About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2014
>>
[2014] ZAGPPHC 64
|
|
Venter v Minister van Polisie (13652/2013) [2014] ZAGPPHC 64 (3 February 2014)
IN
DIE
NOORD GAUTENG HOË HOF ,
PRETORIA
REPUBLIEK
VAN SUID AFRIKA
SAAK
NOMMER: 13652/2013
DATUM:
3 FEBRUARIE 2014
In
die saak tussen:
VENTER
E
.....................................................................................
Applikant
en
DIE
MINISTER VAN
POLISIE
.....................................................
Respondent
UITSPRAAK
DE
KLERK AJ
Die
Applikant versoek onder andere dat die Respondent gelas word om die
Applikant se vuurwapens aan hom terug te gee asook die koste
van
hierdie aansoek op prokureur en kliënt skaal te betaal.
Die
Respondent opponeer die aansoek.
Die
volgende relevante feite is gemeen saak naamlik:
Op
23
Junie
2012, het lede van die Suid- Afrikaanse Polisie, in die uitvoering
van hulle pligte op die Applikant se drie gelisensieerde
vuurwapens
asook in sekere hoeveelheid ammunisie beslag gel
ệ
.
As
rede hiervoor is aangevoer dat die Applikant ʼn
ontoelaatbare hoeveelheid ammunisie in sy besit
gehad het.
Nieteenstaande
verskeie versoeke daartoe weier die Respondent om die Applikant se
vuurwapens aan hom terug te gee.
Die
Applikant se weergawe:
Die
Applikant beweer dat die aanklaer op 25 Junie 2012 geweier het om die
saak op die rol te plaas, en dat sy borg aan hom terug
betaal is.
Die
Applikant beweer voorts dat hy “niks weer van die saak gehoor
het nie.”
Die
Respondent se weergawe:
Die
Respondent beweer dat die rede vir sy weiering om die vuurwapens aan
die Applikant terug te lewer is dat ʼn Kriminele saak
(vir die
onwettige besit van ʼn ontoelaatbare hoeveelheid ammunisie), teen
die Applikant hangende is.
Regsposisie:
Artikel
20 van die Strafproseswet bepaal as volg: “The state may, in
accordance with the provisions of this chapter, seize
anything (in
this chapter referred to as articles) –
(a)
Which is connected in or is on reasonable grounds believed to be
connected in the commission or suspected commission of an offence.
(b)
Which may afford evidence of the commission or suspected commission
of an offence.”
Artikel
31 (1) (a) van die Strafproseswet bepaal:
“
If
no criminal proceedings are instituted in connection with any article
referred to in Section 30 (c) or if it appears that such
article is
not required at the trial for purposes of evidence or for purposes of
an order of court the article shall be returned
to the person from
whom it was seized, if such person may lawfully possess such
article.”
In
die saak van Dookie v Minister of Law and Order and Others
1991 (2)
SACR 153N
op 156 c-f is as volg in hierdie verband beslis:
“
He
also agreed (once again, correctly, in my view) that the requirement
would not be satisfied merely by proof that no proceedings
were
pending at the time of the institution of the application for return
of the article, but that it was necessary for the applicant
to
establish that there was no reasonable likelihood of criminal
proceedings being instituted in connection with the article in
the
foreseeable future”
Tydens
die aanhoor van die aansoek is die Hof van die balie af meegedeel dat
die Applikant intussen (gedurende Januarie 2014) in
die Hof verskyn
het.
Gevolgtrekking
Die
Applikant se aansoek is daarop gebasseer dat die aanklaer geweier het
om te vervolg en dat hy sedert dien niks weer van die
saak gehoor het
nie.
Die
Applikant het geen ander gronde vir die teruggawe van sy vuurwapens
aangevoer nie. In die lig van voormelde kan die Applikant
se aansoek
nie slaag nie.
Wat
die aspek van koste aanbetref is ek van mening dat die Respondent
onnodiglik lank [18 maande]gesloer het en het die Applikant
letterlik
dae voor die aanhoor van hierdie aansoek eers weer in die hof
verskyn.
Die
bevel wat die Hof verleen is as volg:
1.
Die Applikant se aansoek word van die hand
gewys.
2.
Geen kostebevel word verleen nie.
Gedoen
te _______________op die ____dag van__________________2014
Regter
De Klerk AJ