About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2007
>>
[2007] ZASCA 140
|
|
S v Nortje (600/06) [2007] ZASCA 140; [2007] SCA 140 (RSA) (9 November 2007)
Links to summary
DIE HOOGSTE
HOF VAN APPÈL
VAN SUID-AFRIKA
NIE RAPPORTEERBAAR
Saaknommer
: 600/06
In
die saak tussen
:
LUKAS
JACOBUS JURIE NORTJE
...........................
APPELLANT
En
DIE STAAT
...........................
RESPONDENT
CORAM : BRAND, VAN HEERDEN
et
COMBRINCK ARR
DATUM
: 2 NOVEMBER 2007
GELEWER
: 9 NOVEMBER
2007
Opsomming
:
Verkragting en onsedelike aanranding – alibi verweer op feite
van die hand gewys – verweer van toestemming vir die eerste
keer op appèl geopper – eweneens onsuksesvol –
vonnis van 10 jaar gevangenisstraf vir verkragting opgelê
in
terme van Wet 105 van 1997 – geen wesenlike en dringende
omstandighede aanwesig nie.
Neutrale verwysing
:
Nortje v Die Staat
[2007] SCA 140 (RSA)
_____________________________________________________
UITSPRAAK
BRAND
AR
/
BRAND AR
:
[1] Die appellant het in die
Streekhof te Vereeniging tereg gestaan op aanklag dat hy op 23
Februarie 2000 eers die klaagster onsedelik
aangerand en daarna
verkrag het. Ten spyte van sy pleit van onskuldig is hy skuldig
bevind op beide aanklagte. Daarna is hy gevonnis
tot tien jaar
gevangenisstraf vir die verkragting en ses maande gevangenisstraf vir
die onsedelike aanranding, maar is gelas dat
hierdie vonnisse
samelopend uitgedien sal word. Sy appèl teen beide sy
skuldigbevindings en opgelegde vonnisse is in die Pretoriase
Hooggeregshof deur Southwood R – met wie Ismail WR saamgestem
het – van die hand gewys. Die verdere appèl, weer
eens
teen beide die skuldigbevindings en die vonnisse, is met verlof van
die hof
a quo
.
[2] Aanvanklik was die appellant se
verweer een van 'n totale ontkenning gesteun deur 'n alibi.
Hiervolgens was hy op die tydstip
toe die misdade na bewering by die
klaagster se huis in Vereeniging gepleeg is, glad nie daar nie, maar
besig om 'n besigheidsafspraak
na te kom. Beide die verhoorhof en die
hof
a quo
het
hierdie verweer van die hand gewys. In hierdie hof is namens die
appellant toegegee dat die alibi verweer nie water hou nie. Nietemin
is geargumenteer dat die appèl teen die skuldigbevindings moet
slaag op die grondslag van 'n nuwe verweer waarop die appellant
self
hom nooit beroep het nie, naamlik dat daar op die klaagster se
weergawe 'n redelike moontlikheid bestaan dat sy aan hom toestemming
verleen het om met haar gemeenskap te hou. Die oorweging van hierdie
verwere is makliker verstaanbaar teen die agtergrond van die
verskillende weergawes van die feite wat deur die Staat en die
appellant, onderskeidelik, aan die verhoorhof voorgehou is.
[3] Ek handel vervolgens eers met die Staat se weergawe
wat uiteraard hoofsaaklik op die klaagster se getuienis gebaseer is.
Op 23
Februarie 2000, toe die gewraakte gebeure volgens die klaagster
plaasgevind het, was sy in haar dertigerjare, getroud en met twee
jong dogters van tien en agt. Omstreeks 08:10 die oggend het sy nog
geslaap. Sy was alleen in die huis want die kinders was al skool
toe
en haar man reeds by die werk. Sy het wakker geword as gevolg van 'n
klop aan die deur. Sy het 'n japon oor haar nagklere aangetrek
en die
deur oopgemaak. Die appellant het voor die deur gestaan. Hy was goed
aan haar bekend omdat hulle mekaar, saam met hulle families,
oor-en-weer aan huis besoek het en ook sosiaal verkeer het by danse,
verjaardagpartytjies en dies meer. Tog het sy dit snaaks gevind
dat
hy daardie tyd van die oggend by haar besoek sou aflê terwyl hy
eintlik by die werk moes wees. Ook sy opmerking dat hy
kom koffie
soek, het haar vreemd opgeval. Met 'n terugkykende oordeel, het die
klaagster toegegee, was sy op daardie stadium miskien
te naïef.
Hierdie toegewing het voortgespruit uit haar weergawe dat die
appellant vantevore by twee of drie geleenthede aan
haar telefonies
gesê het dat 'hy haar graag sou wou roer', wat sy verstaan het
as synde te beteken dat hy graag met haar geslagtelike
gemeenskap sou
wou hê. Nietemin, sê die klaagster, het sy hom nie
werklik ernstig opgeneem nie en het sy nie daardie
oggend gedink dat
sy in gevaar verkeer nie. Die man was immers, sê sy, as
familievriend aan haar bekend. Gevolglik het sy hom
binne genooi.
[4] In die sitkamer het beide van hulle op verskillende
punte van die rusbank gaan sit. Sy wou gaan koffie maak, maar die
appellant
het gesê hy wou nie regtig koffie hê nie. Hulle
het sit en gesels en die klaagster het 'n sigaret aangesteek.
Mettertyd
het die appellant al nader aan haar begin skuif totdat hy
sy arm om haar kon sit. Hy het vatterig begin raak waarteen sy
geprotesteer
het, maar sonder sukses. Later het hy haar borste betas
en haar met sy vinger vaginaal gepenetreer wat, terloops, die
grondslag is
vir die aanklag van onsedelike aanranding. Op daardie
stadium, sê die klaagster, was sy so lam van skok dat sy
eintlik niks
kon doen nie. Sy het gesoebat, maar die appellant het
hom nie aan haar gesteur nie.
[5]
In
die proses het hy haar na die slaapkamer gedwing en haar op die bed
laat val. Sy het gesien wat gaan gebeur en hom fisies probeer
afweer,
maar hy was te sterk vir haar. Sy het hom gesmeek om dit nie aan haar
te doen nie, maar die appellant het eenvoudig voortgegaan
om haar te
oorweldig en tot seksuele verkeer met hom te dwing. Nadat hy klaar
was, het hy opgestaan en na die badkamer gegaan. Toe
hy uitkom het hy
op sy horlosie gekyk en gesê 'dit is nou nege-uur, as ek nou
ry, kan ek halftien by die werk wees'. Met dié
woorde is hy
toe daar weg.
[6]
Na
die gebeure, sê die klaagster, was sy in 'n toestand van
verwarring en skok. Sy het haar moeder probeer bel, maar dié
was nie by die huis nie. Uiteindelik het sy op haar broer se selfoon
met haar ma kontak gemaak. Die twee van hulle was op pad na
'n
doktersafspraak en die klaagster het hulle gevra om haar na
afhandeling van die afspraak te besoek. Omtrent 'n uur en 'n half
later het hulle toe by haar aangekom. Intussen, sê die
klaagster, het sy vuil en verneder gevoel. Gevolglik het sy gaan bad
en was sy aangetrek toe haar ma en broer daar aankom. Sy het haar ma
eenkant geneem en haar vertel wat met haar gebeur het; in kort,
dat
die appellant, na wie sy verwys het as Lukas, haar oorweldig en
verkrag het.
[7]
Sy
wou nie na 'n dokter of die polisie gaan nie, omdat sy bang was dat
haar man sou uitvind en bevrees was vir wat hy dan sou doen.
In der
waarheid het sy haar ma laat belowe dat sy tog nie vir die klaagster
se man sou vertel nie. Die rede vir haar vrees, sê
die
klaagster, was dat haar man baie kort van humeur is en beheer oor
homself verloor wanneer hy so kwaad word. Sy was dus bang dat,
indien
hy die storie sou hoor, hy óf vir haar en hul kinders, óf
vir die appellant ernstige leed sou aandoen. Wat klaarblyklik
haar
vrees vererger het was die feit dat sy enkele jare vantevore 'n
buitegtelike verhouding gehad het wat op die lappe gekom het
en haar
man buitengewoon besitlik en jaloers gelaat het.
[8] Ongeveer 'n week na die voorval het die vrees by die
klaagster ontstaan dat sy moontlik HIV-vigs opgedoen het en het sy
haar huisdokter
vir dié doel besoek. By die geleentheid het sy
dan ook vir die dokter vertel dat sy verkrag is. Die uitslag van die
toetse
was gelukkig negatief, soos gestaaf word deur die mediese
verslag wat by ooreenkoms ingehandig is.
[9] Die klaagster se moeder het
bevestig dat sy die betrokke oggend na aanleiding van 'n telefoon
oproep die klaagster aan huis besoek
het. Volgens haar getuienis kon
sy sien dat die klaagster gehuil het en dat sy baie senuweeagtig en
hoogs ontsteld was. Hoewel die
klaagster nie spontaan wou praat nie,
het haar moeder uiteindelik tog die weergawe wat sy later aan die hof
oorgedra het, met rukke
en stote uit haar getrek. Die moeder het ook
getuig dat sy daarop aangedring het dat die klaagster 'n dokter
spreek en 'n klagte
by die polisie moes gaan lê. Die klaagster
het egter volstrek geweier omdat sy bang was vir haar man se reaksie
indien hy sou
uitvind wat gebeur het. Omdat die moeder haar skoonseun
geken het, het sy haar dogter se vrese verstaan. Sy het dan ook op
die klaagster
se aandrang belowe dat sy vir niemand van die gebeure
sou vertel nie.
[10] Op die ou end was die klaagster
egter tog deur omstandighede gedwing om bykans twee maande na die
gebeure, op 12 April 2000,
vir haar man daarvan te vertel. Hoe dit
gekom het, was kortweg dat die vrou met wie die appellant in 'n
saamleef verhouding betrokke
was, met 'n omweg daarvan te hore gekom
het dat die klaagster die appellant van verkragting beskuldig en
gedreig het om die klaagster
se man daarvan te vertel indien die
klaagster dit nie self doen nie. Een aand laat het die klaagster toe
vir haar man vertel. Sy
reaksie was soos die klaagster verwag het.
Dit is gemene saak dat hy dieselfde nag nog die appellant gebel en
hom gevloek, gedreig
en geskel het en hom meegedeel het dat hy die
saak by die polisie sou aanmeld. Die appellant se reaksie was 'n
ontkenning dat hy
weet waarvan die klaagster praat. Die saak is
dieselfde nag nog by die polisie aanhangig gemaak. Dit is eweneens
gemene saak dat
die appellant nooit daarna weer met die klaagster
gepraat het nie, maar teenoor almal anders volgehou het dat hy nie
naby die klaagster
was nie.
[11] 'n Verdere staatsgetuie was 'n
kliniese sielkundige na wie beide die klaagster en haar man deur hul
huisdokter vir behandeling
verwys is nadat die man van die gebeure
bewus geword het. Volgens die sielkundige het sy toe post traumatiese
stresversteuring by
die klaagster gediagnoseer. Die simptome waarop
sy hierdie diagnose baseer het, beskryf die sielkundige onder meer
soos volg in haar
verslag:
'Daarna
[dit is na die gebeure van 23 Februarie 2000] het sy aan
gemoedsversteurings gely. Sy het onstellende drome ondervind en het
aan slaaploosheid gely. Sy was bevrees gewees en wou nie uit die huis
uitgaan nie of was te bang om die deur oop te maak as iemand
aan die
deur klop al was die persoon aan haar bekend. Sy het haarself
toegesluit in die huis, die meeste van die tyd in haar kamer.
. . ..
'
[12] Soos in die vooruitsig gestel,
het die appellant ontken dat hy hoegenaamd die betrokke oggend by die
klaagster se huis was. Volgens
hom het hy die betrokke oggend in
werkshoedanigheid vir mnr Pieter Haferkamp by Dorbyl in Vereeniging
besoek. Aanvanklik, sê
die appellant, het hy geen onafhanklike
herinnering van die besoek gehad nie. Dat hy egter wel daar was, is
volgens die appellant
bevestig deur 'n sekuriteitstrokie wat die
betrokke oggend by Dorbyl ingevul is en waarvan daar ook 'n deurslag
in 'n boek by Dorbyl
te vinde was. Ter bewys het hy dan ook 'n
gesertifiseerde afskrif van die strokie beskikbaar gestel wat saam
met die Dorbyl boek
as bewysstukke by die hof ingehandig is.
[13] Blykens die strokie het die
appellant inderdaad op 23 Februarie 2000 om 07:10 by Dorbyl aangekom
en eers om 09:10 die perseel
verlaat. Vir sover dit die strokie en
die boek aangaan, is die sekuriteitstelsel by Dorbyl in breë
trekke veronderstel om soos
volg te funksioneer: 'n persoon wat in
Dorbyl se perseel wil ingaan, moet eers by die sekuriteitshek
rapporteer. Daar word die boonste
gedeelte van die strokie ingevul.
Dit dui onder meer die datum en tyd van aankoms aan, asook die naam
van die amptenaar wat besoek
staan te word. Die strokie word dan
uitgeskeur en aan die besoeker oorhandig. 'n Deurslag daarvan bly in
die boek agter. Na afhandeling
van die besoek moet die betrokke
Dorbyl-amptenaar op die onderste deel van die strokie die tyd aandui
waarop die besoek geëindig
het en sy handtekening daarby
aanbring. Hy oorhandig dan weer die strokie aan die besoeker wat dit
by die sekuriteitshek moet afgee
alvorens hy toegelaat word om die
perseel te verlaat.
[14] Voortspruitend uit die appellant
se beroep op die strokie is mnr Pieter Haferkamp deur die Staat as
getuie geroep. Hy het bevestig
dat hy die tyd, 09:10, op die onderste
gedeelte van die strokie ingevul het en dat hy daarby geteken het. Hy
kon ook bevestig dat
die appellant hom gereeld in werkshoedanigheid
besoek het. Volgens hom het hierdie besoeke, afhangende van die doel
daarvan, enigiets
van 'n uur en 'n half tot vyf minute geduur. Hy het
egter geen onafhanklike herinnering gehad dat die appellant hom op 23
Februarie
besoek het nie. Dat die appellant reeds om 07:10 die oggend
daar was, kon hy in elk geval nie bevestig nie omdat hy as 'n reël
eers om 07:30 begin werk. Al wat hy dus eintlik kon sê was dat
hy waarskynlik die tyd waarop die besoek geëindig het,
korrek
aangedui het.
[15] Hoewel die posisie rondom die
strokie aanvanklik heel helder voorgekom het, het die skyn bedrieg.
Eerstens het dit uit die appellant
se getuienis geblyk dat hy 'n
polisiebeampte versoek het om dit as 'n ware afskrif te sertifiseer
en dat aan sy versoek voldoen is
sonder dat die oorspronklike
beskikbaar was. Tweedens was dit duidelik dat die strokie en die
boek, wat veronderstel is om 'n deurslag
daarvan te wees, nie
heeltemal ooreenstem nie. Op die strokie is daar naamlik 'n
motorregistrasienommer aangebring wat nie in die
boek verskyn nie.
Daarbenewens het die Staat ook die getuienis aangebied van 'n
familievriend van die klaagster wat op haar versoek
die
sekuriteitstelsel by Dorbyl op die proef gestel het. Waarop sy
getuienis in wese neergekom het, was dat 'n persoon die boonste
gedeelte van die strokie – insluitende sy tyd van aankoms –
by die sekuriteitshek kon laat invul en met die strokie kon
wegstap
sonder om hoegenaamd iemand by Dorbyl te besoek.
[16] Net soos die klaagster was die
appellant indertyd ook in Vereeniging woonagtig. Volgens sy getuienis
was beide van hulle se huise
dan ook om en by vyf minute se ry van
Dorbyl af. Daarteenoor was sy werkplek 30 kilometer weg in Alberton
en het dit hom in die oggend
omtrent 50 minute geneem om daar te kom.
Aangesien sy werksure as 'n reël tussen 7 vm tot 5 nm was, moes
hy gewoonlik net na
6 vm van sy huis vertrek om betyds by die werk te
wees. Volgens die appellant was die klaagster van hierdie roetine
bewus omdat hy
haar daarvan vertel het.
[17] 'n Belangrike aspek van die saak
is uiteraard die getuienis wat om die sekuriteitstrokie van Dorbyl
wentel. Na evaluering van
hierdie getuienis het die verhoorhof, sowel
as die hof
a quo,
bevind dat die
appellant tot ongeveer 09:10 die betrokke oggend saam met Haferkamp
by Dorbyl was. Daarbenewens beskryf beide howe
egter die appellant se
alibi as alles behalwe waterdig.
[18] Met die eerste oogopslag lyk die
toetsing van 'n alibi aan die maatstaf van ‘waterdig’ na
'n mistasting. Daar is
immers geen onus op 'n beskuldigde persoon om
sy of haar alibi te bewys nie en nog minder tot op die vlak van
‘waterdig’.
By behoorlike beoordeling van die twee vorige
uitsprake in hierdie saak, is dit egter duidelik dat die howe geen
mistasting begaan
het nie. Waarop hulle redenasie neerkom is in wese
die volgende: in geval van 'n alibi verweer is 'n beskuldigde persoon
geregtig
op ontslag as die alibi redelik moontlik waar kan wees. By
die beoordeling van hierdie vraag moet die getuienis wat ter
ondersteuning
van die alibi aangebied is, egter nie in isolasie
beoordeel word nie, maar in die konteks van al die getuienis in die
saak. Waar
die ander getuienis oorweldigend op die beskuldigde se
betrokkenheid dui, moet die getuienis rondom die alibi in effek
‘waterdig’
wees om 'n redelike moontlikheid van twyfel te
skep. Ooreenkomstig die bevinding van beide die verhoorhof en die hof
a quo
is
dít juis die posisie in hierdie saak.
[19] By beoordeling van die howe se
slotsom is die aanvanklike vraag dus of die Staat se saak werklik so
sterk op die valsheid van
die appellant se alibi dui. Soos ek dit
sien is die antwoord op hierdie vraag ‘ja’. Omdat die
appellant se advokaat op
appèl toegegee het dat hy nie die
teendeel kan argumenteer nie, sal ek hierdie slotsom slegs kortliks
motiveer.
[20] Volgens die appellant se verweer
is dit klaagster se bewerings teen hom 'n totale versinsel. Dit lei
onmiddellik tot die vraag
waarom sy juis vir hom as teiken van haar
valse beskuldigings sou uitkies. Dit is immers gemene saak dat hy vir
haar suster goed
was, dat hulle sosiale vriende was wat geen
moeilikheid met mekaar gehad het nie en dat sy geen denkbare rede
gehad het om hierdie
ernstige aanklag teen hom te versin nie. Wat
meer is, omdat die appellant se roetine aan die klaagster bekend was,
moes sy geweet
het dat hy daardie tyd van 'n werksoggend na alle
waarskynlikheid 30 kilometer weg by sy werk in Alberton sou wees.
Daarbenewens
moes sy tog ook besef het dat hierdie feit na alle
waarskynlikheid deur die appellant se kollegas en ander bevestig sou
kon word.
Sy teenwoordigheid in Vereeniging daardie oggend, vyf
minute van haar woning af, was immers bloot toevallig. Dit alles maak
dit feitlik
ondenkbaar dat die klaagster op die appellant as
slagoffer van haar valse aanklag sou besluit.
[21] Dit lei tot die verdere vraag
of, ten spyte van dit alles, die getuienis ter stawing van die
appellant se alibi nietemin voldoende
is om redelike twyfel in die
gemoed van die beoordeelaar te skep. Beide howe benede het hierdie
vraag ontkennend beantwoord. Weer
eens glo ek hulle was reg. Eerstens
is dit duidelik dat die sekuriteitstelsel by Dorbyl, veral wat die
tyd van aankoms by die perseel
betref, vir manipulering vatbaar is.
Tweedens dui die appellant se hantering van die probleme rondom die
strokie juis daarop dat
hy tot manipulasie en oneerlikheid in staat
is wanneer hy dit nodig vind. So laat hy op sy eie weergawe die
afskrif van die strokie
deur die polisie as waar sertifiseer, sonder
dat hy oor die oorspronklike beskik, terwyl hy weet dat dit
potensieel misleidend en
derhalwe verkeerd is. Toe dit blyk dat die
strokie om een of ander rede van die boek, wat veronderstel is om 'n
afdruk daarvan te
wees, verskil, bied hy 'n storie aan wat maar net
'n versinsel kan wees. Uiteindelik kom ek dan tot dieselfde slotsom
as die verhoorhof
en die hof
a
quo
: dat die
appellant se alibi verweer bo redelike twyfel verwerp moet word.
[22] Soos ek ter aanvang aangedui
het, is namens die appellant in hierdie hof vir die eerste keer die
alternatiewe verweer van toestemming
geopper. As regsbasis vir
hierdie betoog is veral gesteun op die volgende stelling van Howie AR
in
S v York
2002
(1) SASV 111 (HHA) (para 19):
‘
It
is always, of course, for the prosecution to prove the absence of
consent. This entails that even if the defence, as here, is that
no
intercourse took place, the court must, in the adjudicative process,
be alive to the possibility that there might have been consent
nonetheless. What requires emphasis, though, is that without an
evidential basis such a possibility would be no more than speculative
and one would be free to disregard it in coming to one’s
eventual conclusion. And it need hardly be said that an accused’s
failure to allege consent will be weighed in the scales when
considering whether the postulated possibility is reasonable or not.
[23] Dat 'n verweer van toestemming
op 'n aanklag van verkragting in beginsel kan slaag, selfs in 'n
geval waar die beskuldigde persoon
gemeenskap met die klaagster
ontken, staan vas (sien bv
S
v M
2006 (1) SASV
135 (HHA)). Soos Howie AR egter in sy pas aangehaalde
dictum
aandui, moet die
redelike moontlikheid van toestemming uit die getuienis blyk. Blote
spekulasie is nie genoeg nie.
[24] As feitebasis vir die beroep op
toestemming is onder meer gesteun op 'n betoog deur die
staatsadvokaat in die hof
a
quo
–
wat nie
in hierdie hof herhaal is nie –
dat,
volgens haar evaluering van die klaagster se getuienis, 'n beroep op
toestemming 'n groter kans op sukses sou hê as die
appellant se
alibi verweer. Dit spreek egter van self dat 'n hof nie gebonde is
aan 'n staatsadvokaat se evaluering van die getuienis
nie. Die vraag
bly steeds of dié evaluering na die hof se oordeel geregverdig
is. Blykens die transkripsie van die staatsadvokaat
se betoog in die
hof
a quo
was
haar afleiding van moontlike toestemming gebaseer op haar siening dat
die klaagster moes besef het wat die appellant se bedoeling
was toe
hy die betrokke oggend aan haar deur geklop het. Veral omdat hy in
die verlede reeds te kenne gegee het dat hy met haar gemeenskap
wou
hou. Nietemin het die klaagster die deur vir hom oopgemaak. Selfs
nadat hy dit duidelik gemaak het dat hy nie werklik kom koffie
drink
het nie, het sy hom steeds nie die deur gewys nie. Dit regverdig
volgens die advokaat se redenasie die afleiding van 'n redelike
moontlikheid dat sy tot geslagsgemeenskap toegestem het.
[25] Ek stem nie saam met hierdie evaluering nie. Op die
beste vir die appellant is die klaagster se optrede vatbaar vir die
afleiding
dat sy gehou het van die appellant se aandag en dat sy
selfs bereid was om met hom te flankeer. Tussen flankering en
seksuele omgang
is egter 'n hemelsbreë verskil. Soos die
klaagster immers self gesê het, het sy nooit kon dink dat
hierdie man, wat sy
as 'n familievriend beskou het, met geweld
seksuele omgang aan haar sou opdring nie. Dit dui myns insiens daarop
dat sy onder die
indruk verkeer het dat sy kon besluit waar om die
streep te trek. Volgens haar getuienis het die appellant hierdie
streep geïgnoreer
en dus sonder toestemming met haar gemeenskap
gehou.
[26] As verdere basis vir die verweer
van toestemming is gesteun op die feit dat die klaagster eers twee
maande na die tyd en eers
nadat haar man van die storie gehoor het,
'n klagte by die polisie gelê het. Daarteenoor staan egter die
feit dat sy onmiddellik
vir haar ma vertel het. Hierop was die
antwoord namens die appellant dat sy as ‘t ware versekering
uitgeneem het vir die gebeurlikheid
dat haar man van haar owerspel
kon uitvind. Dit is egter blote spekulasie. Wat meer is, is hierdie
spekulasie onversoenbaar met die
klaagster se reaksie na die gebeure
waaroor beide haar moeder en die sielkundige getuig het. Eweneens is
dit onversoenbaar met die
feit dat sy 'n week later dieselfe
bewerings teenoor haar huisdokter herhaal het. Daarbenewens dui die
spekulasie geen rede aan waarom
die klaagster sou dink dat haar
owerspel op die lappe sou kom nie. Waarom sou sy dan hierdie duur
versekering uitneem ter verklaring
van gebeure waarvan net sy en die
appellant bewus was?
[27] 'n Ander oorweging wat myns insiens op die totale
onwaarskynlikheid van die toestemmingsteorie dui is die appellant se
reaksie
toe hy van verkragting beskuldig word. Waarom sou hy al die
moeite doen om deur valse getuienis 'n alibi op te bou eerder as om
hom
onmiddellik op toestemming te beroep? Namens die appellant was
die antwoord hierop dat hy steeds die klaagster sou wou beskerm. Dit
grens egter aan die belaglike. Hoekom sou hy nou teen hoë koste
vir homself 'n vrou wou beskerm wat reeds 'n valse aanklag van
verkragting teen hom by die polisie gelê het? Hieruit volg dit
dat, na my oordeel, die verweer van toestemming eweneens bo
redelike
twyfel van die hand gewys moet word wat meebring dat die appèl
teen die skuldigbevinding op aanklag van verkragting,
nie kan slaag
nie. Hoewel ek tot dusver eintlik uitsluitlik met die
verkragtingsklag gehandel het, was die verwere wat teen die aanklag
van onsedelike aanranding geopper is presies dieselfde. Bygevolg is
dit duidelik dat die appèl teen hierdie skuldigbevinding
dieselfde pad moet volg.
[28] Wat betref die appèl teen
die opgelegde vonnisse was dit uiteraard hoofsaaklik gerig teen die
vonnis van tien jaar gevangenisstraf
vir die verkragting. Teen die
vonnis van ses maande gevangenisstraf vir die onsedelike aanranding
kon immers nouliks beswaar gemaak
word. Blykens die verhoorhof se
uitspraak het hy die tien jaar gevangenisstraf opgelê uit
hoofde van die bepalings van Wet
105 van 1997. Ingevolge hierdie Wet
was die hof inderdaad verplig om, by gebreke aan wesenlike en
dwingende omstandighede wat 'n
mindere vonnis sou regverdig, 'n
minimum vonnis van tien jaar gevangenisstraf op te lê. Na
oorweging van al die omstandighede
het die verhoorhof tot die slotsom
gekom dat geen sodanige omstandighede bevind kan word nie. Soos die
hof
a quo
is
ek van oordeel dat daar geen basis is waarop met hierdie bevinding
ingemeng kan word nie. Hieruit volg dat na my oordeel die appèl
teen die vonnisse ook nie kan slaag nie.
[29] Derhalwe word die appèl teen sowel die
skuldigbevindings as die opgelegde vonnisse van die hand gewys.
………………
..
F D J BRAND
APPÈLREGTER
Stem
saam
:
Van Heerden AR
COMBRINCK
AR