek gedoen dat voormelde twee hofbevele tersyde gestei word.
Aternatiewelik tot genoemde regshulp vra
die applikant dat daar
sekere wysigings aan die tweede hofbevel aangebring word. Hierdie
alternatiewe regshulp het hoofsaaklik
betrekking op die verdeling van
die vennootskapsbates en die kostebevel wat teen die applikant
toegestaan is.
3. Dit staan vas dat
die applikant, alvorens hy met 'n aansoek vir tersydestelling kan
slaag, ee ’stens 'n redelike verduideliking
moet verskaf vir sy
verstek. In hierdie verband blameer die applikant die prokureur van
rekord van die relevante tyd, ene Meyer,
vir die versuim om be tyds,
of enigsins aandag te gee aan, onder andere, kennisgewings en Hof
Reels, wat betrekking gehad het op
die iitigasie tussen die broers.
Die applikant het in sy stawende verklaring aangevoer dat hy giadnie
bewus was van die betrokke
twee’aansoeke nie aa;igesien hy
nooit deur sy prokureur van rekord daaroor ingelig is nie. Alhoewel
die genoemde prokureur
hoofsaaklik in 'n Epos-skrywe gedateer 17
April 2013, sy nalate, waarna die applikant verwys het beken het, kan
dit nie teengespreek
word dat die betrokke prokureur hom duidelik, om
die minste te se, aan uiterste onprofessionele gedrag skuldig gemaak
het. Alhoewel
Mnr Stoop met redelike oortuiging aan die hand gedoen
het dat die applikant self nie sonder blaam is nie, is ek van oordeel
dat
die betrokke prokureur hoofsaaklik vir die applikant se verstek
verantwoordelik gehou moet word. Ek vind dit gevolglik onnodig om
na
al die feite en besonderhede in hierdie verband te verwys. Dit is
egter wel verontrustend, en dit tel giadnie in die applikant
se guns
nie, soos uitgewys deur mnr Stoop, dat die applikant se repliek in
hierdie aansoek ook laat was, sonder enige kondasie
aansoek, en dat
die applikant se betoogshoofde eweneens laat geliasseer was. Dit is
inderdaad ’n onaanvaarbare teifidens
wat enige koste oorweging
mag beTnvloed.
4. Benewens 'n
aanvaarbare verduideliking van sy versuim word daar ook van die
applikant ve'wag om aan te dui dat hy oor 'n bona
fide verweer
beskik. In hierdie verband het die applikant duidelik te kenne gegee
dat hy dit eens is dat die vennootskapsverhouding
inderdaad tot 'n
einde gekom het. Dit het die applikant in soveel woorde toegegee.
Gevolglik het die
applikant geen verweer teen daardie gedeelte van die tweede hofbevel
nie. Die probleem wat die applikant vooropstel
is duidelik die vraag
na wat presies die bates van die vennootskap is. In hierdie verband
voer die applikant aan dat sekere van
die bates wat skvnbaar deur die
respondent beweer word wel vennootskapbates is, die persoonlike bates
van die applikant is.
5. Met betrekking
tot die laasgenoemde aspek opper die applikant egter verskeie besware
teen die aanstelling van die tweede respondent.
Van hierdie besware
het betrekking op die tweede respondent se bevoegheid en bekwaamheid
om as likwidateur op te tree. Hierdie
besware is ongefundeerd. Die
verdere besware dat die tweede respondent skynbaar nie behoorlike
oorweging aan al die relevante aspekte
van die verdeling van die
vennootskapsbates sal gee nie is eweneens ongefundeerd en in ieder
geval ook prematuur. Die tweede respondent
pligte en bevoegdhede word
deur die betrokke hofbevel uitgestippel. Hy is verplig om daaraan te
voldoen. Die applikant sal regtens
die gewone re;nedie he sou die
tweede respondent nie sy pligte nakom nie of enigsins homself aan
on|reelmatighede skuldig maak.
6. Die argument van
Mnr Schoeman, wie vir die applikant verskyn het, dat die applikant
sonder remedie sal wees indien die tweede
respondent verkeerde
besluite neem aangesien die tweede respondent se beslissings, volgens
die hofbevel finaal sou wees, is nie
korrek nie. In hierdie verband
sal artikel 33 van die Arbitrasiewet, no 42 van 1965, wat onder
andere betrekking het op onreelmatighede
en toekennings wat op 'n
onbehoorlike wyse verkry is, ook van toepassing wees.
7. Daar is namens
die applikant ook gewag gemaak van die kostebevele teen die applikant
wat in die betrokke hofbevele vervat is.
Die submissie was dat
hierdie bevele teen die applikant gemaak is direk as gevolg van die
nalatigheid van sy prokureur van rekord
gemaak is.
8. As gevolg van die
feit dat die applikant geen vooruitsig het om op die meriete met sy
verweer of moontlike teeneis te slaag nie,
voldoen die applikant nie
aan die tweede vereiste in daardie verband nie. Dit tref ook die
aspek van die kostebevele.
BEVEL:
Die aansoek van
die applikant word in die geheel afgewys met koste.
A J BAM REGTER
VAN DIE HOE HOF
26 Februarie 2014