About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2007
>>
[2007] ZASCA 145
|
|
PGB Boerdery Beleggings (Edms) Bpk en 'n Ander v Somerville 62 (Edms) Bpk en 'n Ander (36/07) [2007] ZASCA 145; [2007] SCA 145 (RSA); 2008 (2) SA 428 (SCA) (26 November 2007)
Links to summary
DIE HOOGSTE HOF VAN APPÉL
VAN SUID-AFRIKA
Rapporteerbaar
Saaknr: 36/07
In die
saak
tussen:
PGB BOERDERY
BELEGGINGS (EDMS BPK
...........................
Eerste Appellant
SB BOERDERY
BELEGGINGS (EDMS) BPK
...........................
Tweede Appellant
en
SOMERVILLE 62 (EDMS)
BPK
...........................
Eerste Respondent
TOUCHSTONE CATTLE
RANCH (EDMS) BPK
...........................
Tweede Respondent
Coram: HARMS Wnde AP, FARLAM, NAVSA, COMBRINCK ARR en
MALAN Wnde AR
Verhoor: 15 NOVEMBER 2007
Gelewer: 26 NOVEMBER 2007
Summary: Neighbour law – nuisance – right to
introduce blue wildebeest on game farm in spite of risk of bovine
malignant
catarrhal fever
Neutral Citation:
PGB Boerdery
Beleggings (Edms) Bpk v Somerville 62 (Edms) Bpk
[2007]
SCA 145 (RSA)
U I T S P R A A K
HARMS Wnde AP/
HARMS Wnde AP
[1] Blouwildebeeste is draers van ‘n virussiekte met die
onverkwiklike maar beskrywende naam van ‘snotsiekte’.
Die
Engels is meer elegant: ‘bovine malignant catarrhal fever’.
Die siekte is aansteeklik en beeste is vatbaar vir besmetting.
Besmette beeste vrek gewoonlik. Maar beeste kan die siekte ook opdoen
indien hulle in kontak met skape of swartwildebeeste kom. Hoewel
die
siekte vroeër ‘n beheerde siekte was (wat beteken het dat
veeartsenykundige permitte vir die aanhou en vervoer van
blouwildebeeste benodig is) is die posisie tans dat die siekte nie
deur die relevante owerhede as ‘n bedreiging vir die
beesboerdery-bedryf
beskou word nie aangesien dit nie meer beheer
word nie. Die beskikbare statistieke verduidelik waarom. Met die
uitbreek van die siekte
word gewoonlik nie meer as twee of drie
beeste besmet nie wat dan vrek. Daar is enkele uitsonderings waar
groter getalle gevrek het.
Nogtans, gedurende 2004 het 125 en
gedurende 2005 het 108 beeste landswyd aan die siekte gevrek, ‘n
onbeduidende getal as die
grootte van die land se veekudde in ag
geneem word. Of al die vrektes aan die teenwoordigheid van
blouwildebeeste te wyte is, is
onbekend en ook of alle gevalle
noodwendig gerapporteer is. Die siekte is ook grotendeels seisoenaal
in die sin dat gedurende ongeveer
die helfte van die jaar die kans
vir besmetting negeerbaar is.
[2] Teen hierdie agtergrond moet die burereg-dispuut tussen die
partye opgelos word. (Dis onnodig om die partye naderby te
identifiseer.
Aan beide kante is telkens twee boerderymaatskappye
maar omdat dit eenmansmaatskappye is, word vir doeleindes van die
uitspraak die
twee appellante en die twee respondente respektiewelik
as een party en natuurlike persoon behandel.) Die appellant wou keer
dat die
respondent ‘n trop van 500 blouwildebeeste op sy plaas
vestig. Die respondent is naamlik besig om op ‘n gebied van
ongeveer
9 000 hektaar ‘n wildplaas te skep met insluiting van
‘n hotelkompleks vir 1 370 gaste. Die plaas word volledig
wildwerend
omhein en as die bedryf eers gevestig is, behoort dit
werksgeleenthede aan 2 500 persone te verskaf.
[3] Die appellant boer op groot skaal met sowat 1 300 beeste op ‘n
aantal eiendomme wat gesamentlik 7 500 hektaar groot is.
Hierdie
eiendomme is nie in een blok nie. Slegs een eiendom, ‘n deel
van die plaas Boovensteoog, grens aan die respondent se
eiendom. ‘n
Ander stuk word deur ‘n provinsiale pad van die respondent se
eiendom geskei. Die gedeelte wat inderdaad
direk grens, is maar sowat
300 hektaar groot maar minder as die helfte van die grens tussen
hierdie gedeelte en die respondent se
eiendom word geraak omdat die
respondent ‘n aparte wildkamp vir sg. eksotiese diere (die
respondent bedoel eintlik skaars antilope)
daar wil skep en waar
blouwildebeeste nie sal kom nie. Die appellant boer op wetenskaplike
wyse met ‘n kommersiële kudde.
Dit beteken dat hy
wisselweiding toepas wat op sy beurt beteken dat hy nie die
aangrensende kampe op ‘n deurlopende basis benodig
nie maar dat
hy sy vee elders kan laat wei as die siekte op sy aansteeklikste is.
[4] Die respondent het sy bure in kennis van die voorgenome vestiging
van die blouwildebeeste gestel en het in die lig van besware
onderneem om vir enige veevrektes as gevolg van snotsiekte te betaal.
Dit was nie vir die appellant aanvaarbaar nie. Toevallig het
hy self
blouwildebeeste aangehou wat hy toevallig enkele dae voor die loods
van die aansoek van sy eiendom laat verwyder het. Toevallig
skei hy
ook nie sy skape van sy beeste nie en dit ten spyte van die feit dat
skape, soos gemeld, ook draers van die siekte is. Meer
toevallig is
die feit dat hy sowat ‘n maand voor die aansoek ‘n
natuurbewaringspermit (wat iets anders as ‘n veeartsenykundige
permit is) vir die aanhou van o.a. blouwildebeeste op sy plaas bekom
het.
[5] Hoe dit ook al sy, die applikant het op dringende wyse aansoek om
‘n bevel gedoen wat die respondent moes verbied om hoegenaamd
blouwildebeeste op sy plaas te bring of met hulle te boer – en
dit ten spyte van die feit dat die appellant o.a geweet het
(maar nie
in sy funderende verklaring gemeld het nie) dat die moontlikheid van
besmetting uitgeskakel kan word as die blouwildebeeste
vir ‘n
afstand van ‘n kilometer weggehou word van beeste. Hierdie
kennis is waarskynlik die rede vir die alternatiewe
bede – wat
geen feitegrondslag in die funderende verklaring het nie – dat
die respondent gelas moet word om ‘n
wildwerende heining tussen
die twee eiendomme te span een kilometer ver van die grensheining.
(Hoekom nou juis een kilometer en nie
minder nie word nie verduidelik
nie.) Die effek hiervan sou op die beskikbare inligting wees om
ongeveer 300 hektaar grond van die
respondent se plaas onbenutbaar te
maak.
[6] Die aansoek is deur Ledwaba R in die Hooggeregshof van die hand
gewys. Omdat hy egter ‘n fout gemaak het in sy uitspraak
(hy
het gedink dat die respondent die permit waarna verwys is, gekry het)
het hy verlof tot appèl verleen. Die fout help egter
nie die
appellant nie omdat die feit dat die appellant die permit gekry het
iets is wat eerder teen die appellant en in die guns
van die
respondent tel. Daar is egter ‘n moontlike tweede fout, dié
keer ‘n vergissing, in sy uitspraak. Die aansoek
was om ‘n
finale interdik maar die belese regter het aan die einde van sy
uitspraak die oorwig van gerief (‘balance of
convenience’)
oorweeg en tot die gevolgtrekking gekom dat dit die respondent
begunstig. Die oorwig van gerief is egter nie
iets wat ter sprake kom
by die oorweging of ‘n finale interdik toegestaan of geweier
moet word nie. Maar indien mens die uitspraak
onbevange lees, is dit
m.i. duidelik dat wat die hof met die opweging van gerief bedoel het,
was inderdaad ‘n opweging van
die botsende belange van die
partye – die bure – en nie om ‘n beginsel wat by
tussentydse interdikte geld, by permanente
interdikte in te sleep
nie.
[7] Die appellant het veral op die uitspraak van Pickering R in
Wright v Cockin
2004 (4) SA 207
(E) staatgemaak. In daardie
geval het die hof die eienaar van ‘n wildboerdery gelas om sy
blouwildebeeste van die buurman se
beeste op ‘n afstand van een
kilometer weg te hou, ook vanweë die gevaar van snotsiekte. Die
respondent het egter betoog
dat die hof die reg verkeerd verstaan het
en het veral na die gedeelte van die uitspraak verwys waar die hof,
nadat die toets vir
onregmatigheid aangehaal is, die volgende gesê
het (op 217G-I):
‘
In
my view, however, the issue is a straightforward one. This is not, in
my view, dealing as we are with an alleged nuisance emanating
from
respondents' property, the type of case where the Court is required
to render a value judgment as to what society's notion of
justice
demands. A landowner has an intrinsic right to the reasonable
enjoyment of his land. If his neighbour through his positive
actions
unjustifiably interferes with that right thereby causing him physical
or patrimonial harm then his actions are wrongful.
In the present
matter therefore if applicants can establish that they have a
reasonable apprehension that the snotsiekte virus will
be transmitted
to their cattle by respondents' blue wildebeest running adjacent to
their boundary then, in my view, they will have
satisfied the first
two requirements for the granting of a final interdict.’
[8] Die appellant se advokaat het nie gepoog om die benadering te
regverdig of te onderskryf nie. Die eerste vereiste vir die toestaan
van ‘n interdik is die bestaan van ‘n duidelike reg en
die tweede, in die woorde van Van der Linden se
Koopmans Handboek
3 4 7, ‘een gepleegde feitelijheid’, d.w.s. ‘n
onregmatige daad, hetsy reeds gepleeg of dreigend.
[9] Die eienaar van grond is geregtig om sy grond op ‘n normale
en redelike wyse te gebruik (
Malherbe v Ceres Municipality
1951 (4) SA 510
(A)). Dit kan nie betoog word dat die gebruik van
grond vir die skep van ‘n wildreservaat op abnormale en
onredelike gebruik
neerkom nie, veral nie in die huidige
omstandighede nie. Die vraag is dan of die aanhou van blouwildebeeste
as deel van die wild
op ‘n onredelike en abnormale gebruik van
grond neerkom, oftewel of die
‘
respondent
sy eiendomsbevoegdhede oorskry het en derhalwe onregmatig teenoor die
applikant opgetree het’?
(Spoelstra Wnde R in
Gien v Gien
1979 (2) SA 1113
(T)
1121D-E.) Dis ‘n vraag wat (anders as wat Pickering R se
benadering was) aan die hand van die objektiewe redelikheidskriterium
beantwoord moet word.
1
Met ander woorde, is dit redelik om die respondent se eiendomsreg op
die voorgestelde wyse in te perk? Vgl.
Trustees, Two Oceans
Aquarium Trust v Kantey & Templer (Pty) Ltd
2006 (3) SA 138
(SCA) par. 11-12. Soos die skrywer JRL Milton dit met verwysing na
gesag gestel het:
‘
An
interference with the property rights of another is not actionable as
a nuisance unless it is unreasonable. An interference will
be
unreasonable when it ceases to be a
“to-be-expected-in-the-circumstances” interference and is
of a type which does
not have to be tolerated under the principle of
“give and take, live and let live”. The determination of
when an interference
so exceeds the limits of expected toleration is
achieved by invoking the test of what, in the given circumstances, is
reasonable.
The criterion used
is
not that of the reasonable man but rather
involves an objective
evaluation of the circumstances and milieu in which the alleged
nuisance has occurred. The purpose of such evaluation
is to decide
whether it is fair or appropriate to require the complainant to
tolerate the interference or whether the perpetrator
ought to be
compelled to terminate the activities giving rise to the harm.
This
is achieved, in essence, by comparing the gravity of the harm caused
with the utility of the conduct which has caused the harm
.’
(19
Lawsa
(1e hersiening) par. 189. Die kursief gedrukte dele
is ongelukkig deur Church en Church met die bewerking van die tweede
uitgawe
van
Lawsa
par. 173 weggelaat.)
[10] Dit kan alleen die geval wees as die respondent ‘n
onredelike gevaar vir sy buurman se boerdery-bedrywighede skep. Die
blote kans van skade is onvoldoende want, soos Miller R tereg
opgemerk het,
‘
the
“interference” with the neighbours right of enjoyment
must be material or substantial, for it goes without saying
that,
especially in contemporary conditions, some inconvenience or
annoyance emanating from the use of neighbouring property must
needs
be endured.’
(
De Charmoy v Day Star Hatchery (Pty) Ltd
1967 (4) SA 188
(D)
192A-B.) Hierdie stelling is besonderlik van toepassing waar mens met
ekstensiewe boerdery te doen het. Wildboerdery kan denkbaar
die
bosluispopulasie verhoog omdat die diere nie gedip word nie. Moet dit
dan verbied word omdat die bosluise die buurman se beeste
meer as
normaal kan affekteer? ‘n Uitbreek van veesiektes op die
applikant se eiendom kan goed denkbaar die wild op die respondent
se
plaas raak. Moet die applikant gevolglik verbied word om met beeste
te boer?
[11] Volgens my oordeel het die appellant nie daarin geslaag om aan
te toon dat die respondent se invoer van blouwildebeeste op sy
regte
as eienaar inbreuk sal maak nie veral in die lig van die
buitensporige aard van die aangevraagde regshulp, die lae insidensie
van die siekte, die respondent se aanbod om vir enige vrektes te
betaal, die feit dat die appellant deur ‘n eenvoudige
aanpassing
aan sy weidingsprogram die risiko van besmetting byna
geheel en al kan uitskakel, en die feit dat die appellant nie
aangetoon het
dat sy voorgestelde heining sinvol en koste-effektief
sal wees en nie die respondent se eiendomreg op onredelike wyse sal
inperk
nie. Sien
Regal v African Superslate
1963 (1) SA 102
(A).
[12] Die appèl word gevolglik met koste van die hand gewys.
______________________
L
T C HARMS Wnde AP
STEM
SAAM:
Farlam
AR
Navsa
AR
Combrinck
AR
Malan
Wnde AR
1
Die
juistheid van Pickering R se resultaat is natuurlik nie ter
oorweging nie.