Pretorius v Meyer N.O. and Others (A723/2010) [2014] ZAGPPHC 122 (18 February 2014)

58 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Authority of agents — Representation of a trust — Appellant claimed compensation for handling an insurance claim on behalf of a trust, asserting that the trustee had authority to act on behalf of the trust. The respondent denied this authority, leading to a dispute over the validity of the agreement. The court held that the appellant failed to prove that the trustee had the necessary authorization to bind the trust, rendering any alleged agreement unenforceable against the trust.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2014
>>
[2014] ZAGPPHC 122
|

|

Pretorius v Meyer N.O. and Others (A723/2010) [2014] ZAGPPHC 122 (18 February 2014)

IN
DIE NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF
GEHOU
TE PRETORIA
Saak
nommer:
A723/2010
Datum:
18 Februarie 2014
In
die saak tussen:
ANDRIES
PETRUS
PRETORIUS
.......................................................................
APPELLANT
en
PETRUS
CORNELIUS MEYER N.O.
ABRAHAMA
DE KLERK N.O.
(MAHEMSRUS
TRUST)
.................................................................................
RESPONDENT
UITSPRAAK
PRELLER
R:
Hierdie
saak kom voor ons met die verlof van die Hoogste Hof van Appel.
Geriefshalwe word na die partye verwys soos hulle was in
die
verhoorhof. Die eiser het die verweerder gedagvaar vir sy beweerde
ooreengekome vergoeding voorstpruitend uit die hantering
van 'n
versekeringseis wat die verweerder ingestel het teen die versekeraar
van die verweerder se onroerende eiendom. Die eis is
afgewys deur die
verhoorhof (Makgoba R) en die appel is gemik teen daardie beslissing.
Paragragraaf
3 van die besonderhede van eis bevat die eenvoudige bewering dat die
verweerder te alle relevante tye verteenwoordig
is deur Petrus
Cornelius Meyer, wat in sy hoedanigheid as trustee gesiteer is as een
van die twee verteenwoordigers van die verweerder.
In antwoord op
hierdie bewering lees paragraaf 3 van die pleit : "
Die
inhoud daarvan word ontken
."
Meyer se magtiging om namens die verweerder op te tree was een van
die twee hoofdispute in die verhoorhof en ook voor ons.
Die
ander tersaaklike dispuut ontstaan uit paragraaf 4 van die
besonderhede van eis, waarin die eiser beweer dat die partye op 29

November 2006 te Klerksdorp 'n mondelinge ooreenkoms gesluit het. Hy
beweer dat hy namens verweerder 'n versekeringseis sou "
hanteer
en tot finaliteit deurvoer
"
wat voorgespruit het uit 'n brand in die verweerder se onroerende
eiendom. Wanneer die versekeraar die eis uitbetaal sou
die verweerder
aan die eiser 'n vergoeding betaal gelykstaande aan 10% van watter
bedrag ook al uitbetaal mag word.
Die
antwoord hierop is vervat in paragraaf 4 van die pleit wat byna drie
bladsye lank is. Dat die opsteller van die pleit nie veel
van 'n idee
gehad het waarmee hy besig is nie, blyk onder andere uit sy onbeholpe
geworstel met sy eie moedertaal, sy gebruik van
die woord "kwansuis"
waarvan hy duidelik nie die betekenis ken nie en wat geen
verstaanbare rol speel in die sinsverband
waarin dit gebruik is nie
en die insluiting van betekenislose uitdrukkings soos "..
.die
eiser word tot die bewys van iedere en elke bewering daarin vervat
geplaas.
".
Met die gebruik van verbeelding kan die volgende relevante bewerings
daaruit gedistilleer word:
-
Die
inhoud van paragraaf 4 van die besonderhede van eis word ontken;
-
Die
eiser het te kenne gegee dat hy deur van sy kundigheid en kontakte
gebruik te maak hy met die versekeraar sou kon beding dat
'n
vorige aanbod deur laasgenoemde gemaak verhoog word na R 4 500 000,
wat meer was as die versekerde bedrag;
-
Omdat
laasgenoemde kennelik nie haalbaar was nie, is "
spottenderwys
"
'n vergoeding van R 500 000 aan die eiser aangebied indien hy wel so
'n uitbetaling sou kon beding en op dieselfde basis
'n vergoeding van
R 250 000 indien hy 'n uitbetaling van R 4 000 000 sou kon beding;
Die
eiser is verder meegedeel dat hy geen koste moet aangaan nie en dat
hy nie daarvoor vergoed sou word nie;
Dit
is opmerklik dat wat laasgenoemde twee bewerings betref dit lyk of
die pleitbesorger doelbewus vermy het om aan te dui of dit
die
verweerder dan wel Meyer persoonlik was wat hierdie twee aanbiedinge
gemaak en die voorwaarde gestel het.
Daar
is verder ook 'n uitdruklike ontkennning dat die eiser enige invloed
gehad het op die bedrag wat die versekeraar uiteindelik
aangebied
het. Hierdie ontkenning is egter irrelevant in die paragraaf waarin
dit gemaak word, aangesien daar geen sodanige bewering
gemaak word in
die tersaaklike paragraaf van die besonderhede van eis nie.
Die
besonderhede van eis gaan dan verder om te beweer dat die eiser sy
mandaat uitgevoer het en dat die versekeraar 'n betaling
van R2 524
951.20 aan die verweerder gemaak het op 8 Maart 2007. Dit volg uit sy
ander bewerings dat hy dan geregtig sou word op
'n vergoeding van
R252 495.12. Hy gaan voort om te beweer dat die verweerder slegs R4
596.57 hiervan aan hom betaal het en dat
hy geregtig is op die balans
van R247 898.55.
Die
betaling deur die versekeraar was gemene saak en die verweerder
ontken die res van die bewerings op sy gewone eienaardige en

omslagtige manier. Wat die beweerde gedeeltelike betaling betref
erken verweerder dat daar onverskuldigde premies ten bedrae van
R4
596.57 aan die versekeraar betaal was wat terugbetaal sou word en dat
die verweerder opdrag gegee het dat dit aan die eiser
betaal moet
word. Die verweerder ontken uitdruklik dat dit 'n betaling uit hoofde
van enige ooreenkoms was.
Namens
die partye het slegs die eiser en die voormelde Meyer getuig. Behalwe
vir een aspek waarop ek weldra sal terugkom het daar
niks
noemenswaardig aan die lig gekom in die loop van hulle getuienis nie
en hulle getuienis is min of meer in ooreenstemming met
die
pleitstukke. Volgens Meyer se identiteitsnommer was hy tydens die
verhoor 68 jaar oud en dit was merkbaar uit die wyse waarop
hy vrae
geantwoord het. Veral as daar 'n lang vraag aan horn gestel was, het
hy die trant van die vraag heeltemal verloor en dit
was dikwels nodig
om 'n vraag te herhaal of aan horn te verduidelik wat die die punt
van 'n vraag is. Dit affekteer egter nie sy
geloofwaardigheid nie.
Die verhoorhof het geen nadelige bevinding omtrent horn gemaak nie en
daar is ook nie betoog vir so 'n bevinding
nie.
Dit
blyk uit die onbetwiste getuienis van Meyer dat sy verbintenis met
die eiser begin het toe 'n besigheid van Meyer, Transvaal
Hotel,
gelikwideer is. Die eiser, wat kennis het van likwidasies uit hoofde
van sy werk by 'n firma van likwidateurs, het Meyer
bygestaan in die
proses. Die saak het vir Meyer 'n ongelukkige afloop gehad en hy
beweer dat die eiser hom meer as R1 miljoen gekos
het. Sy getuienis
dat hy nie weer met die eiser in besigheid sou wou betrokke raak is
dus nie verrassend nie. Vandaar ook die voorwaarde
dat geen koste wat
die eiser in die proses van die eis mag aangaan, betaal sou word nie.
Tydens
die eerste gesprek tussen die eiser en die verweerder het die eiser
gevra dat die verweerder hom van sekere dokumentasie
voorsien. Dit
het ingesluit die betrokke trustakte en afskrifte van die
eisdokumente wat toe reeds ingedien was. Die eiser het
die trustakte
nagegaan en gemerk dat daar twee trustees was. Hy het die tweede
trustee, wat 'n praktiserende prokureur in Klerksdorp
is, gekontak om
ook haar magtiging te kry om namens die trust op te tree. Sy het hom
meegedeel dat die huis wat afgebrand het Meyer
se "
eie
opset
"
is en dat hy sy eie goed bestuur. Die gevolg daarvan was dat hy die
volmag aan hom om met die versekeraar te onderhandel
namens die
versekerde, opgestel het in die naam van Meyer in sy persoonlike
hoedanigheid. In die uitspraak van die verhoorhofhof
is die teks van
die volmag verbatim
aangehaal
en dit is opvallend dat daar geen verwysing na die verweerder, synde
die trust, in voorkom nie. Dit ten spyte daarvan
dat die eiser geweet
het dat die eindom aan die trust behoort het en nie aan Meyer nie en
dat dit dus die trust se eis was.
Die
trustakte was ook voor die hof en die inhoud daarvan is gedebatteer
met Meyer toe hy in die getuiebank was. Daarvolgens is dit
duidelik
dat geen afbreuk gedoen word nie aan die normale beginsel dat die
samewerking van beide trustees vereis word vir enige
handeling
voordat dit bindend kan wees op die trust. Hierdie presiese punt is
geopper deur Mnr. Klopper namens die verweerder tydens
sy aansoek om
absolusie aan die einde van die eiser se saak. Hy het aangevoer dat
een trustee nie sonder die samewerking van al
die ander enige
ooreenkoms namens 'n trust kan sluit nie en dat die ooreenkoms waarop
die eiser steun dus regtens onafdwingbaar
was. Die geleerde
verhoorregterregter het hom gevra of die afwesigheid van die
toestemming van die ander trustee nie spesifiek
gepleit moes gewees
het nie. In stede van eenvoudig te verwys na paragraaf 3 van die
pleit was sy antwoord dat die bestaan van
die ooreenkoms betwis was.
Die debat het daarna oorgegaan in 'n bespreking van die
magtigingsbrief van die Meester en die magte
wat die trustees het
ingevolge die terme van die trustakte. Blykbaar het almal die
bewering misgekyk in paragraaf 3 van die besonderhede
van eis dat
Meyer te alle tyd namens die trust opgetree het en die uitdruklikke
ontkenning daarvan in paragraaf 3 van die pleit.
In
sy antwoord op die aansoek om absolusie het Mnr. Le Grange namens die
eiser aangevoer dat die gebrek aan magtiging nie in die
pleitstukke
geopper is nie. As ek sy argument reg verstaan was dit dat dit nodig
is dat Meyer gekruisvra word om vas te stel of
die trust sy alter ego
is en of
die korporatiewe skerm gelig moet word. Die argument is die volgende
dag voortgesit nadat Mnr. Le Grange die regsposisie
nagevors het en
die gevoel van onwerklikheid het net sterker geword met die lees van
die res van sy argumente.
Hierdie
onbehulpsame debat het uitgeloop op 'n kort uitspraak deur die
verhoorhof waarin die aansoek geweier is. Die hof het eerstens
op
rekord geplaas dat die afwesigheid van magtiging van die ander
trustee nie in die pleitsukke geopper is nie. Tweedens het die
hof
beslis dat die bestaan al dan nie van magtiging 'n feitevraag is en
dat al die feite voor die hof moet wees voordat die hof
tot 'n
beslissing kan kom oor die regsvraag of daar magtiging was of nie.
Wat dit betref verskil ek met eerbied van die hof o quo
-
dit is
'n eenvoudige feitevraag of die ander trustee die ooreenkoms gemagtig
het. Indien nie, is die enigste regsvraag wat daaruit
voortvloei of
die ooreenkoms wat gesluit is sender magtiging, geldig en bindend is.
In
paragraaf [3] van die finale uitspraak van die verhoorhof het die
geleerde regter met eerbied korrek verwys na die bewering in

paragraaf 3 van die besonderhede van eis dat Meyer die verweerder te
alle tye verteenwoordig het en die ontkenning daarvan in die
pleit.
Die hof bevind dan in paragraaf [6] dat die bewyslas op eiser was om
te bewys dat Meyer die trust behoorlik verteenwoordig
het en ook dat
die ooreenkoms gesluit is in die terme wat die eiser beweer. Die kern
van die ratio decidendi
van die
verhoorhof is te vinde in paragrawe [27] tot [31] van die uitspraak,
nadat die hof die tersaaklike uitsprake van die Hoogste
Hof van Appel
oorweeg het en waarmee geen fout te vind is nie. Die bevinding kan
soos volg opgesom word:
-
'n
Party wat 'n trust gebonde wil hou aan 'n kontrak moet die magtiging
bewys van die persoon wat volgens hom namens die trust opgetree
het;
-
Die
eiser het die volmag en die gepaardgaande dekbrief aan die
versekeraar persoonlik opgestel nadat hy die trustakte nagegaan het;
-
Uit
die inhoud van die twee dokumente is dit duidelik dat nadat die eiser
die trustakte nagegaan het en na sy gesprekke met Meyer
en die ander
trustee, hy onder die indruk was dat hy met Meyer in sy persoonlike
hoedanigheid onderhandel het;
-
Die
inhoud van die volmag verwys glad nie na die trust nie en dui aan dat
Meyer in sy persoonlike hoedanigheid opgetree het;
-
In
die lig van die bevinding dat Meyer nie die magtiging gehad het om
die trust te bind nie, is dit nie nodig om te bevind of daar
'n
bindende ooreenkoms tussen die eiser en Meyer persoonlik was nie.
So
'n bevinding sal aan niks 'n verskil maak nie aangesien Meyer in sy
persoonlike hoedanigheid nie voor die hof was nie;
-
Indien
die beweerde ooreenkoms ooit bestaan het, is dit nietig en
onafdwingbaar teen die trust omdat dit nooit deur die trust gemagtig

was nie. Die bestaan van die magtiging is in die pleit ontken en die
eiser het geen getuienis aangebied dat dit ooit bestaan het
nie.
Ek
kan geen fout vind met die hof se uiteensetting van die tersaaklike
gedeeltes van die getuienis, die vereistes van die trustakte
en die
vertolking van die uitsprake van die Hoogste Hof van Appel in onder
andere
Nieuwoudt and Another NNO v. Vrvstaat Mielies (Edms) Bpk..
2004 (3)
SA 486
(HHA) nie. Die appellant het ook nie in argument betoog dat
daar enige wesenlike wanvoorligtings deur die hof a quo begaan is
nie.
Die
geleerde verhoorregter is na my respekvolle mening heeltemal reg dat
as dit vasstaan dat Meyer nie die magtiging van sy mede-trustee
gehad
het om die ooreenkoms te sluit nie, dit die einde van die appel is en
dat dit dan nie nodig is om in te gaan op enige van
die ander dispute
nie.
In
die kennisgewing van appel word verskeie gronde aangevoer waarop die
verhoorhofhof sou fouteer het. Ek vind dit nodig om met
slegs die
volgende te handel:
Soos
ek paragraaf 1 van die kennisgewing verstaan is die appellant
(verkeerdelik na verwys as die applikant) se argument dat die
hof
fouteer het deur nie te bevind nie dat Meyer die nodige "volmag"
(bedoelende "magtiging") van die trust
gehad het, deurdat
die appellant nie nodig gehad het om dit te bewys nie, aangesien:
1.1
Dit
nie op die pleitsukke in geskil was nie. — Die antwoord is te
vinde in paragraaf 3 van die besonderhede van eis wat duidelik
genoeg
betwis word in paragraaf 3 van die verweerskrif.
1.2
Dit
nie tydens kruisondervraging van die appellant in geskil geplaas is
nie en gevolglik as bewese gestaan het. -- Die appellant
verstaan nie
die posisie omtrent die bewyslas in die saak nie. Die bestaan van die
magtiging is lets wat die appellant moes bewys
deur getuienis. Hy het
geen getuienis daaromtrent aangevoer nie en daar was eenvoudig niks
waaroor hy gekruisvra kon word nie.
1.3
Dit
nie 'n geskilpunt voor die hof was nie. -- Die antwoord hierop blyk
uit die vorige twee subparagrawe.
In
paragraaf 2 voer die appellant aan dat die hof fouteer het deur te
belis dat die magtiging in dispuut geplaas is nadat die teendeel

beslis sou gewees het in die uitspraak in die aansoek om absolusie.
Wat die geleerde regter in sy uitspraak in die aansoek om absolusie

gese het, was klaarblyklik nie bedoel om 'n finale bevinding te wees
waaraan die hof gebonde was nie. In elk geval staan dit vas
dat die
magtiging duidelik betwis is soos reeds hierbo aangetoon. Indien dit
wel 'n finale beslissing was en die eis op grond daarvan
geslaag het,
sou die respondent met sukses daarteen kon appelleer.
Ek
vind dit moeilik om te verstaan wat die appellant bedoel met
paragraaf 3 van die kennisgewing. Die bewering is dat die hof fouteer

het deur 'n bevinding omtrent die magtiging te maak sonder om die
appellant die geleentheid te bied om die geskilpunt volledig
te
ondersoek en getuienis daaroor aan te bied en sonder dat die
geskilpunt volledig voor die hof gedien het. Die eiser as dominus

litis
was
volkome geregtig om die nodige getuienis voor die hof aan te bied en
hy is in geen opsig beperk nie. Die feit van die saak is
dat hy
eenvoudig nie gebruik gemaak het van die geleentheid wat hy gehad het
nie.
Die
appellant voer ook aan dat hy bo redelike twyfel (sic) bewys het dat
Meyer die nodige magtiging gehad het, omdat die mede-trustee
hom sou
meegedeel het dat Meyer sy eie huis hanteer, wat dan sou impliseer
dat hy 'n algemene onbeperkte volmag gehad het. Daardie
getuienis van
die eiser was suiwer hoorse en die feit dat die respondent hom nie
daaroor gekruisvra het nie maak dit nie toelaatbaar
nie.
Die
ander gronde aangevoer in die kennisgewing gaan oor die ooreenkoms
waarvoor daar geen magtiging was nie en is dus irrelevant.
My
slotsom is dat die verhoorhof in geen opsig fouteer het nie en dat
daar geen rede is om in te meng met die bevel nie. Die bevel
wat ek
voorstel is dus die volgende:

Die
appel word van die hand gewys met koste."
F. G. PRELLER
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Ek
stem saam
P.P.
T.M. MAKGOKA
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Ek
stem saam
V.V.
TLHAPI
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Dit
word so gelas.